KKKKoos: 

En in Joh. 13:1 lees ons dat Yahshua bewus was voor die fees van die Pasga, dat sy uur gekom het om uit hierdie wêreld oor te gaan na die Vader. Hy sou dus op die presiese tyd van die Pasga die plek moes inneem van die pasgalam (lees 1 Kor. 5:7).

Toe Hy dan gevange geneem en gefolter is aan die vloekpaal, was die voorbereiding vir die Pasga al aan die gang. Sy liggaam moes van die vloekpaal afgehaal word voordat die Sabbat sou aanbreek (Joh. 19:31), en dit was nie die weeklikse Sabbat wat hier ter sprake was nie, want die dag van daardie Sabbat was groot! Hulle was besig met die voorbereiding van die Pasga. Hy sou dus net voor sononder, voor die Pasga sou aanbreek, in die graf weggelê word, min of meer op presies dieselfde tyd as wat die pasgalam gewoonlik keelaf gesny sou word. Sodoende het Hy dan ons pasgalam geword, wat die Pasga eenmalig vir altyd in vervulling sou laat gaan.

Die volgende fees wat in vervulling gegaan het, was die fees van die Ongesuurde Brode. Yahshua het gesê dat Hyself die Brood van die Lewe is (Joh. 6:48).As iemand daarvan eet sal hy lewe tot in ewigheid, en dit is sy vlees wat Hy vir die wêreld sal gee (Joh. 6:51). As simbool daarvan het Hy dan ook tydens die "A.... Neem, eet, dit?instelling van die Avondmaal die brood gebreek en gesê:  is my liggaam." (Mark. 14:22). Paulus het dit beskryf as die ongesuurde brood van reinheid en waarheid (1 Kor. 5:8).

Die volgende fees was die Beweegoffer van die eerstelinggerf. Ook dit is reeds in Yahshua vervul. Daar bestaan 'n meningsverskil oor die presiese tyd waarop die Beweegoffer gebring moes word. Ons lees in Lev. 23:11 dat dit op die dag ná die Sabbat gehou moes word. Nou is daar twee interpretasies: Is dit die dag ná die weeklikse Sabbat, of is dit die dag ná die eerste dag van Ongesuurde Brode, wat ook as 'n heilige vierdag (Sabbat) deurgebring moes word? (Vergelyk Lev. 23:7). Deur egter te kyk wanneer Yahshua dit in vervulling laat gaan het, behoort die probleem op te klaar:

1 Kor. 15:20. "Maar nou, die Messiah is opgewek uit die dode; Hy het die Eersteling geword van dié wat ontslaap het,"

Hy het die Eersteling geword toe Hy opgestaan het uit die dode. Wanneer ons die Sabbat behandel, dan sal ons sien dat Yahshua opgestaan het op die eerste van die Sabbatte, nadat Hy vir drie dae en drie nagte in die graf was. Min of meer met die verandering van lig, toe dit begin skemer word, en die Sabbat aan die verbygaan was, het Hy opgestaan, en toe die engel die klip voor die graf weggerol het, was Hy alreeds uit die graf. Toe was dit alreeds aand op die dag ná die weeklikse Sabbat. Hy het dus begin beweeg op die dag na die weeklikse Sabbat, en so verstaan ek dan, dat die Beweegoffer op die dag ná die weeklikse Sabbat gehou moes word, en dat Yahshua dit so in vervulling laat gaan het. As Hy dit op die dag ná die heilige vierdag in vervulling moes laat gaan het, dan sou Hy nie drie dae en drie nagte in die graf gewees het nie.

Soos wat die eerstelinggerf voor Yahweh beweeg moes word, as verteenwoordigend vir die hele oes, so het Yahshua as Eersteling almal verteenwoordig wat bestem is vir die opstanding uit die dode tot die ewige lewe.

1 Kor. 15:22 23. "Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in die Messiah lewend gemaak word; maar elkeen in sy eie orde: as Eersteling die Messiah, daarna dié wat aan die Messiah behoort by sy koms."

Daar is 'n probleem met Matt. 27:52, waar ons lees van ontslape heiliges wat opgestaan het, en oppervlakkig beskou, sou dit lyk asof hulle voor Yahshua opgestaan het uit die dode. In vers 53 lees ons egter dat hulle eers ná Yahshua se Opstanding uit die grafte uitgegaan het. Nou is dit opvallend dat net Mattheus melding maak van die ontslape heiliges. Verder maak Mattheus melding van die groot aardbewing wat daarmee saam plaasgevind het. In Matt. 28:2 maak hy weer melding van die aardbewing, tydens die Opstanding. Dit blyk dus dat die gedeelte in Matt. 27:52 (dalk selfs ook vers 51?) eers ná die Opstanding van toepassing is, en dat Mattheus, wat die verhaal etlike dekades later opgeteken het, dit nie chronologies korrek opgeteken het nie. As Paulus dus sê dat Yahshua die Eersteling is, dan kan ons dit so aanvaar, want 1 Korinthiërs is bykans tien jaar voor die Evangelie van Mattheus opgeteken, en dit word algemeen aanvaar dat die Geskrifte nader aan 'n gebeurtenis, die akkuraatste sal wees. Yahshua was dus die Eerste om op te staan uit die dode, waarskynlik net enkele sekondes voor die ontslape heilige.

Die volgende fees is die fees van die oes, oftewel die fees van die Weke, wat op die vyftigste dag na die Beweegoffer gevier moes word (die dag na die sewende Sabbat Lev. 23:16). Dit is die dag waarop die eerstelinge van die oes ingesamel is. Dit het in vervulling gegaan op Pinksterdag (Pinkster beteken vyftig), toe die Heilige Gees uitgestort is. Yahshua het aan die dissipels gesê dat Hy die Trooster aan hulle sal stuur (Joh. 16:7), en so het hulle die eerstelinge van die Gees ontvang (Rom. 8:23). So is die fees van die Weke in Yahshua vervul.

