Plae en die Eerste Maand (Abib) in Eksodus
“Hierdie maand moet vir julle die
begin van die maande wees: die Eerste Maand van die jaar moet dit vir julle
wees.” Eks12:2.
1)......bloed........Eks6:27+7:14-25......(Adar
28)
1)......bloed......................................(Adar
29)
1)......bloed....................................(Adar
30)1Abib
1)......bloed......................................(Abib
1)2
1)......bloed.............................................(2)3
1)......bloed.............................................(3)4
1)......bloed.............................................(4)5
2)......paddas..............8:1-4 /
5-15...........(5)6
3)......muskiete
..........8:16-19..................(6)7
4)......vlieë.................8:20-32..................(7)8
5)......pes...................9:1-7.....................(8)9
6)......swere...............9:8-12....................(9)10
7)......hael.................9:13-21
/ 22-35......(10)11
8)......sprinkane.........10:1-11 /
12-20......(11)12
9)......duisternis.........10:21-29................(12)13
10)....eersgeborenes...11 to
15.................(13)14
“In die been van die dag”.........................(14)15
“Eerste Gerf”..........................................(15)16
Abib 16......... NA hierdie, juiste,
Skrifwoord in Eks10:22, “drie dae lank” van helse duisternis, het Die
Eersgeborene van die Vader, “op die derde dag volgens die Skrifte”
1Kor15:4, die Skrifte van die Pasga van Jawe, “GETRIOMFEER”
Kol2:15. En die volk van Israel, op
daardie dag, “IN HOM”, en “saam met Hom”!
Die eerste plaag het BEGIN, “Die
môre vroeg (toe) Moses (die eerste keer) na Farao gegaan het .... en
Moses en Aäron toe gedoen het soos die HERE beveel het .... en al die water in
die Nyl in bloed verander is”, Eks6:27v., en het geduur tot 7:25, en “Sewe
dae dan so verbygegaan het.” Dit het
in die laaste maand van die ou jaar begin, toe Israel nog onder slawerny in
Egipteland was en die HERE sy verlossing begin bewerk het.
(Adar 30 was daar nog nie.) “Julle
moet die Eerste Maand (Abib) waarneem!” Die laaste dag in die “slawehuis”
Eks13:3,14 (“tronk”, Js53:8), word vir ewig AGTERGELAAT! Die eerste dag
van die nuwe era het aangebreek.
“Al die Egiptenaars”, onder
wie hulle slawe, die Israeliete getel het, “het (vir sewe dae) rondom
die Nyl na water gegrawe om te drink, want niemand kon die Nyl se water drink
nie.”
Sewe dae se water van bloed begin
midde die neerdaling van God om seëvierend sy volk te verlos.
Die eerste plaag – bloed, ‘was oor die hele land van Egipte’,
insluitend ‘die land van Gosen’, 7:14-25. So was die tweede plaag – paddas, 8:1-15; en die derde – muskiete / luise, 8:16-19. Vir
NIEMAND was dit nie dae van doodsbenoudheid nie.
Eers van die vierde plaag af – vlieë, het God gesê, “Maar Ek sal op dié dag
met die land Gosen waarin my volk woon, uitsondering maak.” 8:22. Israel
moes gesond bly vir hulle ‘pasga’ – hulle ‘oortog’. Volgens Openbaring is daar
net sewe, ‘laaste plae’, waarvan die Verlostes verlos sal wees! (Ps91)
Met die vyfde plaag daarom, “het al die vee van die Egiptenaars gevrek,
maar van die vee van die kinders van Israel het nie een doodgegaan nie.”
9:6.
Met die sesde plaag, as gevolg van die roet uit die oonde van die
Israeliete se bloed-sweet-slawerny, kom daar toe “aan die towenaars en al die
Egiptenaars .... blase en blare wat in swere uitbreek – aan mens én dier”, maar
aan geen Israeliet nie, uiteraard. 9:11,9.
