Maria Magdalena – Wanneer sien sy die graf die eerste keer?

 

Deur dit om Sondagslewenswil “skotias eti oesees”-‘nog donker/nag synde’ te maak, word die woord ‘proo-ï’-‘vroeë’ in die frase “proo-ï skotias eti oesees”-‘nog synde vroeë/vóór-donker’ in Jh20:1 soos ’n gangreen- besmette ledemaat, sondermeer, geamputeer!

 

In die Volheid van die Tyd

Daar was vele ‘tipes’, ‘beelde’, ‘sinnebeelde’ en ‘simbole’ in die Ou-Testament van ons Here Jesus Christus, soos by voorbeeld seker die bekendste van almal, die paasofferlam. Al hierdie ‘sinnebeelde’ het hoofsaaklik uit bloed-offers of doods-sinnebeelde, maar ook uit lewens-voorstellings, bv. Eerste Gerf Beweegoffer en Toonbrode, bestaan.  Maar daar was meer as net hierdie ‘stoflike’ of tasbare tipes en gelykenisse wat op Jesus Christus gewys het; daar was ook die nie-tasbare, onsigbare, maar tog ‘aardse’ en so werklik-as-die-stoflike ‘tekens’, ‘aanduidings’ of ‘beelde’ van Hom. Daar was natuurlik ook die ‘tye’ en ‘tyds-aanduidinge’ wat dwarsdeur die Ou- én Nuwe-Testamente duidelik uitstaan as volwaardige, in eie reg, ‘tipes’ – ‘profetiese’ tipes – van Christus! Hulle was ‘tye’ waarmee Jesus se dood en opstanding aangedui was – inderdaad ge-‘pro-feteer’ was: ‘Profesie’-‘profeeteia’ < ‘pro+feete-u-oo’ < ‘féémi’-‘spreek’ – ‘vooruitspreek’ / ‘vooruitsien’ = ‘eerstens / in die begin, vertel / verkondig / áánkondig’.

 

Dit kom julle nie toe om die tye en seisoene wat die Vader vir sy eie beskikking voorbehou het, te verstaan of te weet nie!”, sê Jesus vir sy dissipels net voordat Hy hulle sou verlaat het. Beteken dit nou ons kan nie en mag nie die datum, dag en tyd van Chistus se sterwe en opstanding weet nie? Nie presies weet, of bely, nie? Sou dit vir ons verbode wees omdat ’n geheimenis wat net God self ken en mag ken? 

Christene hou hulle vir geen oomblik met voorspellings op nie, maar put onderrigting, stigting en bemoediging uit God se seker Woord aangaande sy Christus.

Vir ’n Christen is profeet-speel ’n gruwel, maar ondersoek van die Skrifte, ’n noodsaaklikheid en toerusting om die stryd te stry! Want Christus Jesus is nie alleen die Vervuller van alle ‘tye’ en tyds-simbole en tyds-profesie nie, maar nou, nadat Hy die Vervuller van dit alles geword het, is Hy Die Vervulling – “Sýne is die alle-dinge-in-almal-vervullende-Volheid.” (‘Autóé to pléérooma tou ta pánta en pásin pleeroeménoe.’) Daarom gaan ons ons nie vandag met voorspellery besig hou nie, maar met Jesus se vervulling van die tye soos wat dit in die voorbeskikking van die Almagtige, vir Hom bepaal was om te vervul. Ook die tyd en tye, was vir Jesus die Gebooie van sy Vader, wat Hy volmaak moes gehoorsaam. “In U Lig sien ons die lig” – ook die lig van die toekoms; en is ons lewens in Christus in God verborge – óns toekoms en álle toekoms, verborge in God in Hom! So, laat ons ons nie oor die dag van môre bekommer nie, maar in volle versekerdheid van die geloof, ons bouwerk op die fondament wat Christus Jesus vir ons in Homself vasgelê hét, verder, deur Hóm, gaan versterk!