Hierdie eerste vier feeste, wat ons sopas bespreek het, het reeds hulle vervulling bereik, alles in dieselfde jaar, vanaf Golgota tot op Pinksterdag. Die laaste drie feeste wag egter nog op finale vervulling, en sal ook weer op hulle spesifieke datums op die Hebreeuse kalender plaasvind, ook in een jaar. Vanaf die fees van die Weke het daar 'n lang tyd verloop, van meer as drie maande, op die Hebreeuse kalender, voordat die Basuinefees, wat daarop gevolg het, aangebreek het. Daar word daarop aanspraak gemaak dat dit dan ook profeties heenwys op 'n lang tydsverloop tussen die vervulling van die betrokke feeste, en dat daar dus vanaf Pinksterdag 'n lang tyd sal verloop, voordat die laaste drie feeste weer kort na mekaar in vervulling sal gaan. En so het daardie feeste dan tot vandag toe nie in vervulling gegaan nie. Dit is egter nou nie meer ver nie. Die oes is al ryp, en ons verwag eersdaags dat die maaiers (engele Matt. 13:39) die koring en onkruid van mekaar sal kom skei.

Onder Bybelstudente is daar meningsverskille oor die presiese vervulling van hierdie laaste drie feeste. Die voorstaanders van 'n geheime Wederkoms en wegraping sewe jaar (of drie en 'n half jaar?) voor die sigbare Wederkoms, interpreteer dat die Basuinefees vervul sal word met die geheime Wederkoms, en dat die tydperk van groot verdrukking sal uitloop op die vervulling van die groot Versoendag. Daarna sal die Loofhuttefees in vervulling gaan met die aanbreek van die Duisendjarige Vrederyk tydens Yahshua se sigbare Wederkoms. Dit lyk egter nie vir my na die regte vertolking daarvan nie. Vir gelowiges, wat nie glo aan 'n geheime Wederkoms voor 'n latere sigbare Wederkoms nie, is hierdie vertolking onaanvaarbaar, want die hele gedagte dat "die kerk" weggeraap word, terwyl "Israel" deur 'n groot verdrukking moet gaan, pas nêrens in, vandat ons besef dat daar nie soiets soos "die kerk" bestaan in die Skrif nie. Daar is dus niemand wat op 'n geheime manier voor die tyd weggeraap moet word nie, en daarom lyk die vervulling van die laaste drie feeste vir ons eerder soos volg:

Die enigste en sigbare Wederkoms sal die Basuinefees in vervulling laat gaan, want "Yahshua sal Self van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God; ...." (1 Thess. 4:16). In 1 Kor. 15:52 lees ons daarvan as die laaste basuin, en dat die basuin sal weerklink. Dit sal allermins 'n geheime gebeurtenis wees. Basuine word geblaas om oorlog in te lui, en dit is presies wat gaan gebeur wanneer die Wederkoms plaasvind. Yahshua gaan in oorlog gewikkel wees met die magte van Satan (Open. 19). Die dag word in Joël 2:10 11 beskryf as groot en uitermate vreeslik, waarin selfs die aarde sal bewe, en die hemel sal sidder. Verder in Joël 2 sien ons dan ook dat die volk hulle bekeer, en dat Yahweh sy volk verskoon.

Daardie geweldige gebeure sal so 'n ontsettende benoudheid veroorsaak, wat sal uitloop op die ware groot Versoendag nege dae later, waarin Yahshua Self die Hoëpriester sal wees (Heb. 9). Gedeeltelik is daar reeds tydens die gebeure by Golgota 'n vervulling hiervan bewerk, want eers moes Aäron (of sy opvolgers) agter die Voorhangsel in die Allerheiligste ingaan, om vir die volk versoening te doen, maar by Golgota het Yahshua die Voorhangsel laat skeur, wat die opheffing van die Priesterskap van Aäron simboliseer (lees Matt. 27:51; Mark. 15:38; Luk. 23:45 en Heb. 10:19-21). Van toe af is Yahshua ons Hoëpriester volgens die Priesterorde van Melgisedek (Heb. 6:20), en sal Hy op die bestemde tyd vir ons die finale versoening doen voor Yahweh. Dit sal geskied op die tiende van die sewende maand op die Hebreeuse kalender, nege dae ná die Wederkoms. Alles is dus gereed, ná die oorlog teen Satan, vir Yahshua om daardie fees in vervulling te laat gaan op die bestemde tyd. Ons lees dat ons almal sal verskyn voor die Regterstoel van Yahshua (Rom. 14:10 en 2 Kor. 5:10).

Hoe sal die Loofhuttefees in vervulling gaan? Dit lyk vir my dat die volgende Woorde dit mooi saamvat: "Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel." (Hand. 15:16). Die Loofhuttefees was 'n tyd waarin die volk vrolik moes wees voor Yahweh. In hierdie vervulling van die fees, sal daar inderdaad alle rede wees om te jubel voor Yahweh. Yahshua gaan Israel herstel soos in die ou tyd (Amos 9:11). Met die aanvang van die Duisendjarige Vrederyk sal Hy daarmee begin, en dit sal waarskynlik begin tydens die datum van die Loofhuttefees op die Hebreeuse kalender, bykans 'n week ná die groot Versoendag.

Die Purimfees was nie een van die feeste wat Yahweh aanvanklik ingestel het nie. Die volk het dit self ingestel (Ester 9:20-23). Die volk was vrolik omdat hulle rus van hulle vyande gekry het, en dit het hulle dan elke jaar herdenk. In 'n sekere sin, alhoewel nie op daardie datum nie, het Yahshua dit ook by Golgota vervul, want Hy het mos vir ons die ewige rus bewerkstellig. Die volk sal egter ook eers in die Duisendjarige Vrederyk in daardie ewige rus ingaan (Heb. 4:9). 