Onder die sewende plaag, “Was daar in die land van Gosen waar die kinders
van Israel gebly het, nie hael nie.” 9:26.
Maar dan met die agste plaag (op 12 Abib), was daar orals, sprinkane: “Hulle het die oppervlakte van die hele aarde
bedek, sodat die land swart was; en hulle het al die plante van die land
afgevreet en al die vrugtebome wat ná die hael oorgebly het — daar het géén
groenigheid aan die bome of plante van die veld in die hele Egipteland oorgebly
nie”, ook nie waar die Israeliete in Egipteland gewoon het nie. 10:15.
Daarom mag mens Es20:46-48 met
hierdie plaag vergelyk. “Druppel jou rede teen die woudland, die Suidland
(Egipteland .... Afrika) .... van die Suide af tot die Noorde toe .... Alle
vlees sal SIEN Ek, die HERE, het die vlam aangesteek; dit sal nie uitgeblus
word nie!”
Het God Israel nie begenadig nie en
hulle het in Afrika gebly, sou dieselfde lot as die res van dié land én sy
inwoners, húlle, ook getref het. Gee pad
uit Afrika, kinders van Israel; dis vir ewig aan die ellende oorgelewer!
Dis ons moeilikheid: ons glo nie die Skrifte nie.
Let op hoe hierdie verdonkering van Afrika
die negende plaag van algehele
duisternis gedurende die dertiende Abib inlui: ’n "dik ... donkerte wat
gevoel kan word", Eks10:22,21 en vir "drie dae lank"
sou wees, d.w.s, vir die dae van 13, 14 en 15 Abib: pasgatyd en
UITTOG-DAE!
Sonder die vuurkolom bedags, sou Israel nie een voet kon
versit het om uit te trek nie! “Ek het julle op die arms gedra .... soos ‘n
arend haar kuiken op die rug ....” Dt32:11; 33:27 “My Teenwoordigheid
gaan met julle, en Ek sal aan julle rus verskaf. .... As U ons nie dra nie ....”
AV Ex33:14-15. In hulle doodsbenoudheid vind hulle hulle rus in hulle God. En die wolk was Christus, volgens Paulus
altans. Sonder Christus Jesus dus, gaan geen uittog uit Egipteland ooit gebeur
nie!
Sonder Christus Jesus die Vuurkolom
snags en die Wolkkolom bedags, gaan geen uittog uit Egipteland ooit gebeur nie!
Nou dan bly die dag van die dertiende van die maand, in duisternis gehul, agter,
en breek die Nuwe Era aan op die vyftiende dag van die Eerste Maand terwyl
Israel met staf in die hand die pasga-offer eet, en direk, “op die vyftiende
van die Eerste Maand” Nm33:3, “middernag” Eks13:3,4, 12:31,39b,51 uittrek,
met Christus Jesus die Vuurkolom snags en die Wolkkolom bedags.
Abib 13 gaan oor in Abib 14; en 14
gaan oor in Abib 15; en 15 gaan oor in Abib 16.
Dag .... en .... Nag .... die ou
dertiende dag word
.....................Nag .... en ....
Dag .... die nuwe veertiende dag
Dag .... en .... Nag .... die ou
veertiende dag word
.....................Nag .... en ....
Dag .... die nuwe vyftiende dag
Dag .... en .... Nag .... die ou
vyftiende dag word
.....................Nag .... en ....
Dag .... die nuwe sestiende dag
Dit is die enigste verklaring hoekom
Eksodus gladnie die datum ‘vyftiende dag van die Eerste Maand’, gebruik nie,
maar alle Skrif ná Eksodus,
na Abib veertien verwys as:
“die (eerste) dag waarop die pasga
(altyd) geslag moet word” Lk22:7/Mk14:12 = “Alreeds op die eerste dag
moet julle die suurdeeg uit julle huise uit verwyder.” Ex12:15b. “Julle moet .... op die bepaalde tyd
.... op die veertiende dag van die maand .... die pasga .... slag / hou.” Nm9:13,
Jos5:11,10.
en,
na Abib vyftien, as:
“die dag ná die pasga .... op die vyftiende dag van die (Eerste)
Maand”.
