Die Wet Vervul,
of, Verval?
Gerhard
Ebersöhn vs. Philip du Toit
Philip du Toit:
Standpunt: (bls. 1 tot bls. 21)
Lyk my u praat
van die 10 gebooie. U sê nogal interessante dinge. U sê die Sabbat regdeur
die Bybel dui op Christus. Ek kon egter nie met sekerheid aflei wat u
onder die Sabbat verstaan nie. Sê u die sabbat is in Christus vervul,
sodat ons nie nodig het om 'n sekere dag as sabbat te onderhou nie, en dat ons
net onsself
aan Chritus moet verbind en in Hom moet rus? Of verstaan ek u verkeerd?
Ek verstaan
dinge wel anders as u op 'n paar
punte. Ek self het die afgelope tyd baie geworstel met die Skrif oor die Sabbat.
Ek dink nie ek is al klaar nie. Vir my is dit belangrik om telkens terug
te gaan na die Skrif en dit as finale gesagsbron te gebruik vir enige
afleidings oor enige iets.
Ek self het egter baie ruimte vir mense wat dinge anders as ekself
verstaan, want ek dink nie ek as een mens het die volle waarheid in pag
nie. Ek glo wel dat die Skrif betroubaar en gesagvol is en dat God se
Gees ons in die hele waarheid lei. Ek glo dit is beide van ons se strewe.
In elk geval, bly te kenne!
Dit sal lekker wees om vorentoe weer met mekaar in gesprek te kan tree,
selfs al verskil ons op punte
Soos ek dit verstaan:
In Christus het enige vorm van wet
verval. As ons sê ons moet in Christus glo, maar ook die
Sabbat onderhou, dan maak ons die Sabbat
‘n addisionele vereiste vir verlossing. Dan voeg ons weer ‘n wet by, by
die evangelie. Die Sabbat
vind vervulling in Christus in die sin
dat ons in Hom rus. Volgens Heb 4 bly daar ‘n sabbatsrus oor. Die
manier hoe mens toetree tot hierdie rus is deur die geloof (4:3). God
het eens die sabbat bepaal as rusdag (4:10), en Hy bepaal nou weer 'n sekere
dag in die plek van die Sabbatdag, naamlik vandag (4:7). God vra dat ons
nie ons harte verhard nie, maar dat ons in geloof ons harte oorgee aan Hom. Dit
is die ware betekenis van die sabbat. Die skrywer van die Hebreërbrief wys
daarop dat die rus waarvan Josua praat (4:8) nie die finale vervulling van die
belofte van rus is nie (sien bv. Jos 1:15; 22:4; 23:1). Die uiteindelike
vervulling van God se belofte van rus is die rus waarin mense gaan as hulle glo
in Christus en daardeur in 'n verhouding met God tree (Heb 4:3). Hierdie
rus noem die skrywer 'n sabbatsrus. Dit is dus die vervulling van dit
waarvoor die sabbat staan en waarvan die sabbat 'n skaduwee is. Omdat Jesus die
Sabbat in Homself vervul het, nooi Hy ook mense uit om hulleself aan Hom oor te
gee, hulle las af te lê en in Sy rus in te gaan. Dit is die ware
sabbat.
Sê gerus of ek jou reg verstaan.
1. Soos ek jou verstaan bou jy die
argument vir die onderhouding van die sabbat hoofsaaklik op Genesis wat sê dat
God gerus het van sy werk.
2. Ek verstaan ook dat jy nie
sabbatsonderhouding sien as ‘n werk wat ‘n bydrae kan lewer tot jou verlossing
nie, maar dat dit deel is van God se geskenk aan ons deur Christus en dat sy
Gees dit in ons harte werk.
Let wel dat ek nie ‘n voorstander is van
Sondag-onderhouding, asof dit in die plek sou kom van Sabbats-onderhouding
nie. Ek is oor die algemeen nie ‘n voorstander van
“in-die-plek-van”-teologie nie. Ek glo bv. ook nie dat die doop in die
plek van die besnydenis gekom het of dat die nagmaal
in die plek van die pasga gekom het
nie. Volgens die NT is die ganse wet (alle geskrewe wette, insluitende
die tien gebooie, asook die ganse
pentateug) en profete: dit wil sê die
totale Ou Testament in Christus vervul. Niks is daarvan uitgesonder
nie. Ook nie die sabbat nie. Die onderhouding van die sabbat is ‘n
Ou- Testamentiese instelling, saam met al die ander wette. Dit alles was
slegs ‘n skaduwee, wat op Christus gedui het en in en deur Christus vervul
is.
Alles wat nodig is tot die ewige lewe in
die Nuwe-Testamentiese tyd, het Christus gegee. Vir Nikodemus het Jesus
gesê mens moet geestelik wedergebore word, deur geloof in Hom (Joh 3). Hy
het die gebod van die liefde ingestel en die doop ingestel. Hy het
nagmaal met sy dissipels gehou en gesê dat ons daardeur sy bloed en die Nuwe
Testament in gedagtenis bring. Hy het ons nooit beveel om die
sabbatsgebod te onderhou nie. Inteendeel, vanuit die NT is dit duidelik
dat die sabbatte slegs ‘n skaduwee was van die toekomstige dinge wat sou volg
in Christus.
Kol 2:16-17 “Laat niemand julle dan
oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat
nie, (17) wat ‘n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die
liggaam behoort aan Christus.”
As mens sê dat die wet nie meer van
toepassing is op Christen-gelowiges nie, behalwe die sabbat – wat is die
Skriftuurlike gronde om te sê alle wette is opgehef in Christus behalwe
die sabbat? Wat is die Skrif daarvoor? Is dit Nuwe Testamenties of
Ou Testamenties? Soos ek dit verstaan is die Nuwe Testament die volle
vervulling van die Ou Testament – die oue is verby, kyk alles het nuut
geword (2 Kor 5:17). Daar is geen Nuwe Testamentiese gronde vir die
onderhouding van die Sabbat nie. Heb 4:9 vereis juis nie die
onderhouding van ‘n spesifieke dag nie, maar dui op die ewige rus in Christus
(vers
10), waarin mens vandag (vers 7)
toetree in verhouding met Hom. Die term “vandag” is “semeron” in
Grieks. Kyk na Heb 3:13 “Maar
vermaan mekaar elke dag so lank
as dit vandag (semeron) genoem word, sodat niemand van julle deur die
verleiding van die sonde verhard word nie.” Dit is duidelik dat die
Hebreërskrywer nie ‘n spesifieke dag in gedagte het met die gebruik van die
term “vandag” (semeron) nie. Hy bedoel daarmee: enige dag, nou, elke
dag. Die sabbatsrus waarvan Heb 4:9 praat is dus ‘n geestelike rus, nie
‘n fisiese rus nie. Alle fisiese wette is in Christus
vervul. Die aanbreek van die Nuwe Testament dui die aanbreek van totale
geestelike wedergeboorte aan. Dit is die manier hoe mens deel raak van
die Nuwe Verbond. Daarmee het Christus weggedoen met alle vorme van fisiese
wette. Hy het weggedoen met vlees. Dit word bekragtig in ons lewens
deur die wederbarende werk van die Gees. Rom 8:2 “Want die wet van die Gees
van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en
die dood.”
Kom ons kyk gou weer mooi na die konteks
van Heb 4.
In Heb 3:11, die vorige hoofstuk, is dit
duidelik dat die rus waarin die volk moet ingaan, nie die sabbat is nie, maar
die ewige rus in Christus. Iemand wat nie God se weë leer ken het nie en
afvallig geword het, gaan nie in die rus in Christus in nie (Heb 3:10,12).
Heb 4:1-3 praat van presies dieselfde
rus, die ewige rus in Christus, nie die sabbat nie.
Nou belangrik, vers 4 sê: “Want
(gar) Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende
dag van al sy werke gerus.” Nou praat hy van die 7’e dag, die
sabbatdag. Dus, die skrywer begrond die ewige rus in Christus in die
beginsel dat God gerus het van sy werke op
die 7’e dag. Die diepere betekenis
van die sabbatdag, dit waarvan die sabbatdag ‘n skaduwee was, vind dus
vervulling in die ewige rus in
Christus: as ons in Hom glo en onsself
aan Hom verbind. Heb 4:6-7 sê: “Terwyl dit dan so is dat sommige daar
ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur
ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie, (7) bepaal Hy weer ‘n
sekere dag, naamlik vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek,
soos gesê is: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte
nie.” Nou bepaal God weer ‘n “sekere dag.” Wat is die “sekere dag”
wat vroeër bepaal is? Dis die sabbatdag! Maar nou bepaal God weer
‘n sekere dag, maar nou is dit nie ‘n spesifieke dag van die week
nie, dit is “vandag” – elke dag, nou, enige dag! (vroeër verduidelik).
Nou tree ons tot die rus in Christus toe enige dag as ons nie ons
harte verhard nie, maar die belofte van sy ewige rus glo, waarvan die fisiese
sabbatdag maar net ‘n skaduwee was. Wat sê vers 8? Dit sê “Want as
Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van ‘n ander dag daarná spreek
nie.” Josua het dus nie die werklike rus vir hulle gegee nie.
Die werklike rus is slegs in Christus, juis omdat die fisiese sabbatdag daarvan
‘n skaduwee was, en daarheen gewys het, en daarin (in Christus) vervul
is. Daarom bring hy juis in vers 9 die ewige rus in Christus en die
sabbatsrus in verband met mekaar. Dus (ara) bly daar ‘n
sabbatsrus oor. Behels dit die onderhouding van die fisiese, Ou
Testamentiese sabbat, wat slegs ‘n skaduwee was van die werklike ewige rus in
Christus? Verseker nie. Die konteks maak dit duidelik dat die term
“sabbatismos” hier figuurlik gebruik word. Dit word in verband gebring
met die ewige rus (katapausis). Dit word verder versterk deur vers
10. Vers 10 is kardinaal: “want (gar) wie in sy rus
(katapausis = ewige rus) ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van
syne (sabbatsrus).” Vers 10 sê dus in soveel woorde, dat hulle wat in die
katapausis ingegaan het, die ewige rus in Christus (waarvan die fisiese
sabbatsgebod slegs ‘n skaduwee was),
“rus ook self van sy werke soos God van syne.” Is dit nie pragtig
nie? Wat sê dit? Dit sê dat hy wat in
Christus se ewige rus ingegaan het, het
ook die sabbat vervul. Anders gesê, hy wat in Christus rus het ook dit
nagekom wat die fisiese sabbatsrus bedoel was om te doen. Sou dit dus
nodig wees om die Ou Testamentiese, fisiese sabbatsgebod tot nou steeds te
onderhou? Verseker nie, want dit is vervul in Christus, en deurdat ons
deur geloof aan Christus verbind is, tree ons toe tot die eintlike rus, waarvan
die fisiese sabbatsgebod slegs ‘n skaduwee was.
Artikel,
Philip du Toit:
Moet ‘n Christen
die Sabbat hou? Is dit Saterdag of is dit Sondag? Het die onderhouding van die
Sondag in die plek gekom van die onderhouding van die Saterdag? Moet ‘n
Christen hoegenaamd een dag bo ‘n ander ag? Hierdie artikel was vroeër
"Die wet en die sabbat." Daar is nou ‘n aparte artikel: Die wet
(uitgebrei). Dit lê ten grondslag van hierdie artikel en moet hiermee saam
verstaan word.
In die artikel: Die
wet, word bespreek dat Christus by sy dood en opstanding die Ou Testamentiese
wet vervul en beëindig het. Hy het die Nuwe Testament ingelei waaronder ons as
Christene nie meer onder die wet is nie, maar onder die genade. Ons is nie meer
onder die verpligting om die Ou Testamentiese wette te onderhou nie, maar die
wet van die Gees van lewe in Christus Jesus het ons vrygemaak van die wet van
die sonde en die dood. Dit vind praktiese uitdrukking in die liefdesgebod van
Christus: liefde vir God en die naaste.
As mens verstaan
hoe die Nuwe Testament oor die wet praat, spreek dit eintlik vanself of dit
nodig is om die Sabbat te hou of nie. Hoe
(Rm 7:6) en
"nie meer onder die wet" wees nie (Rm 6:14,15), maar steeds verplig
wees om die Sabbat te hou? Paulus sê uitdruklik dat al die gebooie ("watter
ander gebod ook al") saamgevat word in hierdie woord: jy moet jou naaste
liefhê soos jouself (Rm 13:9). Die hele
wet word vervul deur die gebod van die liefde (Gl 5:14). Die
gebod van die liefde vir God en jou naaste is dus die enigste gebod wat nodig
is om te onderhou. Enige ander gebod word as’t ware opgeneem onder die groot
gebod. Die groot gebod sluit alle ander gebooie in. Die Sabbat is geen
uitsondering nie. Maar ter wille van volledigheid sal ek al die relevante
verwysings na die Sabbat bespreek.
Die Sabbat in
die Ou Testament
1. Die eerste vraag
wat mens moet vra is: Waar kom die Sabbatsgebod vandaan? Die eerste teken van
‘n Sabbatsgebod in die Ou Testament is in Eks 16:23-30 waar die volk dubbel die
hoeveelheid manna op die sesde dag moes insamel sodat hulle op die sewende dag
kon rus. Dit kom dan weer voor in Eks 20:10 waar dit deel vorm van die geskrewe
wet wat Moses direk van God ontvang het. Hoewel God op die sewende dag van die
skepping gerus het en dit geseën en geheilig het (Gen 2:3), was dit nie as
sodanig as ‘n gebod ingestel vir elke sewende dag nie. Sommige meen dat daar
sprake van Sabbatsonderhouding was voor Eks 16 n.a.v. Noag se sewe-dag-siklusse
waarin hy die duif uitgestuur het (Gen 8:10,12) of die feit dat Jakob twee keer
vir sewe jaar moes werk vir Ragel (Gen 29:27-28), maar dit dui eerder op die
feit dat mense wel met "vaste tye" vir sowel dae as jare gewerk het
(Gen 1:14). Die begrip "jaar" kom reeds voor in Gen 5:3 en
"maand" in Gen 7:11. Gen 7:11 gee ‘n vaste datum aan vir die vloed –
‘n spesifieke dag in die lewe van Noag. So, hoewel die term "weke"
eers voorkom in Eks 34:22, lyk dit redelik seker dat die mens van die begin af
ná die skepping met sewe-dag-siklusse (weke) gewerk het. Die Sabbatsgebod self
is egter eers
heelwat
later
(+- 2500 jaar ná die skepping) as ‘n gebod ingestel (430 jaar na Abraham: Gal
3:17). Die hele wet is bygevoeg
weens die oortredinge (Gal 3:19). Regdeur die Bybel is God se openbaring progressief. Die Ou
Verbond(e) is opgerig, daarna het die wet gekom, daarna het nie Nuwe Testament
en die Nuwe Verbond gekom. Die nuwe vervul en gee altyd dieper betekenis aan
die oue. So ook het die Sabbatsgebod wel gebou op die beginsel van God se rus op
die sewende dag (Eks 20:11), maar het eers in die woestyn as gebod en deel van
die Ou Verbond
tot stand gekom. In Deut 29:1,9,12,14,21,25 word die term "verbond" (berit) verstaan as die hele wet wat uiteengesit is
in die voorafgaande Deut 6-28. In hierdie sin is die terme "verbond"
en "wet" uitruilbaar.
2. Een van die
belangrike beginsels oor die Sabbat is dat die Sabbat gemaak is vir die mens, nie die mens vir
die Sabbat nie (Mk 2:27). Die Sabbat is deur God ingestel met die oog daarop
dat die mens en al sy mense en diere gereeld kon rus van hulle werk. Hiervan is
die volgende twee gedeeltes sprekende voorbeelde:
Eks 23:12 "Ses
dae moet jy jou werk verrig, maar op die sewende dag moet jy rus, dat jou os en
jou esel kan uitrus en die seun van jou slavin en die vreemdeling kan asem skep."
Deut 5:14
"maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén
werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd,
of jou os of jou esel of enige dier van jou, of jou vreemdeling wat in jou
poorte is nie; sodat jou dienskneg en jou diensmaagd kan rus soos jy."
3. Die Sabbat was
'n "teken" of ‘n "sein" tussen God en die mens dat die mense
kan weet dat God die Here is,
en dat God se mense daardeur heilig
en afgesonder
vir God is (Eseg 20:12,20; Eks 31:13). Dit gaan oor die feit dat die mens 'n
sekere dag aan die Here moes wy en dit moes
heilig en God moes
erken as Here en Skepper van hemel en aarde in ses dae, net soos Hy op die
sewende dag gerus het na sy skepping en dit geheilig het (Gen 2:2-3). Ten
diepste het dit daarom gegaan dat hulle een dag van die week moes eenkant sit
om met God te ontmoet en Hom
4. Die sabbat is
bedoel om ‘n dag van vreugde en
verlustiging te wees waarin die Here se kinders hulleself in
Hom
Jes 58:13-14
"As jy jou voet terughou van die sabbat—om nie jou sake op my heilige dag
te doen nie, en as jy die sabbat
‘n verlustiging noem en die heilige dag van die HERE hooghou;
en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou
sake soek of ydele taal spreek nie; (14) dan sal jy jou verlustig in die HERE, en
Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel
van jou vader Jakob; want die mond van die HERE het dit gespreek."
5. Daar is reeds in
die Ou Testament sprake van God se misnoë met ‘n uiterlike vormgodsdiens wat
godsdienstige rituele aanhang sonder dat hulle hart daarin is.
Jes 1:13-17
"Bring nie meer skynheilige offergawes nie; gruwelike reukwerk is dit vir
My. Nuwemane en sabbatte,
die uitroep van samekomste—Ek verdra geen ongeregtigheid en feestyd nie! (14)
Julle nuwemane en julle feestye haat my siel; hulle is My ‘n oorlas. Ek is moeg
om dit te dra. (15) En as julle jul hande uitbrei, bedek Ek my oë vir julle;
ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister Ek nie: julle hande is vol
bloed. (16) Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge
voor my oë weg, hou op om kwaad te doen, (17) leer om goed te doen, soek die
reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die
weduwee."
Jes 30:15
"Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil,
in stil wees en vertroue bestaan julle krag; maar julle wou nie" Hierdie
teks dui daarop dat die volk nooit in die ware rus (in Hom) ingegaan het soos
Hy dit bedoel het nie. Hoewel die Sabbat veronderstel was om hierdie ware rus
te help fasiliteer, het die volk nooit werklik in die ware rus in God ingegaan
soos Hy dit bedoel het nie.
Die Sabbat in
die Nuwe Testament
1. Jesus is die Here van die Sabbat.
Mt 12:1-8 "In
daardie tyd het Jesus op die sabbat deur die gesaaides geloop, en sy dissipels
het honger geword en are begin pluk en eet. (2) Maar toe die Fariseërs dit
sien, sê hulle vir Hom: Kyk, u dissipels doen wat nie geoorloof is om op die
sabbat te doen nie. (3) Maar Hy sê vir hulle: Het julle nie gelees wat Dawid
gedoen het nie—toe hy en die wat saam met hom was, honger gehad het— (4) hoe hy
in die huis van God gegaan en die toonbrode geëet het wat vir hom en die wat
saam met hom was, nie geoorloof
was om te eet nie, maar net vir die priesters alleen? (5) Of
het julle nie in die wet gelees dat die priesters op die sabbat in die tempel die sabbat ontheilig
en onskuldig is nie? (6) En Ek sê vir julle: Een wat groter is as die tempel, is hier. (7)
Maar as julle geweet het wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie
offerande nie, sou julle die onskuldiges nie veroordeel het nie; (8) want die Seun van die mens is Here óók van die sabbat."
(sien ook Mk 2:28; Lk 6:5)
Dit beteken Jesus
het die Sabbat in Homself
vervul. As Here van die Sabbat het Hy die mag om nuwe inhoud aan die Sabbat te
gee. Jesus is groter as die tempel. Hy is die nuwe sentrum van aanbidding. Hy is
die persoon wat die diepere betekenis van die Sabbat beliggaam. Hy is ons
Middelaar waardeur ons
2. Jesus het die gebod
van die Sabbat verbreek.
Jh 5:15-18
"Die man het gegaan en aan die Jode vertel dat dit Jesus was wat hom
gesond gemaak het. (16) En hieroor het die Jode Jesus vervolg en probeer om Hom
dood te maak, omdat Hy dit op
die sabbat gedoen het. (17) En Jesus het hulle geantwoord: My
Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook. (18) Hieroor het die Jode toe nog meer
probeer om Hom dood
te maak, omdat Hy nie alleen DIE
SABBAT GEBREEK het nie, maar ook God sy eie Vader genoem het en
Hom met God gelykgestel het."
Joh 9:16 "En
sommige van die Fariseërs sê: Hierdie man kom nie van God nie, omdat Hy die sabbat nie hou nie.
Ander sê: Hoe
Mar 2:24 "Toe
sê die Fariseërs vir Hom: Kyk, waarom doen hulle op die sabbat wat nie geoorloof is nie?"
Johannes (5:18)
skryf self dat Jesus die Sabbat verbreek
het, hoofsaaklik omdat Hy telkens mense
op die Sabbat genees het (bv. Lk 13:14; 14:3; Jh 5:10; 7:23;
ens.), omdat Hy mense wat Hy gesond gemaak het, beveel het om hulle beddens opneem om te loop (bv.
Jh 5:8-9), en omdat Jesus dit ook goedgekeur
het dat sy dissipels koringare op die sabbat gepluk het. Jesus
se verbreking van die wet van die Sabbatdag was een van die vernaamste redes
waarom die Joodse owerstes vir Jesus tot die dood veroordeel het (Mt 12:1; Mk
2:23; Lk 6:1).
3. Die ware sabbatsrus is om toe te tree
tot die ware rus in Jesus
Christus.
Heb 4:1 praat van
die rus waarin
ons moet ingaan terwyl die belofte nog standhou. Vers 3 sê: "…ons wat geglo het, gaan die rus in…"
Heb 4:4-10
"Want Hy het êrens van die sewende
dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke
gerus; (5) en nou hier weer: Hulle sal in my rus nie ingaan nie. (6) Terwyl dit
dan so is dat sommige daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers
verkondig is, deur ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie, (7) bepaal Hy weer ‘n sekere dag, naamlik vandag,
as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag as julle sy stem hoor,
verhard julle harte
nie. (8) Want as Josua aan
hulle rus gegee het, sou Hy nie van ‘n ander dag daarná spreek nie. (9) Daar
bly dus ‘n sabbatsrus oor vir
die volk van God; (10) want wie in sy rus ingegaan het, rus ook
self van sy werke soos God van syne."
Die manier hoe mens
toetree tot hierdie rus is deur die geloof
(4:3). God het eens die sabbat bepaal as rusdag (4:10), en Hy bepaal nou weer
'n sekere dag in die plek van die Sabbatdag, naamlik vandag (4:7). God vra dat ons
nie ons harte verhard nie, maar dat ons in geloof ons harte oorgee aan Hom. Dit
is die ware betekenis van die sabbat. Die skrywer van die Hebreërbrief wys
daarop dat die rus waarvan Josua praat (4:8) nie die finale vervulling van die
belofte van rus is nie (sien bv. Jos 1:15; 22:4; 23:1). Die uiteindelike
vervulling van God se belofte van rus is die rus waarin mense gaan as hulle glo in Christus en daardeur
in 'n verhouding
met God tree (Heb 4:3). Hierdie rus noem die skrywer 'n sabbatsrus. Dit is dus die
vervulling van dit waarvoor die sabbat staan en waarvan die sabbat 'n skaduwee
is. Omdat Jesus die Sabbat in Homself vervul het, nooi Hy ook mense uit om
hulleself aan Hom oor te gee, hulle las af te lê en in Sy rus in te gaan. Dit is die ware sabbat.
Mt 11:28-30
"Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. (29) Neem my juk op
julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;
(30) want my juk is sag en my las is lig."
Sien ook die
profesie in Jes 11:10: "En in dié dag sal die nasies vra na die wortel van
Isai, wat daar staan as ‘n banier van die volke, en sy rusplek sal heerlik
wees."
4. Die Nuwe
Testament veroordeel wettisisme.
‘n Goeie voorbeeld
van mense wat geneig was tot wettisisme is die Galasiërs. Paulus is baie
ontsteld oor die
manier hoe hulle, nadat hy aan hulle die evangelie van genade verkondig het,
weer teruggeval het in wettisisme. Hy sê onder andere:
Gl 3:1-5 "o,
Onverstandige Galásiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te
wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle
gekruisig? (2) Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet
of uit die prediking van die geloof?
(3) Is julle so onverstandig? Nadat
julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees?
(4) Het julle verniet so baie gely? As dit maar verniet was! (5) Hy wat julle
dan die Gees verleen en kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die wet of uit die
prediking van die geloof?"
Dit lyk of die
Galasiërs geneig was tot ‘n klomp "moets" en "moenies."
Hulle het onder andere steeds van Christene verwag om hulle te laat besny, wat
deel was van die Ou Testamentiese wet. Daarom sê Paulus aan hulle (Gl 5:1-4):
"Staan dan vas in die vryheid
waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring
nie. (2) Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal
wees nie. (3) En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat
besny, dat hy onder verpligting
is om die hele wet te onderhou. (4) Julle wat geregverdig wil
wees deur die wet, is losgemaak
van Christus; julle het van die genade verval."
Paulus beskou dit
as so ‘n ernstige saak dat hy aan hulle sê dat hulle deur wettisisme hulleself losmaak van Christus en selfs
dat hulle van die genade verval
het. In Gl 4:10-11 sê hy hierdie insiggewende woorde: "Julle neem dae en en maande en tye en jare waar.
(11) Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het."
Dit verwys na die Joodse feeste en dae, waaronder die Sabbat ook een is, wat
hulle waargeneem het. Net
soos wat dit nie
meer nodig is om hierdie feeste waar te neem nie, is dit nie meer nodig om die
Sabbat waar te neem nie. Al hierdie dae was in elk geval net ‘n skaduwee op die
evangelie en die ware rus wat sou kom in Jesus Christus (Kol 2:16-17; vgl. Heb
10:1).
Paulus spreek ‘n
soortgelyke probleem aan by die Romeine (Rm 14:1-23). Daar was diegene onder
hulle wat gemeen het mens mag nie vleis eet nie, en vaste wette voorgehou het
oor wat mens mag eet. En daar was ook diegene wat gemeen het dat mens sekere dae moet waarneem
(soos die Joodse feeste en die Sabbat) en sekere dae as belangriker as ander
beskou het, en waarskynlik van die ander Christene verwag het om dit ook te
doen (vers 5). Daar was duidelik onenigheid in die gemeente hieroor. Hy vermaan
hulle om die wat "swak is in die geloof" in liefde aan te neem (verse
1-2). Hierdie "swakkeres" was diegene wat klaarblyklik nie die genade-karakter van die
evangelie reg verstaan het nie en telkens terug wou val in wettisisme.
Dieselfde tipe probleem word ook by die Korinthiërs aangespreek waar sekere
mense ander verbied het om vleis te eet wat aan afgode ge-offer is (1 Kor
8:1-13). Paulus sê dit is belangrik om ruimte te maak vir mense wat swak is in
die geloof en hulle nie te benader vanuit ‘n posisie van oordeel of selfs
vanuit ‘n posisie van ‘n nuwe tipe wetmatigheid nie, maar in genade en liefde:
liefde wat alles bedek.
As Paulus met die
Kolosssense praat, beskryf hy die volkome werk van Jesus wat hy deur sy dood en
opstanding gedoen het. Daardeur het Hy die skuldbrief teen ons wat met sy insettinge ons vyandig was,
uitgedelg en weggeruim aan die kruis en getriomfeer oor alle owerhede en magte
(Kol 2:9-15). Daardeur kan ons deel en identifiseer met alles wat Christus
gedoen het, waarin Hy vir ons ‘n nuwe vryheid gebring wat ons losmaak van alle
vorme van wettiesisme. Daarom sê Paulus in vers 16-19: "Laat niemand julle
dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of
nuwemaan of sabbat nie, (17) wat ‘n skaduwee is van die toekomstige dinge;
maar die liggaam behoort aan Christus. (18) Laat niemand julle van jul prys
beroof nie, al sou hy behae hê in nederigheid en verering van die engele en
indring in wat hy nie gesien het nie, en sonder oorsaak opgeblase wees deur sy
vleeslike gesindheid, (19) en nie vashou aan die Hoof nie, uit wie die hele
liggaam deur die gewrigte en verbindinge ondersteuning ontvang en saamgebind
word en so met goddelike groei groot word."
Paulus sê
"laat niemand julle dan oordeel…" juis omdat die Nuwe Testamentiese
Christene nie moets en moenies gehad het oor wat hulle eet nie, en hulle het
ook nie vaste verpligtinge en wette gehad oor feeste of die sabbat nie. Hy sê
dit omdat hulle alles geëet het, drank gebruik het, en nie die Joodse feeste of die sabbat onderhou
het nie – anders sou hierdie uitspraak van Paulus geen sin maak
nie. Dit was nie nodig om hierdie dae te onderhou nie, want Christus het alles
in almal vervul. Paulus som ‘n wettiese instelling ten opsigte van eet, drink,
feeste en sabbat baie goed op in die daaropvolgende woorde aan die Kolossense:
Kol 2:20-23
"As julle dan saam met Christus die eerste
beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof
julle nog in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge (21) soos: raak nie, smaak nie, roer nie aan nie?
— (22) almal dinge wat deur die gebruik bestem is om te vergaan—volgens die
gebooie en leringe van mense, (23) wat, alhoewel dit ‘n skyn van wysheid het,
in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam,
geen waarde het nie, maar strek tot versadiging
van die vlees."
Kom die Sondag
in die plek van die Sabbatdag?
Die Nuwe Testament
praat van die dissipels wat op die "eerste dag van die week" vergader
het en brood gebreek het (Hand 20:7) en van fondse wat
vir die heiliges
ingesamel is op die eerste dag van elke week (1 Kor 16:2). Jesus het op die
eerste dag van die week opgestaan uit die dode (bv. Lk 24:1) en het ook op die
eerste dag van die week aan sy dissipels verskyn (Jh 20:19). Daar is aanduiders
in die geskiedenis dat die eerste Christene op die eerste dag van die week
bymekaar gekom het om nagmaal te hou en saam te bid. Daar is bv. aanduidings in
Die brief van Barnabas
(ongeveer 74 nC) dat Christene die agste dag herdenk het. Dit sê: "Ons
onderhou die agste dag met vreugde, die dag waarop Jesus ook weer opgestaan het
uit die dood." (Die brief van
Barnabas 15:6-8). Die Didaché (ongeveer 90 nC) praat ook telkens
van hierdie praktyk, asook natuurlik heelwat van die kerkvaders (bv. Ignasius,
Justinus, Tertulianus, Origenes, Augustinus, ens.) Die eerste historiese
optekening van Christene wat egter die Saterdag herdenk het, was die
Anabaptiste-leiers: Andreas Fisher en Oswald Glait in 1527 nC.
Nêrens in die Nuwe
Testament is daar egter ‘n aanduiding dat die Sondag die Sabbatdag vervang het nie. Dit sou
neerkom op ‘n nuwe wet. Dieselfde geld vir die besnydenis. Die Bybel sê ook nie
dat iets anders (soos die doop) in
die plek van die besnydenis gekom het nie, want dit sou ook
weer ‘n nuwe wet veronderstel het. Kol 2:11-13 sê dat Christus se besnydenis (sy
dood) in die plek van die besnydenis gekom het. Op dieselfde manier is nie
nagmaal (of die paasfees) nie ‘n nuwe wet of ‘n nuwe fees wat in die plek van die
pasga gekom het nie. Christus self is die Lam (Joh 1:29,36), waarvan die lam op die pasga
‘n afskynsel was. Trouens Christus het ALLES
waarvan die Ou Testamentiese Wet, Profete en Psalms praat in Homself vervul:
Luk 18:31 "En
Hy het die twaalf by Hom geneem en vir hulle gesê: Kyk, ons gaan op na
Jerusalem, en ALLES wat deur
die profete geskrywe is, sal aan die Seun van die mens vervul word."
Luk 24:44 "En
Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by
julle was, dat ALLES wat oor My
geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word."
Ef 1:22-23 "En
Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die
gemeente gegee, (23) wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat ALLES in almal vervul."
Die herdenking van
die Sondag
daarom dit is ‘n
goeie beginsel om ten minste een dag van die week slegs op jou verhouding met
die Here te fokus, maar dan nie as ‘n nuwe wet nie. En dit hoef nie noodwendig
‘n Saterdag of ‘n Sondag te wees nie. Dit
Die lering wat die
kerk ontstaan het dat die onderhouding van die Sondag in die plek van die
onderhouding van die Sabbatdag gekom het, kan dus nie Bybels verantwoord word
nie (baie van die Sewende Dag Adventiste sê dat ‘n sekere Rooms Katolieke Pous
die Sondag as ‘n sabbat in die plek van die Saterdag-sabbat ingestel het op ‘n
sekere dag en datum. Dit
Sien bv. http://www.truthorfables.com/Pope_Did_Not_Change_Sabbath_Sunday.htm).
Gevolgtrekking
Vanuit die regte
verstaan van die posisie wat die wet moet inneem in die lewe van die Nuwe
Testamentiese Christen, spreek dit vanself dat die wet – waarvan die
onderhouding van die Sabbatdag deel was – slegs ‘n tugmeester en ‘n skaduwee is
van die toekomstige weldade in die evangelie van genade wat aangeneem word deur
die geloof.
Heb 10:1 "Want
die wet, wat ‘n skaduwee
het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan
nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat
toetree, tot volmaaktheid lei nie."
Deur geloof in
Christus tree ons toe tot die ware sabbatsrus
in Hom (Heb 4:9), wat spreek van die Nuwe Testament van sy bloed wat ‘n volkome
regverdiging en vrymaking is van die wet van die
sonde en die dood.
Dit spreek van die nuwe vryheid (Gl 5:1,18) en lewe in ‘n persoonlike
verhouding met Christus self. Dit is waarheen die Sabbatdag gewys het. Christus
self kom dus in die plek van die Sabbatdag, nie die Sondag nie.
Ek kan die kern van
die Christen se nuwe stand in Christus nie beter saamvat as in die woorde van
Paulus nie:
Rm 8:1-4 "Daar
is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
(2) Want die wet
van die Gees van die lewe in
Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.
(3) Want God het wat vir die wet
onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy
eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van
die sonde, die sonde veroordeel
in die vlees, (4) sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees
wandel nie, maar na die Gees."
Gl 5:18 sê daarom:
"Maar as julle deur die Gees
gelei word, dan is julle nie
onder die wet nie."
As ons deur die Gees van God wandel en ons
altyd aan Sy leiding oorgee, sal ons alles doen wat God van ons verlang. Dit
vind praktiese uitdrukking in die liefdesgebod: vir God en die naaste. Saam met
die werking van die Gees in en deur ons lewens gaan geloof. Die wet van geloof kom in die
plek van die wet van werke (Rm 3:27-28). Geloof berus in alle opsigte op die
verdienste van Christus. Hy het die wet kom vervul. Hy het alles gedoen wat
nodig is vir ons om gered te word. Daar is geen addisionele voorwaardes en
wette (insluitende Sabbatdag-onderhouding) wat as voorwaarde
het en nog gaan
doen. Daarom, om Christus te ken oortref
alles in waarde.
Flp 3:7-11
"Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. (8) Ja
waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus
Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles
prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry
(9) en in Hom gevind te word, nie
met my geregtigheid wat uit die
wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid
wat uit God is deur die geloof; (10) sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die
gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word, (11) of ek
miskien die opstanding uit die dode kan bereik."
Het die onderhouding van die Sondag in
die plek gekom van die onderhouding van die Saterdag? Moet ‘n Christen
hoegenaamd een dag bo ‘n ander ag? Hierdie artikel was vroeër "Die wet en
die sabbat." Daar is nou ‘n aparte artikel: Die wet
(uitgebrei). Dit lê ten grondslag van hierdie artikel en moet hiermee saam
verstaan word.
Bespreking
begin:
‘Sabbat’ en ‘Onderhouding’ van die Sabbat
Philip du Toit:
“Lyk my u praat
van die 10 gebooie. U sê nogal interessante dinge. U sê die Sabbat regdeur
die Bybel dui op Christus. Ek kon egter nie met sekerheid aflei wat u
onder die Sabbat verstaan nie. Sê u die sabbat is in Christus vervul,
sodat ons nie nodig het om 'n sekere dag as sabbat te onderhou nie, en dat ons
net onsself
aan Chritus moet verbind en in Hom moet rus? Of verstaan ek u verkeerd?”
“Soos ek jou verstaan bou jy die argument vir die
onderhouding van die sabbat hoofsaaklik op Genesis wat sê dat God gerus het van
sy werk.
2. Ek verstaan ook dat jy nie sabbatsonderhouding
sien as ‘n werk wat ‘n bydrae kan lewer tot jou verlossing nie, maar dat dit
deel is van God se geskenk aan ons deur Christus en dat sy Gees dit in ons
harte werk.”
“Soos ek jou verstaan bou jy die argument vir die
onderhouding van die sabbat hoofsaaklik op Genesis”.
Gerhard
Ebersöhn:
Nee! Ek bou ‘my’, ‘argument
van die Sabbat’ én, “vir die
onderhouding van die Sabbat” uitsluitlik, enkel en alleen, op die “Rus (wat) Jesus aan hulle verskaf het” met Opstanding
uit die dood en dode en die graf. “God het van sy
werk gerus” = Efesiërs
1:19-22! Dis hoe – nie ek nie, maar – die Skrif, Genesis-Rus en
Evangelie-Rus bymekaar bring; dis hoe – nie ek nie, maar – die Skrif,
Genesis-Sabbat en Evangelie-Sabbat, bymekaar bring.
Daar is die betekenisvolle
maar onlosmakelike verskil en onderskeiding tussen ‘Die Sabbatdag’ as sodanig, die Sabbatdag geglo, en, onderhouding
van die Sabbatdag.
‘Die Sabbatdag’ is die Here s’n; sy skepping; Hy mag dit vir die mens
gee, of nie gee nie. (Tussen Genesis 2 en Exodus 20.) Nogtans het God by die
skepping al vir Christus in die
Sabbatdag
verborge gehou met die oog
op die ‘Vandag’ van die Evangelie. Die Sabbatdag geglo is genadegawe van die Here aan die mens. Tog loop eer die
mens die gawe meer as die Gewer. (Tussen
Exodus 20 en Markus 2.) Maar die
Sabbatdag waarlik geonderhou, is die
Kerk en gelowige se teruggee aan die
Here wat aan Hom behoort en wat Hom toekom. Dan word “Sabbatdag geonderhou”, “Sabbattefees” van Christus, en “gevier”. “Gevier”, as en omdat, Opstandings-“Dag –uit die dode– van die Here”— ‘kuriakee
heemera’! (Kolossensiërs 2)
‘Die Sabbatdag’ én en net so, die Sabbatdag geglo, is die werk en wilsbesluit van God; Sabbats-onderhouding
is God se gee van die Sabbatdag in die hart, in die hand, en in die geleentheid
van die mens as verloste en die mens as
Gemeente— en is daarom en word so, ‘Wet’
vir die mens as Gemeente van Christus se Eie. (“Christus se Eie” – Kol2:17 – Gemeente én individu!) Dit “bly oor vir (hierdie) die Volk van God”
– dit “bly oor vir die” Volksburger
om te doen – om te gehoorsaam. Die mens
kan nou met strooi of
met stene op hierdie
fondament gaan bou. Die Here sal elkeen se bouwerk, self toets.