GE: 

Geagte KKKKoos, Ek wil graag meer spesifiek na jou siening kyk, met die doel om klarigheid te kry oor die vraag na die Ou-Testamentiese Feeste en feestye van Jawe, die Here, en hulle betrekking op “die Sewende Dag Sabbat van die HERE jou God”.

N.a.v. KKKKoos,   En in Joh. 13:1 lees ons dat Yahshua bewus was voor die fees van die Pasga, dat sy uur gekom het om uit hierdie wêreld oor te gaan na die Vader. Hy sou dus op die presiese tyd van die Pasga die plek moes inneem van die pasgalam (lees 1 Kor. 5:7).” 

GE: 

A! Ons begin sommer met een van die groot verskilpunte tussen jou en my.  Ek glo naamlik presies in jou woorde: “voor die fees van die Pasga”, dat Jesus se “uur gekom het om uit hierdie wêreld oor te gaan na die Vader”, en dat Hy  dus op die presiese tyd van die Pasga” se aanvangsoomblik, “die plek moes inneem van die pasgalam”.

Hoe verskil ons dan hier, waar alles oënskynlik na ooreenstemming lyk?

Hier is ons verskil: 

Jy haal hier uit Jh13:1 aan: Jy erken dis hier “die presiese tyd van die Pasga”.... se aanvang, natuurlik. Hoe, die pasga se aanvang? Want op en met hierdie ‘oomblik’ as’tware, breek die eerste dag van die pasga dan mos aan, nie waar nie? Nou ja, dit is dan mos net hierso wat die “veertiende dag van die Eerste Maand”, sy begin maak. Jy reken immers self dat die Bybeldae van aand na sonop tot namiddag vóór sonop, duur. En hierdie dag wat hier begin het, was dan die prospektiewe dag waarop die pasgalam geslag sou moes word – Abib 14 – gedurende die volgende ligdagure daarvan.

Herken jy steeds nog nie waar ons dan sou verskil nie? Dan moet ek eers daardie sekere ‘beginsel’ van hoe die Bybeldae getel was, verduidelik. Ek neem aan dat jy ook daarmee saamstem dat die ‘beginsel’ gegeld het dat ‘n gedeelte van ‘n dag die hele dag verteenwoordig het. Dit kan nie anders nie, want met “die veertiende dag van die Eerste Maand”, het ons duidelik te make met “die dag waarop hulle “die pasga moet geslag het” en “altyd geslag het”— Lk22:7b en Mk14a. Die deeltjie van die dag wat die lam eintlik geslag was, het die hele dag en datum van die dag, verteenwoordig.

Herken jy steeds nog nie waar ons dan sou verskil nie? Dan moet ek eers daardie ander ‘perspektief’ van hoe die pasgadae na aanleiding van Mt12:40 en Jona 1:17 gesien was, verduidelik. Want “Jona, _was_ in die maag van die vis, drie dae en drie nagte”: ‘n terugblik word gegee. Net so, alhoewel Jesus vóór sy sterwe en opstanding na Jona verwys het, praat Hy vanuit die sekerheid dat Hy uit die dood sou teruggekeer hét: “Net soos Jona drie dae en drie nagte in die ingewande van die vis _was_, net so, sal die Seun van die Mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde, gewees hét.”

Goed, ‘estai’-‘sal wees’ is Toekomstige Tyd; maar net so seker, is dit Toekomstige Tyd met Verledetydsbetekenis. Enige en alle tale se Toekomstige Tyd kan so werk, soos jy sekerlik self weet en moet erken. Want Jesus praat nie as ‘n twyfelaar nie; asof sy opstanding maar net ‘n moontlikheid of waarskynlikheid was nie; Hy praat klaar as Oorwinnaar en Voltooier van al die werke van God: “Soos Jona weer uit die vis se maag uitgekom _het_, net so _sál_ die Seun van die Mens, _gewees hét_. M.a.w., Jesus praat retrospektief.

Al die ander Skrifverwysings na Jesus se opstanding “na drie dae”, praat van sy opstanding “op die derde _dág_-‘heemera’, vir die ‘lig-dag’ volgens die eerste gedagte wat enige mens aan die woord ‘dag’, sal gaan heg. Wat ek nou al weet dat jy ook glo: dat Jesus in die dág van die Sabbatdag vóór die einde van die ‘dag’, en vóór die volgende dag se nag- en begin-gedeelte, opgestaan het.

Is dit dan onredelik van my as ek volhou, as sou Jesus retrospektief na Jona 1:17 verwys in Mt12:40?  Ek vertrou jy sal geen probleem daarmee hê nie.

Dit is dan hoe Jesus in Jh13:1 soos jy Hom aanhaal, gespreek het:

“.... dat Yahshua bewus was voor die fees van die Pasga, dat sy uur gekom het om uit hierdie wêreld oor te gaan na die Vader. Hy sou dus op die presiese tyd van die Pasga die plek moes inneem van die pasgalam. 

En nou sê ek: Dit is hoe Jesus bewus was vóór die Fees van die Pasga, dat sý uur, of die begin, van sý “drie dae en drie nagte” as die Pasgalam van God, BEGIN HET!  Hier, en nou, breek die Koninkryk van die Christus-smarte van God deur, en aan. Hier neem Christus se hellevaart, aanvang. “Nou”, “dat”, “gekom het van Hom die uur / die begin, dat Hy uit móét, beweeg uit hierdie wêreld uit na sy Vader toe.”  

“Toe die UUR gekom het, het Hy aan tafel gegaan .... Die Seun van die Mens gaan heen volgens wat bepaal is. .... Ek beskik vir julle ‘n Koninkryk soos my Vader dit vir My beskik het, sodat julle kan eet en drink aan MY Tafel in MY Koninkryk.”

