Getuies by die Opstanding

 

Eva: 
Ek weet nie wat se fobie het GE met die getuienisse by die Opstanding nie.   In elk geval het sy gekerm my aan die dink gesit, want ek het nog nooit so daaroor gedink nie.

Dit is tog voor die hand liggend dat die wagte die eerste en enigste getuies moet wees van daardie wonderbaarlike Opstanding, en kan as volg beredeneer word:

Golgota buite stad.
Graf naby in 'n tuin - ook buite stad
Wagte bewaak graftombe met streng Romeinse dissipline.
Geen Judeër in omtrek want dit was Sabbat.

Dan kyk ons verder wat die 4 Evangelies te sê het:

Mat 28:6 Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het;

Mar 16:3 En hulle sê vir mekaar: Wie sal vir ons die steen voor die opening van die graf wegrol?
Mar 16:4 En toe hulle opkyk, sien hulle dat die steen weggerol was, want dit was baie groot.
Mar 16:6 En hy sê vir hulle: Moenie verskrik wees nie. Julle soek Jesus die Nasaréner wat gekruisig is. Hy het opgestaan. Hy is nie hier nie. Dáár is die plek waar hulle Hom neergelê het.

Luk 24:2 En hulle het die steen van die graf afgerol gevind.
Luk 24:3 En toe hulle ingaan, het hulle nie die liggaam van die Here Jesus gekry nie.
Luk 24:6 Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan.

Joh 20:1 En op die eerste dag van die week kom Maria Magdaléna vroeg, terwyl dit nog donker was, by die graf en sien dat die steen van die graf weggeneem was.
Joh 20:15 Jesus sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Wie soek jy? Sy het gedink dat dit die tuinier was en antwoord hom: Meneer, as u Hom weggedra het, sê vir my waar u Hom neergelê het, en ek sal Hom wegneem.


Uit bogenoemde versies is dit duidelik dat die vroue definitief nie die Opstanding gesien het nie, WANT DIE GRAF WAS REEDS LEEG, EN DIE STEEN REEDS WEGGEVAT. EN DIE VROUE HET GESOEK NA DIE LIGGAAM.

Die engel sê in die eerste drie Evangelies: Die een wat julle soek IS NIE HIER NIE. HY HET OPGESTAAN.


Dit is tog duidelik dat as die vroue die Opstanding sien gebeur het, sou hulle mos nie vrae gevra het soos:

Wie sal die steen wegrol?
Wenend gewees het oor die liggaam nie?
Vir die "Tuinier" gevra het waar die liggaam nou is nie?

Sou hulle nie na die liggaam gesoek het nie?

Sou die engel hulle nie hoef te vertel het dat Hy nie daar is nie, maar opgestaan het?


Uit al bogenoemde inligting is dit duidelik dat die vroue nie die Opstanding gesien gebeur het soos wat GE dit baie graag wil hê nie.

Dit is duidelik dat die wagte ook nie die Opstanding letterlik sien gebeur het nie, want hulle het geword soos dooies. Hulle was al lewende GETUIENISSE wat daardie dag gebeur het.

Mat 28:2 En daar kom ‘n groot aardbewing, want ‘n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit.
Mat 28:3 En sy gedaante was soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu.
Mat 28:4 En uit vrees vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword.

Was die "Engel" dalk Jeshua self? Hoe sal ons weet!

Toe hulle "wakker" word en sien dat die steen weggerol was, en die graf leeg was, het hulle hulle na Pilatus gehaas en vir hom gaan vertel wat gebeur het.

 

Eva:

Mat 28:1 En laat ná die sabbat toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdaléna en die ander Maria om na die graf te gaan kyk.

Met die klem KOM OM NA DIE GRAF TE .. GAAN .. KYK

Dit sê nie dat hulle al by die graf gekom het nie. Die hele sinsnede sê vir my hulle was nog oppad. 

 

Eva:  
Mat 28:3 En sy gedaante was soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu.
Mat 28:4 En uit vrees vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword.

Wil jy nou vir my sê die wagte het nie hierdie verblindende lig gesien nie? Ek kan jou belowe dit is 'n geweldige lig wat eintlik jou oë brand. En jy sê die wagte het dit nie gesien nie?