Dit alleen, verklaar hoekom Eksodus
12:18 die sewende dag van Ongesuurde Brode Eet, die 21ste van die Eerste Maand
dateer.
Dit wil sê, alle Skrifte ná Eksodus, verwys
na Abib vyftien as
‘die dag waarop’ die volk dan ‘institusioneel’,
“ongesuurde (gaar) brode,
geëet het”, en
‘institusioneel’ tegelyk “met”
en terselfdertyd as wat hulle die
pasgaslagoffer self “geëet het”. Vgl. Eks12:18 met Nm9:11, Lv23:6,5.
Dit het alles, híér, begin ....
Negende plaag: duisternis, Abib 13
(Is dit hoekom die Jode tot vandag
toe so bygelowig is oor die nommer 13?)
Hoe moet die teks ‘per plaag’,
ingedeel word?
Goed, die 1933 Afrikaanse Bybel gee
opskrifte vir elke plaag. Ek het my indeling egter onbewus van die AB, probeer
uitwerk uit die KJV in my besit, wat nie sulke opskrifte gee nie. Tog het my
indeling op presies dieselfde as die Afrikaanse 1933 Vertaling s’n, neergekom.
Hier is dan hoe ek te werk gegaan het ....
Sny spoor met die woorde “die volgende dag” langs.
Partykeer beteken hierdie frase, ‘dieselfde dag nog’, soos in 9:6,
klaarblyklik in die oggend. Partykeer
verwys hierdie woorde egter na die ‘vólgende’, dag, of te wel na die volgende ‘môre’. Dan lyk dit of die frase na die pasafgelope
dag alreeds op die aand uitgespreek
word en na “die volgende dag” of dan ‘dieselfde aanstaande dag nog’,
verwys, bv. 9:13, “Maak jou môre vroeg klaar”.
Gevolgtrekking:
Die dae het gedurende die ‘donker
eeue’ in Egipte, uit eers die nag;
dan die daaropvolgende dag- of lig-helfte van die dag, bestaan!
Ons lees immers uit Eksodus waar die vyftiende dag van die Eerste Maand
nog as die veertiende aangegee word. Na
die Uittog lees mens dit nooit weer so nie, en is wat na sononder op daardie
eerste veertiende van die Eerste Maand gebeur het, dit wat op die vyftiende dag
van die Eerste Maand gebeur het daarna .... regdeur tot in die Nuwe-Testament
en die Evangelies as die heel laaste van die nuwe en Christelike Heilige
Skrifte.
Hoe moet die teks ‘per plaag’, dan
ingedeel word?
Na elke plaag, word gesê, het “Farao
sy hart verhard”, of, dat “die hart van Farao verhard” was, sodat hy
elke belofte wat hy gemaak het om die HERE se volk te laat uittrek, verbreek
het.
Na elke plaag beveel die HERE “Moses”
om hom “voor Farao te stel” en met hom te praat. Dan, om elke plaag te begin, moes “Moses
(sy) hand uitstrek”; ook wanneer hy ’n plaag moes beëindig, of ’n volgende
fase van ’n plaag, moes inlui, bv. 10:12,13.
Na die eerste plaag, en na die
negende en voor die laaste plae, word verduidelikende tussenvoegsels opgemerk,
7:25; 10:28,29; 11:1-3.
Die hele verloop en volgorde van
gebeurtenisse en dae van die plae word in die woorde van 12:2 opgesom: “Hierdie
maand moet / is / sal vir julle die Eerste van die maande wees; hierdie maand moet / is / sal vir julle die
Eerste Maand van die jaar,
wees”. Die eerste dag en die eerste
maand word vasgestel aan die hand van die maan en die son-jaar. Dit het niks
met die ‘week-siklus’ of die Sewende Dag Sabbatte, te doen nie.