“TERWYL hulle eet, NEEM Jesus die brood; en TOE / SOOS Hy gedank het, BREEK Hy dit en GEE .... TOE, NEEM Hy die beker; en TOE / SOOS Hy gedank het, GEE Hy .... want dit IS (nou, hierdie oomblik): My, BLOED, die bloed van die NUWE-Testament wat uitgestort WORD. .... Ek sê vir julle: Ek sal VAN NOU AF, GEENSINS OOIT, van HIERDIE vrug van die wynstok drink nie tot op daardie dag wat Ek dit MET JULLE, nuut sal drink IN DIE KONINKRYK van my Vader.”

Let op: “Na die maaltyd”, “Gooi Hy”, Sélf, “sy klere eenkant”— gáán Christus Sélf, sy Koninkryk in.  “Jesus: Wetende dat die Vader ALLES, in sy hande gegee het: STAAN OP”. Hy “staan op” om Koning, gekróón te word: “Hy gooi sy klere eenkant neer; vat ‘n handdoek, en omgord sy lende”.  Hy “staan op” om Koning, gekróón te word: “Toe trek hulle sy klere uit en werp ‘n rooi mantel oor Hom. .... Hulle het my klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad die lot gewerp”. Hy “staan op” om Koning, gekróón te word: “Hulle vleg ‘n kroon van dorings en sit dit op sy hoof; en ‘n riet in sy regterhand.” 

TOE, sê Hy: My Siel is diep bedroef:  tot-die-DOOD-toe.”

“Ek het MAG, om my Lewe, neer te lê.” “Daar was ‘n opskrif bokant Hom geskrywe: Hy is die Koning van die Jode”— in sy Koninkryk op die Troon van sy MAG! “Die owerste van hierdie wêreld kom, en het aan My, niks!” “Dit is julle uur en die mag van die duisternis.” “Is U die Koning van die Jode? En Hy antwoord hom: Jy sê dit!” 

“Vader, DIE UUR HET GEKOM; VERHEERLIK U SEUN .... En NOU kom Ek na U toe.”

“Nadat Jesus dit gesê het, het Hy _óór_ die Donkerspruit gegaan waar daar ‘n geploegde land was waarin Hy _Sélf_ ingegaan het— én sy dissipels.” 

Hier, vóórdat “Hy dan gevange geneem en gefolter is aan die vloekpaal”, het die Christus van God, vrywillig, Sélf, die smarte van die hel ingegaan om dit deur te gegaan het as Die oor die  bose en duisternis, Oorwinnaar— om ook oor die Doderyk, Heerskappy en Koningskap te verwerf, en besit van die sleutels van die dood en die doderyk, te verkry.

Die Pasga-Lam van God is geen dier nie; Hy is Skepper-God; Hy word nie soos ‘n skaap na slagting gelei nie; Hy lei Self die Weg na die slagting Pasgalam-Koning “STAAN op die berg Sion”; Leeu uit die stam van Dawid het oorwin .... Daar staan: Lam-asof-Hy-geslag-is”; om sy lewe — nie te láát neem nie — maar, sy lewe Self neer te lê en vir sy vriende, te gee.

Die “in die hart van die aarde wees” van Jesus, was om Self die Hart van smarte te wees. Jesus, die Gesalfde om te ly, van God, DOEN dit; LY die smarte; LEWE die smarte; ONDERVIND die dood: Om versoening vir die sonde te VERWERF. Sodat Hy, VOORDAT Hy die gees in die hande van sy Vader GEE, verklaar: “VOLBRAG!” HIER, “vóór die Fees” van genieting, IN sy STERWE van verdienste, OORWIN, Christus die DOOD: Die dood van die dood in die sterwe van Christus. John Owen het nog gesê, en heeltemal reg: “The death of death in the death of Christ”; maar meer nog: The death of death in the DYING of Christ.

Abib 14 .... NEEM AANVANG “TOE DIE UUR GEKOM HET”, METDAT die Seun van die Mens sy Verheerliking van sy Vader BEGIN EN DEURVOER; IN en MET die AANBREEK van “Die Koninkryk (van die lyding) van God”, “Op die eerste dag van ont-suurdeeg (VAN STERWE VIR SONDE), wanneer die pasga geslag moet word (wanneer die pasga VIR SONDE MOET STERWE).” 

Dus: hier is ons in volkome ooreenstemming:

N.a.v. KKKKoos,   Toe Hy dan gevange geneem en gefolter is aan die vloekpaal, was die voorbereiding vir die Pasga al aan die gang. 

“.... was”, “die voorbereiding vir die Pasga”,  al”, “aan die gang”.   Want Jesus se ‘voorbereiding’ vir hierdie, pasga-deurgang, het twaalf, fyftien ure, vóórdat Hy “gevange geneem en aan die vloekpaal gefolter is” ‘al’, “in die vlees” lewende, ‘aan die gang’ GEKOM! “Waar WIL U, dat ons (vir) U, voorberei— VIR, pasga-deurgang? .... daar aangebreek het, die aand .... van die eerste dag van ont-suurdeeg .... om te EET die pasga?”, Mt26:17b/20.  

Jesus se ‘eet’ van die pasga, en sy pasga-deurgang, is een!  Hy, is, die Pasga; Hy, is, die Pasga van God in sy deurgang. Hierdie dag in sy geheel in sy middel, teken Johannes aan in 19:14:  “En dit was die Voorbereiding van die pasga, en die sesde uur.” (‘Romeinse’ tyd, met sonop; Joods: die eerste uur begin.)   Jesus sterwe, “die negende uur”.  (‘Joodse’ tyd met die uur vol: “mid namiddag”=’tei epifooskoesei’; Romeins: 3 n.m..)  

N.a.v. KKKKoos,   Sy liggaam moes van die vloekpaal afgehaal word voordat die Sabbat sou aanbreek (Joh. 19:31), en dit was nie die weeklikse Sabbat wat hier ter sprake was nie, want die dag van daardie Sabbat was groot! Hulle was besig met die voorbereiding van die Pasga. 