As jy aandring daarop dat die wagte nie hierdie gebeurtenis gesien het nie, dan is dit moedswillige ontkenning van jou kant af.

Ek het ook vroeër op die draad dit breedvoerig uiteengesit waarom die vroue nie die Opstanding gesien het nie, en jy het nie eers die moeite gedoen om daarop te reageer nie.

 

GE:  

Nee, die wagte het niks gesien nie.

 

 

 

 

N.a.v. Eva,   Ek weet nie wat se fobie het GE met die getuienisse by die Opstanding nie.

 

Hoe vind jy dit vir my moontlik, geagte Eva, dat ek ‘n “fobie het met die getuienisse by die Opstanding” as ek van die standpunt uitgaan daar was GEEN menslike of ‘wonderbare’ getuies by, behalwe God-Alomteenwoordig en aan-Wesig nie?  Jy wat nie my standpunt sál insien nie en gló in ‘getuienisse by die Opstanding’, is die enigste wat moontlik ‘n fobie oor “die getuienisse by die Opstanding” kan hê. Maar omdat ekself maar alte vertroud is met die krag en hardnekkigheid van lewenslange gekoesterde opvattings, het ek geduld met jou probleem. Daarom vra ek geduld van jou kant af met my, waar ek gaan probeer om jou terug te antwoord. Regverdig genoeg?

 

Laat ons eers ‘n kleinigheidjie regkry. Jy praat van “die getuienisse by die Opstanding” asof die vier Evangelies se skrywers langs die graf gesit en aantekeninge maak het terwyl hulle toegekyk het hoe die Opstanding plaasgevind het, as jy praat (of skryf), van ‘die getuienisse’. (Dis hoe die White-iste praat en dink!)  

 

Dis nie ‘getuienisse’ nie; dis ‘getuies’ waaroor ons tans praat. Die Evangelieskrywers was nóg ooggetuies (soos ek weet jy wel weet), nóg die ‘getuies’ of ‘getuienisse’ (soos ek ook wel weet jy weet). Ek sê maar net, want woorde gaan bepalend wees vorentoe. En is klaar bepalend, want die Evangelies is inderdaad die vier ‘getuienisse’ wat ons vandag oor die Opstanding oor beskik --- as dokumente; as historiese bronne. (Wat ek ook weet jy wel weet.) 

 

Nou ja, dan stem ons nog lekker saam, al die pad. So ‘n gebraaide wôsie ruik da’m lêêke ....

 

N.a.v. Eva,   Dit is tog voor die hand liggend dat die wagte die eerste en enigste getuies moet wees van daardie wonderbaarlike Opstanding.... 

 

Jy sê die Opstanding was “wonderbaarlik”, d.w.s. bonatuurlik en Goddelik?  Beamend?  Tog praat jy asof “die getuienisse by die Opstanding” natuurlik, gewoon menslik, “getuies moet wees”?  Asof daar geen verskil tussen ‘wonderbaarlike’, en menslike, “voor die hand liggende” vermoë om waar te neem en te onderskei, bestaan nie?  Die konsekwensie van op hierdie manier te dink dwing die waarnemer om die Opstanding te sien as maar net —as so-iets moontlik sou wees—  ‘n natuurlike, voor die handliggende, menslike opstanding van net maar weer ‘n mens van óf steeds ‘n verganklike liggaam, óf soort van skyn-liggaam— asof dit nie GOD IN CHRISTUS is wat daar “deur die heerlikheiid van die Vader”, “die uitnemende grootheid van die Krag van sy Sterkte”,  in “ONTOEGANKLIKE LIG” VAN “DIE ALLERHEILIGSTE” van die GODSINNERLIKE SELFSYN, “WERK” en Jesus “in die vlees” en VERHEERLIK, uit die dode “OPWEK” en “aan die regterhand van God in hemelse verheffing LAAT SIT” nie.

 

Die oog van ‘n sondaar en sterfling – daarby ongelowige sondaar-sterflinge aan wie geen beloftes van die Verbond behoort het nie – beskore, geagte Eva? Ja, of, nee?

