Sondagopstandingstories
1
Francois du Toit van der
Merwe
Jy sê dat jy het ’n “Christelike”
epos-nuusbrief gekry het waarin die skrywer aanvoer dat die sabbat op Saterdag
moet wees, nie op Sondag nie. As ek nou die “Christelik” in aanhalingstekens
sit soos jy dit ook gedoen het, beteken dit nie dat ek wil sê die Sabbatariërs
is nie Christene nie. Hulle maak erns met die persoonlike geloof in Jesus
Christus en daarom is hulle broers en susters in die geloof. Maar wat betref
die verpligting wat hulle oplê om die Joodse sabbat te hou,
Wat die Sondag betref word die bewering gewoonlik gemaak dat een of ander pous
die Sondagviering begin het. (Niemand kon nog aandui watter pous nie). Maar oor
die Sondag moet ons teruggaan na Jesus self toe Hy op aarde was. Dit is
opmerkilik hoeveel keer Jesus deur die Joodse leiers gekritiseer is oor sy
houding met betrekking tot die sabbat. Dit is te veel om hier te probeer
nagaan, maar Hy het dit duidelik gestel “Die Seun van die mens is Here oor die
sabbat” (Mat 12: 8). Hy was die Een wat die Nuwe Verbond ingelui het, en Hy is
self die Koning van die koninkryk wat Hy aangekondig het. Daarom het Hy Hom nie
deur die ou siening oor die sabbat laat bind nie, hoewel Hy die sabbat gebruik
het om in die sinagoges te preek aangesien dit die geleentheid was om die Jode
bymekaar te hê. Daarby het Hy ook aangekondig van veranderinge wat die Nuwe
Verbond sou bring as Hy in Joh 16: 12 sê: “Ek het nog baie dinge om vir julle
te sê, maar julle sal dit nie nou
Toe Jesus op die eerste dag van die week (Sondag) uit die dood opgestaan het,
het Hy daardie selfde laat namiddag met twee volgelinge op die pad gepraat uit
die Skrif oor hoe dit nie ’n mislukking was toe Hy doodgemaak is nie, maar die
plan van God. Daardie selfde aand by ’n Sondagbyeenkoms van die dissipels, het
Jesus vir die eerste keer aan hulle verskyn terwyl hulle bymekaar was en hulle
weer uit die Woord oortuig dat dit noodsaaklik was dat hy moes gely en gesterf
het. “Dit is die betekenis van die woorde wat Ek vir julle gesê het toe Ek nog
by julle was, naamlik dat alles vervul moet word wat in die wet van Moses en in
die Profete en Psalms oor My geskrywe is” (Luk 24: 44). ’n Week later, weer op
Sondag “was Jesus se dissipels weer bymnekaar” (Joh 20: 26) Hierdie keer was
Tomas ook by, en weer het Hy hulle in hulle geloof versterk en aangemoedig om
vas te staan in die geloof. Dis nie net dat die dissipels op Sondag bymekaar
was nie, maar dat Jesus juis daardie geleentheid gekies het om na hulle toe te
kom en hulle te seën met sy teenwoordigheid en met sy woorde.
Na ’n paar weke, weer op Sondag, “was hulle almal op een plek bymekaar”. Daar
het die Heilige Gees gekom en kon Petrus die evangelie verkondig oor Jesus se
dood en opstanding. By daardie geleentheid het duisende tot geloof gekom en is
hulle gedoop en verder geleer. “Met nog baie ander woorde het Petrus hulle
aangespoor” (Hand 2: 40). So is die kerk in sy nuwe gedaante gebore op ’n
Sondagbyeenkoms en dit het gepaard gegaan met die sakrament van die doop en die
prediking van die Woord. Dus nog voor die apostels eintlik met hulle bediening
begin het, was daar die handeling van Jesus self by die Sondagbyeenkomste van
die gelowiges en toe die koms van die Gees en sy kragtige werking, weer by ’n
Sondagbyeenkoms.
Hiermee het die apostels voortgegaan. Ons hoor meer van Paulus se bediening as
van die ander s’n. Hy het op elke plek waar hy gekom het, eers na die sinagoge
gegaan op die sabbat om vir die Jode die boodskap oor Jesus daar te bring, nie
omdat hy die sabbat wou bevestig nie. So hoor ons dat hy in Efese drie maande
lank in die sinagoge opgetree het, maar die weerstand teen die boodskap het
eerder vererger. “Toe het Paulus hulle [die Jode in die sinagoge] verlaat en
die gelowiges afsonderlik geneem en daagliks in die saal van Tirannus
besprekings gehou” (Hand 19: 9). Hierna hoor ons nie weer dat Paulus na ’n
sinagoge gegaan het nie.