Waar ons op die oog af, saamstem:

“.... dit was nie die weeklikse Sabbat wat hier ter sprake was nie, want die dag van daardie Sabbat was groot! Hulle was besig met die voorbereiding van die Pasga. 

Waar presies, ons met mekaar VERSKIL: 

“.... dit was nie die weeklikse Sabbat wat hier ter sprake was nie, want die dag van daardie Sabbat was groot! Hulle was besig met die voorbereiding van die Pasga. 

Hoe dan so?

Want so, en hierso, stem NET EEN van ons, met Johannes in 19:31 in:—

“Die Jode, DAAROM (oen),

OMDAT (epei) Voorbereiding (paraske-uee) was (een)

sodat (hiena) nie (mee) mag-bly-(nie) (meinee)

op (epi) die kruis (tou stauroe) die liggame (ta soomata)

op die sabbat (en tooi sabbatooi)

want (ghar) was (een) groot (meghalee)

die dag (hee heemêra)

van daardie (êkeinoe) van die sabbat (tou sabbatoe)

hulle het gevra (eerooteesan) .....”

Hulle was besig met die voorbereiding van die Pasga”, óf, hulle was nié meer met die Voorbereiding van die pasga besig nie! 

Volgens KKKKoos, moes sy liggaam van die vloekpaal afgehaal word voordat die AANSTAANDE dag met sononder SOU aanbreek. Die aanstaande dag sou nie die weeklikse Sabbat wees nie, want hulle was nog met die voorbereiding van die Pasga – Abib 14 wanneer hulle die pasga geslag het – besig.  Daarom SOU, “daardie Sabbat” van die aanstaande dag, ‘groot’ gewees het, die ‘sabbat’ naamlik, van die pasga.  

Volgens GE, was dit nie die weeklikse Sabbat wat hier ter sprake was nie, juis. Want die dag van daardie aanstaande MAAR PAS AANGEBROKE ‘sabbat’ was inderdaad, die DURENDE, MAAR PROSPEKTIEWE “groot-dag-sabbat(-van-die-pasga)”.

Hulle was NIE MEER met die voorbereiding van die Pasga, besig NIE; die dag van die Kruisiging, Abib 14, het met sononder, verbygegaan. Nou was dit ná sononder, en “aand” (Mk15:42), en “omdat dit reeds die Voorbereiding geword het want die dag van daardie sabbat was groot, het die Jode gevra dat .....”. NOU, was hulle, trouens, besig met “die Voorbereidingsdag WAT DIE VOORSABBAT IS” (eedee opsias ghenomenees epei een paraske-uee ho estien prosabbaton), VRYDAG. 

N.a.v. KKKKoos,   Hy sou dus net voor sononder, voor die Pasga sou aanbreek, in die graf weggelê word, min of meer op presies dieselfde tyd as wat die pasgalam gewoonlik keelaf gesny sou word. Sodoende het Hy dan ons pasgalam geword, wat die Pasga eenmalig vir altyd in vervulling sou laat gaan.

Omdat Hy wel, “net voor sononder .... in die graf weggelê” was, 

wat trouens volgens Lk23:54-56 ‘n onteenseglike feit is,

spreek dit vanself, volgens Jh19:31, dat,  

sinds dit die Voorbereiding was, en

omdat die dag van daardie sabbat groot was”, en

Josef ná hierdie dinge”, Jh19:38, dit wil sê,

eers nadat “die Jode gevra het”, en   

Toe dit lankal al aand geword hét”, Mk15:42,   

eers begín onderneem het om die liggaam te verkry,

om Hom te kón, gáán, begrawe het, dat

Hy dus net voor sononder ... in die graf weggelê (sou) word” — máár, nié,

voor sononder voor die Pasga sou aanbreek” nie,

máár,

voor die Sábbat” ná “die Voorbereiding wat die Voorsabbat is”, en

voor die Sábbat .... volgens die  [Vierde] Gebod”, Lk23:54-56—

min of meer op presies dieselfde tyd as wat die pasgalam gewoonlik keelaf gesny sou word.

Verder was dit nie, "net", "voor sononder" nie, maar presies, "mid-namiddag": wat 3 n.m. was, en drie volle ure oor, voordat die son onder sou gaan en die dag sou geëindig het.

Oor die werklike verklaring volgens Dt21:22-23 dat die liggaam van die een wat aan die paal gehang moes word, “nie die hele NAG aan die paal” gelaat mag word nie, maar “voor dagbreek en sonsopkoms van die paal af” gehaal moes word en “dieselfde dag” daarna nog “begrawe” moes word, het ek reeds geskryf.

N.a.v. KKKKoos, “Die volgende fees wat in vervulling gegaan het, was die fees van die Ongesuurde Brode. Yahshua het gesê dat Hyself die Brood van die Lewe is (Joh. 6:48).As iemand daarvan eet sal hy lewe tot in ewigheid, en dit is sy vlees wat Hy vir die wêreld sal gee (Joh. 6:51). As simbool daarvan het Hy dan ook tydens die instelling van die Avondmaal die brood gebreek en gesê: "Neem, eet, dit is my liggaam." (Mark. 14:22). Paulus het dit beskryf as die ongesuurde brood van reinheid en waarheid (1 Kor. 5:8). 

Ek sou bittergraag alles wou beaam, maar kan ongelukkig nie.

Oor die kronologie sê jy hier nie veel nie, want jy het mos toe jy oor die vorige dag gepraat het.  Maar die Bybel het net soveel, of dalk nog meer oor die kronologiese posisionering van hierdie dag tussen die ander twee dae van “die”, “drie dae”, te sê, as oor die ander.  Daaroor het ek ook al herhaaldelik en uitgebreid geskryf – tot die uiterste frustrasie van party mense in hierdie geselskap; nie ‘n enkel woord onnodig nie, en nie ‘n enkele woord spesifiek tot op hede op weerspreek nie.