 

Nou glo ek steeds al wys jou woorde in daardie rigting is dit nie wat jy regtig bedoel nie.  Dit maak dit vir die wagte, klaar, onmoontlik, om die ooggetuies te kon wees van die opstanding van Jesus uit die dode in die heerlikheid van sy Vader.

 

Dis punt nommer een.

 

 

N.a.v. Eva,   Golgota buite stad.   Graf naby in 'n tuin - ook buite stad   Wagte bewaak graftombe met streng Romeinse dissipline.   Geen Judeër in omtrek want dit was Sabbat.

Dan kyk ons verder wat die 4 Evangelies te sê het:
Mat 28:6 Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het;
Mar 16:3 En hulle sê vir mekaar: Wie sal vir ons die steen voor die opening van die graf wegrol?
Mar 16:4 En toe hulle opkyk, sien hulle dat die steen weggerol was, want dit was baie groot.
Mar 16:6 En hy sê vir hulle: Moenie verskrik wees nie. Julle soek Jesus die Nasaréner wat gekruisig is. Hy het opgestaan. Hy is nie hier nie. Dáár is die plek waar hulle Hom neergelê het.
Luk 24:2 En hulle het die steen van die graf afgerol gevind.
Luk 24:3 En toe hulle ingaan, het hulle nie die liggaam van die Here Jesus gekry nie.
Luk 24:6 Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan.
Joh 20:1 En op die eerste dag van die week kom Maria Magdaléna vroeg, terwyl dit nog donker was, by die graf en sien dat die steen van die graf weggeneem was.
Joh 20:15 Jesus sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Wie soek jy? Sy het gedink dat dit die tuinier was en antwoord hom: Meneer, as u Hom weggedra het, sê vir my waar u Hom neergelê het, en ek sal Hom wegneem.
Uit bogenoemde versies is dit duidelik dat die vroue definitief nie die Opstanding gesien het nie, WANT DIE GRAF WAS REEDS LEEG, EN DIE STEEN REEDS WEGGEVAT. EN DIE VROUE HET GESOEK NA DIE LIGGAAM.

Die engel sê in die eerste drie Evangelies: Die een wat julle soek IS NIE HIER NIE. HY HET OPGESTAAN.  Dit is tog duidelik dat as die vroue die Opstanding sien gebeur het, sou hulle mos nie vrae gevra het soos:    Wie sal die steen wegrol?
Wenend gewees het oor die liggaam nie?
Vir die "Tuinier" gevra het waar die liggaam nou is nie?
Sou hulle nie na die liggaam gesoek het nie? 
Sou die engel hulle nie hoef te vertel het dat Hy nie daar is nie, maar opgestaan het?

Uit al bogenoemde inligting is dit duidelik dat die vroue nie die Opstanding gesien gebeur het .... nie
  

 

GE:

Nou maar baie dankie, Jy het ‘n uitstekende werkstuk voorgelê wat presies bewys wat ek, persoonlik IN BEGINSEL van harte glo en bely, geagte Eva!  Maar lees weer, wat jy self, ten slotte en gevolgtrekkend, bevind, geagte Eva:  Kyk, wat jy – nie ek nie – skrywe: “Uit al bogenoemde inligting is dit duidelik dat die vroue nie die Opstanding gesien gebeur het soos wat GE dit baie graag wil hê nie.  Laat my toe om klem by te voeg by wat jy, geskryf het, Eva. As volg: “Uit _AL_ bogenoemde inligting is dit duidelik dat _DIE VROUE_ nie die Opstanding gesien gebeur het .... nie.

 

“.... soos wat GE dit baie graag wil hê nie....”?  Het jy my gelees, liewe Eva? Het jy? Dan: Hoe, het jy my gelees, liewe Eva? Hoe? Liewe Eva? Waar? Liewe Eva? : BECAUSE THERE’S A HOLE IN THE BUCKET, DEAR EVA, DEAR EVA! THERE’S A HOLE IN THE BUCKET!