U verstaan my reg, én, verkeerd.
U verstaan my reg as u noem dat:
(1)
“die Sabbat
regdeur die Bybel dui op Christus”;
(2)
“die sabbat is in
Christus vervul”;
(3)
“ons onsself aan
Chritus moet verbind en in Hom moet rus”.
U verstaan my verkeerd as u veronderstel dat ek praat van:
(1)
“die 10 gebooie”;
(2)
“ons nie nodig
het om 'n sekere dag as sabbat te onderhou nie” mits u bedoel die Sewendedag Sabbat.
Beperkinge (‘Wet’) oor hoe ons onsself van
die Skrif gaan bedien: Toets elke toepassing asseblief aan die riglyne hierin
gevind:
Die Woord: “Maar
ons weet dat die Wet goed is as iemand dit wettiglik gebruik en solank hy weet dat die Wet nie gegee is vir die regverdige nie,
maar vir die wettelose en ...
wat daar anders met die gesonde leer in
stryd is volgens die Evangelie van die Heerlikheid van die salige God.” 1Tm1:8v. Hieruit is klaar duidelik die Wet van God
stel sy eie ‘Wet’ oor hoe hy
gehanteer ‘moet’ word. Ons aanvaar hierdie Wet van God as “steeds geldend”. Dis by voorbaat ooreengekom!
Hierdie onbuigbare reël maak uitsprake soos die volgende
van uself, dat u uself onder die kategorie, ‘onder die Wet’, inbring:
(1) “Hoe kan ons "ontslae" wees van die wet en dit
"afgesterf" het (Rm 7:6) en "nie meer onder die wet" wees
nie (Rm 6:14,15)”;
(2) “Die aanbreek van die Nuwe Testament dui die aanbreek van
totale geestelike wedergeboorte aan. ... Daarmee het Christus weggedoen met alle vorme van fisiese
wette.”
(3) “Hy het die Nuwe Testament
ingelei waaronder ons as Christene nie
meer onder die wet is nie, maar onder die genade. Ons is nie meer onder
die verpligting om die Ou Testamentiese wette te onderhou nie, maar die wet van
die Gees van lewe in Christus Jesus het ons vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.”
Let by voorbeeld op u laaste stelling – die ander kom op
dieselfde neer. U identifiseer
absoluut die Sabbatsgebod (“Die
onderhouding van die sabbat is ‘n Ou Testamentiese instelling”; “die Ou Testamentiese, fisiese sabbatsgebod”), en “die wet van die sonde en die
dood”.
Dit is noodsaaklik dat hierso twee dinge eers uitgeklaar
word, want dit gaan die hele gang van ons gesprek vorentoe bepaal.
(1) U sou na alle
waarskynlik nooit verklaar het dat “ons as Christene nie meer onder die wet is nie, maar
onder die genade ... die wet van die Gees van lewe in Christus Jesus het ons vrygemaak
van die wet van die sonde en die dood”, as u regtig bedoel het, “die Ou Testamentiese wette” nie:
U sou geen saak met die Ou-Testament
of met die ‘ou wet’ van Tien Gebooie gehad het as dit nie vir die Sabbatsgebod
van die Sewende Dag Sabbat-dag, gewees het nie. In al die jare wat ek in gesprek met mense was
het ek nog nooit een teëgekom wat nie eintlik
bedoel nie, ‘ons as Christene
is nie meer onder die wet van die Sewende
Dag Sabbatdag nie, maar onder die genade ... die wet van die Gees van lewe
in Christus Jesus het ons vrygemaak van die Sewende Dag Sabbatdag van die sonde en die dood’. (Dit sou natuurlik té reguit en té eenvoudig
gewees het.) Nog nie één mens nie, en ú
sou óók nie van “die
Ou Testamentiese wette” gepraat het was dit nie dat u eintlik
en uitsluitlik die Sabbat en
Sabbatsgebod,
en spesifiek, ‘Die
Sewende Dag Sabbat’, bedoel nie. Daarmee – het u gevrees – sal die hele sak
patats uitgegooi daar lê: Voila!— Die Sabbat is nie uit of onder die genade
nie; dit is wetlik van die
sonde en die dood. Dit sou té naïef en té blatant gewees
het (té onnosel). Daarom gaan u slimmer
en meer effektief, te werk.
(2) So ook hierdie
tweede ding: Dit moet ook eers duidelik gestel word: Dít wat ú met “die wet van die sonde en die dood”
bedoel. Want uit u hele betoog is dit onontkenbaar dat u bedoel die sonde en
die dood self; nie die ‘Wet’ daarvan nie.
Dis die universele taktiek wat universeel hoogs suksesvol die vraende
denke mislei en verkul. Sommer met die
intrapslag word die Sabbat na aard en oorsprong gebrandmerk: Sonde en dood; vervreem van die genade;
onder die vloek; vir God self, haatlik en wegwerplik. Dit op die keper beskou, is alles wat u met
hierdie uitlating van u, verklaar: “Ons as Christene is nie meer onder die wet nie, maar
onder die genade ... die wet van die Gees van lewe in Christus Jesus het ons vrygemaak
van die wet van die sonde en die dood”. Ek glo u het dit self nie besef nie. Maar hoeveel duisende kere was ek al daarmee
gekonfronteer! By meeste ‘debateerders’ ly dit geen twyfel nie dat hulle niks
anders bedoel nie. Dis hoekom ek dit eers wou afhandel. Ek gaan voort met
hierdie bespreking seker daarvan dat u uitlating wel neerkom op wat ek hier
uitgewys het, maar dat u dit nie so bedoel het nie. As u bereid is, mag ons voortgaan.
Ons weet nou om op twee dinge te let: (1) Dat die Sabbat
soos enige ‘Wet’ – Ou-Testamenties of Nuwe-Testamenties – beooredeel moet
word; (2) Dat daaruit sal volg dat alle
‘Wet’ op dieselfde beginsel en gronde as God se ‘Liefdesgebod’ gerespekteer en
heilig geag sal word, Want: “Een is die Wetgewer: Hy wat mag het om te red!”, die
God van Liefde, soos ons almal Hom ken en deur Hom geken wil word.
‘Waar kom die Sabbat, dan vandaan?’
PdT: “Die eerste vraag wat mens moet vra is: Waar kom die Sabbatsgebod vandaan? Die eerste teken van ‘n
Sabbatsgebod in die Ou Testament is in Eks16:23-30 waar die volk dubbel die
hoeveelheid manna op die sesde dag moes insamel sodat hulle op die sewende dag
kon rus.”
PdT: “Die eerste vraag wat mens moet vra is: Waar kom die
Sabbatsgebod vandaan?”;
“As ons sê ons moet in Christus glo, maar
ook die Sabbat onderhou, dan maak ons die Sabbat ‘n addisionele vereiste vir
verlossing. Dan voeg ons weer ‘n wet by, by die evangelie”?
Waarom die
Christen die Sabbat hou
Die Sabbatdag
as “Die Sewende Dag” is God se Dag by wyse van en op grond van sy eie wil, welbehae en genadebetuiging. Geen ander dag van
watter Goddelike verordinering of uitverkiesing ookal, is dit, was dit of het
dit op enige wyse geword nie. Die Sabbatdag as “Die Sewende Dag”, kom van God af, en is deur God bedoel om as “Die Sewende Dag”, na God toe terug te keer – nie as leë Woord
nie, maar vol van lofbetuiginge aan Hom wat “die
Sabbat gemaak het”. “Gemaak het” is ’n ontsaglike begrip;
nog groter die Here wat die Sabbat gemaak het! Die oorspronge van
Sabbatsheiliging aldus, vind in Christus
Jesus plaas, en vind in Hom in opstanding
uit die dood en dode plaas, om een enkel rede van Sabbatsheiliging: Dat God in
Christus Jesus “op die
Sewende Dag (van die week) gerus het”.
Hier, is die direkte profetiese Woord van God, dat Christus “op die Sewende Dag (van die
week)” uit die dood uit opgestaan het.
Vat dit as jy kan! Wêreld, vat
dit as jy kan! Of val maar weer terug op
jou floutes en hersinskimme van “totale geestelike wedergeboorte ... (w)aarmee
Christus met alle vorme van fisiese wette weggedoen het”.
Die oorspronge van Sabbatsheiliging vind in Christus Jesus plaas, en vind in Hom in
opstanding uit die dood en
dode plaas, om een enkel rede van Sabbatsheiliging: Dat God in Christus Jesus “op die Sewende Dag (van die
week)”, in Christus Jesus, “gerus het”.
Want God het nooit “gerus” nie, het Hy nie in en deur en ter wille van en om
rede Christus Jesus gerus nie; want God het nooit “voltooi” nie, het Hy nie in en deur en ter wille van en om rede
Christus Jesus voltooi nie; want God het nooit “geseën” nie, het Hy nie in en deur en
ter wille van en om rede Christus Jesus geseën nie; want God het nooit “geheilig” nie, het Hy nie in en deur en
ter wille van en om rede Christus Jesus geheilig nie. En finaal: Dit alles, het
God nooit gedoen, voltooi en “volmaak”
nie, het Hy dit nie in en deur en ter wille van en om rede Christus Jesus in en deur en met, en ter wille van en om rede Opstanding van Hom uit die dode,
gedoen en voltooi en volmaak nie! Dit is die enkel en uitsluitlike gronde van
en vir Sabbatsviering— nie ‘die Wet’
nie— niks, anders as Christus Jesus in Opstanding uit die dode nie— Die Wet van
God! Christus Jesus as ‘Die Wet’, ja!
Ontbreek die Opstanding
van Christus uit die dode as allesinsluitende en terselfdertyd alles anders
uitsluitende rede vir of verklaring van Sabbatsonderhouding by die Christen,
ontbreek alles wat Christelik is, ontbreek alles wat geloof is, alles wat
waarheid is, alles wat lieflik en alles wat loflik is daaromtrent— trouens, ontbreek
alles wat Goddelik is en het die Sabbatdag mét sy onderhouding die verderflike
eie geregtigheid van wettesistiese mens,
geword.
NB!
Met die wettesistiese Sabbat, of Sabbatsgeloof, of Sabbatsonderhouding,
wil ek seblief tog niks mee te doen hê nie.
Want hoe tog sou ek daardeur gronde vir ‘my’ ‘Sabbatsgeloof’ kon gevind
het; en hoe tog, gronde teen ‘jou’ ‘Sondaggeloof’? Want as jy dink ek allenig het al hierdie
‘opstandingsargumente’ van my vir die Sabbat ‘opgemaak’, het jy nie geweet dis
juis waar al daardie ‘opstandingsargumente’ van jou, vir Sóndagonderhouding,
vandaan gekom het nie! Nou bly net een
vraag oor – of duik, die enkele vraag op: Staan
dit Geskrywe? / Wat, Staan Geskrywe? (PdT:
“Wat is die Skrif daarvoor?”) Dan sê ek maar wéér: Kyk byvoorbeeld maar net
na die woord so pas genoem, “God het die Sewende Dag, gerus ...”, en spoedig tel jy die spoor op, en kan jy dit regdeur
die Bybel volg, tot op daardie laaste eerste Woord van Mt28:1-4. En maar nie
eenkeer nie, sal jy op ’n dwaalspoor beland wat jou op Sondag gaan uitbring
nie. Solank jy by die Skrif bly.
PdT: “Moet ‘n Christen die Sabbat hou? Is dit Saterdag of
is dit Sondag? Het die onderhouding van die Sondag in die plek gekom van die
onderhouding van die Saterdag? Moet ‘n Christen hoegenaamd een dag bo ‘n ander
ag?”
Hier is reeds ’n illustrasie van my bogenoemde
‘persepsie’. Hierdie vrae
voorveronderstel ‘’n Christen moet die Sabbat hou’,
want die enigste vraag is, “Is dit Saterdag of is dit Sondag” wat, ‘’n
Christen die Sabbat moet hou’? So,
ons stem dan saam, ‘‘n
Christen moet die Sabbat hou’. Of,
as hy nié die Sabbat moet hou nie, dan ook nie Sondag nie. Enige ‘óf – óf’ benadering, is vanuit die
staanspoor asem mors. As daar ’n saak vir die Sabbat uit te maak is, sal die
Christen die Sabbat moet hou— punt. As daar nié ’n saak vir die Sabbat uit te
maak is nie, moet die Christen géén dag as Aanbiddingsdag, hou nie.
Dit is kenmerkend van enige en alle Sondag-voorstaan-redenasies,
dat hulle sonder uitsondering eers die Sabbat takel om te prober om dit af te
takel; en as hulle die Sabbat klaar platgeloop het – egte Don Quixote styl –
dan verbeel hulle hulle, hulle het nou die stryd vir Sondagheiliging gewen.
Maar die Sabbat is die werk van God se hande, en “Hy sal die werke van sy hande nie laat vaar nie.” Die
Sabbat is ’n lofprysing aan hierdie Skepper God, méér nog omdat God die
Sabbatdag Verlossingsdag “gemaak het”! Die hele skeppingswaarde van die
Sabbatdag het van die begin af oorgegaan in die verlossingsaandeel en essensie wat dit van die begin af voor geskape was.
Ons weet immers almal die Sabbats-gebod kom van Sinaï af. Maar,
die Skrif nog vóór die Wet gegee was, spreek: “God het op die Sewende Dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het,
en God het op die Sewende Dag gerus van al sy werke wat Hy gemaak het. Daarom (van
‘en’) het God die Sewende Dag geseën en dit
geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit
te maak .”
Let op die herhaling van die Naam van God, om duidelik te
maak alles omtrent die Sewende Dag Sabbat en sy instelling moet direk na God
terugherlei word. Die mens het niks daartoe bygedra nie. Die skeppingstorie van
die Sabbatdag noem nie die mens nie. Die mens se enigste moontlike
betrokkenheid by God se instelling van die Sabbatdag was as gevolg van sy
sondeval. (Dit is egter nie nou ter sprake nie.)
Watter soort mens is dit wat gaan hoera skree omdat hy
ontdek het daar is geen ‘wet’ in Genesis 2 wat die mens aanspreek om die
Sabbatdag te onderhou nie? Juis omrede hierdie sondige begeerte van jou na “Wet op Wet, reël op reël”, o mens, het
“Ek vertoornd geword ... sodat Ek in my
toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie!”
Die mens het nóg in ‘praktyk’ nóg in gees ooit, omdat die Wet so sê, die Rus van God
ingegaan— dis so ’n Ou-Testamentiese realiteit as wat dit ’n Nuwe-Testamentiese
realiteit is --- sodat God sy Genade in
die dag van ontferming sou kon betoon!
Ontvang, of verdien?
PdT: “Die eerste vraag wat mens moet vra is: Waar kom die
Sabbatsgebod vandaan?”
Dit moet ons weet, vóórdat
ons kan vra, ‘Waar kom die Sabbat
vandaan?’:— Die Christen het die
Sabbat van God deur Christus Jesus uit die genade deur die geloof, ontvang!
Veronderstel net dat ons die Christenmens wél die Sabbat
ontvang het, en vra dán: Sou
ons dit só ontvang het— van God deur
Christus Jesus en uit die genade— of, anders, nié van God nie, nié deur
Christus Jesus nie, en nié uit die genade alleen en deur die geloof alleen nie? Omdat dit anders sou beteken het dat ons die
Sabbat uit die werke en verdienstelikheid van die mens en van die werke van die
Wet sou moes gaan verwerf het. Daarmee sluit ons uit dat die Sabbatdag, die
glo van die Sabbatdag, of ons onderhouding van die Sabbatdag ooit uit die werke
van die Wet of eiegeregtigheid voort kon kom, maar gebore sal móét wees uit die saad van die geloof
in ons harte deur die werking van die Gees van Christus, tot die eer van God en
tot opbouing van die Gemeente van Christus, alleen.
Teenvraag: Hoe sou Christus deur die Sabbatdag of deur
die viering van die Sabbatdag nié geëer
en vereer word nie maar tog deur Sondagwaarneming? Die vraag mag op hierdie
stadium vreemd voorkom. Maar ons gaan nie koeitjies en kalfies gesels nie;
hieroor gaan dit, en uit die staanspoor is dit my persepsie van die hele
‘kwessie’: As daar geen saak vir die Sabbat uit te maak is nie, dan a priori
ook nie vir die Sondag nie. Uitskakeling van die Sabbat beteken uitskakeling
van Sondag. Dit gaan nie help om agterna ’n saak vir Sondag te probeer uitmaak
nie. Ek is oor die algemeen en spesifiek nie ‘n voorstander van aanplak-teologie nie.
Waar kom die Sabbatdag dan vandaan? Van God se toorn of
van God se genade? Ontvang die mens
“die Sabbat van die Here jou God” van die Wet af, of van Christus Jesus af? Of vanuit die Meesterskap van Hom wat die Sabbat gemaak het? Vanuit vóór die
Verborgenheid van die Godheid Geopenbaar, of van ná die Verborgenheid van die
Godheid Geopenbaar? En die antwoord is:
Vanuit die Verborgenheid van die Godheid Geopenbaar in
Christus Jesus, self en direk, vanuit vantevore, en, vanuit daarna. Die Sabbat kom nie uit of van ’n tydvak nie;
die Sabbat kom van die Here van die Sabbat af. Die Sabbat was die Sewende van
die eerste sewe dae: net die Here kon dit gemaak het; dit het nie uit ’n vorige
wêreld in ons tyd en wêreld in oorgespoel nie. God het die Sewende Dag
Sabbatdag soos “al die werke van God”, “geskape: deur
dit te gemaak het”. En hoe het God die Sewende Dag Sabbat gemaak? soos al
sy ander werke: Deur te gespreek
het: “U het gespreek, en dit was.” “Want aldus het
God aangaande die Sewende Dag gespreek:
En God het op die Sewende Dag van al sy werke gerrus.” God het met Wetspreking, alles gemaak wat
Hy geskep het; ook die Sabbatdag. Nou wil ons God se Werke, sy Spreke en sy
Wet, van hierdie dag losmaak en daarvan ‘ontslae
wees’ asof dit van ons afhang of ons kan! Waar kom die Sabbat vandaan? Is die mens heer
oor die Sabbatdag? Kom die Sabbat nie
van God Drie-Enig Vader, Seun en Heilige Gees af nie? Of het dit op kliptafels gegrafeer eerste van
die berg Sinaï afgekom? Dit was dieselfde Sabbat van die Skepping wat by Sinaï
in Wets-vorm ontvang was, ja. Maar
die Wets-vorm was tydelik; die Wets-inhoud en Wets-werklikheid was wat en soos dit uit die hand van God ontvang was: Na Inhoud: Genade.
Die Sewende
Dag
U standpunt(e) kom daarop neer dat die Sabbatsgebod saam
met sy Sabbatdag en onderhouding, vir
die Christen taboe is. Ja, as wat ek
nou gesê het nie u standpunt verduidelik nie, hoef ons immers geen gesprek te
voer nie. Is dit nie waarop u argumente neerkom nie? U vrae soos: “Die eerste vraag wat mens
moet vra is: Waar kom die Sabbatsgebod vandaan?”; “As ons sê ons
moet in Christus glo, maar ook die Sabbat onderhou, dan maak ons die Sabbat ‘n
addisionele vereiste vir verlossing. Dan voeg ons weer ‘n wet by, by die
evangelie”? Trouens, dis
waarop u uself met u hele poging toespits, om te wys en te ‘bewys’, hoedat die
‘Sabbatsgebod saam met sy Sabbatdag en
onderhouding, vir die Christen taboe is’, of te wel, téén die
Nuwe-Testamentiese Gebod van die liefde en die Gees en vryheid: “volgens die Evangelie in stryd met die gesonde leer”. U
kannie verkeerd verstaan word nie.
Wat maak die
Sabbatsgebod, sy Sabbats-dag en Sabbatte-onderhouding, vir die Christen iets
wat téén die Nuwe-
Testamentiese Gebod van die liefde en die Gees en vryheid
sou wees? En ek sal u self
antwoord: Die feit dat dit steeds “Die Sewende Dag Sabbat van die HERE jou God”— soos in beide die Ou- en
Nuwe-Testamente geïdentifiseer— is. Dat
dit ‘Ou-Testament’ en ‘Ou-Testamenties’ is?
--- Nee wat, want die “Liefdesgebod” is
ook ‘Ou-Testament’ en ‘Ou-Testamenties’. Dis net oor die ongerief, aanstoot en skande
van “Die Sewende Dag Sabbat”, en
dat dit “Die Sewende Dag Sabbat van die HERE jou
God” genoem durf word, wat
maak dat die Sabbatsgebod, sy Sabbats-dag en Sabbatte-onderhouding, vir die
Christen iets geword het wat téén die Nuwe-Testamentiese Gebod van die liefde en
die Gees en vryheid sou wees. Daarom is die Sabbatsgebod saam met sy Sabbat-dag
en
Sabbatte-onderhouding, vir die Christen die grootste
verleentheid en toets van respek of disrespek vir die Skrifte. Want volgens die Skrifte, is dit in ewigheid onmoontlik om hoegenaamd ’n ander aanbiddingsdag vir die Volk van
God van alle tye en dispensasies aan te toon – en hoe ookal gehaat –
verpligtend te maak. En volgens die Skrifte, is dit in ewigheid onmoontlik
om hoegenaamd sonder Die
Aanbiddingsdag vir die Volk van God van alle tye en dispensasies klaar te kom,
of, om daarvan “ontslae te wees”. Om “Sabbatdagonderhouding vir die Volk van God” te negeer, vereis om die grondslae van “Sabbatdagonderhouding vir die Volk van God” te
negeer, naamlik dít wat vervat word
in Hb4:7-8 vóór vers 9, én dít wat
vervat word in Hb4:10 ná vers 9. Eerder
gaan die hovaardige ‘Christen’ aan en stuit nie eers voor Skrifverdraaiing en
Skrifverminking om sy eie afgodsdag van aanbidding bó Die Dag
van die Here “Aangaande
waarvan God aldus gespreek het: En God het op die Sewende Dag van al sy werke gerus”, te verhef
nie.
Die Wet het
verval
PdT: “In die
artikel: Die wet, word bespreek dat Christus by sy dood en opstanding die Ou
Testamentiese wet vervul en beëindig het. Hy het die Nuwe Testament ingelei
waaronder ons as Christene nie meer onder die wet is nie, maar onder die
genade. Ons is nie meer onder die verpligting om die Ou Testamentiese wette te
onderhou nie, maar die wet van die Gees van lewe in Christus Jesus het ons
vrygemaak van die wet van die sonde en die dood. Dit vind praktiese uitdrukking
in die liefdesgebod van Christus: liefde vir God en die naaste.”
PdT: “In
Christus het enige vorm van wet verval. As ons sê ons moet in Christus
glo, maar ook die Sabbat onderhou, dan maak ons die Sabbat ‘n addisionele
vereiste vir verlossing. Dan voeg ons weer ‘n wet by, by die evangelie.”
PdT: “Ons as Christene is nie meer onder die wet nie, maar
onder die genade ... die wet van die Gees van lewe in Christus Jesus het ons vrygemaak
van die wet van die sonde en die dood”.
“Die Wet is gegee ... vir die wettelose
en ... wat ... met die gesonde leer in
stryd is volgens die Evangelie”.
Volgens elke argument van u en volgens die geheel van
almal, verklaar u eenvoudig dat die Wet en spesifiek die Sabbat-Wet,
(1): nie gegee
is of, vir die Christen nog geld
nie;
(2): en volgens
die Evangelie
(3): met die gesonde leer in stryd is.
U maak op niks
anders aanspraak nie met uitlatings soos die volgende (Want wat sou u
dit anders voor gemaak het?):—
(1) “ons het nie
nodig om 'n sekere dag as sabbat te onderhou nie”;
(2) “As ons sê ons moet in Christus glo, maar ook die Sabbat
onderhou, dan maak ons die Sabbat ‘n addisionele vereiste vir verlossing.
Dan voeg ons weer ‘n wet by, by die evangelie.”
(3) “God vra dat ons nie ons harte verhard nie, maar dat ons in geloof ons harte oorgee aan Hom. Dit is die ware betekenis
van die sabbat.”
(4) “Hy bepaal nou weer 'n sekere dag in die plek van die Sabbatdag, naamlik vandag (4:7).”
(5) “Die uiteindelike vervulling
van God se belofte van rus is die rus waarin mense gaan as hulle glo
in Christus en daardeur in 'n verhouding met God tree (Heb 4:3).
Hierdie rus noem die skrywer 'n sabbatsrus.”
(6) “Dit is dus die
vervulling van dit waarvoor
die sabbat staan en waarvan die sabbat 'n skaduwee
is.”
(7) “Omdat Jesus
die Sabbat in Homself vervul
het, nooi Hy ook mense uit om hulleself aan Hom oor te gee,
hulle las af te lê en in Sy rus
in te gaan. Dit is die ware sabbat.”
(8) “Volgens die NT is die ganse wet (alle geskrewe wette,
insluitende die tien gebooie, asook die ganse pentateug) en profete: dit wil sê
die totale Ou Testament in Christus vervul. Niks
is daarvan uitgesonder nie. Ook nie
die sabbat nie.”
(9) “Die
onderhouding van die sabbat is ‘n Ou-Testamentiese
instelling, saam met al die ander wette. Dit alles was slegs ‘n skaduwee, wat op Christus gedui het en in en deur Christus
vervul is.”
(10) “In Heb 3:11 is dit duidelik dat die rus waarin die volk
moet ingaan, nie die sabbat is nie, maar die ewige rus in Christus.”
(11) “Nou bepaal God weer ‘n “sekere dag.” Wat is die “sekere dag” wat vroeër bepaal
is? Dis die sabbatdag!”
(12) “Maar nou bepaal
God weer ‘n sekere
dag, maar nou is dit nie ‘n spesifieke dag van die week
nie, dit is “vandag” – elke dag, nou, enige
dag!”
(13) “Behels dit die onderhouding van die fisiese, Ou Testamentiese sabbat, wat slegs ‘n skaduwee was van die werklike ewige rus in
Christus? Verseker nie.”
(14) “Die konteks maak dit duidelik dat die term “sabbatismos”
hier figuurlik gebruik word.”
(15) “Dit sê dat hy wat in Christus se ewige rus ingegaan het, het ook die sabbat vervul. Anders gesê, hy
wat in Christus rus het ook dit nagekom
wat die fisiese sabbatsrus bedoel was om te doen.”
(16) “Moet ‘n Christen die Sabbat hou? ... Moet ‘n
Christen hoegenaamd een dag
bo ‘n ander ag?”
(17) “Hy het die Nuwe-Testament
ingelei waaronder ons as Christene nie
meer onder die wet is nie, maar onder
die genade.”
(18) “Ons is nie meer onder die verpligting om die Ou Testamentiese wette te onderhou nie”
(19) “maar die wet
van die Gees van lewe in Christus Jesus het ons vrygemaak van die wet
van die sonde en die dood.”
(20) “Dit vind praktiese uitdrukking in die liefdesgebod van Christus:
liefde vir God en die naaste.”
(21) “Paulus sê uitdruklik dat al
die gebooie ("watter ander gebod ookal") saamgevat word in
hierdie
woord: jy moet jou naaste liefhê soos jouself (Rm13:9).”
(22)
“Die hele wet word vervul deur die gebod van die liefde (Gl 5:14).”
(23) “Die gebod van die liefde vir God en jou naaste is dus die enigste gebod wat nodig is om te onderhou.”
(24) “Enige ander gebod word as’t ware opgeneem onder die groot gebod.
Die groot gebod sluit alle
ander gebooie in. Die Sabbat
is geen uitsondering nie.”
My hoofbesware teen u metode
in die algemeen is:
(1) Die
onverantwoordelike manier waarop u
Skrif gebruik.
(2) Dat u katagories,
ongegronde aansprake maak.
(3) Dieselfde ‘basiese
argumente’ oor en oor herhaal maar net met effense anderse woorde.
(1) “nie nodig” 1 en 23 = “verpligting” 18
(2) “byvoeg” 2=“in die plek van” 4=“Maar nou weer” 12
(3) “harte geloof” 3 =“oorgee” 7 =“glo, verhouding” 5.
(4) “vervul” 5,6,7,8,9,15,22; “nagekom” 15; “saamgevat” 21; “opgeneem” 24;
“sluit in” 24.
(5) “sabbatsrus” 5, “figuurlik” 14,
(6) “ewige rus” 10, 13, 15.
(7) “skaduwee” 6, 7, 13 = “Ou-Testamentiese”, “gedui” 9.
(8) “sekere dag” 11, 12, 13.
(9) “fisiese” vs. “werklike” 13.
(10) “dag ag bo” 16.
(11) “Nuwe-Testament” 17
(12) “nie meer onder wet” = “vrygemaak van wet” 17, 19.
(13) “onder die genade” 17.
(14) “wet van die Gees” 19.
(15) “liefde” 20, 22
Hierdie groeperinge kan
verder saamgevat word, by voorbeeld: Onder “nie nodig” 1, 4, 7, 11, 12, 13, 14, 15; Onder “hart, geloof”, “wet van die Gees” 3, 5, 6, 13, 14, 15. Wat bly oor? ‘Tegniese’
aspekte soos “sabbatismos” se
betekenis, 5, 6, 7, 8; en “een dag
bo die ander ag”, 5,7, 10. U vele
argumente so ver, reduseer tot maar enkeles
(ook maar sonder kern).
Waarmee PdT bedoel
die Sabbat het ‘verval’
Met valse logika:
Sou dit nodig wees om die Ou Testamentiese, fisiese sabbatsgebod tot nou
steeds te onderhou? Verseker
nie, WANT: dit is vervul in Christus ... Alle fisiese
wette is in Christus vervul ... Die
Sabbat vind vervulling in Christus
...
Met valse woorde:
In Christus het enige vorm van wet verval ... Christus het weggedoen met alle vorme van fisiese
wette ... sabbat 'n las af te lê
... opgehef in Christus ... geen Nuwe-Testamentiese gronde ...
Ou-Testamentiese instelling ... nooit beveel om sabbatsgebod te
onderhou nie ... die
Ou Testamentiese wet vervul en
beëindig ... Ons is nie meer onder die verpligting ...
Met valse Skrifture:
Christene
is nie meer onder die wet nie maar
onder die genade ... om die Ou Testamentiese wette te onderhou nie, maar die wet van die Gees van lewe in Christus
Jesus het ons vrygemaak van die wet
van die sonde en die dood ... die oue is verby, alles het nuut geword ... Hy het weggedoen met vlees ......
Met valse beelde:
sabbatdag ‘n skaduwee ... in die plek
van die Sabbatdag / Sabbats-onderhouding ... niks uitgesonder behalwe
die sabbat? ... vereis juis nie
die onderhouding van ‘n spesifieke dag nie ... Hy wat in Christus rus het nagekom wat die fisiese sabbatsrus bedoel was om te doen ...... op
Christus gedui ... daarheen gewys ... “sekere dag” vroeër bepaal die sabbatdag! Maar nou
bepaal God weer ... enige dag! (behalwe die Sabbatdag)
Met skyn:
moet geestelik wedergebore word ... Gebod van liefde
ingestel ... bekragtig deur wederbarende werk van die Gees ... juis nie ... geestelik
nie fisiese nie ... God se weë leer
ken het ... Nuwe Verbond ... as ons
nie ons harte verhard nie maar glo ... aan Christus verbind, tree
ons toe tot die eintlike rus waarvan die fisiese sabbatsgebod slegs ‘n skaduwee was.
Romeine 8
U
verwys na Romeine 8. Maar hoe
geregverdig is u toe-eiening van hierdie Skriftuur as onderlegging van u teorie,
“Die wet vervul en beëindig ...”?
Wat is nié u
‘teorie’ nie?
Dit is Bybels
waar dat:
“Ons nie meer onder verpligting is om die
Ou Testamentiese wette te onderhou nie”; Dit is Bybels waar dat: “die wet van die Gees van lewe in Christus Jesus ons
vrygemaak het van die wet van die sonde en die dood”;
Dit is Bybels
waar dat:
“Christus
die Ou Testamentiese wet vervul het”.
Maar,
Dit is nié waar
dat:
“die Ou Testamentiese wette”, “die wet van die sonde en die dood” is nie; (Sien
hieronder onder Romeine 8.)
Dit is nié waar
dat:
“Die wet
vervul” beteken “die wet beëindig” nie.
U teorie is
daarom:
“die Ou Testamentiese wette”, is, “die wet van die sonde en die dood”;
U teorie is
daarom:
“Die wet
vervul” betéken “die wet
beëindig”.
Hier is hoe ú, die
Bybel láát ‘verstaan’:
“Vanuit die regte verstaan (dit is nou, ú,
‘verstaan’) van die posisie wat die wet moet inneem in die
lewe van die Nuwe Testamentiese Christen, spreek dit vanself dat die wet –
waarvan die onderhouding van die Sabbatdag deel was”, géén plek
meer mag ‘inneem’ nie. Hoekom sê
u dit nie reguit nie?
In
Romeine 8 – die teksgedeelte wat u sonder om die teksplaas aan te toon, probeer
gebruik – praat Paulus op sy besondere manier oor die wet. Hy praat naamlik van
die onderliggende ‘wet’ van alle ‘wet’.
Romeine
8: ….
“1 Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus
Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. 2 Want die Wet van die Gees van die lewe in
Christus Jesus het my vrygemaak van
die wet van die sonde en die dood. 3 Want God het – wat vir die wet onmoontlik
was, omdat dit deur die vlees kragteloos was – deur sy eie Seun in die
gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die
sonde(-vergifnis), die sonde in die vlees veroordeel, 4 sodat
die reg van die wet in ons wat nie na die vlees wandel nie maar na die Gees,
vervul kon word. 5 Want die wat vleeslik is bedink vleeslike
dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. 6 Want wat
die vlees bedink is die dood,
maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, 7 omdat
wat die vlees bedink vyandskap teen God is: want dit
onderwerp hom nie aan die wet
van God nie, want dit kan ook nie, 8 en die wat in die vlees is, kan God
nie behaag nie; 9 julle is egter nie in die vlees nie, maar in
die Gees as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van
Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. 10 Maar as Christus in julle is, dan is die
liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees (of / en) Gees is lewe vanweë die
geregtigheid. 11 En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode
opgewek het in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het,
ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon. 12 Daarom dan broeders, is ons skuldenaars, nie
aan die vlees om na die vlees te lewe nie; 13 want
as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam
doodmaak, sal julle lewe. 14 Want
almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. 15 Want
julle het nie ontvang ’n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het
ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur Wie ons roep: Vader!
Vader!
16 Die Gees Self getuig saam met ons gees dat
ons kinders van God is; 17 en as ons kinders is, dan ook erfgename,
erfgename van God en mede-erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom
verheerlik kan word.”
Wat is nou die onderliggende
‘wet’ van alle ‘wet’?
“1 na die vlees … 2 die wet van die sonde en
die dood … 3 die wet … die vlees
… die sonde in die vlees … 5 wat vleeslik
is … 6 wat die vlees bedink … die dood … 7 vyandskap
teen God … dit onderwerp hom nie …
8 in die vlees … kan God nie behaag nie; … 9 die
Gees van Christus nie het nie … behoort nie aan Hom nie … 10 die liggaam … dood … vanweë die sonde … 11 julle
sterflike liggame … 12 die
vlees … om na die vlees te lewe
… 13
na die vlees lewe … sal julle sterwe … die werke van die liggaam … 15
gees van slawerny … om weer te vrees”
“Die wet van
die sonde en die dood”: “Die siel wat
sondig, die sál sterwe!” of, “dié móét
sterwe!”
(Es18:4) = ‘Wet’. Wie het gespreek? Gód het gespreek! Die onderliggende ‘Wet’ van alle ‘wet’, is God!
Hier
is “die wet van die sonde en die dood”:— “Die siel wat sondig,
die sál sterwe!” of, “dié móét
sterwe!”,
is méér as maar net ‘natuurwet’, vóór
die ‘wet van oorsaak en gevolge’, stérker
as, ‘Doen sonde en vernietig jouself’. Want dit is ‘Wet’ naamlik van Gód; deur God ‘ingegee’. “Die krag van
die sonde is die Wet” ... die krag van die Wet, is God en sy Woord. 1Kor15:56-57. Daarom weerspieel hierdie Wet die
karaktereienskappe van God waarvolgens dit ewiglik
‘blywende’ en ‘geldende’, ja, heilige, onveranderlike, ‘Wet’, is! “Een is die Wetgewer: Hy wat mag het om
te red!” Jakobus het die Evangelie net so goed as Paulus
verstaan. Hulle beskou dit net vanuit verskillende hoeke. Ons sal nou sien hoe Paulus presies dieselfde
as Jakobus op net ’n heel ander manier, sê. “Hy wat mag het om te red”, is
Hy wat mág – die alleenmag – het, om
te dóód!
Hierdie
“Wet van die
sonde en die dood”, is die Wet wat sê, “Die siel wat
sondig, die móét sekerlik sterwe!” Es18:4. “Die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe!” Gn2:17.
Hierdie Wet:— ‘Wet’ van Gód se verordening en van geen mens nie, verwys
Paulus na as ‘die Wet’ van Verbod
eerder as Gebod: Verbod ván ’n “gees van slawerny”, Verbod téén “julle sterflike
liggame”,
Verbod úít “vyandskap teen God”, die ‘Wet’ van Verbod
óór wat “die vlees bedink”. Hierdie ‘wet’
waarvan
Paulus in Romeine 8 praat, is “Die wet van die sonde en die dood”— dit is méér as ‘natuurwet’; dit is
Goddelike ‘Wet’!
Die
onderliggende “wet van die sonde’’ is: “die dood” – “die angel van die dood is die sonde”, 1Kor15:56b. Die
onderliggende “wet van die dood’’ is: “die sonde”: die siel wat
sterwe, het gesóndig! “Want die
loon van die sónde, is die dood”. Ro6:23. Nou praat ons van
Goddelike Wet as ‘natuurwet’ of ‘logiese’ aksioma van oorsaak en gevolge of
aksie en reaksie. Dis nie hoe die Woord hierdie Wet sien nie. Want die dood
heers weens die sonde, en mens
wêreld gekom … die dood het tot alle mense
deurgedring omdat almal gesondig het.” Ro5:12b. “Die krag van
die sonde is die wet” (1Kor15:56b) en daarom was die
Wet eerste dáár, ongeskrewe, in die geregtigheid van God naamlik bevat, en
geldende, van vóór die sonde en van vóór die mens gesondig het – wat
bewys, “wet van die sonde’’ is: “die dood”, en, “wet van die
dood’’
is: “die sonde”. God het dit
vasgestel. As God hierdie Wet van Verbod nie gespreek het nie, sou selfs die
vrese van God bewaarheid moes word: “As die mens
net tog nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en
lewe in ewigheid nie!” Gn3:22: omdat niks teen
die verordeninge van God
Die
poging om die Ou-Testamentiese Wet veral die Tien Gebooie en in besonder die
Sabbatsgebod as ‘die wet van die dood’ of van ‘die sonde’, of van ‘die sonde en
die dood’ te bewys, is die vlak, agtelose en lasterlike onderneming waarvoor
mens geen simpatie mag koester nie. Want
dit weerspreek God direk, waar Hy verklaar, “Die
siel wat sondig, die móét sekerlik sterwe!”