So, dit was nie mý baie woorde wat net wind was nie; maar hulle s’n, wat alhoewel min, net so betekenisloos was. Elke woord wat ek geskryf het, dra gewig, omdat bykans nie een, my woorde was nie, maar ek het die Skrif, onvervals, aangetoon, om vir homself te spreek— sou dit nie tot die hart van mense kon wees nie, dan tot hulle verstand; en sou dit nie tot die verstand van mense kon wees nie, tot hulle gewete; en sou dit nie tot hulle gewete kon wees nie, tot maatroede vir die dag van oordeel, want elke mens wat deur die Woord van God gekonfronteer word, sal daaroor verantwoording moet doen, nou, en tot in ewigheid.

In elk geval: my hoeveelheid woorde en geskryf vir die Sewende Dag Sabbat van die HERE jou God, kan NOOIT vergelyk met twee duisend jare en meer se derduisende se vermenigvuldigde woorde en geskrywe vir Sondag-aanbidding nie. My woorde is uiters min, vergeleke met die oseane brak- en soutwater van die teenstanders en haters van die Almagtige en onveranderlik Vader van die ligte van wie elke goeie gawe aan sy Kerk ontvang word.

Want dis waar die probleem met ons moderne godsdiens lê: Die Woord van God die Skrifte is daar vir pyltjiesgooi teikenbord, biersuipopbraaksels van die muur te weer en honendes se vloeke vir die telbord aan te teken; terwyl televisie aan die muur skuins-weg en koerante en boekrakke van vloer tot aan plafon agter, kakafonies die Teenwoord uitbasuin. En hulle reken hulle gaan daarmee wegkom; dis vir my die grootste onnoselheid van die klomp lieplappers, die Skrifgeleerdes en Godshoogleraars van die dag, wat jy nie noodwendig net op die leerstoele van akademiese instansies moet gaan soek nie, maar agter elke bossie kan uitskop; soos dit vandag maar met alles gaan: oorproduksie van elke aanspraak van ‘outentieke’ dinge, en massas namaaksels boonop van elkeen.

Dis ons eeu, waar net ateïste hulleself uitgee as die enigste egte teoloë.

Nou dan, wat ek reeds gesê het oor die kronologiese posisie van die tweede dag van die pasga-fees-tydperk van agt dae, kom grootliks met jou verduidelikings hier en elders ooreen, dat dit die vyftiende dag van die Eerste Maand was, en die eerste dag wat ongesuurde brode geëet was: brood wat van die ongesuurde deeg wat op die vorige dag en “die Voorbereiding-van-die-Pasga”, die veertiende dag van die Eerste Maand, voorberei was sodat dit gedurende die aand daarna, op die ‘Pasga-Sabbat’ van Abib 15, gebak en geëet kon word.  .... Waarmee jy saamstem, KKKKoos, as ek jou reg verstaan.

Maar nou hierin word al klaar geweldige groot verskil gemaak wat die Wet aanbetref, betreffende die ‘Groot-Dag-Pasga-Sabbat’ en “Die-Sewende-Dag-Sabbat-van-die-HERE-jou-God”. Voorbeeld: Op die ‘weeklikse Sabbat’ was vuurmaak taboe; op die ‘Groot-Dag-Pasga-Sabbat’, beveel! Talle meer voorbeelde het ek jou klaar gegee. Die somberheid, en die heiligheid, van die ‘heilige vierdae’ en ‘dae van samekomste’, lê juis in die WERKE wat deur God beveel was om daarop gedoen te word; want hulle almal het grootliks te doen gehad met die godsdienstige pligte van die gelowiges weens hulle sondes; waar die Sewende Dag Sabbat gaan oor die GROOT WERKE van God en Sy Geregtigheid, sodat die mens die Sewende Dag alleen sou kon eerbiedig in “STIL-WEES” en ophou met die werke van sondeskuld en eiegeregtigheid!

Daar behoort daarom NIKS teenstrydig die wil van God te gewees het in die feit dat Josef die liggaam van Jesus, op die pasga-sabbat begrawe het, en móés begrawe het nie, sodat alles presies uitgewerk het soos jy self opmerk, dat Josef die graf toegemaak het dieselfde uur van die dag as wat die pasgalam geslag was; want hy was besig met die pasga-sabbatvoorskrifte volgens die Wet, al van na sononder af die vorige aand van Abib 15.

En nou is ek verplig om jou hierdie eenvoudige vraag te vra: Hoe is dít, moontlik: “Hy sou dus op die presiese tyd van die Pasga die plek moes inneem van die pasgalam”; “Hy sou dus net voor sononder, voor die Pasga sou aanbreek, in die graf weggelê word, min of meer op presies dieselfde tyd as wat die pasgalam gewoonlik keelaf gesny sou word.”?

Slegs, sou ek moes raai: As beide die slag en die toemaak van die graf, in die NAG gebeur het; wat ons altwee, behoort te weet, eenvoudig, nie waar was nie.

N.a.v. KKKKoos,  “.... dit is sy vlees wat Hy vir die wêreld sal gee (Joh. 6:51). As simbool daarvan het Hy dan ook tydens die instelling van die Avondmaal die brood gebreek en gesê: "Neem, eet, dit is my liggaam." (Mark. 14:22). Paulus het dit beskryf as die ongesuurde brood van reinheid en waarheid (1 Kor. 5:8).

Geagte KKKKoos, vir my is bogenoemde baie moeilik om te verstaan. Jy konstateer – tereg – “dit is sy vlees wat Hy vir die wêreld sal gee...”, ‘.... sál, gee’; nog nie, gegee hét nie. ‘As simbool’, waarvan? In jou woorde, KKKKoos: “Hy sou dus op die presiese tyd van die Pasga die plek moes inneem van die pasgalam”.  As simbool” dus: “van die pasgalam”. 