 

En daai gat, daai vakuum is: Ek sê presies en konsekwent dieselfde wat ek van die vroue sê, van die wagte: wat ek nog al die tyd, gesê het: GEEN sterfling; GEEN sondaar; GEEN MENS KON, die Opstanding gesien het nie.

 

Ja, inderdaad, wat ek nog al die tyd, gesê het: geen STERFLING; geen SONDAAR; geen MENS; geen SKEPSEL, sondig of sondeloos, KON, of HET, die Opstanding uit die dode van Jesus aanskou nie. Selfs die getuienis van die engel en engele, was nie deur aanskoue nie, maar is aan hulle meegedeel en betoon deur die Here; en die getuienis van: "die engel aan die vroue", was "meegedeel / verduidelik" by die gehoor van die verkondiging van die engel oor die REEDS VERRESE HERE. Kyk mooi na Mt28:2-4...." Die engel van die Here het die klip voor die graf-opening weggesleur en daarop gaan sit; hy het nie in die graf ingegaan nie, en ek stel my voor hy het in aanbiddende houding met sy rug na die graf gekeer, so deur gebed, lofsange aan God aangehef.

Selfs nie hierdie ongevalle, heilige en ‘wonderbare’, bonatuurlike wese, “die engel van die Here” nie, sou kon bly leef of bly bestaan het nie, sou hy moes toekyk hoe God “na die werking van die uitnemendheid van die grootheid van die krag van sy sterkte GEWERK het toe Hy Christus uit die dode deur die heerlikheid van die Vader opgewek en aan die regterhand van hemelse sfere van heerlikheid verhef het” nie.


Nou wat is die 'fobie' oor: Dat alle heerlikheid van die opstanding van Christus Jesus uit die dode, God alleen toekom; SO OOK die HOOR van die Goeie Boodskap aan God se uitverkore getuies, wat heel eerste, deur God aan sy boodskapper "die engel van die Here", getuig was, en die engel weer, aan Maria, en na haar aan die ander vroue, en hulle weer aan die dissipels; en die dissipels weer aan Gelowiges, die Kerk, en hulle laastens aan die skrywers van die Evangelies. Bowenal dat die geloof deur die gehoor sal wees, en nie deur aanskoue nie, toe die engel Sondagoggend aan die vroue verduidelik het:" WAT, "Sabbats" tevore, GEBEUR HET". 

 

Waarvoor het Eva dan tog haar bo aangehaalde relaas oor die feit dat die vroue NIE die Opstanding GESIEN gebeur het nie, gelewer? 

 

Vir die onontkenbare en onontkombare implikasie volgens EVA SELF, HIER: dat Dit .... tog voor die hand liggend (is) dat die wagte die eerste en enigste getuies moet wees van daardie wonderbaarlike Opstanding”. Die TEENSTELLING: Die vroue het nie aanskou nie, DAAROM “(moet) die wagte die eerste en enigste getuies .... wees” wat “die wonderbare Opstanding” AANSKOU HET— waaroor dit nog al die tyd gegaan het maar wat Eva nou ewe wil ontken in ‘n tussenin-plasing van haar, waarnatoe ons sal terugkom, soos ek haar verseker het.   

 

Eva: 

Mat 28:1 En laat ná die sabbat toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdaléna en die ander Maria om na die graf te gaan kyk.

Met die klem KOM OM NA DIE GRAF TE .. GAAN .. KYK

Dit sê nie dat hulle al by die graf gekom het nie. Die hele sinsnede sê vir my hulle was nog oppad.
 

 

GE:

Vir my sê “die hele sinsnede” ....: “In die Sabbatsvolheid van die dag mid-namiddag die Eerste Dag van die week naderend, VERTREK Maria Magdalena en die ander Maria met die voorneme om na die graf te gaan kyk ....”, met die klem op: “TOE DAAR SKIELIK ‘N GROOT AARDBEWING WAS ....” en dit met hulle hele voorneme taboe was. Niks vertel my “hulle was nog oppad” nie.