Dit weerspreek God óók direk, waar Hy verklaar: “Wat ’n mens moet doen dat hy daardeur
En hoe sou ek
God anders kon gedien het?
Begin
mens net die ‘eerste beginsels’ van die Wette van God verstaan, begin jy dalk
verstaan hoe die Nuwe-Testament oor die Wet spreek. Wat eerste en allerduidelikste opval, is dat
die Wet “steeds geld” en allereers “steeds geld” in hierdie vorm: “Die siel wat
sondig, die móét sekerlik sterwe!” En wat tweedens en onvermydelik opval is
hierdie gebod: Dat juis vir hom wat wedergebore kind van God geword het, die
Gebod “steeds geld”: “Die
Gebod wat vir my die lewe moes wees, dié het geblyk vir my die dood te wees.” 7:10. “Ek het
vroeër sonder die Wet gelewe.” Noudat God my genadig
was, nadat ek “ten opsigte van die wet dood is deur die
liggaam van Christus … wat uit die dode opgewek is”, 7:4a, nou,
“vind ek ’n ander wet in my lede
wat stryd voer teen die wet van my gemoed
en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is”, 7:23.
Moenie
dink dis die wet van die bose nie, want dit is nie! Hier is God
in sy genade na sy kinders toe werksaam:— “Sonder
die Wet het ek (Christenmens) vroeër gelewe; maar toe
die Gebod kom
(vandat en noudat ek gelowige geword het en is), het
die sonde weer opgelewe --- en ek, het gesterwe!” Ro7:9. “Dwase mens!
Wat jy saai word nie lewendig as dit nie gesterf het nie!” 1Kor15:36 “Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van
hierdie dood? Ek dank God deur Jesus Christus onse Here” ... “Ek sterf elke dag ... hy wat gesterf het is geregverdig van die
sonde.”
Ro7:24-25, 1Kor15:31, Ro6:7. “Maar God gee dit ’n
liggaam soos Hy gewil het.” 1Kor15:38. “Want alles wat uit God
gebore is, oorwin die wêreld: en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin
het, ons geloof.” 1Jh5:4. Waar en hoe het Christus oorwin? Waar en hoe gaan ons
oorwin, anders as in Hom en met Hom— aan die kruis deur dood en opstanding? Die
Wet van die Gees en van vryheid en lewe, kom nie na ons toe alvorens Hy ons as
die Wet van die sonde en die dood gekonfronteer en oorwin en gedood het nie.
God
se Verbodswet – sy Oordeelswet wat die dood gebied oor die sondaar – is Genadewet tot redding oor hulle en vir
hulle wat uit genade gered word deur die geloof. Dis God se weg wat Hy met
elkeen van sy verlostes allenig loop deur Christus Jesus: “As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons: Dat ons ook saam met Hom sal lewe!”
“Die Gebod wat die lewe moes wees”, Ro7:10a, is hierdie Wet: “Die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe!” Ek
herhaal! “Die
Gebod wat die lewe moes wees”, 7:10a, is hierdie Wet: “Die dag as
jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe!” “Want as
julle na die vlees lewe, sal julle sterwe”, 8:13a. Hoe, en waarom?:— “Die mens wat hierdie
dinge doen, sal daardeur lewe!” 10:5. “As
julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe”, 8:13b. “Maak dood
dan julle lede wat op aarde is!” Kol3:5. Dit is een en dieselfde Wet van God en is al gronde waarop Paulus konsekwent
voortgaan: “Dié Gebod wat die léwe
móés wees, dié het vir my
geblyk die dóód te wees!” 7:10. Hy praat van
hierdie Goddelike Wet: “Die siel wat sondig, die moet sterf!” Es18:4. Paulus
veronderstel die heel eerste Wet en sê daarvan, “Dié
Gebod wat die léwe móés wees,
dié het vir my geblyk die dóód
te wees!”
Sonder hierdie Wet het geen Christen ooit
tot geloof gekom
of ooit in die
geloof kon bly nie. “Die Wet was ons tugmeester na Christus toe.” Gl3:24. “Wie sy kruis nie neem en My (deur die dood) volg nie, is My nie werd nie. Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en
wie sy lewe om my ontwil verloor,
sal dit vind.”
Mt10:38-39.
En
daarmee val die ‘argument’ dat die Sabbatsgebod
‘mee weggedoen’ is omdat dit ‘wet van die sonde en die
dood’
was, self, in duie, want dit is met mý
waarmee eers én agterna mee weggedoen moet word, en nie die Woord van God waarmee
ooit weggedoen kán word nie.
Nou
praat Paulus van die (een) Wet van God; dan praat hy van “’n ander Wet” van God, amper asof daar twee wette van God is. Dit is God, “wat in ons werksaam is”. Paulus
se bedoeling is: Hoe daardie Een Wet van God “in
ons werksaam is” om in ons ons behoefte aan die God van genade wakker te maak:—
naamlik ons behoefte om gedood te
word; om soos die saad, eers te sterwe, voordat God ons liggaam wat Hy
gewil het aan ons gaan gee. God gee dit eers
wanneer “deur die Gebod die sonde aanleiding vind en my verlei en daardeur gedood het”, 7:11; eers wanneer
“’n ander Wet in my lede stryd voer … en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is.” Geen Christen, geen gelowige ooit was
dit wat nié deur die Heilige Gees hierdie stryd in gebore was nie. Die Evangelie werk so en nie anders nie,
vriend! Watter ‘ander Wet’ dan sal dit
wees wat “my gevange neem onder die wet van die sonde”, as dié Wet
waaronder “ons dien in die nuwigheid van die Gees”, “die Wet, heilig en regverdig en goed”? 7:6c, 12. “Ek het vroeër sonder die Wet gelewe.” Ro7:9a en
6a,b:
“Sonder hoop en sonder God in die wêreld”, Ef2:12. “Maar toe die Wet gekom het -- “die Wet
(waar)sonder die sonde dood is” en sonder krag, 7:8b -- het die sonde weer opgelewe en ek het gesterwe.” 7:9c. “En die gebod wat die lewe moes wees, dié
het vir my geblyk die dood te wees.” 7:10. “Sodat die
reg van die Wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na
die Gees.”
Ro8:4. Ja, dit is God se “Gees van lewe” wat die vyandigheid in ons gedurig dood en die knegskap tot aan die einde vernietig deur elke dag se afsterwe van die ou mens saam met, in, en deur Christus Jesus.
Ro8:11, 17. “As Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die
sonde, maar die Gees is lewe vanweë
die geregtigheid.” Ro8:10. Lewe en dood in
dieselfde siels- en lewenservaring en ‘praktiese
uitdrukking’ van die
wedergebore kind van die Here volgens hierdie die Grootste Gebod is: “Ons het God lief omdat Hy ons eerste
liefgehad het”.
Die
Wet van die sonde en die dood, blyk dieselfde Wet as die Wet van die Gees en
die Lewe te wees. Die enigste Gebod van God is die Liefde, want dit is net die
Liefde van God wat mens tot sondebesef bring— waardeur ons ou mens die stryd
aangesê en gedood word: Om te kan lewe na die Gebod van God.
Geen
mens beskik oor die reg of mag om daardie Wets-Woord, “Die siel wat sondig, dié moet sterwe”, te mag spreek
nie. Dis geen vanselfsprekendheid dat “Die loon van
die sonde die dood is” nie. Dit is Godswet. En
onder daardie wet bly juis die verloste
mens: “die wet heers oor die mens so lank as hy
lewe”,
Ro7:1b.
(Paulus sê, “Ek praat met mense wat die wet ken”— (7:1a) proefondervindelik, ‘ken’
deur ‘praktiese’ ervaring van
die gelóóf: “Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan
sy dood, sal ons dit tog ook
wees deur die gelykvormigheid aan sy opstanding.” Ro6:5. Paulus voorverondestel die wedergebore
gelowige Christenmens en hy voorveronderstel homself as die voorbeeld van een
in hoofstuk 7. “Die gelykvormigheid aan sy dood” is die begin
van en voorwaarde vir “die gelykvormigheid aan sy opstanding”; dit is die
volgorde by die mens. In Christus het die beginsel andersom gewerk: Dit is die
opstanding van die Here wat aan sy sterwe enigsins waarde verskaf. “As Christus nie opgestaan het nie, was julle nog in julle sondes”, en het Hy –
menslik gesproke – verniet gesterwe!)
So
het God gewil sal die mens wat so geneigd is om te dink daar is niks met hom
verkeerd nie en hy het aan niks behoefte nie, sy hele lewe deur daaraan
herinner word dat God net sondaars
verlos. Want God is Heerser oor lewe én
dood, en iets is sonde omdat God dit sonde, wil, en, sonde, verorden. En die
dood is die loon van die sonde, nie soos oënskynlik, in sigself nie, maar
presies omdat Gód die sonde met die dood strafbaar wil, en, met die dood
strafbaar, verorden.
Hierdie
‘Wet’ van ‘vyandskap’ en ‘slawerny’— “Die Wet van die sonde en die dood”— in die vorm
van die Tien Gebooie of watter ander Wet ookal —, is geen ‘natuurwet’ nie, al
geld dit vir al wat geskape en ‘natuur’, is.
Al “vind” “die Wet van
die sonde en die dood” “aanleiding” (Ro7:11) na aanleiding van of “deur die Gebod” van
die Sabbat Dag, is die Gesag en Krag van die Wet steeds dié van God
alleen.
Iemand
wat reken die Wet van God is geen faktor meer nie, weet nie eers wat hyself
praat nie, wat nog “verstaan
hoe die Nuwe Testament oor die wet praat”.
Die
vraag, “Hoe kan ons ‘ontslae’ wees van
die wet, dit "afgesterf" het (Rm 7:6) en "nie meer onder die
wet" wees nie (Rm 6:14,15), maar
steeds verplig wees om die Sabbat te hou?” is die vervolmaking van
skynheiligheid, want dit negeer die Wet as Verbod sowel as Gebod, wat “oor die mens heers solank as wat hy lewe” – gelowige of
ongelowige: oor die ongelowige “’n
verskriklike verwagting van oordeel”, Hb10:27; oor die gelowige om “in die nuwigheid van die Gees te dien”, Ro7:6.
Die
eiesinnige wettiesheid wat aanspraak maak daarop dat ‘Paulus uitdruklik sê dat al die gebooie ("watter ander
gebod ook al") saamgevat word in hierdie woord: jy moet jou naaste liefhê
soos jouself (Rm 13:9)’, maar dan
eintlik daarmee bedoel dat van die Sabbatdag
‘ontslae’ geraak en mee ‘weggedoen’ is, kan aan daardie
verskriklike verwagting van oordeel nie ontkom nie. Asof
daar geen Wet van God is wat meer geld, of vir die Volk van God oorgebly het
nie, en dus ook nie meer “’n onderhouding van die
Sabbatdag” nie, spog hulle: “In Christus het enige vorm van wet verval. As ons sê
ons moet in Christus glo, maar ook die Sabbat onderhou, dan maak ons die Sabbat
‘n addisionele vereiste vir verlossing. Dan voeg ons weer ‘n wet by, by
die evangelie.”
Hier is weereens die
perfekte voorbeeld van en bewys vir my aantyging dat niemand oor die Wet as
sodanig sou geprotesteer het as dit nie was vir die Sabbatsgebod daarin nie.
Maar net
soos hulle geraas, ‘tale’ is, is hulle ‘kennis’, verstaan, en hulle ‘waarheid’,
waaragtigheid.
Die
sabbat was nooit “‘n addisionele vereiste vir verlossing” nie; dis ’n
leuen wat nou teen die Sabbat as vereiste ván
verlossing, gehou word. “Ons” is nie by magte om een jota of tittel by te voeg of weg te
neem van die Woord van God nie; dis nog ’n ‘addisionele’ leuen teen “die Sabbat van die HERE jou God”, ‘bygevoeg’ met ’n ywer niks kort aan ’n “vereiste vir verlossing” nie. Die Sabbat, sy Dag en sy onderhouding is nooit
“‘n vereiste vir verlossing” nie, “addisioneel” al dan nie. Die Sabbat volg die
Verlossing na en is eerstens gawe ván,
en dan gehoorsaamheid en vereiste ván,
die verlossing wat ons uit
genade, deelagtig gewórd het— nie verdien nie! Die Sabbat is ons onvoorwaardelike
gehoorsaamheid so onvoorwaardelik as ons verlossing
self. Die Sabbat is gehoorsaamheid ván,
soos áán, die Evangelie van ons Here Jesus Christus. Die Evangelie van Christus sonder die “Sabbatsonderhouding vir die Volk van God” – dié
‘evangelie’ kom nêrens in die Nuwe-Testament voor nie; is heeltemal onbekend in
die Nuwe-Testament. Gaan soek daardie ‘evangelie’ elders; gaan soek hom en kry
hom in die eeue ná die eeu van Christus en van die lewende apostels.
Dus
ken ons die Wet van God eerstens as Verbod
en Oordeel (uit God se liefde vir ons tot wedegeboorte, vrymaking en
redding), vóórdat en sódat ons die
Wet daarná, ook mag begin verstaan as Gebod
uit God se liefde vir ons tot ‘praktiese uitdrukking’ van innerlike vryheid en vreugde. Hy
wat nog nie deur die Wet van God as genadegawe
van oordeel en die dood gekonfronteer was nie, sal ook nie deur die Wet van
God as genadegawe van lewe en oorvloed
gekonfronteer gewees het nie. (Ons praat
in Voltooide Tyd van die Wet. Hy kom nie in dele nie. Hy neem nie gedeeltes
nie. Want God gee en neem alles of niks.) Hier
Kyk
hoe die Eerste Wetgewing, Eksodus 20, se Sabbatsgebod sonder die
verlossingsmotief was; dit het nog net met die begin van Wets- en Genade-Openbaring
te doen. Die Vierde Gebod is omtrent suiwer Verbod, tog ook nie só suiwer Verbod
nie, want soos ander Gebooie soos “Eer jou
vader en jou moeder”, is dit nie in die vorm van ‘Jy mag nie’ nie, maar is positiewe bevel:- “Gedenk die Sabbatdag dat jy dit heilig!” “Ek is die HERE jou God”, “Ek het jou
uitgelei”,
as Hoof-Opskrif, het ook op die Vierde Gebod betrekking. “Want God het die Sewende Dag, gerus”, is Gebod.
Wie staan onder die Wet?
“Nou weet ons dat alles wat
die Wet sê, hy dit sê vir dié wat onder
die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan
wees.” Ro3:19.
Paulus skryf in
Teenwoordige Tyd: So staan sake vir jou
en my: “Die
wat onder die wet is” sluit vir my en vir jou
in, anders het God nie “elke mond gestop” nie, en is nie “die hele wêreld voor God doemwaardig” nie, maar moet party mense soos ek en jy, met iets
beters as God se Wet vorendag gekom het, en Hom, doemwaardig bewys het.
Lasterlik, maar waar! Is dit wat u glo? Dis nie wat ek glo nie!
“Maar nou is die
geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete
daarvan getuig.” 3:21.
Paulus skryf weer in die Teenswoordige Tyd, “... terwyl die wet en die profete (van) die geregtigheid van God getuig”— “Vandag as julle sy Stem (sy Woord,
sy Bevel, sy Wet) hoor
(sê): Moenie julle hart verhard nie!” Dis
ek en jy aangespreek deur “die Wet
en die profete”— dis nie Israel
nie. Die Wet van God geld steeds. En let wel, “die wet en die profete getuig”, wanneer?
... “terwyl”, “die geregtigheid van God geopenbaar is sonder die wet”.
Die Wet is soos die heilige wesens wat voor die Troon van God staan. Hulle
verlaat nooit hulle pos nie “en het
sonder ophou dag en nag gesê: Heilig, heilig, heilg is die Here God die
Almagtige, wat was en wat is en wat kom!” Sing hulle nie van Christus nie?! Getuig die Wet nie van die heiligheid en lof
van Christus nie? Nou maar dan geld die Wet mos nog, want waarvoor anders as om
die heiligheid en lof van Gód groot te
maak sal die Wet nog voor geld? Waarvoor anders sal die Wet nog geld as om in die lewe van die Vólk van God die
heiligheid en lof van God nog groot te maak?
Die bestaan en geldigheid van die Wet bestaan nog omdat dit vierkantig rus op
sy grond- en bestaansreg: Die Reg
van God en van God alleen, naamlik Sy alleen-Reg op Heiligheid; en sy alleenreg op aanbidding.
Mens sal eers van hierdie bestaansreg van die Wet ontslae moet raak alvorens
mens van die Wet ‘ontslae sal kan wees’.
Is hierdie nou alles sover gesê verkeerd bewys? --- 3:22:
“Daar is geen onderskeid
(tussen ‘ou’ Israel en ons) nie, want
die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus (is geopenbaar
sonder die wet) vir almal en
oor almal wat glo (Israel of Christen).” Ook Israel
was “sonder
die wet” geregverdig; ook Israel word “deur die geloof in Jesus Christus” alleen
geregverdig. Geensins, want hierso is
dit duidelik hoe die Wet ten opsigte van
die gelówige, en die gelowige méns
staan; nie hoe dit ten opsigte van sy gronde en kraggeldigheid voor Gód, staan nie. Dit is “die wet vir almal en oor almal”, maar, “almal wat glo”.
Waar gaan u meer direkte woorde en begrippe vind wat presies die
teenoorgestelde verklaar as dat die Christen van die wet ontslae is en nie
onder die wet lewe nie! Die geregtigheid van God word sonder die wet: sonder
beperkinge, sonder uitsluiting, geopenbaar. Jy: onder die wet verworpene, verlorene, jy, voor die geregtigheid
van God in Christus Jesus, geen veroordeling meer geld oor of ten opsigte van
jou nie – ‘die wet’ ten spyte en ‘Die Wet’ te danke! Want in Christus Jesus
word dit bevind dat Wet en Saligmaker Een, en Dieselde, is, en jy? Jou lewe saam met Christus, verborge
in God! Geen veroordeling meer oor jou nie! Maar “die wet, vir solank as wat die mens lewe”!
“Want almal het
gesondig en dit ontbreek almal aan die heerlikheid van God.” 3:23. “Waar geen Wet is nie, daar is ook geen oortreding
(sonde) nie.” 4:15. Daar het ook nooit verlossing
gekom nie! “Almal wat sonder die wet gesondig het,
gaan sonder die wet” --- hemel toe? “Die wet
is vir die wettelose”, “vir die oortreder”, geen “tugmeester na
Christus toe”, nie! Al daaraan
gedink?
“Hulle
(almal) word deur sy genade sonder verdienste
geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.” 3:24.
“Nie die hoorders van die Wet (Israel) is by God geregverdig nie.” ”Ons sien
dat hulle deur ongeloof nie kon
ingaan (in die rus van God) nie.” Hb3:19. Dis hoekom hulle nie “by God
geregverdig is nie”— nie oor
hulle onder die Wet was nie!
“Maar die daders van die Wet (“heidene”, Christene, gelowiges, 2:14) sal geregverdig word.” Ro2:13— “daders, van die Wet”! “Want terwyl dit dan so ís dat sommige in die Rus van God ingaan ... ons wat geglo het, gáán die Rus in.” Hb4:3, 6a— ons, Christene, is “daders
van die Wet”!
Wie wil stry? “Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of
egbrekers sal die koninkryk van God beërwe nie!” Praat
ek miskien van die Tien Gebooie? Ek praat van Paulus, 1Kor6:10! Ek praat van die Wet van God; en as die
Israeliet dieselfde Wet in Exodus 16 gelees het, het hy die Wet van God wat
ek gelees het, gelees; en dieselfde Stem van dieselfde God
gehoor. “Hoorders van die .... Wet”! Die Wet verval? Nee! Vervul!
Daders sonder
verdienste, net hulle word geregverdig en verlos – Israeliet óf
heiden. Daders vír verdienste –
Israeliet óf heiden –, hulle kan maar vergeet! Maar wat vir ons bespreking
belangrik is, Paulus praat hier van die Wet
wat deur Christengelowiges gedóén
word, ‘geonderhou’ word, nie óm verdienste nie, maar úít verdienste. Úít die
verdienste naamlik van almal se Verlosser, van Jood én heiden se Verlosser –
Jesus Christus naamlik – Verlosser van hulle wat die Wet “gehoor / verneem / ontvang” het en ‘onder die Wet’ gelewe het, sowel as van
hulle wat “aanskou” het en ‘onder die genade’, die Wet van God
uitgelewe en gedoen het— as Die Wet van God, gehoorsaam en geonderhou het— “daders van die Wet”! “Want daar
is geen aanneming van die persoon by God nie.” Ro2:11.
“Waar is dan die roem?
Dit is in ieder geval (hoorder óf dader) uitgesluit. Deur watter wet is dan die roem? Deur die wet van die werke (wat
vir die Christengelowiges geld, onthou hierbo!)? Nee, die roem is deur die wet van die geloof (wat
vir die Israeliet-gelowiges gegeld het, onthou hierbo)! Ons neem daarom aan
dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet ...
aangesien dit een God is wat die Besnedenes (Jode) uit die geloof sal regverdig en onbesnedenes
(heidene of Christengelowiges) deur die
geloof. 3:27-29. “Want daar is geen aanneming van die persoon by God nie!”
Ro2:11. Maak ons dan die wet deur die geloof tot niet? Gladnie!
Inteendeel, ons bevestig die wet.” 3:28.
Niemand (behalwe die dwase) het ooit gestry dat die
heidene deur die geloof geregverdig word nie; met ander woorde, Paulus sê
eintlik hier, ‘Ons bevestig dat die Jood deur of uit die geloof alleen, geregverdig word.’ Nou as die Jood deur die geloof alleen
geregverdig word net soos die heiden-Christen, vir wat moes die Jood die Wet
nog daarby ontvang het as die Heidengelowige dit nie ontvang het nie? Al wat
oorbly is dat albei uit en deur die geloof alleen geregverdig word én dat vir
albei “die Wet daar bygekom het sodat (albei
se) sonde meer kon word”.
Waarom moet u reken die Wet moet mee weggedoen word
alvorens mens van die regverdiging as suiwer deur die geloof kan begin praat?
Solank mens van regverdiging praat, praat jy van vergifnis; en solank as wat
mens van vergifnis praat, praat jy van die
vergifnes van konkrete sondes – sondes wat oortreding van
die konkrete Wet is.
Al tans moontlike verskil is in watter ‘vorm’ die Wet ná Christus bestaan en
funksioneer. Dat die Wet nog ná Christus bestaan en funksioneer is net so seker
as vóór Christus. Daarom, as ek praat van in watter ‘vorm’ en ‘funksie’, dan
praat ek nie vanuit die menslike standpunt nie – Wat moet ek nog doen? Wat mag ek
nie meer doen nie? Nee! Ek dink vanuit
die standpunt van die Wesenlikheid van die Wet
self: ‘Is die Wet’? Hoe ‘is die Wet’? Wat ‘is die Wet’? En elke moontlike vraag word met een Naam geantwoord en beantwoord: Jesus
Christus. “Maak ons dan die Wet tot niet deur die
geloof? Nee! Gladnie! (“God
forbid” --- Wet!) trouens, ons bevestig
die Wet.”
Hoe die
Skrif-Woord verdraai word
Romeine 8:1-4. Philip du Toit:
Letterlike
verskille met ‘geestelike’ betekenis
Daar is dan nou geen veroordeling X Ons
is nie meer onder verpligting
vir die wat in Christus Jesus is nie,
vir die wat nie na die vlees
wandel nie X om die OT wette te onderhou nie
maar na die Gees [die Wet van God hou.] [want die OT wette is nie geestelike wette nie]
Want die Wet van die Gees van die lewe maar
die wet van die Gees van lewe
in Christus Jesus het my vrygemaak in Christus Jesus het ons vrygemaak
van die wet van die sonde en die dood van die wet van sonde en die dood –
[in
ooreenstemmigheid met homself.] [asof in teenstydigheid met homself]
Want God het dit
wat vir die Wet (van die Gees van lewe) (‘die wet van die Gees’)
onmoontlik was, omdat dit vind
deur die vlees kragteloos was – praktiese
deur sy eie Seun in die gelykheid [dit is, in onsself
van die sondige vlees te stuur – [wat van die wet van sonde en dood ontslae is]
en dit, ter wille van die
sonde(-vergifnis),
die sonde in die vlees veroordeel uitdrukking
sodat die reg van die wet in
die liefdesgebod van Christus:
vervul kon word in ons wat [deur onsself vervul in ons]
nie na vlees wandel nie maar na die Gees liefde vir God en liefde vir die naaste.
‘Implisiete’
verskille van geestelike belang—
Romeine 8:1-4, bedoelend: Philip du Toit, bedoelend:
Daar is dan nou geen veroordeling
– Ons is nie meer onder verpligting
geen veroordeling deur die Wet steeds geldend – – verpligting van
die Wet mee weggedoen –
vir die wat in Christus Jesus is nie;
vir die wat nie na die vlees wandel
nie om
die OT wette te onderhou nie –
(vir die wat nie na die wet van die sonde wandel nie) waarvan die Sabbat een was, wat die wet
maar na die Gees – van sonde en die dood geword het omdat dit
wat in Christus en in die genade inbring
– van
Christus losmaak en van genade laat verval.
Want die Wet van die Gees van die lewe Maar die wet van die Gees van lewe –
in Christus Jesus, het my vrygemaak in Christus Jesus het ons vrygemaak
van die wet van die sonde en die dood
van die wet van die sonde en
die dood
– soos in “na die vlees te wandel”
– –
soos in Sabbatsonderhouding –
sodat die reg Dit
(die wet van die Gees) vind
van die wet vervul – praktiese uitdrukking
–
dit is, die reverdiging deur die geloof
– vervul dit is, ‘vervulling’
deur dade van ons eie
kon word in ons wat van
die liefdes-gebod van Christus:
“uit genade deur die geloof”
en behalwe
t.o.v. Sabbatsonderhouding
nié na die vlees wandel nie – want Sabbatsonderhouding wanneer van die
nie na “die wet Sewende Dag, is om onder “die
wet van die
van die sonde en die dood” nie
– sonde en dood” te wandel; Sondag onderhouding
maar na die Gees om vrygemaak van die wet te wandel in
en na “die Wet van die Gees van die lewe”. liefde vir God en
liefde vir die naaste.
Waaruit duidelik
is:
Dat PdT (per ongeluk?) by gebreke gebly het om aan te toon
dat Romeine 8:14 die Skriftuur was na aanleiding waarvan en waarop hy sy ‘bespreking’ van ‘die wet’, gebasseer het;
En dat Paulus in Ro8:14 geensins:
(1) die Sabbat
ingedagte het nie; ook
(2) dat PdT nie ’n
woord of gedagte daarin rakende die Sabbat gevind het of kon vind nie anders as
deur valse suggestie;
(3) dat valse
suggestie die basis en substansie van teen-Sabbatsargumente is, moet wees, en
sal wees.
Ou-Testament
en Christus word as vyande
voorgestel daarin dat u sê, “Ons is nie meer onder die verpligting om die Ou Testamentiese wette te onderhou nie” –
wat die direkte en verloënende weerspreking van die teks is wat sê, “Daar is
dan nou geen veroordeling vir
die wat in Christus Jesus is nie”, of hulle Ou- of Nuwe-Testamentiese gelowiges
is.
“Om die Ou Testamentiese
wette te onderhou” beteken nou om “onder
die verpligting” “van die wet van die sonde en die dood” te wees
(soos wat PdT dit verstaan). Hy wat enige wet uit die Ou-Testament – trouens, “enige wet” – mag onderhou, is nie “van die wet van die sonde en die dood” “vrygemaak”
nie, maar is nog “onder die wet” –
vanselfsprekend dieselfde “wet van die
sonde en die dood”. Nou word Ou-Testament
en die “wet van die sonde en die dood” as
een en dieselfde voorgestel, asof nie
ook die Nuwe-Testament net so die “Wet van die sonde en die dood” vir ons en
oor ons móét wees nie, sodat ons ou mens
daardeur gedood kan word, en ons weer na die Gees van Lewe en Geregtigheid
opgewek mag word om God in nuwigheid van die Gees te dien.
Dit is wat die
“Wet van sonde en die dood” vir ons beteken het: Deur ons te dood het Christus weggedoen
met ons lede op aarde – lede van die vlees – geestelik sondige dinge. Saam met
Hom in sy dood het ons dit afgesterwe. Hierdie wegdoening met die ou mens
deur die doding daarvan volgens die Wet van die sonde en die dood, word
bekragtig in ons lewens deur die wederbarende werk van die Gees. Rom 8:2
“Want die wet van die Gees van
die lewe in Christus Jesus het my
vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.”
En dit is dan nié wat die “Wet van sonde en die dood” gedoen het nie: “Daarmee het Christus weggedoen met alle vorme
van fisiese wette. Hy het weggedoen
met vlees (of die “fisiese”). Dit word bekragtig in ons lewens deur die
wederbarende werk van die Gees” –
want dit is geensins waar nie. Nóg Christus nóg die Gees het “weggedoen met alle vorme van fisiese wette” – dis ’n infame leuen.
PdT: “... die wet
van die Gees van lewe in Christus Jesus het ons vrygemaak van die wet van die
sonde en die dood. Dit vind praktiese uitdrukking in die liefdesgebod van
Christus: liefde vir God en die naaste.”
PdT
verswyg of weet nie dat “die wet van
die Gees van lewe in Christus Jesus”, “die liefdesgebod van Christus”, “liefde vir God
en die naaste”, die Groot Gebod vanuit “die Ou Testamentiese wet” is, en dit “vervul” nie? dat Christus Jesus Self die “praktiese uitdrukking” en “vervulling” van die “liefde vir God
en die naaste”-Gebod
van die Ou-, – én Ewige-Testament – is nie? PdT weet dit nie? Beteken dit dat Christus “die liefdesgebod van Christus vervul en ... beëindig”? Dat God die Sabbatsgebod sou vervul en ... beëindig het?
Die Wanbegrip ‘Vervul’ = ‘Beëindig’
PdT maak hierdie
verklaring, “In Christus het enige vorm van wet verval”,
op grond daarvan dat hy van mening is: ‘Omdat in Christus vervul, het
enige vorm van wet verval’.
Hy stel ‘vervul’ en ‘verval’ gelyk; hy identifiseer die twee.
“Vervul
/ vevulling” x 31 met herhalings
ingesluit.
1) “vervul, sodat ons nie nodig het om 'n sekere dag as
sabbat te onderhou nie”
2) “Dan voeg ons
weer ‘n wet by, by die evangelie. Die Sabbat vind vervulling
in Christus in die sin dat ons in Hom rus.”
3) “die rus
waarvan Josua praat (4:8) nie die finale vervulling van die belofte
van rus is nie”
4) “Die
uiteindelike vervulling van God se belofte van rus is die rus
waarin mense gaan as hulle glo
in Christus”
5) “(Heb 4:3).
Hierdie rus noem die skrywer 'n sabbatsrus.
Dit is dus die vervulling van dit waarvoor die sabbat staan”
6) “Omdat Jesus
die Sabbat in Homself vervul het ... in Sy rus in te gaan. Dit is
die ware sabbat.”
7) “die totale Ou
Testament in Christus vervul. Niks is daarvan uitgesonder
nie. Ook nie die sabbat nie.”
8) “Dit alles was
slegs ‘n skaduwee, wat op Christus gedui het en in en deur Christus vervul
is.”
9) “die Nuwe
Testament die volle vervulling van die Ou Testament – die oue is verby”
10) “Alle fisiese
wette is in Christus vervul. Die aanbreek van die Nuwe Testament
dui die aanbreek van totale geestelike wedergeboorte aan. Dit is
die manier hoe mens deel raak van die Nuwe Verbond. Daarmee het Christus weggedoen
met alle vorme van fisiese wette.”
11) “Die diepere
betekenis van die sabbatdag, dit waarvan die sabbatdag ‘n skaduwee was,
vind dus vervulling in die ewige rus in Christus”
12) “Die werklike
rus is slegs in Christus, juis omdat die fisiese sabbatdag daarvan ‘n skaduwee
was, en daarheen gewys het, en daarin (in Christus) vervul is.
Daarom bring hy juis in vers 9 die ewige rus in Christus en die
sabbatsrus in verband met mekaar.
Dus (ara) bly daar ‘n sabbatsrus
oor. Behels dit die onderhouding van die fisiese, Ou Testamentiese
sabbat, wat slegs ‘n skaduwee was van die werklike ewige rus in Christus?
Verseker nie.”
13) “hy wat in
Christus se ewige rus ingegaan het, het ook die sabbat vervul.
Anders gesê, hy wat in Christus rus het ook dit nagekom wat die fisiese
sabbatsrus bedoel was om te doen. Sou dit dus nodig wees om die Ou
Testamentiese, fisiese sabbatsgebod tot nou steeds te onderhou? Verseker
nie,”
14) “want dit is vervul
in Christus, en deurdat ons deur geloof aan Christus verbind is, tree ons toe
tot die eintlike rus, waarvan die fisiese sabbatsgebod slegs ‘n skaduwee
was.”
15) “die fisiese
sabbatdag daarvan ‘n skaduwee was, en daarheen gewys het, en daarin (in Christus)
vervul is.”
16) “Christus by sy dood en opstanding die Ou
Testamentiese wet vervul en beëindig het.”
17) “saamgevat word in hierdie woord: jy moet jou naaste liefhê
soos jouself (Rm 13:9). Die hele wet word vervul deur die gebod van
die liefde (Gl 5:14). Die gebod van die liefde vir God en jou naaste is dus die
enigste gebod wat nodig is om te onderhou. Enige ander gebod word as’t
ware opgeneem onder die groot gebod. Die groot gebod sluit alle
ander gebooie in.”
18) “Die nuwe vervul en gee altyd dieper
betekenis aan die oue. So ook het die Sabbatsgebod wel gebou op die beginsel
van God se rus op die sewende dag (Eks 20:11), maar het eers in die
woestyn
as gebod en deel van die Ou Verbond tot
stand gekom.”
19) “Dit beteken Jesus het die Sabbat
in Homself vervul. As Here van die Sabbat het Hy die mag
om nuwe inhoud
aan die Sabbat te gee.”
20) “die rus waarvan Josua praat (4:8) nie die
finale vervulling van die belofte van rus is nie”
21) “Die uiteindelike vervulling van God se
belofte van rus is die rus waarin mense gaan as hulle glo
in Christus en daardeur in 'n verhouding met
God tree”
22) “Hierdie rus
noem die skrywer 'n sabbatsrus.
Dit is dus die vervulling van dit waarvoor die sabbat staan en waarvan
die sabbat 'n skaduwee is.”
23) “Omdat Jesus
die Sabbat in Homself vervul het, nooi Hy ook mense uit om hulleself aan
Hom oor te gee, hulle las af te lê en in Sy rus in te gaan. Dit is die
ware sabbat”
24) “Dit was nie nodig om hierdie dae te onderhou
nie, want Christus het alles in almal vervul.”
25) “Christus
self is die Lam (Joh
1:29,36), waarvan die lam op die pasga ‘n afskynsel was. Trouens Christus het ALLES waarvan die
Ou Testamentiese Wet, Profete en Psalms praat in Homself vervul”
26) “ALLES wat deur die profete geskrywe is, sal aan die
Seun van die mens vervul word."
27) “Luk 24:44 "En Hy sê vir hulle: Dit is die
woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat ALLES
wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul
moet word."
28) “Ef 1:22-23 "En Hy het alle dinge onder sy voete
onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, (23) wat sy
liggaam is, die volheid van Hom wat ALLES in almal vervul."
Die herdenking van die Sondag
29) “deur sy eie Seun in die
gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die
sonde veroordeel in die vlees, (4) sodat die reg
van die wet vervul kon word in ons
wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees." Gl 5:18 sê daarom: "Maar
as julle deur die Gees gelei word, dan is julle
nie onder die wet nie."”
30) “Geloof
berus in alle opsigte op die verdienste van Christus. Hy het die wet kom vervul.
Hy het alles gedoen wat nodig is vir ons om gered te word. Daar is geen
addisionele voorwaardes en wette (insluitende Sabbatdag-onderhouding)
wat as voorwaarde
31) “Alles
waarvoor die Ou Testament staan; al God se wette en profesieë is vervul, nagekom, ingesluit en vervat
in Jesus Christus self en die werk wat Hy op
aarde gedoen het en nog gaan doen. Daarom, om Christus te ken oortref alles in waarde.”
“Vervul” na aanleiding van Skrifture waarna PdT verwys
Hebreërs: “(4:8)... die rus waarvan Josua praat... is nie ... die finale vervulling
van die belofte van rus nie” – sê PdT. En wat is, “die rus
waarvan Josua praat” in 4:8? :—
Dit is die ‘katapausis’-rus!
“(Heb 4:3). Hierdie
rus noem die skrywer 'n sabbatsrus. Dit
is dus die vervulling van dit
waarvoor die sabbat staan”, of
te wel, “die finale
vervulling van die belofte van rus”.
“vers 9... Die werklike rus is slegs in Christus, juis
omdat die fisiese sabbatdag daarvan ‘n skaduwee
was, en daarheen gewys het, en daarin (in Christus) vervul is.”
Kon PdT sy weersprekend
opsigteliker gemaak het?
Want die 4:8 ‘rus’ – die ‘katapausis’-rus –, was dié rus wat God sê in gehoorsaamheid deur
die geloof in ingegaan moet word, 3:11, 18, 4:1, 3. Wat daarenteen, was die “rus (wat) die skrywer 'n sabbatsrus noem” in 4:9? :— Letterlik, idiomaties
en etimologies: die ‘sabbatismos’-“’n onderhouding van die Sabbatdag”!
Wié het wié, in die 4:8 ‘rus’ –
die ‘katapausis’-rus – in ingebring?
Die skrywer sê, “Jesus
het aan hulle die rus verskaf”. Vír wie “bly dit nog geld” om te ‘sabbatismos’ in 4:9? :—
Die skrywer sê: “Daarom dan bly dit nog vir die Volk van God geld!”
Maar sien Hebreërs 4:9 later
nader op ingegaan.
“(Rm 13:9)... saamgevat
word in hierdie woord: jy moet jou naaste liefhê soos jouself”.
“(Gl 5:14)... Die hele
wet word vervul
deur die gebod van die liefde.”
Is
dít, “beëindig”? Rm13:9, ‘saamgevat’ ... Mens breek
een stokkie maklik op sy eie; mens kannie die saamgevatte bondel stokkies breek
nie al probeer jy hoe. Die Wet was saamgevat en so versterk.
Is
dít, “beëindig”? Gl5:14 ‘vervul’ ... Dis net
die teenoorgestelde: Dit beteken om te begin
in en met eerste-maal-volheid, want voorheen was níks, al ooit, ‘vervul’
nie.