Die patroon van die gelowiges word aangedui in Hand 20: 7 waar ons hoor van
Paulus se besoek aan
Dit is opmerklik dat elkeen van die Tien Gebooie in die Nuwe Testament herhaal
word, maar nie die sabbatsgebod nie. Dit hevestig die uitspraak van Paulus dat
die sabbat deel was van die skaduwee wat vervang is met die werklikheid, nl
Christus en dat ons nie na die skaduwee moet probeer teruggaan noudat Christus
gekom het nie.
In die tyd van die Nuwe Testament het die Sondag bekend gestaan as “die dag van
die Here” en so gebruik Johannes die ook as hy in Openb 1: 10 sê: “Op die dag
van die Here is ek deur die Gees meegevoer”. Hierdie dag van die Here moet nie
verwar word met die ander “dag van die Here” wat na die oordeelsdag verwys nie.
Hierdie oordeelsdag is in die Grieks “hemera kuriou” (dag van die Here) soos in
2 Pet 3: 10) terwyl die Sondag genoem is “te kuriake hemera”(die Herre se dag)
soos in Openb 1: 10
Die Sondagviering kom dus van Jesus en die apostels af, nie uit ’n later tyd
nie. Francois, hieroor is al baie geskryf en geredeneer. Die mense wat oortuig
is dat ons nog die Joodse sabbat moet hou, voel so sterk hieroor, dat ek nie
graag met hulle hieroor in debat betrokke wil raak nie. Al wat ek graag wil
doen is om mense wat hiervan gehoor het en wonder wat die Skrif sê, daarop te
wys dat om die Ou Testament se sabbat te los, nie ongehoorsaakheid aan die Here
is nie, maar dat dit die duidelike lering van die Nuwe Testament is dat ons nou
die dag van die Here hou.
Du Toit
Christians.co.za
Christa
Jy vra waarom daar op Sondae kerk gehou word as die sabbatdag Saterdag is, en
watter dag dan eintlik die rusdag is. Hierdie vraag word dikwels op hierdie
webblad gevra, en daarom gee ek vir jou 'n antwoord soos ek dit al vantevore
gegee het.
In die tyd van die Ou Verbond toe
Dit is opmerklik hoeveel keer Jesus deur die Joodse leiers gekritiseer is oor
sy houding met betrekking tot die sabbat. Dit is te veel om hier te probeer
nagaan, maar Hy het dit duidelik gestel “Die Seun van die mens is Here oor die
sabbat” (Mat 12: 8). Hy was die Een wat die Nuwe Verbond ingelui het, en Hy is
self die Koning van die koninkryk wat Hy aangekondig het. Daarom het Hy Hom nie
deur die ou siening oor die sabbat laat bind nie, hoewel Hy die sabbat gebruik
het om in die sinagoges te preek aangesien dit die geleentheid was om die Jode
bymekaar te hê. Daarby het Hy ook aangekondig van veranderinge wat die Nuwe
Verbond sou bring as Hy in Joh 16: 12 sê: “Ek het nog baie dinge om vir julle
te sê, maar julle sal dit nie nou
Toe Jesus op die eerste dag van die week (Sondag) uit die dood opgestaan het,
het Hy daardie selfde Sondag laat namiddag met twee volgelinge op die pad
gepraat uit die Skrif oor hoe dit nie ’n mislukking was toe Hy doodgemaak is
nie, maar die plan van God. Daardie selfde aand by ’n Sondagbyeenkoms van die
dissipels, het Jesus vir die eerste keer aan hulle verskyn terwyl hulle
bymekaar was en vir hulle die Woord uitgelê. “Dit is die betekenis van die
woorde wat Ek vir julle gesê het toe Ek nog by julle was, naamlik dat alles
vervul moet word wat in die wet van Moses en in die profete en Psalms oor My
geskrywe is” (Luk 24: 44). ’n Week later, weer op Sondag “was Jesus se
dissipels weer bymekaar” (Joh 20: 26) Hierdie keer was Tomas ook by, en weer
kom Jesus om saam met hulle te vergader en hulle geloof te versterk en hulle
aan te moedig om vas te staan in die vertroue op Hom. Dis nie net dat die dissipels
op Sondag bymekaar was nie, maar dat Jesus juis daardie dag gebruik het om na
hulle toe te kom en hulle te seën met sy teenwoordigheid en met sy woorde.
Na ’n paar weke, weer op Sondag, “was hulle almal op een plek bymekaar”. Daar
het die Heilige Gees gekom en kon Petrus die evangelie verkondig oor Jesus se
dood en opstanding. By daardie geleentheid het duisende tot geloof gekom en is
hulle gedoop en verder geleer. “Met nog baie ander woorde het Petrus hulle
aangespoor” (Hand 2: 40). So is die kerk in sy nuwe gedaante gebore op ’n
Sondagbyeenkoms en dit het gepaard gegaan met die sakrament van die doop en die
prediking van die Woord. Dus nog voor die apostels eintlik met hulle bediening
begin het, was daar die handeling van Jesus self by die Sondagbyeenkomste van
die gelowiges en toe die koms van die Gees en sy kragtige werking, weer by ’n
Sondagbyeenkoms.