 

Wanneer Jesus dus verklaar, “Dit kom julle nie toe om die tye en seisoene te verstaan of te weet nie”, bedoel Hy nie die tyds-profesië van sy eie Woord in die Ou-Testament aangaande Homself nie. Inteendeel, Jesus het dikwels sy geslag verwyt omdat hulle so blind vir die Ou-Testamentiese tyds-profesië was – wat almal tog op niks en niemand anders as op Hóm gerig was, en in Hom alleen, vervulling sou gevind het nie. Jesus verwyt tot sy eie dissipels, en bestraf hulle as’t ware, vóór, sowel as ná sy dood en opstanding, dat hulle “die Skrifte” nie net, nie verstaan het nie, maar selfs nie eens geken het nie – want, die Skrifte was op Hóm “van betrekking”. “Want so het dit die Christus betaam”, sê Christus self, “dat (Hy) hierdie dinge (deur kruisiging, sterwe en opstanding uit die dood), móés ly en in sy heerlikheid móés ingaan”. (Lk24:26) Christus Jesus is die Eskatos, want Christus Jesus is Hy wat die Toekoms-Woord van God was, en ook kom vervul het, en ook vir ewig sal wees. “Ja kom, Here Jesus, kom gou!

Ek hoop en bid u sien hierin die balans tussen God se Verlede-Woord en sy Toekoms-Woord, en die belangrikheid, van die kennis en verstaan van hierdie Woord van Hom vir ons Christen-wees, vandag! –

Vandag, as julle sy stem hoor, verhard nie julle hart nie!

 

So ver, net as inleiding; want die doel vandag, is om spesifieke dinge betreffende die tyd, dag en datum van Jesus se sterwe en opstanding, beter te probeer verstaan; en nog nader, die dag, en die tyd van die dag van sy opstanding uit die dode, want uit sy opstanding volg alle dinge ‘Christelik’, of dit nou geloof of hoop of vertroue is, Kerk of Gemeenskap of aanbidding, verkondiging of liefdadigheid – “alles is uit Hom en deur Hom en tot Hom”, alleen op grond van sy opstanding uit die dood!

 

Die klein woordjie met die groot betekenis: “Vroeg”, wat die Griekse woord, ‘proo-ï’, vertaal, en wel na aanleiding van Johannes 20:1, “Op die Eerste Dag van die week, kom Maria Magdalena vroeg ... by die graf, en sien dat die rots-skyf van die graf, weggeneem was.

 

Kom Maria Magdalena vroeg”. ‘Vroeg’, wanneer?, wil ek u vra. Maar dis tog ligsinnigheid! Almal weet tog, dit was – om te kwoteer,  “Vroeg, terwyl dit nog donker was”!, Johannes 20:11 dan nie?  Jesus het mos “ná die Sabbat” opgestaan! In fact, om nogeens aan te haal, “Láánk, na die Sabbat”, Mt28:1, OAV! Nie op die Sabbat nie! Hmf! “Vroeg wanneer?” – belaglike vraag!

 

Nê? Laat ons sien!  Die woord ‘proo-ï’-‘vroeg’ kom tien keer in die Nuwe-Testament voor:

 

(1) Onbepaald ‘eerste ligdag’

 

Mt16:2-3, “In die aand (‘opsías ghenoménees’) voorspel julle, Mooiweer (vir môre)!, want die lug is rooi. En in die oggend-‘proo-ï’ (voorspel julle), Stormweer vandag!, want die lug is

donkerrooi. … Julle weet goed om (tye uit) die voorkoms van die

lug te onderskei, maar kan nie Die Tekens van die Tye (van die

Christus) onderskei nie?  Duidelik beteken ‘proo-ï’ hierso, ‘oggend’, en net so duidelik, die ‘eerste’ deel van ‘lig-dag’, voor, én / óf, na, sonop – ‘proo-ï’ staan immers teenoor ‘opsías’.