(Eks
20:11) Soos PdT net dieselfde sê: “Die
nuwe vervul en gee altyd dieper betekenis aan die oue. So ook het
die Sabbatsgebod wel gebou op die
beginsel van God se rus op die
sewende dag (Eks 20:11), maar het eers
in die woestyn as gebod en deel van die Ou
Verbond tot stand gekom.” Waar begin? waar “tot stand gekom”, “as gebod en deel van die Ou Verbond”?
‘Eers’ in
Eksodus 20! Eksodus 20 is die begin van
die Ou Verbond, ja! Genesis 2, is die Nuwe en Ewige Verbond
gegrond in, en gebasseer en “gebou op die beginsel van God se rus op die sewende dag” soos verse 2-3 verhaal! PdT sê so! Eksodus 20 is vir die Volk
van God gegee om in geloof te
gehoorsaam. Húlle het nouliks gesweer: “Ons sal!
Ons sal!” of geoortree, “omdat (die Evangelie) by die hoorders nie met die
geloof verenig was nie”. (Hb4:2c) Dis
die Ou Verbond; hy gaan heden vandag so sterk aan as ooit tevore. As daar
geskrywe staan: “Daar bly vir die Volk van God hulle onderhouding van die
Sabbatdag geld”, is ons nie instaat om die Evangelie
te hóór nie, want dit gaan nie by ons met die geloof verenig nie.
‘Vervul’, óf’, ‘verval’ in groter verband
Ek haal minstens een bladsy aan en onderstreep om ‘verval’ te beklemtoon, terwyl PdT reeds beklemtoon het
waar hy ‘vervul’ uitgelig
het:
“In Christus het enige vorm van wet verval. As ons sê ons moet in Christus glo, maar ook
die Sabbat onderhou, dan maak ons die Sabbat ‘n addisionele vereiste vir
verlossing. Dan voeg ons weer ‘n wet by, by die evangelie. Die
Sabbat vind vervulling in Christus in die sin dat ons in Hom rus. ....
....
Vanuit die
regte verstaan van die posisie wat die wet moet inneem in die lewe van die Nuwe
Testamentiese Christen, spreek dit vanself dat die wet – waarvan die
onderhouding van die Sabbatdag deel was
– slegs ‘n tugmeester en ‘n skaduwee is van die toekomstige weldade in die
evangelie van genade wat aangeneem word deur die geloof.
Heb 10:1 "Want die wet, wat ‘n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die
dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring
word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie."
Deur geloof in Christus tree ons toe tot die ware sabbatsrus in Hom (Heb 4:9),
wat spreek van die Nuwe Testament van sy bloed wat ‘n volkome regverdiging en
vrymaking is van die wet van die sonde en die dood. Dit spreek van die nuwe
vryheid (Gl 5:1,18) en lewe in ‘n persoonlike verhouding met Christus self. Dit
is waarheen die
Sabbatdag gewys het. Christus self kom dus in die
plek van die Sabbatdag, nie die
Sondag nie.
Ek kan die kern van die Christen se nuwe stand in
Christus nie beter saamvat as in die woorde van Paulus nie:
Rm 8:1-4 "Daar is dan nou geen veroordeling vir
die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
(2) Want die wet
van die Gees van die lewe in
Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.
(3) Want God het wat vir die wet
onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy
eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van
die sonde, die sonde veroordeel
in die vlees, (4) sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees
wandel nie, maar na die Gees."
Gl 5:18 sê daarom: "Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle
nie onder die wet nie."
As ons deur die Gees van God wandel en ons altyd aan Sy leiding
oorgee, sal ons alles doen wat God van ons verlang. Dit vind praktiese
uitdrukking in die liefdesgebod: vir God en die naaste. Saam met die werking
van die Gees in en deur ons lewens gaan geloof.
Die wet van geloof
kom in die plek van die wet
van werke (Rm 3:27-28). Geloof berus in alle opsigte op die verdienste van
Christus. Hy het die wet kom vervul. Hy het alles gedoen wat nodig is vir ons
om gered te word. Daar is geen addisionele voorwaardes en wette (insluitende
Sabbatdag-onderhouding) wat as voorwaarde
Merkwaardig is dit dat ek nie by een van PdT se eie benadrukte frases, onderstreping daarby
kon aanbring nie. As ek soos PdT – ‘vervul’ wou
benadruk het – sou ek seker ook min of meer soos
hy benadruk het.
Tog kan ek my nie ’n groter gaping as tussen ons twee se sieninge
voorstel nie!
Wáár het PdT benadruk? Hy het in die Skrifture self, woorde benadruk. Hy benadruk op ses woorde en drie
frases na, niks van sy eie woorde nie. Nou kom ek en waar onderstreep ek? Ek vind geleentheid om te onderstreep nêrens in die Skrifture wat PdT aangehaal het nie! Ek vind dit nodig om te
onderstreep, nét waar dit PdT se
woorde is!
Waarom het PdT benadruk? Om ‘vervul(ling)’ aan te toon – hy het die Skrif
daarvoor kon vind. Waarom het ek
geonderstreep? Om ‘verval’ en
enigiets in daardie rigting uit te wys – en kon géén Skrif vind om te benadruk nie!
Op ses woorde en drie frases van PdT se eie woorde na, kon ek tussen al die aangehaalde Skrifture, niks onderstreep nie!
Selfs van die ses woorde en drie uitsonderlike frases uit PdT se pen om ‘vervul’ uit te lig, van bo na onder, ‘skaduwee’, ‘sabbatsrus’, ‘Gees’, ‘geloof’, ‘wet van geloof’, ‘vervul’ ‘nagekom’, ‘ingesluit en vervat’, ‘oortref alles in waarde’, sou ek nie één kon onderstreep om ‘verval’ mee aan te toon nie!
Watter van PdT se woorde beteken dit wat ek moes
onderstreep om ‘verval’ uit te wys?
Ek het geonderstreep, ‘verval’, ‘was’, ‘het’, ‘in die plek’, ‘in die plek’. Almal sý
uitdrukkings. Hy gebruik dus vier begrippe van sy eie in die hele aangehaalde stuk waarvan meeste Skrifture is
– in die ‘groter verband’ – om te probeer ‘bewys’: ‘Vervul’, beteken, ‘verval’.
Net die woord ‘verval’ van die woorde wat ek gereken
het min of meer die begrip van ‘verval’ kon onderskraag, bevat regtig
daardie betekenis, vanselfsprekend! Maar mens moet ’n sterk verbeelding hê om
die ander woorde wat ek kon onderstreep, met dieselfde betekenis te kan
voorstel. Dus: Eintlik, skryf PdT ’n lang bladsy vol en druk soveel moontlik
Skrifture daarin as wat hy kan om te wys hoe die Skrif aantoon die Wet van God
het ‘verval’, sonder een enkele woord met daardie konnotasie,
behalwe sy enkele eie woord, ‘verval’.
Dit is egter so dat die
uiteindelike vervulling van God se belofte van rus plaasvind in en deur Jesus Christus, en inderdaad, Jesus
Christus, Self, is. Daardie ‘rus’ is
geen ander of nuwe ‘wet’ nie; dit is die Lewende Wet van God in Persoon: Jesus
Christus. Hy is die Wet van
die Evangelie van Christus Jesus; Hy is
“alles in almal”. Christus
is ook die Wet van God in elkeen van Sy Eie.
Kyk nou die werklike
Verskil in ons sienings; die Verskil, is Christus Jesus. Hy is die Verskil; Hy
verskil nie net ‘met’ nie; Hy is die
Verskil. Die Ou-Testamentiese Wet getuig van Hom; hoe kan daar teenstrydigheid
tussen hierdie en die Werklikheid van die Nuwe-Testamentiese Wet wees? Christus Jesus het die Wet met sy Vinger, die
Heilige Gees, op kilptafels geskrywe. In die ‘Nuwe-Testament’, is Christus
Jesus in die vlees van sy eie verheerlikte Liggaam, vir altyd en altyd daardie
Wet met sy Vinger, die Heilige Gees, op die tafels van die hart geskrywe. Op die tafels van die hart geskrywe van Nuwe-
én van Ou-Testament-mense, want die Ewige Verbond van God se Genade is in die
hart met die Gees gekryf, en nuut – vir áltyd, nuut. Die Nuwe-Testament is die
enigste Testament van God in die harte van mense op tafels van vlees geskrywe;
daar is nie ’n ander Verbond nie.
Dit was die Wet op
kliptafels geskrywe, ja; dit was die Wet met die Heilige Gees geskrywe op selfs
harder tafels van klip as die klip van Sinaïberg— die kliptafels van die hart
van mense. Wag! Nee! Eers moes God
daardie Ou-Testamentiese klipharte uithaal en met Nuwe-Testamentiese harte van
vlees vervang; toe eers kon Hy sy Ewige Gees-Wet mét al sy verganklike “wette”,
op menseharte van vlees skrywe. Dit alles verneem ons uit die Ou-Testament; dit
praat van die Ewige en Nuwe Verbond van God se Genade, Jesus Christus. Selfs met sy Eie Vinger op kliptafels van die
hart geskrywe, sou selfs God se Gees-Wet niks gehelp het nie, was dit net die
Groot Wet of was dit met al sy ander wette op daardie tafels geskrywe. God sou
net diesulke harte, verder verhard het, soos koper wat gehamer word.
Nuwe-Testamentiese tyd se menseharte is maar net dieselfde as Ou-Testamentiese
tyd se menseharte. God se Wet bly dieselfde. Sy Ewige Genadeverbond, bly
dieselfde. Wat afgesterf en mee weggedoen
moet word, is die kliptafels van menseharte; soos toentertyd, so tans.
Daarom, hierdie rus waarin mense ingaan as hulle glo in Christus, is
volgens Heb 4:3 die “werke van God
(wat) van die grondlegging van die wêreld af” (Hb4:3c) in ruimte en tyd en
in hierdie en daardie mens, waar en werklik word in 'n verhouding met God wat
nuut deur God teweeggebring word. Die ‘rus’ en die ‘verskaf’ van
die rus, is beide die “werke
van God” wat “volbrag” is, en
vandag nog weens die genade, deur God, “volbring” word— in, en
deur, en ter wille van, Jesus Christus.
Kyk hoe praat die Ou-Testament veral in Sabbatsverband, van hoe God
spreek: “Maar ter wille van My Naam sal Ek! ... “Maar ter wille
van
My Naam sal Ek!” Daarom, “Vandag,
as jy Sy Stem hoor, moenie jou hart verhard nie!” Net so pleit Christus vandag nog: “Omdat Jesus die Sabbat in Homself vervul het, nooi Hy ook
mense uit om hulleself aan Hom oor te gee, en hulle las af te lê”.
En “Dan
daarom”, verklaar Hb4:9, “bly daar onderhouding van
die Sabbatdag vir die Volk van God oor.”
Sabbatsonderhouding is die
gevolg van Saligheid in en deur
Jesus Christus verwerf vir die Volk; Sabbatsonderhouding kannie, oorsaak of rede
van Saligheid in en deur Jesus Christus wees nie: Dis presies die onhoubare
premisse van alle kontra-Sabbat argumente soos joune, geagte PdT, om te reken
Sabbats-onderhouding word gereken oorsaak en rede van en voorwaarde ‘vír’, Saligheid in en deur Jesus Christus te
wees. Natuurlik sou so-iets verwerplik wees.
Presies sulke soort van ‘verstaan van die
wet in die lewe van die Christen’ is daar ook baie van. Maar tien sulke verkeerdes maak nie een
regte, ook verkeerd nie!
Hoe duidelike
uitkenningsmerk is die Sabbatdag tog nie— uitkenningsmerk van “uit die genade gered deur die geloof alleen”, dit is, in
Ou-Testamentiese taal: “Dat Ek vir julle, julle God sal wees; en julle vir My, My
Volk sal wees”! Die Skrif praat mos van Genáde hierso? Hoe
verstáán ons mekaar dan?
Die misterie van ‘Kerk-wees’
‘Skaduwee’ =
‘verval’? (Kolossensiërs)
PdT: “Vanuit die regte verstaan van die posisie wat die wet moet
inneem in die lewe van die Nuwe Testamentiese Christen, spreek dit vanself dat
die wet – waarvan die onderhouding van die Sabbatdag deel was – slegs ‘n
tugmeester en ‘n skaduwee is van die toekomstige weldade in die evangelie van
genade wat aangeneem word deur die geloof.”
“Heb 10:1 "Want die wet, wat ‘n skaduwee het van die
toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit ... die
wat toetree, tot volmaaktheid lei nie."”
“Skaduwee”
beteken, “verval”, “weggedoen”, “alles prysgegee”? Verklaar Kolossensiërs 2:17, “Sabbatte” en
“Sabbattefees, is skaduwee van die
toekomstige, van die Liggaam van Christus se Eie” --- Vertel
van glorieryker Toekoms van die Christenvolk?!
“Soos ’n slaaf wat hyg na die skaduwee ..... het jy die
Allerhoogste jou Beskutting gemaak!”. “Die Here is jou skaduwee aan jou regterkant.”
“Jy sal vernag in die Skaduwee van die Almagtige.”
‘Skaduwee x Beskutting’; ‘skaduwee’ x ‘regterkant’; ‘Skaduwee’ x ‘die Almagtige’. Daar’s nog!
Sedert wanneer beteken ‘skaduwee’ altyd net duistere kwaad, vlietende
nietigheid? Dis nie die indruk wat die
Bybel skep nie! Nee, dis sedert
Sondagiste met Kol2:17 gekonfronteer was, wat ‘skaduwee’ nie ‘beeld’,
‘spektrum’, ‘belofte’, ‘kenmerk’, ens. kan, en nie mag, beteken nie.
Die rus waarin mense tree as hulle in
Christus glo, is dus die (Goddelike) vervulling
van dit waarvoor die sabbat staan en waarvan die sabbat van die skepping af
'n skaduwee
was, en steeds is. Soos Kol2:16-17 uitdruklik verklaar:
“Sabbattefees wat staan
vir, wat ’n skaduwee is van,
die
toekomstige; trouens, Sabbattefees wat staan vir, wat ’n skaduwee
is, van die Liggaam van Christus se Eie”— Trouens, “Sabbattefees wat staan vir, wat ’n skaduwee is, van ... die prys (waarvan) julle julle nie moet laat
beroof nie”, vers 18a.
Die Gemeente van Christus
is nie ’n wettelose maatskappy nie, want dan sal hy die kiem van vernietiging
in homself dra. Maar nou het hy die Wet van Onvernietigbare Lewe ontvang in
Christus Jesus. Nou lewe die Gemeente
van Christus volgens die lewensrus en lewenslus wat Jesus aan hulle verskaf
het; wat hulle saam met Hom en in Hom, ontvang het, en Sabbatsfeestend sal jy
die Liggaam van Christus se Eie waarneem, aangesien daar vir die Volk van God
steeds ’n onderhouding van die Sabbatdag bly geld. Want hulle is maar bywoners
hier, en waar twee of drie in die naam van Christus bymekaar kom, daar sal
Christus in hulle midde wees— Sabbats, tydsreëlmatig op die Sewende Dag hul Op-die-aarde-nog-Tabernakel-van-Samekoms,
’n tempel nie met hande gemaak nie, maar met die Krag wat Christus op die
Sabbatdag uit die dode opgewek het. Hiermee is die ganse Skrif in
ooreenstemming, Ou- en, Nuwe-Testament; of liewer, dit, is met die ganse Skrif,
Nuwe- en Ou-Testament, in ooreenstemming; met die Wet, in ooreenstemming. Mens
hoef nie ’n enkele kinkel in die kabel te knoop nie.
‘Skaduwee’ en ‘tugmeester’ van toekomstige weldade
“... die posisie wat die wet moet inneem in die lewe van die
Nuwe Testamentiese Christen...” U erken dus “Die posisie wat die wet
moet inneem ... in die lewe van die Nuwe
Testamentiese Christen” ... “(Dit) spreek
vanself ... die wet ... in
die evangelie van genade ...”. Is dit vervulling van die Wet
waarvan u praat, of is dit wegdoening met die Wet, of dalk, ‘geldig bly’?, n.a.v., ‘Die
posisie waarin die wet in die lewe van die Nuwe Testamentiese Christen bly geld
of ontvang is.’
“Want aan ons is Die
Evangelie óók verkondig— nét soos aan hulle; maar die (Evangelie-)woord van die
(Evangélie-)prediking
het hulle nie gebaat nie omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig
was nie.” Hb4:2. Was daar dan ’n
‘ander Evangelie’, ’n
evangelie in stryd met die Evangelie wat (ons, Christene) ontvang het’? (Gl1:9) Soek
ek dan nou die guns van mense, of van God, as ek vír, en nie téén die Wet
van God redeneer nie? Want ek erken,
aanvaar, en gee die Wet van God die eer wat dit op bevel, dus Wet van God,
toekom,
dat ‘die wet ‘n tugmeester en ‘n skaduwee is van die weldade in
die evangelie van genade wat aangeneem word deur die geloof.’
Hoe sou die Evangelie van
Christus nié ook so, die eertydse hoorders daarvan kon aangespreek het
nie? Daar is tog die vele
Godsmanne van vanouds vir
wie die Evangelie van Christus so duidelik aangespreek het, en dit, deur die
Woord van God se Wet, omdat die gehoor daarvan by hulle, wél, “met die geloof (van die Evangelie) gepaard gegaan het”! [Maar wat dan die opstanding van
Christus sou uitsluit?] Soos Ignatius so
onverskrokke praat van “die destydese
profete” wat “Christene” was, en
“volgens Christus, sabbatslewe gelewe het”
(sabbatidzoontes kata Xriston dzoontes)!
Ai, hoe vrees en haat die Sondagiste daardie uitlatings van Ignatius! Hulle
gaan sommer en probeer om die kernwoord ‘lewe’, uit te gooi, want waar is daar
’n woord met meer ‘praktiese uitdrukkinge’?) (Boek 5)
Nou maar net soos die Evangelie aan hulle ook verkondig
was, terwyl hulle onder die Wet gelewe het, net so bly die Wet geldend oor vir
die Volk van God wat onder die Evangelie van Genade lewe. En Gemeenskaplik –
want dit is een Liggaam van Christus se Eie; en die Vader van hulle almal is
dieselfde Vader; en dieselfde Here van hulle almal is “gister en vandag en tot in ewigheid dieselfde” –
en Gemeenskaplik ‘vier (almal) Sabbattefees ... en groei met Goddelike
groei’. Kol2:16, 18. “Laat
julle julle betreffende Sabbattefees deur niemand veroordeel nie!”
‘Prakties’ is ‘fisies’ sowel as ‘geestelik’
PdT: “Dit (die wet van die Gees van lewe in Christus Jesus) vind
praktiese uitdrukking in die liefdesgebod van Christus: liefde vir God en die
naaste.”
Presies reg --- afhangende
van wat die “praktiese uitdrukking” in terme van “liefde vir God en die naaste” beteken. Want beide die “liefde vir God en die naaste” “vind praktiese
uitdrukking” op verskillende maniere—
onsigbaar-verskillend, én, sigbaar-verskillend. “Die liefde vergaan nooit.” So, daar kan nie essensiële ‘verskille’ in die “praktiese uitdrukking” van die liefde wees nie, of hulle nou ‘fisiese’ of ‘geestelike’ ‘praktiese uitdrukkinge’ sou wees of nie. Alle ‘praktiese uitdrukking’ van “die wet van die Gees van lewe in Christus Jesus” verskil sonder om enige verskil aan
die ‘geestelikheid’ of ‘geloofs-’ gehalte of egtheid daarvan te maak. As dit ’n
‘fisiese’ of ‘praktiese uitdrukking’ is, is dit nie te sê dis nie ook ’n
‘geestelike’ en gelóófs-
‘uitdrukking’
nie. En as ‘geestelik’ dan moet beteken iets is geldig, dan, as dit ’n
‘fisiese’ en ‘praktiese’ dog ‘geestelike’ en gelóófs-
‘uitdrukking’ van die ‘liefdesgebod’ is, behoort dit mos ook ’n geldige ‘praktiese’ of
‘fisiese’ ‘uitdrukking’ te wees. Hoekom
geld dit nie ook wat die Sabbat aanbetref nie?
Sulke verskillende ‘praktiese uitdrukking(e)’ van die liefde, gaan
meer ‘uitdrukking(e)’ van ‘liefde vir God’ wees, as van ‘liefde vir die naaste’. Dit is die misterie van ‘Kerk-wees’ dat in
‘Kerk-wees’ jy ‘praktiese uitdrukking(e)’ van die liefde gaan kry wat sigbaar en
prakties meer na ‘liefde vir God’ as na ‘liefde vir die naaste’ gaan lyk. ‘Praktiese uitdrukking(e)’ wat aanbidding is, sal uiteraard sigbaar en prakties
meer gaan lyk na ‘liefde vir God’, as na ‘liefde vir die naaste’. Alles omtrent Kerk-wees en Kerk-hou spreek daarvan; hoekom nie ook die
Sabbatsgebod, Sabbatsgeloof en Sabbatsonderhouding nie? Nou is dit skielik eiegeregtige wettiesheid? Maar wat kan méér ‘praktiese uitdrukking’ van ‘liefde vir God’ wees as juis ons aanbidding van Hom op die Sabbatdag? En wat kan méér ‘praktiese uitdrukking’ van ‘liefde vir die naaste’’ wees as juis die Gemeenskap van die heiliges? Enigste
voorwaarde is, dit moet “volgens
die Skrifte” wees!
Jesus het immers nie so in
dieselfde asem gepraat van “liefde vir God
en die naaste” nie. Hy het gepraat van
die “Eerste
en Groot Gebod” (Mk12:29a) wat die Gebod
van die Liefde jeens God alleen, is.
En die rede waarom Hy ‘die tweede Gebod’ “hieraan gelyk gestel” het, is omdat die Naasteliefde-Gebod
heeltemal van die Liefde-vir-God-Gebod, afhanklik is. “Hiernaas / as dié, is daar
geen ander gebod groter nie.”
Mk12:30c. Dus, die Liefde-vir-God-Gebod is na inherente krag sowel as ‘praktiese uitdrukking’, belangriker, groter en sterker as die
Naasteliefde-Gebod. “Ons moet God meer
gehoorsaam wees as die mens”, is ’n ander manier van sê daarvoor. (Hierdie
verklaring of belydenis van geloof soos gevind in Hd6:29, word gemaak juis na
direkte aanleiding uit die Derde Gebod: “Jy mag die Naam van die Here jou God nie
ydelik gebruik nie”. Sien vers 28.)
Verder, Die ‘tweede’ of
Naasteliefde-Gebod is gekwalifiseer: “Jy moet jou naaste liefhê ...? “... soos
jouself!” Moet ons God liefhê soos ons onsself liefhet? Nee! Ons moet God ‘bo alles’, liefhê, sê die Woord, Mk12:30;
vgl. Ef4:5-7 met Mk12:29. As dit nie vir hierdie verskil was nie, dan hoef ons ook nie ‘Kerk’ te gehad het
nie. Maar
nou moet ons ‘Kerk’ hê en
Kerk hou, omdat ons God alleen,
aanbid ... omdat ons Hom bo alles,
lief het! Ons mag nie ons naaste of onsself soveel lief hê dat ons hom of
onsself, gaan aanbid nie! Ook aanbid ons God alleen omdat ons Hom liefhet, maar
liefhet “omdat
Hy ons éérste liefgehad het”.
Verskillend, moet ons ons naaste liefhê ten spyte daarvan dat hy ons dalk die
laaste van almal of nooit, terug sal liefhê.
Christus het nie net in sy vlees-liggaam ons mense-wêreld
aangeneem nie, maar ook in sy Geestelike Liggaam, die ‘fisiese’ Kerk— “Liggaam
van Christus se Eie”, die Kerk as individuele gelowige sowel as Gemeenskap
van die Gelowiges in ’n wêreld wat nie sonder die Wet van God kan of mag
klaarkom nie! Alles omtrent die Kerk-van-Christus-wees voorveronderstel fisiese
werklikheid.
“Hy wat ontken dat die
Christus in die vlees gekom het, is die antichris.” Hy wat ontken dat Christus nie vir Sy Eie,
wette ‘in die vlees’ gegee het nie, weet nie dat “Jesus aan hulle rus verskaf het” in die
vlees nie. Want dat “Jesus aan hulle rus
verskaf het” is die Wet van hulle bestaan en bestaansreg en
bestaanswêreld en werklikheid. ‘Wet’ naas of as Christus Jesus self, ‘vorm’ die gelowige en die Gelowiges se ganse
bestaans- en verwysingsraamwerk! Hb4:9 sê absoluut net dit: “Daarom bly vir die Volk van God, hulle onderhouding van
die Sabbatdag geld!” Dis nie omdat die Sabbat nie meer daar vir
die Volk van God is dat jy dit nie sien nie; dis eenvoudig
jy wat die lewensgrootte werklikheid in die Skrifte daarvan miskyk.
Vir geen ander rede nie as juis die nodigheid van en aangewesenheid
op Goddelike Genadegebod, word die Opstanding van Christus uit die dode
van Sabbatsbelang. Die Sabbatdag was van altyd af— van die
skepping af en vanuit die Opstanding uit, van Opstandingsbelang, daarvoor
uitverkore, daartoe verordineer en daarop bestem— iets wat die Eerste Dag van
die week nooit was of selfs net vaagweg in die rigting van geduie het nie. Alle
verdere Sondag-argumentering word hierdeur by voorbaat as sonder fondamente
beproef. Dit gaan niks help om een of twee onvanpaste teksies met die beste
projektors in die teologie beskikbaar, op die witdoek te wil gooi nie. Al kan
die kamera hoe goed kul dit gaan nog net beelde op doek wees, sonder substansie
of duursaamheid. Ek vertel jou dit solank vooruit.
Want hoor watter Woord daar uit die Woord verneem word: “Sewende Dag Sabbat van die HERE jou God”.
Dit sê dit alles, “Want God het op die
Sewende Dag gerus”. Gaan lees hierdie Skrifwoord in Hb4:4-5! Die uiteindelike waar-word hiervan, soos
die allereerste begin daarvan, sal ons in
Christus Jesus deur – ja,
in – opstanding
uit die dode, aanskou! Dit is wat van Sabbatdagsonderhouding,
‘Wet van Christus’, maak. Ek hoef nie –
trouens, ek mag nie – na die Tien Gebooie gaan om dit vir jou aan te toon nie, behalwe, om aan te toon hoedat die Tien
Gebooie en alle ander wet en wette, presies dit aangaande Jesus Christus
aangedui het en steeds aandui.
‘Kerkwees’ is Gebod
omdat ‘Kerk-wees’ daar móét wees vir die aanbidding van God volgens hierdie
Groot Gebod, en vir die Liefdesgemeenskap van die heiliges. En daarmee het ek
alles gesê wat ek vir die Sabbatdag sou kon sê! Die Sabbatdag – deur God se instelling
daarvan, let wel, en deur geen menslike wil of goeddunke nie! – is
Diensbaarheid aan die Kerk; en die Kerk weer – deur God se instelling daarvan,
let wel, en deur geen menslike wil of goeddunke nie! – is Diensbaarheid aan God
en medemens, veral aan medemens-gelowiges;
om dan bo alles, die Kerk in Diensbaarheid aan God— eerstens en laastens, te wees.
Die Sabbat staan in Diens
hiervan: van God, van God se aanbidding, en van God se Volk. Die Sabbatsgebod is ‘praktiese uitdrukking’-Gebod van “die liefdesgebod van Christus”. Die Sabbat is ‘Kerk-Dag’; die Sabbat
is “Aanbiddingsdag”; die Sabbat is, “Die Dag van die Here” (‘kuriakee heemera’). Dis hoekom die
Sabbat ook Gebód van God geword het;
hoekom dit Gebod van God
onder Christus-Heerskappy, is. “Niemand kom na die Vader
behalwe deur My nie”, en, “Niemand kom na die Seun,
as die Vader hom nie trek nie.” Dit is ‘aanbidding’; dit is Kerk-hou en
Kerk-wees; Dis Hoekom “onderhouding van die Sabbatdag vir die Volk van God geldig is
/ stééds geldig is”, en, “Jesus aan hulle rus
verskaf het”. Sondag mag nie hiervoor
‘geïnoveer’ word nie— dit is
oortreding van die Sabbatsgebod, en daarom, sonde. (‘Geïnoveer’— term by Karl Barth)
“Wat sal ons dan sê? Is
die Wet sonde? Nee, gladnie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as
deur die wet geken het nie.” En hoe sou ek God
anders kon gedien het? Ek ken
dus nie net die sonde deur die Wet nie, maar ook die Geregtigheid, naamlik, van
God in Christus Jesus uit die genade alleen deur die geloof. Geen kennis
‘sonder die Wet’ omtrent die Geregtigheid van God sou moontlik gewees het nie,
en vir bewys van hierdie stelling, lees maar die Romeinebrief. Dit is so ’n
diepe geloofsaak dat geen menslike oordenking dit regtig
slegs
duidelik maak watter gees besig is met sy werk van verduideliking en oortuiging:
die gees van misleiding.
Hierdie gelóófs-redes,
gronde, bestaansreg en motiewe Sabbatsviering onder die Christenvolk van God ter
wille, put alle redes, gronde, bestaansreg of motiewe Sabbatsviering onder die
Christenvolk van God ter wille uit; daar bly niks anders oor nie omdat dit
alles, uit God en deur God in en deur Christus Jesus in en deur opstanding uit
die dode, gefundeerd, staan! Omdat dit alles, “volgens die Skrifte”, gesê kán
word, gesê mág word, en gesê móét word; omdat dit alles, Nuwe-Testamentiese Wet
vir Sabbattefees vir die Liggaam van Christus se Eie, is.
Christelike geloof wat
sigself verbeel hy kan sonder die Wette van God regkom, is lankal die pad
byster; het lankal van die Skrif vergeet, omdat die Skrif onder Christus Jesus,
vir die Kerk die Wet van God geword het en is en altyd sal wees.
Uiteindelike Vervulling
PdT, “Die uiteindelike vervulling van God se belofte van rus is
die rus waarin mense gaan as hulle glo
in Christus en daardeur in 'n verhouding
met God tree (Heb 4:3).”
Juis, dit is die Evangelie!
Nou vind ons op aarde en in tyd en omstandigheid, hierdie “mense”, “die Volk van God” wat “glo in Christus en daardeur in 'n verhouding met God (ge)tree (het)”. Wat sê die Skrif? “Daarom bly daar hulle
onderhouding van die Sabbatdag vir die Volk van God oor!”
Is hulle as ‘wese
agtergelaat’ om maar na hulleself om te sien? Natuurlik nie! Want nou het hulle, “Liggaam / Gemeente van
Christus se Eie” (Kol2:17), geword, en as
hierdie Nuutgeborene na die Gees van Christus, “hou” hierdie ‘mense’ “vas aan die Hoof uit Wie
die hele liggaam ... ontvang en saamgebind word, en word (hulle) só, met Goddelike groei groot.” Nou het hierdie ‘mense’,
Kerk van Christus, geword! Wat nou? “Laat julle julle deur niemand veroordeel nie! ... Julle
wat dood was deur die misdade ... het (God) saam
met Hom (Christus) lewend (lewende “Liggaam van Christus se
Eie”) gemaak deurdat Hy julle al
die misdade vergewe het ... en deurdat Hy oor die owerhede en magte (van die wêreld en duisternis) getriomfeer het ...
daarin
dat julle ook saam met Hom opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.”
Omdat hierdie ‘mense’ op Christus Jesus voed met
geestelike “spys
en drank van Sabbattefees”, “groei die Liggaam /
Gemeente van Christus se Eie, met Goddelike groei”. Dit is die Sitz
im Leben, die ‘eksistensiële’ van
Christenmense-wees – van ‘Kerk-wees’ –, soos ons dit in die Nuwe-Testament
oral, en hier in Kolossensiërs 2 in die besonder, aantref— met “Sabbattefees” as onveroordeelbare, integrale en sentrale
lewensuitdrukking. Dis hoe Nuwe-Testament ‘Wet’, werk; dis hoe Ou-Testament ‘Wet’, in
Genesis 2:2-3, gewerk het.
Kolossensiërs 2:12-19 dien
vermeld en aangewend te word ter verduideliking van die vroeë aanbevelenswaardige en onveroordeelbare
Christelike Gemeentelewe. Kolossensiërs 2:16-17 durf nie misbruik word ter
bevraagtekening van die Kolossensiërs as “Liggaam van Christus se
Eie”, se aanbiddingslewe
nie! ‘Die Kolossensiër-Dwaling’ is ‘n ernstige aantasting van die
integriteit van die ware en eenvoudig werklike, vroeë Christelike aanbidding –
“praktiese onderhouding” – vis
a vis die krom en vedraaide geslag te midde van wie hulle hulleself bevind
het! Geen grein waarheid steek in die sogenaamde ‘Kolossensiër-Dwaling’ nie, en ek verwerp die valse aantyging
sondermeer met die veragting wat dit verdien. Dit is nie een sin bespreking
werd nie want dit berus op die hallusinasies van bevooroordeelde
Sondagfanatiste. Ten spyte daarvan dat my debatte na aanleiding van
Kolossensiërs 2:12-19 honderde blasye lank geword het, het my studies nogtans
verrassend vertroostende, bemoedigende en opbouende resultate opgelewer. Sien
Boek 4/2.
Ek het dus ‘(Heb 4:3)’ met
Kol2:12-19 beantwoord terwyl ons besig was om Hb4:9 te bespreek! Hoekom? Omdat
dit wat deur jou in Hb4:9 veronderstel word, nie ‘Heb 4:3’ kán toelig nie, en Kol2:12-19 toe ’n
heel toepaslike verduideliking blyk te gewees het. Waarom dan sou Hb4:9 nie ook
dieselfde kon gedoen het nie? Dit kan, deur maar net te lees wat daar geskrywe
staan, naamlik ‘sabbatismos’, en nié,
‘katapausis’ nie. Dit sou, mits mens die gewone en “praktiese onderhouding... waarneming / onderhouding / onthou / heilighou van die Sabbat-Dag”, daarin sou gelees het.
PdT
“Paulus sê uitdruklik dat al die gebooie ("watter ander gebod ook
al") saamgevat word in hierdie woord: jy moet jou naaste liefhê soos
jouself (Rm 13:9).”
Gladnie so maklik as wat u
dit wil maak nie, geagte Philip du Toit, want dit “sê uitdruklik dat al
die gebooie ("watter ander gebod ook al") ... in
hierdie woord: jy moet jou naaste liefhê soos jouself (Rm 13:9)”, behoue
bly! “Die hele wet
word vervul deur die gebod van die liefde (Gl 5:14)” beteken niks anders en niks minder nie as dat ‘die hele
wet ... deur die gebod van die liefde (Gl 5:14)’, bekragtig
word!
Vergeet ook nie dat
hierdie ‘liefdeswet’ wat jy so kwistig uit die Nuwe-Testament aanhaal, juis die
Seël van Egtheid en Gesaghebbendheid op ‘al die gebooie ... "watter
ander gebod ook al"’, van Ou-Testamentiese
ingewing was! Met sy ‘Liefdeswet’ waarborg
God ‘al die gebooie’.
"Watter ander
gebod ook al"’, God is Outeur en Ingewer daarvan ... én, Instandhouer! Vergeet dit nie! Wat het Jesus anders gedoen toe Hy oor
hierdie saak gespreek het? Het Hy na
die ‘Liefdeswet’
verwys om daarmee die wette
tot niet te maak wat sê, “Jy mag nie doodslaan” nie, of "watter ander gebod ook al"?
Geen Woord van God gaan
tot niet nie, maar elke Woord van Hom word uitgevoer en waargemaak. En ek moes
besef: God se Woord is God se Woord; daar is nie party Woorde van Hom wat
verbygaan en ander wat vir ewig staan nie; party wat net tydelik geld, en ander
wat langer bly geld nie. Soos God so is elke Woord van Hom: ewig!
God se Wet is een in God
se Woord, Jesus Christus! Daar is geen ‘Ou-Testamentiese’ wet wat ooit nie sal
geld nie of ooit sal ophou om waar te wees in Christus nie: Hulle almal het
hulle waaragtigheid eers in Hom ontvang,
en in Hom hulle geldigheid laat blyk en ten uitvoer laat bring! En toe Jesus – om so gou as moontlik by die
kern van die saak te kom want dit is die lewensbelangrike kern – en toe Jesus
aan die kruis genael word, Kyk! En sien! Die Wet van God, en in Hom alle wette
van God, met Hom en in Hom – ja, en deur Hom – “uit die weg geruim”! Want
Jesus sterwe, God se
Woord, God se Wet, Gód, se Wil! En Die Wet van God uit eie Krag, lê sy
Goddelike Lewe neer, en “Geregtigheid en Wet”, omhels, en “kus mekaar”, in
die Seun van God in sterwe van die ewige dood vir sondes: “Want die Krag van die
sonde, is ... Die
Wet”! Sodat Hy die Krag het – die Goddelike Krag –
om sy Lewe te kán, neerlê, en waarsonder Hy nié die krag – die Goddelike Krag –
sou gehad het waarmee en waarin Hy weer, sy Lewe sou kon opgeneem het nie! Dit,
is wat Paulus genoem het, “Die Krag van God” wat die Krag van die “Evangelie van Jesus Christus” was en is en sal wees, die Krag van die Wet van God en
van ‘al die gebooie ... "watter
ander gebod ook al"’!
Die Krag wat uit die dood kon opstaan was die Krag wat in die dood kon
neerdaal; die Krag wat in die dood kon neerdaal, was die Krag wat uit die dood
uit opgestaan het: Dit was die Wet, Jesus, “wat aan hulle rus” en lewe “verskaf
het”. “Verskaf het” – voldonge,
volstrek, daar’s niks meer vir jou of vir my om te doen nie; Jesus het die rus
verwerf en Hy het ons deur en met Homself, daarin ingebring. Dit is om van te
jubel; dit is om oor te juig! “Daarom, Laat julle julle
deur niemand (van of in die wêreld) oordeel of veroordeel
insoverre dit julle ete en drinke of insoverre dit julle ete en drinke van fees
of maandse feesviering van Sabbatte aangaan nie, want, dit is net maar ’n
voorsmakie, net maar nog die spektrum, van toekomstige dinge, die Liggaam van
Christus se Eie ... wat met Goddelike groei groot word!” Kol2:16-17, 19. Sabbattefees is spektrum van Kerk van
Christus-wees!
‘Wet’, ‘verval’ / ‘Ontslae van die Wet’?
PdT: “In Christus het enige vorm van wet verval.”
PdT: “Hoe kan ons
"ontslae" wees van die wet en dit "afgesterf" het (Rm 7:6)
en "nie meer onder die wet" wees nie (Rm 6:14,15), maar steeds
verplig wees om die Sabbat te hou?”
Van Watter ‘Wet’?
Van watter ‘wet’ moet ons ‘ontslae’ wees deur dit ‘af te sterf’?
Volgens u, PdT, is dit “die ganse wet... insluitende die tien gebooie... die
totale Ou Testament”.