Hiermee het die apostels voortgegaan. Ons hoor meer van Paulus se bediening as
van die ander s’n. Hy het op elke plek waar hy gekom het, eers na die sinagoge
gegaan op die sabbat om vir die Jode die boodskap oor Jesus daar te bring, nie
omdat hy die sabbat wou bevestig nie. So hoor ons dat hy in Efese drie maande
lank in die sinagoge opgetree het, maar die weerstand teen die boodskap het
eerder vererger. “Toe het Paulus hulle [die Jode in die sinagoge] verlaat en
die gelowiges afsonderlik geneem en daagliks in die saal van Tirannus
besprekings gehou” (Hand 19: 9). Hierna hoor ons nie weer dat Paulus na ’n
sinagoge gegaan het nie.
Die patroon van die gelowiges word aangedui in Hand 20: 7 waar ons hoor van
Paulus se besoek aan
Ons aanvaar dat daar vir ’n geruime tyd nog die gelowiges uit die Joodse
agtergrond was wat die Joodse sabbat gehou het, maar dat dié uit die ander
volke die Sondag gehou het saam met die apostels. Hieroor het Paulus baie
duidelik gewaarsku: “Daarom moet julle nie dat iemand vir julle voorskrywe …dat
julle die jaarlikse feeste of die nuwemaansfees of die sabbatdag moet vier nie.
Dit is alles maar net die skaduwee van wat sou kom; die werkliheid is Christus”
(Kol 2: 16). Die waarskuwing is dus duidelik: noudat Christus gekom het, is Hy
die werklikheid, moenie teruggaan na die skaduwee toe nie, en dit sluit die
Joodse sabbat met al sy bepalings in. Die aandrang dat Christene die Joodse
wette moet hou, was baie sterk, en daarom waarsku Paulus hierteen baie beslis:
“Almal wat staat maak op op die onderhouding van die wet, val onder die vloek”
(Gal 3: 10). Die bewys van onderwerping aan die Joodse wet sou wees die
besnydenis, en daarom het Paulus gesê: “Kyk, ek , Paulus sê vir julle: As julle
julle laat besny, sal Christus vir julle geen betekenis hê nie” (Gal 5: 2)
In die tyd van die Nuwe Testament het die Sondag bekend gestaan as “die dag van
die Here” en so gebruik Johannes die ook as hy in Openb 1: 10 sê: “Op die dag
van die Here is ek deur die Gees meegevoer”. Hierdie dag van die Here moet nie
verwar word met die ander “dag van die Here” wat na die oordeelsdag verwys nie.
Hierdie oordeelsdag is in die Grieks “hemera kuriou” (dag van die Here) soos in
2 Pet 3: 10) terwyl die Sondag genoem is “te kuriake hemera”(die Herre se dag)
soos in Openb 1: 10
Die Sondagviering kom dus van Jesus en die apostels af, en is dit deur die hele
kerk so aanvaar behalwe met die uitsondering van die Sewende Dag Adventiste. Daarom
het ons nie 'n ander rusdag nie. As jy vra of die sabbat nie tog geag moet word
as die rusdag nie, is die antwoord: Nee, tensy jy die werklikheid van Christus
wil los en teruggaan na die skaduwee van die wette wat aan
DTvdM:
“Jy sê jy het ’n “Christelike” epos-nuusbrief
gekry het waarin die skrywer aanvoer dat die sabbat op Saterdag moet wees, nie
op Sondag nie. As ek nou die “Christelik” in aanhalingstekens sit soos jy dit
ook gedoen het, beteken dit nie dat ek wil sê die Sabbatariërs is nie Christene
nie. Hulle maak erns met die persoonlike geloof in Jesus Christus en daarom is
hulle broers en susters in die geloof.”
DTvdM:
“Hulle maak erns met die persoonlike geloof
in Jesus Christus en daarom is hulle broers en susters in die geloof.”
GE:
‘Die Sabbatariërs’ het nog nooit met die
Sabbat in die kader van ‘die geloof in
Jesus Christus’, erns gemaak nie; laat ons tog maar erken. Dis ‘n braakveld
vol geestelike skatte wat nog wag om ontgin te word.
Nogtans rym, of maak
hierdie stellings van jou geagte Du Toit vdM vir my, glad geen sin nie: “As ek
nou die “Christelik” in aanhalingstekens sit ..... beteken dit ..... dat ek wil
sê die Sabbatariërs is .....” Christene? of nie Christene nie?
