Begin en Einde van Laaste Lyding
Ons vraagstuk doen homself op tweërlei
wyse aan ons voor as die vraag na die betekenis van Mt12:40 en die “drie dae en
drie nagte” waarin “die Seun van die Mens in die hart van die aarde”, was.
Ons Geloofsbelydenis
verduidelik “in die hart van die aarde”,
as dat Jesus “ter helle neergedaal”
het:
“Ek glo in God, die
Almagtige, Vader, Skepper van hemel en aarde,
en in Jesus
Christus sy eniggebore Seun, ons Here,
van die
Heilige Gees ontvang en uit die maagd Maria gebore, wat onder Pontius Pilatus gely het en gekruisig was, gesterf het en
begrawe is, wat neergedaal het na die hel, en op die derde dag volgens die Skrifte opgestaan het uit die dode, wat
opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van die krag van God.”
Die volgorde
van Jesus se ‘neerdaling’ déúr die
lyding héén van sterwens-pyn en
doods-smarte, van sterwe, en van die dood sélf, is nie kronologies in die Belydenis nie, maar volgens intensiwiteit. ‘Ter helle neergedaal’ som op wat Christus se lyding in totaliteit beteken het -- “... gely
... gekruisig... gesterf ... ... neergedaal, en op die derde dag volgens die Skrifte opgestaan, uit die dode ...”. Wanneer Jesus sy laaste lyding vir die versoening van sondes íngaan – ‘ter helle neerdáál’, sterwe,
begrawe word, en weer opstaan –, sal alles afhang van wat dit is wat sy
‘neerdaling ter helle’ gaan betéken,
en waarmee dit ingelui sal wees.
Eerstens wat dit gaan beteken.
“Wat neergedaal het na die hel”, en dan,
“en ... opgestaan het uit die dode”, staan alles-verduidelikend náás én
teenóór mekaar as uiterste
teenoorgesteldes. Daarmee, plaas die Belydenis “ter helle neergedaal” nie
soseer ná “gely ... gekruisig ... gesterf”
nie, maar juis vóór, “en op die derde dag volgens die Skrifte opgestaan uit die dode”.
“Ter helle
neergedaal” word ná “gely ...
gekruisig ... gesterf” geplaas, om dit te skei van dié dinge wat Christus direk onder Pontius Pilatus, “gely het”.
Pilatus kon Jesus “oorlewer om gekruisig en gedood te
word”; maar dit was nie hý, wat Gód, daartoe gebring het om só
lief te hê “dat Hy sy Eniggebore Seun gegee het”, om vir die sonde te sterwe en aldus die smarte
van die helse dood te deurgaan nie. Nee, dít, was God se eie, en genade-daad én wilsbesluit.
Daarom sê die Belydenis nié, “... gely ... gekruisig ... neergedaal ...
gesterf ...” nie, maar, “... gely ... gekruisig ... gesterf ... neergedaal
...”, om “neergedaal”, van
‘Pilatus’, wég te kry. Want God in
Christus, het alreeds van ewigheid
af, sy eie verheerliking-deur-neerdaling-ter-helle, gewil, sowel as begin en
onderneem. Ten laaste is dit Gód wat hier en laastens handel, en seëvier, en
nie die begeertes en swakhede van die mens (in Pontius Pilatus verteenwoordig)
nie. Dit dan oor die volgorde in die
bewoording van ons Belydenis.
Ons het inleidend gesê: Ons
vraagstuk doen homself op tweërlei wyse aan ons voor as die vraag na die
betekenis van ons Geloofsbelydenis dat Jesus “ter helle neergedaal” het, en die betekenis van Mt12:40 en die “drie dae
en drie nagte” waarin “die Seun van die Mens in die hart van die aarde”
was. Wanneer Jesus sy laaste lyding dan sou íngaan, om ‘ter helle neer te daal’, te sterwe, begrawe te word, en
weer op te staan, sal alles afhang van wát
dit is, wat sy ‘neerdaling ter helle’ gaan inlui.
Mense het met twee ‘oplossings’ vir die oënskynlike
‘probleem’ van wat die ‘drie dae’ van ‘ter helle neerdaling’ sou beteken, vorendag gekom. Volgens
my kennis is die ene, ’n splinternuwe fenomeen, en weereens sover ek weet,
heeltemal onbekend in die Christelike lering tot omtrent die begin van die
twintigste eeu. Hierdie nuutjie wil dan hê dat die periode wat Jesus in die graf gelê het die periode
van sy ‘neerdaling ter helle’ was, en dat die periode wat Hy in die graf was,
die periode uitgemaak het waarna die Skrifte as die “drie dae en drie nagte in
die hart van die aarde” verwys. Met ander woorde, “Die drie dae en drie nagte”
van Mt12:40 begin die oomblik wat Josef die graf toegemaak het, en eindig
die oomblik toe die engel die graf weer oopgemaak het. Of so sê hierdie mense
wat vir hulle drogrede op lasterlike wyse van 1Pt3:18-22 misbruik maak. Ons gaan
nie nou daarop antwoord nie, behalwe om daarop te wys dat dit sou beteken het
dat Jesus nie regtig gesterwe het nie. Tyd vir of nodigheid aan arbitrêre wanvoorstellings
wat die aandag nie werd is nie, het ons nie.
Die ander opvatting is die oue – die een wat “die Een
Algemene Christelike Kerk” (volgens die Belydenis) nog altyd geglo en bely het,
maar wat vir baie van ons vreemd op die ore geword het. Hierdie Evangelies regte
en ware verstaan van Jesus se ‘neerdaling ter helle’ en opstanding “volgens die
Skrifte op die derde dag” van die “drie dae en drie nagte”, is dan eenvoudig
wat ons as Christene gewoonweg en sonder bevraagtekening, nog altyd gegló, het: “... neergedaal het na die hel, gesterf het en begrawe is en op die derde
dag volgens die Skrifte opgestaan het uit die dode ...”.
So ver dit verskille tussen die twee verklarings van die ‘drie
dae en drie nagte’ en ‘ter helle neergedaal’ aanbetref, is die eerste en opvallendste
verskil dat die nuutjie die ‘neerdaling ter helle’ in beginsel laaste plaas,
naamlik, ná Christus se kruisiging, sterwe en begrafnis; terwyl die aanvaarde
ou opvatting volgens ons Belydenis, die ‘neerdaling ter helle’ in beginsel éérste
plaas, naamlik, vóór Christus se begrafnis. Jesus se ‘neerdaling na die hel’ en die ewige dood – sy ondervinding van ‘in die hart van die aarde’ te gewees het
–, word deur sy ganse laaste, en léwende,
ten volle bewúste, willende en gehoorsame lydingserváring,
uitgemaak: van vóór sy kruis, áán sy kruis; en van ín sy sterwe, déúr sy
sterwe— van vóór sy dood, tot áán sy dood en ín sy dood.
Dit laat onmiddellik die vraag opkom: Hoe is dit moontlik dat Jesus
neergedaal het na die hel terwyl Hy nog nie gesterf het nie? En ek wil
antwoord: Omdat ons al te gou gewoond geraak het aan die verskuilde onheil
bevat in die nuwe opvatting; en lankal te lui geword het om vir onsself die
waaragtige aan die hand van die Skrifte te gaan herbevestig. Plaas dat ons die
moeite doen om behoorlike brood by die bakker te gaan koop, koop ons sommer so
deur die kar se venster die halfgebakte en onsuiwer brousels van
straatverkopers. En ons spysverteringstelsel moet dit ontgeld. Hoe anders met
geestelike dinge?