Volgens u, PdT, is daar net een ‘wet’, “die ganse wet (alle geskrewe wette, insluitende
die tien gebooie, asook die ganse pentateug) en profete: dit wil sê die totale Ou Testament in Christus
vervul. Niks is daarvan
uitgesonder nie. Ook nie die sabbat nie. Die onderhouding van die sabbat
is ‘n Ou-Testamentiese instelling, saam met al die ander wette. Dit alles
was slegs ‘n skaduwee, wat op Christus gedui het en in en deur Christus vervul
is.” (Beklemtoning CGE)
‘Vervul’
Nou bedoel u met “vervul”, dit: “... dat die wet nie meer van toepassing is... om te sê alle
wette is opgehef... dit (is) Ou Testamenties... die oue is verby... Daar is geen Nuwe
Testamentiese nie. (Die Skrif) vereis juis nie... (Die Skrif) praat nie van ... spesifieke nie... dus nie fisiese nie...”.
“Is in Christus vervul... dui die
aanbreek van totale geestelike wedergeboorte aan... (is) hoe mens deel raak van die Nuwe Verbond. Daarmee het Christus weggedoen
met alle vorme van fisiese wette. Hy het weggedoen met vlees.”
(Beklemtoning CGE)
Dit is wat “vervul”,
vir u beteken; dit is die ‘afsterf’ van
daardie “ander wet in my lede
… die wet van die sonde”.
Wat sou dit baat om u te wil antwoord?
Wie moet sterf?
Wie moet
sterf om hierdie ‘wet’ ‘af te sterf’? Die ‘wet’? Nee, hierdie ‘wet’ moet deur
die méns, afgesterf, word! Die ‘wet’
– hierdie ‘wet’, moet sterf, ja, maar ‘óns’, moet dit “afsterf”. Dit vertel
mos al klaar watse ‘wet’ hierdie is. Of rêrig?
Is dit “die ganse wet... insluitende die tien gebooie... die
totale Ou Testament”? As dit so was, waar gaan ons nou hierdie
‘wet’, “die ganse wet... insluitende die tien
gebooie... die totale volle Ou Testament” in Paulus se woorde inskuif, want hierdie ‘wet’ is mos “die oue”, en
is mos “verby”?
So, wat is die ‘oue’, en
wat is ‘verby’, in Paulus se uitspraak hier? Dit: “Die vlees” waarin
en die wet van “die vlees” waaronder
ons voorheen “nog was”; “die sondige hartstogte” en die wet van “die sondige hartstogte”, wat nou, “aangesien ons dit afgesterf het”, ‘oud’
geword, en “verby” gegaan het.
Watter ‘wet’ is dit dan waarvan
Paulus praat? Hy noem dit elders “die wet
van die dood”. (8:2) Lyk dit hier,
na “die wet van die dood”? Absoluut!
Is dit die ‘wet’ van “die vlees”
en “die sondige hartstogte”, “die wet van die dood”? Hoe kan mens nog
twyfel?! Dit is ‘die wet’ wat “in ons lede gewerk het om vir die dood
vrugte te dra”. Dit is “die wet
waardeur ons gebonde was”. Dis
‘wet’, waarvan Paulus hier, praat!
Is dit, “die ganse wet... insluitende
die tien gebooie... die totale volle Ou Testament”? Om te sê is om teen wat vir God ‘heilig en goed’ is, te
laster!
Is dit, die ‘wet’ wat “in ons
lede werk om vir die dood vrugte te dra”, “die ganse wet... insluitende die tien gebooie... die totale
volle Ou Testament”?
Is dit, “die wet waardeur ons gebonde was”, “die ganse wet... insluitende die tien gebooie... die
totale volle Ou Testament”? Was u al ooit deur die Ou-Testament “gebonde”, “gebonde
om vir die dood vrugte te dra”? “gebonde om die vlees” en “die sondige hartstogte” te gehoorsaam?
Ek was nooit nie! Ek was nog altyd juis deur “die sondige hartstogte” van myself en “innerlike mens” daartoe “gebonde”
– daartoe “gebonde om vir die dood vrugte
te dra”!
Noem die Woord, nie die
‘Wet’, “die Wet van vryheid” nie?
Maar daar is die ‘wet
van die dood wat in ons lede werk’, wat sê, “Die siel wat sondig, moet sekerlik sterf!” Wie se Woord is dit? Is dit God se Woord? Is dit God se Wet? Gaan
hierdie Wet onder die “wet van die
verganklikheid”, die dood, gebuk? Word die woord, die gesag, en die krag
van hierdie Woord, ooit oud? Gaan God se Woord ooit verby? A! “Die
dag as jy daarvan eet, van die boom van kennis van goed en kwaad, sal jy
sekerlik sterwe ...” sê Wie?
Praat ons van dieselfde
‘wet’?
“In”, of “deur die oudheid van
die letter”, dit is, “in” (of) “deur”, of, “op
sterkte van die oudheid van die
letter” verklaar Paulus, “op sterkte
van die Wet (wat) die Krag van die sonde” is: A! hier kom dit uit: “deur” daardie ‘Wet’, “in die
Krag” van daardie ‘Wet’, “op sterkte
van” daardie ‘Wet’— “op sterkte van die oudheid van die letter”— gebeur
dit: “Dan
sal vervul word die Woord wat geskrywe is: Die dood
is verslind in die Oorwinning! … God sy dank wat
ons die oorwinning gee, deur (“in die Krag / op sterkte van”) onse Here Jesus Christus!” Die ‘Wet’ wat óns, dóód, is die
Wet wat ons die oorwinning gee, is Hý,
“Onse
Here Jesus Christus”, “Wat die dood tot niet gemaak het en die lewe en
onverderflikheid aan die lig gebring het”. “Want as ons met Hom, gesterf het, sal ons ook met Hom lewe.” “Dit is ’n betroubare woord!”
“Deur die verskyning van
ons Verlosser Jesus Christus wat die dood (in ons lede) tot niet gemaak het (word) die lewe en
onverderflikheid (“in ons” “innerlike mens”) aan die lig gebring”!
Dis hoe die saligheid werk. Trouens, “Geseënd is die God en Vader van onse Here
Jesus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ’n lewende hoop deur die
opstanding van Jesus Christus uit die dode.” 1Pt1:3.
Hoe deeglik het ons ons
vergis, om te gereken het ‘die wet’ waarvan Paulus gepraat het, is “die ganse wet... insluitende die tien gebooie... die
totale... volle Ou Testament”?
“Aangesien ons dit” – daardie “vlees”
en “sondige hartstogte” –, “afgesterf het, dien ons (God nou) in die nuwigheid van die Gees en nie in die
oudheid van die letter nie”. Hier,
weereens, is Hý daar,
“Lewendmakende Gees”! Christus Jesus, Wet van God. En daarmee verklaar Paulus dat die ‘Wet’, “die ganse wet... insluitende die tien gebooie... die
totale... volle Ou Testament”,
nié oor die mag beskik om sonde met die dood te beloon nie óf Geregtigheid met die Lewe nie, maar
dat dit by Hom berus wat die sleutel van die
doderyk hou. Dit is Hý wat die mag het (nie net ‘gehad het’ nie, maar hét) om
sy Lewe neer te lê soos wat Hy die mag het om dit weer op te neem. Die krag van
die sonde is die Wet; maar die Krag van die Wet is die Ingewer van die Wet. Die
krag wat die Wet wil tot niet maak of van ontslae wil raak, sal eers die Gewer
van die Wet tot niet moet maak alvorens hy van die Wet ontslae sal wees. Die
keuse is joune om te besluit of jy dit gaan waag of nie.
Ek het ’n veel radikaler wegdoen-standpunt as jy ingeneem, PdT,
en het moes eindig op ’n veel radikaler behoudende
standpunt as jy, sodat die Wet na en deur en as gevolg van Jesus se ‘vervulling’
daarvan, éérs “geldig
oorbly vir die Volk van God”, en
trouens as “die ganse wet... insluitende die tien
gebooie... die totale volle Ou Testament”, insluitend veral, “’n onderhouding van die Sabbatdag vir die Volk van God”. Wat die verskil maak, is dat ek die
vervulling van die Wet nie in metafisiese fantasie verstaan nie, maar in, deur,
en op krag van Christus se opstanding uit die dode.
‘Ontslaewees’
‘n swaarder juk
Dit is PdT se “Skriftuurlike gronde”, sy “Skrif daarvoor”: “(2 Kor 5:17)”, “die oue is verby, kyk alles het nuut geword”, dat die Christen van die Wet ‘ontslae sal wees’, of te wel, “moet wees” = ‘Wet’! Lees: ‘Die
oue is verby, kyk alles het nuut geword, dus, van nou af is die Wet: Die
Christen moet van die Wet ontslae wees --- óf hy is ’n oortreder van die Wet’. G’n mens kan van die Wet ontslae wees nie! Beste voorbeeld: Eers was die Wet: “Onthou die Sabbatdag dat jy
dit heilig hou.” Nou is die Wet: ‘As jy die Sabbatdag onthou en heilig, is jy oortreder,
want: Jy mag nie meer die Sabbatdag onderhou nie.’ Dis die regte ‘verstaan van hoe die Nuwe-Testament oor die
wet praat’, hoor ek. Ek sê, hierdie ‘regte
verstaan’ is bo my vuurmaakplek. Om
van die Wet of die Sabbat van die Wet ontslae te wees, vereis meer insig as
waaroor ek kan beskik. Die wet van die logika van die veronderstelling die
Christen moet van die Wet ontslae wees, is vir my, te swaar om te doen. Bowendien is God nie eers die Regter by my
oortreding van hierdie wet nie, want waar
geen ‘fisiese’ Wet is nie – so vertel hierdie selfde ‘nuwe wettesiste’ –
net die ene waarvan ons ontslae moet wees, kan daar ook geen oortreding wees nie,
en dus geen advokaat of regter met magte wat dit aanbetref nie. Ek meen, dit
bestaan mos nie meer nie. Soos ek sê,
hierdie ‘nuwe wet’ is vir my een wet te swaar.
Nou is mens op sulke
‘logika’ of simpelpraatjies aangewese om al die virs en teens van hierdie wet
uit te maak omdat daaraangaande eenvoudig net nie “in die wet en die profete Geskrywe
staan” nie. Baie boeke maak bring verdriet;
daar kom geen einde aan nie.
Wat jy verstaan as “die volle vervulling”, is: “– die oue is verby, kyk alles het nuut
geword” ... Op ’n ander plek
verklaar jy by voorbeeld, “Omdat Jesus
die Sabbat in Homself vervul het”.
Dit sê, Jesus is die vurvulling van die Sabbat. Dit sê nie die Sabbat is “verby”
nie. Dit sê die Sabbat, het nuut geword deur en in die Sabbat se vervulling
deur en in Jesus Christus. Dit sê ek wel ook soos jy. Ek sê, anders as jy, Dit
beteken nie die Sabbat is “verby” nie. Jy is inkonsekwent, ek is
konsekwent.
Hoe ookal, 2Kor5: “1) As ons aardse woning afgebreek word … het ons ’n gebou
van God … 2) Ons verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word … 4)
Ons wat nog in die tent is, sug … omdat ons oorklee wil word, sodat die
sterflike deur die lewe verslind kan word. Maar Hy wat ons hiervoor toeberei
het, is God, wat ons ook die Gees as onderpand gegee het. … 5) as ons in die
liggaam inwoon, woon ons van die Here uit. 6) want ons wandel deur geloof en
nie deur aanskouing nie … 9) Daarom lê ons ons ywerig daarop toe – of ons
inwoon of uitwoon – om Hom welbehaaglik te wees. … 13) Want as ons uitsinnig
is, is dit tot eer van God; en as ons by ons verstand is, is dit om julle
ontwil: 14) Want die liefde van Christus dring ons. … 15) Hy het vir almal
gesterwe sodat die wat lewe nie vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat
vir hulle gesterf het en opgewek is. 16) Ons ken dan van nou af niemand meer na
die vlees nie, en al het ons ook Christus na die vlees geken, ken ons Hom tog
nou nie meer so nie. 17) Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe
skepsel; die ou dinge het verbygegaan; Kyk, dit het alles nuut geword en dit
alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus ….”
Asseblief! Ons het hier te doen met die nuwe en ewige
lewe deur Jesus Christus wat ons met Homself versoen het. Laat ons ons ywerig
daarop toelê om Hom welbehaaglik te wees, nie asof ons van ons sinne beroof is en
heeltemal wetteloos geraak het nie,
maar by ons verstand, tot
eer van God, om Waarheids ontwil!
Hierdie was die mees onvanpaste Skriftuur wat u vir u argumente durf
aanwend het om van Die Here se Sabbatdag “ontslae (te) wees”!
Van watter ‘wet’ ‘ontslae’
wees deur dit ‘af te sterf’?
PdT: “As mens verstaan hoe die Nuwe Testament oor die wet praat,
spreek dit eintlik vanself of dit nodig is om die Sabbat te hou of nie. Hoe kan
ons "ontslae" wees van die wet en dit "afgesterf" het (Rm
7:6) en "nie meer onder die wet" wees nie (Rm 6:14,15), maar steeds
verplig wees om die Sabbat te hou? Paulus sê uitdruklik dat al die gebooie ("watter
ander gebod ook al") saamgevat word in hierdie woord: jy moet jou naaste
liefhê soos jouself (Rm 13:9). Die hele
wet word vervul deur die gebod van die liefde (Gl 5:14).”
“Hoe kan ons "ontslae" wees van die wet en dit
"afgesterf" het (Rm 7:6) As mens van die Wet ontslae wil wees, dan moet jy hom gehoorsaam!
Terwyl ons nou hierdie
verwysings byderhand het, laat ons (een vir een) na hulle gaan kyk, of hulle sê
wat u sê hulle sê.
PdT: “(Rm 7:6)”: “Hoe kan ons
"ontslae" wees van die wet en dit "afgesterf" het (Rm 7:6)”?
“Want toe ons nog in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die
wet kom, in ons lede gewerk
om vir die dood vrugte te
dra. Maar nou is ons ontslae van die
wet waardeur ons gebonde was – aangesien ons dit, afgesterf
het – sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die
oudheid
van die letter nie.” Ro7:5-6.
“Ek sien ‘n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet
van my gemoed en my gevange neem onder die
wet van die sonde wat in my lede
(na die innerlike mens) is. Ek,
ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood? Ek dank God deur Jesus Christus,
onse Here!” Ro7:23-25.
“Maak dood dan julle lede wat op die aarde is ... waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid
kom, waarin julle ook vroeër
gewandel het toe julle daarin geleef het. Maar nóú moet julle dit
ook alles, aflê, … ómdat julle die oue mens, met sy werke afgelê hét en julle met die nuwe mens
beklee hét wat vernuwe wórd
tot kennis na die beeld van sy Skepper!” Halleluja, prys die Here, o my siel!
“As julle dan saam met Christus die eerste
beginsels van die wêreld afgesterf het ... as julle dan
saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus aan die
regterhand van die God sit ... Want julle
het gesterwe, en julle lewe
is saam met Christus in God verborge.” Kol3:5a, 2:20, 3:1, 3.
Ek wil hê PdT moet sien
hoe hý – nie ekke of Paulus of wié ookal ánders nie, maar hoe hý, hierdie vraag
honderd persent korrek en totaal
duidelik, sélf, beantwoord!
PdT: “As mens
verstaan hoe die Nuwe Testament oor
die wet praat, spreek dit eintlik
vanself of dit nodig is om die Sabbat te hou of nie. Hoe kan ons
"ontslae" wees van die wet en dit "afgesterf" het
(Rm 7:6) en "nie meer onder die
wet" wees nie (Rm 6:14,15), maar steeds verplig wees om die Sabbat te hou?
Paulus sê uitdruklik dat al die gebooie ("watter
ander gebod ook al") saamgevat
word in hierdie woord: jy moet jou naaste liefhê soos jouself (Rm
13:9). Die hele wet word vervul
deur die gebod van die liefde (Gl 5:14).” (Onderstreping CGE)
Daar het jy dit. Geen
twyfel nie, As mens verstaan hoe die Nuwe Testament oor die wet praat, het jy geen probleem verder om die ‘kwessie’ omtrent die
Wet te verstaan nie— terloops ’n
‘kwessie’ wat gladnie soos wat die apologete (ek hou meer van ‘apologiste’ want
hulle gis meer as iets anders) dit maak, in die ganse Skrif eers aan gedink
word nie, én, wat die apologiste nooit ooit sélf aan sou gedink het nie, was
dit nie dat hulle die Dag van die Here so vrees en haat nie. Mens sou kon sê,
hoe kan iemand op PdT se verduideliking wil verbeter, mits hy bereidwillig sou
wees om God op sy Woord te neem en sy Wet te gehoorsaam? Beswaarlik sou iemand
kon!
Waarom, van die wet "ontslae wees”?
Tog, twee ongediertes skuil in presies hierdie mooi en ondubbelsinnige
‘verduideliking’ van PdT. Waarin bestaan hulle?
Soos altyd maar by enige en alle wanhopige pogings om God se Wet en die
ewige geldigheid daarvan te negeer: by die Skrif! By die ‘Skrif’ wat so gladweg
en onskuldig en gesaghebbend aangewend word— nee, wánaangewend word!
PdT: “As mens verstaan hoe die Nuwe Testament oor die wet praat,
spreek dit eintlik vanself of dit nodig is om die Sabbat te hou of nie. Hoe kan
ons "ontslae" wees van die
wet en dit "afgesterf" het (Rm 7:6) en "nie meer onder die wet" wees nie (Rm
6:14,15), maar steeds verplig wees om die Sabbat te hou? Paulus sê uitdruklik
dat al die gebooie ("watter ander
gebod ook al") saamgevat word in hierdie woord: jy moet jou naaste liefhê
soos jouself (Rm 13:9). Die hele wet word vervul deur die gebod van die
liefde (Gl 5:14).” (Onderstreping CGE)
(1) “die wet en dit "afgesterf" het (Rm 7:6)”
(2) “word vervul deur die gebod van die liefde (Gl 5:14)”
(1) Antwoord / Weerlegging: ‘Skrif’, met Skrif!: “Want toe ons in die vlees
was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom in ons lede gewerk om vir
die dood vrugte te dra; maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons
gebonde was, aangesien ons dit, afgesterf
het sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van
die letter nie.”
“... aangesien ons dit, afgesterf het”—
Waarvoor staan “dit”?
“For
when we were dead, the motions of
sins worked in our members ... but now we are delivered from the law, that being dead wherein we were held,
that we should serve in newness of spirit.” “Dit”
staan vir “ons
lede” waar-“in die sondige hartstogte gewerk
het om vir die dood vrugte te dra”.
Dus: Die “dit” wat “ons afgesterf het”, is nié, “die wet” nie.
“Dit, waarin ons vasgevang was, ons lede (waar-)in die sondige hartstogte gewerk het om vir die dood
vrugte te dra”— “that wherein we were held”— “die sondige hartstogte”, “dit, het ons afgesterf”! Soos wat ons “ons lede” en “die sondige hartstogte”, “afgesterf het”,
só, het “ons
van die wet” wat sê: “Die siel wat sondig, dié
moet sekerlik sterwe!”, “ontslae (ge)raak”.
O, die Wet “geld steeds”, maar net oor hom wat nié “dit, waarin ons vasgevang was
– ons lede (waar-)in die sondige hartstogte gewerk
het om vir die dood vrugte te dra – afgesterf het” nie. En wie is
dit? Dit is hy oor wie die Here Hom ontferm het. Dit is nie die goddelose
nie, maar die Kind van God! Here, wees
mý, sondaar voor en onder u Wet,
genadig?!
En al hierdie aanvegtinge
teen die Wet van die Here, net om van die
Dag van die Here, die
Sabbatdag, ‘ontslae te wees’! “God se Wet verklaar: Nooit!” (mee ghênoito) “That being dead wherein we were held”, is nie die Wet van God nie, maar is ons ‘lede’: “Maak dood dan julle lede wat op die aarde is,
naamlik, hoerery, onreinheid, hartstog ....”. Kol3:5. “Deurdat julle die Woord (van die Wet) van die Lewe vashou.” Flp2:16. “Want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak,
sal julle lewe.” Ro8:13. “Die Woord (van
die Wet) van
die Lewe” is “die Gees” van God— is nie óns gees nie; óns gees
moet juis doodgemaak word, want óns gees is ons “lede wat op die aarde is”, wat ons “moet doodmaak!”—Wet!
sodat “julle
sal lewe” na “die Woord (van die Wet) van die Lewe”.
Mag God ons daartoe help!
(2) Antwoord / Weerlegging: ‘Skrif’: “word vervul deur die gebod van die liefde (Gl 5:14)”, met Skrif: “Want die
hele
Wet, word vervul, in, een
Woord, naamlik: “Jy moet jou naaste soos jouself, liefhê.” “Vervul deur
die gebod” versus “Vervul, in, een Woord”.
PdT: “(H)oe die Nuwe Testament oor die wet praat”, is, “vervul deur
die gebod”.
Paulus: “(H)oe die Nuwe Testament oor die wet praat”, is, “Vervul, in, een Woord”.
“Vervul deur
die gebod” is ‘die wet van die dood wat in my werk om vrugte vir die dood te dra’— werkesaligheid, eiegeregtigheid.
“Vervul, in, een Woord” uit die Ou-Testament oorgebring: “Jy moet jou naaste soos
jouself, liefhê!”— is die Wet van die Lewe
en van die Gees wat in my werk om vrugte te dra. “Die vrug van die Gees is liefde”, Ef5:9; die “vrug tot heiligmaking”, Ro6:22; “vrug vir die ewige lewe”, Jh4:36.
Daarom: As mens verstaan hoe die Nuwe Testament oor die
wet praat, spreek dit eintlik vanself hoekom dit nodig is om die Sabbat te hou.
Want ons is ontslae van die wet van sonde omdat ons ons lede van sonde,
afgesterf het (“Uit genade is julle gered”)— om so van die wet van die dood
ontslae te wees en "nie meer onder die wet" te wees nie maar
Sabbattefees vierend, ons verlossing deur en in Christus te geniet. Want Paulus sê uitdruklik dat al die
gebooie, "watter ander gebod ook al", saamgevat word in
hierdie woord: jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Die
hele wet word
vervul deur die gebod van die liefde. As mens verstaan hoe die Nuwe Testament
oor die wet praat, spreek dit vanself hoekom “onderhouding van die Sabbatdag
nog vir die Volk van God standhou”.
Die wet van
geloof is wet van werke
PdT: “Rm 8:1-4 "Daar is dan nou geen veroordeling vir die
wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
(2) Want die wet
van die Gees van die lewe in
Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.
(3) Want God het wat vir die wet
onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy
eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van
die sonde, die sonde veroordeel
in die vlees, (4) sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees
wandel nie, maar na die Gees."
“Daarmee het Christus
weggedoen met alle vorme van fisiese wette”
--- Hiermee: “sodat die reg van die wet vervul kon word in ons”? Was dit nie u wat benadruk het nie?! Behalwe vir die enkele leestekens wat – oënskynlik – in bogenoemde Skrifture
skeel, wat sou dit vir u argument,
– Daarmee het Christus
weggedoen met alle vorme van fisiese wette
– kon beteken?
PdT: “Saam met die
werking van die Gees in en deur ons lewens gaan geloof. Die wet van geloof kom in die plek van die wet van werke (Rm 3:27-28). Geloof berus
in alle opsigte op die verdienste van Christus ... al God se wette en profesieë
is vervul, nagekom, ingesluit
en vervat in Jesus Christus self ... om Christus te ken oortref alles in waarde.”
PdT: “As ons sê ons moet in Christus glo, maar ook die Sabbat
onderhou, dan maak ons die Sabbat ‘n addisionele vereiste vir verlossing.”
‘Glo!’, is
‘Wet’! “As ons sê ons moet in Christus glo”, dan maak
ons dit wat ons sê, soos, “Ons moet in
Christus glo”, ‘wet’— vir die mens om na te kom en te
ongehoorsaam! ‘Ons moet in Christus glo’, is gedwonge
of kan gedwonge wees, en kan dan mensegebooie
wees. (Soos by voorbeeld hoeveel keer in
die geskiedenis gebeur het dat hele volke voor die
swaard se punt ‘gedoop’ was.) Enige ‘Moet!’, is ‘wet’; ‘Moet is gedwonge; trane,
kindergesang’. Geen verskil met die Sabbatsgebod nie.
Niemand kan in Christus glo deur te ‘moet glo’ nie; maar “Niemand kan bely (of ‘glo’ of help bely of glo) dat Christus die Here is nie, behalwe, deur die Heilige
Gees”. “Want die liefde van Christus
dring ons.” 2Kor5:14. Die gawe van Homself in die hart van sy
geroepene bring die glo-daad van die
geloof in Christus, in hom voort, en is genadegawe van God Self, sonder eie-verdienste
van die mens. Geen verskil met Sabbats-geloof nie.
Nie die mens se doen of late nie het tot die geloof in
Christus aanleiding gegee of dit geskep nie, maar Christus het in ons harte,
aanleiding tot die werke van die saligheid gegee en dit in ons lewens geskep – werke
wat vrug is, vrug in onderskeiding
van die lewenssap wat die vrug voortbring. Geen
verskil met Sabbats-geloof nie.
PdT: “... verstaan
van die posisie wat die wet moet inneem in die lewe van die Nuwe Testamentiese
Christen”. Hier is jou eie bekentenis en erkenning, “die wet moet posisie inneem in die lewe van die Nuwe Testamentiese Christen”. Want jy ‘verstaan’ dít, maar gló, maar verstaan nie, “In Christus het enige vorm
van wet verval.”
Soos uself uit u eie skrywe uit kan sien, sal u hierdie ‘ding’, ‘verval’ of
‘weggedoen’, in geen Skrif
vind of uit geen Skrif kan wring nie. Nie eers as u in plaas van ‘verval’, ‘in die plek van’ gaan sê nie. Ook nie ‘in die
plek van’, is, ‘verval’ nie.
Christus in die vlees aan
die kruis genael en daaraan ter helle neerdalende, en met en in en deur Homself
en as Hyself, alle Wet en wette van God met en in en deur Homself en as Hyself!
Hierin
het Christus getriomfeer, en in sy
triomf het sy vlees geen verderwing gesien nie, “Want U sal My siel nie aan
die doderyk oorlaat of U Heilige oorgee om verderwing te sien nie. U het My die
weë van die
Lewe
bekend gemaak, U sal My met vreugde by U Aangesig vervul” in Opstanding uit
die dode! Word Hy verhef tot en verheerlik
aan die regterhand van die Almagtige: “En kyk, met die wolke van die hemel het
Een gekom soos die Seun van die Mens, en Hy het gekom tot by, die Oue van Dae,
en hulle het Hom nadergebring, voor Hom, en aan Hom is gegee heerskappy en eer
en Koningskap.” Medeverhef en
medeverheerlik, met en in en deur Homself
en as Hyself: Aanskou die Wet van God! Alle wet en wette – God s’n – ‘verval’, mee ‘weggedoen’
soos die verderwende vlees van ’n sterfling? Vergewe
my my God, die gedagte!
Hier word die eintlike
verskil tussen ons sieninge blootgelê— u
siening is nie radikaal genoeg nie!
U maak tóg nog plek vir ’n ‘in die
plek van’-teologie! U sê, “Die wet van geloof kom in die plek van die wet van werke.” Sodoende maak u van ‘die
wet van geloof’,
’n ‘wet van werke’ : “As
jy nie glo nie, is jy verlore! Jy móét glo!” Dis ’n ongenadiger en ongenaakbaarder ‘wet’
as enige ‘wet van werke’, want niemand kan glo tensy die geloof hom genadiglik mét Christus geskenk word nie. Nou wil
elkeen sy vertoon van eie werke voorsit.
In die plek van die Wet
... in die plek van die Goddelike en Geskrewe Wet, die ganse Woord van God in
die Skrifte van die Ou- én Nuwe-Testament-Boek, in die ganse plek dáárvan, kom
die
Ewige, Lewende,
Wet-in-Persoon en Persoon-in-Wet, van Christus Jesus die In Opstanding uit
die dode Vleesgeworde Verrese Woord-Wet van God. Presies hieruit, kom die onlosmakelikheid van die
‘Christus-Wet’ en die Skrifte. Daar kom nooit weer iets nuuts of anders in die
plek van hierdie onverdeelbare en onvervreembare eenwording nie; dit sal tot in
ewigheid bly geld: “Volgens die Skrifte”: Christus Jesus, Woord van God!— “Volgens
die Skrifte”: ‘Volgens die Wet’, die Evangelie-Wet! Vir nie die kortste oomblik
ontbreek en geld hierdie wedersydse bestaansverhouding tussen die Evangelie en
die Wet nie. Dit is oor hierdie Skrif-Evangelie
wat Paulus uitroep, “Want ek skaam my nie vir die Evangelie van Christus nie, want
dit is ’n krag van God tot redding vir elkeen wat glo: ... Want
die
Geregtigheid van God naamlik, word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof:
soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe!”
Dit is hierdie vaste,
geldende bestaansverhouding tussen die ‘ou’ Wet van God en die Wederopgestane
Vlees-Wet van God, die Seun van God en Seun van die Mens Jesus Christus onse
Here, wat alle en elke sogenaamde ‘argument’ teen God se Sabbatdag ontmasker en
in die openbaar tentoonstel vir wat dit is: bespotlikheid. Want so waar as wat
die mens leef, sal hy nie instaat kan wees om te gaan
sónder een of ander ‘in-die-plek-van-teologie’ nie. Dit is
teen sy natuur en teen sy grein; die mens wíl
‘onder die wet’ lewe; wéíer om daarsónder klaar te kom = ‘Móét’, in die plek van een wét, ’n ander wét,
inbring.
Tensy genade optree en
intree en “alles nuut maak” in Christus Jesus. God het ‘alles nuut gemaak’ eens
en vir altyd en alle lokaliteite as Christus Jesus uitgesluit. God het geen
werk van Hom eenkant in die geheim gedoen nie. Jesus Christus is die Openbaring
van die Godsaligheid, en al die werke van God voor Christus was maar net sy uitwerk
in tyd (ons tyd wat Hy sy tyd gemaak het net soos ons vlees, wat Hy sy vlees
gemaak het) van “die
Uitnemende Grootheid van die Krag van sy Sterkte wat Hy gewerk het toe Hy
Christus uit die dood uit opgewek
het”— daarop, daarin, “in ’n oogwink”, “Op die Sewende Dag, het
God van al sy werke gerus”.
Laat my jou daaraan herinner, PdT, hierdie laaste is ’n ‘Nuwe-Testamentiese’
Skrifwoord: Hebreërs 4:4-5.
God “voltooi”: Hy “maak klaar”, dít waarmee Hy werksaam is en was en
sal wees; “dít, is alles nuut gemaak”. ‘Nuutgemaak’
is nie iets anders gemaak nie. Want dit sou moes impliseer dat dít waarmee
God besig wás en voltooi hét en tot dóél gebring het, was nié “goed”, nié “baie goed”,
nié nóg beter “voltooi”, nié nóg beter “geseën”, nié nóg beter “geheilig”, nié nóg beter “vernuwe” nie ...
maar was ... ’n
mislukking. Dit is wat Sondag-heiliging nie kan help om te impliseer
nie. Dít is wat Sondag-heiliging, a
priori uitskakel as Christelike Dag van Aanbidding: hierdie
Skrifgebondenheid wat dit behoort te
gehad het sou God dit vir
Christelike Dag van Aanbidding gewil en
bestem het— presies daardie Skrifgebondenheid wat Die Sewende Dag Sabbat:—
“van
die HERE jou God” — behoort te gehad het
en inderdaad ontvang het, juis omdat God dit vir Christelike Dag van Aanbidding gewil en bestem hét.
Een ding is ek steeds en
dag vir dag sekerder van, Dit is onse Vader en Here Jesus wat deur die Gees van
God ons by die Skrif hou en
terugbring na sy Heilige
Wet. Ware ‘Vrymaking’ beteken: Onder die Wet van die Woord van God gebring en deur dieselfde Wet gebonde.
’n Wet by die
Evangelie
PdT, “As ons sê ons moet in Christus glo, maar ook die Sabbat
onderhou, dan maak ons die Sabbat ‘n addisionele vereiste vir verlossing.
Dan voeg ons weer ‘n wet by, by die evangelie.”
En wat sou daarmee verkeerd wees behalwe dat dit “ons” sou wees wat “weer ‘n wet by(voeg), by die evangelie”, naamlik
nogal, die Sondag in die plek van die Sabbatdag? Of, dat ons pleks van met die Sabbatdag, nou
met die Wet wat sê ‘Óns móét’ in Christus glo, geloofsverdienstelikheid ’n
addisionele vereiste vir verlossing maak? Dan voeg ons mos weer, ‘n wet by – bý die
evangelie, naamlik ‘Óns móét’
in Christus glo of ons word nie gered nie? Mens kannie
één Wet van God wegvat nie, of jy sal een van
jou eie in die plek daarvan móét
inbring, en só daarvan werkesaligheid
móét maak. Boonop, as ons sê ‘Óns móét’
in Christus glo, maar sê ons moenie en magnie die Sabbat onderhou nie, dan voeg ons mos weer, ‘n wet by – bý die Evangelie,
wat sê, ‘Jy magnie die Sabbatdag onderhou of dit heilig nie!’ Dan verbeur ons mos die Sabbatdag wat deur
die Hére “vir
die mens” ’n eerste beginsel
vir, en van, Gemeentelike en persoonlike aanbidding van Hóm, “gemaak is”. Dan wil ons beter weet as die
Here van die Sabbat. Dan verag ons sy goeie gawes. Dan reken ons op eie
geregtigheid, want, ‘Ek hou mos nié die
Sabbatdag nie!’ Dis dubbele huigelary.
Die Wet
‘Uitgedelg’ of “Grootgemaak”?
(2Kor5:17)
PdT: “die Nuwe Testament die volle vervulling van die Ou
Testament – die oue is verby, kyk alles het nuut geword (2 Kor 5:17). Daar
is geen Nuwe Testamentiese gronde vir die onderhouding van die Sabbat nie.”
“... alle wette opgehef in Christus behalwe die sabbat?”
Alle wette, ja geen wette, is ‘opgehef
in Christus nie’, ook nie die Sabbat as sodanig of as
‘wet’ nie. (Dis verskillende dinge!) Ja, die Sabbat is geen uitsondering, of
maar een voël wat dink hy maak die somer nie.) Waar kom die woord ‘opgehef’ vandaan, buitendien? Dis weereens een van u gemaakte
woorde – tensy u dit sou bedoel het as ‘opgehef
in Christus aan die kruis’, wat u duidelik en allermins sou wou bedoel
het. Want u vrees dat as die Wet van
God met Christus gekruisig moes geword het
(wat dit waaragtiglik was, want hoe anders sou die Wet aan die kruis genael kon
word as met en in en deur Christus?), dan kon dit ook nie met Christus, in
Christus en deur Christus, ja, as Christus, weer uit die dode ópgestaan het om
te lewe en te heers nie. Want u vrees
die Sabbat sou ook met, in, en deur Christus teruggebring word uit die dood om
vir altyd, “geldend vir die Volk
van God oor te bly” soos die Skrif immers onteenseglik
verklaar, gebeur het! Want alle wette word in Christus vervat, in Hom saamgevat,
bevat, bevestig en
bewaar— Ja, in Christus se eie woorde: “Grootgemaak”! Alle
Goddelike Wet word in Jesus Christus se vervulling daarvan, geldig gemaak omdat ‘vasgemaak’, en vir altyd geldend vasgestel en verseël. Dit is
wat ‘vervulling in Christus Jesus’
beteken; nie afskaffing of ‘opheffing’ of ‘verval’ nie. Slegs dáárom kan 1Tm1:18 hierbo, waaragtig
wees. Was dit nie vir Jesus
Christus nie, “het enige vorm van wet verval” en sou die hele wêreld wetteloos gewees het en in
stryd met sy Evangelie. Maar “So waar as God getrou is, ons woord tot julle was nie ja én
nee nie ... maar was ja in Hóm!” Flp1:18,19c. “Want in Hom hou alle dinge stand”— bo alles, die dinge van God, die ‘Wet van God’. Nie, ‘wet’ per
se nie. Die Skrif ken nie ‘wet’ per
se nie. Die Skrif is God se Woord— Geskrewe Woord. Maar veel groter en
meer, is Christus Jesus, Die Wet van God; God se Gesproke, Vleesgeworde Woord.
‘Vlees’-Woord van God, wat die Christene vanouds, nié geken of gehad het
nie, anders as deur die geloof nie. Hoeveel te meer “bly” die
Wet van God dan nie “geldende
oor vir die Volk van God” van vandag nie! Hoe anders kan dit “vanself spreek dat die wet – waarvan die onderhouding van die
Sabbatdag deel was – slegs ‘n tugmeester en ‘n skaduwee is van
die toekomstige weldade in die evangelie”? “Hoeveel swaarder straf sal hý verdien wat
die Seun van God vertrap het en die bloed van die Testament waardeur hy
geheilig is, onrein geag het en die Gees van Genade gesmaad het?” Hb10:29.
Die Wet van God is nie vervang nie; die Wet
word sedert Christus in Christus vervat; hoeveel gesaghebbender daarom is Die
Wet van God nie juis sedertdien nie! Jy wat in Christus jou skuiling gemaak
het, jy staan vandag onder Koningswet van God en jou lewe is saam met Christus
in God verborge, lewende werklikheid, geskep tot sy eer – waarvoor die Sabbat
se onderhouding vir sy Volk steeds geldende oorgelaat is.
“Hoe het ek die tug gehaat!” maar “die Here tugtig hom
wat Hy liefhet.” “Kom na My toe”, “bring jou hart na die
Tug!” “As julle sonder tugtiging
is, dan is julle
onegte kinders en nie seuns nie.” “Die ‘Bewaarder’ van Israel” is jou ‘Tug-’ en
‘Leermeester’. “Here, leer
ons bid!” “Dan open Hy hulle oor vir die tugtiging.” Wie wil nié
onder die Tugtiging en die Skaduwee van die Wet van God, Christus Jesus, lewe,
en stáán nie? ’n ‘Christen’?
In Christus is enige wet of vorm of soort van wet anders as Hyself, of wat “in stryd” met Hom is, vernietig, “uitgedelg” – kyk Kolossensiërs 2:12-15 by
uitnemendheid! Sodat Christus meer kan
word, en die mens of die wêreld met sy magte en
outoriteite en heerskappye, ‘n bespotting en minder as niks. Selfs sou dit
die Tien Gebooie wees wat “in stryd” met Christus kom, of wat ‘meer vereer’ word as die “Een (wat
die) Gewer
van die Wet is”, dan bring óns groter verering aan die Wet as wat
die Wet self “wettiglik” toelaat,
en bring ons onsself, onder “wetteloosheid” en
onder dit wat “met die gesonde leer in stryd is volgens die
Evangelie”.