Kom ons wees
eerlik dat “As .....”: “Jy
(Francois) sê jy het ’n “Christelike”
epos-nuusbrief gekry waarin die skrywer aanvoer dat die sabbat op Saterdag moet
wees, nie op Sondag nie”, maar “.....
ek (du Toit vdM) nou die “Christelik”
in aanhalingstekens sit”, dan “beteken dit” tog onontkenbaar, “dat ek wil sê”— dat ‘ek’, bedoel— “die Sabbatariërs is nie Christene nie”, uit en klaar! Jy _bedoel_
‘Sabbatariërs’ is nié Christene nié, en jou toevoegsel, “Hulle maak erns met die persoonlike geloof in Jesus Christus en daarom
is hulle broers en susters in die geloof” is maar net jou flou ekskuus vir
die ware implikasie van jou verklaring: naamlik dat jy eintlik “wil sê”, “Hulle is nie Christene nie”. Jou “as”,
stal jy soos ‘n karton-fasade voor jou werklike bedoeling uit om dit ná die
uitstalling tot ‘n lepel-vol bitter-as, te veras. Lakonies.
Dan, deur regtig
te: ‘wil sê die Sabbatariërs is nie
Christene nie’, neem jy sommer alle ‘Sabbatariërs’
onder loep. Wie is “die Sabbatariërs”?
Die ‘Sewendedag-Adventiste’? Natuurlik, niemand sal raai nie álle ‘Sabbatariërs’, is Sewendedag-Adventiste
nie. Want jy wil mos wat almal dink: álle ‘Sabbatariërs’
is Sewendedag-Adventiste. Tog, weet jy, ís
daar sulke mense soos ‘Gereformeerde’ ‘Sabbatariërs’!
DTvdM:
“Maar wat betref die verpligting wat hulle
oplê om die Joodse sabbat te hou,
GE:
Geagte du ToitvdM, _hoe_? Hóé vind jy dit moontlik om in een asem te verklaar: “die Joodse sabbat” ..... “volgens die Skrif”? Verskaf asseblief – al is dit net een – Skriftuur en Skriftuurplaas die Sabbat van die Bybel is “volgens die Skrif”, “die Joodse sabbat”? Of beter: Verskaf die Skriftuur en Skriftuurplaas “die Joodse sabbat”, “volgens die Skrif” is die Sabbat van die Bybel? Kan jy jou eer daarop plaas dis “die Joodse sabbat”, en nié: “Sabbat VAN die HERE jou God” / “die HERE— jou God se Sabbat” nie? Die Sabbat is ‘God se (soort) Sabbat’; nie ‘n ‘Joodse (soort) Sabbat’ nie. Die Sabbat ‘God, se Sabbat’ – Sy eiendom; nie ‘die Jood, se Sabbat’, nie – dis nie Joodse eiendom nie. “Volgens die Skrif” – en daarvolgens en daarmee alleen “kan ons” en móét ons “saamstem” – die Sabbat van die Bybel is “die Sewende Dag Sabbat van die HERE jou God”.
DTvdM:
“.... die verpligting wat hulle oplê” ....
GE:
“.... hulle oplê” .... Wie is “hulle”?
En, “.... die verpligting wat” .... Watse “verpligting”? Wie, se “verpligting”?
Want praat jy van “die Sabbatariërs”, dan – wie “hulle” ookal mag wees – wat sou húlle “verpligting” werd wees om enigsins in ag geneem te word? “Verpligting” van wie ookal buiten “verpligting” deur God, beteken iets nie. En God se ‘verpligtinge’ maak Hy aan die mens in die Skrifte, in en deur Christus alleen, bekend. Wat die mens daaromtrent en daarmee gaan doen, sal outomaties uit sy verdorwe aard volg: dat hy die sabbat gaan loop oortree uit pure hovaardigheid jeens die Almagtige— ‘Sabbatariër’ of te nie. Sodat niemand kan roem nie behalwe in Christus deur Wie sondaars vergifnis van hul sondes uit genade alleen ontvang. Die Sabbat dus, doen maar net wat dit onder die Ou-Testament gedoen het: Uit die standpunt van die Wet is dit steeds niks meer as tugroede na Christus toe nie. Nogtans het God nooit Sondag, met hierdie EER bekroon nie. Het God miskien ‘volgens die Skrif’, vir Sondag, ‘verpligting’ en tugmeester na Christus gemaak? Hy het nie; die Kerk – óns – het; en dit sê alles wat daar téén Sondag gesê kan word: werke-saligheid; godsdiens van eiegeregtigheid.
DTvdM:
“Dit is so dat die Ou Testament baie te sê
het oor die sabbat. Daar is reëls oor die sabbat, daar is beloftes daaraan
gekoppel en seën wat daarvoor belowe word. Maar by al die
GE:
“Dit is so dat die Ou-Testament baie te sê
het oor die sabbat ....”