Hierdie basiese verskil ten opsigte van die ‘neerdaling
ter helle’ – wáár ons dit plaas, vóór, of ná, Jesus se dood – laat die tweede
vraag ontstaan: Wat is die verwantskap dan tussen Jesus se dood en sy
neerdaling ter helle? En my antwoord vir u oorweging sal die volgende
wees:-
Wat is die verskil tussen Jesus se doodslydende sterwe,
en sy dood as sodanig? Want dit maak die verskil:- Waarmee ons Jesus se
‘neerdaling ter helle’ gaan identifiseer; sy ‘in die hart van die aarde’ gewees
het, gaan verklaar! Sê ons Jesus se dood as sodanig is sy ‘neerdaling ter
helle’ of het Jesus se ‘neerdaling ter helle’ ook sy uiteindelike dood as
sodanig, voorsien en ingehou? Sê ons Jesus se ondergáán of erváring, of smáák,
van die dood déúr lyding en déúr lydende sterwe en doodgemaak wórd – een en dieselfde
–, wás sy ‘neerdaling ter helle’? “Die beker wat Ek drink”, en
“die Pasga vir My berei om te eet” – híérdie
dinge, sal aanstonds Jesus se ‘neerdaal na die hel’ wees, sy ‘neerdaal na die
hel’; wás na alles, sy Ingaan in die Koninkryk van my Vader : die domein van
veldslag én, van Oorwinning. Sodat, waar Jesus uiteindelik die fisiese en
serebrale dood “drie uur namiddag” (Mk15:34) íngaan, Hy úít sy Godsalmagtige
‘lýding’ van die helse tweede dood úít, ín die onbewuste, onbegryplik
Godsonmoontlike dood in óórgaan – wat steeds ‘die tweede dood’ en doodstraf vir
die sonde blý, totdat Hy die “smarte van die dood ontbind” en verdienstelik
deur opstanding uit die dood, die Groot Oorwinnaar uit die Stryd, en, Here van
die Sabbat, tree!
Daarom was die een groot versoeking vir Jesus in hierdie
sy lydingsdeurgang van helse ewige dood en Godverlatenheid én van Godsbesoeking,
die sataniese begeestering na beneweldheid: om nie déúr sy lyding, in
gehoorsaamheid die verheerliking van die Vader by volle bewussyn vóórop te blý
stel nie (soos die heidense afgodshelde in ’n trans te raak), juis daar waar Hy
God se heerlikheid en werke ononderskeibaar in vervolmaking in Homself moes
verenig en volbring.
Waar het die
Here Jesus se ‘benouing tot die dood’
begin?
Sodra ons vir die doelbewuste en gewillige onderganing van helse smarte van Christus besluit het (en
téén die mening dat Jesus se neerdaling ter helle onwillekeurig met die oomblik van sy sterwe aanvang geneem het),
kan ons vra: Wat, lui Jesus se
‘neerdaling ter helle’ dan nou in; waarmee begin Sy ondervinding van die
smarte, pyniging en lyding van helse afmetings? Of: Hoe sterf Christus ‘die tweede dood’ en waarso, begin Hy, om
‘die tweede dood’ te sterwe? Wat lui
Jesus se ‘ter helle-neerdaling’ ín?
So gaan ons menslike begrip aan met tekortskiet, en word ons
dringend gedwing en dwingend gedring om te vra na die Woord: Wat sê die
Skrifte?! Ons honger en dors na die Woord van God vir ’n antwoord: Waarmee die Skrifte, Jesus se ‘neerdaling ter helle’ laat begin? Begin die Skrifte Jesus se ‘neerdaling
ter helle’ met sy begrafnis? of eindig
die Skrifte Jesus se neerdaling ter helle met sy begrafnis? As dit dan nie met
Jesus se begrafnis is dat sy ‘neerdaling ter helle’ aanvang neem nie, waarmee en wanneer dan,
neem die ‘drie dae en drie nagte volgens
die Skrifte’, hul aanvang? En waarmee en wanneer hou die ‘drie dae en drie nagte volgens die Skrifte’,
dan ook op, as dit nie met Jesus se begrafnis opgehou het nie? Want is die
volle ‘drie dae en drie nagte’ nie van een en dieselfde duur as Christus se
‘neerdaling ter helle’ nie?
Hosea 6:1-2, “Die Here het verskeur; en
sal ons genees. Hy het geslaan en sal ons verbind. Hy sal ons ná twee dae
lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan
lewe.” Christene van
fundamentele geloofsoortuiging aanvaar dat hierdie belofte en teken op Christus
slaan. ‘Ons’, is in Hóm, en Hy is die Een in Wie ons, ‘opstaan’. Hy is die Een
vir ons, ‘geslaan’, en ‘verskeur’. Hy het vir ons, gesterwe. Hý was opgewek, en
ons in Hom, het ‘in sy heerlikheid ingegaan’, sodat ons – in Hom – ‘voor sy
aangesig kan lewe’. Hierdie Skriftuur praat van Jesus, en mens kan vas aanneem
dat Jesus Hosea 6:1-2 uiteindelik ingesluit het toe Hy, “beginnende
by Moses”, aan die dissipels op pad na Emmaus “uit al die Skrifte die dinge aangaande Homself, uitgelê het”.
“Moes die Christus nie hierdie dinge ly
en in sy heerlikheid ingaan nie?” Lk24:26. “Ly”, en “ingaan in sy
heerlikheid”, dui die beginpunt en die eindpunt van beide die ‘ter helle
neerdaling’ en die “drie dae en drie nagte” aan. “Die
Here het verskeur ... Hy het geslaan” dui die beginpunt aan; “Die Here sal genees ... sal verbind”, dui die eindpunt aan. Die
Skrifte is in volle ooreenstemming. Christus se ingaan in sy lyding van die dood is die begin van die ‘drie dae
en drie nagte’; en sy ingaan in sy heerlikheid deur opstanding uit die dood, is die einde van die ‘drie
dae en drie nagte’. Nie sy begrafnis
nie, maar Jesus se dood, is die bepalende middelpunt van sy ‘neerdaling na die
hel’ of ‘hart van die aarde’, sowel as van die duur van die ‘drie dae en drie
nagte’.
“Hom het God opgewek nadat Hy die smarte,
van die dood, ontbind het. … Hierdie
Jesus het God opgewek. … Weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie
Jesus wat julle, gekruisig het.”
Hd2:24. Duidelik van vóór “die dood”, want nog vóór “die dood”, triomfeer die
Christus in “die smarte
van die dood”! So
duidelik van vóór “die dood”, as tot ná “die dood”,
want juis ná “die dood”, en ná “die
smarte van die dood”, “het God hierdie Jesus, opgewek”!
“Gekruisig”, en, “opgewek”, wys die hoof- en begin- en
eind-momente van Christus se neerdaling na die hel uit, asook die hoof- en
begin- en eind-momente van sy ‘drie dae en drie nagte in die hart van die
aarde’. Hierdie twee dinge wys die
eerste van die ‘drie dae’ ‘volgens die Skrifte’, en “die
derde dag volgens die Skrifte” uit. “Op
die derde dag volgens die Skrifte” het Jesus uit die dood, maar meer
nog, uit die lyding en smarte van die dood, uit opgestaan.
Op die eerste dag volgens die Skrifte het Jesus in die
dood begin neerdaal en het Hy kláár deur doods-sterwe in die dood in, néér, gedaal;
maak Hy kláár, met ‘helleváárt’.
Daarom kom geen ander dag of dae as die tweede dag, nog
by tussen die eerste en die derde dag, nie; ook geen ander dag of dae vóór, óf,
ná, die eerste en “die derde dag” van die “drie dae” van “drie dae en drie
nagte” nie. Ter laagste het Christus al
op die eerste dag van die drie dae ter helle neergedaal. Ter laagste het Hy ter
helle op elk van die drie dae waarvan die Skrifte praat, in die dood geblý en
die hel deurgegaan: “Die derde dag maak Ek
klaar”; “in drie dae sal Ek die
tempel weer oprig”. “Hom het God opgewek nadat,
Hy die smarte van die dood ontbind het.”