Die Evangelie is groter as die ‘Leer’, is
groter as die ‘Wet’. Voor die Evangelie, staan die Wet as leerder, en is die
Evangelie, die Meester. Vir geen oomblik hou hierdie verhouding op nie, verdwyn
die Wetsleerling, en staan die Leermeester voor ’n leë klas nie. Of het ons in hierdie opset te make met
kindergartenklassies nie! (Of charismatic partying nie.) Dis Meestersklas! Die Hoërmeester, Christus, onderrig
die na-graadse Meester, die Wet, sodat hy weer
vir ons, voorgraadse leerlingetjies,
betekenisvol en geslaagd, klas kan gee. Christus verskaf aan die Wet ware vervulling,
sin, betekenis, outoriteit, gesag. Die Wet kom staan voor ons, sy leerlinge,
vol wysheid wat hy by en van sy Hoërmeester geleer en ontvang het. Dit is die Evangeliese verhouding tussen
Christus, Wet, en gelowige.
Met alle wet weggedoen? A nee a! Waar het
jy skoolgegaan? In die Christelike Skool word geleer dat die Tugmeester, die Opvoeder
of Bewaarder, Jesus Self, die Wetsmeester is.
Want ‘in Christus’ was enige wet
of vorm of soort van Goddelike Wet met Homself in Homself en deur
Homself “aan
die kruis genael”. Aanskou die Lam van God
en sien die Wet van God neerdalend ter helle uitgedelg word— en wat met Homself
teenstrydig was, naamlik die wet van die sonde en die dood— uitgedelg word deur
Homself én in Homself; ontslae van geraak, mee weggedoen en agtergelaat, in die
verganklikheid van die dood en die graf gelaat. Met die dood en die sonde is
dit verby, gans en al verval is dit! “Want julle is medegekruisig met Hom”, julle
is uit die genade deur die geloof gedood om te kan lewe, om lewend gemaak,
die self te kruisig en die ou mens af te sterwe. Laat
die dode hulle eie dode begrawe ... Volg julle My! Laat elkeen sy kruis opneem
en My volg. Want wie sy lewe wil red, sal dit verloor; en wie sy lewe om My
Ontwil verloor, sal dit vind ... het ons reeds gesê?
Christus was nooit, en Hy
het nooit in Homself, enige wet teenstrydig
met Homself (soos die wette van die wêreld) meegeneem, afgeneem, om dit weer
op te neem nie. Die wet van die sonde en die dood het Christus in die graf
agtergelaat en Hy is daarom weer “uit die dood uit teruggebring”: Goddelike Wet, “geldende” Wet-Woord van God. Eers dan en
daardeur, “bly” welke ‘fisiese’
nakoming ter opbouing van die Gemeente daar ookal mag wees, “steeds geld”. “Mag die God van vrede wat
die Groot Herder van die skape, onse Here Jesus Christus, deur die bloed van
die Ewige-Testament uit die dode teruggebring het, julle volmaak in elke goeie
werk, om sy wil te doen, deur
in julle te werk wat welbehaaglik
is voor Hom.” Hb13:20-21. Dit is
‘Nuwe’-Testamentiese ‘Wet’. Dit, het,
“Sabbatsonderhouding” ingesluit, en volgens hierdie Nuwe-Testamentiese Wet,
“geld Sabbatsonderhouding vir die Volk van God, steeds”.
“Maar Hy wat ons saam met
julle bevestig in Christus Jesus, en ons gesalf het, is God, wat ons ook
verseël het en die Gees as onderpand in ons harte gegee het.”
Dieselfde gronde, bevestig elke vorm of soort van gelowige nakoming van die Wet van God wat “daar vir die Volk van
God oorbly”— Volgens die Skrifte!
... is die enigste voorwaarde!
“Ek sal my wette in hulle
verstand gee en dit op hulle hart skrywe.” “Wette”, Meervoud, dit is, “alle wette” wat u beweer, “is opgehef”. Hoe sal God dit doen? Deur sy Een Wet in ons
harte in te bring— deur wedergeboorte deur sy Heilige Gees, Christus, in ons
harte in te bring en te verhef. Met Christus, bring God sy hele Wet en al sy wette, in ons hart in, en word alle wette van God in
ons harte bekragtig in Christus Jesus, en so
staan ons nie meer ‘onder die wet’ of “onder die vloek van die wet” nie, maar met die wette van God in die
Een Wet-Woord van God in ons harte,
Jesus Christus.
Daarom, as ons sê ons moet
in Christus glo en sál daarom ook
die Sabbat onderhou, dan maak ons – of liewer - erken ons die Sabbat die ‘addisionele’ vereiste van verlossing, en nie meer vír verlossing
nie— wat die Sabbat immers
nooit maar nooit, was nie. Ek glo
nie eers die Jood roem daarop dat hy deur Sabbatsonderhouding die
guns van God kan of wil
verwerf nie. Ja, as ons sê ons moet in Christus glo, dan eis en maak Verlossing, die Sabbat ’n ‘addisionele vereiste’ – “’n
onderhouding wat steeds geld”— feitlik woordeliks wat Hb4:9 letter vir letter konstateer. Die
saligheid deur en in Jesus Christus,
vra en eis van die Christenmens en Christenvolk Sabbatsonderhouding terúg— feitlik woordeliks wat Hb4:8
verklaar die rede en gronde is “Vir die Volk van God (se)
onderhouding van die Sabbatdag”. Christus
Jesus is dit dan wat ons “dring” om saam met die “Here van die Sabbatdag”, ook “die Sabbat-Dag van die Here jou God”, te “onthou”, te “eer”, te “heilig”— in
die hart te dra! “Dink aan die Sabbatdag dat
jy dit heilig ... Onthou die Sabbatdag, want Ek het jou uit Egipteland uigelei
... As jy die Sabbat ’n verlustiging noem ... jou in die HERE verlustig, sal Ek
jou laat ry oor die hoogtes!”— verklaar die Skrif van Christus,
en van Hom in opstanding uit die
dode, voordat dit ons in gedagte gehad het.
En so word die Aanbidding
van die Enige God, van en vir alle tye op dieselfde vlak geplaas: die vlak van
deur die geloof uit die Genade alleen! Elke aksie het 'n reaksie, en elke aksie
van God, meer as enige ander. God spreek, en dit is; Hy beveel, en dit staan;
Hy
verlos, en ons word
verlos— met alles wat dit behels: Konstant en konsekwent: Volgens die Woord en
volgens die onveranderlikheid en ewigheid van die Almagtige! Waarin ons alle
aanduiding rakende die Sabbatdag vind; en waarin ons hoegenaamd geen aanduiding
rakende Sondag-aanbidding vind nie.
‘Fisies’, én,
óf, ‘geestelik’?
PdT: “Dit is duidelik dat die Hebreërskrywer nie ‘n spesifieke
dag in gedagte het met die gebruik van die term “vandag” (semeron) nie.
Hy bedoel daarmee: enige dag, nou, elke dag. Die sabbatsrus waarvan Heb
4:9 praat is dus ‘n geestelike rus, nie ‘n fisiese rus nie.
Alle fisiese wette is in Christus vervul. Die aanbreek van die Nuwe
Testament dui die aanbreek van totale geestelike wedergeboorte aan. Dit
is die manier hoe mens deel raak van die Nuwe Verbond. Daarmee het
Christus weggedoen met alle vorme van fisiese wette.”
PdT: “die term
“vandag” (semeron) ... (die krywer) bedoel daarmee: enige dag, nou, elke dag.”
Die skrywer praat juis nié van ‘enige’ dag nie; hy
praat van die énige dag van “hierdie dinge”-‘tauta’
van die verlossing deur Jesus Christus: “Hy
sou van géén ander dag na hierdie
dinge spreek nie.”
PdT: “Daarmee het
Christus weggedoen met alle vorme van fisiese wette. ”
Alle ‘wet’ of ‘wette’ van God is ‘geestelik’, en is
presies daarom, sonder uitsondering, ‘prakties’, en boonop, ‘ewig’. Dit is die
“praktiese uitdrukking” – van
hetsy ‘fisiese (sigbare)’ óf ‘geestelike (onsigbare)’, ‘wet’ – wat by die mens eg, of vals mag wees, terwyl, dit mag ‘voorkom’ of
‘sigbaar-wees’, of nié mag voorkom nie en ‘in die geheim’ of ‘geestelik’ is. Dit is die “praktiese uitdrukking” wat by die mens, eg of vals is terwyl,
dit “fisiese wette” óf nie-fisiese
wette, dus terwyl dit “‘n geestelike rus, nie ‘n fisiese rus nie”,
is; óf, terwyl dit ‘’n fisiese rus, nie ’n geestelike rus nie’, is. Dan bly maar alleen God die Regter, oor. Maar op “Skriftuurlike
gronde”, “in Christus opgehef”? géén
wet van God nie! Géén wet van God nie of
u of ek nou daaronder staan of nie staan nie! Net die gedagte van ‘nie (meer) onder die wet te
wees nie’, bevestig die wet en beteken net die teenoorgestelde daarvan dat dit mee ‘weggedoen’ is of ‘verval’ het! U gebruik valse logika, wat, Skrif, vir alles wat u beweer, “die Hebreërskrywer ... duidelik in gedagte het”. Gee
ons wat hy in gedagte het deur ons die Skrif daarvan te gee!
Ons kan nooit van die
Wet van God óór ons ontslae, of ontslae wíl raak nie, want dan verbeur ons
God se genade! Want God se
Wet is God se Genade; en God se Genade, is God se Wet. Ons as mens, onderskei die twee terwille van
verstaan en lering; maar in God en van God komende, is hulle een. Ons kan nooit van die Wet van God oor ons ontslae
raak nie, of ons moet van sy genade oor ons, ontslae raak. Dat ons sou kan, is
‘n verbeeldingsvlug wat gou-gou ontnugter! A! die lewe en ons bose ou mens
is die beste tweemanskap om jou dit te leer, vriend!
Daarom kan ons nooit van ‘wet’ ontslae raak nie, in elk
geval nie solank daar by ons “die oortreding” gevind sal
word nie en dis tot die dag dat ons doodgaan. Solank daar by ons “die
oortreding” aanwesig is, só lank sal God se genade oor ons heers, of
ons gaan verlore. Daarom “Heers die wet oor
die mens vir solank as hy lewe.”
Ro4:15. Want “Waar geen wet is nie, daar is ook geen oortreding nie”. Ro7:1. “As ons sê
dat ons nie sonde het nie ...as ons sê dat ons nie gesondig het nie ... mislei
ons onsself en is die waarheid nie in ons nie ... dan maak ons Hóm ’n leuenaar en is sy Woord (Sy Wet) nie in ons nie.” 1Jh1:8,10.
Met die wet oor die mens vir solank as hy lewe kan hy
nooit voor God huigel nie. Jy sê: Jy
maak op die genade aanspraak, jy ontken en weier die wet daarby, want jy is nie
’n oortreder nie? Hoe gaan jy “tot geregtigheid gestel word”? Want: “Die wet het daarby gekom sodat die misdaad meer
sou word”, sodat “waar die sonde
meer geword het ... die genade
nóg meer oorvloedig geword
het”! Ro5:20. Wil jy
die genade verbeur? Kom onder die Wet van God uit! Ontken die Wet van God oor jou, sodat jy in jou eie geregtigheid voor die regterstoel
van God kan verskyn; en sien hoe jy “tot
geregtigheid gestel (gaan) word”! Vind uit hoe dit is om nié onder die Genade te wees nie! Want onder watter ‘wet’ staan jy, o mens,
voor die Regterstoel? Staan jy, onder die doodmakende letter van
‘Wettereëls’— ‘mensegebooie’ (of dit nou uit die Skrif kom of nie)? Of staan
jy, onder die Lewendmakende Gees, Christus Jesus? In wie sien jy jou jouself, huigelaar, in die spieël van
eiegeregtigheid en wet op wet, reël op reël?
In wie sien jy jou jouself, sondaar,
in die Son van Geregtigheid wat oor jou opgegaan het!? Sien die verloste sy
sondes sien, en sien die kind van God onder die Genade ingebring. Sien die huigelaar
sy sondes sien, en sien die kind van die verderf, se misrekening met homself.
Selfs met ‘liefde’ kan gehuigel word omdat “Jy moet
liefhê”, ook, ‘wet’ is; ja, “Wet” met ’n hoofletter omdat “Jy moet liefhê” ook
‘Wet van God’ is. Dit keer jou nie om huigelaar te wees, wat “Jy moet liefhê”,
aanbetref nie. Al gehoor van “eiesinnige nederigheid ... behae
in nederigheid en verering”?
Kol2:23, 18. Dis nederigheid waarin mens loop roem, net soos met ‘liefde’: “Wat die geregtigheid in die wet betref, onberispelik”,
nie net ‘seremoniële’ of ‘fisiese’
wette nie;
alle
‘Wet’! Met ‘geestelike Wet’ smous
die skynheilige soveel lekkerder. Daarom,
verseker ja! die Sabbat kán wet, wettiesheid en mensegebooie wees. Maar nét die Sabbat— en nie Sondag óók nie—
kan – of uit genade, mág – ‘Geloofswet’ in Christus Jesus (“tot goeie werke”)
wees. Want ons het die Sabbat in en by
beide die Skrifte en Christus ontdek, terwyl ons van Sondag-aanbidding nóg in
of by die Skrifte, nóg in of by Christus, iets kon ontdek het.
Dus, ‘Die wet, alle wette, verval’? Waar is u Skrif
hiervoor, vra ek maar weer. Soos ons sal
sien, gee u enkele ongespesifiseerde
gladnie aangehaalde verwysings. Is dit hoe mens die Skrif moet gebruik? U
metode mag verstaanbaar en baie effektief werk vir meeste mense wat ’n liefde
vir Sondag koester. Ek vind dit egter onoortuigend,
want nie eenmaal gee u die woorde van u ‘Skrifture’ in aanhalingstekens nie,
maar neem maar net aan u leser gaan buitendien te lui of te self-ingenome wees
om sy Bybel oop te slaan by die plekke wat u op die beste in hakies aangee.
Veranderlik
of onveranderlik?
Nou vir die vasmakende of vernietigende
voorveronderstelling van alles so ver onder oorweging gebring: Hoeveel veranderlikes word in al ons
veronderstellinge gevind? Is God veranderlik, spat alles in stukke
en is elke ander ding ’n veranderlike, want ons het gevind die Sabbat is en
word van God ontvang. “Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van die Vader
van lig neer, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.
Volgens sy Wil het Hy ons voortgebring deur die Woord van die Waarheid, sodat
ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees.” Jk1:18. En
deur die onveranderlikheid van God die Vader word die onveranderlikheid van
elke goeie gawe van Hom verseker. Ons is hier
aan die begin van die skepping van
God gebonde— “Die Begin en Einde”— aan Christus, gebonde! Ons is gebonde aan die Wet van alle skepping,
wat Genadewet was. Die eerste mens uit
die hand van God was met die oog op hierdie Genadebetuiging van God in Christus
Jesus, geskape. Die Sabbat des te meer: “Vir
die mens!”
Het ons dan nie bevind die Sabbat sou ‘n goeie, en geen slegte en nadelige gawe
aan die mens gewees het nie? As die
Sabbat ’n slegte gawe sou gewees het, dan maak ons mos die Here van die
Sabbat die Maker en Gewer van slegte gawes, terwyl Jakobus
sê, “elke goeie gawe”? Of ons moet gaan verklaar dat alles wat God in
die begin gemaak het, nié “goed” nie, maar sleg was, en dat die Sabbatdag – skepping
van God se rus-werk op die Sewende Dag – nié deur die heerlikheid van God geheilig
en nié uit die genade van God geseën was nie; trouens, dat God maar ’n
halwe stuk werk half
laat los het en nie op die Sewende Dag “voltooi het
alles wat Hy (“goed” en “baie goed”) gemaak het deur dit te vermag het” nie.
Sodat God van die begin af veranderlik was, en swakheid gevolglik die ingeboude van die skepping was— swakheid
die ingeboude, nie net van al die werke
van God nie, maar van sy Eie Wese –
wat ’n lasterlike en verwerplike gedagte is. Want dan sou swakheid die sonde
verskoon het. Maar nou is sonde, sonde, sodat “die Wet die krag van die sonde” kon word,
en waar “die sonde meer”, en die “krag van die sonde die
wet” meer en
kragtiger, dat dáár
juis, “die genade nóg oorvloediger meer kon
word”. Ro5:20.
Alles sover gesê, kom eenvoudig op een ding neer, dat ons
die Skrif— soos Jk1:18,
Gn1-3, Mk2:27, verwerp totdat dit die hele Skrifwoord van God insluit— óf dat ons die Skrif aanneem; dat ons
Hb4:9 aanneem totdat dit die hele Skrifwoord van God insluit. Sodat ons die konsekwentheid van die Almagtige verag, óf, eerbiedig. Maar die goedheid
van God, dít is waar die Sabbatdag
vandaan kom, en dit is die implikasies van aanvaarding van die Sabbatdag en van
die “geldigheid van die onderhouding van die
Sabbatdag stééds vir die Volk van God”— Hb4:9. O, “die
monsteragtige omvang van die Sabbatsgebod!” – Karl Barth.
‘Die Nuwe
Mistiek’
PdT: “Die aanbreek van die Nuwe Testament dui die aanbreek van
totale geestelike wedergeboorte aan. Dit is die manier hoe mens deel raak
van die Nuwe Verbond. Daarmee het Christus weggedoen met alle vorme van
fisiese wette.”
PdT, “Die manier hoe mens toetree tot hierdie rus is deur die geloof (4:3).”
“Die aanbreek van totale geestelike wedergeboorte ... daarmee het
Christus weggedoen met alle vorme van fisiese wette”. “Hierdie
rus” is hierdie “totale geestelike wedergeboorte ... (w)aarmee
Christus met alle vorme van fisiese wette weggedoen het”, hierso na verwys met, “(4:3)”. Sou “Die manier hoe mens toetree tot hierdie rus”, “...deur die geloof” kon wees, ’n ‘geloof’ wat moet glo dat
“Christus daarmee (met “hierdie rus”) weggedoen
het met alle vorme van fisiese wette”? Dit gaan my verstand te bowe. Dit gaan my verstand te bowe omdat ‘die geloof’ in die konkreetheid
of ‘fisiesheid’ van ‘hierdie ‘katapausis’-rus’ en
die gebasseerdheid daarvan op die Opstanding
van Jesus, deur hierdie “totale geestelike wedergeboorte” ontken en misken word! Word dit nou ongeloof om die Woord, “Daarom, bly Sabbats-onderhoudingsgeloof
behoue”, te glo? Is dit nie ‘deur die geloof’ dat geglo word Sabbats-geloof
is Opstandings-geloof en “bly daarom steeds geld” nie? Is die ‘Evangelie’ dan nie sy eie Wet nie? Leef ons ‘onder die Evangelie’ in ’n
onwerklike religieuse wêreld van gewaande ‘Wet
van wetteloosheid’ – ‘wette’ van
“totale
geestelike wedergeboorte” wat
enige “vorme van fisiese wette”
uitsluit? ‘Die Nuwe Mistiek’ – is dit jou Christelike “in die wêreld maar nie van die wêreld nie”-realiteit,
jou realiteit van Christelike Geloof?
Hebreërs 4
Flater!: “Die konteks maak dit duidelik dat
die term “sabbatismos” hier figuurlik
gebruik word. Dit word in verband
gebring met die ewige rus (katapausis). Dit word verder versterk deur
vers 10. Vers 10 is kardinaal: “want (gar) wie in sy rus
(katapausis = ewige rus) ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van
syne (sabbatsrus).” Vers 10 sê dus in soveel woorde, dat hulle wat in die
katapausis ingegaan het, die ewige rus in Christus (waarvan die fisiese
sabbatsgebod slegs ‘n skaduwee was), “rus ook self van sy werke soos God van
syne.” ”
“Vers 10 is kardinaal: “want wie in sy rus (katapausis = ewige rus) ingegaan het, rus ook
self van sy werke soos God van syne
(sabbatsrus).”” .... “syne (sabbatsrus)”: ‘Sabbatismos’ sou
dan “hier”— dit is, “Vers 10”— “Vers 10 is kardinaal”— “figuurlik gebruik word”.
‘Sabbatismos’ wórd nie vers 10
gebruik nie! Wys jou net die verwarring. Lees weer my opmerkings oor Hebreërs
4, bladsy 57:
‘Hebreërs: “(4:8)... die rus waarvan Josua praat... is nie ... die finale vervulling
van die belofte van rus nie” – sê PdT. En wat is, “die rus
waarvan Josua praat” in 4:8? :—
Dit is die ‘katapausis’-rus!
“(Heb 4:3). Hierdie
rus noem die skrywer 'n sabbatsrus. Dit
is dus die vervulling van dit
waarvoor die sabbat staan”, of
te wel, “die finale
vervulling van die belofte van rus”.
“vers 9... Die werklike rus is slegs in Christus, juis
omdat die fisiese sabbatdag daarvan ‘n skaduwee
was, en daarheen gewys het, en daarin (in Christus) vervul is.”
Kon PdT sy weerspreking
opsigteliker gemaak het?
Want die 4:8 ‘rus’ – die ‘katapausis’-rus –, was dié rus wat God sê in gehoorsaamheid deur
die geloof in ingegaan moet word, 3:11, 18, 4:1, 3. Wat daarenteen, was die “rus (wat) die skrywer 'n sabbatsrus noem” in 4:9? :— Letterlik, idiomaties
en etimologies: die ‘sabbatismos’-“’n onderhouding van die
Sabbatdag”!
Wié het wié, in die 4:8 ‘rus’ –
die ‘katapausis’-rus – in ingebring?
Die skrywer sê, “Jesus
het aan hulle die rus verskaf”.
Vír wie “bly dit nog geld” om te ‘sabbatismos’ in 4:9? :—
Die skrywer sê: “Daarom dan bly dit nog vir die Volk van God geld!” ’
Slotsom van agter af
hiernatoe gebring – Dit blyk jou basiese dilemma te gewees het, PdT:
Daar bly dus geen manier oor,
waarop die ‘rus’-‘katapausis’, en die ‘Sabbatsrus’-‘sabbatismos’ van die “onderhouding van die Sabbatdag (wat) vir
die Volk oorbly”, met mekaar gelykgemaak, of met mekaar verwar, kan of mag word nie. En
daarom, bly daar ook geen manier oor hoe die ‘Vandag’-‘seemeron’ van
die Evangelie-Wekroep van die dag
van Goddelike Genadebetoning in en deur Jesus Christus, met die ‘Sabbatsrus’-‘sabbatismos’ van die “onderhouding van die Sabbatdag (wat) vir
die Volk oorbly”, gelykgemaak, of daarmee verwar,
kan of mag word nie.
Die ‘rus’-‘katapausis’ en die ‘Vandag’-‘seemeron’-Evangelie-Wekroep, is dieselfde; nié die
‘rus’-‘katapausis’ en die ‘Sabbatsrus’-‘sabbatismos’ nie. Die ‘Sabbatsrus’-‘sabbatismos’
en “die Sewende Dag aangaande waarvan God aldus
gespreek het”, is min of meer
ekwivalente.
‘Die
Rus’ én ‘die
Sabbat’, vind in Christus vervulling
PdT: “Soos ek dit verstaan is die Nuwe Testament die volle
vervulling van die Ou Testament – die oue is verby, kyk alles het nuut geword
(2 Kor 5:17).”
PdT, “Die Sabbat vind vervulling in Christus in die sin dat ons
in Hom rus.”
Die vervulling in en deur Christus
van alle Evangelie-beloftes waarin “God aldus aangaande die Sewende Dag Gespreek het”, vorm die “Daarom” daarvan en daarvoor dat “’n onderhouding van die
Sabbatdag (d.i., die ‘sabbatismos’) vir die Volk van God (d.i., ‘ons’) bly geld
(d.i., bly geld as ‘Sabbatswet’). Hb4:9.
Dit is a priori ontoelaatbaar dat ‘katapausis’ en ‘sabbatismos’
verwar of
geïdentifiseer word! Anders kon die skrywer maar net aangehou
het om ‘katapausis’ te sê.
Daarom: Nee, dit is nié so dat “Die Sabbat in Christus in die sin dat ons in Hom rus,
vervulling vind” nie! ‘Die Rus’ vind in
die Sabbat ’n komplement en vrug, nie ‘n antagonis of wurm wat verderf nie; die
Sabbat vind in ‘Die Rus’ (die Evangelie) sy oorspronge en dryfveer, sy wortels
en lewenssap, nie dryfsand waarin dit wegsink en verdwyn nie.
Die Sabbat vind nie
vervulling “in ons in Hom” nie, maar in Hóm alleen, ten volle en alles-anders
uitsluitend! Dit is ook nié
so dat ‘vervulling’ deur of in
‘die Sabbat’, ‘gevind’ word nie, selfs al sou met “die sabbat” bedoel word ‘die (geestelike) rus’. Want ‘die rus’ vind nie vervulling in ‘die rus’ nie, as Christus nie sélf ‘Die Rus’ is
nie.
‘Die
Rus’ vind in Christus vervulling, en is, Christus. “Hoeveel beloftes daar van God ookal mag wees” – almal vind in Christus vervulling ‘in die sin dat ons ín
Hóm rus en vervulling vind’, “in Hóm is hulle Ja, en in
Hóm, Amen!”, “hoeveel beloftes daar van
God ookal mag wees”! 2Kor1:20. “Laat ons dan vrees dat terwyl die belofte om in sy rus in
te gaan, nog standhou, dit miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het
nie.” Hb4:1.
“Hoeveel beloftes van God
daar ook mag wees, in Hóm” is
hulle nié mee “weggedoen” nie – in watter “vorm” ookal, ‘fisies’ of
‘geestelik’ – ook nie in die vorm daarvan dat “daar vir die Volk van God
hulle onderhouding van die sabbat oorbly nie.” Want “Geen jota of tittel van
die Woord van God sal ooit verbygaan gaan nie”.
Dit is dan weens en op grond
van hierdie absolute sekerheid “dat ons ín Hóm
rus en vervulling vind”,
dat die skrywer – ja, die Woord van God – in 4:9 verklaar: “Daarom dan bly daar vir die Volk van
God hulle onderhouding van die Sabbatdag oor.”
‘Die
Rus’ vind in
Christus vervulling, “in die sin”,
(1), “dat ons in Hom
rus” en
(2), dat die ‘vervulling’ van
die Rus van Gód, in Hóm ‘gevind’ word, en
(3), dat Hý, “aan die Volk van God ....
die rus verskaf het”, 4:8, en Self, in Homself, die Volk in die magtige, verlossende, “Rus”-‘katapausis’,
ingebring het, sodat,
(4) “dáárom, daar vir die Volk van God, hul onderhouding van die
Sabbatdag, steeds oorbly”. Dit is heeltemal iets anders, maar
alhoewel ‘fisies’, tog
‘geestelik’ en ‘goddellik’. Want hier is die fisiese ingaan in die onderhouding
van die Sabbat as Dag van en deur God uitverkore, naamlik, “Die Sewende Dag aangaande
waarvan God aldus gespreek het: En God het op die Sewende Dag van al sy werke
gerus.” Dis “omrede” hierdie voltooide werke van rus van God in Christus, dat die ‘ingaan
in die onderhouding van die Sabbat as Dag’, “geld / oorbly / standhou”.
Ek negeer van alle ‘vervulling’ in
en deur Christus bewerk, niks nie, maar u, PdT, negeer die Sabbats-rus wat Christus ook ‘aan die Vólk verskaf het’, want vir u, is dit “Die Sabbat”,
waarmee “weggedoen” was. Aan die ander kant maak u van die ‘Sabbatsrus’
self, die ‘vervullings’-‘rus’-‘katapausis’.
Vir u maak dit nie saak dat “hul (‘fisiese’) onderhouding van die
Sabbatdag (wat daar) steeds vir die Volk van
God oorbly”, ‘geestelike’,
‘rus’ beteken nie al is dit ‘fisies’. U negeer en werk dit teen as sou dit
‘n ‘vleeslike verordening’ wees. Hoe het u dit (oënskynlik) reggkry? ...
Net Wettesiste Vra vir ‘Wet’
PdT: “Dit is duidelik dat die Hebreërskrywer nie ‘n spesifieke
dag in gedagte het met die gebruik van die term “vandag” (semeron) nie.
Hy bedoel daarmee: enige dag, nou, elke dag. Die sabbatsrus waarvan Heb
4:9 praat is dus ‘n geestelike rus, nie ‘n fisiese rus nie.
Alle fisiese wette is in Christus vervul. Die aanbreek van die Nuwe
Testament dui die aanbreek van totale geestelike wedergeboorte aan. Dit
is die manier hoe mens deel raak van die Nuwe Verbond. Daarmee het
Christus weggedoen met alle vorme van fisiese wette.”
Volgens Hebreërs 4,
letterlik en essensieel, na inhoud en na vorm, “Bly daar ’n onderhouding
van die Sabbatdag, geld”, of
“oor”. Wat wil die wettesiste nou meer?! Dis mos ‘gebod’ / ‘wet’ hier soos wat
jy maar selde in die Ou-Testament sal kry— soos by voorbeeld in Genesis 2:2-3—
sónder moets en moenies; slegs uit innerlike aard en krag geldend— óók vir die
skepsel en nie net vir die Skepper nie. Enigste verskil is, hier vind mens die Wet
soos dit as gevolg van Christus se Verlossingswerk vir die Christen van krag geword het. Soos wat
vir die Volk Israel hulle verlossing uit Egipte vir hulle
betekenis aan die Vierde- of Sabbatsgebod en die
onderhouding daarvan gegee
het, net so ontvang Sabbats-onderhouding vir die Christenvolk van God betekenis in die Verlossingswerk van die Evangelie.
Dit is ‘n arrogante onwaarheid
dat “Volgens Heb4 daar ‘n sabbatsrus oorbly” wat “onderhouding” van die Sabbat as “Die Sewende Dag”, uitsluit. Al wat die ‘sabbatsrus’-‘argument’
reggekry het, was om die volstrekte betekenis van die woord ‘apoleipetai’-‘oorbly / geld steeds /
maak nog saak’, te bevestig het. Nou kan Sondagargumente nie omdraai wanneer
hulle in die hoek gedryf word as gevolg daarvan dat hulle ‘geestelike’ ‘sabbatsrus’
storie onbehoudbaar geword het nie, en wil beweer die woord ‘apoleipetai’ bevat nie hierdie
‘wetskonnotasie’ nie. Hulle het die ‘wet’ net so nodig vir hulle ‘geestelike
wet’ of ‘praktiese onderhouding’-ideologie as wat Sabbatdagsonderhouding ‘wet’
benodig.
Nie ’n ‘fisiese wet’ nie, maar ’n ‘geestelike’
PdT: “Volgens Heb 4 bly daar ‘n sabbatsrus oor. Die manier
hoe mens toetree tot hierdie rus is deur die geloof (4:3). God het eens die sabbat bepaal as rusdag (4:10), en
Hy bepaal nou weer 'n sekere dag in die plek van die Sabbatdag, naamlik vandag (4:7).”
PdT: “Die sabbatsrus waarvan Heb 4:9 praat is dus ‘n geestelike
rus, nie ‘n fisiese rus nie. Alle fisiese wette is in
Christus vervul. Die aanbreek van die Nuwe Testament dui die aanbreek van
totale geestelike wedergeboorte aan. Dit is die manier hoe mens deel raak
van die Nuwe Verbond. Daarmee het Christus weggedoen met alle vorme van
fisiese wette.”
Die Sabbat en Sabbatsgebod
vind vervulling in Christus, wat beteken dat Christus alle betekenis geword het
wat die Sabbat aangaande Hom ingehou het, en dus steeds inhou. Dit is wél so dat die Evangeliebeloftes, ook
dié van die Sabbat, vervulling vind in Christus in die sin dat ons, in Hom, die rus, gevind het. D.w.s., die Sabbat vertel en ‘leer’ ons dat die mens verlossing in en
deur Christus ontvang. “Want as Jesus aan hulle rus verskaf het”, is Hy die “Rus van God”, en het Hy
ons in die Rus van God “ingebring”.
Juis hieruit, dat “Jesus aan hulle rus
verskaf het” (8), volg, die skrywer se “Daarom” – ‘ara’ – vers 9: “Daarom – bly
daar dan vir die Volk van God ’n onderhouding van die Sabbatdag oor”. (“’n Onderhouding
van die Sabbatdag” is die presiese en uitsluitlik toegepaste gebruik en
betekenis van die woord ‘sabbatismos’
in enige Griekse literatuur waarin die woord voorkom. Dit is ’n etimologiese onderwerp wat ter gelegener
tyd aandag gegee kan word – of, lees waar dit reeds aandag gegee was.) Ewentwel, ‘Sabbatismos’ is nooit
die sinoniem of naastenby ekwivalent van, of, vir, ‘katapausis’ nie. ‘Sabbatismos’
impliseer “onderhouding” deur die “Volk”; ‘katapausis’
impliseer die poging en sukses (Eng., ‘feat’) van “Jesus (wat) aan hulle rus verskaf het”. In Kolossensiërs noem Paulus dit Jesus se “triomf”.
Om in 4:9 te praat van ‘net’ ’n ‘sabbatsrus’ as
sou dit nié ’n “onderhouding van die
Sabbatdag” gewees het nie, “dus ‘net’ ‘n geestelike rus, nie ‘n fisiese rus nie”, is ’n fout. Of as dit nie ’n fout is nie, dan moet dit ’n
Skrifverdraaiïng wees. Dit sou tog
onsinnig gewees het om te sê, ‘Omdat Hy
aan hulle rus verskaf het bly dit nog oor dat aan hulle rus verskaf word.’ Want
dit negeer die waarheid van die voldonge, vervulde, feit dat “Jesus aan hulle rus
verskaf het” – tog deur sy
Opstanding!
Die Sabbat die Rus van God in 4:10?
PdT, “God het eens die sabbat bepaal as rusdag (4:10), en Hy
bepaal nou weer 'n sekere dag in die plek van die Sabbatdag, naamlik vandag (4:7)...”
Nee wag! dis nie wat daar
in “4:10”, staan nie, maar ... PdT: “Volgens Heb 4
bly daar ‘n sabbatsrus oor...”—
dit kan net “Heb 4”, vers 9,
wees!
PdT: “...hierdie rus... (4:3)
...die sabbat bepaal as rusdag (4:10) ...'n sekere dag in die
plek van die Sabbatdag, naamlik vandag
(4:7)”. (Onderstreping CGE.) In aldrie verse, “(4:3)...(4:10)...(4:7)”, praat PdT van “hierdie
rus... die sabbat...as rusdag...'n sekere dag...die Sabbatdag...vandag”; hy vind geen onderskeid
of verskil nie maar inteendeel volle eendersheid in elke
frasering. Maar die werklikheid lyk anders.
Eerstens, ‘hierdie rus’
.... voor enigiets moet ons na die Skrif gaan kyk! ‘Die
Rus’ .... Merk hulle in rooi, want hulle is nie dieselfde nie. As jy klaar is, gly jou oog oor hulle, en jy
word die verskille en die ware betekenis, meteens, gewaar.
Hb3:11— “Soos Ek in my toorn
gesweer het, hulle sal in my rus,
nié ingaan nie”. Rooi; want vers 10 vertel watter rus hierdie is: “My weë”: “Ek het vertoornd geword
... maar hulle het My Weë nie leer ken nie.” Dit is, hulle het
in my rus, nié ingegaan
nie. “Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe!”
“Want
ons het deelgenote van Christus
geword as ons net die Begin van ons Vertroue tot die einde toe onwrikbaar
vashou.” “Ons Vertroue” en
“die
Begin van ons Vertroue”, is
“Christus”, vers 14.
Hb3:11— “Aan wie het Hy gesweer dat
hulle in sy rus nie sal
ingaan nie?” Rooi;
want “Ons
sien dat hulle deur ongeloof, nie
kon ingaan nie”, 3:19. Deur ongeloof het hulle Christus nie aangeneem nie. “Want aan ons is die Evangelie (van
Christus – daar is net een Evangelie, Christus s’n –) ook verkondig net soos aan
hulle.” 4:2.
Hb4:1— “Ons behoort op ons hoede te wees dat, terwyl die belofte om sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien gaan blyk dat
iemand van julle agtergebly het nie!” Rooi; want dieselfde ‘Evangelie-Belofte-Rus’ van 3:18-4:1 is nog
ter sprake.
Hb4:3— “Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het: Daarom het Ek in my toorn gesweer,
hulle sal in my rus nié ingaan nie,
alhoewel sy Werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is.”
Rooi; “Want ons wat geglo het, gaan die rus in”,
dié ‘rus’, wat “daardie
geslag (wat) altyd met die hart dwaal”, 3:10, nié ingegaan het nie, 3:11. Want hierdie ‘rus’ stem met die volbragte werke van God ooreen, wat
weer met die ‘Evangelie’ en met ‘Christus’, ooreenstem. “... ons gaan die rus in” wat “my rus” is,
wat “hulle,
deur ongeloof, nie kon ingaan nie”, 3:19.
Een en dieselfde ‘rus’; verskillende ontvangers.
Hb4:5— “En nou weer hier / soos volgens hierdie Skrif in huidige
omstandigheid toegepas: “Hulle sal in my
rus nie ingaan nie!” Die skrywer skryf ter herbevestiging van dit
wat hy reeds bevind het na aanleiding van wat die Skrifte verklaar het. Hy
skrywe steeds, “My
Rus”, na aanleiding van God wat by die “grondlegging van die
wêreld”,
4:3, “op die Sewende Dag van al
sy weke, gerus het”. Gód, het “gerus”; daarom praat die skrywer al die tyd nog van “sy rus”, “my rus” – dit is, God, se rus en rus-daad; nie
van die mens s’n nie. Rooi.
Hb4:6— Van hierdie selfde ‘Rus van God’, verklaar
die skrywer: “Aangesien
dit dan so ís dat party mense daarin ingaan.” “Daarin” Voornaamwoord vir “My Rus” van vers 5 net tevore. Rooi!
Hb4:8— Die skrywer praat van dieselfde Rus van Gód waar hy vermeld dat “Jesus hulle” – dit is, die “party mense (wat) wel in
die rus ingaan”, “laat rus”
het, of, dat “Jesus
aan hulle rus gegee het”— waarmee hy deur middel van die
Werkwoord, uitdruklik verduidelik watter
‘rus’ hy dan nou eintlik met sy Selfstandige- en Voornaamwoorde bedoel: Eenvoudig,
dié ‘rus’, wat, “Jesus”, vir “sommige mense” beteken – wat, Hý, vir daardie mense is —
vir daardie mense wat wél in “Sy Rus”, “My Rus”, “Die Rus”, “ingaan”. Wat “Jesus” vir daardie mense wat “daarin ingaan” as voldonge ‘Rus’ geword het, naamlik “die Evangelie” en “Krag van God tot redding”. Rooi!
Hb4:11— “Laat ons ons dan beywer om
in te gaan in Dié Rus” wat “Jesus aan hulle gegee het”, Christus Jesus Self. Kleur ‘Dié Rus’ in vers 11 rooi, want dit is dieselfde as die “laat rus” van vers 8!
Hb4:10— “Want Hý-(Jésus)-in-Sy-Rus-inganende,
het inderdaad van sy eie werke gerús—
soos God van sy werke.” Dit kan van geen mens ooit verklaar word nie, omdat
verklaar van Jesus Synde Die Rus van
God, Self. Deur opstanding uit die dood het “Hý-(Jésus)-in-Sy-Rus-inganende” ‘Die Rus’ van “God van sý werke” geword— het
die Seun “die
werke van My Vader”, “klaargemaak”.