“Die Ou Testament .... het baie te sê”? Want “Gód, het baiekeer (inderdaad
elke keer) en op baie maniere in die ou tyd gespreek tot die vaders deur die
profete.” God, dus, “het baie te sê
het oor die sabbat”. Jy speel dieselfde speletjie met die Ou-Testament wat
jy met die Sabbat speel; asof nóg die Ou-Testament, nóg die Sabbat, die spreke
van God is, of met die Woord van God (en van geen mens nie) te doen het.
Nou: “Dit is so dat die Ou Testament baie te sê het oor
die sabbat. Daar is reëls oor die sabbat, daar is beloftes daaraan gekoppel en
seën wat daarvoor belowe word. Maar by al die
DTvdM:
“.... word dit ook duidelik gestel dat dit ’n
gebod vir
GE:
Ja, inderdaad!
Paulus weet te skrywe: “Húlle is Israeliete aan wie die AANNEMING tot
kinders behoort (en nie hulle wat Israeliete na die vlees is nie) — aan
wie die glorie (van die wet: “Want ons het Sý heerlikheid aanskou”)
en die verbonde (oud en nuut: in Hóm) en die wetgewing en die eerdiens en
beloftes behoort: aan wie die vaders (“van die geloof”, soos Abraham
Isak en Jakob) behoort en uit wie die Christus is na die vlees: Hy wat oor
alles (vantevore) is: God
(“oor alles” wat tans, “is”): Lofwaardig tot .... IN EWIGHEID.
..... Dit wil sê: Nie húlle is kinders van God (“Israeliete”) wat
die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte (die
ware “Israeliete”) word gereken as die nageslag: Want dit is die
WOORD van die Belofte ....” die Christus-Kind as Eersteling van hulle aan
wie die beloftes van God behoort. Daarom:
“Die Israeliete moet die sabbat onderhou. Ook op hulle nageslag lê die
verpligting om die sabbat te onderhou. Dit sal vir altyd ’n teken wees tussen
My en die Israeliete”.
Hoe skei mens die
God van die beloftes van God, en hoe skei mens die Belofte van die beloftes van
God?: deur mens van die God van die beloftes te distansieer, en deur mens van
die Belofte van die beloftes van God, los te maak om nie onder die trefwydte
daarvan getel te word nie. Die Enige God verklaar: “die Sabbat sal vir altyd ’n teken wees tussen My en die Israeliete”—
soos op verskeie ander plekke in die Geskrewe Woord van dieselfde Enige en Onveranderlike
God: “MY Sabbatte sal vir altyd ’n teken wees tussen My en julle dat julle
(elkeen wat Hom hoor spreek) MY VOLK (onder watter naam ookal,
‘Israeliete’ of ‘Christene’) is, en dat EK-IS julle God wat julle heilig, IS.”
Nie ‘was’ nie. Geen mens wat God ooit
hoor spreek het, het Hom gehoor praat anders as deur en in en as, die Tweede
Persoon van die Drie-Enige God, Christus Jesus, nie. Alleen as Christus God die
Sprekende of “Woord van God”, het God ooit aangaande die Sabbatdag gespreek: presies
dieselfde in die Nuwe- as in die Ou-Testament— in die Nuwe-Testament net des te
meer en direk meer te doen met Christus Jesus Self.
Vir my is die verbysterendeste
dat jy, du Toit, redeneer asof jy te doen het met mense wat van hierdie ou en
bekende “eerste beginsel” van die Evangelie niks weet of begryp nie.
Om op te som is
jou woorde, du Toit, heel geskik: “In die
Ou-Testament word dit duidelik gestel dat (die Sabbat) ’n gebod vir
DTvdM:
“Wat die Sondag betref word die bewering
gewoonlik gemaak dat een of ander pous die Sondagviering begin het. (Niemand
kon nog aandui watter pous nie).”