Ter helle het Hy neergedaal vandat die bande van die dood
Hom begin omgewe het: “Jona was drie dae en drie nagte in die ingewande van die vis. En Jona het
tot die Here sy God gebid uit die ingewande van die vis, en gesê: Uit my
benoudheid het ek U aangeroep … uit die binneste van die doderyk (KJV,
“hell”) het ek geroep om hulp – U het my stem gehoor. U tog het
my in die diepte gewerp, in die hart van die see, sodat ’n stroom my omring
het; al u bare en u golwe het oor my heengegaan. Toe, het ek gesê: Ek is
weggestoot, weg van u oë; tog sal ek weer u heilige tempel aanskou. Waters het
my omring tot aan my siel toe. Die vloed was rondom my; seegras was om my hoof
gedraai. Ek het afgedaal tot by die grondslae van die berge, die grendels van
die aarde het my vir ewig ingesluit. Maar U het my lewe uit die kuil uit
opgetrek, HERE my God! Toe my siel in my versmag het, het ek aan die Here
gedink, en my gebed het tot by U gekom in u heilige tempel.”
Waar word eenmaal na Jesus se vertoef in die graf verwys as sy ingaan in of as die
ingang tot sy helle-leiding en helle-benouing? Of dan as die aanvang en duur
van die ‘drie dae en drie nagte’? Nie eenmaal waarookal nie! Nee, heeltyd in sy
‘hellevaart’ is Jona by sy volle bewussyn, nugter en skerpsinniger – en gehoorsamer – as voor of nadat hy in
die vis was! Net so ondervind Jesus sy ‘hellevaart’ – sy ‘in die hart van die
aarde vertoef’ – bewustelik, lewendig, en terwyl Hy nog nie ‘dood’ was nie,
deur en in volkome gehóórsaamheid. Christus het die dood, ‘gesterwe’ –oomblik vir oomblik alle ewigheid, “in drie dae”, in “drie dae en drie nagte in
die hart van die aarde”!
Eintlik was Christus se menswording alreeds die begin van sy smaak van die ewige dood van
sondestraf; en sy hele lewe van
lyding en smarte. Hy was ‘’n Man van Smarte bekend
met krankheid’ – óns krankheid van siel. Sy héle, léwe. Die begin en eindpunte
van Jesus se doodsondervindende neerdaling ter helle begin hier: “Vernietig hierdie tempel.”
Jh2:19. Die ‘tempel’, is nie die graf nie, en nie die graf word in ‘drie dae en
drie nagte’ vernietig en weer herbou nie, maar die Lewe van Christus. Die graf is “nuut”, en “geen dode was nog daarin
nie”. Daarom, nie Jesus se toesluiting in die graf maak Hom “Here en Christus”
nie, maar sy doodservarende neerdaling ter helle en uit “volbragte”
Oorwinningswederopstanding “uit
die dode”!
“Julle het gekruisig … God het opgewek”
merk die ‘drie dae en drie nagte’ aan hulle begin en aan hulle einde af.
“Die Seun van die Mens word in die
hande van mense oorgelewer,
en hulle sal Hom doodmaak; en nadat Hy doodgemaak
was, sal Hy die derde dag weer opstaan.”
Mk9:31.
“... gely ... gekruisig ... gesterf
... neergedaal ... en op die derde
dag volgens die Skrifte opgestaan
uit die dode ...”. Ons belydenis
verskaf ons met die duidelikste definisie van wat ‘neergedaal ter helle’, beteken: Dit beteken: “gely ... gekruisig ...”,
vóórdat Hy “... gesterf” het, én, dát Hy, “gesterf
hét”, vóórdat Hy dóód was in sy
dood! “Het gely” en “was gekruisig”,
is, “het neergedaal”! Daarín dat
Christus gesterwe het, het Hy “ter helle
neergedaal”, en daarín dat Hy weer opgestaan het, het Hy sy neerdaling na
die hel van ewige dood, oorkom en beëindig .... “op Die Dag van die Here!” “Die
Here is Krygsheld, HERE is sy Naam!” Ex15:3.
O die lasterlike hovaardigheid van hulle wat hierdie Here
– “hierdie Jesus wat julle gekruisig het” – juis in die behaling, voltrekking
en vervolmaking van sy Godheid en Heerskap, die Here Jesus Christus sy Godheid
en Heerskap ontsê en ontken dat Hy as God Oorwinnaar in stryd deur neerdaling
ter helle gestaan het. (Altwee: die Sewende-dag Adventiste, én die ‘Church of
God’ ketter-kultusse.)
Ons Belydenis verskaf ons met die duidelikste definisie
van wat die ‘drie dae en drie nagte in
die hart van die aarde’, beteken: Dit beteken: Dat die Christus “in drie dae”, “al hierdie dinge moes ly”, en dat Hy “op die derde dag volgens die Skrifte, opgestaan het uit die dode”. Ons belydenis meld: “Gely ... gekruisig ... gesterf”. “Gely ... gekruisig ... gesterf ... op die derde dag opgestaan”, sodat Christus ‘drie dae / gedurende drie dae
/ vir drie dae’, ‘ter helle
neergedaald’, was. “Het gely” en “was gekruisig” en “het
gesterwe” maak uit: “Drie dae” van
“drie dae en drie
nagte”, van “in die hart van die aarde” te gewees
het!
Daarín dat Christus gesterwe hét – nie ‘maar net’ dat Hy
dood was nie –, het Hy “ter helle
neergedaal”; daarín dat Christus gestérwe het – nie ‘maar net’ dat Hy
begrawe was nie –, het Hy “ter helle
neergedaal”; en daarin dat Hy weer
opgestaan het, het Hy sy neerdaling na die hel van ewige dood, déúr, én,
úítgegaan; het Hy die ‘drie dae’ van ‘ter helle neerdaling’, oorkom, beëindig
en oorwin. ‘Drie dae en drie nagte’ van, ‘neergedaal na die hel’, en God het
vir die sondes van baie, versoening bewerk en volmaak, eens vir altyd, in Christus
en deur Christus, ons Here.
(Laat ons nogtans nie Jesus se begrafnis vergeet nie,
want God het dit ingesluit in sy reëling van die volheid van die tyd, net soos
elke ander aspek van die dinge waarmee ons tans te make het. Maar die begrafnis
bevind hom in ’n eie ‘katagorie’ wat sowel vernedering as verhoging inhou, want
dit lê tussen aan die linker kant die lyding, sterwe en dood van Jesus, en aan
die regterkant die opstanding, verhoging en verheerliking van die Christus en
Here van God en van ons Belydenis.)
Noudat ons verstaan wat ‘drie dae en drie nagte’ sowel as
‘neerdaling na die hel’ omvattend
beteken, kan ons gaan vra na die nadere
aanduidings van die begin van Jesus se versoenende en regverdigende lyding,
sterwe, en dood. Want hier, gaan Christus
die ewige dood van sondestraf vir ewig en geheel die vervolmakende en lááste keer, ín!
(“Die derde dag maak Ek klaar!” Lk13:32.
Die KJV het, “I, shall be perfected.”)
Waar is
‘hier’? Waar Josef die graf toemaak? Nee! Waar
die verhoging van God in die neerdaling van sy Christus, begin!
Waar? Waar die eerste van die “drie dae volgens die Skrifte”, begin! Waar was
dit? “Op die eerste dag
wanneer die Pasga geslag moet word ... toe dit aand geword het”
Mk14:12,17, Mt26:17,20, Lk22:7,14, “Aan tafel / gedurende die maaltyd ... omdat Hy
wis dat sy uur gekom het ...
omdat Hy wis dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God
uitgegaan het en na God heengaan. ... Toe Hy buite was, sê Jesus: Nou, is die Seun van die Mens
verheerlik, en is God, in Hom, verheerlik!”
Jh13:2,1,3,31-32. “Hy het met sy dissipels óór die spruit Kedron** gegaan.” Jh18:1. “En toe Hy in sware
stryd gekom het, het Hy met groot inspanning gebid.”
Lk22:44. “My siel
is diep bedroef tot die dood toe.”
Mt26:37. “Nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil!” Mk14:36. “Die
Seun van die Mens word in die hande van mense oorgelewer, en hulle sal Hom doodmaak; en nadat Hy doodgemaak was, sal Hy die derde dag weer opstaan.”
Mk9:31.