Rooi!
‘Die Rus’ wat die skrywer
aan Hebreërs voorop stel as uitsluitlik God se rus in Christus,
(1) dui hy telkens aan met die woord, ‘Mý Rus’, of ‘sý Rus’, die Rus ‘van’
God, en ‘van’ Jesus.
(2) En meer as eenkeer ‘bepaal’ die skrywer dat
hierdie rus, as dit deur die ongehoorsames en ongelowiges met geweld ingeneem
wil word, ‘nie ingegaan sal word nie’.
(3) Of dat hierdie rus, as dit deur die geloof
is, wel deur hulle wat glo, ingegaan
word, maar, dat hulle ‘ingaan’,
eintlik ’n ‘inbring’ is, want “Jesus
het aan hulle rus verskaf”; hulle het dit nie self verwerf of in eie krag
ingegaan nie.
(4) En deurgans gebruik die skrywer die woord ‘katapausis’ vir hierdie ‘Rus’. Hierdie redes
verseker dat dit onmoontlik is dat hierdie ‘Rus’ met enige ander ‘rus’, verwar
of vereenselwig kan word, want:
(1) dit is God se vermagting deur Christus;
(2) Hy is die Inbringer in dié Rus;
(3) Hy is die Inganer in dié Rus en
(4) “dié wat daarin ingaan”, gaan
(5) deur die geloof
(6) in en deur Hóm,
(7) daarin in,
(8) of gladnie: by eed van God, nié!
Na aanleiding van hierdie,
enigsoortige ‘Rus van God’, staan daar geskrywe:
8, “Jeens die feit dat (n.a.v. die verse so pas na verwys), Jesus aan hulle rus
verskaf het”,
9 “Daarom dan (n.a.v. vers 8 so pas), bly daar vir die Volk
van God ’n (of ‘hulle’) onderhouding van die
Sabbatdag geld
10 omdat Hy (n.a.v. vers 9 én 8 so pas), synde ingegaan in sy eie rus, inderdaad self van
sy eie werke soos God rus van syne.”
Ons ontvang hier die dubbele rede en motief “(W)aarom daar dan vir die
Volk van God ’n onderhouding van die Sabbatdag geldig bly”, naamlik: (1), vers 8: “Omdat Hy aan húlle rus verskaf het”;
en, (2), vers 10: “omdat Hy, synde
ingegaan in sy eie rus,
inderdaad sélf van sy eie werke soos God, rus.” Die “rus”-‘katapausis’
is tweemaal die gronde, vóór (v8), én, agterná (v10). Die ‘sabbatismos’
– vers 9 – is wat midde daarin,
uitspruit.
Die “rus”-‘katapausis’
is tweemaal die gronde van en vir
die ‘sabbatismos’-“Sabbatsonderhouding (wat)
vir die Volk oorbly”:
Eerstens “Jesus”,
wat “aan hulle (die Volk), rus
verskaf het”, vers 8; en
Tweedens, “Jesus”,
wat van Gód se werke van eie rus,
vers 10, na die Innigeste Gemeenskaps-Syn van God Drie-Enig, sy eie rus, “ingegaan het”.
Hb4:8-10 is mees gepaste
‘kommentaar’ op Mk2:27-28, “Hy verklaar vir hulle: Die Sabbat is gemaak vir
die mens; nie die mens vir die Sabbat nie. Daarom
is die Seun van die Mens, Here inderdaad van die Sabbat”. Wat sê dit anders as Hb4:8-10?
‘n Sekere Dag, Vandag!
PdT
“Sê gerus of ek jou reg
verstaan. 1. Soos ek jou verstaan
bou jy die argument vir die onderhouding van die sabbat hoofsaaklik op Genesis
wat sê dat God gerus het van sy werk.”
PdT, “... en Hy bepaal nou weer 'n sekere dag in die plek van
die Sabbatdag, naamlik vandag (4:7)”
Dit, staan nié daar geskrywe
nie! Daar staan niks “van” of omtrent “die Sabbatdag” in “(4:7)” nie;
nie in skrif nie en ook nie by implikasie nie. Wat daar wel geskrywe staan en wat daar wel “Geskrywe Staan”, d.w.s., bedoel
word, is dat God nádat Hy in Christus Jesus en deur Christus Jesus aan sy “Volk ... rus verskaf het”, “spreek van geen ander dag na
hierdie dinge nie”. “Hierdie dinge” (‘meta tauta’) van “hierdie dag” (‘seemeron’)
van Goddelike besoeking in Christus Jesus waarin God die mens in genade besoek
of versoek om hom te bekeer, te glo, en die ‘rus’ in te gaan. Christus was en is God se laaste Woord aan ’n
verloregaande wêreld tot redding. Verbeur die mens die ‘kans’ van “Vandag” van
Evangeliese Oproep en Opwekking, verbeur hy die saligheid, want hierdie ‘Vandag’
is Christus se “Vandag!”
“Vandag!” is
dit, “Wanneer jy sy Stem hoor!”
Verder behoort ’n mens uit
vers 7-8 ontwyfelbaar te kan verstaan dat Jesus die rus (van Homself) aan sy
Volk verskaf hét, eens vir altyd,
onherhaalbaar en ten volle. Daar is geen ander Naam onder die hemele gegee
waardeur die mens verlos kan of sal word nie. Hd4:12. Dit is deur God se “Spreke”, 1:2b, (of “Woord van God”, vers 12a), “in hierdie laaste dae”, 1:2a, “in / deur die Seun”, 1:2c, of nooit! Dit is deur God se “Spreke” (of ‘Prediking’ van die “Evangelie”, 4:2a, et al) dat “Hy ’n sekere dag (van verlossing) vasstel ... naamlik: Vandag-wat-julle-Sy-Stem-hoor— Hier is die onvergisbare definisie van “Vandag” in “4:7”. Vandag-wat-julle-Sy-Stem-hoor, verhard nie julle harte nie! Want as Jesus aan hulle (sy Volk) (eers) rus verskaf het (Indikatief) dan sou Hy tog nie (veronderstellend, Subjunktief) hierna (“na hierdie dinge” van Jesus se rusverskaffing— nié “in die plek van die Sabbatdag” nie!) van (nog) ’n ander dag (van geleentheid) gespreek het nie.” “Hy sal Hom (nie) weer oor ons ontferm, ons
ongeregtighede (nie) weer vertree (nie); ja, U sal hulle
sondes (nie weer) in die dieptes van die see
werp (nie). (Maar)
U sal
(het) trou bewys aan Jakob, goedertierenheid aan Abraham
wat U aan
ons
Vaders beloof het sedert die dae van die voortyd.” Miga 7:19-20, soos vervuld in en deur Christus Jesus in
en deur Opstanding uit die dode.
Daarna gevolgtrekking: “Daarom dan bly daar vir die Volk van God
onderhouding van die Sabbatdag geldig.” Dit is die boodskap van Hebreërs 4:9 tussen verse 7-10. “God vra dat
ons nie ons harte verhard nie, maar dat ons in geloof ons harte oorgee aan Hom.
Dit is die ware betekenis van die sabbat”— dit is die boodskap van Hebreërs 4 tussen verse 7-10. Amen, Ja kom,
Here Jesus!
Josua of Jesus?
PdT, “Die skrywer van die Hebreërbrief wys daarop dat die rus
waarvan Josua praat (4:8) nie die finale vervulling van die belofte van rus is
nie (sien bv. Jos 1:15; 22:4; 23:1).”
Jammer, maar ek lees nie
in Hebreërs 4 van “Josua” nie, en ook nie u nie. In Josua 1:15 lees u en ek van
die Israeliete se ‘broers’ wat nog in die rus van die Beloofde Land, Kanaan,
moes ingaan; In 22:4 lees u en ek van hoedat Josua wel die Israeliete in die
rus van die Beloofde Land ingebring het; En in 23:1 lees u en ek van ’n geruime
tyd nadat, die Here, en nie Josua nie, “aan Israel rus gegee het.” Maar in Hebreërs 4, lees ons altwee, van
hoedat
“Jesus” – nie “Josua” nie –, aan “hulle”, dit is,
aan “ons”, “rus verskaf het”:—
vers 1a, aan “ons”;
vers 2a, “aan wie die Evangelie (van Jesus Christus) verkondig is net soos aan hulle (wat) in die
verbittering (hulle) hart verhard het” (3:15b);
aan “ons”, 4:3a, “wat geglo het (en) die rus ingaan”;
vers 6a: “Terwyl dit dan so is dat sommige (vers 9, “die (Christen-)Volk van God”) daar
(d.i., die ‘rus’ van die Evangelie van Christus Jesus) ingaan”;
vers 7, “terwyl dit dan so is dat ... Hy wéér,
dit is, ’n sekere dag, naamlik vandag (in Christus Jesus)
bepaal”;
“Wéér bepaal / vasstel” (omdat
ná “die verbittering” en ín, die
‘Vandag’ van die Evangelie van Christus);
“Wéér bepaal / vasstel”,
omdat: (vers 8b), “na hierdie dinge” van die Vandag van
die Evangelie van Christus,
“Hy nié van (nog, of van ’n tweede) dag (van geleentheid) daarná sou
spreek nie”. (‘ei gar .. ouk an’)
U het gelees van “Jesus, wat inderdaad aan
hulle rus verskaf het”— oor en oor, sonder om te gesien het.
Dit is baie jammer. Want daarmee het u gemis om te sien wat u moes gesien het,
naamlik, dat “Daarom, vir die Volk van God
hulle hou van die Sabbatdag geldende
oorbly.” Dit is jammer, want u
kon nie sien watter goeie gevolge die vermagtinge van Christus vir sy Volk
beteken het nie, ook nie watter goeie gevolge die vermagtinge van Christus vir die
Dag van die Here, sy Sabbatdag, ingehou het en “steeds geldende blý inhou” nie.
Waarom moet ons – asof in
strenge nakoming van een of ander ongenaakbare ongeskrewe wet – waarom moet ons
van die “Sabbat van die Here jou God”, ontslae raak? Asof deur ‘n vuur verteer, dryf ons onsself
daartoe. Wat regeer ons harte en ons begeertes? Is óns, by magte om “die Sabbat
van die HERE jou Gód”, te nullifieer?
Op gesag van die Wet van die Evangelie van Christus? Maar dit is dan tog een en
dieselfde HERE van die Sabbat?
Waarvoor verwurg ons die Skrif so? Ons moet tog die stoeiwedstryd met die Woord
van God verloor? Ons sal nie ’n medalje kry omdat ons Hebreërs 4 ‘ondergesit’
het nie. Maar neem liewer teregwysing
ter harte; hoe gouer, hoe gouer sal ons smaak wat vryheid en vreugde in die
Here Jesus is. Of ons gehoorsaamheid goed genoeg gaan wees, kom nie daarop aan
nie; wat daarop aankom is om vry te wees
en voor die Aangesig van die Here te speel, want óns gehoorsaamheid, word voor
God, nié in onssélf nie, maar in Christus Jesus, oorweeg, geweeg en getoets en
geskat en uiteindelik, beloon! O verseker, Ons sal Hóm in beloning ontvang; ons
sal Hóm ons toekenning, kleinood en sieraad as hooftooisel dra, en ons sal Hóm
op ons voorkoppe en op ons hande as teken dat ons aan die Here behoort en Hy
aan ons, ontvang, en ons sal Hóm op ons skouer ons rang laat ken, ons sal Hóm
voor die bors ons roem laat bewonder.
Een van daardie kentekens
dat ons vir God en Christus afgesonder is, is – uit die mond van die
Allerhoogste self – Sý, Sabbatdag. Of ons nou voor of na Christus gebore was,
dis die Waarheid waarna die Sabbat heenwys.
Waarheid of verwarring?
PdT, “Hierdie rus (van
“Heb 4:3” hierbo) noem die
skrywer 'n sabbatsrus.”
PdT identifiseer ‘sabbatismos’
en ‘katapausis’: “Die sabbatsrus waarvan Heb 4:9 praat is dus ‘n geestelike
rus, nie ‘n fisiese rus nie.”
Let op die konteks van PdT
se plasing van “Heb 4:3”: “... die rus
waarin mense gaan as hulle glo in Christus
en daardeur in 'n verhouding met God tree (Heb
4:3). Hierdie rus noem die skrywer 'n sabbatsrus.
Dit is dus die vervulling van dit waarvoor die sabbat staan...”
Weereens identifiseer PdT ‘sabbatismos’ en ‘katapausis’.
Nêrens anders as in vers 9, praat die skrywer van ‘sabbatismos’ nie. Hy gebruik ‘katapausis’ al die tyd voor en na vers
9. Hy gebruik ‘katapausis’ in “Heb 4:3”. Duidelik sou “die skrywer” ‘katapausis’,
in vers 9 geskrywe het as, let wel, ‘as’, hy in vers 9
die reddende, Sabbat-lose, geloofsrus
in Christus, die ‘katapausis’ soos in “Heb 4:3”, in
gedagte gehad het. Die ‘sabbatismos’ is egter nié hierdie
reddende, Sabbat-lose geloofsrus in
Christus, nie; dit is net maar die Sabbatdag-bevattende maar nietemin gelóófs-onderhouding van die Chrísten-mens!
Let op die konteks van PdT
se plasing van “4:10”: “... hoe mens toetree tot hierdie rus is deur die geloof (4:3). God het eens die
sabbat bepaal as rusdag (4:10), en Hy bepaal nou weer 'n sekere dag
in die plek van die Sabbatdag, naamlik vandag
(4:7).” PdT misgis
‘katapausis’ vir ‘sabbatismos’.
PdT lees “die sabbat”
elke keer waar “die sabbat” nié is of veronderstel word nie: “... hoe mens toetree tot hierdie rus is deur die geloof (4:3). God het eens die
sabbat bepaal as rusdag (4:10), en Hy bepaal nou weer 'n sekere dag in
die plek van die Sabbatdag, naamlik vandag
(4:7).”
Want PdT verwar “... die rus waarin mense gaan as hulle glo
in Christus en daardeur in 'n verhouding met
God tree (Heb 4:3)”, met “Hierdie
rus (wat) die skrywer
'n sabbatsrus
noem”— in 4:9!
Van identifisering tot misgissing
tot verwarring tot wegdoening deur
‘vergeesteliking’: “Hierdie
rus noem die skrywer 'n sabbatsrus.” ... “Hierdie rus” (bedoel PdT, is die rus) “in Christus”. ... “Christus het weggedoen met
alle vorme van fisiese wette ... In Christus het enige vorm van wet
verval”, waarmee PdT eintlik
bedoel, “praktiese onderhouding” van die Sabbatdag-‘sabbatismos’ verval,
gestop, verdwyn het. Op grond waarvan?
... enkel alleen PdT se eie ‘mentale
projeksies’. (‘Mentale projeksies’
is ’n term uit die ‘Nuwe Hervorming’.)
Wel, só wil my ‘mentale
projeksies’ na vele heroorweging, lyk:
In Hebreërs 4:9 en die res van die hoofstuk het ons duidelik
met verskillende ‘rus’, en
‘dae’, te doen:
(1b) “Daar bly dus oor (kataleipetai),
(2b) “ ’n
onderhouding van die Sabbatdag” (sabbatismos)
(3b) “vir die Volk van God”—
‘Bly oor’ om
wat mee te doen? Om: nádat
(1a) “ons” in die
‘geestelike’ “rus” van “die Evangelie”
(4:2,6,10),
(2a) ‘geestelik’,
“deur die geloof” (4:3,11,16; 3:14, x3:19)
(3a) “ingegaan hét” – soos in verse 3 en 6 gestel en
in vers 11: “Laat ons (Nuwe-Testamentiese gelowiges), “ons dan beywer om in te gaan in dié rus”— vers 8: “aangesien Jesus
aan hulle rus verskaf het” —
om daarná,
(1c) die “Sabbatdag” (sabbatismos)
(2c) ‘fisies’ en
na ‘Wet’ “geldend-blywend” (apoleipetai)
(3c) uit ‘geloof’ en ‘geestelik’ as “Volk van God”, “prakties” te
“onderhou”.
Ja, die ‘rus’ – ‘katapausis’,
is iets wat ‘geestelik’ ingegaan word, maar nóg die ‘rus’ nóg die ‘ingaan’, kan
van die ‘fisiese’, in eenheidsfront van ‘Volk-van-God-deur-onderhouding-van-die-Sabbatdag-wees’
– ‘sabbatismos’, geskei word. Want
dit is hier die Kerk, wat optree en “vir”
wie die Gebod om “in te gaan”, “nog
geld”— “prakties” sowel as “geestelik”.
“Prakties” en
“geestelik” is dan in
die Christelike geloof, gladnie uitsluitlike begrippe nie; inteendeel! Nou, dit sê ons terwyl ons ’n ‘geestelike’
wet, ‘geestelik’ én, ‘fisies’, gehoorsaam, naamlik, deur die “praktiese” dog ‘geestelike’ “onderhouding” van die ‘geestelike’ dog ‘fisiese’ en “praktiese”, “Sabbatdag”: Vandaar: “sabbatismos”!
’n Groter en
’n mindere ‘rus’
Maar, veronderstel nou ‘sabbatismos’ = ‘katapausis’— dan ... Wat maak van die groter ‘Rus’, die ‘Katapausis’, minder ‘Wet’
of minder ‘wettesisme’ maar die méns
“moet ywer om daarin in te gaan”?
Wat maak dit minder ‘Wet’ as
die kleiner ‘rus’, wat tog maar net
“vir
en ter wille van die Volk, geldend nagelaat (is om te)
onderhou”? Dan maak die skrywer mos die rus of redding
die mens se eie prestasie? Dan sou
hy mos geskrywe het: “Want as die Volk
hulle rus verwerf het”? Want nou is
dit mos die Volk se werk en is dit uit die Volk se krag!? Terwyl God juis
geswéér het, “Húlle (dit is die mens van verharde hart –
alle mense; enige mens nié uit die ontferminge van God begenadig nie), sal in mý rus, nié ingaan
nie!”?
Want was dit nie juis “Jesus,
(wat) aan
hulle (daardie ‘groter’ en
‘geestelike’) rus
verskaf het” nie?
Hoe kon
die skrywer van die suiwer ‘geestelike gebod’ van die ‘geestelike ingaan’ in
die ‘geestelike rus’ van God (wat die geloof in Christus Jesus is), in 4:9 gepraat het terwyl hy juis argumenteer dat die reddende geloofsrus in Christus,
ín Christus, en déúr Christus alléén,
gevind en vermag word? As dit is omdat “Jésus, aan, hulle, rus
verskaf het”, hoe kon die skrywer sê, dat dit “vir die Volk van God, oorbly
of geld”? -- om deur húlle, gedoen
te word? Hoe kon die skrywer sê dat
die Volk, die doener moet wees, die vermagter van ‘die rus van God’, nié, ‘Jesus’, nie? Ten spyte
daarvan dat God gesweer het, “Hulle,
sal in My rus, nié ingaan nie”? Sou dit verskil gemaak het of dit ’n ‘geestelike rus’ of ‘n ‘fisiese rus’ was behalwe dat die ‘geestelike rus’
soveel moeiliker is en soveel verder
weg van die menslike vemoë af? Maar die Skrif sê hierdie ‘rus’ “bly vir die Volk oor” -- om mee te slaag? Sou dít, genade wees, “Sodat
Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in My Rus, nié ingaan nie”? Genade ja, as “die Rus (wat) Jesus, aan hulle verskaf het”
en hulle in en deur Hóm daarin
ingeneem is; Maar vergeefse moeite, as dit “vir die Volk (sou) oorbly” om te verkry! Want wat die Volk self moet doen, dit is ‘wet’,
en deur die Wet word niemand geregverdig nie! Deur die Wet, kan niemand – nie Ou- of Nuwe-Testament
nie – in die rus ingaan nie. Wat nét
Jesus kan doen, dít is die bron van alle rus. Daarom moet dit die Sabbat wees waar die skrywer sê daar het “’n onderhouding van die
Sabbatdag vir die Volk oorgebly”— dit is ‘wet’, en deur die Wet word
niemand geregverdig nie!
Daarom moet dit in 4:9 hulle
onderhouding wees wat uit die genade-rus van verse 7 en 8 “vir die Volk oorgebly het”. Sélf ingaan, dít, is verdienste! Minder self-verdienstelik
sou gewees het
as dit tog maar die
Sabbatdag was wat “vir die Volk oorgebly het om te onderhou”, nié die rus wat die gronde van die saligheid, ja, wat die
Saligheid Self is nie, wat net deur Jesus vermag, waarin net Hy mens kan inlei,
en inbring; wat daardie ‘rus’ is wat Jesus
aan die Volk verskaf het! 4:9
se ‘sabbatismos’ is volgens die eerste beginsels van die Evangelie van Christus
onmoontlik daardie ‘katapausis’!
“Want as Jesus aan hulle
rus verskaf het, praat Hy ná hierdie dinge nie weer van ’n ander dag daarna nie;
daarom bly daar ’n onderhouding van die Sabbatdag staande vir die Volk van God.” Dit, is wat verse 7 en 8, presies en letterlik sê; hierdie verse bevat gladnie die
gedagte of woorde van ’n “sabbats-rus”
nie. Die sekondêre gedagte en beginsel van die Evangelie van “Sabbatsrus” in
die letterlike, “fisiese”,
dog volkome ‘geestelike’ en gelóófs-“onderhouding van die Sabbatdag”, word slegs in vers 9 gekry.
Die argument van die ‘sabbatismos’ as ‘dié’, en suiwer ‘geestelik
rus’, is teen-produktief. Dat niks ‘fisies’ in die ‘sabbatismos’ gesien mag word nie, kan nie verduidelik wat dit
beteken dat hier iets ‘oorgebly’ het
nie. Dan maak dit geen sin dat dit “vir die Volk oorbly” nie. Die idee is
self-weersprekend. Hoeveel meer as dit ‘n ‘Sabbats’-rus is maar dit mag nie
‘fisies’ en “fisiese wet” wees nie!
Nie dat die ‘kleiner’
‘rus’ die ‘Sabbatsrus’ van “’n onderhouding van die Sabbatdag”, nie óók Genadewet en Genadegawe is nie! Nee, al wat “vir die Volk van God” – as die Volk van Gód, dit wil sê, as
‘mense’ aan wie “Jesus” rééds,
die ewige saligheids-“rus verskaf hét”. Al
wat “vir” hulle – sonder enige verdienstelikheidswaarde
of selfs net verdienstelikheidsmotief –, “nog geldend oorbly”, en uit die Bron van alle goeie gawes
“nog
geldend oorbly”, is die “onderhouding van die (‘fisiese’) Sabbatdag”: As gééstelike en ‘Christelike nalatenskap’ uit die fontein
van die rus wat Jesus aan hulle verskaf het, juis omdat dit as ‘Wet’ en verpligting ‘opgelê’ word en “geldig bly vir die Volk
van God”. Moenie vergeet nie, dit
is “die
Volk van God”, en Hy is die Behoeder
van Israel, en hulle is sy erfgename. “Erfgename van God”, is hulle ander naam. Dis waar hulle hulle Sabbatdag en
hulle behouding en onderhouding van hulle Sabbatdag vandaan ontvang het. Uit
die skatkamers van sy rykdomme en kleinnode van die Koninkryk van die
hemele. Juis daarom, is dit en kán dit en mág dit— hierdie “onderhouding van die
(‘fisiese’) Sabbatdag” wat “nog geldend oorbly vir die
Volk van God”,
nié,
verdienstelikheid wees of gemaak word nie, maar “bly (dit) oor” behoefte, nodigheid en noodsaaklikheid,
vir die lewende en groeiende “Liggaam van Christus se Eie” ... om ...
“Saam met Christus die
eerste beginsels van die wêreld af te sterf” en
deur “goddelike groei”, te óntgroei. Dis waarvoor
‘Sabbattefees’ aan die Volk van God “nagelaat is” of
“vir die Volk van God oorgebly
het”, naamlik:
Om op Christus te “fees”
met “ete en drinke” van
die Brood en Water van die Lewe, en om
“ondersteuning van die hele
liggaam” te verkry
en deur “verbindinge” en “bande van die liefde”,
“saamgebind” te word.
‘Katapausis’-‘rus’ en ‘sabbatismos-‘Sabbatsrus’ dieselfde
PdT, “Volgens Heb 4 bly daar ‘n sabbatsrus oor...”— dit kan net “Heb 4”, vers 9, wees! “...hierdie
rus... (4:3) ...die sabbat bepaal as rusdag (4:10) ...'n
sekere dag in die plek van die Sabbatdag, naamlik vandag (4:7)”. Onderstreping CGE.
Dit blyk jou basiese dilemma te
gewees het, PdT:
Daar bly dus geen manier
oor, waarop die ‘rus’-‘katapausis’, en die ‘Sabbatsrus’-‘sabbatismos’ van die “onderhouding van die
Sabbatdag (wat) vir die Volk oorbly”, met mekaar gelykgemaak, of met
mekaar verwar, kan of mag word
nie. En daarom, bly daar ook geen manier oor hoe die ‘Vandag’-‘seemeron’ van die Evangelie-Wekroep
van die dag van Goddelike Genadebetoning in en deur Jesus Christus, met die ‘Sabbatsrus’-‘sabbatismos’ van die “onderhouding van die Sabbatdag (wat) vir
die Volk oorbly”, gelykgemaak, of daarmee verwar,
kan of mag word nie.
Die ‘rus’-‘katapausis’ en die ‘Vandag’-‘seemeron’-Evangelie-Wekroep, is dieselfde; nié die
‘rus’-‘katapausis’ en die ‘Sabbatsrus’-‘sabbatismos’ nie. Die ‘Sabbatsrus’-‘sabbatismos’
en “die Sewende Dag aangaande
waarvan God aldus gespreek het”, is min of meer ekwivalente.
Die Sabbatrus wat Oorgebly het
vir die Volk van God –
‘sabbatismós’
Hebreërs 4:9 bevat
die ‘gebod’ vir ‘die heidene’, waarop die wettisiste onophoudelik
aandring.
Hoof-tema
‘Die Rus’ in Hebreërs 3 en 4
(1:1) “(God
het) … in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun (2) wat Hy as Erfgenaam van alles
aangestel het, deur Wie Hy ook die wêreld gemaak het. (3) Hy – wat die afskynsel van sy
heerlikheid en die afdruksel van sy wese is, wat alle dinge deur die Woord van
sy Krag dra – het, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk
het, gaan sit aan die Regterhand van die Majesteit in die hoogte, (4) terwyl Hy soveel uitnemender
geword het as die engele namate Hy ’n voortrefliker Naam as hulle geërf het….”
Die Opstanding van Jesus Christus
Die
skrywer van die Brief noem Jesus se opstanding maar eenkeer, met dié woorde, “Die
God van vrede wat die Groot Herder van die skape, onse Here Jesus Christus, uit
die dode teruggebring het.” Vrede, kuddelewe – die Kerk, en rus, word onmiddellik met Jesus se
opstanding vereenselwig.
Hierdie
vers staan egter vér agter in die Brief, in 13:20! Tog wil ek dit stel dat
Christus se opstanding van die begin van die brief af, elke gedagte van die
skrywer regdeur, solied onderlê.
Reg van
die begin af, hoofstuk 1, word Christus se opstanding reeds vir geen korte
oomblik nié geïmpliseer en nié heel eerste, vóórveronderstel, en, vooropgestel,
nie.
Want, in
ag genome die eerste verse van hoofstuk een :
Is dit
nie so dat “God in hierdie laaste dae”, deur sy ópstanding uit die dode, “tot
ons deur die Seun gespreek het” nie? (1b)
Is dit
nie so dat God, deur die opwekking van die Seun uit die dood, Hom “as
Erfgenaam van alles aangestel het” nie? (2a)
Is dit
nie so dat Hy in en deur Christus se opstanding uit die dood, “ook
die wêreld gemaak het”
(2b) nie? Want God het trouens “die wêreld” “deur Hóm” –“die Seun” in opstanding uit die dode juis–
núút, “gemaak”. “Die Seun” in opstanding uit die dode, Want: “Hierdie wet (entolee) het Ek van My Vader ontvang” – hierdie “mag (eksoesia) om my lewe weer op
te neem”, Jh10:18. “Wek U
Mag op, en kom ons te hulp … o Herder van Israel!” Ps80:2-3
Is dit
nie so dat hierdie Erfgenaam nie ook nog “alle dinge deur die Woord
van sy Krag (‘dunamies’) dra” nie? (3b) –deur “die Krag (‘dunamies’) van sy opstanding” naamlik! (Fil3:10)
Want, “Sondereiniging
bewerkstelligende dra Hy alle dinge”-‘katharismon poi-eesamenos’, staan dit daar! Sonder Jesus se
versoeningsbewerkstelliging deur opstanding uit die dode, gaan alles verlore en
tot niet.
[Volgens
die OAB: “Hy dra alle dinge nadat Hy die reiniging bewerk het”. Die Grieks: “Hy dra
alle dinge déúrdat Hy, reiniging van sonde bewerk het”, Deelwoord: “bewerkstelligende”.] Christus het “alle
dinge” “deur
Homself”, sáám met
Hom en ín Homself, weer ópgerig “úít die dood”, weer “teruggebring”, en vóórt, “gedra”, “sondereiniging
bewerkende”!
“Sodat
Hy deur die dood (die dood tot
ópstanding uit die dood – “the death of
death in the death of Christ”, John Owen) hom wat mag oor die dood gehad
het, die duiwel, tot niet kon maak, en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank
uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.” (Hb2:14c-15)
“O, dat
ek Hom mag ken en die krag van sy opstanding!” “Sy Seun Jesus Christus, na die Gees van
Heiligheid met krag verklaar as die Seun van God deur die opstanding uit die
dode!” (Ro1:4) “Aan My
is gegee alle mag in hemel en op aarde … Kyk, Ek is met julle al die dae tot
aan die voleinding van die wêreld” : die Opgestane Heiland troos en gee krag!
“Deur
Homself”, “het Hy
die wêreld gemaak”,
en “dra Hy alle dinge”, dáárdeur, dat “die Seun”, “deur Homself, reiniging
van sonde bewerk het”.
(1:3c)
“Ek
maak julle die Evangelie bekend … dat Christus vir ons sondes gesterf het … dat
Christus vir ons sondes begrawe is … en dat Christus vir ons sondes opgewek is.
… En as
Christus nie opgewek is nie, is julle geloof nutteloos; trouens, dan is julle
nog in julle sondes. … Maar nou, Christus ís opgewek uit die dode.” (1Kor15:1-4,17,20)
Kolossense
1:
“16Want
in Hom is alle dinge geskape … alle dinge is deur Hom, en tot Hom geskape. 17 Want Hy is voor alle
dinge, en in Hom hou alle dinge stand. … 18b Hy wat die Begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy
in alles eerste
“Hom
opwekkende uit die dode het God Hom laat plaasneem aan sy regterhand in hemelse
heerlikheid bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy.” Ef1:20-21
Daar is
dan geen twyfel nie, dat wanneer die skrywer van Hebreërs skrywe dat, “die
Seun”, “deur
Homself, reiniging van sonde bewerk het”, hy allereers aanneem “dat Christus vir ons sondes
opgewek is”, want “as
Christus nie opgewek is nie … dan is julle nog in julle sondes” en ‘is
julle nog’ nie “gereinig” nie.
Christus is die Eersgeborene uit die dode – “die dode”: ons! “Hy is
die Hoof van die Liggaam die Gemeente”: ons! (Kol1:18a) Dit alles, gebeur en word waar, by en met,
in en deur, en op grond van, die opstanding van Christus uit die dode! Soos die
Hebreërbrief verklaar: “Wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring … want
aan wie van sy engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, Vandag het Ek U
gegenereer?” (1:6)
Dit is
duidelik, géén gedagte sonder Christus se opstanding uit die dode is vir
hierdie skrywer moontlik nie. En sou ons nie Christus se opstanding uit die
dode neem as basis en gronde en voorveronderstelling van en vir álles wat hy sê
nie, moet ons maar weet, ons het nog nie eers begin om hom te verstaan nie.
Vgl.
Js53:4,11,12, Mt8:17. Ook Kol2:12-13, “… julle ook saam opgewek deur
die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het -- die
werking van God wat ook julle wat dood was deur die misdade saam met Hom lewend
gemaak het deurdat Hy julle al die misdade vergewe het.”
“Sondevergifnis
bewerkstelligende” is
Christus “opstanende uit die dode”. Want, “Juis waar Hy deur Homself die reiniging
van ons sondes bewerk het, het Hy gaan sit aan die Regterhand van die Majesteit
in die hoogte”, (3c)
Let wel! (‘katharismon … poi-eesamenos …
ekathisen’)
Ons sê
wéér: Regdeur die Brief, word Christus se opstanding vir geen korte oomblik nié
geïmpliseer en nié heel eerste, vóórveronderstel nie.
Want,
wáár vind ons Hom, die Seun, by uitnemendheid, “die afskynsel van die
heerlikheid en die afdruksel van die wese van God”, (3a) as juis in sy opstanding uit die dode?
Wáár, as
juis “Terwyl Hy” … deur opstanding uit die dood … “soveel uitnemender geword het
as die engele namate Hy ’n voortrefliker Naam as hulle” … deur opstanding uit die dood …
“geërf het”! (4)
Wáár was
dit; en wanneer, dat die Seun “soveel uitnemender geword het as die
engele namate Hy ’n voortrefliker Naam as hulle geërf het”?
Laat
Paulus ons antwoord:
“Toe Hy
Hom uit die dode opgewek het / Hom uit die dode opwekkende … en Hom laat sit
het / Hom setelende aan sy regterhand in hemelse heerlikheid – bo alle owerheid
en mag en krag en heerskappy en naam.” Ef1:20-21 Nogmaals die Deelwoorde! Toe, en terwyl!
Laat
Petrus ons verduidelik:
“… op
grond van Jesus Christus wat met die regterhand van God ten hemel deurgegaan-is
se engele en magte en kragte aan Hom onderwerpende opstanding.” (Engels, “Who is
gone”-‘estin poreutheis’)
Die
skrywer gaan tog nie soos ek gemaak het, Jesus se opstanding elke keer noem nie
– hy spel dit dan klaar uit deur een vir een die oneindige deugde daarvan aan
te toon!
Die
grootste deug van Christus se opstanding is, dat “Hy
–Jesus– aan hulle –die Volk van God– Rus verskaf het”.
Hierom
gaan dit in hierdie gesprek.
Hierdie “Rus” deur Jesus verwerf en deur Hom
vir sy Volk “verskaf”, en aan sy Volk “gegee”, is “Sý Rus”, “die rus van God”, “die Rus van sy eie werke”, “sy Rus, soos Gód” – “soos God in sy eie heerlikheid van Goddelikheid”. Dit gaan hierom: Hierdie “Rus” is deur Jesus verwérf: “triomfántlik
verwerf” (Kol2:15c),
“triomfántlik verwerf” deur opstanding uit
die dode, deurdat “Hy aan hulle rus verskaf het”; deur
opstanding uit die dode, deurdat “Hy self in sy rus ingegaan het” … en dan wat daaruit voortvloei … “vir die Volk van God”.
Maar om
vir uself te gaan seker maak ek praat nie my eie versinsels nie, gaan lees nou
verder op enige plek in die Brief. U sal saamstem, die skrywer wil van niks
anders iets weet en van niks anders iets getuig, as van Christus Jesus, en van
Hom, as die Opgestane Een in opstanding uit die dode nie.
Hierdie
skrywer veronderstel “volwasse” lesers (5:4); Verstaan hom soos volwassenes! Hy praat met mense wat “vanweë
die tyd, leraars behoort te wees”. (5:12) Moenie dat u, hierdie klare feite, soos vir ’n
kind, met ’n teelepeltjie gevoer word nie.
“Die Rus”, Metafoor vir die
Opstanding van Christus
Nou is
hierdie bevinding van ons uit gemeenskaplike vrae na die Skrif-Woord van God,
bevestig, dat die Hebreërskrywer op elke manier waarvan hy gebruik mag maak,
van die opstanding van Jesus Christus praat -- dat hy menige metafoor, daarvoor
toepas.
Ons kon
deur die hele Brief aangegaan het op
die wyse waarop ons hierdie enkele verse betrag het, en ons afleiding sal
dieselfde bly: Dit gaan in geheel en in besonderheid vir die skrywer van
Hebreërs oor die opstanding van Jesus as alles-bepalend ván, en allesbepalend
vír, die Christelike geloof.
Sou ‘Die Rus’ dan, waarvan
Hebreërs in hoofstukke 3 en 4 praat, nog ’n metafoor vir die opstanding van
Christus wees?
Hoe het
God ‘gerus’, en waarin?
In
Christus Jesus, en in Hom in opstanding uit die dode! Inderdaad nooit anders
nie! Mens
So dan
het ons hierdie vooropstelling – dat Jesus se opstanding die hoof-tema van die
brief is – maklikste en duidelikste kon sien deur eenvoudig die Brief te gaan
lees het, en blyk dit weereens die geval te wees waar die skrywer van ‘Die
Rus’ van God, skrywe.
Te berde
vir ons gesprek dus, is een van die skrywer se metafore vir die opstanding van
Christus, ‘die
Rus van God’ –
teenoor, en relatief tot – “’n
Sabbatsrus vir die Volk van God”.
“Terwyl
die belofte om in sy rus in te gaan, nog standhou” … en “terwyl dit dan so ís, dat
sommige daar íngaan”
… “Laat óns, ons dan beywer om in te gaan, in dié rus.”(4:1,6,11) “Dié Rus”, waarin die Seun, “soos
Gód van sy werke”,
deur opstanding uit die dood, “ingegaan het”.(4:10) “Want ons wat geglo het, gáán
die rus in.”(4:3) Sy
opstanding, reinig ons van die sonde.
Baie meen
ook die woord ‘sabbatismos’ in Hb4:9, dui die ‘Rus’ –daardie ‘geestelike Rus’ waarvan ons heeltyd nog gepraat het– aan. Is ‘sabbatismos’ derhalwe ekwivalent vir of selfs
sinoniem van, ‘katapausis’? Duie ‘sabbatismos’ –net soos ‘katapausis’– die opstanding van Christus aan?
Die vraag
word dus genoodsaak: Wat is God se ‘sabbatismos’ dan, in verhouding
tot sy ‘Rus’-‘katapausis’?
‘Sabbatsrus’ en
‘Rus’ –
‘Sabbatismos’ en
‘Katapausis’
Die woord
“katapausis”-‘rus’ kom nege keer in die NT voor, waarvan slegs een geval, nie
uit Hebreërs is nie (Hd7:49). Hierdie Selfstandige Naamwoord kom van die
Werkwoord, ‘katapau-oo’ wat ook drie uit vier keer, uit Hebreërs kom. Die
vierdie geval is ook uit Handelinge (14:18).