 

Mt20:1, “’n Huisheer het vroeg in die môre uitgegaan om arbeiders vir sy wingerd te huur.”   Vroeg in die môre’-‘háma proo-ï’ – ‘met ligdag / met dagbreek’ = ‘mét eerste (deel van lig-)dag’. Dit kon voor én na sonop gewees het, want die arbeiders werk vir twaalf ure (’n volle dag), of minder.

 

(2) ‘Vroeg’, begin van Dagbreek

 

Mk1:35, “Vroeg in die môre, nog diep in die nag, het Hy opgestaan en uitgegaan na ’n eensame plek en daar gebid.”  Vroeg in die môre, nog diep in die nag” – “proo-ï énnuga lían”. “Nog in die nag”, en “nog baie-‘lian’ (diep) in die nag”, is duidelik “eerste lig van dagbreek”, of nog gedúrende, ‘sons-ópkoms’. Alhoewel hierso bedoel word die eerste ligskynsel, is dit steeds die eerste deel van die dag se lig vandat die son middernag al begin het om ‘fisies’, weer op te kom.

 

Mk15:1, “Vroeg in die more, sonder versuim, het die owerpriesters … en hele Raad, besluit …”.  Vroeg in die more” – ‘proo-ï’, = begin van dagbreek relatief kort na middernag (vgl. Jh13:30b) lank voor sonop, of, ‘eerste dagbreek’, en omdat Pilatus – ná sy lang verhoor en 6v.m. sonop eers –, vir Jesus oorgelewer het om gekruisig te word, Jh19:14. (Sien ook Mt27:1 en Jh18:28,

proo-ïas’, ‘Toe die eerste / vroeë oggendlig begin het’.)

 

(3, 1) Eerste ure van die dag vóór sonop

 

Mk16:2, OAV, “Baie vroeg op die Eerste Dag van die week, net na sonop, kom hulle by die graf.”  Baie vroeg op die Eerste Dag van die week, kom hulle, net nadat die son begin opkom het, wéér

by die graf aan.”  Kai lían proo-ï tei miái toon sabbátoon érgontai epí to mnééma, anatéílantos toe heelíoe.” Dit was nie “na sonop” nie, maar ook nie te lank vóór sonop nie, synde nog maar die eerste lumier / baie vroeg. Maria het agterna “by die graf bly staan”, tot Jesus later daar aangekom het, omtrent die tyd wat die tuinier sou begin werk het met sonop. Dus, “Baie vroeg” in vers 2, beteken ’n rukkie vóór dagbreek.

 

(3, 2) Eerste ure van Ligdag, ná sonop

 

Mk11:20, “Toe hulle vroeg in die oggend verbygaan, sien hulle die vyeboom, verdroog.” “Vroeg in die oggendháma proo-ï’ = ‘eerste van ligdag’;  ‘Ligdag’ is die kontekstuele geïmpliseerde noodwendigheid; dit word nie in die enkele woord ‘proo-ï’=‘vroeg’, bevat nie. (Sien ook Mt21:18, ‘proo-ï’ = begin of ‘éérste’, vroeë deel van, die dag.)

 

Mk16:9, “En nadat Hy opgestaan het, het (Jesus), vroeg op die eerste dag, eerste, aan Maria Magdalena verskyn.”  Jesus het omtrent sonop aan Maria verskyn. Dit kon ’n rukkie ná sonop gewees het, maar nie ‘vroeër’ of ‘voor’ sonop nie, want Hy het aan haar verskyn omtrent die tyd wat die tuinier by die tuin sou opgedaag het om te begin werk, en dit sou waarskynlik met sonop wanneer die werksdag begin het, gewees het. Toe was dit wel nog “baie vroeg op die Eerste Dag” en nog maar die eerste uur na sonop – maar beslis niébaie vroeg / lank vóór sonop’, nie. Nou verskyn Jesus aan Maria Magdalena, alleen, en “eerste”: ‘próóton Marian’!   (Sien ook Jh21:4, ‘proo-ïas’ – ‘daar dit reeds dag was’ = die begin van die dag / die eerste sonskyn van die dag.)