Nie die tydperk óf toestand waarin Jesus se liggaam in
die graf gelê het nie, maar die tydperk en toestand en ervaring waarbinne en waardeur Hy bewustelik én onbewustelik sy
lewe afgelê het én dood was én begrawe was, totdat Hy weer sy lewe, ópgeneem
het, vervul beide die ‘drie dae en drie nagte’ en ‘neergedaal-na-die-hel’ – sowel
na tyd as na betekenis.
** “die spruit Kedron”. ‘Kedron’ beteken ‘Donkerspruit’.
Hierdie spruit was die afvoer-water vir die tempel se onreinhede, sien 2Kron29:16.
Hierdie dag neem Jesus alle sondebesoedeling op Homself, om dit eens vir altyd
in die tempel van sy eie liggaam, “uit en weg te dra” (KJV ‘carry abroad’).
Begin en Einde van Laaste Lyding
Ons vraagstuk doen homself op
tweërlei wyse aan ons voor as die vraag na die betekenis van Mt12:40 en die “drie dae en drie nagte” waarin “die Seun van die Mens in die hart van die aarde”, was.
Ons Geloofsbelydenis verduidelik “in
die hart van die aarde”, as dat Jesus “ter
helle neergedaal” het:
“Ek glo in God, die Almagtige, Vader, Skepper van
hemel en aarde, en in Jesus Christus sy eniggebore Seun, ons Here, van die
Heilige Gees ontvang en uit die maagd Maria gebore, wat onder Pontius Pilatus gely het en gekruisig was, gesterf het en
begrawe is, wat neergedaal het na die hel, en op die derde dag volgens die Skrifte opgestaan het uit die dode, wat
opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van die krag van God.”
Die volgorde
van Jesus se ‘neerdaling’ déúr die
lyding héén van sterwens-pyn en
doods-smarte, van sterwe, en van die dood sélf, is nie kronologies in die Belydenis nie, maar volgens intensiwiteit. ‘Ter helle neergedaal’ som op wat Christus se lyding in totaliteit beteken het -- “... gely ... gekruisig... gesterf ...
... neergedaal, en op die derde dag
volgens die Skrifte opgestaan, uit
die dode ...”. Wanneer Jesus sy laaste lyding vir die versoening
van sondes íngaan – ‘ter helle
neerdáál’, sterwe, begrawe word, en weer opstaan –, sal alles afhang van wat
dit is wat sy ‘neerdaling ter helle’ gaan betéken,
en waarmee dit ingelui sal
wees.
Eerstens wat dit gaan beteken.
“Wat neergedaal
het na die hel”, en dan, “en ... opgestaan
het uit die dode”, staan alles-verduidelikend náás én teenóór mekaar as uiterste teenoorgesteldes. Daarmee,
plaas die Belydenis “ter helle neergedaal” nie soseer ná “gely ... gekruisig
... gesterf” nie, maar juis vóór,
“en op die derde dag volgens die Skrifte opgestaan
uit die dode”.
“Ter helle neergedaal” word ná “gely ...
gekruisig ... gesterf” geplaas, om dit te skei
van dié dinge wat Christus direk onder Pontius
Pilatus, “gely het”. Pilatus kon Jesus “oorlewer om gekruisig en gedood te
word”; maar dit was nie hý, wat Gód, daartoe gebring het om só lief te hê “dat
Hy sy Eniggebore Seun gegee het”, om
vir die sonde te sterwe en aldus die smarte van die helse dood te deurgaan nie.
Nee, dít, was God se eie, en
genade-daad én wilsbesluit. Daarom
sê die Belydenis nié, “... gely ...
gekruisig ... neergedaal ... gesterf ...” nie, maar, “... gely ... gekruisig ... gesterf ... neergedaal ...”, om
“neergedaal”, van ‘Pilatus’, wég te kry. Want God in Christus, het alreeds van
ewigheid af, sy eie verheerliking-deur-neerdaling-ter-helle, gewil, sowel
as begin en onderneem. Ten laaste is dit Gód wat hier en laastens handel, en
seëvier, en nie die begeertes en swakhede van die mens (in Pontius Pilatus
verteenwoordig) nie. Dit dan oor die volgorde
in die bewoording van ons Belydenis.
Ons het inleidend gesê: Ons vraagstuk doen homself op tweërlei wyse aan ons voor as die vraag na
die betekenis van ons Geloofsbelydenis dat Jesus “ter helle neergedaal”
het, en die betekenis van Mt12:40 en die “drie dae en drie nagte” waarin “die Seun van die Mens in die
hart van die aarde” was. Wanneer Jesus sy laaste lyding dan sou íngaan, om ‘ter helle neer te daal’, te
sterwe, begrawe te word, en weer op te staan, sal alles afhang van wát dit is, wat sy ‘neerdaling ter
helle’ gaan inlui.
Mense het met twee ‘oplossings’ vir die
oënskynlike ‘probleem’ van wat die ‘drie dae’ van ‘ter helle neerdaling’ sou beteken, vorendag gekom. Volgens
my kennis is die ene, ’n splinternuwe fenomeen, en weereens sover ek weet,
heeltemal onbekend in die Christelike dogma tot omtrent die begin van die
twintigste eeu. Hierdie nuutjie wil dan hê dat die periode wat Jesus in die graf gelê het die periode
van sy ‘neerdaling ter helle’ was, en dat die periode wat Hy in die graf was,
die periode uitgemaak het waarna die Skrifte as die “drie dae en drie nagte in
die hart van die aarde” verwys. Met ander woorde, “Die drie dae en drie nagte”
van Mt12:40 begin die oomblik wat Josef die graf toegemaak het, en eindig die
oomblik toe die engel die graf weer oopgemaak het. Of so sê hierdie mense wat vir hulle drogrede op lasterlike
wyse van 1Pt3:18-22 misbruik maak. Ons gaan nie nou daarop antwoord nie,
behalwe om daarop te wys dat dit sou beteken het dat Jesus nie regtig gesterwe
het nie. Tyd vir of nodigheid aan arbitrêre wanvoorstellings wat die aandag nie
werd is nie, het ons nie.
Die ander opvatting is die oue – die een wat “die
Een Algemene Christelike Kerk” (volgens die Belydenis) nog altyd geglo en bely
het, maar wat vir baie van ons vreemd op die ore geword het. Hierdie Evangelies
regte en ware verstaan van Jesus se ‘neerdaling ter helle’ en opstanding
“volgens die Skrifte op die derde dag” van die “drie dae en drie nagte”, is dan
eenvoudig wat ons as Christene gewoonweg en sonder bevraagtekening, nog altyd gegló, het: “... neergedaal het na die
hel, gesterf het en begrawe is en op die derde dag volgens die Skrifte
opgestaan het uit die dode ...”.
So ver dit verskille tussen die twee verklarings
van die ‘drie dae en drie nagte’ en ‘ter helle neergedaal’ aanbetref, is die
eerste en opvallendste verskil dat die nuutjie die ‘neerdaling ter helle’ in
beginsel laaste plaas, naamlik, ná Christus se kruisiging, sterwe en begrafnis;
terwyl die aanvaarde ou opvatting volgens ons Belydenis, die ‘neerdaling ter
helle’ in beginsel éérste plaas, naamlik, vóór Christus se begrafnis. Jesus se
‘neerdaling na die hel’ en die ewige dood – sy ondervinding van ‘in die hart
van die aarde’ te gewees het –, word deur sy ganse laaste, en léwende, ten volle bewúste, lydingserváring, uitgemaak: van vóór sy kruis, áán sy kruis; en van
ín sy sterwe, déúr sy sterwe, van vóór sy dood, tot áán sy dood en ín sy dood.
Dit laat onmiddellik die vraag opkom: Hoe is dit moontlik dat Jesus
neergedaal het na die hel terwyl Hy nog nie gesterf het nie? En ek wil
antwoord: Omdat ons al te gou gewoond geraak het aan die verskuilde onheil
bevat in die nuwe opvatting; en lankal te lui geword het om vir onsself die
waaragtige aan die hand van die Skrifte te gaan herbevestig. Plaas dat ons die
moeite doen om behoorlike brood by die bakker te gaan koop, koop ons sommer so
deur die kar se venster die halfgebakte en onsuiwer brousels van
straatverkopers. En ons spysverteringstelsel moet dit ontgeld. Hoe anders met
geestelike dinge?