Die woord
“katapausis”-‘rus’ moes besondere betekenis vir die skrywer van hierdie Brief
gehad het, soos duidelik is uit die plase van voorkoms daarvan: 3:11, 18; 4:1,
3, 3, 5, 10, 11; en ‘katapau-oo’, 4:4, 8, 10. Trouens, beide woorde blyk vir
hierdie skrywer binne die verband van die Genadeverbond, diepe mening te gehad
het OMDAT al sy toepassings daarvan tussen 3:11 en 4:11 voorkom -- waar die
Genadeverbond herken word aan die volgende beskrywings van die skrywer
daarvoor:
“My Rus” (3:11); “Deelgenote van Christus”;
“Sy Stem”; “Sy Rus” (3:18); “Die
Belofte” (4:1a) “Sy Rus” 4:1b); “Die Evangelie” (4:2a);
“Die Prediking” (4:2b) “Die Geloof” (4:2c); “Die Rus” (4:3a); “My Rus”
(4:3b); “Sy werke Volbring” (4:3c); “My
Rus” (4:5); “Die Evangelie” (4:5b); “Sy Stem” (4:7); “Rus gegee” (4:8); “Rus
ingegaan” (4:10a); “God rus van sy
werke” (4:10b); “Dié Rus”
(4:11).
Die
ekwivalente betekenis, bedoeling, en gebruik, van die verskillende woorde en
beskrywings vir dieselfde ding, is onmiskenbaar en duidelik, duidende op die
Genadeverbonds-Rus van God; op die Rus van God van sy werke van voltooiïng,
heiliging, seëning en opwekking in, deur, en van, Jesus Christus.
Al die
skrywer se beskrywings vir die ‘Rus’, kan saamgevat en opgesom word in, God se
Ewige Evangelie-Rus, ingegaan déúr (in die eerste plek), Christus Jesus self,
en, ín (in die tweede plek), Christus Jesus, deur sy Volk!
Duidelik
is God se ‘katapausis’-“Rus”, nié sy ‘Sabbatismos’-“Sabbatsrus”, “vir die Volk
van God”, nie.
God se
‘Sabbatismos’-“Sabbatsrus” “vir die Volk van God” vólg op, en is die vrug ván,
God se ‘katapausis’-“Rus”: “Want as Jesus aan hulle rus verskaf het en Hy
daarna van geen ander dag (van verlossing) sou spreek nie, BLY DAAR DAAROM,
onderhouding van die Sabbatdag vir die Volk van God oor; bly dit oor OMDAT HY
WAT in sy rus ingegaan het Self ook van sy eie werke as God in sy eie, gerus
het.” (4:8-10)
‘Sabbatismos’-“Sabbatsrus”
“Daar bly
dus ’n sabbatsrus oor vir die volk van God.”
As
‘sabbatismos’, ‘katapausis’ beteken het, waarom sou die skrywer nie
‘sabbatismos’ gesê, het nie? Of, eerder, waarom sou hy nie ook waar hy ‘sabbatismos’
gesê het, ‘katapausis’ gesê het nie? Want hy gebruik tog as die reël, ‘katapausis’
vir ‘rus’? Hy weet mos waarvan hy praat;
dis feitlik net hý, altans, wat hierdie woord en woorde in die Skrifte gebruik!
Maar nee!
As daar ’n ‘gebod’ wat sabbatsonderhouding “vir die Volk van God” aanbetref,
‘oorgebly’ het, dan ‘vertaal’ ons dit net eenvoudig uit en weg, want daar
kannie, “’n Sabbatsrus vir die Volk van God oorbly”, waarmee Sondagsheiliging
moet saamleef nie. Want daar is nie vir altwee – “onderhouding van die Sabbat”,
én, “Sondagwaarneming” – ruimte in die lewe van die Kerk nie.
Nóg die ‘Goddelike vryheid’*, nóg die ‘menslike vryheid’*, laat dit toe. (*
Karl Barth se frases.)
Maar ons
moet tog eers wéét waaroor dit nou eintlik gaan? Wat is dit wat uiteindelik,
‘geldend’, sou ‘oorbly’, of sou ‘wag’? Is dit iets van belang vir die geloof en
vir die geloofslewe van Christene? Of is ons moeite verniet – soek ons vir iets
wat nie saak maak nie? Of soek ons nou vir iets wat vér voor ons lê en nie tans
vir die Kerk of op die individuele gelowige, betrekking het nie?
Daarom
eerstens, moet ons weet waarvan die ware Woord in die oorspronklike taal praat
as dit van die ‘sabbatismos’ praat
wat (altoos) “vir die Volk van God oorbly”.
Uit die
staanspoor kry ons te make met korrupsie van God se Woord, reg in hierdie teks,
waar kwasie-vertalings praat van ’n ‘rus’, en nie van ’n ‘Sabbats-rus’, nie.
Ek weet
van geen Vertaling wat die Griekse teks, se woord, ‘sabbatismos’, letterlik –
en daarom heeltemal reg – vertaal nie. Selfs die AV het net ‘rest’. (Die AV gee
wel die kantlesing, “a keeping of a Sabbath”.)
Nou as
dit maar net ’n ‘rus’ sou gewees het wat vir die Volk ‘oorgebly het’ (of wat
vir die Volk ‘voorlê’),
Ons moet
daarom seker maak wat die woord ‘sabbatismos’, presies, beteken, sodat ons kan
weet waaroor dit essensieel, in hierdie Skrif gaan.
‘Sabbatismos’
kom net eenkeer, in Hb4:9, in die Nuwe Testament voor. Dit is afgelei van die
soortgelyke, ‘kognetiewe’, werkwoordsvorm, ‘sabbatidzoo’ – “om Sabbatdag te
hou”. Vgl. die Septuaginta, Ex16:30, Lv23:32, 26:34-35, 2Kron36:21. Al hierdie
teksplase verwys na onderhouding of waarneming van een of ander spesifieke ‘dag’,
as ‘Sábbat-dag’.
‘Sabbatismos’
word saamgestel uit die wortel of stam, ‘sabbatidz--’ (van die Werkwoordsvorm,
‘sabbatidz-oo’), en die Selfstandige Naamwoord-vormende uitgang of
agtervoegsel, ‘–mos’. In die samesmelting van die twee woord-dele, verander die
‘-dz-’ in ‘-s-’ om ‘Sabbatismos’ te vorm. ‘Sabbatismos’ word heeltemal reg deur
geleerdes as ’n ‘tegniese benaming’ vir onderhouding van die Sabbatdag,
beskrywe.
Voorbeelde
van ander sulke saamgestelde Selfstandige Naamwoorde as ‘tegniese benaming’ vir
iets, is die ‘Piëtisme’ (die beoefening van piëteit); ‘Gnostisisme’ (die
kultuur van kennis), e.d.m.
Skryf
Samuele Bacchiocchi, ‘The Sabbath in the New Testament’, bls. 82/83, ‘Literal
Sabbathkeeping’. “Verdere steun vir
letterlike Sabbathouding word gehaal vanuit die historiese gebruik van die term
‘Sabbatismos’ soos in Hb4:9 aangetref. Hierdie term word … meermalig in
na-kanoniese literatuur as ’n tegniese term vir Sabbatsonderhouding aangetref
in Plutarg (De Superstitione 3, Moralia 1660), Justinus (Dialoog met Trifoo 23, 3), Epifanius (Adversus Haereses 30, 2, 2), Die Apostoliese Konstitusies (2, 36) en die Martelaarskap van Petrus en Paulus.
A.T. Lincoln (‘Sabbath, Rest, and Eschatology
in the New Testament’, in ‘From Sabbath to Lord’s Day’, ed. Donald A Carson,
Grand Rapids, 1982 --n. 61, p. 213) erken
dat in elk van bogenoemde gevalle die term die onderhouding of viering van die
Sabbat(dag) aandui. Hierdie gebruik kom ooreen met die Septuaginta se gebruik
van die kognetiewe Werkwoord ‘sabbatidzoo’ …”.
Walter
Bauer: “‘Sabbatismos’, vertaal Hb4:9, die
Sabbatruhe, die Sabbatfeier – Sabbat zu katapausis.”
Die
Authorised Version (KJV, kantlesing) gee “a
keeping of a Sabbath” aan.
“A keeping of the Sabbath” – Liddell en
Scott, ‘Leksikon’
Schrevelius,
‘Leksikon’, “Onderhouding van die
Sabbat(dag)”
Karl
Barth, “Vanuit die skepping heen – enige
menslike beslissing as gehoorsaamheid of ongehoorsaamheid voorafgaande sowel as
oorheengaande – bly daar (‘apoleipetai’) vir die Volk van God die Sabbatsrus
(‘sabbatismos’), bly daar die deur God gewilde en beveelde Gemeenskap,
Verhouding, en Ooreenstemming tussen sy eie en die menslike vryheid as Doel en
Bestemming van die Weg, waarna hierdie Volk immer weer terug te roep is, waarna
God nie moeg word om hulle terug te roep nie, en waarna Hy dit eindelik en op
die hoogtepunt van hierdie Omgang in sy Seun, beslissend en finaal, teruggeroep
hét. (Hb4:9).”
‘Sabbatismos’
: ‘Die deur God gewilde en beveelde Gemeenskap, Verhouding, en Ooreenstemming tussen sy eie en die menslike vryheid’…
nié sonder die deur God gewilde en beveelde dág van Gemeenskap, dág van
Verhouding, en dág van Ooreenstemming tussen
God se “eie en menslike vryheid” nie!
Nié
sonder die dág van ‘sabbatismos’ “vír die Volk van God” nie! Nié sonder die dág
van ‘sabbatismos’ “deur God gewil en beveel” nie; nié sonder die dág van
‘sabbatismos’ “vir Gemeenskap, vir Verhouding, en vir Ooreenstemming” nie
-- nié sonder die dág van ‘sabbatismos’
wat “op die hoogtepunt van hierdie Omgang in sy Seun, beslissend en finaal,
teruggeroep” word, en in sy opstanding uit die dode, teruggeroep wás, nie!
“Sabbatismos”,
is “onderhouding van die Sabbat”, “Sewendedag(-Sabbat) aangaande waarvan God
aldus, gespreek het, en God het op die Sewendedag(-Sabbat) van al sy werke gerus.” Hb4:4. (Let op die
NAB se korrupsie wat die waarheid probeer omseil dat die Derde Persoon as Gód,
“Hy”, die Een is wat hier “gespreek het” – Aktief – nie maar net dat “Daar êrens in die Skrif gesê word” nie!)
Ons weet
dus nou waarvan ons praat as ons van die “Sabbatsrus”
in Hb4:9 praat. En ons weet nou waarvan die skrywer praat, as hy ‘sabbatismos’,
skrywe.
‘Apoleipoo’ – “Blý geld”
Die
skrywer plaas die woord “oorbly”-‘apoleipoo’, vóór in die sin, “daarom dan nou
BLÝ, vir die Volk van God, onderhouding van die Sabbatdag oor”, en hy gebruik
die woord in sy Teenwoordige Tyds-vorm (‘apoleipetai’), om met hierdie twee
sintaktiese vaardighede, nóg sterker klem te plaas op die voldonge
waaragtigheid daarvan dat onderhouding van die Sabbatdag vir die Volk van God,
“blý geld”. Hierdie ‘Sabbatsrus’-‘sabbatismos’, dan, “sál geld”, vir solank as wat “daar
die deur God gewilde en beveelde Gemeenskap, Verhouding, en Ooreenstemming
tussen sy eie en menslike vryheid as Doel en Bestemming van die Weg waarna
hierdie Volk immer weer terug te roep is”*, “blý geld”! (* Karl Barth)
Let op
‘Die Nuwe Afrikaanse Bybel’ se korrupsie van die Woord van God: “Daar wag dus nog steeds ’n sabbatsrus vir
die volk van God.” Dit bly nie geldig nie; dit moet nog kom.
“Wag”, sê
die ‘Nuwe Bybel’; “bly oor”, sê die ‘Oue’. Watter een moet ons glo?
Hoekom
maak dit saak dat die woord ‘wag’ verkeerd is, maar die woord ‘oorbly’, reg?
Omdat die woord ‘oorbly’, die konnotasie inhou van ‘oorbly as geldende ingewing
van God’, terwyl ‘wag’, hierdie betekenis uitkanseleer en daarvan ’n
antroposentriese toekoms-skim maak. Dit maak die wêreld se verskil vir die lewe
van die Kerk en aan sy gehoorsaamheid. Ons wil mos weet of daar regtig, “’n
sabbatsrus vir die volk van God oorbly”, en of dit waar is dat hierdie vers
maar net vertel van ’n toekomstige, ‘hemelse’ staat van ‘rus’, waarin die
gelowige hoop om eendag in te gaan, of waarin hy hom mag waan, hy reeds
ingegaan het.
Die
‘Classic Dictionary’ van die Grieks (Universiteit van Chicago) gee tien basiese
moontlikhede met kombinasies en variante, vir die Engelse woord, ‘wait’ (Afr.
‘wag’). ‘Apoleipoo’ is nêrens te siene vir ‘wag’ in hierdie woordeboek nie. Dit
Die AV
vertaal geen vorm van die woord ‘wait’ / ‘wag’, uit ‘apoleipoo’ nie, maar wel
uit vyf heeltemal ander, basiese samestellings. Daarteenoor vertaal die AV
‘apoleipoo’ ses keer met “remain” of “left” – ‘oorbly’. Al drie kere wat met
“remain” vertaal word, kom uit Hebreërs, en aldrie kere is die betekenis
ondubbelsinnig ‘geldend oorbly’.
Word
Hb4:9 se woord, ‘apoleipoo’, tog elders in die Skrif verskuild, met die
betekenis van ‘wag’, gebruik? Nee; nêrens en duidelik, nêrens. Hier volg die
gevalle – almal van hulle – van die voorkoms van ‘apoleipoo’ in Hebreërs:
4:6
“Omdat dit daarom ’n vereiste bly dat sommige nog in die rus (van God) móét, ingaan …” (‘epei oun apoleipetai tinas eiselthein eis autehn tehn katapausin mou’)
Niemand
bevraagteken dit ooit, dat die woord ‘apoleipoo’-“oorbly”, hierso, waar dit van
die Gelowiges die eerste en mees logiese veronderstelling is dat hulle die
GEBOD om die ‘katapausis’-“Rus” van God in te gaan, móét, en sál “ingaan”, nie!
Hierso is ‘apoleipoo’-“oorbly”, Gebod; Geloofsgebod; Christelike a priori.
Ewe
skielik egter, wanneer dit op die ‘sabbatismos’-“Sábbatsrus” aankom … wel, dan
… dan ‘wág’ ons eerder – tot in die ewigheid – eerder as om in gehoorsaamheid
te wíl glo, hier bevéél God sy Volk, “om Sabbat te hou”.
Laat ons
4:9, (‘ara apoleipetai sabbatismos tooi laooi tou theou ho gar eiselthoon’) vir
eers dan nou maar daarlaat, sodat ons eers nog verder kan gaan seker maak of
hier regtig van Goddelike Gebod vir die Gemeente van Christus, gepraat word al
dan nie.
Hb10:26,
“Geen offer bly meer oor vir sonde nie!” (‘peri hamartioon ouketi apoleipetai
peri hamartioon thusia’)
Niemand –
geen Christen in elk geval – gaan beswaar maak dat slagoffers nog gemaak moet
word nie. Almal stem saam, dit mág nie meer gedoen word nie, of ons is aan die
Evangelie van Christus, ongehoorsaam!
Hier, in
Hb10:26, sien ons dus die duidelike en onvergisbare GEBOD, TEEN, slagoffers.
Die begrip, ‘téén’ kry ons van die woorde, “nie meer nie”-‘ouketi’; en die
begrip ‘Gebod’, kom van die woord ‘apoleipetai’ – van niks anders nie!
Nou as
4:9 sou beteken het – soos baie aanvoer – dat “onderhouding van die Sabbat”
(sabbatismos) nié meer geldig is nie – dat daarvan niks meer ‘oorgebly het’ vir
die Volk van God nie – dan sou hierdie skrywer (moet mens uit bogenoemde
aflei), dít, gesê het: “Ouketi (‘nie meer nie’) apoleipetai (‘bly oor’)
sabbatismos” – ‘Onderhouding van die Sabbatdag geld nie meer nie’! En daarmee
sou al die Sabbat-haters van harte saamgestem het. So is dit dan ook, dat hulle
almal van harte daarteen saamgesweer het, ongelukkig nieteenstaande die feit –
dwars teen die naakte waaragtigheid daarvan in – dat daar geen so ’n woord in
4:9 as ‘nie meer nie’, te vinde is nie!
Die
teendeel is egter in 4:9 waar – “Onderhouding van die Sabbat, blý oor”; en dit
“bly óór, vir die Volk van God”, vir die Nuwe Testamentiese Gemeente van
Christus – “apoleipetai Sabbatismos tooi Laooi toe Theoe” as suiwere en sekere
geloofsverpligting! Want die woord ‘staan daar geskrywe’: “Apoleipetai sabbatismos
tohi Laooi Theou” = “bly geld as plig en
gebod onderhouding van die Sabbatdag vir die Volk van God”.
“Maar
(3:8-9) hulle het die hart verhard net soos in die verbittering, in die dag van
versoeking, waar hulle My versoek het, My beproef het, terwyl hulle my Werke
gesien het …”, drie en dertig jaar lank, Sabbat na Sabbat, tot “op dié
Sabbatdag”, “toe Hy Hom, na die uiterste van die grootheid van die krag van sy
sterkte wat Hy gewerk het in Christus, uit die dood opgewek het”. (Ef1:19 en
Mt28:1)
In 10:26
sê die skrywer, “ouketi” – ‘nie meer nie’. In vers 9 sê hy dit nié. Net die
Bevelswoord, “bly oor / bly geldig” word in 4:9 deur hom toegepas. Hy praat dus
positief bevestigend van beide die Sabbatdag en die onderhouding van die
Sabbatdag in 4:9. Hy ontken geen aspek van enigiets nie – nie van
“Sabbats”-geldigheid nie; ook nie van “onderhouding” (van die Sabbatdag) nie.
En hy ontken niks daarvan dat “Sabbatonderhouding”, “vir die Volk van God” is
nie; en ook nie dat Sabbatsonderhouding “nog”, vir die Volk van God, “geldig
is” nie. Inteendeel, die skrywer bevestig dit alles sowel as alle geldigheid
daarvan.
“Daarom,
soos die Heilige Gees spreek” (3:7), gebruik die skrywer van Hebreërs hierdie
woord “apoleipetai”-‘blý’ / ‘bly óór’ / ‘geld’, juis vir die noue verband wat
daar heers tussen die “katapausis”-‘Rus’ van God se Verbonds-Rus, of “die
Evangelie”, en “die Volk van God”, die Nuwe-Testamentiese Gemeente van
Christus, se plig en verpligting van “Sabbatsonderhouding”-‘sabbatismos’.
Hierdie woord “apoleipetai”-‘blý’ / ‘bly óór’ / ‘geld’, is Gebods-Woord van God
vir die Christen-Volk van die Ewige Onveranderlike God en Vader van onse Here
Jesus Christus.
Wie nog
vra na die ‘Gebod’ in die Nuwe-Testament vir ‘die heidene’, ‘om die Sabbat te
hou’, vra dit uit pure, wel ingeligte, ongehoorsaamheid en onwilligheid.
Kom ons
ontleed ons terme verder.
‘apoleipetai’,
uit ‘apo’ – “weg van”, en, ‘leipoo’ – ‘geld / bly / nodig wees’.
“Abraham
het ’n tiende van (apo), alles, gegee.” (7:13)
“Onbevlek,
afgesonder van (apo), sondaars.” (7:26)
“Reinig
julle gewete van (apo), dooie werke.” (9:14)
Dit mag
mens verbaas, maar hierdie voorsetsel, “apo” – ‘weg van’, kom maar selde só
selfstandig aangewend, voor. En geen twyfel nie, dit is die geskikste term om
die gedagte van ‘om te heilig’, mee te help uitdruk.
Nou die
tweede helfte van ‘apo-leipetai’, komende van ‘leipoo’.
“Daar is
’n oorblyfsel ooreenkomstig die uitverkiesing van die genade.” (Ro11:5)
(‘leimma’ – uit ‘leipoo’) Daar “is”, of “bly”, ’n heilige Volk, ’n ‘oorblyfsel’,
“oor”.
“Jy kom
een ding kort (leipoo).” (Lk18:22)
Jy moet
nog een ding doen voordat jy rêrig heilig sal wees. (Titus 1:5, 3:13)
“Sodat
julle volmaak en sonder gebrek
“As
enigeen van julle wysheid kortkom.” (Jk1:5)
“As ’n
broeder aan daaglikse voedsel gebrek het (leipoo) … net so ook die geloof …”
(Jk2:15v)
Die
‘heiligheid’ en ‘volkomenheid’, waarop hierdie woord ‘leipoo’ toespeel, kom
duidelik uit die enkele toepassings daarvan in die Nuwe Testament – in Hebreërs
spesifiek –, na vore.
Voeg
hierdie twee in die NT uitsonderlike woorde en begrippe, ‘apo’ en ‘leipoo’,
saam, om ‘apoleipoo’ te kry, en die gevolglike betekenis is een van ‘heilige
afsondering en toewyding’, ja, eintlik van ‘heilige plig en verpligting’. “En daarom dan bly (die wet van) die onderhouding van die
Sabbatdag, vir die Volk van God, geldig.”
“Hierdie
wet (entolee) het Ek van My Vader
ontvang” – hierdie “mag (eksoesia) om my lewe weer op
te neem”, Jh10:18.
Só, lyk
die Nuwe Testamentiese en Evangeliese, Wet, of Woord, van God. Vergelyk hoe
Jesus sy ‘Wet’-‘entoleen’ van sy Vader ontvang het, Jh10:18 hierbo na verwys!
Dis hoe ook Christene van hulle Meester, hulle ‘Gebod’, ontvang! (Vers 19
vertel onmiddellik dat daar verdeeldheid as gevolg hiervan ontstaan het. Dis
vandag niks anders nie.)
So spreek
die Here. Wie ookal kom beweer die Here God het ons as sy eie uitverkore
Geliefde – die Gemeente van Christus – ten opsigte van sý Sabbatdag en óns
beskikte aanbiddings-vergunning, aanbiddings-geleentheid, en
aanbiddings-VRYHEID, soos wese agtergelaat, misken die Here God se Vaderlike
sorgsaamheid in hierdie opsig, juis in en deur Christus Jesus onse Here.
Waarvandaan,
bly die ‘Gebod’ – die ‘Heilige Plig’ – van “onderhouding van die Sabbatdag vir
die Volk van God”, dan “óór”? ‘Bly’, dit ‘oor’, vanuit die Ou-Testamentiese Wet
van Tien Gebooie?
Nee; én,
Ja!
Want as
die Sabbat geldig was vir en tydens die vorige bedeling, en “nog steeds geldig
bly” –soos die woord ‘apoleipetai’ trouens aandui– dan het dit mos
vanselfsprekend, ín, tót in, en “vír”, die nuwe bedeling-Volk van God,
“géldend, oorgebly”!
Maar ook
as die Sabbat vir en tydens die Ou bedeling van die Nuwe getuig, en daarop
gedui het, sal die verwesenliking en vervulling van hierdie vooruitduidende,
profetiese en eskatologiese eienskaplikheid van die Sabbatdag, vir en tydens
die Nuwe Verbond, van krag geword hét – as God sy Woord waar sou gemaak het;
wat Hy sekerlik en ontwyfelbaar ook waargemaak hét.
Nogtans
is nie een van hierdie twee verduidelikings of redes, die ware en
direk-toepaslike rede vir die geldigheid wat volgens hierdie teks en woord,
“oorgebly het”, nie.
Want daar
is híérdie gronde en híérdie rede vir en van die Nuwe-Testamentiese geldigheid
van die Sabbatdag se onderhouding deur die Nuwe-Testamentiese Volk van God,
naamlik,
“DAAROM
DAN NOU (ARA) bly daar vir die Volk hulle onderhouding van die Sabbatdag geld
….”
Waarna
word hier met die Redegewende
Verwysings- en Aanduidingswoord, ‘ara’, “daarom dan verseker”, verwys?
Na nóg
die Ou-Testamentiese waaragtigheid van God se Sabbatdag; na nóg die ewigdurende
Goddelike gegewenheid van die Vierde Gebod; na nóg die vooruitwysende en
vooruitgetuigende essensie van die Sabbatdag.
Maar, na
die oorspronklike, waaragtige en ewige fundering van die Sabbatdag, word
verwys; na Jesus Christus, na sy Volk “ín Hóm”, en daarna, dat Hy inderdáád,
“aan hulle (sy Volk) rus verskaf hét” –vers 8– welke rede en gronde, die
skrywer bevestigend en versterkend herháál in die tiende vers: “Omdat Hy
(Jesus) dan in sy eie rus as God in sy ware Self ingegaan het --- DAAROM DAN
NOU (ARA) bly hulle onderhouding van die Sabbatdag vir die Volk van God geldend
staande!”
Presies
dieselfde funksie en betekenis wat deur die woord ‘ara’-“daarom dan nou”,
verrig en vervul word, word deur die woord, ‘eiselthoon’-“omdat Hy ingegaan
het”, verrig en vervul. Want hierdie woord, ‘eiselthoon’, is ’n Deelwoord, wat
net soos ‘ara’ (Rede-Aanwysende woord) daarvóór (in vers 9), en, ‘ghar’-‘want’,
daarná (in vers 10), redegewende en aantonende betekenis het: “Daar bly DUS
DAAROM (‘ara’), ’n onderhouding (‘apoleipetai’) van die Sabbatdag
(‘sabbatismos’) geldig vir die Volk van God, WANT (ghar) INGANENDE (eiselthoon) in sy rus het Hy (Jesus)
inderdaad van sy eie werke as God self, gerus.”
“Die Rus Ingegaan”
Mens
kannie Hb4:9 goed verstaan, sonder om dit met die tweede Tien Gebooie te
vergelyk nie.
In die
Vierde Gebod van die tweede ingewing van die Tien Gebooie, gee God hierdie rede
aan die Israeliete, WAAROM, húlle, die Sabbat moet eerbiedig soos God dit gewil
het. Dáár, ‘staan dit geskrywe’:
“Onderhou
die Sabbatdag dat jy dit heilig soos die Here jou God jou beveel het: Ses dae
moet jy werk en al jóú, werk doen – WANT, die Séwendedag, is die HERE jou Gód,
se Rusdag (vir Sý, Werk – sy Werk van Rus-skep)! Jy mag dán (terwyl God die
Rus, Sý Rus, werk), géén werk doen nie …. MAAR, jy moet dááraan dink: dat jy in
Egipteland ’n slááf was, maar die HERE jou God het jou daarvandaan UITGELEI,
deur sy Sterke Hand en Uitgestrekte Arm (Jesus Christus); DAAROM, het die Here
jou God jou beveel om die Sabbatdag te hou.”
Merk u
die groot verskil op tussen die verlossing wat God vir eers, bewerk het, en die
Verlossing wat Hy uiteindelik, volbring het? Sien u dat dit eers ’n “UIT-lei”
as rede vir Sabbatsonderhouding was (Eksodus); maar in Christus Jesus, het dit
’n “IN-bring as rede vir Sabbatsonderhouding” (Hebreërs), geword –
inderwaarheid, ’n “ingebring, hét”, ’n “rus verskaf, hét” (vers 8)?
Die
Subjunktief van vers 8 is retoriese manier vir sterkste moontlike
feite-stelling: “Sóú Jesus, aan hulle rus verskaf het, sóú Hy daarna (na
volbragte verlossing), van geen ander dag daarna gespreek het nie, GELD
onderhouding van die Sabbatdag, dáárom, stééds, vir die Volk van God!”
Kyk net
hoe meesterlik gebruik hierdie skrywer die veronderstellende ‘Subjunktief’, om
die ‘Imperatief’ of Bevelsvorm mee te konstateer – beklemtonend mee aan te dui!
Hierdie man het geweet hoe!
Moet u
nie laat omtik deur slim manne se imponerende streke nie, want Jesus hét die
rus verskaf, en God spréék eenvoudig nie weer van nog ’n dag van verlossing
nie! Ek vertaal die Subjunktief daarom altyd en sonder skroom met ’n duidelike
Indikatief, want ek argumenteer tog nie oor die volstrektheid van God se Wil en
Voorneme nie. Die Jode mag dit in die skrywer se tyd gedoen het, want om Jesus
as die Messias te aanvaar het, was ’n groot ding vir hulle. Maar nou het
hierdie skrywer, hulle deeglik die mond gestop. Vir hom (en so vir my) is
Christus die Ja en Amen van die beloftes van God, en daarom glo ek is Hy die
grondslag van ook die Sabbatdág, en is dit Hóm waardig dat met die Indikatief,
op die ware manier gesê word net wat die Grieks se Subjunktief indikatief
konstateer.
Merk dan
nou op die fyne nuanse, die spitse toespeling in hierdie herhaalde Vierde
Gebod, op hoe God “SY EIE RUS” ‘waargeneem’ het.
In die
eerste ingewing van die Sabbatsgebod van Eksodus 16, is daar ’n duidelike
‘stop’ tussen die skeppingsaktiwiteite van God en sy rusdaad van die daaropvolgende
Sewendedag-Sabbat. Maar in die tweede Vierde Gebod (as ons nou die Eksodus
31:13-18 instellings-Woord van God vir nou vir later mag hou), word sy
verlossingsdáád, met God se Rús, as sodanig, feitlik vereenselwig, verenig en
geïdentifiseer.
God se
‘Uitlei’-verlossingsdaad of wérk; God se ‘energie-aanwending’, (Engels,
‘energising’ – van die Grieks, energhê-oo) van op die Sewendedag-Sabbat die
Israeliete uit te gelei het, word as’t ware God se Rus-dáád én Rus. Hierdie
twéé aspekte –God se Rus, én, Sabbats-Wérk– verskaf dan as één, aan die
Sewendedag-Sabbat, sy aard of ‘karaktereienskap’ van “Uitlei-Dág”, én,
“Rus-Dág”, van Gód, te wees.
In
Christus Jésus en deur Hóm, het hierdie ‘Uitlei-en-Rus-Dag-van-God’, sy
‘INBRING-en-INGAAN-Rus-Dag’, geword.
In
eenvoudige taal is die implikasie van hierdie ingewikkeldheid van die Sabbat,
dat God juis óp die Sewendedag-Sabbat, Ewige Verlossing gewerk en afgehandel en
volmaak het. Júís, op die Sabbatdag, en op geen ander dag van God se wil en
skepping nie as “Die-Sewendedag-Sabbat-van-die-HERE-jou-God”. WANT juis, “ÓP
die Sewendedag-Sabbat, HET GOD …”, sodat die Dág en juis híérdie Dag, “dáárom
dan” (ondermeer, ‘ara’), enigsins, betekenis ontvang en verkry hét, en stééds,
ontvang en verkry.
“Die
Sabbatdag geld daarom”, omdat “God op die Sewendag gerus het”. Soos Karl Barth
dit gestel het: “Wat van hierdie dag hierdie besondere Dag maak, is dít, wát,
daaróp, en daarméé, gebéúr, het.” God se dáád, sy Verlossingswérk, sy Rús
–tesame, ineen en as een–, is wat aan die Sewendedag-Sabbat betekenis en
geldigheid, géé. Nié die mens of sy werke of sy rus of sy plig nie!
Daarin
dat God die Verlossing gewerk en volmaak het in en deur Jesus Christus, word sy
Verlossings-wérk God se Verlossings-rús. God se ‘Uitlei-Werk’ en in Christus
Jesus alleenlik nog ‘Ingebring-hét-Werk’, is God se ‘katapausis’-Rus – sy Verlossingsrus in Jesus Christus.
Daarin dan, dat God hierdie Verlossingsrus “ÓP, die Sewendag-Sabbat van die
Here jou God”, gedoen en volmaak het, word die Sewendedag die
‘sabbatismos’-Sabbatsrus van God, én, van die Volk van God.
Die
Sewendedag Sabbat is begenadigde- en begenadigings-Dag – Rúsdag; en daarom, is
dit heilige en bepaalde Dag-van-God-se-Rus-Daad “vir die mens”-‘dia
anthroopoon’. Meer korrek gestel: Die Sewendedag Sabbat is heilige en bepaalde
Dag-van-en-vir-die-Rus-Daad-van-God; en dáárom, is dit Rúsdag -- Rusdag ván
Gód, “vír, die Vólk van God”. Dit was altyd so en waar; maar altyd nog was dit
so en waar op grond en op sterkte van die waar-wórd en die waar-wéés daarvan in
Jesus Christus, en déúr Hom, eens vir altyd in die opstanding van Hom uit die
dood.
Nadat God
Hulle s’n
was ’n geloofsdaad nes ons s’n – wat nie baie van ons almal, werklik deelagtig
geword het nie. Nee; eintlik was hulle geloofsdaad, groter as ons s’n – ons wat
aanskou het, nie net die werke van sy hande in skepping en uittog nie, maar die
Werker van “Die Evangelie” Self. Hulle moes vooruit glo aan wat nog sou kom
(die skrywer se veronderstellende Subjunktief in vers 8); maar ons, staan voor
die geloof in wat in Christus Jesus deur God waargemaak wás. Ons geniet dus
groter bewys en bevestiging, sodat ons nog groter getuienis het vir
onderhouding van die Sabbatdag as wat hulle gehad het.
Hoe
“Maar nou
dat Jesus aan hulle rus verskaf hét,” “en sommige daar wél ingegaan hét”,
verklaar die Nuwe-Testamentiese Woord in Hb4:8-10, “nou dat Hy self van sy eie
werke gerus het en in sy eie rus as God in sy ware Self ingegaan hét … DAAROM
DAN NOU, BLY onderhouding van die Sabbat-Dág, vir die (hele) Volk van God (van
alle tye), geld!” “Want aan ons was die Evangelie verkondig net soos aan hulle”
– dan nie?
En hierin
merk u die verskil én ooreenkoms, tussen God se “Rus”-‘katapausis’, en die Volk
se “Sabbatdag-onderhou”-‘sabbatismos’: Dit is nie net die Volk s’n nie, maar in
die eerste plek, Gód, se ‘Sabbatismos’-“Rus”; Dit is nie net Gód se
‘katapausis’-“Rus” nie, maar óók, die Volk, se ‘katapausis’-“Rus”, waarin nie
net God in die eerste plek in Jesus Christus ingegaan het nie, maar ook die Volk
uitgenooi word: “Vandag, as julle Sy Stem hoor, moenie julle hart verhard nie.”
“Gaan die Rus in!” “Ek is die Deur”, “en Ek sal aan julle Rus géé”. “Verniet
het julle ontvang.” “Julle is dúúr, gekoop.”
Nóg die
‘katapausis’-“Rus”, nóg die ‘sabbatismos’-“Sabbatsrus”, kan sonder die geloof
gaan. Hy wat die ‘katapausis-Rus’ van God deur en in Jesus Christus ingegaan
het, dit sal vir hom ook “daarom bly geld”, om die ‘Sabbatismos-Sabbatsrus’ van
Gód, deur die gelóóf, “in te gaan”.
Die
oomblik wat oneerbiedige hande hulle vergryp aan enige van God se
‘katapausis-Rus’ en ‘sabbatismos-Rusdag’, om wat God saamgevoeg het van mekaar
te skei, matig hulle hulself teen God die Almagtige aan.
Gevolgtrekking
Nou wat
beteken dit, dat “Jesus aan hulle rus verskaf het”; en, dat “soos wat Hy
ingegaan het in sy rus Hy Self van sy eie werke as God gerus het”?
Dit
beteken, deur sy opstanding uit die dood, “het Jesus aan hulle (Volk van God)
rus verskaf”!
Want
Jesus het nog geen “rus verskaf” alvorens “Hyself, in sy eie rus ingegaan het”
nie, en Hyself, het nog geensins “in sy eie rus ingegaan”, alvorens Hy uit die
dode uit, opgestaan het nie!
Die
skrywer van Hebreërs pas hierdie uitdrukkings – “Hy het rus verskaf”, “Hy het
sy rus ingegaan”, toe, met net één betekenis, dat Jesus die graf, die sonde en
die mag van die duisternis -- die dood, oorkom, oorwin, daaroor getriomfeer, en
dit vernietig het!
Niks
anders en niks minder as dit, beantwoord aan die verwagtinge geskep deur die
skrywer se gebruik van juis hierdie woorde as die voorskrif, die mandaat en
rigtingaanwyser vir die Volk van God in sy Sabbatsonderhouding nie.
Hierin en
hierdeur alleenlik en uitsluitlik -- hierin en hierdeur, eerstens, dat “Jesus
aan hulle rus verskaf het (en Hy van geen ander dag van verlossing hierna sou
spreek nie)”, en tweedens, “omdat Hy ingegaan het in sy eie rus en soos God,
van sy eie werke gerus het” – hierin en hierdeur alleenlik, eerstens en
uitsluitlik, ontvang, en hét, die Nuwe-Testamentiese Volk van God, hulle Imperatief, hulle Gebod, hulle Woord as Daad
van Gód Almagtige Verlosser-Skepper, vir die waarneming, onderhouding en
heiliging van die Sewende Dag Sabbat. Niks kán meer gevra of verwag word nie;
niks dúrf bygevoeg word nie; niks mág weggeneem word nie. “Want aldus het God
van die Sewende Dag gespreek …”, van die skepping af heen en deur die ganse
geskiedenis van hemel en aarde, “van die Seun, in Wie Hy groot welbehae het”.
Ons het
ontvang as rede en gronde, as belofte en vervulling, as rykwydte en vooruitsig,
as hoop en vertroue, vir “die onderhouding van die Sabbatdag”, deur, en ás,
“die Volk van God”, “Jesus”, wat aan óns, “Volk van God”, “die rus verkaf hét”,
én, “sélf, as God in sy wesenlike eie, in sy eie rus ingegaan het”. “Daarom bly
onderhouding van die Sabbatdag geld vir die Volk van God.”
Die Volk
van God het vir Jésus as rede vir hulle onderhouding en heilighouding van God
se Sabbatdag, en as motief, “die heerlikheid van God in die aangesig van
Jesus”. Hierdie in Jesus tweevoudige rede en gronde (die ‘Inbring van die
Volk’, en die ‘Ingaan van Hom’), is “in Hom en deur Hom en tot Hom”, tot ’n
eenheid saamgebring, en onskeibaar verening, in en deur en tydens, Jesus se
opstanding uit die graf, uit die dood, en onder die dode uit, “Sabbats”!
(Mt28:1)
Die Volk
van God – die Nuwe Testamentiese Gemeente van en in Christus – het daarom en
uiteindelik, grondig en oorspronklik, die Opstanding van Jesus Christus, vir en
tot rede, gronde, motief en aansporing – ja, as Belofte én Opdrag, van en vir
en tot hulle heiliging van die Sabbatdag – van en vir en tot hulle “féésviering
van Sabbattefees” volgens Kolossensiërs 2:12-19!
Vir verduideliking van enige Skrifture in hierdie stuk na
verwys, sien ‘The Lord’s Day in the Covenant of Grace’ – u moet maar self kyk
in watter boek of boeke, asseblief. Laai af van my webtuiste hieronder aangegee.
Gerhard Ebersöhn
Suite 324
Privaatsak 43
Sunninghill
2157