 

Die woorde ‘prooton’ en ‘proo-ï’ is verwant en word van dieselfde grondwoord afgelei – wat vir enigeen sonder enige kennis van Grieks, opsigtelik behoort wees. Die kortste vorm van hierdie woord is die Voorsetsel ‘pro’, wat baie dinge kan beteken, maar hoofsaaklik gebruik word om ‘voor’ of ‘eers’, te sê.

Toe Jesus aan Maria verskyn het, was die ander vroue nie by nie – wat duidelik is uit Johannes (20:11 verder) se verhaal en uitdruklik in Mk16:9 staan!  Dit is ook duidelik

dat Jesus, toe Hy later die oggend aan die ánder vroue verskyn het, Hy aan húlle, en dié keer nét aan hulle, terwyl Maria nié by was nie, verskyn het.

 

Saam met die son, vroeg, tot laat

 

Mk13:35, “Julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie, laat in die dag, of middernag, of met hanekraai, of vroeg in die more nie.”   Of vroeg in die more” – ‘ee proo-ï’: Duidelik eerste van ligdag, en sonop, ná, ‘hanekraai’ – teenoorliggend ten opsigte van ‘laat in die dag’ namiddag, terwyl die dag eindig, ‘opsé’.   Proo-ï’-‘vroeg’, kan dus hierso van die vroegste oggend tot selfs die middag duur; en ‘opsé’-‘laat’, van middag tot middernag! Dit impliseer ‘n middernag tot middernag siening van ‘vroeg’ en ‘laat’ – soos in ons tydsberekening –, maar het tog niks te make met die vasstelling van dae of van die dagsiklus nie.

 

Hd28:23, “Deur kragtige getuienis het hy vir hulle die Koninkryk van God uitgelê, van die more vroeg tot die dag laat.”, ‘apó proo-ï héoos hespêras’ – ‘van die eerste lig tot die laaste lig’; ‘Hespêras’ – weste, sonsondergang. ‘Proo-ïkan hier daarom ook die hele voor-dag insluit.

 

Jakobus 5:7, “Het geduld met die vrug totdat dit die vroeë en die laat reën (van die seisoen) ontvang het …”, ‘héoos próminon kai ópsimon’ = ‘van die eerste / vroeë (seisoenale) reëns tot die laaste / laat (seisoenale) reëns’.

 

 

Dit dan, vir sover die Adjektiewe Bywoord ‘vroeg’-‘proo-ï’ in die Nuwe-Testament met tyd verband hou. In die Nuwe-Testament daarom, beteken ‘proo-ï’, die ‘eerste’ van enige bepaalde tyd, hetsy die ‘eerste’ (gedeelte) van die hele dag, van net die ligdag, of van die nag; van net die oggend van die nag (na middernag); van net die

oggend van die dag (voor sonop); van net die namiddag van die dag; van net die eerste deel of begin van ’n werk, van iemand se rus aanvanklik – trouens, ‘die eerste’ van wat ookal! Soos die vroeë of eerste tydperk van en binne ’n jaar, ’n maand, ’n seisoen; ’n regering, ’n koninkryk, ’n oorlog.

 

As ‘proo-ï’ dan van ‘lig’ die begin of ‘eerste’ lig sal aandui, of as ‘proo-ï’ dan van ’n dag die begin of ‘eerste’ gedeelte sal aandui, of van wat ookal die begin of ‘eerste’ gedeelte, waarom dan nié, die begin of ‘eerste’ gedeelte van die nag of donker nie?  Word ‘proo-ï’ nie van die Voorsetsel, ‘pro’-‘voor’, afgelei nie? Beteken ‘pro’ nie, “Met die Genitief, t.o.v. Tyd, ‘voor’, ‘in die begin’, ‘no sooner than’**” watter tyd ookal nie? (**Classic Dictionary, Greek/English)

 