Al die tyd het die wagte waggestaan by die graf. Net so --- dis nie wat die wagte gesien het nie ---, v5 “Vertel die engel aan die vroue en verduidelik vir hulle: .... SKIELIK soos wat hy uit die hemel neerdaal en naderkom, met gedaante soos weerlig en kleding wit soos sneeu, het die engel van die Here die klip van die graf af weggerol en daarop gaan sit, terwyl (net so “skielik”) die wagte van skrik vir hom SOOS STERWENDES spasmaties neergeslaan het.” Verder sien of weet die wagte, NIKS! “Soos dooies”, is “Soos dooies”.  

 

Die uitroep is ‘n bevel: “Skielik!” = “Kyk daar!” en die bevel is nie om na die opstanding te kyk nie, maar om na drie dinge binne die enkele oomblik dat die wagte “SOOS STERWENDES spasmaties neergeslaan het” te kyk:  1)  “Kyk daar! = “Skielik!” die groot aardbewing;  2) “Kyk daar! = “Skielik!” die VERBLINDENDE VERSKYNING van die engel; en  3) “Kyk daar! = “Skielik!” die wagte se OOMBLIKLIKE bewusteloosheid as gevolg van die krag en skok van die engel se verskyning. Alles vind plaas, soos Paulus sê, “In ‘n oogwink” soos met die opstanding van die dode. Die gedagte is werklik: in GEEN TYD NIE.

 

Gaan vra maar slagoffers van weerlig wat dit oorleef het  (In ons moderne dag glo so-iets soos 30%.)  hoe hulle dit onthou. Honderd persent van hulle, onthou: niks. Nog minder, het die wagte iets gesien, behalwe miskien, ‘n onbeskryflik helder en: VERBLINDENDE, ‘lig’. Wat mens die minste in staat is om te doen wanneer so iets met jou gebeur soos wat met die wagte gebeur het, is om te kan sien.

 

Matteus verhaal dus nie ‘n enkele ding wat die wagte sou waargeneem en later van vertel of sg. van ‘getuig’ het nie; Matteus verhaal wat die engel van 28:5 “Gesê en aan die vroue verduidelik / beskrywe het”. Net die engel het geweet wat met die wagte gebeur het; self het hulle niks agtergekom voordat hulle weer hulle bewussyn herwin het nie. (Dit laat my glo dis dieselfde engel wat die graf oopgemaak het wat die vroue die volgende oggend by die graf oor die gebeurtenisse rondom die opstanding ingelig het.)

 

 

N.a.v. Eva,   Wil jy nou vir my sê die wagte het nie hierdie verblindende lig gesien nie? Ek kan jou belowe dit is 'n geweldige lig wat eintlik jou oë brand. En jy sê die wagte het dit nie gesien nie? 

Dis jy wat sê ek sê hulle het dit nie gesien nie. Maar jy weet mos dis nie waar nie. Ek sê egter dit was ‘n geweldige gebeurtenis onvergelykbaar met maar net “'n geweldige lig wat eintlik jou oë brand”. My mens, die Bybel sê die wagte het “Skielik SOOS STERWENDES spasmaties neergeslaan”, as gevolg van die krag en skok van die engel se verskyning. Dit is: bewusteloos. En daarom, ja, is jy seker reg, dat ek sê “die wagte het dit nie gesien nie”; ja, eintlik is dit so. Soos ek nounet verduidelik het van ouens wat katswink geslaan word deur weerlig. Hierdie ouens, die wagte, was nie sommer per ongeluk getref nie. Die engel van die Here het uit die hemel neergdaal om hulle laaitsout te kom slaan. Toe’t hy oppie klip gaan sit; taak wel gedaan; nie half katswink nie, soos dooies, behoorlik; kyk hoe ruk en bewe hulle daar eenkant weg nog.

 

 

Eva:
Ek het ook vroeër op die bespreking dit breedvoerig uiteengesit waarom die vroue nie die Opstanding gesien het nie, en jy het nie eers die moeite gedoen om daarop te reageer nie.

 

Ebersohn,
Kyk asseblief weer mooi na die Lorber versie, en dan sê jy vir my waar staan dit dat die wagte die Opstanding gesien het.