Hierdie basiese verskil ten opsigte van die
‘neerdaling ter helle’ – wáár ons dit plaas, vóór, of ná, Jesus se dood – laat
die tweede vraag ontstaan: Wat is die verwantskap dan tussen Jesus se dood en
sy neerdaling ter helle? En my antwoord vir u oorweging sal die volgende
wees:-
Wat is die verskil tussen Jesus se doodslydende
sterwe, en sy dood as sodanig? Want dit maak die verskil:- Waarmee ons Jesus se
‘neerdaling ter helle’ gaan identifiseer; sy ‘in die hart van die aarde’ gewees
het, gaan verklaar! Sê ons Jesus se dood as sodanig is sy ‘neerdaling ter
helle’ of het Jesus se ‘neerdaling ter helle’ ook sy uiteindelike dood as
sodanig, voorsien en ingehou? Sê ons Jesus se ondergáán of erváring, of smáák,
van die dood déúr lyding en déúr lydende sterwe en doodgemaak wórd – een en
dieselfde –, wás sy ‘neerdaling ter helle’? “Die beker wat Ek drink”, en “die
Pasga vir My berei om te eet” – híérdie dinge, sal aanstonds Jesus se ‘neerdaal
na die hel’ wees; wás na alles, sy ‘neerdaal na die hel’. Sodat, waar Jesus
uiteindelik die fisiese en serebrale dood “drie uur namiddag” (Mk15:34) íngaan,
Hy úít sy Godsalmagtige ‘lýding’ van die helse tweede dood úít, ín die
onbewuste, onbegryplik Godsonmoontlike dood in óórgaan – wat steeds ‘die tweede
dood’ en doodstraf vir die sonde blý, totdat Hy die “smarte van die dood
ontbind” en verdienstelik deur opstanding uit die dood, die Groot Oorwinnaar
uit die Stryd, tree!
Daarom was die een groot versoeking vir Jesus in
hierdie sy lydingsdeurgang van helse ewige dood en Godverlatenheid én van
Godsbesoeking, die sataniese begeestering na beneweldheid: om nie déúr sy
lyding, in gehoorsaamheid die verheerliking van die Vader by volle bewussyn
vóórop te blý stel nie; om soos die heidense afgodshelde in ’n trans te raak
juis daar waar Hy God se heerlikheid en werke ononderskeibaar in vervolmaking
in Homself moes verenig en volbring.
Waar
het die Here Jesus se ‘benouing tot die dood’ begin? Sodra ons vir
die doelbewuste en gewillige onderganing
van helse smarte van Christus besluit het (en téén die mening dat Jesus se
neerdaling ter helle onwillekeurig
met die oomblik van sy sterwe aanvang geneem het), kan ons vra: Wat lui Jesus
se ‘neerdaling ter helle’ dan nou in; waarmee begin Sy ondervinding van die
smarte, pyniging en lyding van helse afmetings? Of hoe sterf Christus ‘die
tweede dood’ en waarso begin Hy om ‘die tweede dood’ te sterwe? Wat lui Jesus se ‘ter helle-neerdaling’ ín?
So gaan ons menslike begrip aan met tekortskiet,
en word ons dringend gedwing en dwingend gedring om te vra na die Woord: Wat sê
die Skrifte?! Ons honger en dors na die Woord van God vir ’n antwoord: Waarmee
die Skrifte Jesus se ‘neerdaling ter helle’ laat begin? Begin die Skrifte Jesus se ‘neerdaling ter helle’ met sy begrafnis?
of eindig die Skrifte Jesus se
neerdaling ter helle met sy begrafnis? As dit dan nie met Jesus se begrafnis is dat sy ‘neerdaling ter
helle’ aanvang neem nie, waarmee en
wanneer dan, neem die ‘drie dae en drie nagte volgens die Skrifte’, hul
aanvang? En waarmee en wanneer hou die ‘drie dae en drie nagte volgens die
Skrifte’, dan ook op, as dit nie met Jesus se begrafnis opgehou het nie? Want
is die volle ‘drie dae en drie nagte’ nie van een en dieselfde duur, as
Christus se ‘neerdaling ter helle’ nie?
Hosea 6:1-2, “Die Here het verskeur; en sal ons
genees. Hy het geslaan en sal ons verbind. Hy sal ons ná twee dae lewend maak,
op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe.” Christene van fundamentele geloofsoortuiging
aanvaar dat hierdie belofte en teken op Christus slaan. ‘Ons’, is in Hóm, en Hy
is die Een in Wie ons, ‘opstaan’. Hy is die Een vir ons, ‘geslaan’, en
‘verskeur’. Hy het vir ons, gesterwe. Hý was opgewek, en ons in Hom, het ‘in sy
heerlikheid ingegaan’, sodat ons – in Hom – ‘voor sy aangesig kan lewe’.
Hierdie Skriftuur praat van Jesus, en mens kan vas aanneem dat Jesus Hosea
6:1-2 ingesluit het toe Hy, “beginnende by Moses”, aan die dissipels op pad na
Emmaus “uit al die Skrifte die dinge aangaande Homself, uitgelê het”.
“Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy
heerlikheid ingaan nie?” Lk24:26. “Ly”, en “ingaan in sy heerlikheid”, dui die
beginpunt en die eindpunt van beide die ‘ter helle neerdaling’ en die “drie dae
en drie nagte” aan. “Die Here het verskeur ... Hy het geslaan” dui die
beginpunt aan; “Die Here sal genees ... sal verbind”, dui die eindpunt aan. Die
Skrifte is in volle ooreenstemming. Christus se ingaan in sy lyding van die dood is die begin van die ‘drie dae
en drie nagte’; en sy ingaan in sy heerlikheid deur opstanding uit die dood, is die einde van die ‘drie
dae en drie nagte’. Nie sy begrafnis
nie, maar Jesus se dood, is die bepalende middelpunt van sy ‘neerdaling na die
hel’ of ‘hart van die aarde’, sowel as van die duur van die ‘drie
dae en drie nagte’.
“Hom het God opgewek
nadat Hy die smarte, van die dood, ontbind het. … Hierdie Jesus het
God opgewek. … Weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat
julle, gekruisig het.” Hd2:24.
Duidelik van vóór “die dood”, want
nog vóór “die dood”, lý, die
Christus “die smarte van die dood”! So duidelik van vóór “die dood”, as tot ná “die dood”, want juis
ná “die dood”, en ná “die smarte
van die dood”, “het God hierdie
Jesus, opgewek”!
“Gekruisig”, en, “opgewek”, wys die hoof- en
begin- en eind-momente van Christus se neerdaling na die hel uit, asook die
hoof- en begin- en eind-momente van sy ‘drie dae en drie nagte in die hart van
die aarde’. Hierdie twee dinge wys die
eerste van die ‘drie dae’ ‘volgens die Skrifte’, en “die derde dag volgens die
Skrifte”. “Op die derde dag volgens die Skrifte”, het Jesus uit die dood uit
opgestaan; op die eerste dag volgens die Skrifte het Jesus in die dood begin
neerdaal en het Hy kláár deur doods-sterwe in die dood in, néér, gedaal.
(Kláár, met ‘helleváárt’.) Daar is geen ander dag of dae as die tweede dag
tussen die eerste en die derde dae, nie; daar is geen ander dag of dae vóór,
óf, ná, die eerste en die derde dae nie. Ter
laagste het Christus al op die eerste dag van die drie dae ter helle
neergedaal. Ter laagste het Hy ter helle op elk van die drie dae waarvan die
Skrifte praat, in die dood geblý: “Die derde dag maak Ek klaar”; “in
drie dae sal Ek die tempel weer oprig”. “Hom het God opgewek nadat, Hy die
smarte van die dood ontbind het.”