Waarom – heeltemal letterlik en toepaslik – in Johannes 20:1, “Maria érgetai proo-ï skotías éti óúsees eis to mneeméíon”, dan nie “Op die Eerste Dag van die week, synde pas vroeg-nág / eerste-dónker / vóór-nag / áánd, kom Maria na die graf toe aan en sien die klip weggerol” nie? Waarom nie?!  Vir elke rede wél! Eenvoudig: Maria kom ná son-onder, “met eerste donker”, na die graf toe en sien dit oopgemaak! Toe het Jesus rééds opgestaan! Daar was nog genoeg lig oor vir Maria om van ’n ent af, te sien dat die klip weggerol was!   

 

Dít, was nie – soos meeste beweer – “net na middernag nie”. En dít, was nie – soos meeste beweer – saam met ander vroue nie. Want Maria was die eerste om allenig, na die graf te gaan, en eerste aan wie die Here, allenig, verskyn het. Op geen manier kan van net een besoek van al die vroue gelyktydig met Jesus se opstanding, sprake wees nie. Dit is ’n totale, valse indruk wat vertalers met slim maar foutiewe woorde skep, net om te kan ‘bewys’, dat Jesus nie op die Sabbat nie, maar op die Sondag, opgestaan het.

 

 

Nou as Johannes letterlik en vir net wat hy sê, opgeneem moet word, naamlik, “En op die Eerste Dag van die week, synde pas / nog vroeg-nág / eerste-dónker / vóór-nag / áánd, kom Maria na die graf toe aan en sien die klip weggerol”, wanneer dan, was die graf oopgemaak?

 

Antwoord: Presies, wannéér, en sóós, Matteus verklaar, en wannéér, en sóós - jare later – deur Johannes reg hier in 20:1 bewys word:In die Sabbat se laat (ure) … met die Eerste Dag van die week aanstaande”.   Na sononder hierna, “sodra die Sabbat verby was, het Maria, die ander Maria en Salome, spesrye gaan koop”, Mk16:1 – natuurlik vir Salome se onthalwe.  En “Nog vroegdonker” hierna, “op die Eerste Dag”, sê Johannes, “kom Maria na die graf toe aan en sien die klip weggerol. Toe hardloop sy terug en gaan vertel …”, want sy het gedink die liggaam was gesteel, vers 2.

 

Maria het na die graf toe aangekom, (‘eis to mneeméíon’), en het, sonder om in die graf in te gegaan het, van ver af al gesien dat dit oopgemaak was. Sy het in haar spore omgedraai en teruggehardloop.

 

Daarom dan, vra ek weer, wanneer was die graf oopgemaak as Maria dit “klaar oopgemaak, gesien het terwyl dit nog vroeg (of ‘eerste’)-donker / nog vroeg (of ‘eerste’ deel) van die nag was”?   Antwoord: Mt28:5a, “Verduidelik die engel aan die vroue … In die Sabbat laat, vroeg namiddag en vooraand van die Eerste Dag van die week …”! Dis wanneer!

 

En vir hierdie – korrekte – vertaling, “Verduidelik die engel aan die vroue … In die Sabbat laat, vroeg namiddag en vooraand van die Eerste Dag van die week …”, sit ek my kop op die spreekwoordelike blok!

 

Maar, protesteer hierdie gesaghebbende en septer-swaaiende uitgriffelaars van Woord en Betekenis,  In die Septuaginta – die Griekse Ou-Testament – word ‘proo-ï’

uitsluitlik vir die vroeg-oggend van die dag gebruik; dit beteken nooit, iets anders nie! Sodat dit ook in die Nuwe Testament, net een ding beteken, en dit is, ‘vroeg in die oggend’. Maria was vroeg sonop – nie in die aand na sononder nie –, saam met die ander vroue dáár, toe die graf oopgemaak was en die Here opgestaan het!

Altans ... so, versin hulle!