Daar staan, en kyk weer: sien die Romeinse wagters as `n skitterende lig, wat die grafholte geheel verlig;

maar wat jy miskyk is hierdie: daarvan skrik hulle so, dat hulle onmiddellik weghardloop

Dan die belangrikste wat nou volg: Die klip word van die opening weggewentel, sodat elkeen nou in die grafgewelf kon kyk.

Hulle het nie die Opstanding gesien nie. Al wat hulle gesien het was die skitterende lig wat uit die toe grafholte geskyn het. Hulle was nie by toe die klip van die opening weggewentel is nie, en die Messiach tevoorskyn kom nie.

Lees asseblief weer die genoemde versie met aandag dan sal jy sien dat jy heeltemal verkeerd is met jou aanname.

76 Op die derde Pasgadag keer die Godheid terug en roep die liggaam van die Menseseun aan, wat onmiddellik geheel en al opgelos word en wat nou as gewaad nog aan die siel toegevoeg word. Dié gebeurtenis sien die Romeinse wagters as `n skitterende lig, wat die grafholte geheel verlig; daarvan skrik hulle so, dat hulle onmiddellik weghardloop om te gaan vertel dat Ek opgestaan het. Die klip word van die opening weggewentel, sodat elkeen nou in die grafgewelf kon kyk.

Ek dink jy is 'n verskoning verskuldig.

 

 

GE:

N.a.v. Eva,   As jy aandring daarop dat die wagte nie hierdie gebeurtenis gesien het nie, dan is dit moedswillige ontkenning van jou kant af. 

 

Eva, jy was nie net uit met jou beredeneringe nie, jy was strategies hopeloos uit met jou tydsberekening toe jy met jou tussenin-plasing hierbo, my in die rede geval het, toevallig, of nie toevallig nie. Ongelukkig vir jou. Want so het jy, jouself bewys as die een wat met ‘n gesplete tong sis; nie ek nie. Die koeël is ongelukkig deur die kerk, vir jou. My kommentaar, is verder eintlik oorbodig; jy het jouself weggegee.

 

KKKKoos, ek vra, ek beveel nie, en ek verwyt nie, ek vra net vir jou, omdat jy hierdie braailat ingeryg het, is wat ek nou hier konkludeer omtrent Eva, regverdig, of is dit ‘n valse konklusie? Is dit nodig vir my om aan te gaan en aan die hand van die ‘Nuwe Openbaring van Johannes’ self, aan te toon die valsheid wat dit bevat?

 

Wat jy ook mag besluit, KKKKoos, dit is nou hier bewys dat Eva onder die indruk gebring was deur die ‘Nuwe Openbaring van Johannes’, dat die wagte die enigste en eerste ooggetuies en getuienisse van Jesus se opstanding uit die dood en die graf was. Sy het vir hierdie Lorber-geskrif getuig vir wat die oortuiging is wat dit by sy lesers – minstens die twee getuies, ek, en Eva –, skep. Eva is die onveranderlike bewys van wat die ‘Nuwe Openbaring van Johannes’, sê. Sy het presies dieselfde daaruit gekonkludeer as wat ek het. Hier het ek Eva vir bewys aangehaal, eens vir altyd, dat die ‘Nuwe Openbaring van Johannes’, verklaar dat die wagte die enigste en eerste ooggetuies en getuienisse van Jesus se opstanding uit die dood en die graf was. 

 

Nogtans sal ek nou, verder ingaan op wat die ‘Nuwe Openbaring’ self omtrent die wagte verklaar. En dankie Eva, nou hoef ek nie terug te gaan na die ‘Sondag? Saterdag?’ braailat nie, want jy het mos nounou vir ons weer ‘n keer geplaas wat Lorber daarin geskryf het as die woorde van Jesus self.

 

Ek sê, ‘nou’ want ek glo ek sal die genade van die lewe en nugter verstand, van my Here, tot dan ontvang.

 

 

Eva: 

Ja ek het eerstens gesê dat die wagte die wonderbaarlike Opstanding gesien het. Ek is jammer as ek my verkeerd uitgedruk het. Wat hulle gesien het was die lig toe die Goddelikheid teruggekeer het in die Liggaam in, maar het nie gesien hoe Messiach die graftombe oopmaak en uitkom nie.