Ter helle het Hy neergedaal vandat die bande van
die dood Hom begin omgewe
het: “Jona was drie dae en drie nagte in die ingewande van die vis. En Jona het
tot die Here sy God gebid uit die ingewande van die vis, en gesê: Uit my
benoudheid het ek U aangeroep … uit die binneste van die doderyk (KJV, “hell”)
het ek geroep om hulp – U het my stem gehoor. U tog het my in die diepte
gewerp, in die hart van die see, sodat ’n stroom my omring het; al u bare en u
golwe het oor my heengegaan. Toe, het ek gesê: Ek is weggestoot, weg van u oë;
tog sal ek weer u heilige tempel aanskou. Waters het my omring tot aan my siel
toe. Die vloed was rondom my; seegras was om my hoof gedraai. Ek het afgedaal
tot by die grondslae van die berge, die grendels van die aarde het my vir ewig
ingesluit. Maar U het my lewe uit die kuil uit opgetrek, HERE my God! Toe my
siel in my versmag het, het ek aan die Here gedink, en my gebed het tot by U
gekom in u heilige tempel.”
Waar word eenmaal na Jesus se vertoef in die graf
verwys as sy ingaan in of as die ingang tot sy helle-leiding en helle-benouing?
Of dan as die aanvang en duur van die ‘drie dae en drie nagte’? Nie eenmaal
waarookal nie! Nee, heeltyd in sy ‘hellevaart’ is Jona by sy volle bewussyn,
nugter en skerpsinniger as voor of nadat hy in die vis was! Net so ondervind
Jesus sy ‘hellevaart’, sy ‘in die hart van die aarde vertoef’, bewustelik,
lewendig, en terwyl Hy nog nie ‘dood’ was nie. Christus het die dood, ‘gesterwe’ –oomblik vir oomblik alle
ewigheid, “in drie dae”, in “drie dae en drie nagte in die hart van die aarde”!
Eintlik was Christus se menswording alreeds die begin van sy smaak van die ewige dood van
sondestraf; en sy hele lewe van
lyding en smarte. Hy was ‘’n Man van Smarte bekend met krankheid’ – óns krankheid
van siel. Sy hele lewe. Die begin en
eindpunte van Jesus se doodsondervindende neerdaling ter helle begin hier:
“Vernietig hierdie tempel.” Jh2:19. Die ‘tempel’, is nie die graf nie, en nie
die graf word in ‘drie dae en drie nagte’ vernietig en weer herbou nie, maar
die Lewe van Christus. Nie sy
toesluiting in die graf maak Jesus “Here en Christus” nie, maar sy
doodservarende neerdaling ter helle en wederopstanding uit die dode! “Julle het
gekruisig … God het opgewek” merk die ‘drie dae en drie nagte’ aan hulle begin
en aan hulle einde af.
“Die Seun van die Mens word in die hande van
mense oorgelewer, en hulle
sal Hom doodmaak; en nadat Hy doodgemaak
was, sal Hy die derde dag weer opstaan.”
Mk9:31.
“... gely
... gekruisig ... gesterf ... neergedaal ... en op die derde dag volgens die Skrifte opgestaan uit die dode ...”. Ons belydenis verskaf ons met die
duidelikste definisie van wat ‘neergedaal ter helle’, beteken: Dit beteken: “gely ... gekruisig ...”, vóórdat Hy “... gesterf” het, én, dát Hy, “gesterf hét”, vóórdat Hy dóód was in sy dood! “Het gely” en “was gekruisig”, is, “het
neergedaal”! Daarín dat Christus gesterwe het, het Hy “ter helle neergedaal”,
en daarín dat Hy weer opgestaan het, het Hy sy neerdaling na die hel van ewige
dood, oorkom en beëindig.
Terselfdertyd verskaf ons Belydenis ons met die
duidelikste definisie van wat die ‘drie dae en drie nagte in die hart van die
aarde’, beteken: Dit beteken: Dat die Christus “in drie dae”, “al hierdie dinge moes ly”, en dat Hy “op die derde dag volgens die Skrifte,
opgestaan het uit die dode”. Ons
belydenis meld: “Gely ... gekruisig ... gesterf”. “Gely ... gekruisig ...
gesterf ... op die derde dag opgestaan”,
sodat Christus ‘drie dae / gedurende drie dae / vir drie dae’, ‘ter helle
neergedaald’, was. “Het gely” en “was
gekruisig” en “het gesterwe” maak uit: “Drie dae” van “drie dae en drie nagte”,
van “in die hart van die aarde” gewees het!
Daarín dat Christus gesterwe hét – nie ‘maar net’ dat Hy dood was nie –,
het Hy “ter helle neergedaal”; daarín dat Christus gestérwe het – nie ‘maar
net’ dat Hy begrawe was nie –, het Hy “ter helle neergedaal”; en daarin dat Hy weer opgestaan het, het Hy
sy neerdaling na die hel van ewige dood, déúr, én, úítgegaan; het Hy die ‘drie
dae’ van ‘ter helle neerdaling’, oorkom, beëindig en oorwin. ‘Drie dae en drie
nagte’ van, ‘neergedaal na die hel’, en God het vir die sondes van baie,
versoening bewerk en volmaak, eens vir altyd, in Christus en
deur Christus, ons Here.
(Laat ons nogtans nie Jesus se begrafnis vergeet
nie, want God het dit ingesluit in sy reëling van die volheid van die tyd, net
soos elke ander aspek van die dinge waarmee ons tans te make het. Maar die
begrafnis bevind hom in ’n eie ‘katagorie’ wat sowel vernedering as verhoging
inhou, want dit lê tussen aan die linker kant die lyding, sterwe en dood van
Jesus, en aan die regterkant die opstanding, verhoging en verheerliking van die
Christus en Here van God en van ons Belydenis.)
Noudat ons verstaan wat ‘drie dae en drie nagte’
sowel as ‘neerdaling na die hel’ omvattend
beteken, kan ons gaan vra na die nadere
aanduidings van die begin van Jesus se versoenende en regverdigende lyding,
sterwe, en dood. Want hier, gaan
Christus die ewige dood van sondestraf vir ewig en geheel die lááste keer, ín! (“Die derde dag maak Ek klaar!” Lk13:32. Die KJV het, “I, shall
be perfected.”) Waar is ‘hier’? Waar Josef die graf toemaak? Nee! Waar die verhoging
van God in die neerdaling van sy
Christus, begin! Waar? Waar die eerste van die “drie dae volgens die Skrifte”,
begin! Waar was dit? “Op die eerste dag wanneer die
Pasga geslag moet word ... toe dit aand geword het” Mk14:12,17, Mt26:17,20,
Lk22:7,14, “Aan tafel /
gedurende die maaltyd ... omdat Hy wis dat sy
uur gekom het ... omdat Hy wis dat die Vader alles in sy hande gegee
het en dat Hy van God uitgegaan het en na God heengaan. ... Toe Hy buite was,
sê Jesus: Nou, is die Seun
van die Mens verheerlik, en is God, in Hom, verheerlik!” Jh13:2,1,3,31-32. “Hy het met sy dissipels óór die spruit Kedron** gegaan.”
Jh18:1. “En toe Hy in sware stryd gekom het, het Hy
met groot inspanning gebid.” Lk22:44. “My siel
is diep bedroef tot die dood toe.”
Mt26:37. “Nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat
U wil!” Mk14:36. “Die Seun van die Mens word in die hande van mense oorgelewer, en hulle sal Hom doodmaak; en nadat Hy doodgemaak
was, sal Hy die derde dag weer
opstaan.” Mk9:31.
Nie die tydperk óf toestand waarin Jesus se
liggaam in die graf gelê het nie, maar die tydperk en toestand en ervaring waarbinne en waardeur Hy bewustelik
én onbewustelik sy lewe afgelê het én dood was én begrawe was, totdat Hy weer
sy lewe, ópgeneem het, vervul beide die ‘drie dae en drie nagte’ en
‘neergedaal-na-die-hel’ – sowel na tyd as na betekenis.