GE:
Met nonsens en
verdigsels gaan ek my nie inmeng of oor uitlaat nie. Behalwe om die toeskouer
en toehoorder van hierdie gesprek, te herinner daar is ander ‘Sabbatariërs’ as
die Sewendedag-Adventiste
DTvdM:
“Maar oor die Sondag moet ons teruggaan na
Jesus self toe Hy op aarde was. Dit is opmerkilik hoeveel keer Jesus deur die
Joodse leiers gekritiseer is oor sy houding met betrekking tot die sabbat. Dit
is te veel om hier te probeer nagaan, maar Hy het dit duidelik gestel “Die Seun
van die mens is Here oor die sabbat” (Mat 12: 8). Hy was die Een wat die Nuwe
Verbond ingelui het, en Hy is self die Koning van die koninkryk wat Hy
aangekondig het. Daarom het Hy Hom nie deur die ou siening oor die sabbat laat
bind nie, hoewel Hy die sabbat gebruik het om in die sinagoges te preek
aangesien dit die geleentheid was om die Jode bymekaar te hê. Daarby het Hy ook
aangekondig van veranderinge wat die Nuwe Verbond sou bring as Hy in Joh 16: 12
sê: “Ek het nog baie dinge om vir julle te sê, maar julle sal dit nie nou
GE:
N.a.v. DTvdM, “Maar oor die Sondag moet ons teruggaan na
Jesus self toe Hy op aarde was. Dit is opmerklik hoeveel keer ....”— en dan
volg jou lang paragraaf oor .... “die
sabbat”, du Toit. Nou: Wáár gaan
iets “oor die Sondag” by “Jesus self”? Is die totale afwesigheid van enigiets “oor die Sondag” by “Jesus self” nie “opmerklik”
nie? Waarvan, waaroor, du Toit, praat jy
eintlik nou weer? Nou as jy niks by “Jesus self .... oor die Sondag”
Maar oor die
Sabbatdag, gaan die Bybel tot by die skepping en die uittog “na Jesus self” terug. Lees die begin van
die Johannes-Evangelie, as jy my nie glo nie.
Lees die begin van Hebreërs – tot so ver as die vierde hoofstuk
minstens, net om seker te maak. As God oor die Sabbat in die Skrifte spreek dan
spreek Hy konsekwent volgens sy eie wese, aangaande en deur Christus Jesus. Dit
sê nogal iets vir die Sabbat, dan nie? --- iets wat mens niks van vir die
Sondag lees nie. Laat mens nogal dink.
DTvdM:
“Toe Jesus op die eerste dag van die week
(Sondag) uit die dood opgestaan het, het Hy daardie selfde laat namiddag met
twee volgelinge op die pad gepraat uit die Skrif oor hoe dit nie ’n mislukking
was toe Hy doodgemaak is nie, maar die plan van God.”
GE:
Hier kom ons dan
nou uit by jou enigste ‘punt’ wat jy het – trouens, wat die ganse
Sondagaanbiddende wêreld, reken hy het. Maar dis jou en die hele wêreld se
groot fout; of eerliker gestel: se groot foefie.
Wat ‘n gruwelike
foefie! Want hier skroom hovaardige mens
nie om homself voor te doen as profeet van die Allerhoogste en te verklaar: “So
spreek die Here”, terwyl die Here nie so gespreek het nie; maar die teendeel
gespreek het. Nou begin die resensie op
my skrywes. Net hier, skop almal my altyd van die forums af en weier my boeke
vir publikasie (soos onder andere, Lux Verbi). So gaan ek maar aan, en wag om
te sien wat gebeur hierdie keer: Gaan ‘Christians.co.za’, my uitboender?
....
N.a.v.:
“Toe Jesus op die eerste dag van die week
(Sondag) uit die dood opgestaan het”.
Watter Skriftuur?
Ek weet: Markus 16:9.
Groot verskil
word opgemerk tussen nuwere en vroeëre Vertalings.
Hoekom? Omdat, as
hierdie teks korrek vertaal sou word, die Christendom sonder ‘n enkele teks uit
die Bybel sit, wat – na bewering – sou verklaar dat die dag waarop Jesus uit
die dood opgestaan het, “die Eerste Dag van die week” was. Ek sê, “sou”,
want ís dit so dat Mk15:42 verklaar dat Jesus op die Eerste Dag van die week
“opgestaan het”? Die woord of konsep, “Hy het opgestaan”? Is dit wat daar
staan? Die Indikatiewe Werkwoord: “Hy het opgestaan”?
Hoe sal die een
wat nie die oorspronklike taal, Grieks, ken nie, weet? Hy sal nie weet nie. Hy moet glo wat die
vertalers vir hom geskrywe het, in Mk15:42 staan.
Of moet hy
regtig?
Want spreek die
Bybel nie konsekwent eenstemmig dat “God op die Sewende Dag al sy werke
voltooi het”, en, “op die Sewende Dag van al sy werke, gerus het”
nie? Want was die opwekking van Christus uit die dode nie “Na die werking
van die uitnemendheid van die grootheid van die krag van Sy sterkte” nie?
Wat is die verlossing anders as die uiteindelike— as “Die Amen”, op “Die
Begin van die skepping van God”? (Op3:14)
Wat is sy einde anders as die begin van die skepping van God? Wat of Wie is “Die Alfa”, anders as “Die Omega”?