 

Antwoord:  Dit is nie waar dat ‘proo-ï’ in die LXX uitsluitlik vir die vroeg-oggend van die dag gebruik word nie, en ek sal dit nou aan die hand van werklike gevalle uit die Ou-Testament vir u wys.

 

Eerstens, ek sê nie ‘proo-ï’ beteken nie vroeg-oggend nie. Dit beteken dit wel elke keer as dit allenig staan. Die konteks – die inhoud van die betrokke gedeelte dus –, sal moet bepaal of ‘proo-ï’ iets anders gaan beteken. Ek gaan nie al die plekke vir u noem van waar ‘proo-ï’-‘oggend’ beteken nie – ons stem mos daaroor saam. Maar daar is baie. Met ’n vinnige kyk het ek minstens 70 gevalle getel.

U moet ook onthou dat die letterlike betekenis van ‘proo-ï’ nie ‘oggend’ is nie, maar eerder die ‘voorste’ of ‘eerste’ deel – die begin-gedeelte van enigiets wat binne ’n bepaalde verband verwag mag word.

 

Tweedens, dit is juis binne die verband van gevalle waar ‘proo-ï’ ‘oggend’ beteken, dat die presedent geskep word vir betekenisse wat in tyd, vérder van ‘oggend’, verwyderd lê.

 

Hier verwys ek nou na gevalle waar ‘proo-ï’ (– net soos ons gesien het toe ons die Nuwe-Testamentiese insidensies ondersoek het –) óf die oggend na middernag aandui, óf die oggend voor sonop, óf die oggend na sonop, óf die oggend voor middag – vier verskillende moontlikhede van die betekenis van ‘proo-ï’, nét ten opsigte van die begrip ‘oggend’! Waarom dan nie, sal ‘proo-ï’ nie ook op tydsperiodes wat nóg verder van juis ‘sonop’ af is, van toepassing wees nie? Daar bestaan geen rede hoekom nié. En ons gaan u plek en vers gee, vir elke aanspraak waarom wél.

Proo-ï’ in die LXX ten opsigte van die oggend van die dag, voor, en na, sonop:

 

(1) Oggend na middernag:

Ex8:20, ‘orthrison to proo-ï

Ex34:2, ‘ghínoo hétoimos eis to proo-ï … kai órthrinos anébee eis to hóros’, “Wees gereed teen die oggend  … en hy het baie vroeë oggend gereedgemaak en na die berg gegaan.”

**Nm14:4, ‘Orthrisántes toproo-ï’ – ‘eerste skynsel van sonsopkoms’  (“first streak of daybreak”) ** Grensgeval?

 

(2) Oggend voor sonop:

**Nm14:4, ‘Orthrisantes toproo-ï’ – ‘eerste skynsel van daglig’  (“first streak of daybreak”) ** Grensgeval?

Gn44:3, ‘proo-ï diéfause’ – ‘eerste lig’

Ex16:6-7, ‘proo-ï ópsesthe’ – ‘oggend sodra julle sal (kan) sien’

 

(3) Oggend na sonop:

Ex16:12-14, ‘toproo-ï eghéneto katá pauoménees tees drósoe kúklooi tees paremboléés’, “wanneer die son die dou opgedroog het, het die manna verskyn

 

(4) Oggend voor middag:

Ex16:22, ‘proo-ï proo-ï héénika diethérmainen ho héélios etééketo’, “Elke oggend wanneer die son warm geword het, het (die manna) gesmelt / verdwyn.”

 

(5) Proo-ï (‘oggend’) om die middag:– na sonop en voor sononder:

 

(1) Ex30:7, ‘Proo-ï’–‘oggend’, kan teenoor ‘opsé’ staan; dus die vroeë lig teenoor die later lig van die ligdag, of te wel, vroeg ligdag, hééldag vóór middag (9-12 vm.), teenoor laat ligdag, hééldag ná middag (12-3 nm.).

(2) Ex27:21, 30:7-8, ‘Proo-ï’–‘oggend’, kan ook teenoor ‘hespéra’ staan; dus die vroeë lig (6-9 vm.) teenoor die laaste lig van die ligdag (3-6 nm.).