Ja, Jesus was nie die ‘simbool’ of ‘beeld’ of ‘tipe’ nie; maar soos die brood, was die pasgalam, die ‘simbool’ of ‘beeld’ of ‘tipe’ van Jésus. Jesus was die ‘Teenbeeld’ of ‘Antitipe’ – die outentieke – van pasgalam- en brood-tipes, voor, sowel as na, Hom. 

Dis ook nie meer op hierdie stadium van ons gesprek, my moeilikheid dat Christus alreeds hier aan die BEGIN van sy Lydingsweg deur die hellesmarte van die dood héén, in alle opsigte en volkome, reeds die Teenbeeld of Antitipe van die pasgalam was nie; dat Jesus dus toe al, “op die presiese tyd van die Pasga die plek moes inneem van die pasgalam” nie. Die pasgalam was trouens al op die tiende dag van die Eerste Maand afgesonder om op die veertiende dag van die Eerste maand geslag te word. Daarom praat die Kerk en gedenk hy, “Die Laaste Week” of “Lydingsweek”, so gepas.

My moeilikheid met jou verduideliking hierso, KKKKoos, is dat jy van die Avondmaal praat asof dit – letterlik – die pasga-fees-maal was. Wat onmoontlik was, want die pasgalam was nog nie eers geslag nie; hoe kon dit toe al geëet geword het?  Jou eie verklaring hou daarom in, dat jy eintlik gedwing is om te aanvaar Jesus se hellevaart van doodsdeurgang by volle bewussyn en volgens volkome vrye wil, HIER BEGIN, by die aanvang (in die aand en) NAG van die eerste dag van die “drie dae en drie nagte” wat die Seun van die Mens – RETROSPEKTIEF – “in die hart van die aarde” was; dat Hy sy ‘ter-helle-neerdaling’ sou DÉÚRGÁÁN— ‘Pasga’! DÉÚRGÁÁN met die “MAG” wat Hy in Homself gehad het: “ÉK HET MAG OM MY LEWE NEER TE LÊ”. (‘ÉK’—‘ÉK-ÍS HET MAG.’)

En daarom ondervind ek probleme met die volgende tegniese punt, dat jy hierdie dag waarop Jesus die Nagmaal ingestel het, aandui asof “die fees van die Pasga” die eerste fees, en “die fees van die Ongesuurde Brode ... (d)ie volgende fees (was) wat in vervulling gegaan het”. So kom dit voor asof die twee ‘feeste’: “fees van die Pasga”, en, “fees van die Ongesuurde Brode”, op twee dae na mekaar geval het terwyl hulle een en dieselfde fees op een en dieselfde dag en datum uitgemaak het. Jy onderskei nie (duidelik genoeg) tussen:

1)  die dag van en vir die SLAG van die pasga en van en vir die VERWYDERING van suurdeeg op Abib 14, ligdag “tussen die twee nagte” (behn-ha-arbayim) aan die namiddag-EINDE daarvan,  en

2)  die dag van en vir die EET van die pasga en van en vir die EET van ongesuurde brood TEGELYKERTYD op Abib 15 in die aand- of nag-BEGIN daarvan nie.

KKKKoos, laat my toe om jou ‘n BAIE intieme storie (nog ene) te vertel. Ek praat al die tyd asof ek die uitvinder van hierdie dinge is. Maar ek is nie. My wonderskone Boerevrou moeder, NG-Kerkmens in hart en siel (NGK van vroeër jare) het my daarvan vertel ....

Later terug .... DV

N.a.v. KKKKoos:  “.... dit is sy vlees wat Hy vir die wêreld sal gee (Joh. 6:51). As simbool daarvan het Hy dan ook tydens die instelling van die Avondmaal die brood gebreek en gesê: "Neem, eet, dit is my liggaam." (Mark. 14:22)....

Ek het vroeër al, gewys op die Teenswoordige Tyd waarin Jesus hier spreek: Die LEWENDE, Woord, spreek, nie maar net ‘asof’ Hy “Die Brood van die Lewe” moes word nie, maar in harde werklikheid, voor die dissipels se oë en as’tware in hulle ore, “TERWYL hulle EET”, Sélf, “Die Brood van die Lewe” IS, wat Homself laat, eet; wat Sélf, BESIG IS, om Sý, eie, Pasga, te EET. HIER, is waar Jesus sy Woord aan sy dissipels GESTAND HOU: “Ek sal sekerlik, hoegenaamd nié, drink van die vrug van die wynstok alvorens Ek in die Koninkryk van God gepasga het nie— oorgegaan het nie! .... HIERDIE – IS my liggaam wat Ek vir julle gee.” Lk22:19. Christus hét – is bésig om, in die Koninkryk van God, ín, déúr en óór te gaan. Hy bid nie sy Vader, Laat hierdie beker vir my uitgestel word nie; Hy bid, “Laat”— bevestigend, nie ontkennend nie— “HIERDIE beker” van U ewige oordele “verbygaan”, TERWYL EK, ‘pasga’; TERWYL EK, die Beker, drink en ledig! Jesus bid nie, Laat as dit moontlik mag wees vir U, my hierdie beker dalk nie hoef te drink nie. Hy bid sy Vader DAT Hy dit MOET, drink: “Nie volgens My wil nie; maar volgens, Ú, wil!” Hy bid vir pasga, vir ‘verbygaan’, vir drink, vir breek. Want Christus het die Vader se wil, sý wil, gemaak. Hy bid dat Hy HIERDIE OOMBLIK die Beker van sy Lyding: TRIOMFEREND, mag ledig— móét ledig: tot die droesem!

“.... daarvan ....”:  die Brood en die Beker van sy eie Tempel, breek Hy en drink Hy Self dan ook tydens die instelling van die Avondmaal; “en Hy gee vir hulle en sê, Neem, eet, julle, dit is my liggaam.”