Wat na jou mening was eintlik die opstanding? Die terugkeer van die Goddelikheid in die Liggaam of die uitkom uit die graftombe?


GE:

N.a.v. Eva,   Ja ek het eerstens gesê dat die wagte die wonderbaarlike Opstanding gesien het. Ek is jammer as ek my verkeerd uitgedruk het.” En: “Kyk asseblief weer mooi na die Lorber versie, en dan sê jy vir my waar staan dit dat die wagte die Opstanding gesien het.

Geagte Eva, nou vra ek jou, erken tog, jy het geen fout gemaak nie, en jy het jouself gladnie verkeerd uitgedruk nie; jy het net eerlik en opreg vir waarheid aangeneem, dit wat Lorber in sy ‘Nuwe Openbaring van Johannes, verklaar. Nie jy, of ek, is so stupid om die NOvJ anders te verstaan nie. Soos wat jy jou uitgedruk het, is soos wat die geskrif by sy leser indruk SKEP: “76 Op die derde Pasgadag keer die Godheid terug en roep die liggaam van die Menseseun aan, wat onmiddellik geheel en al opgelos word en wat nou as gewaad nog aan die siel toegevoeg word. DIÉ GEBEURTENIS SIEN DIE ROMEINSE WAGTERS as `n skitterende lig, wat die grafholte geheel verlig; DAARVAN, skrik hulle so, dat hulle onmiddellik weghardloop om te gaan vertel DAT EK OPGESTAAN HET.” Klem, CGE.  Die wagte “GAAN”, om WAT hulle GESIEN het, te vertel: “DAT EK OPGESTAAN HET”!  Ek sê weer, nie ek of jy is stupid nie!  Die NOvJ skep nie net die indruk by sy leser nie, hy konstateer letterlik en woord vir woord dat “DIE ROMEINSE WAGTERS .... DIÉ GEBEURTENIS .... DAT EK OPGESTAAN HET .... SIEN” .... asof voor die leser se oog man, afspelende: en boonop asof --- nee, nie ‘asof’ nie ---- werklik, uit die mond van die Christus self. ‘n Feit is ‘n feit is ‘n feit soos ‘n koei man.

 

 

N.a.v. Eva,   Kyk asseblief weer mooi na die Lorber versie, en dan sê jy vir my waar staan dit dat die wagte die Opstanding gesien het.

Daar staan, en kyk weer: sien die Romeinse wagters as `n skitterende lig, wat die grafholte geheel verlig;

maar wat jy miskyk is hierdie: daarvan skrik hulle so, dat hulle onmiddellik weghardloop

Dan die belangrikste wat nou volg: Die klip word van die opening weggewentel, sodat elkeen nou in die grafgewelf kon kyk.

Hulle het nie die Opstanding gesien nie. Al wat hulle gesien het was die skitterende lig wat uit die toe grafholte geskyn het. Hulle was nie by toe die klip van die opening weggewentel is nie, en die Messiach tevoorskyn kom nie.
 

 

GE:

Olraait Eva, kom ons aanvaar argumentshalwe NOvJ is reg. Dan is Matteus deurmekaar en weet hy gladnie wat hy praat nie. Of dit kan andersom geredeneer word. Watter manier om, verkies jy?

 

Lorber sit die verwydering van die klipdeur heel aan die einde, terwyl Matteus dit vir die eerste ding wat gebeur, aanstip.

 

Lorber maak asof relatief geruime tyd verloop vandat die engel aanland totdat “die klip van die opening weggewentel word”. Soos ek hierbo beklemtoon het, beskryf Matteus die gebeure asof alles in geen tyd gebeur het en afgehandel was. Afrikaans het die pragtige woord: “Meteens”, vir Matteus se bedoeling.

 

Lorber praat van “almal” wat in die graf kon sien. Wie was hierdie ‘almal’? Die wagte? Tog onmoontlik, daar die wagte, volgens hom – ‘n tyd gelede al – “onmiddellik weghardloop” het. 

 

Onthou nou jou eie voorstelling van die omgewing van die graf, dat dit mensverlate was behalwe vir die wag. Nou waar’s die ‘almal’ vandaan?