 

 

(3) Ex29:39,41, ‘Proo-ï’–‘oggend’, kan ook teenoor ‘deilee/deilinon’ staan; dus sonop (6 vm.) teenoor sononder (6 nm.).

 

(4) Nm9:21-22, ‘Proo-ï’–‘oggend’, teenoor ‘nuuks’, ‘nag’; dus ‘dag’ heeldag, teenoor ‘nag’ heelnag. “Kai éstai hôtan ghéneetai heh nefélee, af hespêras héoos proo-ï, kai anabééi hee nefélee toproo-ï, kai aparóésin heemêras, ee nuktós.”   En sal dit gebeur dat die wolk van die aand af (‘af’ hespéras’) tot die oggend toe (‘héoos proo-ï’) gaan staan, en sou begin om op te styg, moet hulle uittrek, óf dag, óf nag.”  

 

Kai ... ee ...’, ‘óf ... óf’:  Toproo-ï’ is by wyse van ellips in beide gevalle van ‘heemêras’-‘dag’, én, ‘nuktós’-‘nag’, van toepassing, as volg: ‘toproo-ï kai heemêras, toproo-ï ee nuktós’: “Hulle moet uittrek of dit by eerste nag-donkerte of by eerste dag-lig is!”

 

As nog so ’n geval van ellips, mag Nm28:4 (en daar is meer van hulle) genoem word.  Ton amnón ton héna poiééseis to toproo-ï, kai ton amnón ton deúteron poiééseis to (toproo-ï) pros hespêran.”    Die een bok moet hy in die voor-oggend offer, en die tweede bok moet hy in die (voor-)aand, offer.”

 

Waarom word ‘proo-ï’ telkemale noukeurig omskrywe, as dit vanselfsprekend die vroeë dag met sonop beteken het? Omdat dit nóg vanselfsprekend, nóg uitsluitlik, die vroeë dag met sonop beteken, en letterlik en vanselfsprekend, op heel ander tye van die dag, óf van die nag, van toepassing kan wees – en is – eenvoudig omdat ‘proo-ï’, ‘vanselfsprekend’ en op sigself – d.w.s., letterlik –, ‘eerste’, of ‘vroeë’, of ‘voorste’ (van wat ookal), beteken!

 

 

 

 

 

 

(6) Proo-ï’ (‘Oggend’):

 

(1) vir: ‘Dag’, ‘Dieselfde dag’:

LXX, Lv7:5-6, “Die offerande moet op dieselfde dag-‘heemérai’ waarop dit geoffer was, geëet word; niks mag tot die volgende dag-‘proo-ï’ oorbly nie; op watter dag-‘heemérai’ ookal hy sy offerande offer, op dieselfde dag-‘aurion’ moet hy dit eet.”

 

(2) vir: ‘Heeldag / Altyd’:

Lv6:9, “Dit is die wet van die gehele brandoffer; dit is die gehele brandoffer gerooster op die altaar nag en dag ononderbroke; die vuur van die altaar sal daarop bly brand; dit mag nie doodgemaak word nie.”   ‘Nag en dag ononderbroke’, “Hôleen teen núkta héoos toproo-ï”.

 

 

(7) Proo-ï’ virVoor Sononder

 

Dieselfde dag nog: ‘Toproo-ï’-‘voor-sononder’, en nie, ‘Toproo-ï’-‘voor-sonop’ die vólgende dag, nie!

 

LXX, Lv19:13, “kai oe mee koimeethéésetai ho misthós toe misthootóé soe pará soi héoos proo-ï.  Engels: “Neither shall the wages of thy hireling remain with thee until the morning.”  Die bedoeling is nié dat jy die werker sy loon nie later as die volgende môre (voor of na sonop, maak nie saak nie) mag gee nie! Die bedoeling is jy moet hom onmiddelik, sonder enige verwyl, op die plek, dieselfde dag – daar en dan, soos wat hy van sy werkplek af wegstap –, betaal! Vergelyk maar Jak5:4, “Die loon van die arbeider wat deur julle agtergehou is, roep uit!” Mt20:8, “Sodra die dag klaar (gewerk) was,** beveel die meester … Roep die arbeiders en betaal hulle hul loon!