** “die spruit Kedron”. ‘Kedron’ beteken ‘Donkerspruit’.
Hierdie spruit was die afvoer-water vir die tempel se onreinhede, sien
2Kron29:16. Hierdie dag neem Jesus alle sondebesoedeling op Homself, om dit
eens vir altyd in die tempel van sy eie liggaam, “uit en weg te dra” (KJV
‘carry abroad’).
Christus-Fees
|
|
|
|
|
NM 1 A |
2 |
3 |
4 |
5 |
6 |
7 |
8 |
9 |
10 PS |
11 |
12 |
13 |
14 PtP |
15 S-GD |
16 EGBO |
17 |
18 |
19 |
20 |
21 |
22 |
23 |
24 |
25 |
26 |
27 |
28 |
29 |
30 |
1 Zif |
2 |
3 |
4 |
5 |
6 |
7 |
8 |
9 |
10 |
11 |
12 |
13 |
14 |
15 |
16 |
17 |
18 |
19 |
20 |
21 |
22 |
23 |
24 |
25 |
26 |
27 |
28 |
29 |
30 |
1 Sivan |
2 |
3 |
4 |
5 Shav |
6 |
7 |
8 |
9 |
10 |
11 |
12 |
13 |
14 |
15 |
16 |
17 |
18 |
19 |
20 |
21 |
22 |
23 |
24 |
25 |
26 |
27 |
28 |
29 |
30 |
1 Tamm |
2 |
3 |
4 |
5 |
6 |
7 |
8 |
9 |
10 |
11 |
12 |
13 |
14 |
15 |
16 |
17 |
18 |
19 |
20 |
21 |
22 |
23 |
24 |
25 |
26 |
27 |
28 |
29 |
30 |
1 Ab |
2 |
3 |
4 |
5 |
6 |
7 |
8 |
9 |
10 |
11 |
12 |
13 |
14 |
15 |
16 |
17 |
18 |
19 |
20 |
21 |
22 |
23 |
24 |
25 |
26 |
27 |
28 |
29 |
30 |
1 Elul |
2 |
3 |
4 |
5 |
6 |
7 |
8 |
9 |
10 |
11 |
12 |
13 |
14 |
15 |
16 |
17 |
18 |
19 |
20 |
21 |
22 |
23 |
24 |
25 |
26 |
27 |
28 |
29 |
30 |
1 Tisri |
2 |
3 |
4 |
5 |
6 |
7 |
8 |
9 |
10 Tisri |
11 |
12 |
13 |
14 |
15 Tisri |
16 |
17 |
18 |
19 |
20 |
21 |
22 |
Agt ‘sabbatte’! |
25 |
Nou glo ek mos, soos ek van
lankal af geglo het – gaan lees maar boek 3 / 1 – die Pisidia-krisis het hom op
die Groot Versoendag afgespeel. Ek het wat die datums en dinge aangaan
toentertyd nie die kloutjie mooi by die oor kon kry nie. Na al die jare loop
kyk ek toe weer na hierdie aspekte, en watter interessante dinge kom my teë!
Kyk maar na die kalender hierso.
Ons weet mos nou klaar en onteenseglik die Eerste Gerf Beweegoffer was op die
Sabbatdag voor die Aangesig van die Here beweeg deur die opstanding van Jesus
Christus uit die dode, “Sabbatstyd”, Abib 16 “midde lig-dag-oor-neigend”, of te
wel, “namiddag”. Neem nou aan die maande was elk dertig dae lank, dan val die
Groot Versoendag – 9 en 10 Tisri of Sewende Maand –, op Donderdag en Vrydag.
Maar dis mos nie op die Sabbat –
die weeklikse Sabbat – nie? Reg! Maar wat het die Ou-Testament die Groot
Versoendag genoem? Nie ook ’n ‘sabbat’, nie? Natuurlik ja! Nou hoekom kon dit nie op hierdie vlottende
sabbatdag – vlottende deur die weeksdae – wees wat Paulus sy preek in die Kerk
gegee het en die Jode te lig geoordeel was, en hulle die Goeie Weg vir laas
byster geraak het nie?
Dis presies wat die teks sê! Vir
’n feit in elke opsig in besonderheid uitwys! U dink ek’s mal? Ook goed!
Omdat hierdie
‘oordeelsdag-sabbat’ nie ’n In-bring-Sabbat was nie, maar meer ’n sombere dag
van die skeiding van weë en van afkering en wedersydse verlating tussen God en
die volk Israel, het God dit juis so beskik dat dit nie die Sabbat van die rus
van die HERE jou God moes gewees het nie. Want God reserveer sy Heilige Dag,
Die Dag van die Here Jesus, vir die ontmoeting tussen die Nuwe Gelowiges van
die ware Volk van God!
Paulus staan op die ‘sabbat’
(14c) van die laaste ‘amptelike’ prediking aan Israel van die Evangelie van die
Messias, in die Kerk op en verklaar: “U, manne van Israel – én, julle wat God
vrees, Luister!” (16b) Met die intrapslag donder die oordele van God. Nou, die
verdere verloop van die dag se gebeure, ken u. Paulus se sweepslae eindig met
hierdie woorde: “Nou, laat dit vir julle duidelik wees, julle veragters (van
Christus en sy Groot Versoenwerk), staan verwonderd, en vergaan (in julle
verbasing), want Ek (Ék, ‘eghóó’, ‘Jawe’ die HERE God) werk ’n werk in julle
(rus en heilige sabbatte)-dae— ’n werk wat julle weier om te glo al verklaar en
verduidelik wie ookal julle dit hoe goed!”
En toe? Toe stap die hele lot Jode uit die Kerk uit!
Want die God van hierdie mal mens Paulus breek die sabbatte van die Jode!
(‘érghon erghádzomai eghóó en tais heemérais humóón— érghon ho ou mee
pisteúseete eán tis ekdieeghéétai umíén.’ Dubbele Eerste Persoon; dubbele
Ontkenning; dubbele ‘verduideliking’! ) Dit gaan vir die Jode nog steeds oor
niks anders as hulle heilige dae nie. Vir hulle is die Vervulling daarvan met
die Grootse Inhoud van die Werke van God deur die Beloofde Messias, die gans en
by voorbaat onmoontlike! Sodra God in hierdie Jesus Christus juis op die
Sabbat-dae al werkende rus en al rustende werk, dan is dit bokant hulle
vuurmaakplek en dwars teen hulle piëteit; die toppunt van heiligskennis! Met sulke Sabbatsontheiligers wil ons nie
assosieer nie; ons gee eerder die Kerkgebou en die hele keboedel oor – gooi dit
vir die heidene, die honde!
Nee, ons het nie hier met maar
net nog ’n Sabbatdag te doen nie: Hierdie is die Groot Versoendag wat die dag
van groot onversoenbaarheid word! Heden vandag nog sal die Jode Christus
verwerp eerder as om hulle sabbatte te staak. Want hulle leef nog onder die Wet
en verag die Genade: die Genade juis as die Opstanding van Christus Jesus uit
die dode. Eerder as om Christus die vervulling en rede vir die Sabbatdag te
aanvaar, sal hulle saam met Hom, van die hele Godsdiens, afstand doen.
Sou die oordeels-karakter van
hierdie sabbatdag nou al wees op grond waarvan ek wil beweer dit was nie die
weeklikse Sabbatdag toe hierdie keerpunt in die geskiedenis bereik was nie? Sou
die oordeels-karakter van hierdie dag nie genoeg wees om te bevestig wat ek
beweer dit aandui nie? Ek glo dit vertel meer as genoeg om die gewillige
gelowige te oortuig.
Maar ek het vir u nog ’n
bonus-bewysstuk.