Wat is verlossing, anders as God se
oorspronklike skepping, gevindikeer? Hoe,
of waar, anders as in, met, en deur die opstanding van Christus uit die dood,
gevindikeer? Want as Christus nie
opgestaan het nie, was God se skepping vergeefs, verlore en vergaan. Kan God se rus van die Sewende Dag anders as sy
rus in Jesus se opstanding uit die dood wees dan? Hoe sou die dag van God se
rus ‘n ander dag as die dag van Christus se opstanding wees? Dit kon nie; dit was nooit. Want “aldus het
God aangaande”, die Eerste Dag nooit, “gespreek” nie, maar slegs “aldus
aangaande die Sewende Dag”. (Hb4:4-5)
Moet die leser
die vertalers dus glo as hulle vir hom in Mk16:9 skryf dat Jesus op die Eerste
Dag van die week uit die dood opgestaan het? Oor die ‘tegniese aspekte’ soos
taal en grammatika, hoef mens nie eers te praat nie; in die lig van die ganse
Skrif, moet die gelowige wat sy Bybel net basies hoef te ken, die vertalers ten
opsigte van Mk16:9 juis nié glo nié; en behoort hy sélf te kan síén, hulle móés
die Skrif ‘aanpas’ om hulle geliefkoosde leuen wit te pleister, en hulle
sianiedpil ‘n suikerlagie om te sit vir goedgelowiges om maklik en
niksvermoedend te sluk.
DTvdM:
“Daardie selfde aand by ’n Sondagbyeenkoms
van die dissipels, het Jesus vir die eerste keer aan hulle verskyn terwyl hulle
bymekaar was en hulle weer uit die Woord oortuig dat dit noodsaaklik was dat hy
moes gely en gesterf het.”
GE:
Jh20:19 vir net
wat daar geskrywe staan:— “Die aand nog op daardie (gebeurtenisvolle) Eerste
Dag van die week, toe die deure waar die dissipels was, uit vrees vir die Jode
gesluit was, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan.”
Geen woord of
suggestie dat die dissipels Sondagaand ‘bymekaar gekom’ het of ‘byeenkoms
gehou’ het, bestaan nie.
Lk24:33 vir net
wat daar geskryf staan:— “Hulle (die Emmaus dissipels) het die elf
nog ingehok gekry, saam met die ander wat by hulle was.” Die woorde
gebruik, beteken die elf en ander was letterlik, “tevore ingeperk /
saamgedruk”, en dat die Emmaus-dissipels hulle aangetref het: “nog al
die tyd (in dieselfde haglike omstandigheid as toe hulle) vroeër
(uit vrees vir die Jode) saamgedrom het”. (Perfektum Partisipium)
Die dissipels het
nié geglo dat Jesus opgestaan het nie; hulle het nog nie eers behoorlik gewéét
of beséf, Hy het opgestaan nie. Maar jy, du Toit, noem dit “’n Sondagbyeenkoms van die dissipels”
asof die Vergadering van die Gelowiges; asof “die Gemeenskap van die heiliges”,
soos volgens die Belydenis? “’n Sondagbyeenkoms van die dissipels”?! Hoe weerspreek hierdie kwasie-vertaling Jesus
se woorde op hierdie geleentheid! “Dit is die betekenis van die woorde wat Ek
vir julle gesê het toe Ek nog by julle was, naamlik dat alles vervul moet word
wat in die wet van Moses en in die Profete en Psalms oor My geskrywe is” (Luk
24: 44).” “.... wat in die wet van Moses en in die Profete en Psalms oor My
geskrywe is” .... Jesus maak vir alles omtrent Homself op die Skrifte aanspraak. Enige aanspraak vir Sondagaanbidding behoort
na hierdie voorbeeld deur Jesus self gestel, op die Skrifte gefundeer te wees—
wat onmoontlik is. Maar jy en jou
‘vertalers’ eien hulle die gesag toe om Sondagheiligheid op eie gesag kwansuis
op die Skrif te grond en verander die Skrif na julle eie eise. Wat verklaar ons eie Gereformeerde
Belydenisse?: Dat al sou die APOSTELS ons anders as die Skrifte (soos hier deur
Jesus genoem) leer, hulle, eerder as die Skrifte, verwerp behoort te word.
(Belgiese Geloofsbelydenis)
DTvdM:
“’n Week later, weer op Sondag “was Jesus se
dissipels weer bymekaar” (Joh 20: 26)”
GE:
“.... ‘n Week later ....” Die woorde is:
“Agt dae daarna / later”. “‘n Week
later” is sewe dae daarna of later;
“.... weer op Sondag ....” hoegenaamd nie
woorde in of van die teks nie, maar bygelaste woorde ter wille van Sondag.
DTvdM:
“Hierdie keer was Tomas ook by, en weer het
Hy hulle in hulle geloof versterk en aangemoedig om vas te staan in die geloof.
Dis nie net dat die dissipels op Sondag bymekaar was nie, maar dat Jesus juis
daardie geleentheid gekies het om na hulle toe te kom en hulle te seën met sy
teenwoordigheid en met sy woorde.”