Dat al die plae binne die eerste
veertien dae van die Eerste Maand plaasgevind het, is seker, soos blyk uit:
1)
die sorgvuldige vermelding van bogenoemde faktore, en
selfs daarin dat
2)
aan die eerste plaag – bloed-water, “sewe dae” toegeken word
sodat al die dae van die Eerste Maand tot die belangrikste dae – die veertiende,
vyftiende en sestiende van die maand – betrokke kon wees; en,
daarin dat
3)
die laaste plaag wat op 13 Abib begin het en vir “drie dae” lank
sou aanhou, juis op die dag en datum van die bring van die Eerste Gerf
Beweeg-Offer voor die Aangesig van die HERE, sou ophou deurdat die duisternis
deur die Lig van Die Nuwe Lewe verdryf sou word, naamlik op 16 Abib, weereens
deur die Lig van die Nuwe Lewe wat nie aan die son of maan, of aan “dae of
maande of seisoene of jare” Gl4:10 toegeskryf mag word nie.
“Hulle het op die eerste dag van
die Eerste Maand begin ....
en op die sestiende dag van die maand het hulle klaargemaak / einde bereik” en “die onreinheid uit
die tempel verwyder gehad”
waarmee “Agas tydens sy bewind”, “die heiligdom besoedel het”.
2Kr29:17,5. Net soos Christus in die
oomblik van sy opstanding uit die dood as Eerste Gerf, “eens vir altyd
versoening vir sondes bewerk het” en die duisternis van die Egipte van die
dood oorkom het, “uit die dode opgestaan het en aan die Regterhand van God
in hemelse verheffing plaasgeneem het”.
Duisternis “wie Todesahnung dekt die Lande” (Richard Wagner) “dag tussen
twee nagte” ‘been ha arbajiem’ op Abib 13 en 14, asook op 15!
“Drie dae”: “volgens die Skrifte” die pasga-Skrifte!
Die ganse uittog / pasga vind plaas
onder die negende plaag van “dik,
voelbare duisternis” nieteenstaande die feit dat dit plaasvind oor
volmaan-tyd! “Die Stad het die son of die maan nie nodig gehad om in hom te
skyn nie, want Die Heerlikheid van God het hom verlig; ja, die Lam is sy Lamp!” Op21:23.
Let dus op hoe deur die gebeurtenis
van die pasga / uittog, die nag-duisternis van die hele vier en twintig ure-dag
van die dertiende dag van die Eerste Maand — die LAASTE en NAG-deel daarvan — ‘oorgedra’
/ ‘gepasga’ was op die veertiende dag om die EERSTE deel of nag daarvan te geword
het;
en hoedat die veertiende dag van die
Eerste Maand — die LAASTE deel of nag daarvan — in plaag-duisternis ‘oorgedra’
/ ‘gepasga’ was op die vyftiende dag om sý, EERSTE, en NAG-deel te geword het;
en hoedat die vyftiende dag van die
Eerste Maand — die LAASTE deel of nag daarvan — in plaag-duisternis ‘oorgedra’ (‘gepasga’)
was op die sestiende dag om sý EERSTE en NAG-helfte te word,
en hoedat die sestiende dag van die
Eerste Maand SÓ “in die hoogtepunt van LIG-SYNS” (‘tehi
epi-foos-k-oe-seei’) “van die Sabbat in sy volheid” (‘opse de
sabbatohn’), oorgegaan het (‘gepasga’ het): “TOE DIT GEBEUR HET” (‘kai
idoe egheneto’) Mt28:1-2. Want dit was “die
Sabbat van die HERE jou God.”
“Jy moet tog daaraan dink dat jy
in Egipteland ’n slaaf was, en dat die HERE jou God jou dáárvandaan, (in
pasga-oorgang) uitgelei het deur Sterke Hand en Uitgestrekte Arm
(Christus “aan die regterhand van God in hemelse heerlikheid verhewe”
Ef1:20): DAAROM, het die HERE jou God JOU, BEVEEL, om die SABBATDAG, te HOU.”