Vers 42 vervolg op die
uitstap-aksie van die Jode: “En toe die Jode uit die Kerk uitgestap het, het
die ‘Heidene’ (wat gebly het), gevra dat dieselfde woorde aan hulle gepreek mog
word die volgende Sabbatdag.” Nou het
ons almal nog altyd verstaan die hele drama het afgespeel op ’n ‘weeklikse’
Sabbat, en dat die Heidene gevra het die preek moet weer gepreek word sewe dae
later weer op die weeklikse Sabbatdag. Nouja, daarmee is natuurlik niks
verkeerd solank ons net die gewone vertalings se verduideliking beskikbaar het
nie. Dis in elk geval van geen reddingsbelang nie ... of is dit? Dit kan lewensbelangrik word wanneer mens
soos die Jode terwille van jou troetelsondes teen die waarheid daarvan wil
stry. Dat ’n beter begrip ’n beter
aanvaarding en genieting van die krag van Gods Woord meebring, lei dan ook geen
twyfel nie. Ek reken dus dit is nodig en die moeite dubbel werd om noukeuriger
besonderhede in ag te neem juis omdat Paulus – in vers 41 én in die groter
geheel – dit waarvan hy gepraat het, so stiptelik en nadruklik vir die Jode
uitgespel het.
Lukas maak dan ook nes Paulus:
hy ‘spel uit’ presies watter ‘sabbatdag’ hy na verwys. Hy skrywe: “Hulle (die Heidene) het almal/eendragtig versoek, (dat) hierdie, selfde, woorde met die oog op en ter verduideliking van (hier)die-sabbat-midde-in tot hulle (spesifiek) gespreek word.” (‘parekáloen eis to
metaksúú sábbaton laleethéénai autóís ta réémata táúta.’) Die Jode het hulle
nie oor die Groot Versoendag en die betekenis daarvan, vertroud kón maak nie.
Net die Christelike Geloof kan dit doen.
13) Paulus en sy metgeselle het by Perge in Pamfilië gekom |
Johannes het hulle verlaat en na
Jerusalem teruggekeer. |
1 of 4 Tisri |
|
Lv23:23 ...
Op die eerste dag van die Sewende Maand moet dit vir julle ’n sabbat wees, ’n
gedenkdag deur basuingeklank, ’n heilige vierdag. |
|
Hulle het in Antiogië in Pisidië
aangekom en ... |
... op die sabbatdag in die sinagoge
gegaan en gaan sit. |
En na die
lesing van die Wet en die Profete het die hoofde van die Kerk na hulle
gestuur en gesê: Broeders, as julle ’n woord van opwekking vir die volk het,
spreek dan! |
|
Paulus staan op en sê, Israeliete én
julle wat God vrees! |
Jerusalem het Hom nie geken nie, en
deur Hom te veroordeel, het hulle die woorde van die Profete vervul wat elke
Sabbat gelees word |
42) Nadat die Jode uit die Kerk uitgegaan
het, het die heidene versoek dat daardie woorde op die tussenin-sabbat
tot hulle gespreek word. |
10 Tisri ... op die tussenin-sabbat ... |
|
... (was) daardie woorde tot hulle
gespreek ... |
En toe die Kerk uit was ... |
... het
baie van die Jode en die gelowige bekeerlinge na Paulus en Barnabas oorgeloop Hulle het hulle toegespreek en
bemoedig om in die genade van God te volhard |
11 Tisri Op die (gewone) Sabbatdag
(daarop)volgende ... ... het omtrent die hele dorp se mense
saamgekom om die Woord van God te hoor. |
Nege en tien Tisri / Sewende
Maand was Groot Versoendag! Hierdie twee feesdae lê volgens ons kalender vóór
die ‘weeklikse’ Sabbat, op die Donderdag en Vrydag— die Vyfde en Sesde
Fees-Sabbat-Dag “-midde-in”! Die eerste ‘sabbatdag’ toe Paulus die
eerste keer gepreek het, was ’n ‘sabbatdag’ wat ‘in-die-week’ geval het: “metaksúú-sábbaton”!
Verse 43 én 44 klaar verloop van
gebeure verder op: “Toe die (Groot Versoendag-sabbat) Vergadering (waartydens
Paulus-hulle met die Heidene alleen gepraat het), opgebreek het, toe het (ook
weer) baie van die Jode saam met
hierdie aanbiddende proseliete,
Paulus en Barnabas (verder) gevolg.” Dit
was, let wel, “Toe (hierdie) Vergadering verby
was”, dat “bykans die hele stad se mense op die gewoon-volgende / komende (weeklikse) Sabbatdag, vergader het om die Woord van God te
verneem”— net soos in die geval van die Laaste Pasga toe daar twee
opeenvolgende ‘sabbatte’ was, op Vrydag die Pasga-sabbat en die “Sabbat volgens
die (Vierdie) Gebod” – sien Jh19:31 en Lk23:54, 56, so was daar by hierdie
geleentheid, twee opeenvolgende ‘sabbatte’, op Vrydag die “mid-week”-Groot-Versoendag-sabbat van Tisri 10, en op die ‘gewone’
aanbiddingsdag-Sabbatdag, die Dag vir die Verkondiging van die Evangelie van
Christus Jesus. Tweekeer dus, presies
volgens die Daniël-profesie van die sewentig weke, word – volgens die
dispensasies van God – die ‘Groot’ maar verbygegane ‘tussenin-sabbatte’ deur
die Nuwe-Testamentiese Gemeentes met vieringe van Christus-fees opgevolg, en word Nuwe Begin met Christus-Sabbattefees gemaak!
Lukas benoem hierdie Nuwe Christelike Sabbatdag op opvallende en
betekenisvolle manier: “op die-om-die-Woord-van-God-te-Hoor-Saamgekom-Sabbat”:
‘Infinitief met Selfstandigenaamwoord-krag’ – ‘Infinitive of Noun-Force’:
‘Sabbátooi suunéégthee akóésai ton Lógon tou Theóé’— ‘n absolute Griekse
eienaardigheid met onvergisbare trefkrag aangewend. (Vergelyk Hd20:7 waar die
dissipels – by implikasie op die Sabbat – “vir Nagmaal bymekaar gekom het
(suuneegménoon heemóón klásai árton) (en) op die aand van die Eerste Dag steeds
bymekaar was en Paulus (sake) met hulle bespreek het”.) Laat niemand ooit weer sy mond wil oopmaak
dat die Eerste Christelike Kerk nie die Sabbat geonderhou het of aan sy
Christelike naam geken het nie. So een weet nie waarvan hy praat nie. Loof God
deur Sabbatte-feesvieringe! Stel jouself die hoera’s voor as wat hier in
Hd13:43 van die Sabbat gesê word, in 20:7 van die Eerste Dag gesê sou gewees
het! Maar nou swyg die ganse Kerk soos die dood oor die bestaan van hierdie
feite in 13:43, terwyl hulle sonder enige vrese vir God self, die Skrif vermink
om dieselfde uit 20:7 te probeer haal.
U sal merk dat dit sonder
uitsondering ’n valse gees is wat in die Naam van die Heilige gees van God ewig
teen die Sabbatdag van die HERE jou God die Dag van die Here Jesus Christus
deur Opstanding uit die dode, agiteer. Dit is die gees van die duiwel wat
homself verraai aan drie ‘toetse’ soos die Skrif sê die geeste getoets móét
word: dit is u Christelike plig om hierdie geeste uit te ken aan: 1. Of hulle
van hulself getuig, want ’n gees wat van
homself getuig is nie die Gees van Christus Jesus nie, maar van
hoogmoed, eiewaan en die eie-ek; 2. Of hulle teen die Wet van God getuig, want
’n gees wat nie van sonde en oordeel oortuig
nie, is nie die Gees van God nie, maar die gees van eiegeregtigheid,
skynheiligheid en van die duiwel self; 3. Of hulle geeste van wonder- en
welvaart-leuens is, want die gees wat nie die gelowige aan die lyding van Christus Jesus mededeelagtig maak nie, is
nie die Gees van die wedergeboorte en doding van die ou mens en sondige natuur
nie, maar van selfgenoegsaamheid, begeerte en die dood.
Daarom, omdat God ten laaste
deur die Pisidia Oordeelsdag vir ons die oorgang na die Christelike
aanbiddingsdag opgeklaar het, sal ons met gejuig Sabbatte-fees vier, etende en
drinkende van die Water en Brood van die Lewe, ons Here Jesus Christus.
Gerhard Ebersöhn
Suite 324
Privaatsak 43
Sunninghill 2517
http://www.biblestudents.co.za