GE:
Die ‘eerste
verskyning’ aan die dissipels was op Sondagaand; “agt dae daarna / later” sal
daarom op Maandagaand gewees het; nie “weer
op Sondag” nie.
N.a.v. “.... dat Jesus juis daardie geleentheid
gekies het ....”. “Juis daardie geleentheid”? Ek glo nie; dit was tog immers die natuurlike
verloop van die tyd en van dae volgens die ‘week’ nadat Jesus opgestaan het,
dat Hy “synde die aand nog op daardie Eerste Dag van die week”, aan sy
dissipels verskyn het. “.... tot op die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy aan
die apostels .... bevele gegee het; aan wie Hy ook, na sy lyding, Hom lewend
vertoon het .... terwyl Hy gedurende VEERTIG DAE aan hulle verskyn het.”
So, die eerste was geen besondere of afgesproke ontmoeting nie; sulke
ontmoetings het elke dag minstens een keer per dag, vir veertig dae lank totdat
Jesus opgevaar het, gebeur. (2a)
DTvdM:
“Na ’n paar weke, weer op Sondag, “was hulle
almal op een plek bymekaar”. Daar het die Heilige Gees gekom en kon Petrus die
evangelie verkondig oor Jesus se dood en opstanding.”
GE:
Dit was presies
die dag na sewe Sondae, op die vyftigste dag naamlik, nadat Jesus begrawe was,
getel vanaf: “die dag na die (pasga-)sabbat” (Lv23:11,15). Dit was die Sabbatdag en dieselfde dag van die
week as waarop Jesus opgestaan het, dat “hulle almal op een plek bymekaar was” en
die Heilige Gees op hulle neergedaal het.
By daardie
geleentheid het duisende tot geloof gekom en is hulle gedoop en verder geleer.
“Met nog baie ander woorde het Petrus hulle aangespoor” (Hand 2: 40). So is die
kerk in sy nuwe gedaante gebore op ’n Sondagbyeenkoms en dit het gepaard gegaan
met die sakrament van die doop en die prediking van die Woord. Dus nog voor die
apostels eintlik met hulle bediening begin het, was daar die handeling van
Jesus self by die Sondagbyeenkomste van die gelowiges en toe die koms van die
Gees en sy kragtige werking, weer by ’n Sondagbyeenkoms.
Hiermee het die apostels voortgegaan. Ons hoor meer van Paulus se bediening as
van die ander s’n. Hy het op elke plek waar hy gekom het, eers na die sinagoge
gegaan op die sabbat om vir die Jode die boodskap oor Jesus daar te bring, nie
omdat hy die sabbat wou bevestig nie. So hoor ons dat hy in Efese drie maande
lank in die sinagoge opgetree het, maar die weerstand teen die boodskap het
eerder vererger. “Toe het Paulus hulle [die Jode in die sinagoge] verlaat en
die gelowiges afsonderlik geneem en daagliks in die saal van Tirannus
besprekings gehou” (Hand 19: 9). Hierna hoor ons nie weer dat Paulus na ’n
sinagoge gegaan het nie.
Die patroon van die gelowiges word aangedui in Hand 20: 7 waar ons hoor van
Paulus se besoek aan
Dit is opmerklik dat elkeen van die Tien Gebooie in die Nuwe Testament herhaal
word, maar nie die sabbatsgebod nie. Dit hevestig die uitspraak van Paulus dat
die sabbat deel was van die skaduwee wat vervang is met die werklikheid, nl
Christus en dat ons nie na die skaduwee moet probeer teruggaan noudat Christus
gekom het nie.
In die tyd van die Nuwe Testament het die Sondag bekend gestaan as “die dag van
die Here” en so gebruik Johannes die ook as hy in Openb 1: 10 sê: “Op die dag
van die Here is ek deur die Gees meegevoer”. Hierdie dag van die Here moet nie
verwar word met die ander “dag van die Here” wat na die oordeelsdag verwys nie.
Hierdie oordeelsdag is in die Grieks “hemera kuriou” (dag van die Here) soos in
2 Pet 3: 10) terwyl die Sondag genoem is “te kuriake hemera”(die Herre se dag)
soos in Openb 1: 10
Die Sondagviering kom dus van Jesus en die apostels af, nie uit ’n later tyd
nie. Francois, hieroor is al baie geskryf en geredeneer. Die mense wat oortuig
is dat ons nog die Joodse sabbat moet hou, voel so sterk hieroor, dat ek nie
graag met hulle hieroor in debat betrokke wil raak nie. Al wat ek graag wil
doen is om mense wat hiervan gehoor het en wonder wat die Skrif sê, daarop te
wys dat om die Ou Testament se sabbat te los, nie ongehoorsaakheid aan die Here
is nie, maar dat dit die duidelike lering van die Nuwe Testament is dat ons nou
die dag van die Here hou.
Du Toit
Christians.co.za