[** “Sodra dit aand geword het”]

 

Wat beteken die Grieks van die LXX, ‘proo-ï’, dan essensieel? In kern, dít, soos wat die OAV die Hebreeus in Dt24:15 weergee: “Op die dag self moet jy sy loon gee, sodat

die son nie oor hom ondergaan nie!  Nou sal dit interessant wees om te sien wat die LXX in Dt24:15 sê – wat tog presies maar sal moet wees wat die LXX in Lv19:13 met “ héoos proo-ï”, sê!:As die arbeider arm is, mag jy nie met sy loon nog by jou gaan slaap nie; jy moet hom verseker betaal voordat die son gesak het:pros dusmás heelíoe’.”  héoos proo-ï” = “pros dusmás heelíoe”!!

 

Maar “proo-ï skotias eti oesees” in Johannes 20:1 mag nie “synde nog die vroeë / eerste van die donker / nag” van die aand voordat dit heeltemal donker geword en die son heeltemal ‘gesak’ het, beteken nie??  Hoe ver sal ons tog gaan om die woord ‘proo-ï’-‘vroeë’ in die frase “proo-ï skotias eti oesees”-‘nog synde vroeë/vóór-donker’, skaamteloos DOOD te ignoreer en dit “skotias eti oesees”-‘nog donker/nag synde’, te maak? Hoe ver sal ons gaan en die drogrede bly handhaaf dat Jesus “Lank ná die Sabbat” (OAV), opgestaan het? Skandelike brawade!

 

 

Kom ons eerbiedig die Sabbatdag waarvan “die Seun van die Mens, Here is”,  Dag van die Here” Jesus,  die Sewende Dag naamlik, aangaande waarvan God aldus gespreek het, En God het op die Sewende Dag van al sy werke gerus!” Kom ons eerbiedig die Sabbatdag met die eer en waardigheid wat die Here God self daarvoor verwerf het deurdat Hy Jesus Christus op die Sabbatdag uit die dood en dode opgewek het en daarmee aan “die Volk van God … rus verskaf het, en daarom onderhouding van die Sabbat, vir die Volk van God, geldend, (laat) oorbly het.”  (Mk2:27, Op1:10, Hb4:4-5, 8-9)

 

 

 

 

 

 

Sekulêre voorbeelde van ‘proo-ï’-‘vroeg’ – op enige tydseenheid van toepassing:

 

 

proo-ï / próó-ïdzos / próó-ïos ’, betyds (binne enige tydsbestek)

próó-een’, té vroeg

 

proo-ïáíteron, proo-ïáítata’, vroeër,vroegste (t.o.v. enigiets)

 

proo-ï éti heemêras’ / ‘heemêras to proo-ï ’, ‘nog vroeg-dag’ / ‘vroegdag’: enigiets van sonop to middag

próó-ïdza – ‘eer-gister’, die-dag-voor-gister

 

hee proo-ïa hóóra’ – die vroeë / eerste / begin-uur

 

déílee proo-ïa’, vroeë namiddag, teenoor ‘déílee opsía’, laat namiddag

 

próói-a toon karpímoon’, voeë seisoen / vrugte

 

Waarom dan nie in Johannes 20:1, “Éér / vóór die donker, synde / terwyl dit nog voor-aand is, kom Maria na die graf toe aan en sien die klip weggerol” nie? Dit is tog akkuraat letterlik wat daar geskrywe staan: “Ergetai Maria proo-ï skotías eti oesees!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Gerhard Ebersöhn

Suite 324

Privaatsak 43

Sunninghill 2157

biblestudents@imaginet.co.za

http://www.biblestudents.co.za

 

20 Maart 2008