 

Lorber praat van die klip wat weggewentel was “sodat elkeen nou in die grafgewelf kon kyk”. Wie het die klip ‘weggewentel’? Die engel nog steeds? En niemand van die ‘almal’ ondervind die minste vrees of bewing nie? Matteus kon nie geweet het waarvan hy gepraat het toe hy gesê het dat die wagte soos dooies ten aanskoue van die engel neergeslaan het nie, of die grootste lafaards was vir wagte aangestel. 

 

En wie het weggehardloop voordat die klip weggerol was maar “sien .... `n skitterende lig, wat die grafholte geheel verlig”?  Het hulle die lig dwarsdeur die klip gesien skyn? Want hulle het mos voordat die graf oopgemaak was, weggehol?

 

Ag, en so kon mens aangaan ad infinitum— uiters vervelig van al die b..... amper sê ek weer daai woord. 

 

 

 

 

 

 

 

Geagte Eva,

 

Vergun my asseblief om aan jou ‘n illustrasie te gee van watter gevolge wankonsepsies soos dié van Lorber kan hê.

 

N.a.v. Eva,   Daar staan, en kyk weer: sien die Romeinse wagters as `n skitterende lig, wat die grafholte geheel verlig”. 

GE:

Hoe is dit dat jy die woorde: “dié gebeurtenis”, uitlaat?  Hoe is dit dat jy weglaat dat “die Romeinse wagters .... weghardloop om te gaan vertel dat Ek opgestaan het”? Die “skitterende lig, wat die grafholte geheel verlig” het, volgens Lorber, was natuurlik die ding wat dit vir die wagte moontlik gemaak het om te kan sien wat aan die gebeur was binne in die “grafholte” of ‘graf-donkerte’. Natuurlik sou hulle die lig bemerk het, maar net so natuurlik met behulp van die “skitterende lig, wat die grafholte verlig” ook “die gebeurtenis”, wat hulle “.... as `n skitterende lig (sien)”. Om die waarheid te sê, volgens die NOvJ sien die wagte die opstanding in duidelikste detail, hoe “.... die Godheid terug(keer) en .... die liggaam van die Menseseun aan(roep), wat onmiddellik geheel en al opgelos word en wat NOU as gewaad nog aan die siel toegevoeg word. DIÉ gebeurtenis S-I-E-N die Romeinse wagters ....”. Klem CGE.

 

Sien jy die gevolge? Ek sal dit vir jou nader aandui met ‘n aanhaling.

1) NOvJ: “die Godheid keer terug en roep die liggaam van die Menseseun aan, wat onmiddellik geheel en al opgelos word en wat nou as gewaad nog aan die siel toegevoeg word.” Die Engelse het ‘n fantastiese woord hiervoor: ‘nebulous’; ons sê sommer, ‘fantasties’. Dit is, onwerklik, en daarom, alles, twak. Johannes het dit sonder doekies omdraai die antichris genoem: hy wat ontken dat Christus IN DIE VLEES GEKOM het uit die dood.

 

Daar was van die eerste eeu na Christus af al sulke ‘spook’ en ‘visioenêre’ drogbeelde van die Opstanding en van die opgestane Here Jesus, wat niks behalwe laster en ateïsme in vroom gewaad is, en wat GEHEEL EN AL OP DIE ONTKENNING VAN JESUS SE GODHEID BERUS. Sonder geleerde woorde, kaalkop, die waarheid vir watter fênsie name dié soort kettery ookal gegee word.

 

Interessant dat die name van sulke dwaalleringe gewoonlik opgemaak word uit die naam van een of ander ketter. Miskien kom nog een eendag by: Lorberisme / Lorberianisme .... of waarskynliker: Lorbersisterwhitetisme, want die basis en essensie van die Sewendedag-Adventisme se ‘Ondersoekende Oordeel’ is PERFEK IDENTIES Lorber se opstandingsversinsels.

 

Dit behoort dan terselfdertyd jou vrae oor hoe ek die Opstanding sien, of nié sien nie, te beantwoord, geagte Eva.

 

Dankie vir die geselsie.