As die HERE God u aanspreek, spreek
Hy u aan. Moenie die ore stop nie!
Ek herhaal, en verwys terug na
hierdie stelling van my, ’n paar minute gelede:
Op Abib 16 NA hierdie, juiste, Skrifwoord in Eks10:22, “drie dae
lank” van helse duisternis, het Die Eersgeborene van die Vader, “op die
derde dag volgens die Skrifte” 1Kor15:4, die Skrifte van die Pasga van
Jawe, “GETRIOMFEER” Kol2:15. En
die volk van Israel, op daardie dag, “IN HOM”, en “saam met Hom”!
1)......bloed........Eks6:27+7:14-25......(Adar
28)......(Woen)
1)......bloed.......................................(Adar
29).......(Don)
1)......bloed....................................(Adar
30)1Abib...(Vry)
1)......bloed......................................(Abib
1)2.........(Sat)
1)......bloed.............................................(2)3.........(Son)
1)......bloed.............................................(3)4.........(Maan)
1)......bloed.............................................(4)5........(Dins)
2)......paddas..............8:1-4 /
5-15...........(5)6.........(Woen)
3)......muskiete ..........8:16-19..................(6)7........(Don)
4)......vlieë.................8:20-32..................(7)8........(Vry)
5)......pes...................9:1-7.....................(8)9........(Sat)
6)......swere...............9:8-12....................(9)10.......(Son)
7)......hael.................9:13-21
/ 22-35......(10)11.......(Maan)
8)......sprinkane.........10:1-11 /
12-20......(11)12.......(Dins)
9)......duisternis.........10:21-29................(12)13.......(Woen)
10)....eersgeborenes...11 to
15.................(13)14.......(Don)
“In die been van die dag”.........................(14)15.......(Vry)
“Eerste Gerf”..........................................(15)16.......(Sat)
Daar is geen chronologiese aanduiding
enige plek in die Bybel waarmee hierdie orde nie ooreenstem nie. Probeer maar;
daar is nie een nie. En as gevolg van
hierdie harmonie dwarsdeur die Bybel betreffende “die derde dag volgens die
Skrifte”, wil ek daarop aanspraak maak dat elke stukkie navorsing wat ek
nog kon doen, aan hierdie tydsorde of kronologie van die Pasga van Jawe gemeet
en getoets MOET word om te kan weet of dit uit my duim gesuig was, of “volgens
die Skrifte” aan die Skrifte
ondergeskik en gehoorsaam.
Hierdie twee dinge het ek op hierdie
tydstip in my lewe, maar so pas ‘ontdek’. Ek het voorheen geen idee daaromtrent
gehad nie. Die Here is my getuie. Gladnie! Daardie twee dinge is, 1) die
fenomeen “Daardie Dag” in die Pasga-Skrifte – waarmee ek skaars nog maar begin
het; en 2), hierdie faktore in die negende Uittog-plaag waarmee ons hierso
besig is, en ook so pas slegs mee begin het.
So help ons onse God, hiervandaan
vorentoe, om nie van U Woord af te dwaal nie, maar om steeds stiptliker op U
voetspore te bly, veral namate die tyd met nie een van ons, stil gaan staan het
nie. Want nie ek of een van ons, is ‘n Josua nie, maar van alle mense, die
onwaardigste om u Woord in ons mond te neem en die Brood van die Lewe te eet of
die Water van die Lewe te drink.
Ons dank U dat ons genade betoon is
om U genade te mag gewaarword het; wees ons genadig, is al wat ons bid in die
kosbare Naam van ons Here Jesus Christus.
7 Oktober 2009-10-07
Gerhard Ebersöhn
Suite 324
Privaatsak X43
Sunninghill 2157
Johannesburg