N.a.v. KKKKoos,   Die volgende fees was die Beweegoffer van die eerstelinggerf. Ook dit is reeds in Yahshua vervul. Daar bestaan 'n meningsverskil oor die presiese tyd waarop die Beweegoffer gebring moes word. Ons lees in Lev. 23:11 dat dit op die dag ná die Sabbat gehou moes word.

Laat ons ons eers hier weer vergewis van KKKKoos se standpunt / opvatting. KKKKoos is van mening die eerste dag van die pasga was die dag waarop die lam geslag was, Abib 14, in die helder dag nog na sy einde se kant toe.  Eers het dit vir my gelyk asof KKKKoos gepraat het van ‘n nagtelike geoffery, wat ek beantwoord het. Van belang nou, is dat KKKKoos nié hierdie dag, Abib 14, opvat as synde enige ‘sabbat’ nie. Ons aanvaar dieselfde.

KKKKoos is verder die ‘normale’ siening toegedaan, dat die liggaam nog op Abib 14 voor sononder, ook begráwe was omdat die volgende dag wat feitlik al aangebreek het, Abib 15, die groot-dag-sabbat van die pasgafeesdag, was. Op Abib 15 – volgens KKKKoos – was alle werk verbode, sodat die vroue een dag – hierdie ‘sabbat’ – lank moes wag alvorens hulle speserye kon gaan koop en voorberei het, die derde dag nadat Jesus gesterwe het. Aldus:

Dag

1) Woensdag Abib 14 gekruisig en begrawe;

2) Donderdag Abib 15 pasgasabbat en dag 1 van ongesuurde brood;

3) Vrydag Abib 16 speserye; dag 2 v. o.g.b.; en dag 1 van 50;

4) Saterdag Abib 17 Eerste Gerf, Opstanding: 3 v. o.g.b.; 2 van 50.

Dag

1) Abib 14 vat begrafnis weg van Abib 15;

2) Abib 15 gee begrafnis aan Abib 14 af; gee speserye af aan Abib 16;

3) Abib 16 gee Eerste Gerf aan Abib 17 af; skuif verby onwerklike dag na ‘n on-Skriftuurlike tweede “dag na die sabbat”. As “die derde dag” behoort Vrydag, Opstandingsdag en Pinkster te gewees het, en nie Sabbat of Sondag nie.

4) Abib 17 Opstanding gebeur op on-Skriftuurlike vierde dag.

Feit egter wat hieruit blyk, is dat volgens KKKKoos self, TWEE ‘sabbatte’, reeds verbygegaan het VOORDAT – volgens KKKKoos – ‘die EERSTE van die sabbatte’ (Mt28:1b) dan nou sou aanbreek, die nimlike dag waarop Jesus dan nou sou opgestaan het.

Hoe verwerk KKKKoos hierdie dilemma?  Hy sê, Nee, hierdie Abib 17 was volgens Lv23 die eerste van “sewe sabbatte” tot Pinkster toe. Maar hy vergeet, dat in Mt28:1, twee frases bevat word, sodat, volgens KKKKoos se vertolking van die betekenis van die woord ‘sabbat’ se meervoud, daar staan: “Op die sabbatte VOOR die eerste van die sabbatte” wat totale onsinnigheid uitmaak, naamlik, hoegenaam op geen sabbat nie!

Verder verskyn hierdie totale onsinnigheid uit KKKKoos se redenasies:

Die pasga-fees-tydperk het uit agt dae bestaan, die slagdag Abib 14 met daaropvolgend die sewe dae van ongesuurde brood-eet-fees-tydperk, sodat pasga-fees en ongesuurde-brood-fees mekaar aangevul en oorvleuel het. Dan was die eerste en die laaste van die sewe dae van ongesuurde-brood-eet-fees, ‘sabbatte’, sodat Abib 15 en Abib 21, ‘sabbatte’ was, en Abib 15, ‘die eerste van die sabbatte’ (– om nou KKKKoos se terminologie te gebruik). Nou hoe kan twee dae later, ‘die eerste van die sabbatte’ gewees het?

Nou sê Levitikus 23:11b en 15 woord vir woord (insluitend): “Van die dag af”: dit sê nie (insluitend): ‘van die sabbat af’, of (insluitend):  ‘van die eerste van die sabbatte af’ nie. “Die dag” wat nommer een dag op pad na Shavuot (Pinkster) die Vyftigste Dag getel en as sodaning benoem word, is nie self, ‘n ‘sabbat’ gereken of getel of genoem nie. Levitikus sê woord vir woord: “Van die DAG, NÁ, (uitsluitend) die sabbat af”. Weereens, “Die dag” wat nommer een dag op pad na Shavuot (Pinkster) die Vyftigste Dag getel en as sodaning benoem word, is nie self, ‘n ‘sabbat’ gereken of getel of genoem nie.

Trouens die verwysing hier in Lv23 is onontkombaar en direk TERUG na die dag TEVORE en ‘sabbat’ van Abib 15!  Die bedoeling is NIE, híérdie dag, waarop en waarmee begin tel word, was ‘n ‘sabbat’ nie.

Vanuit elke moontlike hoek getoets, faal die ‘op-die-eerste-van-die-sabbatte’ interpretasie van Mt28:1b. En word dit onomwonde bewys, 1) die woorde ‘sewe sabbatte’ in Lv23:15b-16a beteken eenvoudig 7x7 dae; en 2) die woorde van Mt28:1b beteken eenvoudig “Eerste (dag) van die week”.

Nou is daar twee interpretasies: Is dit die dag ná die weeklikse Sabbat, of is dit die dag ná die eerste dag van Ongesuurde Brode, wat ook as 'n heilige vierdag (Sabbat) deurgebring moes word? (Vergelyk Lev. 23:7). Deur egter te kyk wanneer Yahshua dit in vervulling laat gaan het, behoort die probleem op te klaar: