Die Wet Vervul, of, Verval?

 

Gerhard Ebersöhn vs. Philip du Toit

 

 

Philip du Toit:

 

Standpunt: (bls. 1 tot bls. 21)

 

Lyk my u praat van die 10 gebooie. U sê nogal interessante dinge. U sê die Sabbat regdeur die Bybel dui op Christus.  Ek kon egter nie met sekerheid aflei wat u onder die Sabbat verstaan nie.  Sê u die sabbat is in Christus vervul, sodat ons nie nodig het om 'n sekere dag as sabbat te onderhou nie, en dat ons net onsself
aan Chritus moet verbind en in Hom moet rus?  Of verstaan ek u verkeerd?

 

Ek verstaan dinge wel anders as u op 'n paar
punte.  Ek self het die afgelope tyd baie geworstel met die Skrif oor die Sabbat.  Ek dink nie ek is al klaar nie.  Vir my is dit belangrik om telkens terug te gaan na die Skrif en dit as finale gesagsbron te gebruik vir enige
afleidings oor enige iets.

Ek self het egter baie ruimte vir mense wat dinge anders as ekself verstaan, want ek dink nie ek as een mens het die volle waarheid in pag nie.  Ek glo wel dat die Skrif betroubaar en gesagvol is en dat God se Gees ons in die hele waarheid lei.  Ek glo dit is beide van ons se strewe.

In elk geval, bly te kenne!

Dit sal lekker wees om vorentoe weer met mekaar in gesprek te kan tree, selfs al verskil ons op punte

 

Soos ek dit verstaan:

 

In Christus het enige vorm van wet verval.  As ons sê ons moet in Christus glo, maar ook die

Sabbat onderhou, dan maak ons die Sabbat ‘n addisionele vereiste vir verlossing.  Dan voeg ons weer ‘n wet by, by die evangelie.  Die Sabbat

vind vervulling in Christus in die sin dat ons in Hom rus.  Volgens Heb 4 bly daar ‘n sabbatsrus oor.  Die manier hoe mens toetree tot hierdie rus is deur die geloof (4:3). God het eens die sabbat bepaal as rusdag (4:10), en Hy bepaal nou weer 'n sekere dag in die plek van die Sabbatdag, naamlik vandag (4:7). God vra dat ons nie ons harte verhard nie, maar dat ons in geloof ons harte oorgee aan Hom. Dit is die ware betekenis van die sabbat. Die skrywer van die Hebreërbrief wys daarop dat die rus waarvan Josua praat (4:8) nie die finale vervulling van die belofte van rus is nie (sien bv. Jos 1:15; 22:4; 23:1). Die uiteindelike vervulling van God se belofte van rus is die rus waarin mense gaan as hulle glo in Christus en daardeur in 'n verhouding met God tree (Heb 4:3). Hierdie rus noem die skrywer 'n sabbatsrus. Dit is dus die vervulling van dit waarvoor die sabbat staan en waarvan die sabbat 'n skaduwee is. Omdat Jesus die Sabbat in Homself vervul het, nooi Hy ook mense uit om hulleself aan Hom oor te gee, hulle las af te lê en in Sy rus in te gaan. Dit is die ware sabbat.

 

Sê gerus of ek jou reg verstaan.

 

1. Soos ek jou  verstaan bou jy die argument vir die onderhouding van die sabbat hoofsaaklik op Genesis wat sê dat God gerus het van sy werk.

2. Ek verstaan ook dat jy nie sabbatsonderhouding sien as ‘n werk wat ‘n bydrae kan lewer tot jou verlossing nie, maar dat dit deel is van God se geskenk aan ons deur Christus en dat sy Gees dit in ons harte werk.

 

Let wel dat ek nie ‘n voorstander is van Sondag-onderhouding, asof dit in die plek sou kom van Sabbats-onderhouding nie.  Ek is oor die algemeen nie ‘n voorstander van “in-die-plek-van”-teologie nie.  Ek glo bv. ook nie dat die doop in die plek van die besnydenis gekom het of dat die nagmaal

in die plek van die pasga gekom het nie.  Volgens die NT is die ganse wet (alle geskrewe wette, insluitende die tien gebooie, asook die ganse

pentateug) en profete: dit wil sê die totale Ou Testament in Christus vervul.  Niks is daarvan uitgesonder nie.  Ook nie die sabbat nie.  Die onderhouding van die sabbat is ‘n Ou- Testamentiese instelling, saam met al die ander wette.  Dit alles was slegs ‘n skaduwee, wat op Christus gedui het en in en deur Christus vervul is. 

 

Alles wat nodig is tot die ewige lewe in die Nuwe-Testamentiese tyd, het Christus gegee.  Vir Nikodemus het Jesus gesê mens moet geestelik wedergebore word, deur geloof in Hom (Joh 3).  Hy het die gebod van die liefde ingestel en die doop ingestel.  Hy het nagmaal met sy dissipels gehou en gesê dat ons daardeur sy bloed en die Nuwe Testament in gedagtenis bring.  Hy het ons nooit beveel om die sabbatsgebod te onderhou nie.  Inteendeel, vanuit die NT is dit duidelik dat die sabbatte slegs ‘n skaduwee was van die toekomstige dinge wat sou volg in Christus.

 

Kol 2:16-17 “Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie,  (17)  wat ‘n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus.”

 

As mens sê dat die wet nie meer van toepassing is op Christen-gelowiges nie, behalwe die sabbat – wat is die Skriftuurlike gronde om te sê alle wette is opgehef in Christus behalwe die sabbat?  Wat is die Skrif daarvoor?  Is dit Nuwe Testamenties of Ou Testamenties?  Soos ek dit verstaan is die Nuwe Testament die volle vervulling van die Ou Testament – die oue is verby, kyk alles het nuut geword (2 Kor 5:17).  Daar is geen Nuwe Testamentiese gronde vir die onderhouding van die Sabbat nie.  Heb 4:9 vereis juis nie die onderhouding van ‘n spesifieke dag nie, maar dui op die ewige rus in Christus (vers

10), waarin mens vandag (vers 7) toetree in verhouding met Hom.  Die term “vandag” is “semeron” in Grieks.  Kyk na Heb 3:13 “Maar

vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag (semeron) genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie.”  Dit is duidelik dat die Hebreërskrywer nie ‘n spesifieke dag in gedagte het met die gebruik van die term “vandag” (semeron) nie.  Hy bedoel daarmee: enige dag, nou, elke dag.  Die sabbatsrus waarvan Heb 4:9 praat is dus ‘n geestelike rus, nie ‘n fisiese rus nie.    Alle fisiese wette is in Christus vervul.  Die aanbreek van die Nuwe Testament dui die aanbreek van totale geestelike wedergeboorte aan.  Dit is die manier hoe mens deel raak van die Nuwe Verbond.  Daarmee het Christus weggedoen met alle vorme van fisiese wette.  Hy het weggedoen met vlees.  Dit word bekragtig in ons lewens deur die wederbarende werk van die Gees.  Rom 8:2 “Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.”

 

 

Kom ons kyk gou weer mooi na die konteks van Heb 4.

 

In Heb 3:11, die vorige hoofstuk, is dit duidelik dat die rus waarin die volk moet ingaan, nie die sabbat is nie, maar die ewige rus in Christus.  Iemand wat nie God se weë leer ken het nie en afvallig geword het, gaan nie in die rus in Christus in nie (Heb 3:10,12).

 

Heb 4:1-3 praat van presies dieselfde rus, die ewige rus in Christus, nie die sabbat nie.

 

Nou belangrik, vers 4 sê: “Want (gar) Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus.”  Nou praat hy van die 7’e dag, die sabbatdag.  Dus, die skrywer begrond die ewige rus in Christus in die beginsel dat God gerus het van sy werke op

die 7’e dag.  Die diepere betekenis van die sabbatdag, dit waarvan die sabbatdag ‘n skaduwee was, vind dus vervulling in die ewige rus in

Christus: as ons in Hom glo en onsself aan Hom verbind.  Heb 4:6-7 sê: “Terwyl dit dan so is dat sommige daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie,  (7)  bepaal Hy weer ‘n sekere dag, naamlik vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie.”  Nou bepaal God weer ‘n “sekere dag.”  Wat is die “sekere dag” wat vroeër bepaal is?  Dis die sabbatdag!  Maar nou bepaal God weer ‘n sekere dag, maar nou is dit nie ‘n spesifieke dag  van die week nie, dit is “vandag” – elke dag, nou, enige dag! (vroeër verduidelik).   Nou tree ons tot die rus in Christus toe enige dag as ons nie ons harte verhard nie, maar die belofte van sy ewige rus glo, waarvan die fisiese sabbatdag maar net ‘n skaduwee was.  Wat sê vers 8?  Dit sê “Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van ‘n ander dag daarná spreek nie.”   Josua het dus nie die werklike rus vir hulle gegee nie.  Die werklike rus is slegs in Christus, juis omdat die fisiese sabbatdag daarvan ‘n skaduwee was, en daarheen gewys het, en daarin (in Christus) vervul is.  Daarom bring hy juis in vers 9 die ewige rus in Christus en die sabbatsrus in verband met mekaarDus (ara) bly daar ‘n sabbatsrus oor.  Behels dit die onderhouding van die fisiese, Ou Testamentiese sabbat, wat slegs ‘n skaduwee was van die werklike ewige rus in Christus?  Verseker nie.  Die konteks maak dit duidelik dat die term “sabbatismos” hier figuurlik gebruik word.  Dit word in verband gebring met die ewige rus (katapausis).  Dit word verder versterk deur vers 10.  Vers 10 is kardinaal: “want (gar)  wie in sy rus (katapausis = ewige rus) ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne (sabbatsrus).”  Vers 10 sê dus in soveel woorde, dat hulle wat in die katapausis ingegaan het, die ewige rus in Christus (waarvan die fisiese

sabbatsgebod slegs ‘n skaduwee was), “rus ook self van sy werke soos God van syne.”  Is dit nie pragtig nie?  Wat sê dit?  Dit sê dat hy wat in

Christus se ewige rus ingegaan het, het ook die sabbat vervul.  Anders gesê, hy wat in Christus rus het ook dit nagekom wat die fisiese sabbatsrus bedoel was om te doen.  Sou dit dus nodig wees om die Ou Testamentiese, fisiese sabbatsgebod tot nou steeds te onderhou?  Verseker nie, want dit is vervul in Christus, en deurdat ons deur geloof aan Christus verbind is, tree ons toe tot die eintlike rus, waarvan die fisiese sabbatsgebod slegs ‘n skaduwee was.

 

 

Artikel, Philip du Toit:

Moet ‘n Christen die Sabbat hou? Is dit Saterdag of is dit Sondag? Het die onderhouding van die Sondag in die plek gekom van die onderhouding van die Saterdag? Moet ‘n Christen hoegenaamd een dag bo ‘n ander ag? Hierdie artikel was vroeër "Die wet en die sabbat." Daar is nou ‘n aparte artikel: Die wet (uitgebrei). Dit lê ten grondslag van hierdie artikel en moet hiermee saam verstaan word.

In die artikel: Die wet, word bespreek dat Christus by sy dood en opstanding die Ou Testamentiese wet vervul en beëindig het. Hy het die Nuwe Testament ingelei waaronder ons as Christene nie meer onder die wet is nie, maar onder die genade. Ons is nie meer onder die verpligting om die Ou Testamentiese wette te onderhou nie, maar die wet van die Gees van lewe in Christus Jesus het ons vrygemaak van die wet van die sonde en die dood. Dit vind praktiese uitdrukking in die liefdesgebod van Christus: liefde vir God en die naaste.

As mens verstaan hoe die Nuwe Testament oor die wet praat, spreek dit eintlik vanself of dit nodig is om die Sabbat te hou of nie. Hoe kan ons "ontslae" wees van die wet en dit "afgesterf" het

(Rm 7:6) en "nie meer onder die wet" wees nie (Rm 6:14,15), maar steeds verplig wees om die Sabbat te hou? Paulus sê uitdruklik dat al die gebooie ("watter ander gebod ook al") saamgevat word in hierdie woord: jy moet jou naaste liefhê soos jouself (Rm 13:9). Die hele wet word vervul deur die gebod van die liefde (Gl 5:14). Die gebod van die liefde vir God en jou naaste is dus die enigste gebod wat nodig is om te onderhou. Enige ander gebod word as’t ware opgeneem onder die groot gebod. Die groot gebod sluit alle ander gebooie in. Die Sabbat is geen uitsondering nie. Maar ter wille van volledigheid sal ek al die relevante verwysings na die Sabbat bespreek.

Die Sabbat in die Ou Testament

1. Die eerste vraag wat mens moet vra is: Waar kom die Sabbatsgebod vandaan? Die eerste teken van ‘n Sabbatsgebod in die Ou Testament is in Eks 16:23-30 waar die volk dubbel die hoeveelheid manna op die sesde dag moes insamel sodat hulle op die sewende dag kon rus. Dit kom dan weer voor in Eks 20:10 waar dit deel vorm van die geskrewe wet wat Moses direk van God ontvang het. Hoewel God op die sewende dag van die skepping gerus het en dit geseën en geheilig het (Gen 2:3), was dit nie as sodanig as ‘n gebod ingestel vir elke sewende dag nie. Sommige meen dat daar sprake van Sabbatsonderhouding was voor Eks 16 n.a.v. Noag se sewe-dag-siklusse waarin hy die duif uitgestuur het (Gen 8:10,12) of die feit dat Jakob twee keer vir sewe jaar moes werk vir Ragel (Gen 29:27-28), maar dit dui eerder op die feit dat mense wel met "vaste tye" vir sowel dae as jare gewerk het (Gen 1:14). Die begrip "jaar" kom reeds voor in Gen 5:3 en "maand" in Gen 7:11. Gen 7:11 gee ‘n vaste datum aan vir die vloed – ‘n spesifieke dag in die lewe van Noag. So, hoewel die term "weke" eers voorkom in Eks 34:22, lyk dit redelik seker dat die mens van die begin af ná die skepping met sewe-dag-siklusse (weke) gewerk het. Die Sabbatsgebod self is egter eers

heelwat later (+- 2500 jaar ná die skepping) as ‘n gebod ingestel (430 jaar na Abraham: Gal 3:17). Die hele wet is bygevoeg weens die oortredinge (Gal 3:19). Regdeur die Bybel is God se openbaring progressief. Die Ou Verbond(e) is opgerig, daarna het die wet gekom, daarna het nie Nuwe Testament en die Nuwe Verbond gekom. Die nuwe vervul en gee altyd dieper betekenis aan die oue. So ook het die Sabbatsgebod wel gebou op die beginsel van God se rus op die sewende dag (Eks 20:11), maar het eers in die woestyn as gebod en deel van die Ou Verbond tot stand gekom. In Deut 29:1,9,12,14,21,25 word die term "verbond" (berit) verstaan as die hele wet wat uiteengesit is in die voorafgaande Deut 6-28. In hierdie sin is die terme "verbond" en "wet" uitruilbaar.

2. Een van die belangrike beginsels oor die Sabbat is dat die Sabbat gemaak is vir die mens, nie die mens vir die Sabbat nie (Mk 2:27). Die Sabbat is deur God ingestel met die oog daarop dat die mens en al sy mense en diere gereeld kon rus van hulle werk. Hiervan is die volgende twee gedeeltes sprekende voorbeelde:

Eks 23:12 "Ses dae moet jy jou werk verrig, maar op die sewende dag moet jy rus, dat jou os en jou esel kan uitrus en die seun van jou slavin en die vreemdeling kan asem skep."

Deut 5:14 "maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou os of jou esel of enige dier van jou, of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie; sodat jou dienskneg en jou diensmaagd kan rus soos jy."

3. Die Sabbat was 'n "teken" of ‘n "sein" tussen God en die mens dat die mense kan weet dat God die Here is, en dat God se mense daardeur heilig en afgesonder vir God is (Eseg 20:12,20; Eks 31:13). Dit gaan oor die feit dat die mens 'n sekere dag aan die Here moes wy en dit moes

heilig en God moes erken as Here en Skepper van hemel en aarde in ses dae, net soos Hy op die sewende dag gerus het na sy skepping en dit geheilig het (Gen 2:2-3). Ten diepste het dit daarom gegaan dat hulle een dag van die week moes eenkant sit om met God te ontmoet en Hom kan aanbid en erken vir wie Hy is. Dit was ook ‘n getuienis teenoor almal dat God die enigste Here is – soos ‘n vlag of ‘n banier vir God. Net soos met baie ander wette, moes mense gedood word as hulle dit nie hou nie (Eks 31:41). Na aanleiding van die leringe van Ellen White, die stigters-profeet van die Sewende Dag Adventiste, vertaal hulle die Hebreeuse ôth in Eseg 20:12,20 en Eks 31:13 met "merk" – wat slegs een van die moontlike vertalings is. Ellen White het gesê dat die merk van die dier in Op 13:16-18 verwys na Sondag-onderhouding wat volgens haar deur die Pous ingestel is (wat nie bewys kan word nie – dit word later bespreek) en dat diegene wat nog die Saterdag onderhou nie die merk van die dier dra nie. Maar die Griekse garagma in Op 13:16-17 verwys volgens Strongs eerder na ‘n gegraveerde skraap, ets of stempel, of ‘n uitgekerfde figuur: "a scratch or etching, that is, stamp (as a badge of servitude), or sculptured figure (statue): - graven, mark." Volgens Thayer beteken dit: "1) a stamp, an imprinted mark 1a) of the mark stamped on the forehead or the right hand as the badge of the followers of the Antichrist 1b) the mark branded upon horses 2) thing carved, sculpture, graven work 2a) of idolatrous images."

4. Die sabbat is bedoel om ‘n dag van vreugde en verlustiging te wees waarin die Here se kinders hulleself in Hom kan verbly, en nie ‘n uiterlike bykomende plig om die lys van wette nog swaarder en nog langer te maak nie.

Jes 58:13-14 "As jy jou voet terughou van die sabbat—om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die sabbat ‘n verlustiging noem en die heilige dag van die HERE hooghou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie; (14) dan sal jy jou verlustig in die HERE, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob; want die mond van die HERE het dit gespreek."

5. Daar is reeds in die Ou Testament sprake van God se misnoë met ‘n uiterlike vormgodsdiens wat godsdienstige rituele aanhang sonder dat hulle hart daarin is.

Jes 1:13-17 "Bring nie meer skynheilige offergawes nie; gruwelike reukwerk is dit vir My. Nuwemane en sabbatte, die uitroep van samekomste—Ek verdra geen ongeregtigheid en feestyd nie! (14) Julle nuwemane en julle feestye haat my siel; hulle is My ‘n oorlas. Ek is moeg om dit te dra. (15) En as julle jul hande uitbrei, bedek Ek my oë vir julle; ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister Ek nie: julle hande is vol bloed. (16) Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen, (17) leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee."

Jes 30:15 "Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag; maar julle wou nie" Hierdie teks dui daarop dat die volk nooit in die ware rus (in Hom) ingegaan het soos Hy dit bedoel het nie. Hoewel die Sabbat veronderstel was om hierdie ware rus te help fasiliteer, het die volk nooit werklik in die ware rus in God ingegaan soos Hy dit bedoel het nie.

 

 

 

Die Sabbat in die Nuwe Testament

1. Jesus is die Here van die Sabbat.

Mt 12:1-8 "In daardie tyd het Jesus op die sabbat deur die gesaaides geloop, en sy dissipels het honger geword en are begin pluk en eet. (2) Maar toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir Hom: Kyk, u dissipels doen wat nie geoorloof is om op die sabbat te doen nie. (3) Maar Hy sê vir hulle: Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het nie—toe hy en die wat saam met hom was, honger gehad het— (4) hoe hy in die huis van God gegaan en die toonbrode geëet het wat vir hom en die wat saam met hom was, nie geoorloof was om te eet nie, maar net vir die priesters alleen? (5) Of het julle nie in die wet gelees dat die priesters op die sabbat in die tempel die sabbat ontheilig en onskuldig is nie? (6) En Ek sê vir julle: Een wat groter is as die tempel, is hier. (7) Maar as julle geweet het wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie, sou julle die onskuldiges nie veroordeel het nie; (8) want die Seun van die mens is Here óók van die sabbat." (sien ook Mk 2:28; Lk 6:5)

Dit beteken Jesus het die Sabbat in Homself vervul. As Here van die Sabbat het Hy die mag om nuwe inhoud aan die Sabbat te gee. Jesus is groter as die tempel. Hy is die nuwe sentrum van aanbidding. Hy is die persoon wat die diepere betekenis van die Sabbat beliggaam. Hy is ons Middelaar waardeur ons kan toetree tot 'n ware bewussyn en erkenning van God.

2. Jesus het die gebod van die Sabbat verbreek.

Jh 5:15-18 "Die man het gegaan en aan die Jode vertel dat dit Jesus was wat hom gesond gemaak het. (16) En hieroor het die Jode Jesus vervolg en probeer om Hom dood te maak, omdat Hy dit op die sabbat gedoen het. (17) En Jesus het hulle geantwoord: My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook. (18) Hieroor het die Jode toe nog meer

probeer om Hom dood te maak, omdat Hy nie alleen DIE SABBAT GEBREEK het nie, maar ook God sy eie Vader genoem het en Hom met God gelykgestel het."

Joh 9:16 "En sommige van die Fariseërs sê: Hierdie man kom nie van God nie, omdat Hy die sabbat nie hou nie. Ander sê: Hoe kan ‘n sondige mens sulke tekens doen? En daar was verdeeldheid onder hulle."

Mar 2:24 "Toe sê die Fariseërs vir Hom: Kyk, waarom doen hulle op die sabbat wat nie geoorloof is nie?"

Johannes (5:18) skryf self dat Jesus die Sabbat verbreek het, hoofsaaklik omdat Hy telkens mense op die Sabbat genees het (bv. Lk 13:14; 14:3; Jh 5:10; 7:23; ens.), omdat Hy mense wat Hy gesond gemaak het, beveel het om hulle beddens opneem om te loop (bv. Jh 5:8-9), en omdat Jesus dit ook goedgekeur het dat sy dissipels koringare op die sabbat gepluk het. Jesus se verbreking van die wet van die Sabbatdag was een van die vernaamste redes waarom die Joodse owerstes vir Jesus tot die dood veroordeel het (Mt 12:1; Mk 2:23; Lk 6:1).

3. Die ware sabbatsrus is om toe te tree tot die ware rus in Jesus Christus.

Heb 4:1 praat van die rus waarin ons moet ingaan terwyl die belofte nog standhou. Vers 3 sê: "…ons wat geglo het, gaan die rus in…"

Heb 4:4-10 "Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus; (5) en nou hier weer: Hulle sal in my rus nie ingaan nie. (6) Terwyl dit dan so is dat sommige daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie, (7) bepaal Hy weer ‘n sekere dag, naamlik vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte

nie. (8) Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van ‘n ander dag daarná spreek nie. (9) Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God; (10) want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne."

Die manier hoe mens toetree tot hierdie rus is deur die geloof (4:3). God het eens die sabbat bepaal as rusdag (4:10), en Hy bepaal nou weer 'n sekere dag in die plek van die Sabbatdag, naamlik vandag (4:7). God vra dat ons nie ons harte verhard nie, maar dat ons in geloof ons harte oorgee aan Hom. Dit is die ware betekenis van die sabbat. Die skrywer van die Hebreërbrief wys daarop dat die rus waarvan Josua praat (4:8) nie die finale vervulling van die belofte van rus is nie (sien bv. Jos 1:15; 22:4; 23:1). Die uiteindelike vervulling van God se belofte van rus is die rus waarin mense gaan as hulle glo in Christus en daardeur in 'n verhouding met God tree (Heb 4:3). Hierdie rus noem die skrywer 'n sabbatsrus. Dit is dus die vervulling van dit waarvoor die sabbat staan en waarvan die sabbat 'n skaduwee is. Omdat Jesus die Sabbat in Homself vervul het, nooi Hy ook mense uit om hulleself aan Hom oor te gee, hulle las af te lê en in Sy rus in te gaan. Dit is die ware sabbat.

Mt 11:28-30 "Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. (29) Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; (30) want my juk is sag en my las is lig."

Sien ook die profesie in Jes 11:10: "En in dié dag sal die nasies vra na die wortel van Isai, wat daar staan as ‘n banier van die volke, en sy rusplek sal heerlik wees."

4. Die Nuwe Testament veroordeel wettisisme.

‘n Goeie voorbeeld van mense wat geneig was tot wettisisme is die Galasiërs. Paulus is baie

ontsteld oor die manier hoe hulle, nadat hy aan hulle die evangelie van genade verkondig het, weer teruggeval het in wettisisme. Hy sê onder andere:

Gl 3:1-5 "o, Onverstandige Galásiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig? (2) Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof? (3) Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees? (4) Het julle verniet so baie gely? As dit maar verniet was! (5) Hy wat julle dan die Gees verleen en kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?"

Dit lyk of die Galasiërs geneig was tot ‘n klomp "moets" en "moenies." Hulle het onder andere steeds van Christene verwag om hulle te laat besny, wat deel was van die Ou Testamentiese wet. Daarom sê Paulus aan hulle (Gl 5:1-4): "Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie. (2) Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie. (3) En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou. (4) Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval."

Paulus beskou dit as so ‘n ernstige saak dat hy aan hulle sê dat hulle deur wettisisme hulleself losmaak van Christus en selfs dat hulle van die genade verval het. In Gl 4:10-11 sê hy hierdie insiggewende woorde: "Julle neem dae en en maande en tye en jare waar. (11) Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het." Dit verwys na die Joodse feeste en dae, waaronder die Sabbat ook een is, wat hulle waargeneem het. Net

soos wat dit nie meer nodig is om hierdie feeste waar te neem nie, is dit nie meer nodig om die Sabbat waar te neem nie. Al hierdie dae was in elk geval net ‘n skaduwee op die evangelie en die ware rus wat sou kom in Jesus Christus (Kol 2:16-17; vgl. Heb 10:1).

Paulus spreek ‘n soortgelyke probleem aan by die Romeine (Rm 14:1-23). Daar was diegene onder hulle wat gemeen het mens mag nie vleis eet nie, en vaste wette voorgehou het oor wat mens mag eet. En daar was ook diegene wat gemeen het dat mens sekere dae moet waarneem (soos die Joodse feeste en die Sabbat) en sekere dae as belangriker as ander beskou het, en waarskynlik van die ander Christene verwag het om dit ook te doen (vers 5). Daar was duidelik onenigheid in die gemeente hieroor. Hy vermaan hulle om die wat "swak is in die geloof" in liefde aan te neem (verse 1-2). Hierdie "swakkeres" was diegene wat klaarblyklik nie die genade-karakter van die evangelie reg verstaan het nie en telkens terug wou val in wettisisme. Dieselfde tipe probleem word ook by die Korinthiërs aangespreek waar sekere mense ander verbied het om vleis te eet wat aan afgode ge-offer is (1 Kor 8:1-13). Paulus sê dit is belangrik om ruimte te maak vir mense wat swak is in die geloof en hulle nie te benader vanuit ‘n posisie van oordeel of selfs vanuit ‘n posisie van ‘n nuwe tipe wetmatigheid nie, maar in genade en liefde: liefde wat alles bedek.

As Paulus met die Kolosssense praat, beskryf hy die volkome werk van Jesus wat hy deur sy dood en opstanding gedoen het. Daardeur het Hy die skuldbrief teen ons wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim aan die kruis en getriomfeer oor alle owerhede en magte (Kol 2:9-15). Daardeur kan ons deel en identifiseer met alles wat Christus gedoen het, waarin Hy vir ons ‘n nuwe vryheid gebring wat ons losmaak van alle vorme van wettiesisme. Daarom sê Paulus in vers 16-19: "Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of

nuwemaan of sabbat nie, (17) wat ‘n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus. (18) Laat niemand julle van jul prys beroof nie, al sou hy behae hê in nederigheid en verering van die engele en indring in wat hy nie gesien het nie, en sonder oorsaak opgeblase wees deur sy vleeslike gesindheid, (19) en nie vashou aan die Hoof nie, uit wie die hele liggaam deur die gewrigte en verbindinge ondersteuning ontvang en saamgebind word en so met goddelike groei groot word."

Paulus sê "laat niemand julle dan oordeel…" juis omdat die Nuwe Testamentiese Christene nie moets en moenies gehad het oor wat hulle eet nie, en hulle het ook nie vaste verpligtinge en wette gehad oor feeste of die sabbat nie. Hy sê dit omdat hulle alles geëet het, drank gebruik het, en nie die Joodse feeste of die sabbat onderhou het nie – anders sou hierdie uitspraak van Paulus geen sin maak nie. Dit was nie nodig om hierdie dae te onderhou nie, want Christus het alles in almal vervul. Paulus som ‘n wettiese instelling ten opsigte van eet, drink, feeste en sabbat baie goed op in die daaropvolgende woorde aan die Kolossense:

Kol 2:20-23 "As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge (21) soos: raak nie, smaak nie, roer nie aan nie? — (22) almal dinge wat deur die gebruik bestem is om te vergaan—volgens die gebooie en leringe van mense, (23) wat, alhoewel dit ‘n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees."

Kom die Sondag in die plek van die Sabbatdag?

Die Nuwe Testament praat van die dissipels wat op die "eerste dag van die week" vergader het en brood gebreek het (Hand 20:7) en van fondse wat

vir die heiliges ingesamel is op die eerste dag van elke week (1 Kor 16:2). Jesus het op die eerste dag van die week opgestaan uit die dode (bv. Lk 24:1) en het ook op die eerste dag van die week aan sy dissipels verskyn (Jh 20:19). Daar is aanduiders in die geskiedenis dat die eerste Christene op die eerste dag van die week bymekaar gekom het om nagmaal te hou en saam te bid. Daar is bv. aanduidings in Die brief van Barnabas (ongeveer 74 nC) dat Christene die agste dag herdenk het. Dit sê: "Ons onderhou die agste dag met vreugde, die dag waarop Jesus ook weer opgestaan het uit die dood." (Die brief van Barnabas 15:6-8). Die Didaché (ongeveer 90 nC) praat ook telkens van hierdie praktyk, asook natuurlik heelwat van die kerkvaders (bv. Ignasius, Justinus, Tertulianus, Origenes, Augustinus, ens.) Die eerste historiese optekening van Christene wat egter die Saterdag herdenk het, was die Anabaptiste-leiers: Andreas Fisher en Oswald Glait in 1527 nC.

Nêrens in die Nuwe Testament is daar egter ‘n aanduiding dat die Sondag die Sabbatdag vervang het nie. Dit sou neerkom op ‘n nuwe wet. Dieselfde geld vir die besnydenis. Die Bybel sê ook nie dat iets anders (soos die doop) in die plek van die besnydenis gekom het nie, want dit sou ook weer ‘n nuwe wet veronderstel het. Kol 2:11-13 sê dat Christus se besnydenis (sy dood) in die plek van die besnydenis gekom het. Op dieselfde manier is nie nagmaal (of die paasfees) nie ‘n nuwe wet of ‘n nuwe fees wat in die plek van die pasga gekom het nie. Christus self is die Lam (Joh 1:29,36), waarvan die lam op die pasga ‘n afskynsel was. Trouens Christus het ALLES waarvan die Ou Testamentiese Wet, Profete en Psalms praat in Homself vervul:

Luk 18:31 "En Hy het die twaalf by Hom geneem en vir hulle gesê: Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en ALLES wat deur die profete geskrywe is, sal aan die Seun van die mens vervul word."

Luk 24:44 "En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat ALLES wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word."

Ef 1:22-23 "En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, (23) wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat ALLES in almal vervul."

Die herdenking van die Sondag kan dus nie verstaan word as ‘n nuwe wet nie. Dit is nêrens deur Christus spesifiek ingestel nie. Christene moet daarom versigtig wees om inherente waarde te heg aan die Sondag. Streng Sondag-onderhouding (veral as dit gepaard gaan met allerlei wette soos: "moenie dit op ‘n Sondag" of "moenie dat op ‘n Sondag") kan aanleiding gee tot wettisisme en mense van die genade laat vervreem. Dit kan ook aanleiding daartoe gee dat mense net een dag aan die Here wil wy en dan as’t ware deur die week leef soos hulle wil en die sonde wat hulle deur die week gedoen het skielik op die Sondag wil bely. Dieselfde kan egter van Saterdag-onderhouding gesê word. Die hele punt van Christus wat die ware Sabbat is, is juis dat ons 24 uur van die dag elke dag in verhouding met Hom staan. Ons tree toe tot die Sabbatsrus as ons tyd maak met die Here – vandag! (Heb 4:7) – enige dag. Paulus sê implisiet dat die "sterkere" in die geloof alle dae gelyk ag (Rm 14:5). In beginsel moet die Christen dus elke dag van die week in God se Sabbatsrus toetree. Die kern moet altyd Christus self bly. Hy is die middelpunt van die Christelike geloof. Selfs die doop en die nagmaal – hoewel deur Christus ingestel – kan nooit inherente waarde dra los van Christus se dood en opstanding en sy werk in en deur jou lewe nie. Mense wat werk deur die week (waarvan baie oor naweke werk) kan egter nie 24 uur van elke dag aktief tot God se rus toetree nie – hoewel mens altyd deur God se Gees en in sy teenwoordigheid moet leef. Persoonlik dink ek

daarom dit is ‘n goeie beginsel om ten minste een dag van die week slegs op jou verhouding met die Here te fokus, maar dan nie as ‘n nuwe wet nie. En dit hoef nie noodwendig ‘n Saterdag of ‘n Sondag te wees nie. Dit kan enige dag wees.

Die lering wat die kerk ontstaan het dat die onderhouding van die Sondag in die plek van die onderhouding van die Sabbatdag gekom het, kan dus nie Bybels verantwoord word nie (baie van die Sewende Dag Adventiste sê dat ‘n sekere Rooms Katolieke Pous die Sondag as ‘n sabbat in die plek van die Saterdag-sabbat ingestel het op ‘n sekere dag en datum. Dit kan egter nie histories bewys word nie. Dit kom hoofsaaklik van een Van Ellen White se visioene. Dit is eerder ‘n lering wat in die vroeë Rooms Katolieke kerk ontwikkel het

Sien bv. http://www.truthorfables.com/Pope_Did_Not_Change_Sabbath_Sunday.htm).

Gevolgtrekking

Vanuit die regte verstaan van die posisie wat die wet moet inneem in die lewe van die Nuwe Testamentiese Christen, spreek dit vanself dat die wet – waarvan die onderhouding van die Sabbatdag deel was – slegs ‘n tugmeester en ‘n skaduwee is van die toekomstige weldade in die evangelie van genade wat aangeneem word deur die geloof.

Heb 10:1 "Want die wet, wat ‘n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie."

Deur geloof in Christus tree ons toe tot die ware sabbatsrus in Hom (Heb 4:9), wat spreek van die Nuwe Testament van sy bloed wat ‘n volkome regverdiging en vrymaking is van die wet van die

sonde en die dood. Dit spreek van die nuwe vryheid (Gl 5:1,18) en lewe in ‘n persoonlike verhouding met Christus self. Dit is waarheen die Sabbatdag gewys het. Christus self kom dus in die plek van die Sabbatdag, nie die Sondag nie.

Ek kan die kern van die Christen se nuwe stand in Christus nie beter saamvat as in die woorde van Paulus nie:

Rm 8:1-4 "Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. (2) Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood. (3) Want God het wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees, (4) sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees."

Gl 5:18 sê daarom: "Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie."

As ons deur die Gees van God wandel en ons altyd aan Sy leiding oorgee, sal ons alles doen wat God van ons verlang. Dit vind praktiese uitdrukking in die liefdesgebod: vir God en die naaste. Saam met die werking van die Gees in en deur ons lewens gaan geloof. Die wet van geloof kom in die plek van die wet van werke (Rm 3:27-28). Geloof berus in alle opsigte op die verdienste van Christus. Hy het die wet kom vervul. Hy het alles gedoen wat nodig is vir ons om gered te word. Daar is geen addisionele voorwaardes en wette (insluitende Sabbatdag-onderhouding) wat as voorwaarde kan dien vir redding of ‘n bydrae kan lewer tot ons saligheid nie. Alles waarvoor die Ou Testament staan; al God se wette en profesieë is vervul, nagekom, ingesluit en vervat in Jesus Christus self en die werk wat Hy op aarde gedoen

het en nog gaan doen. Daarom, om Christus te ken oortref alles in waarde.

Flp 3:7-11 "Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. (8) Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry (9) en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof; (10) sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word, (11) of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik."

 

Het die onderhouding van die Sondag in die plek gekom van die onderhouding van die Saterdag? Moet ‘n Christen hoegenaamd een dag bo ‘n ander ag? Hierdie artikel was vroeër "Die wet en die sabbat." Daar is nou ‘n aparte artikel: Die wet (uitgebrei). Dit lê ten grondslag van hierdie artikel en moet hiermee saam verstaan word.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Bespreking begin:

 

 

‘Sabbat’ en ‘Onderhouding’ van die Sabbat

 

Philip du Toit: 

Lyk my u praat van die 10 gebooie. U sê nogal interessante dinge. U sê die Sabbat regdeur die Bybel dui op Christus.  Ek kon egter nie met sekerheid aflei wat u onder die Sabbat verstaan nie.  Sê u die sabbat is in Christus vervul, sodat ons nie nodig het om 'n sekere dag as sabbat te onderhou nie, en dat ons net onsself
aan Chritus moet verbind en in Hom moet rus?  Of verstaan ek u verkeerd?

 

Soos ek jou  verstaan bou jy die argument vir die onderhouding van die sabbat hoofsaaklik op Genesis wat sê dat God gerus het van sy werk.

2. Ek verstaan ook dat jy nie sabbatsonderhouding sien as ‘n werk wat ‘n bydrae kan lewer tot jou verlossing nie, maar dat dit deel is van God se geskenk aan ons deur Christus en dat sy Gees dit in ons harte werk.

 

Soos ek jou  verstaan bou jy die argument vir die onderhouding van die sabbat hoofsaaklik op Genesis”.

 

Gerhard Ebersöhn:

Nee! Ek bou ‘my’, ‘argument van die Sabbat’ én, “vir die onderhouding van die Sabbat” uitsluitlik, enkel en alleen, op die “Rus (wat) Jesus aan hulle verskaf het” met Opstanding uit die dood en dode en die graf. “God het van sy werk gerus” = Efesiërs 1:19-22! Dis hoe – nie ek nie, maar – die Skrif, Genesis-Rus en Evangelie-Rus bymekaar bring; dis hoe – nie ek nie, maar – die Skrif, Genesis-Sabbat en Evangelie-Sabbat, bymekaar bring.

 

Daar is die betekenisvolle maar onlosmakelike verskil en onderskeiding tussen ‘Die Sabbatdag’ as sodanig, die Sabbatdag geglo, en, onderhouding van die Sabbatdag. 

 

‘Die Sabbatdag’ is die Here s’n; sy skepping; Hy mag dit vir die mens gee, of nie gee nie. (Tussen Genesis 2 en Exodus 20.) Nogtans het God by die skepping al vir Christus in die Sabbatdag

verborge gehou met die oog op die ‘Vandag’ van die Evangelie. Die Sabbatdag geglo is genadegawe van die Here aan die mens. Tog loop eer die mens die gawe meer as die Gewer.  (Tussen Exodus 20 en Markus 2.)  Maar die Sabbatdag waarlik geonderhou, is die Kerk en gelowige se teruggee aan die Here wat aan Hom behoort en wat Hom toekom. Dan word “Sabbatdag geonderhou”, “Sabbattefees” van Christus, en “gevier”. “Gevier”, as en omdat, Opstandings-“Dag –uit die dode– van die Here— ‘kuriakee heemera! (Kolossensiërs 2) 

 

‘Die Sabbatdag’ én en net so, die Sabbatdag geglo, is die werk en wilsbesluit van God; Sabbats-onderhouding is God se gee van die Sabbatdag in die hart, in die hand, en in die geleentheid van die mens as verloste en die mens as Gemeente— en is daarom en word so, ‘Wet’ vir die mens as Gemeente van Christus se Eie. (“Christus se Eie” – Kol2:17 – Gemeente én individu!) Dit “bly oor vir (hierdie) die Volk van God” –  dit “bly oor vir dieVolksburger om te doen – om te gehoorsaam.  Die mens kan nou met strooi of

met stene op hierdie fondament gaan bou. Die Here sal elkeen se bouwerk, self toets. 

 

U verstaan my reg, én, verkeerd. 

U verstaan my reg as u noem dat:

(1)  die Sabbat regdeur die Bybel dui op Christus”; 

(2)  die sabbat is in Christus vervul”; 

(3)  ons onsself aan Chritus moet verbind en in Hom moet rus”.

 

U verstaan my verkeerd as u veronderstel dat ek praat van:

(1)  die 10 gebooie”;

(2)  ons nie nodig het om 'n sekere dag as sabbat te onderhou nie” mits u bedoel die Sewendedag Sabbat. 

 

Beperkinge  (‘Wet’) oor hoe ons onsself van die Skrif gaan bedien: Toets elke toepassing asseblief aan die riglyne hierin gevind:

 

Die Woord:  Maar ons weet dat die Wet goed is as iemand dit wettiglik gebruik en solank hy weet dat die Wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en ... wat daar anders met die gesonde leer in stryd is volgens die Evangelie van die Heerlikheid van die salige God.” 1Tm1:8v.  Hieruit is klaar duidelik die Wet van God stel sy eie ‘Wet’ oor hoe hy gehanteer ‘moet’ word. Ons aanvaar hierdie Wet van God as “steeds geldend”. Dis by voorbaat ooreengekom!  

Hierdie onbuigbare reël maak uitsprake soos die volgende van uself, dat u uself onder die kategorie, ‘onder die Wet’, inbring:

 

(1)  Hoe kan ons "ontslae" wees van die wet en dit "afgesterf" het (Rm 7:6) en "nie meer onder die wet" wees nie (Rm 6:14,15)”;

(2)  Die aanbreek van die Nuwe Testament dui die aanbreek van totale geestelike wedergeboorte aan. ... Daarmee het Christus weggedoen met alle vorme van fisiese wette.

(3)  Hy het die Nuwe Testament ingelei waaronder ons as Christene nie meer onder die wet is nie, maar onder die genade. Ons is nie meer onder die verpligting om die Ou Testamentiese wette te onderhou nie, maar die wet van die Gees van lewe in Christus Jesus het ons vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.

 

Let by voorbeeld op u laaste stelling – die ander kom op dieselfde neer. U identifiseer absoluut die Sabbatsgebod (“Die onderhouding van die sabbat is ‘n Ou Testamentiese instelling”; “die Ou Testamentiese, fisiese sabbatsgebod”),  en  die wet van die sonde en die dood”. 

 

Dit is noodsaaklik dat hierso twee dinge eers uitgeklaar word, want dit gaan die hele gang van ons gesprek vorentoe bepaal.

 

(1)  U sou na alle waarskynlik nooit verklaar het dat “ons as Christene nie meer onder die wet is nie, maar onder die genade ... die wet van die Gees van lewe in Christus Jesus het ons vrygemaak van die wet van die sonde en die dood”, as u regtig bedoel het, “die Ou Testamentiese wette” nie: U sou geen saak met die Ou-Testament of met die ‘ou wet’ van Tien Gebooie gehad het as dit nie vir die Sabbatsgebod van die Sewende Dag Sabbat-dag, gewees het nie.  In al die jare wat ek in gesprek met mense was het ek nog nooit een teëgekom wat nie eintlik bedoel nie, ‘ons as Christene is nie meer onder die wet van die Sewende Dag Sabbatdag nie, maar onder die genade ... die wet van die Gees van lewe in Christus Jesus het ons vrygemaak van die Sewende Dag Sabbatdag van die sonde en die dood’.  (Dit sou natuurlik té reguit en té eenvoudig gewees het.)  Nog nie één mens nie, en ú sou óók nie van “die Ou Testamentiese wette” gepraat het was dit nie dat u eintlik en uitsluitlik die Sabbat en Sabbatsgebod,

en spesifiek, ‘Die Sewende Dag Sabbat’, bedoel nie. Daarmee – het u gevrees – sal die hele sak patats uitgegooi daar lê: Voila!— Die Sabbat is nie uit of onder die genade nie; dit is wetlik van die

sonde en die dood. Dit sou té naïef en té blatant gewees het (té onnosel).  Daarom gaan u slimmer en meer effektief, te werk.

 

(2)  So ook hierdie tweede ding: Dit moet ook eers duidelik gestel word: Dít wat ú met “die wet van die sonde en die dood” bedoel. Want uit u hele betoog is dit onontkenbaar dat u bedoel die sonde en die dood self; nie die ‘Wet’ daarvan nie.  Dis die universele taktiek wat universeel hoogs suksesvol die vraende denke mislei en verkul.  Sommer met die intrapslag word die Sabbat na aard en oorsprong gebrandmerk: Sonde en dood; vervreem van die genade; onder die vloek; vir God self, haatlik en wegwerplik.  Dit op die keper beskou, is alles wat u met hierdie uitlating van u, verklaar: “Ons as Christene is nie meer onder die wet nie, maar onder die genade ... die wet van die Gees van lewe in Christus Jesus het ons vrygemaak van die wet van die sonde en die dood”. Ek glo u het dit self nie besef nie.  Maar hoeveel duisende kere was ek al daarmee gekonfronteer! By meeste ‘debateerders’ ly dit geen twyfel nie dat hulle niks anders bedoel nie. Dis hoekom ek dit eers wou afhandel. Ek gaan voort met hierdie bespreking seker daarvan dat u uitlating wel neerkom op wat ek hier uitgewys het, maar dat u dit nie so bedoel het nie.  As u bereid is, mag ons voortgaan.

 

Ons weet nou om op twee dinge te let: (1) Dat die Sabbat soos enige ‘Wet’ – Ou-Testamenties of Nuwe-Testamenties – beooredeel moet word;  (2) Dat daaruit sal volg dat alle ‘Wet’ op dieselfde beginsel en gronde as God se ‘Liefdesgebod’ gerespekteer en heilig geag sal word, Want: “Een is die Wetgewer: Hy wat mag het om te red!”, die God van Liefde, soos ons almal Hom ken en deur Hom geken wil word.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Waar kom die Sabbat, dan vandaan?

 

 

PdT: “Die eerste vraag wat mens moet vra is: Waar kom die Sabbatsgebod vandaan? Die eerste teken van ‘n Sabbatsgebod in die Ou Testament is in Eks16:23-30 waar die volk dubbel die hoeveelheid manna op die sesde dag moes insamel sodat hulle op die sewende dag kon rus. 

 

PdT:  Die eerste vraag wat mens moet vra is: Waar kom die Sabbatsgebod vandaan?”;   As ons sê ons moet in Christus glo, maar ook die Sabbat onderhou, dan maak ons die Sabbat ‘n addisionele vereiste vir verlossing.  Dan voeg ons weer ‘n wet by, by die evangelie”? 

 

Waarom die Christen die Sabbat hou

 

Die Sabbatdag as “Die Sewende Dag” is God se Dag by wyse van en op grond van sy eie wil, welbehae en genadebetuiging. Geen ander dag van watter Goddelike verordinering of uitverkiesing ookal, is dit, was dit of het dit op enige wyse geword nie. Die Sabbatdag as “Die Sewende Dag”, kom van God af, en is deur God bedoel om as “Die Sewende Dag”,  na God toe terug te keer – nie as leë Woord nie, maar vol van lofbetuiginge aan Hom wat “die

Sabbat gemaak het”. “Gemaak het” is ’n ontsaglike begrip; nog groter die Here wat die Sabbat gemaak het! Die oorspronge van Sabbatsheiliging aldus, vind in Christus Jesus plaas, en vind in Hom in opstanding uit die dood en dode plaas, om een enkel rede van Sabbatsheiliging: Dat God in Christus Jesus “op die Sewende Dag (van die week) gerus het”. Hier, is die direkte profetiese Woord van God, dat Christus “op die Sewende Dag (van die week)” uit die dood uit opgestaan het.  Vat dit as jy kan!  Wêreld, vat dit as jy kan!  Of val maar weer terug op jou floutes en hersinskimme van totale geestelike wedergeboorte ... (w)aarmee Christus met alle vorme van fisiese wette weggedoen het”.   

 

Die oorspronge van Sabbatsheiliging vind in Christus Jesus plaas, en vind in Hom in opstanding uit die dood en dode plaas, om een enkel rede van Sabbatsheiliging: Dat God in Christus Jesus “op die Sewende Dag (van die week)”, in Christus Jesus, “gerus het”. Want God het nooit “gerus” nie, het Hy nie in en deur en ter wille van en om rede Christus Jesus gerus nie; want God het nooit “voltooi” nie, het Hy nie in en deur en ter wille van en om rede

Christus Jesus voltooi nie; want God het nooit “geseën” nie, het Hy nie in en deur en ter wille van en om rede Christus Jesus geseën nie; want God het nooit “geheilig” nie, het Hy nie in en deur en ter wille van en om rede Christus Jesus geheilig nie. En finaal: Dit alles, het God nooit gedoen, voltooi en “volmaak” nie, het Hy dit nie in en deur en ter wille van en om rede Christus Jesus in en deur en met, en ter wille van en om rede Opstanding van Hom uit die dode, gedoen en voltooi en volmaak nie! Dit is die enkel en uitsluitlike gronde van en vir Sabbatsviering— nie ‘die Wet’ nie— niks, anders as Christus Jesus in Opstanding uit die dode nie— Die Wet van God! Christus Jesus as ‘Die Wet’, ja!

 

Ontbreek die Opstanding van Christus uit die dode as allesinsluitende en terselfdertyd alles anders uitsluitende rede vir of verklaring van Sabbatsonderhouding by die Christen, ontbreek alles wat Christelik is, ontbreek alles wat geloof is, alles wat waarheid is, alles wat lieflik en alles wat loflik is daaromtrent— trouens, ontbreek alles wat Goddelik is en het die Sabbatdag mét sy onderhouding die verderflike eie geregtigheid van wettesistiese mens, geword.

 

NB!

Met die wettesistiese Sabbat, of Sabbatsgeloof, of Sabbatsonderhouding, wil ek seblief tog niks mee te doen hê nie.  Want hoe tog sou ek daardeur gronde vir ‘my’ ‘Sabbatsgeloof’ kon gevind het; en hoe tog, gronde teen ‘jou’ ‘Sondaggeloof’? Want as jy dink ek allenig het al hierdie ‘opstandingsargumente’ van my vir die Sabbat ‘opgemaak’, het jy nie geweet dis juis waar al daardie ‘opstandingsargumente’ van jou, vir Sóndagonderhouding, vandaan gekom het nie!   Nou bly net een vraag oor – of duik, die enkele vraag op: Staan dit Geskrywe? / Wat, Staan Geskrywe? (PdT: “Wat is die Skrif daarvoor?”)   Dan sê ek maar wéér: Kyk byvoorbeeld maar net na die woord so pas genoem, “God het die Sewende Dag, gerus ...”, en spoedig tel jy die spoor op, en kan jy dit regdeur die Bybel volg, tot op daardie laaste eerste Woord van Mt28:1-4. En maar nie eenkeer nie, sal jy op ’n dwaalspoor beland wat jou op Sondag gaan uitbring nie. Solank jy by die Skrif bly.

 

 

PdT:  Moet ‘n Christen die Sabbat hou? Is dit Saterdag of is dit Sondag? Het die onderhouding van die Sondag in die plek gekom van die onderhouding van die Saterdag? Moet ‘n Christen hoegenaamd een dag bo ‘n ander ag?

 

Hier is reeds ’n illustrasie van my bogenoemde ‘persepsie’.  Hierdie vrae voorveronderstel ‘’n Christen moet die Sabbat hou’,

want die enigste vraag is, “Is dit Saterdag of is dit Sondag  wat, ‘’n Christen die Sabbat moet hou? So,

ons stem dan saam, ‘‘n Christen moet die Sabbat hou’.  Of, as hy nié die Sabbat moet hou nie, dan ook nie Sondag nie. Enige ‘óf – óf’ benadering, is vanuit die staanspoor asem mors. As daar ’n saak vir die Sabbat uit te maak is, sal die Christen die Sabbat moet hou— punt. As daar nié ’n saak vir die Sabbat uit te maak is nie, moet die Christen géén dag as Aanbiddingsdag, hou nie.

 

Dit is kenmerkend van enige en alle Sondag-voorstaan-redenasies, dat hulle sonder uitsondering eers die Sabbat takel om te prober om dit af te takel; en as hulle die Sabbat klaar platgeloop het – egte Don Quixote styl – dan verbeel hulle hulle, hulle het nou die stryd vir Sondagheiliging gewen.

 

Maar die Sabbat is die werk van God se hande, en “Hy sal die werke van sy hande nie laat vaar nie.” Die Sabbat is ’n lofprysing aan hierdie Skepper God, méér nog omdat God die Sabbatdag Verlossingsdag “gemaak het”! Die hele skeppingswaarde van die Sabbatdag het van die begin af oorgegaan in die verlossingsaandeel en essensie wat dit van die begin af voor geskape was.

 

Ons weet immers almal die Sabbats-gebod kom van Sinaï af.  Maar, die Skrif nog vóór die Wet gegee was, spreek: “God het op die Sewende Dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en God het op die Sewende Dag gerus van al sy werke wat Hy gemaak het. Daarom (van ‘en’) het God die Sewende Dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak . 

 

Let op die herhaling van die Naam van God, om duidelik te maak alles omtrent die Sewende Dag Sabbat en sy instelling moet direk na God terugherlei word. Die mens het niks daartoe bygedra nie. Die skeppingstorie van die Sabbatdag noem nie die mens nie. Die mens se enigste moontlike betrokkenheid by God se instelling van die Sabbatdag was as gevolg van sy sondeval. (Dit is egter nie nou ter sprake nie.) 

 

Watter soort mens is dit wat gaan hoera skree omdat hy ontdek het daar is geen ‘wet’ in Genesis 2 wat die mens aanspreek om die Sabbatdag te onderhou nie? Juis omrede hierdie sondige begeerte van jou na “Wet op Wet, reël op reël”, o mens, het “Ek vertoornd geword ... sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie!

 

 

Die mens het nóg in ‘praktyk’ nóg in gees ooit, omdat die Wet so sê, die Rus van God ingegaan— dis so ’n Ou-Testamentiese realiteit as wat dit ’n Nuwe-Testamentiese realiteit is --- sodat God sy Genade in die dag van ontferming sou kon betoon!

 

 

 

Ontvang, of verdien?

 

PdT:  Die eerste vraag wat mens moet vra is: Waar kom die Sabbatsgebod vandaan?  

 

Dit moet ons weet, vóórdat ons kan vra, ‘Waar kom die Sabbat vandaan?’:—  Die Christen het die Sabbat van God deur Christus Jesus uit die genade deur die geloof, ontvang!  

 

Veronderstel net dat ons die Christenmens wél die Sabbat ontvang het, en vra dán: Sou ons dit ontvang het— van God deur Christus Jesus en uit die genade— of, anders, nié van God nie, nié deur Christus Jesus nie, en nié uit die genade alleen en deur die geloof alleen nie?  Omdat dit anders sou beteken het dat ons die Sabbat uit die werke en verdienstelikheid van die mens en van die werke van die Wet sou moes gaan verwerf het.  Daarmee sluit ons uit dat die Sabbatdag, die glo van die Sabbatdag, of ons onderhouding van die Sabbatdag ooit uit die werke van die Wet of eiegeregtigheid voort kon kom, maar gebore sal móét wees uit die saad van die geloof in ons harte deur die werking van die Gees van Christus, tot die eer van God en tot opbouing van die Gemeente van Christus, alleen.

 

Teenvraag:  Hoe sou Christus deur die Sabbatdag of deur die viering van die Sabbatdag nié geëer en vereer word nie maar tog deur Sondagwaarneming?  Die vraag mag op hierdie stadium vreemd voorkom. Maar ons gaan nie koeitjies en kalfies gesels nie; hieroor gaan dit, en uit die staanspoor is dit my persepsie van die hele ‘kwessie’: As daar geen saak vir die Sabbat uit te maak is nie, dan a priori ook nie vir die Sondag nie. Uitskakeling van die Sabbat beteken uitskakeling van Sondag. Dit gaan nie help om agterna ’n saak vir Sondag te probeer uitmaak nie.  Ek is oor die algemeen en spesifiek nie ‘n voorstander van aanplak-teologie nie

 

Waar kom die Sabbatdag dan vandaan? Van God se toorn of van God se genade?   Ontvang die mens “die Sabbat van die Here jou God” van die Wet af, of van Christus Jesus af? Of vanuit die Meesterskap van Hom wat die Sabbat gemaak het? Vanuit vóór die Verborgenheid van die Godheid Geopenbaar, of van ná die Verborgenheid van die Godheid Geopenbaar?  En die antwoord is:

Vanuit die Verborgenheid van die Godheid Geopenbaar in Christus Jesus, self en direk, vanuit vantevore, en, vanuit daarna.  Die Sabbat kom nie uit of van ’n tydvak nie; die Sabbat kom van die Here van die Sabbat af. Die Sabbat was die Sewende van die eerste sewe dae: net die Here kon dit gemaak het; dit het nie uit ’n vorige wêreld in ons tyd en wêreld in oorgespoel nie. God het die Sewende Dag Sabbatdag soos “al die werke van God”, “geskape: deur dit te gemaak het”. En hoe het God die Sewende Dag Sabbat gemaak? soos al sy ander werke: Deur te gespreek het: “U het gespreek, en dit was.” “Want aldus het God aangaande die Sewende Dag gespreek: En God het op die Sewende Dag van al sy werke gerrus.”  God het met Wetspreking, alles gemaak wat Hy geskep het; ook die Sabbatdag. Nou wil ons God se Werke, sy Spreke en sy Wet, van hierdie dag losmaak en daarvan ‘ontslae wees’ asof dit van ons afhang of ons kan!  Waar kom die Sabbat vandaan? Is die mens heer oor die Sabbatdag?  Kom die Sabbat nie van God Drie-Enig Vader, Seun en Heilige Gees af nie?  Of het dit op kliptafels gegrafeer eerste van die berg Sinaï afgekom? Dit was dieselfde Sabbat van die Skepping wat by Sinaï in Wets-vorm ontvang was, ja. Maar die Wets-vorm was tydelik; die Wets-inhoud en Wets-werklikheid was wat en soos dit uit die hand van God ontvang was: Na Inhoud: Genade.

 

 

 

Die Sewende Dag

 

U standpunt(e) kom daarop neer dat die Sabbatsgebod saam met sy Sabbatdag en onderhouding, vir die Christen taboe is.  Ja, as wat ek nou gesê het nie u standpunt verduidelik nie, hoef ons immers geen gesprek te voer nie. Is dit nie waarop u argumente neerkom nie? U vrae soos: “Die eerste vraag wat mens moet vra is: Waar kom die Sabbatsgebod vandaan?”;   As ons sê ons moet in Christus glo, maar ook die Sabbat onderhou, dan maak ons die Sabbat ‘n addisionele vereiste vir verlossing.  Dan voeg ons weer ‘n wet by, by die evangelie”?  Trouens, dis waarop u uself met u hele poging toespits, om te wys en te ‘bewys’, hoedat die ‘Sabbatsgebod saam met sy Sabbatdag en onderhouding, vir die Christen taboe is’, of te wel, téén die Nuwe-Testamentiese Gebod van die liefde en die Gees en vryheid: “volgens die Evangelie in stryd met die gesonde leer”. U kannie verkeerd verstaan word nie.

 

Wat maak die Sabbatsgebod, sy Sabbats-dag en Sabbatte-onderhouding, vir die Christen iets wat téén die Nuwe-

Testamentiese Gebod van die liefde en die Gees en vryheid sou wees?  En ek sal u self antwoord: Die feit dat dit steeds “Die Sewende Dag Sabbat van die HERE jou God”— soos in beide die Ou- en Nuwe-Testamente geïdentifiseer— is.  Dat dit ‘Ou-Testament’ en ‘Ou-Testamenties’ is? --- Nee wat, want die “Liefdesgebod” is ook ‘Ou-Testament’ en ‘Ou-Testamenties’.  Dis net oor die ongerief, aanstoot en skande van “Die Sewende Dag Sabbat”, en dat dit “Die Sewende Dag Sabbat van die HERE jou God” genoem durf word, wat maak dat die Sabbatsgebod, sy Sabbats-dag en Sabbatte-onderhouding, vir die Christen iets geword het wat téén die Nuwe-Testamentiese Gebod van die liefde en die Gees en vryheid sou wees. Daarom is die Sabbatsgebod saam met sy Sabbat-dag en

Sabbatte-onderhouding, vir die Christen die grootste verleentheid en toets van respek of disrespek vir die Skrifte.  Want volgens die Skrifte, is dit in ewigheid onmoontlik om hoegenaamd ’n ander aanbiddingsdag vir die Volk van God van alle tye en dispensasies aan te toon – en hoe ookal gehaat – verpligtend te maak.  En volgens die Skrifte, is dit in ewigheid onmoontlik om hoegenaamd sonder Die Aanbiddingsdag vir die Volk van God van alle tye en dispensasies klaar te kom, of, om daarvan “ontslae te wees”. Om “Sabbatdagonderhouding vir die Volk van God” te negeer, vereis om die grondslae van “Sabbatdagonderhouding vir die Volk van God” te negeer, naamlik dít wat vervat word in Hb4:7-8 vóór vers 9, én dít wat vervat word in Hb4:10 ná vers 9.  Eerder gaan die hovaardige ‘Christen’ aan en stuit nie eers voor Skrifverdraaiing en Skrifverminking om sy eie afgodsdag van aanbidding bó Die Dag

van die Here “Aangaande waarvan God aldus gespreek het: En God het op die Sewende Dag van al sy werke gerus”, te verhef nie. 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die Wet het verval

 

PdT:   In die artikel: Die wet, word bespreek dat Christus by sy dood en opstanding die Ou Testamentiese wet vervul en beëindig het. Hy het die Nuwe Testament ingelei waaronder ons as Christene nie meer onder die wet is nie, maar onder die genade. Ons is nie meer onder die verpligting om die Ou Testamentiese wette te onderhou nie, maar die wet van die Gees van lewe in Christus Jesus het ons vrygemaak van die wet van die sonde en die dood. Dit vind praktiese uitdrukking in die liefdesgebod van Christus: liefde vir God en die naaste.

 

PdT:  In Christus het enige vorm van wet verval. As ons sê ons moet in Christus glo, maar ook die Sabbat onderhou, dan maak ons die Sabbat ‘n addisionele vereiste vir verlossing.  Dan voeg ons weer ‘n wet by, by die evangelie.  

 

PdT:  Ons as Christene is nie meer onder die wet nie, maar onder die genade ... die wet van die Gees van lewe in Christus Jesus het ons vrygemaak van die wet van die sonde en die dood”.

 

Die Wet is gegee ... vir die wettelose en ... wat ... met die gesonde leer in stryd is volgens die Evangelie”.

 

Volgens elke argument van u en volgens die geheel van almal, verklaar u eenvoudig dat die Wet en spesifiek die Sabbat-Wet,  

(1): nie gegee is of, vir die Christen nog geld nie;  

(2): en volgens die Evangelie

(3): met die gesonde leer in stryd is.

 

U maak op niks anders aanspraak nie met uitlatings soos die volgende (Want wat sou u dit anders voor gemaak het?):—

 

(1)  ons het nie nodig om 'n sekere dag as sabbat te onderhou nie”;

(2)  As ons sê ons moet in Christus glo, maar ook die Sabbat onderhou, dan maak ons die Sabbat ‘n addisionele vereiste vir verlossing.  Dan voeg ons weer ‘n wet by, by die evangelie.

(3)  God vra dat ons nie ons harte verhard nie, maar dat ons in geloof ons harte oorgee aan Hom. Dit is die ware betekenis van die sabbat.

(4)  Hy bepaal nou weer 'n sekere dag in die plek van die Sabbatdag, naamlik vandag (4:7).

(5)  Die uiteindelike vervulling van God se belofte van rus is die rus waarin mense gaan as hulle glo in Christus en daardeur in 'n verhouding met God tree (Heb 4:3). Hierdie rus noem die skrywer 'n sabbatsrus.

(6)  Dit is dus die vervulling van dit waarvoor die sabbat staan en waarvan die sabbat 'n skaduwee is.

(7)  Omdat Jesus die Sabbat in Homself vervul het, nooi Hy ook mense uit om hulleself aan Hom oor te gee, hulle las af te lê en in Sy rus in te gaan. Dit is die ware sabbat.

(8)  Volgens die NT is die ganse wet (alle geskrewe wette, insluitende die tien gebooie, asook die ganse pentateug) en profete: dit wil sê die totale Ou Testament in Christus vervul. Niks

is daarvan uitgesonder nie. Ook nie die sabbat nie.

(9)  Die onderhouding van die sabbat is ‘n Ou-Testamentiese instelling, saam met al die ander wette.  Dit alles was slegs ‘n skaduwee, wat op Christus gedui het en in en deur Christus vervul is.

(10)  In Heb 3:11 is dit duidelik dat die rus waarin die volk moet ingaan, nie die sabbat is nie, maar die ewige rus in Christus.

(11)  Nou bepaal God weer ‘n “sekere dag.”  Wat is die “sekere dag” wat vroeër bepaal is?  Dis die sabbatdag!

(12)  Maar nou bepaal God weer ‘n sekere dag, maar nou is dit nie ‘n spesifieke dag  van die week nie, dit is “vandag” – elke dag, nou, enige dag!

(13)  Behels dit die onderhouding van die fisiese, Ou Testamentiese sabbat, wat slegs ‘n skaduwee was van die werklike ewige rus in Christus?  Verseker nie.

(14)  Die konteks maak dit duidelik dat die term “sabbatismos” hier figuurlik gebruik word.

(15)  Dit sê dat hy wat in Christus se ewige rus ingegaan het, het ook die sabbat vervul.  Anders gesê, hy wat in Christus rus het ook dit nagekom wat die fisiese sabbatsrus bedoel was om te doen.

(16)  Moet ‘n Christen die Sabbat hou? ... Moet ‘n Christen hoegenaamd een dag bo ‘n ander ag?

(17)  Hy het die Nuwe-Testament ingelei waaronder ons as Christene nie meer onder die wet is nie, maar onder die genade.

(18)  Ons is nie meer onder die verpligting om die Ou Testamentiese wette te onderhou nie

(19)  maar die wet van die Gees van lewe in Christus Jesus het ons vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.

(20)  Dit vind praktiese uitdrukking in die liefdesgebod van Christus: liefde vir God en die naaste.

(21)  Paulus sê uitdruklik dat al die gebooie ("watter ander gebod ookal") saamgevat word in

hierdie woord: jy moet jou naaste liefhê soos jouself (Rm13:9).

(22)  Die hele wet word vervul deur die gebod van die liefde (Gl 5:14).

(23)  Die gebod van die liefde vir God en jou naaste is dus die enigste gebod wat nodig is om te onderhou.

(24)  Enige ander gebod word as’t ware opgeneem onder die groot gebod. Die groot gebod sluit alle ander gebooie in. Die Sabbat is geen uitsondering nie.

 

My hoofbesware teen u metode in die algemeen is:  

(1)  Die onverantwoordelike manier waarop u Skrif gebruik.

(2)  Dat u katagories, ongegronde aansprake maak.

(3)  Dieselfdebasiese argumente’ oor en oor herhaal maar net met effense anderse woorde.

 

(1)  nie nodig” 1 en 23 = “verpligting” 18

(2)  byvoeg” 2=“in die plek van” 4=“Maar nou weer” 12

(3)  harte geloof” 3 =“oorgee” 7 =“glo, verhouding” 5.

(4)  vervul” 5,6,7,8,9,15,22; “nagekom” 15; “saamgevat” 21; “opgeneem” 24; “sluit in” 24.

(5)  sabbatsrus” 5, “figuurlik” 14,

(6)  ewige rus” 10, 13, 15.

(7)  skaduwee” 6, 7, 13 = “Ou-Testamentiese”, “gedui” 9.

(8)  sekere dag” 11, 12, 13.

(9)  fisiese” vs. “werklike  13.

(10) “dag ag bo” 16.

(11) “Nuwe-Testament” 17

(12) “nie meer onder wet” = “vrygemaak van wet” 17, 19.

(13) “onder die genade” 17.

(14) “wet van die Gees” 19.

(15) “liefde” 20, 22

 

Hierdie groeperinge kan verder saamgevat word, by voorbeeld: Onder “nie nodig” 1, 4, 7, 11, 12, 13, 14, 15; Onder “hart, geloof”, “wet van die Gees  3, 5, 6, 13, 14, 15. Wat bly oor? ‘Tegniese’ aspekte soos “sabbatismos” se betekenis, 5, 6, 7, 8;   en “een dag bo die ander ag”, 5,7, 10. U vele argumente so ver, reduseer tot maar enkeles (ook maar sonder kern). 

 

 

 

Waarmee PdT bedoel die Sabbat het ‘verval’

 

Met valse logika:

Sou dit nodig wees om die Ou Testamentiese, fisiese sabbatsgebod tot nou steeds te onderhou?  Verseker nie, WANT: dit is vervul in Christus ... Alle fisiese wette is in Christus vervul ... Die Sabbat vind vervulling in Christus ...

 

Met valse woorde:

In Christus het enige vorm van wet verval ... Christus het weggedoen met alle vorme van fisiese wette ... sabbat 'n las af te lê ... opgehef in Christus ... geen Nuwe-Testamentiese gronde ... Ou-Testamentiese instelling ... nooit beveel om sabbatsgebod te onderhou nie ... die Ou Testamentiese wet vervul en beëindig ... Ons is nie meer onder die verpligting ...

 

Met valse Skrifture:

Christene is nie meer onder die wet nie maar onder die genade ... om die Ou Testamentiese wette te onderhou nie, maar die wet van die Gees van lewe in Christus Jesus het ons vrygemaak van die wet van die sonde en die dood ... die oue is verby, alles het nuut geword ... Hy het weggedoen met vlees ......

 

Met valse beelde:

sabbatdag ‘n skaduwee ... in die plek van die Sabbatdag / Sabbats-onderhouding ... niks uitgesonder behalwe die sabbat? ... vereis juis nie die onderhouding van ‘n spesifieke dag nie ... Hy wat in Christus rus het nagekom wat die fisiese sabbatsrus bedoel was om te doen ...... op Christus gedui ... daarheen gewys ... “sekere dag” vroeër bepaal die sabbatdagMaar nou bepaal God weer ... enige dag! (behalwe die Sabbatdag)

 

Met skyn:

moet geestelik wedergebore word ... Gebod van liefde ingestel ... bekragtig deur wederbarende werk van die Gees ... juis nie ... geestelik nie fisiese nie ... God se weë leer ken het ... Nuwe Verbond ... as ons nie ons harte verhard nie maar glo ... aan Christus verbind, tree ons toe tot die eintlike rus waarvan die fisiese sabbatsgebod slegs ‘n skaduwee was.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Romeine 8

 

U verwys na Romeine 8. Maar hoe geregverdig is u toe-eiening van hierdie Skriftuur as onderlegging van u teorie, “Die wet vervul en beëindig ...”?

 

Wat is nié u ‘teorie’ nie? 

Dit is Bybels waar dat:Ons nie meer onder verpligting is om die Ou Testamentiese wette te onderhou nie”; Dit is Bybels waar dat:die wet van die Gees van lewe in Christus Jesus ons vrygemaak het van die wet van die sonde en die dood”;

Dit is Bybels waar dat:  Christus die Ou Testamentiese wet vervul het”.

 

Maar,

Dit is nié waar dat:die Ou Testamentiese wette”, “die wet van die sonde en die dood” is nie; (Sien hieronder onder Romeine 8.)

Dit is nié waar dat: Die wet vervul” beteken “die wet beëindig” nie.

 

U teorie is daarom:die Ou Testamentiese wette”, is, “die wet van die sonde en die dood”;

U teorie is daarom: Die wet vervulbetékendie wet beëindig”.

 

Hier is hoe ú, die Bybel láát ‘verstaan’:  

 

Vanuit die regte verstaan (dit is nou, ú, ‘verstaan’)  van die posisie wat die wet moet inneem in die lewe van die Nuwe Testamentiese Christen, spreek dit vanself dat die wet – waarvan die onderhouding van die Sabbatdag deel was”, géén plek meer mag ‘inneem’ nie. Hoekom sê u dit nie reguit nie?

 

In Romeine 8 – die teksgedeelte wat u sonder om die teksplaas aan te toon, probeer gebruik – praat Paulus op sy besondere manier oor die wet. Hy praat naamlik van die onderliggende ‘wet’ van alle ‘wet’.  Romeine 8: ….

 

1 Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.   2  Want die Wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van

die wet van die sonde en die dood.   3  Want God het – wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit deur die vlees kragteloos was – deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde(-vergifnis), die sonde in die vlees veroordeel,   4  sodat die reg van die wet in ons wat nie na die vlees wandel nie maar na die Gees, vervul kon word.   5  Want die wat vleeslik is bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.   6  Want wat die vlees bedink is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,   7  omdat wat die vlees bedink vyandskap teen God is: want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie,   8  en die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;   9  julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.   10  Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees (of / en) Gees is lewe vanweë die geregtigheid.   11  En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.   12  Daarom dan broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie;   13  want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.   14  Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.   15  Want julle het nie ontvang ’n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur Wie ons roep: Vader!

Vader!    16   Die Gees Self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;   17  en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede-erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word. 

 

Wat is nou die onderliggende ‘wet’ van alle ‘wet’? 

 

1  na die vlees2  die wet van die sonde en die dood … 3  die wet … die vlees … die sonde in die vlees … 5  wat vleeslik is … 6  wat die vlees bedink    die dood … 7  vyandskap teen God  … dit onderwerp hom nie … 8  in die vlees … kan God nie behaag nie;    9  die Gees van Christus nie het niebehoort nie aan Hom nie …  10  die liggaam … dood … vanweë die sonde  11  julle sterflike liggame …  12  die vlees … om na die vlees te lewe …  13  na die vlees lewe … sal julle sterwe … die werke van die liggaam … 15  gees van slawerny … om weer te vrees

Die wet van die sonde en die dood”: “Die siel wat sondig, die sál sterwe!” of, “dié móét sterwe!” (Es18:4) = ‘Wet’. Wie het gespreek? Gód het gespreek! Die onderliggende ‘Wet’ van alle ‘wet’, is God!  

 

Hier is “die wet van die sonde en die dood”:— “Die siel wat sondig, die sál sterwe!” of, “dié móét sterwe!”, is méér as maar net ‘natuurwet’, vóór die ‘wet van oorsaak en gevolge’, stérker as, ‘Doen sonde en vernietig jouself’.  Want dit is ‘Wet’ naamlik van Gód; deur God ‘ingegee’.  Die krag van die sonde is die Wet” ... die krag van die Wet, is God en sy Woord. 1Kor15:56-57.  Daarom weerspieel hierdie Wet die karaktereienskappe van God waarvolgens dit ewiglik ‘blywende’ en ‘geldende’, ja, heilige, onveranderlike, ‘Wet’, is!  Een is die Wetgewer: Hy wat mag het om te red!” Jakobus het die Evangelie net so goed as Paulus verstaan. Hulle beskou dit net vanuit verskillende hoeke.  Ons sal nou sien hoe Paulus presies dieselfde as Jakobus op net ’n heel ander manier, sê. “Hy wat mag het om te red”, is Hy wat mág – die alleenmag – het, om te dóód!   

 

Hierdie “Wet van die sonde en die dood”, is die Wet wat sê, “Die siel wat sondig, die móét sekerlik sterwe!” Es18:4. “Die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe!” Gn2:17.   Hierdie Wet:— ‘Wet’ van Gód se verordening en van geen mens nie, verwys Paulus na as ‘die Wet’ van Verbod eerder as Gebod:  Verbod ván ’n “gees van slawerny”, Verbod téén “julle sterflike liggame”, Verbod úít “vyandskap teen God”, die ‘Wet’ van Verbod óór wat “die vlees bedink”.  Hierdie ‘wet’

waarvan Paulus in Romeine 8 praat, is “Die wet van die sonde en die dood”— dit is méér as ‘natuurwet’; dit is Goddelike ‘Wet’!   

 

Die onderliggende “wet van die sonde’’ is: “die dood” – “die angel van die dood is die sonde”, 1Kor15:56b.   Die onderliggende “wet van die dood’’ is: “die sonde”: die siel wat sterwe, het gesóndig!  Want die loon van die sónde, is die dood”. Ro6:23. Nou praat ons van Goddelike Wet as ‘natuurwet’ of ‘logiese’ aksioma van oorsaak en gevolge of aksie en reaksie. Dis nie hoe die Woord hierdie Wet sien nie. Want die dood heers weens die sonde, en mens kan nie eers sê: Ja, maar as daar geen wet meer is nie, dan is dit ook nie sonde om daardie nog nie gegewe of verbygegane wet te oortree nie, want, sê die Woord: “Tóg het die dood geheers van Adam af tot op Moses” (Ro5:14) ... toe die Wet die eerste keer eers gegee was!  Want hoe het dood in die wêreld gekom? “Deur die sónde het die dood in die

wêreld gekom … die dood het tot alle mense deurgedring omdat almal gesondig het.” Ro5:12b.  Die krag van die sonde is die wet” (1Kor15:56b) en daarom was die Wet eerste dáár, ongeskrewe, in die geregtigheid van God naamlik bevat, en geldende, van vóór die sonde en van vóór die mens gesondig het – wat bewys,  wet van die sonde’’ is: “die dood”, en, “wet van die dood’’ is: “die sonde”. God het dit vasgestel. As God hierdie Wet van Verbod nie gespreek het nie, sou selfs die vrese van God bewaarheid moes word: “As die mens net tog nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!” Gn3:22:  omdat niks teen die verordeninge van God kan geskied nie: “Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin ....”

 

Die poging om die Ou-Testamentiese Wet veral die Tien Gebooie en in besonder die Sabbatsgebod as ‘die wet van die dood’ of van ‘die sonde’, of van ‘die sonde en die dood’ te bewys, is die vlak, agtelose en lasterlike onderneming waarvoor mens geen simpatie mag koester nie.  Want dit weerspreek God direk, waar Hy verklaar, “Die siel wat sondig, die móét sekerlik sterwe!  Dit weerspreek God óók direk, waar Hy verklaar: “Wat ’n mens moet doen dat hy daardeur kan lewe!” Neh9:29. “Dit is jou lewe en lengte van dae.” Dt30:20. Sekerlik moet hierdie relevante Skrifvergelykings – al verduidelik hulle vergelyking met mekaar nie alles nie – mens waarsku nog voordat hy op die verkeerde pad land en die Wette van God wil uitmaak asof hulle vandat Christus gekom het die sonde self geword het. Dit is nie waar nie. “Wat sal ons dan sê? Is die Wet sonde? Nee, gladnie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie.”

 

En hoe sou ek God anders kon gedien het?

 

Begin mens net die ‘eerste beginsels’ van die Wette van God verstaan, begin jy dalk verstaan hoe die Nuwe-Testament oor die Wet spreek.  Wat eerste en allerduidelikste opval, is dat die Wet “steeds geld” en allereers “steeds geld” in hierdie vorm: “Die siel wat sondig, die móét sekerlik sterwe!  En wat tweedens en onvermydelik opval is hierdie gebod: Dat juis vir hom wat wedergebore kind van God geword het, die Gebod “steeds geld”: “Die Gebod wat vir my die lewe moes wees, dié het geblyk vir my die dood te wees.” 7:10.  Ek het vroeër sonder die Wet gelewe.”  Noudat God my genadig was, nadat ek “ten opsigte van die wet dood is deur die liggaam van Christus … wat uit die dode opgewek is”, 7:4a,  nou, “vind ek ’n ander wet in my lede

wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is”, 7:23.  

 

Moenie dink dis die wet van die bose nie, want dit is nie!  Hier is God in sy genade na sy kinders toe werksaam:— “Sonder die Wet het ek (Christenmens) vroeër gelewe; maar toe die Gebod kom (vandat en noudat ek gelowige geword het en is), het die sonde weer opgelewe --- en ek, het gesterwe!” Ro7:9.  Dwase mens! Wat jy saai word nie lewendig as dit nie gesterf het nie!” 1Kor15:36   Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood? Ek dank God deur Jesus Christus onse Here” ... “Ek sterf elke dag ... hy wat gesterf het is geregverdig van die sonde.” Ro7:24-25, 1Kor15:31, Ro6:7. “Maar God gee dit ’n liggaam soos Hy gewil het.” 1Kor15:38. “Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld: en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, ons geloof.” 1Jh5:4. Waar en hoe het Christus oorwin? Waar en hoe gaan ons oorwin, anders as in Hom en met Hom— aan die kruis deur dood en opstanding? Die Wet van die Gees en van vryheid en lewe, kom nie na ons toe alvorens Hy ons as die Wet van die sonde en die dood gekonfronteer en oorwin en gedood het nie.

 

God se Verbodswet – sy Oordeelswet wat die dood gebied oor die sondaar – is Genadewet tot redding oor hulle en vir hulle wat uit genade gered word deur die geloof. Dis God se weg wat Hy met elkeen van sy verlostes allenig loop deur Christus Jesus: “As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons: Dat ons ook saam met Hom sal lewe!

 

Die Gebod wat die lewe moes wees”, Ro7:10a, is hierdie Wet: “Die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe!  Ek herhaal!  Die Gebod wat die lewe moes wees”, 7:10a, is hierdie Wet: “Die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe!  Want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe”, 8:13a. Hoe, en waarom?:— Die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe!” 10:5. “As julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe”, 8:13b.  Maak dood dan julle lede wat op aarde is!” Kol3:5.  Dit is een en dieselfde Wet van God en is al gronde waarop Paulus konsekwent voortgaan: “Dié Gebod wat die léwe móés wees, dié het vir my geblyk die dóód te wees!” 7:10.  Hy praat van hierdie Goddelike Wet: “Die siel wat sondig, die moet sterf!” Es18:4. Paulus veronderstel die heel eerste Wet en sê daarvan, “Dié

Gebod wat die léwe móés wees, dié het vir my geblyk die dóód te wees!Sonder hierdie Wet het geen Christen ooit tot geloof gekom

of ooit in die geloof kon bly nie.  Die Wet was ons tugmeester na Christus toe.” Gl3:24. “Wie sy kruis nie neem en My (deur die dood) volg nie, is My nie werd nie. Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe om my ontwil verloor, sal dit vind.” Mt10:38-39.  

 

En daarmee val die ‘argument’ dat die Sabbatsgebodmee weggedoen’ is omdat dit ‘wet van die sonde en die dood’ was, self, in duie, want dit is met waarmee eers én agterna mee weggedoen moet word, en nie die Woord van God waarmee ooit weggedoen kán word nie.

 

Nou praat Paulus van die (een) Wet van God; dan praat hy van “’n ander Wet” van God, amper asof daar twee wette van God is. Dit is God, “wat in ons werksaam is”.  Paulus se bedoeling is: Hoe daardie Een Wet van God “in ons werksaam is” om in ons ons behoefte aan die God van genade wakker te maak:— naamlik ons behoefte om gedood te word; om soos die saad, eers te sterwe, voordat God ons liggaam wat Hy gewil het aan ons gaan gee. God gee dit eers wanneer “deur die Gebod die sonde aanleiding vind en my verlei en daardeur gedood het”, 7:11; eers wanneer “’n ander Wet in my lede stryd voer … en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is.” Geen Christen, geen gelowige ooit was dit wat nié deur die Heilige Gees hierdie stryd in gebore was nie.  Die Evangelie werk so en nie anders nie, vriend!  Watter ‘ander Wet’ dan sal dit wees wat “my gevange neem onder die wet van die sonde”, as dié Wet waaronder “ons dien in die nuwigheid van die Gees”, “die Wet, heilig en regverdig en goed”? 7:6c, 12. “Ek het vroeër sonder die Wet gelewe.” Ro7:9a en

6a,b: “Sonder hoop en sonder God in die wêreld”, Ef2:12. “Maar toe die Wet gekom het -- “die Wet (waar)sonder die sonde dood is” en sonder krag, 7:8b -- het die sonde weer opgelewe en ek het gesterwe.” 7:9c.  En die gebod wat die lewe moes wees, dié het vir my geblyk die dood te wees.” 7:10.  Sodat die reg van die Wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.” Ro8:4. Ja, dit is God se “Gees van lewe” wat die vyandigheid in ons gedurig dood en die knegskap tot aan die einde vernietig deur elke dag se afsterwe van die ou mens saam met, in, en deur Christus Jesus. Ro8:11, 17. “As Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die Gees is lewe vanweë die geregtigheid.” Ro8:10.  Lewe en dood in dieselfde siels- en lewenservaring en ‘praktiese

uitdrukking’ van die wedergebore kind van die Here volgens hierdie die Grootste Gebod is: “Ons het God lief omdat Hy ons eerste

liefgehad het”.

 

Die Wet van die sonde en die dood, blyk dieselfde Wet as die Wet van die Gees en die Lewe te wees. Die enigste Gebod van God is die Liefde, want dit is net die Liefde van God wat mens tot sondebesef bring— waardeur ons ou mens die stryd aangesê en gedood word: Om te kan lewe na die Gebod van God.

 

Geen mens beskik oor die reg of mag om daardie Wets-Woord, “Die siel wat sondig, dié moet sterwe”, te mag spreek nie. Dis geen vanselfsprekendheid dat “Die loon van die sonde die dood is” nie. Dit is Godswet.  En onder daardie wet bly juis die verloste mens: “die wet heers oor die mens so lank as hy lewe”, Ro7:1b.

 

(Paulus sê, “Ek praat met mense wat die wet ken”— (7:1a) proefondervindelik, ‘ken’ deur ‘praktiese’ ervaring van die gelóóf: “Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur die gelykvormigheid aan sy opstanding.” Ro6:5.  Paulus voorverondestel die wedergebore gelowige Christenmens en hy voorveronderstel homself as die voorbeeld van een in hoofstuk 7.  Die gelykvormigheid aan sy dood” is die begin van en voorwaarde vir “die gelykvormigheid aan sy opstanding”; dit is die volgorde by die mens. In Christus het die beginsel andersom gewerk: Dit is die opstanding van die Here wat aan sy sterwe enigsins waarde verskaf. “As Christus nie opgestaan het nie, was julle nog in julle sondes”, en het Hy – menslik gesproke – verniet gesterwe!)

 

So het God gewil sal die mens wat so geneigd is om te dink daar is niks met hom verkeerd nie en hy het aan niks behoefte nie, sy hele lewe deur daaraan herinner word dat God net sondaars verlos. Want God is Heerser oor lewe én dood, en iets is sonde omdat God dit sonde, wil, en, sonde, verorden. En die dood is die loon van die sonde, nie soos oënskynlik, in sigself nie, maar presies omdat Gód die sonde met die dood strafbaar wil, en, met die dood strafbaar, verorden. 

 

Hierdie ‘Wet’ van ‘vyandskap’ en ‘slawerny’— “Die Wet van die sonde en die dood”— in die vorm van die Tien Gebooie of watter ander Wet ookal —, is geen ‘natuurwet’ nie, al geld dit vir al wat geskape en ‘natuur’, is.   Al “vind” “die Wet van die sonde en die dood” “aanleiding” (Ro7:11) na aanleiding van of “deur die Gebodvan die Sabbat Dag, is die Gesag en Krag van die Wet steeds dié van God alleen. 

Iemand wat reken die Wet van God is geen faktor meer nie, weet nie eers wat hyself praat nie, wat nog “verstaan hoe die Nuwe Testament oor die wet praat”.  

 

Die vraag, “Hoe kan ons ‘ontslae’ wees van die wet, dit "afgesterf" het (Rm 7:6) en "nie meer onder die wet" wees nie (Rm 6:14,15), maar steeds verplig wees om die Sabbat te hou?” is die vervolmaking van skynheiligheid, want dit negeer die Wet as Verbod sowel as Gebod, wat “oor die mens heers solank as wat hy lewe” – gelowige of ongelowige: oor die ongelowige “’n verskriklike verwagting van oordeel”, Hb10:27; oor die gelowige om “in die nuwigheid van die Gees te dien”, Ro7:6.   

 

Die eiesinnige wettiesheid wat aanspraak maak daarop dat ‘Paulus uitdruklik sê dat al die gebooie ("watter ander gebod ook al") saamgevat word in hierdie woord: jy moet jou naaste liefhê soos jouself (Rm 13:9)’, maar dan eintlik daarmee bedoel dat van die Sabbatdagontslae’ geraak en mee ‘weggedoen’ is, kan aan daardie verskriklike verwagting van oordeel nie ontkom nie.  Asof daar geen Wet van God is wat meer geld, of vir die Volk van God oorgebly het nie, en dus ook nie meer “’n onderhouding van die

Sabbatdag” nie, spog hulle: In Christus het enige vorm van wet verval. As ons sê ons moet in Christus glo, maar ook die Sabbat onderhou, dan maak ons die Sabbat ‘n addisionele vereiste vir verlossing.  Dan voeg ons weer ‘n wet by, by die evangelie.  

 

Hier is weereens die perfekte voorbeeld van en bewys vir my aantyging dat niemand oor die Wet as sodanig sou geprotesteer het as dit nie was vir die Sabbatsgebod daarin nie. Maar net soos hulle geraas, ‘tale’ is, is hulle ‘kennis’, verstaan, en hulle ‘waarheid’, waaragtigheid.

 

Die sabbat was nooit “‘n addisionele vereiste vir verlossing” nie; dis ’n leuen wat nou teen die Sabbat as vereiste ván verlossing, gehou word.  Ons” is nie by magte om een jota of tittel by te voeg of weg te neem van die Woord van God nie; dis nog ’n ‘addisionele’ leuen teen “die Sabbat van die HERE jou God”, ‘bygevoeg’ met ’n ywer niks kort aan ’n “vereiste vir verlossing” nie.  Die Sabbat, sy Dag en sy onderhouding is nooit “‘n vereiste vir verlossing” nie, “addisioneel” al dan nie. Die Sabbat volg die Verlossing na en is eerstens gawe ván, en dan gehoorsaamheid en vereiste ván, die verlossing wat ons uit

genade, deelagtig gewórd het— nie verdien nie!  Die Sabbat is ons onvoorwaardelike gehoorsaamheid so onvoorwaardelik as ons verlossing self. Die Sabbat is gehoorsaamheid ván, soos áán, die Evangelie van ons Here Jesus Christus.  Die Evangelie van Christus sonder die “Sabbatsonderhouding vir die Volk van God” – dié ‘evangelie’ kom nêrens in die Nuwe-Testament voor nie; is heeltemal onbekend in die Nuwe-Testament. Gaan soek daardie ‘evangelie’ elders; gaan soek hom en kry hom in die eeue ná die eeu van Christus en van die lewende apostels.

 

Dus ken ons die Wet van God eerstens as Verbod en Oordeel (uit God se liefde vir ons tot wedegeboorte, vrymaking en redding), vóórdat en sódat ons die Wet daarná, ook mag begin verstaan as Gebod uit God se liefde vir ons tot ‘praktiese uitdrukking’ van innerlike vryheid en vreugde. Hy wat nog nie deur die Wet van God as genadegawe van oordeel en die dood gekonfronteer was nie, sal ook nie deur die Wet van God as genadegawe van lewe en oorvloed gekonfronteer gewees het nie.  (Ons praat in Voltooide Tyd van die Wet. Hy kom nie in dele nie. Hy neem nie gedeeltes nie. Want God gee en neem alles of niks.)  Hier kan ons nou begin praat van die Sabbats-Gebod as Sabbats-Dag en Sabbatte-Fees; nie meer slegs as Verbod nie, “nie jou sake doen nie … nie jou gewone gang gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek nie of ydele taal spreek nie”, maar ook “Onthou die Sabbatdag ... want God het jou verlos”— Gebod! (Uit Jesaja 58 en die Tweede Wetgewing, Dt5:12-15.)   Altwee is ‘nodig’ en ‘nog nodig’; en “geld daarom steeds”:- Want altwee is God se enkele Woord van Wet. 

 

Kyk hoe die Eerste Wetgewing, Eksodus 20, se Sabbatsgebod sonder die verlossingsmotief was; dit het nog net met die begin van Wets- en Genade-Openbaring te doen. Die Vierde Gebod is omtrent suiwer Verbod, tog ook nie só suiwer Verbod nie, want soos ander Gebooie soos “Eer jou vader en jou moeder”, is dit nie in die vorm van ‘Jy mag nie’ nie, maar is positiewe bevel:- “Gedenk die Sabbatdag dat jy dit heilig!” “Ek is die HERE jou God”, “Ek het jou uitgelei”, as Hoof-Opskrif, het ook op die Vierde Gebod betrekking. “Want God het die Sewende Dag, gerus”, is Gebod.

 

 

 

 

 

 

 

Wie staan onder die Wet?

 

Nou weet ons dat alles wat die Wet sê, hy dit sê vir dié wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees.Ro3:19.

 

Paulus skryf in Teenwoordige Tyd: So staan sake vir jou en my: “Die wat onder die wet is” sluit vir my en vir jou in, anders het God nie “elke mond gestop” nie, en is nie “die hele wêreld voor God doemwaardig” nie, maar moet party mense soos ek en jy, met iets beters as God se Wet vorendag gekom het, en Hom, doemwaardig bewys het. Lasterlik, maar waar! Is dit wat u glo? Dis nie wat ek glo nie!

 

Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig.” 3:21.

 

Paulus skryf weer in die Teenswoordige Tyd, “... terwyl die wet en die profete (van) die geregtigheid van God getuig”— “Vandag as julle sy Stem (sy Woord, sy Bevel, sy Wet) hoor (sê): Moenie julle hart verhard nie!” Dis ek en jy aangespreek deur “die Wet en die profete”—  dis nie Israel nie.  Die Wet van God geld steeds.  En let wel, “die wet en die profete getuig”, wanneer? ... “terwyl”, “die geregtigheid van God geopenbaar is sonder die wet”. Die Wet is soos die heilige wesens wat voor die Troon van God staan. Hulle verlaat nooit hulle pos nie “en het sonder ophou dag en nag gesê: Heilig, heilig, heilg is die Here God die Almagtige, wat was en wat is en wat kom!  Sing hulle nie van Christus nie?!  Getuig die Wet nie van die heiligheid en lof van Christus nie? Nou maar dan geld die Wet mos nog, want waarvoor anders as om die heiligheid en lof van Gód groot te maak sal die Wet nog voor geld? Waarvoor anders sal die Wet nog geld as om in die lewe van die Vólk van God die heiligheid en lof van God nog groot te maak? Die bestaan en geldigheid van die Wet bestaan nog omdat dit vierkantig rus op sy grond- en bestaansreg: Die Reg van God en van God alleen, naamlik Sy alleen-Reg op Heiligheid; en sy alleenreg op aanbidding. Mens sal eers van hierdie bestaansreg van die Wet ontslae moet raak alvorens mens van die Wet ‘ontslae sal kan wees’.

 

Is hierdie nou alles sover gesê verkeerd bewys? --- 3:22: “Daar is geen onderskeid (tussen ‘ou’ Israel en ons) nie, want die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus (is geopenbaar sonder die wet) vir almal en oor almal wat glo (Israel of Christen).” Ook Israel

was “sonder die wet” geregverdig; ook Israel word “deur die geloof in Jesus Christus” alleen geregverdig.  Geensins, want hierso is dit duidelik hoe die Wet ten opsigte van die gelówige, en die gelowige méns staan; nie hoe dit ten opsigte van sy gronde en kraggeldigheid voor Gód, staan nie. Dit is “die wet vir almal en oor almal”, maar, “almal wat glo”.  Waar gaan u meer direkte woorde en begrippe vind wat presies die teenoorgestelde verklaar as dat die Christen van die wet ontslae is en nie onder die wet lewe nie! Die geregtigheid van God word sonder die wet: sonder beperkinge, sonder uitsluiting, geopenbaar. Jy: onder die wet verworpene, verlorene, jy, voor die geregtigheid van God in Christus Jesus, geen veroordeling meer geld oor of ten opsigte van jou nie – ‘die wet’ ten spyte en ‘Die Wet’ te danke! Want in Christus Jesus word dit bevind dat Wet en Saligmaker Een, en Dieselde, is, en jy? Jou lewe saam met Christus, verborge in God! Geen veroordeling meer oor jou nie! Maar “die wet, vir solank as wat die mens lewe”!

 

Want almal het gesondig en dit ontbreek almal aan die heerlikheid van God.” 3:23. “Waar geen Wet is nie, daar is ook geen oortreding (sonde) nie.” 4:15. Daar het ook nooit verlossing gekom nie! “Almal wat sonder die wet gesondig het, gaan sonder die wet” --- hemel toe?  Die wet is vir die wettelose”,  vir die oortreder”, geentugmeester na Christus toe”, nie!  Al daaraan gedink?

 

Hulle (almal) word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.” 3:24.  Nie die hoorders van die Wet (Israel) is by God geregverdig nie.”  Ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan (in die rus van God) nie.” Hb3:19. Dis hoekom hulle nie “by God geregverdig is nie”— nie oor hulle onder die Wet was nie!

 

Maar die daders van die Wet (“heidene”, Christene, gelowiges, 2:14) sal geregverdig word.” Ro2:13— “daders, van die Wet”!   Want terwyl dit dan so ís dat sommige in die Rus van God ingaan ... ons wat geglo het, gáán die Rus in.” Hb4:3, 6a— ons, Christene, is “daders van die Wet”! Wie wil stry?  Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers sal die koninkryk van God beërwe nie!   Praat ek miskien van die Tien Gebooie? Ek praat van Paulus, 1Kor6:10!  Ek praat van die Wet van God; en as die Israeliet dieselfde Wet in Exodus 16 gelees het, het hy die Wet van God wat

ek gelees het, gelees; en dieselfde Stem van dieselfde God gehoor. “Hoorders van die .... Wet”!  Die Wet verval? Nee! Vervul!

Daders sonder verdienste, net hulle word geregverdig en verlos – Israeliet óf heiden. Daders vír verdienste – Israeliet óf heiden –, hulle kan maar vergeet! Maar wat vir ons bespreking belangrik is, Paulus praat hier van die Wet wat deur Christengelowiges gedóén word, ‘geonderhou’ word, nie óm verdienste nie, maar úít verdienste. Úít die verdienste naamlik van almal se Verlosser, van Jood én heiden se Verlosser – Jesus Christus naamlik – Verlosser van hulle wat die Wet “gehoor / verneem / ontvang” het en ‘onder die Wet’ gelewe het, sowel as van hulle wat “aanskou” het en ‘onder die genade’, die Wet van God uitgelewe en gedoen het— as Die Wet van God, gehoorsaam en geonderhou het— “daders van die Wet”!  Want daar is geen aanneming van die persoon by God nie.” Ro2:11.

 

Waar is dan die roem? Dit is in ieder geval (hoorder óf dader) uitgesluit. Deur watter wet is dan die roem?  Deur die wet van die werke (wat vir die Christengelowiges geld, onthou hierbo!)? Nee, die roem is deur die wet van die geloof (wat vir die Israeliet-gelowiges gegeld het, onthou hierbo)!  Ons neem daarom aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet ... aangesien dit een God is wat die Besnedenes (Jode) uit die geloof sal regverdig en onbesnedenes (heidene of Christengelowiges) deur die geloof. 3:27-29. “Want daar is geen aanneming van die persoon by God nie!” Ro2:11.  Maak ons dan die wet deur die geloof tot niet? Gladnie! Inteendeel, ons bevestig die wet.” 3:28.

 

Niemand (behalwe die dwase) het ooit gestry dat die heidene deur die geloof geregverdig word nie; met ander woorde, Paulus sê eintlik hier, ‘Ons bevestig dat die Jood deur of uit die geloof alleen, geregverdig word.’  Nou as die Jood deur die geloof alleen geregverdig word net soos die heiden-Christen, vir wat moes die Jood die Wet nog daarby ontvang het as die Heidengelowige dit nie ontvang het nie? Al wat oorbly is dat albei uit en deur die geloof alleen geregverdig word én dat vir albei “die Wet daar bygekom het sodat (albei se) sonde meer kon word”.

 

Waarom moet u reken die Wet moet mee weggedoen word alvorens mens van die regverdiging as suiwer deur die geloof kan begin praat? Solank mens van regverdiging praat, praat jy van vergifnis; en solank as wat mens van vergifnis praat, praat jy van die

vergifnes van konkrete sondes – sondes wat oortreding van die konkrete Wet is. 

 

 

Al tans moontlike verskil is in watter ‘vorm’ die Wet ná Christus bestaan en funksioneer. Dat die Wet nog ná Christus bestaan en funksioneer is net so seker as vóór Christus. Daarom, as ek praat van in watter ‘vorm’ en ‘funksie’, dan praat ek nie vanuit die menslike standpunt nie – Wat moet ek nog doen? Wat mag ek nie meer doen nie?  Nee! Ek dink vanuit die standpunt van die Wesenlikheid van die Wet self: ‘Is die Wet’? Hoe ‘is die Wet’? Wat ‘is die Wet’? En elke moontlike vraag word met een Naam geantwoord en beantwoord: Jesus Christus. “Maak ons dan die Wet tot niet deur die geloof? Nee! Gladnie! (“God forbid” --- Wet!) trouens, ons bevestig die Wet.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hoe die Skrif-Woord verdraai word

 

Romeine 8:1-4.                          Philip du Toit:

 

Letterlike verskille met ‘geestelike’ betekenis

 

Daar is dan nou geen veroordeling    X    Ons is nie meer onder verpligting

vir die wat in Christus Jesus is nie,

vir die wat nie na die vlees wandel nie X   om die OT wette te onderhou nie

maar na die Gees [die Wet van God hou.]         [want die OT wette is nie geestelike wette nie]

Want die Wet van die Gees van die lewe   maar die wet van die Gees van lewe

in Christus Jesus het my vrygemaak          in Christus Jesus het ons vrygemaak

van die wet van die sonde en die dood      van die wet van sonde en die dood –  

[in ooreenstemmigheid met homself.]                  [asof in teenstydigheid met homself]

Want God het                                      dit

wat vir die Wet (van die Gees van lewe)    (‘die wet van die Gees’)

onmoontlik was,  omdat dit                    vind

deur die vlees kragteloos was –           praktiese

deur sy eie Seun in die gelykheid              [dit is, in onsself

van die sondige vlees te stuur –               [wat van die wet van sonde en dood ontslae is]

en dit, ter wille van die sonde(-vergifnis), 

die sonde in die vlees veroordeel            uitdrukking  

sodat die reg van die wet                      in die liefdesgebod van Christus:

vervul kon word in ons wat                      [deur onsself vervul in ons]

nie na vlees wandel nie maar na die Gees   liefde vir God en liefde vir die naaste.

 

Implisiete’ verskille van geestelike belang—

 

Romeine 8:1-4, bedoelend:                  Philip du Toit, bedoelend:

                                   

 

Daar is dan nou geen veroordeling Ons is nie meer onder verpligting

geen veroordeling deur die Wet steeds geldend            – verpligting van die Wet mee weggedoen

                                                                                                 

vir die wat in Christus Jesus is nie;           

vir die wat nie na die vlees wandel nie       om die OT wette te onderhou nie –

(vir die wat nie na die wet van die sonde wandel nie)        waarvan die Sabbat een was, wat die wet

 

maar na die Gees                      van sonde en die dood geword het omdat dit

wat in Christus en in die genade inbring –                          van Christus losmaak en van genade laat verval.

 

Want die Wet van die Gees van die lewe    Maar die wet van die Gees van lewe –

in Christus Jesus, het my vrygemaak         in Christus Jesus het ons vrygemaak

van die wet van die sonde en die dood      van die wet van die sonde en die dood

– soos in “na die vlees te wandel” –                                    – soos in Sabbatsonderhouding –

sodat die reg                                        Dit (die wet van die Gees) vind

van die wet vervul –                               praktiese uitdrukking

dit is, die reverdiging deur die geloof – vervul          dit is, ‘vervulling’ deur dade van ons eie

kon word in ons wat                              van die liefdes-gebod van Christus:

“uit genade deur die geloof” en                                         behalwe t.o.v. Sabbatsonderhouding

nié na die vlees wandel nie –                  want Sabbatsonderhouding wanneer van die

nie na “die wet                                                                       Sewende Dag, is om onder “die wet van die

van die sonde en die dood” nie –                                        sonde en dood” te wandel; Sondag onderhouding

maar na die Gees                                                         om vrygemaak van die wet te wandel in

en na “die Wet van die Gees van die lewe”.              liefde vir God en liefde vir die naaste.

Waaruit duidelik is:

Dat PdT (per ongeluk?) by gebreke gebly het om aan te toon dat Romeine 8:14 die Skriftuur was na aanleiding waarvan en waarop hy sy ‘bespreking’ van ‘die wet’, gebasseer het;

 

En dat Paulus in Ro8:14 geensins:

(1)  die Sabbat ingedagte het nie; ook

(2)  dat PdT nie ’n woord of gedagte daarin rakende die Sabbat gevind het of kon vind nie anders as deur valse suggestie;

(3)  dat valse suggestie die basis en substansie van teen-Sabbatsargumente is, moet wees, en sal wees.

 

Ou-Testament en Christus word as vyande voorgestel daarin dat u sê,  Ons is nie meer onder die verpligting om die Ou Testamentiese wette te onderhou nie” – wat die direkte en verloënende weerspreking van die teks is wat sê, “Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie”, of hulle Ou- of Nuwe-Testamentiese gelowiges is.  

 

Om die Ou Testamentiese wette te onderhou” beteken nou om “onder die verpligting  van die wet van die sonde en die dood” te wees (soos wat PdT dit verstaan). Hy wat enige wet uit die Ou-Testament – trouens, “enige wet” – mag onderhou, is nie “van die wet van die sonde en die dood  vrygemaak” nie, maar is nog “onder die wet” – vanselfsprekend dieselfde “wet van die sonde en die dood”. Nou word Ou-Testament en die “wet van die sonde en die dood” as een en dieselfde voorgestel, asof nie ook die Nuwe-Testament net so die “Wet van die sonde en die dood” vir ons en oor ons móét wees nie, sodat ons ou mens daardeur gedood kan word, en ons weer na die Gees van Lewe en Geregtigheid opgewek mag word om God in nuwigheid van die Gees te dien.

 

Dit is wat die “Wet van sonde en die dood” vir ons beteken het: Deur ons te dood het Christus weggedoen met ons lede op aarde – lede van die vlees – geestelik sondige dinge. Saam met Hom in sy dood het ons dit afgesterwe.  Hierdie wegdoening met die ou mens deur die doding daarvan volgens die Wet van die sonde en die dood, word bekragtig in ons lewens deur die wederbarende werk van die Gees.  Rom 8:2 “Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood. 

 

En dit is dan nié wat die “Wet van sonde en die dood” gedoen het nie: “Daarmee het Christus weggedoen met alle vorme

van fisiese wette. Hy het weggedoen met vlees (of die “fisiese”). Dit word bekragtig in ons lewens deur die wederbarende werk van die Gees” – want dit is geensins waar nie. Nóg Christus nóg die Gees het “weggedoen met alle vorme van fisiese wette” – dis ’n infame leuen. 

 

PdT:  ... die wet van die Gees van lewe in Christus Jesus het ons vrygemaak van die wet van die sonde en die dood. Dit vind praktiese uitdrukking in die liefdesgebod van Christus: liefde vir God en die naaste. 

 

PdT verswyg of weet nie dat “die wet van die Gees van lewe in Christus Jesus”,  die liefdesgebod van Christus”,  liefde vir God en die naaste”,  die Groot Gebod vanuit “die Ou Testamentiese wet” is, en dit “vervul” nie? dat Christus Jesus Self die “praktiese uitdrukking” en “vervulling” van die “liefde vir God en die naaste”-Gebod van die Ou-, – én Ewige-Testament – is nie? PdT weet dit nie?   Beteken dit dat Christus “die liefdesgebod van Christus vervul en ... beëindig”?  Dat God die Sabbatsgebod sou vervul en ... beëindig het?  

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die Wanbegrip ‘Vervul’ = ‘Beëindig’

 

PdT maak hierdie verklaring, In Christus het enige vorm van wet verval”,  op grond daarvan dat hy van mening is: ‘Omdat in Christus vervul, het enige vorm van wet verval’.  Hy stel ‘vervul’ en ‘verval’ gelyk; hy identifiseer die twee.

 

Vervul / vevulling” x 31 met herhalings ingesluit.

 

1)  vervul, sodat ons nie nodig het om 'n sekere dag as sabbat te onderhou nie

2)  Dan voeg ons weer ‘n wet by, by die evangelie.  Die Sabbat vind vervulling in Christus in die sin dat ons in Hom rus.

3)  die rus waarvan Josua praat (4:8) nie die finale vervulling van die belofte van rus is nie

4)  Die uiteindelike vervulling van God se belofte van rus is die rus waarin mense gaan as hulle glo in Christus

5)  (Heb 4:3). Hierdie rus noem die skrywer 'n sabbatsrus. Dit is dus die vervulling van dit waarvoor die sabbat staan

6)  Omdat Jesus die Sabbat in Homself vervul het ... in Sy rus in te gaan. Dit is die ware sabbat.

7)  die totale Ou Testament in Christus vervul.  Niks is daarvan uitgesonder nie. Ook nie die sabbat nie.

8)  Dit alles was slegs ‘n skaduwee, wat op Christus gedui het en in en deur Christus vervul is.

9)  die Nuwe Testament die volle vervulling van die Ou Testament – die oue is verby

10)  Alle fisiese wette is in Christus vervul. Die aanbreek van die Nuwe Testament dui die aanbreek van totale geestelike wedergeboorte aan. Dit is die manier hoe mens deel raak van die Nuwe Verbond. Daarmee het Christus weggedoen met alle vorme van fisiese wette.

11)  Die diepere betekenis van die sabbatdag, dit waarvan die sabbatdag ‘n skaduwee was, vind dus vervulling in die ewige rus in Christus

12)  Die werklike rus is slegs in Christus, juis omdat die fisiese sabbatdag daarvan ‘n skaduwee was, en daarheen gewys het, en daarin (in Christus) vervul is.  Daarom bring hy juis in vers 9 die ewige rus in Christus en die sabbatsrus in verband met mekaar. Dus (ara) bly daar ‘n sabbatsrus oor.  Behels dit die onderhouding van die fisiese, Ou Testamentiese sabbat, wat slegs ‘n skaduwee was van die werklike ewige rus in Christus?  Verseker nie.

 

13)  hy wat in Christus se ewige rus ingegaan het, het ook die sabbat vervul.  Anders gesê, hy wat in Christus rus het ook dit nagekom wat die fisiese sabbatsrus bedoel was om te doen.  Sou dit dus nodig wees om die Ou Testamentiese, fisiese sabbatsgebod tot nou steeds te onderhouVerseker nie,

 

14)  want dit is vervul in Christus, en deurdat ons deur geloof aan Christus verbind is, tree ons toe tot die eintlike rus, waarvan die fisiese sabbatsgebod slegs ‘n skaduwee was.

 

15)  die fisiese sabbatdag daarvan ‘n skaduwee was, en daarheen gewys het, en daarin (in Christus) vervul is.

 

16)  Christus by sy dood en opstanding die Ou Testamentiese wet vervul en beëindig het.

 

17)  saamgevat word in hierdie woord: jy moet jou naaste liefhê soos jouself (Rm 13:9). Die hele wet word vervul deur die gebod van die liefde (Gl 5:14). Die gebod van die liefde vir God en jou naaste is dus die enigste gebod wat nodig is om te onderhou. Enige ander gebod word as’t ware opgeneem onder die groot gebod. Die groot gebod sluit alle ander gebooie in.

 

18)  Die nuwe vervul en gee altyd dieper betekenis aan die oue. So ook het die Sabbatsgebod wel gebou op die beginsel van God se rus op die sewende dag (Eks 20:11), maar het eers in die

woestyn as gebod en deel van die Ou Verbond tot stand gekom.

 

19)  Dit beteken Jesus het die Sabbat in Homself vervul. As Here van die Sabbat het Hy die mag om nuwe inhoud aan die Sabbat te gee.

 

20)  die rus waarvan Josua praat (4:8) nie die finale vervulling van die belofte van rus is nie

 

21)  Die uiteindelike vervulling van God se belofte van rus is die rus waarin mense gaan as hulle glo in Christus en daardeur in 'n verhouding met God tree

 

22)  Hierdie rus noem die skrywer 'n sabbatsrus. Dit is dus die vervulling van dit waarvoor die sabbat staan en waarvan die sabbat 'n skaduwee is.

 

23)  Omdat Jesus die Sabbat in Homself vervul het, nooi Hy ook mense uit om hulleself aan Hom oor te gee, hulle las af te lê en in Sy rus in te gaan. Dit is die ware sabbat

 

24)  Dit was nie nodig om hierdie dae te onderhou nie, want Christus het alles in almal vervul.

 

25)  Christus self is die Lam (Joh 1:29,36), waarvan die lam op die pasga ‘n afskynsel was. Trouens Christus het ALLES waarvan die Ou Testamentiese Wet, Profete en Psalms praat in Homself vervul

 

26)  ALLES wat deur die profete geskrywe is, sal aan die Seun van die mens vervul word."

27)  Luk 24:44 "En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat ALLES wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word."

 

28)  Ef 1:22-23 "En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, (23) wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat ALLES in almal vervul."

Die herdenking van die Sondag kan dus nie verstaan word as ‘n nuwe wet nie.

 

29)  deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees, (4) sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees." Gl 5:18 sê daarom: "Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie."

 

30)  Geloof berus in alle opsigte op die verdienste van Christus. Hy het die wet kom vervul. Hy het alles gedoen wat nodig is vir ons om gered te word. Daar is geen addisionele voorwaardes en wette (insluitende Sabbatdag-onderhouding) wat as voorwaarde kan dien vir redding of ‘n bydrae kan lewer tot ons saligheid nie.

 

31)  Alles waarvoor die Ou Testament staan; al God se wette en profesieë is vervul, nagekom, ingesluit en vervat in Jesus Christus self en die werk wat Hy op aarde gedoen het en nog gaan doen. Daarom, om Christus te ken oortref alles in waarde.

 

 

“Vervul” na aanleiding van Skrifture waarna PdT verwys

 

Hebreërs:  (4:8)... die rus waarvan Josua praat... is nie ... die finale vervulling van die belofte van rus nie” – sê PdT. En wat is, “die rus waarvan Josua praat” in 4:8? :  Dit is die ‘katapausis’-rus!

 

(Heb 4:3). Hierdie rus noem die skrywer 'n sabbatsrus. Dit is dus die vervulling van dit waarvoor die sabbat staan”, of te wel, “die finale vervulling van die belofte van rus”. 

vers 9... Die werklike rus is slegs in Christus, juis omdat die fisiese sabbatdag daarvan ‘n skaduwee was, en daarheen gewys het, en daarin (in Christus) vervul is.   Kon PdT sy weersprekend opsigteliker gemaak het?

 

Want die 4:8 ‘rus’ – die ‘katapausis’-rus –, was dié rus wat God sê in gehoorsaamheid deur die geloof in ingegaan moet word, 3:11, 18, 4:1, 3.  Wat daarenteen, was die “rus (wat) die skrywer 'n sabbatsrus noem” in 4:9? :  Letterlik, idiomaties en etimologies: die ‘sabbatismos’-“’n onderhouding van die Sabbatdag!  Wié het wié, in die 4:8 ‘rus’ – die ‘katapausis’-rus – in ingebring? Die skrywer sê, “Jesus het aan hulle die rus verskaf”. Vír wiebly dit nog geld” om te ‘sabbatismos’ in 4:9? :  Die skrywer sê: “Daarom dan bly dit nog vir die Volk van God geld!”

 

Maar sien Hebreërs 4:9 later nader op ingegaan.

 

(Rm 13:9)... saamgevat word in hierdie woord: jy moet jou naaste liefhê soos jouself”.

(Gl 5:14)... Die hele wet word vervul deur die gebod van die liefde. 

 

Is dít, “beëindig? Rm13:9, ‘saamgevat’ ... Mens breek een stokkie maklik op sy eie; mens kannie die saamgevatte bondel stokkies breek nie al probeer jy hoe. Die Wet was saamgevat en so versterk.

 

Is dít, “beëindig? Gl5:14 ‘vervul’ ... Dis net die teenoorgestelde: Dit beteken om te begin in en met eerste-maal-volheid, want voorheen was níks, al ooit, ‘vervul’ nie.

 

(Eks 20:11) Soos PdT net dieselfde sê:Die nuwe vervul en gee altyd dieper betekenis aan die oue. So ook het die Sabbatsgebod wel gebou op die beginsel van God se rus op die sewende dag (Eks 20:11), maar het eers in die woestyn as gebod en deel van die Ou Verbond tot stand gekom.  Waar begin? waar “tot stand gekom”, “as gebod en deel van die Ou Verbond?  Eers’ in Eksodus 20!  Eksodus 20 is die begin van die Ou Verbond, ja! Genesis 2, is die Nuwe en Ewige Verbond gegrond in, en gebasseer en “gebou op die beginsel van God se rus op die sewende dag” soos verse 2-3 verhaal! PdT sê so! Eksodus 20 is vir die Volk van God gegee om in geloof te

gehoorsaam. Húlle het nouliks gesweer: “Ons sal! Ons sal!” of geoortree, “omdat (die Evangelie) by die hoorders nie met die geloof verenig was nie”. (Hb4:2c)  Dis die Ou Verbond; hy gaan heden vandag so sterk aan as ooit tevore. As daar geskrywe staan: “Daar bly vir die Volk van God hulle onderhouding van die Sabbatdag geld”, is ons nie instaat om die Evangelie te hóór nie, want dit gaan nie by ons met die geloof verenig nie.

 

 

 

 

‘Vervul’, óf’, ‘verval’ in groter verband

 

Ek haal minstens een bladsy aan en onderstreep om ‘verval’ te beklemtoon, terwyl PdT reeds beklemtoon het waar hy ‘vervul’ uitgelig het:

 

In Christus het enige vorm van wet verval.  As ons sê ons moet in Christus glo, maar ook die Sabbat onderhou, dan maak ons die Sabbat ‘n addisionele vereiste vir verlossing.  Dan voeg ons weer ‘n wet by, by die evangelie.  Die Sabbat vind vervulling in Christus in die sin dat ons in Hom rus. ....

....  Vanuit die regte verstaan van die posisie wat die wet moet inneem in die lewe van die Nuwe Testamentiese Christen, spreek dit vanself dat die wet – waarvan die onderhouding van die Sabbatdag deel was – slegs ‘n tugmeester en ‘n skaduwee is van die toekomstige weldade in die evangelie van genade wat aangeneem word deur die geloof.

Heb 10:1 "Want die wet, wat ‘n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie."

Deur geloof in Christus tree ons toe tot die ware sabbatsrus in Hom (Heb 4:9), wat spreek van die Nuwe Testament van sy bloed wat ‘n volkome regverdiging en vrymaking is van die wet van die sonde en die dood. Dit spreek van die nuwe vryheid (Gl 5:1,18) en lewe in ‘n persoonlike verhouding met Christus self. Dit is waarheen die

Sabbatdag gewys het. Christus self kom dus in die

plek van die Sabbatdag, nie die Sondag nie.

Ek kan die kern van die Christen se nuwe stand in Christus nie beter saamvat as in die woorde van Paulus nie:

Rm 8:1-4 "Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. (2) Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood. (3) Want God het wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees, (4) sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees."

Gl 5:18 sê daarom: "Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie."

As ons deur die Gees van God wandel en ons altyd aan Sy leiding oorgee, sal ons alles doen wat God van ons verlang. Dit vind praktiese uitdrukking in die liefdesgebod: vir God en die naaste. Saam met die werking van die Gees in en deur ons lewens gaan geloof. Die wet van geloof kom in die plek van die wet van werke (Rm 3:27-28). Geloof berus in alle opsigte op die verdienste van Christus. Hy het die wet kom vervul. Hy het alles gedoen wat nodig is vir ons om gered te word. Daar is geen addisionele voorwaardes en wette (insluitende Sabbatdag-onderhouding) wat as voorwaarde kan dien vir redding of ‘n bydrae kan lewer tot ons saligheid nie. Alles waarvoor die Ou Testament staan; al God se wette en profesieë is vervul, nagekom, ingesluit en vervat in Jesus Christus self en die werk wat Hy op aarde gedoen het en nog gaan doen. Daarom, om Christus te ken oortref alles in waarde.

 

Merkwaardig is dit dat ek nie by een van PdT se eie benadrukte frases, onderstreping daarby kon aanbring nie. As ek soos PdT – ‘vervul’ wou benadruk het – sou ek seker ook min of meer soos

hy benadruk het.  Tog kan ek my nie ’n groter gaping as tussen ons twee se sieninge voorstel nie!

Wáár het PdT benadruk? Hy het in die Skrifture self, woorde benadruk. Hy benadruk op ses woorde en drie frases na, niks van sy eie woorde nie.  Nou kom ek en waar onderstreep ek?  Ek vind geleentheid om te onderstreep nêrens in die Skrifture wat PdT aangehaal het nie! Ek vind dit nodig om te onderstreep, nét waar dit PdT se woorde is! 

 

Waarom het PdT benadruk? Om ‘vervul(ling)’ aan te toon – hy het die Skrif daarvoor kon vind.  Waarom het ek geonderstreep? Om ‘verval’ en enigiets in daardie rigting uit te wys – en kon géén Skrif vind om te benadruk nie!   Op ses woorde en drie frases van PdT se eie woorde na, kon ek tussen al die aangehaalde Skrifture, niks onderstreep nie! 

 

Selfs van die ses woorde en drie uitsonderlike frases uit PdT se pen om ‘vervul’ uit te lig, van bo na onder, ‘skaduwee’, ‘sabbatsrus’, ‘Gees’, ‘geloof’,  wet van geloof’,  vervul   nagekom’,   ingesluit en vervat, ‘oortref alles in waarde’, sou ek nie één kon onderstreep om verval’ mee aan te toon nie!

 

Watter van PdT se woorde beteken dit wat ek moes onderstreep om ‘verval’ uit te wys? Ek het geonderstreep, ‘verval’, ‘was’, ‘het,  in die plek’, ‘in die plek’.  Almal uitdrukkings.  Hy gebruik dus vier begrippe van sy eie in die hele aangehaalde stuk waarvan meeste Skrifture is – in die ‘groter verband’ – om te probeer ‘bewys’: ‘Vervul’, beteken, ‘verval’. 

 

Net die woord ‘verval’ van die woorde wat ek gereken het min of meer die begrip van ‘verval’ kon onderskraag, bevat regtig daardie betekenis, vanselfsprekend! Maar mens moet ’n sterk verbeelding hê om die ander woorde wat ek kon onderstreep, met dieselfde betekenis te kan voorstel. Dus: Eintlik, skryf PdT ’n lang bladsy vol en druk soveel moontlik Skrifture daarin as wat hy kan om te wys hoe die Skrif aantoon die Wet van God het ‘verval’, sonder een enkele woord met daardie konnotasie, behalwe sy enkele eie woord, ‘verval’.

 

Dit is egter so dat die uiteindelike vervulling van God se belofte van rus plaasvind in en deur Jesus Christus, en inderdaad, Jesus Christus, Self, is. Daardie ‘rus’ is geen ander of nuwe ‘wet’ nie; dit is die Lewende Wet van God in Persoon: Jesus Christus. Hy is die Wet van die Evangelie van Christus Jesus; Hy is

“alles in almal”. Christus is ook die Wet van God in elkeen van Sy Eie. 

 

Kyk nou die werklike Verskil in ons sienings; die Verskil, is Christus Jesus. Hy is die Verskil; Hy verskil nie net ‘met’ nie; Hy is die Verskil. Die Ou-Testamentiese Wet getuig van Hom; hoe kan daar teenstrydigheid tussen hierdie en die Werklikheid van die Nuwe-Testamentiese Wet wees?  Christus Jesus het die Wet met sy Vinger, die Heilige Gees, op kilptafels geskrywe. In die ‘Nuwe-Testament’, is Christus Jesus in die vlees van sy eie verheerlikte Liggaam, vir altyd en altyd daardie Wet met sy Vinger, die Heilige Gees, op die tafels van die hart geskrywe.  Op die tafels van die hart geskrywe van Nuwe- én van Ou-Testament-mense, want die Ewige Verbond van God se Genade is in die hart met die Gees gekryf, en nuut – vir áltyd, nuut. Die Nuwe-Testament is die enigste Testament van God in die harte van mense op tafels van vlees geskrywe; daar is nie ’n ander Verbond nie.

 

Dit was die Wet op kliptafels geskrywe, ja; dit was die Wet met die Heilige Gees geskrywe op selfs harder tafels van klip as die klip van Sinaïberg— die kliptafels van die hart van mense.  Wag! Nee! Eers moes God daardie Ou-Testamentiese klipharte uithaal en met Nuwe-Testamentiese harte van vlees vervang; toe eers kon Hy sy Ewige Gees-Wet mét al sy verganklike “wette”, op menseharte van vlees skrywe. Dit alles verneem ons uit die Ou-Testament; dit praat van die Ewige en Nuwe Verbond van God se Genade, Jesus Christus.  Selfs met sy Eie Vinger op kliptafels van die hart geskrywe, sou selfs God se Gees-Wet niks gehelp het nie, was dit net die Groot Wet of was dit met al sy ander wette op daardie tafels geskrywe. God sou net diesulke harte, verder verhard het, soos koper wat gehamer word. Nuwe-Testamentiese tyd se menseharte is maar net dieselfde as Ou-Testamentiese tyd se menseharte. God se Wet bly dieselfde. Sy Ewige Genadeverbond, bly dieselfde. Wat afgesterf en mee weggedoen moet word, is die kliptafels van menseharte; soos toentertyd, so tans. 

 

Daarom, hierdie rus waarin mense ingaan as hulle glo in Christus, is volgens  Heb 4:3 diewerke van God (wat) van die grondlegging van die wêreld af” (Hb4:3c) in ruimte en tyd en in hierdie en daardie mens, waar en werklik word  in 'n verhouding met God wat nuut deur God teweeggebring word.  Die ‘rus’ en die ‘verskaf’ van die rus, is beide diewerke van God” watvolbrag” is, en vandag nog weens die genade, deur God, “volbring” word— in, en deur, en ter wille van, Jesus Christus.  Kyk hoe praat die Ou-Testament veral in Sabbatsverband, van hoe God spreek: “Maar ter wille van My Naam sal Ek! ... “Maar ter wille van

My Naam sal Ek!   Daarom, “Vandag, as jy Sy Stem hoor, moenie jou hart verhard nie!  Net so pleit Christus vandag nog: “Omdat Jesus die Sabbat in Homself vervul het, nooi Hy ook mense uit om hulleself aan Hom oor te gee, en hulle las af te lê”.  En “Dan daarom”, verklaar Hb4:9, “bly daar onderhouding van die Sabbatdag vir die Volk van God oor.

 

Sabbatsonderhouding is die gevolg van Saligheid in en deur Jesus Christus verwerf vir die Volk; Sabbatsonderhouding kannie, oorsaak of rede van Saligheid in en deur Jesus Christus wees nie: Dis presies die onhoubare premisse van alle kontra-Sabbat argumente soos joune, geagte PdT, om te reken Sabbats-onderhouding word gereken oorsaak en rede van en voorwaarde ‘vír’, Saligheid in en deur Jesus Christus te wees.  Natuurlik sou so-iets verwerplik wees. Presies sulke soort van ‘verstaan van die wet in die lewe van die Christen’ is daar ook baie van.  Maar tien sulke verkeerdes maak nie een regte, ook verkeerd nie! 

 

Hoe duidelike uitkenningsmerk is die Sabbatdag tog nie— uitkenningsmerk van “uit die genade gered deur die geloof alleen”, dit is, in Ou-Testamentiese taal: “Dat Ek vir julle, julle God sal wees; en julle vir My, My Volk sal wees”!  Die Skrif praat mos van Genáde hierso? Hoe verstáán ons mekaar dan?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die misterie van ‘Kerk-wees’

 

‘Skaduwee’ = ‘verval’? (Kolossensiërs)

 

PdT: “Vanuit die regte verstaan van die posisie wat die wet moet inneem in die lewe van die Nuwe Testamentiese Christen, spreek dit vanself dat die wet – waarvan die onderhouding van die Sabbatdag deel was – slegs ‘n tugmeester en ‘n skaduwee is van die toekomstige weldade in die evangelie van genade wat aangeneem word deur die geloof. 

 Heb 10:1 "Want die wet, wat ‘n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit ... die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie."

 

Skaduwee” beteken, “verval”, “weggedoen”, “alles prysgegee?   Verklaar Kolossensiërs 2:17, “Sabbatte” en “Sabbattefees, is skaduwee van die toekomstige, van die Liggaam van Christus se Eie” --- Vertel van glorieryker Toekoms van die Christenvolk?! 

 

Soos ’n slaaf wat hyg na die skaduwee ..... het jy die Allerhoogste jou Beskutting gemaak!”. “Die Here is jou skaduwee aan jou regterkant.”

Jy sal vernag in die Skaduwee van die Almagtige.”

‘Skaduwee x Beskutting’;  ‘skaduwee’ x ‘regterkant’;  ‘Skaduwee’ x ‘die Almagtige’.   Daar’s nog!  Sedert wanneer beteken ‘skaduwee’ altyd net duistere kwaad, vlietende nietigheid?  Dis nie die indruk wat die Bybel skep nie!  Nee, dis sedert Sondagiste met Kol2:17 gekonfronteer was, wat ‘skaduwee’ nie ‘beeld’, ‘spektrum’, ‘belofte’, ‘kenmerk’, ens. kan, en nie mag, beteken nie.

 

Die rus waarin mense tree as hulle in Christus glo,  is dus die (Goddelike) vervulling van dit waarvoor die sabbat staan en waarvan die sabbat van die skepping af  'n skaduwee was, en steeds is. Soos Kol2:16-17 uitdruklik verklaar:

Sabbattefees wat staan vir, wat ’n skaduwee is van,

die toekomstige; trouens, Sabbattefees wat staan vir, wat ’n skaduwee is, van die Liggaam van Christus se Eie”— Trouens, “Sabbattefees wat staan vir, wat ’n skaduwee is, van ... die prys (waarvan) julle julle nie moet laat beroof nie”, vers 18a.  

Die Gemeente van Christus is nie ’n wettelose maatskappy nie, want dan sal hy die kiem van vernietiging in homself dra. Maar nou het hy die Wet van Onvernietigbare Lewe ontvang in Christus Jesus.  Nou lewe die Gemeente van Christus volgens die lewensrus en lewenslus wat Jesus aan hulle verskaf het; wat hulle saam met Hom en in Hom, ontvang het, en Sabbatsfeestend sal jy die Liggaam van Christus se Eie waarneem, aangesien daar vir die Volk van God steeds ’n onderhouding van die Sabbatdag bly geld. Want hulle is maar bywoners hier, en waar twee of drie in die naam van Christus bymekaar kom, daar sal Christus in hulle midde wees— Sabbats, tydsreëlmatig op die Sewende Dag hul Op-die-aarde-nog-Tabernakel-van-Samekoms, ’n tempel nie met hande gemaak nie, maar met die Krag wat Christus op die Sabbatdag uit die dode opgewek het. Hiermee is die ganse Skrif in ooreenstemming, Ou- en, Nuwe-Testament; of liewer, dit, is met die ganse Skrif, Nuwe- en Ou-Testament, in ooreenstemming; met die Wet, in ooreenstemming. Mens hoef nie ’n enkele kinkel in die kabel te knoop nie.

 

‘Skaduwee’ en ‘tugmeester’ van toekomstige weldade

 

... die posisie wat die wet moet inneem in die lewe van die Nuwe Testamentiese Christen...  U erken dus “Die posisie wat die wet moet inneem ... in die lewe van die Nuwe Testamentiese Christen” ... “(Dit) spreek vanself ... die wet ... in die evangelie van genade ...”.  Is dit vervulling van die Wet waarvan u praat, of is dit wegdoening met die Wet, of dalk, ‘geldig bly’?, n.a.v.,  Die posisie waarin die wet in die lewe van die Nuwe Testamentiese Christen bly geld of ontvang is. 

 

Want aan ons is Die Evangelie óók verkondig— nét soos aan hulle; maar die (Evangelie-)woord van die (Evangélie-)prediking het hulle nie gebaat nie omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie.” Hb4:2. Was daar dan ’n ‘ander Evangelie’,  ’n evangelie in stryd met die Evangelie wat (ons, Christene) ontvang het’? (Gl1:9)   Soek ek dan nou die guns van mense, of van God, as ek vír, en nie téén die Wet van God redeneer nie?  Want ek erken, aanvaar, en gee die Wet van God die eer wat dit op bevel, dus Wet van God, toekom,

dat ‘die wet ‘n tugmeester en ‘n skaduwee is van die weldade in die evangelie van genade wat aangeneem word deur die geloof.

 

Hoe sou die Evangelie van Christus nié ook so, die eertydse hoorders daarvan kon aangespreek het nie?   Daar is tog die vele

Godsmanne van vanouds vir wie die Evangelie van Christus so duidelik aangespreek het, en dit, deur die Woord van God se Wet, omdat die gehoor daarvan by hulle, wél, “met die geloof (van die Evangelie) gepaard gegaan het”! [Maar wat dan die opstanding van Christus sou uitsluit?]  Soos Ignatius so onverskrokke praat van “die destydese profete” wat “Christene” was, en “volgens Christus, sabbatslewe gelewe het” (sabbatidzoontes kata Xriston dzoontes)! Ai, hoe vrees en haat die Sondagiste daardie uitlatings van Ignatius! Hulle gaan sommer en probeer om die kernwoord ‘lewe’, uit te gooi, want waar is daar ’n woord met meer ‘praktiese uitdrukkinge’?) (Boek 5)

 

Nou maar net soos die Evangelie aan hulle ook verkondig was, terwyl hulle onder die Wet gelewe het, net so bly die Wet geldend oor vir die Volk van God wat onder die Evangelie van Genade lewe. En Gemeenskaplik – want dit is een Liggaam van Christus se Eie; en die Vader van hulle almal is dieselfde Vader; en dieselfde Here van hulle almal is “gister en vandag en tot in ewigheid dieselfde” – en Gemeenskaplik ‘vier (almal) Sabbattefees ... en groei met Goddelike groei’. Kol2:16, 18. “Laat julle julle betreffende Sabbattefees deur niemand veroordeel nie!

 

 

 

‘Prakties’ is ‘fisies’ sowel as ‘geestelik’

 

PdT:  Dit (die wet van die Gees van lewe in Christus Jesus) vind praktiese uitdrukking in die liefdesgebod van Christus: liefde vir God en die naaste. 

 

Presies reg --- afhangende van wat die “praktiese uitdrukking” in terme van “liefde vir God en die naaste” beteken. Want beide die “liefde vir God en die naaste” “vind praktiese uitdrukking” op verskillende maniere— onsigbaar-verskillend, én, sigbaar-verskillend. “Die liefde vergaan nooit.”  So, daar kan nie essensiële ‘verskille’ in die “praktiese uitdrukking” van die liefde wees nie, of hulle nou ‘fisiese’ of ‘geestelike’ ‘praktiese uitdrukkinge’ sou wees of nie. Alle ‘praktiese uitdrukking  van “die wet van die Gees van lewe in Christus Jesus” verskil sonder om enige verskil aan die ‘geestelikheid’ of ‘geloofs-’ gehalte of egtheid daarvan te maak. As dit ’n ‘fisiese’ of ‘praktiese uitdrukking’ is, is dit nie te sê dis nie ook ’n ‘geestelike’ en gelóófs-

uitdrukking’ nie. En as ‘geestelik’ dan moet beteken iets is geldig, dan, as dit ’n ‘fisiese’ en ‘praktiese’ dog ‘geestelike’ en gelóófs- ‘uitdrukking’ van die ‘liefdesgebod’ is, behoort dit mos ook ’n geldige ‘praktiese’ of ‘fisiese’ ‘uitdrukking’ te wees. Hoekom geld dit nie ook wat die Sabbat aanbetref nie?

 

Sulke verskillende ‘praktiese uitdrukking(e)  van die liefde, gaan meer ‘uitdrukking(e)  van ‘liefde vir God’ wees, as van ‘liefde vir die naaste’.   Dit is die misterie van ‘Kerk-wees’ dat in ‘Kerk-wees’ jy ‘praktiese uitdrukking(e)’ van die liefde gaan kry wat sigbaar en prakties meer na ‘liefde vir God’ as na ‘liefde vir die naaste’ gaan lyk.  Praktiese uitdrukking(e)’ wat aanbidding is, sal uiteraard sigbaar en prakties meer gaan lyk na ‘liefde vir God’, as na ‘liefde vir die naaste’. Alles omtrent Kerk-wees en Kerk-hou spreek daarvan; hoekom nie ook die Sabbatsgebod, Sabbatsgeloof en Sabbatsonderhouding nie? Nou is dit skielik eiegeregtige wettiesheid? Maar wat kan méér ‘praktiese uitdrukking  van ‘liefde vir God’ wees as juis ons aanbidding van Hom op die Sabbatdag? En wat kan méér ‘praktiese uitdrukking  van ‘liefde vir die naaste’’ wees as juis die Gemeenskap van die heiliges? Enigste

voorwaarde is, dit moet “volgens die Skrifte” wees!

Jesus het immers nie so in dieselfde asem gepraat van “liefde vir God en die naaste” nie. Hy het gepraat van die “Eerste en Groot Gebod” (Mk12:29a) wat die Gebod van die Liefde jeens God alleen, is. En die rede waarom Hy ‘die tweede Gebod’ “hieraan gelyk gestel” het, is omdat die Naasteliefde-Gebod heeltemal van die Liefde-vir-God-Gebod, afhanklik is. “Hiernaas / as dié, is daar geen ander gebod groter nie.” Mk12:30c. Dus, die Liefde-vir-God-Gebod is na inherente krag sowel as ‘praktiese uitdrukking’, belangriker, groter en sterker as die Naasteliefde-Gebod. “Ons moet God meer gehoorsaam wees as die mens”, is ’n ander manier van sê daarvoor. (Hierdie verklaring of belydenis van geloof soos gevind in Hd6:29, word gemaak juis na direkte aanleiding uit die Derde Gebod: “Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydelik gebruik nie”. Sien vers 28.)

 

Verder, Die ‘tweede’ of Naasteliefde-Gebod is gekwalifiseer: “Jy moet jou naaste liefhê ...? “... soos jouself!” Moet ons God liefhê soos ons onsself liefhet? Nee! Ons moet God ‘bo alles’, liefhê, sê die Woord, Mk12:30; vgl. Ef4:5-7 met Mk12:29. As dit nie vir hierdie verskil was nie, dan hoef ons ook nie ‘Kerk’ te gehad het nie. Maar

nou moet ons ‘Kerk’ hê en Kerk hou, omdat ons God alleen, aanbid ... omdat ons Hom bo alles, lief het! Ons mag nie ons naaste of onsself soveel lief hê dat ons hom of onsself, gaan aanbid nie! Ook aanbid ons God alleen omdat ons Hom liefhet, maar liefhet “omdat Hy ons éérste liefgehad het”. Verskillend, moet ons ons naaste liefhê ten spyte daarvan dat hy ons dalk die laaste van almal of nooit, terug sal liefhê. 

 

Christus het nie net in sy vlees-liggaam ons mense-wêreld aangeneem nie, maar ook in sy Geestelike Liggaam, die ‘fisiese’  Kerk— “Liggaam van Christus se Eie”, die Kerk as individuele gelowige sowel as Gemeenskap van die Gelowiges in ’n wêreld wat nie sonder die Wet van God kan of mag klaarkom nie! Alles omtrent die Kerk-van-Christus-wees voorveronderstel fisiese werklikheid.

Hy wat ontken dat die Christus in die vlees gekom het, is die antichris.”  Hy wat ontken dat Christus nie vir Sy Eie, wette ‘in die vlees’ gegee het nie, weet nie dat “Jesus aan hulle rus verskaf het” in die vlees nie. Want dat “Jesus aan hulle rus verskaf het” is die Wet van hulle bestaan en bestaansreg en bestaanswêreld en werklikheid. ‘Wet’ naas of as Christus Jesus self, ‘vorm’ die gelowige en die Gelowiges se ganse bestaans- en verwysingsraamwerk! Hb4:9 sê absoluut net dit: “Daarom bly vir die Volk van God, hulle onderhouding van die Sabbatdag geld!” Dis nie omdat die Sabbat nie meer daar vir

die Volk van God is dat jy dit nie sien nie; dis eenvoudig jy wat die lewensgrootte werklikheid in die Skrifte daarvan miskyk.

 

Vir geen ander rede nie as juis die nodigheid van en aangewesenheid op Goddelike Genadegebod, word die Opstanding van Christus uit die dode van Sabbatsbelang.  Die Sabbatdag was van altyd af— van die skepping af en vanuit die Opstanding uit, van Opstandingsbelang, daarvoor uitverkore, daartoe verordineer en daarop bestem— iets wat die Eerste Dag van die week nooit was of selfs net vaagweg in die rigting van geduie het nie. Alle verdere Sondag-argumentering word hierdeur by voorbaat as sonder fondamente beproef. Dit gaan niks help om een of twee onvanpaste teksies met die beste projektors in die teologie beskikbaar, op die witdoek te wil gooi nie. Al kan die kamera hoe goed kul dit gaan nog net beelde op doek wees, sonder substansie of duursaamheid. Ek vertel jou dit solank vooruit.

 

Want hoor watter Woord daar uit die Woord verneem word: “Sewende Dag Sabbat van die HERE jou God”. Dit sê dit alles, “Want God het op die Sewende Dag gerus”. Gaan lees hierdie Skrifwoord in Hb4:4-5!   Die uiteindelike waar-word hiervan, soos die allereerste begin daarvan, sal ons in Christus Jesus deur – ja,

in – opstanding uit die dode, aanskou! Dit is wat van Sabbatdagsonderhouding, ‘Wet van Christus’, maak.  Ek hoef nie – trouens, ek mag nie – na die Tien Gebooie gaan om dit vir jou aan te toon nie, behalwe, om aan te toon hoedat die Tien Gebooie en alle ander wet en wette, presies dit aangaande Jesus Christus aangedui het en steeds aandui.

 

Kerkwees’ is Gebod omdat ‘Kerk-wees’ daar móét wees vir die aanbidding van God volgens hierdie Groot Gebod, en vir die Liefdesgemeenskap van die heiliges. En daarmee het ek alles gesê wat ek vir die Sabbatdag sou kon sê!  Die Sabbatdag – deur God se instelling daarvan, let wel, en deur geen menslike wil of goeddunke nie! – is Diensbaarheid aan die Kerk; en die Kerk weer – deur God se instelling daarvan, let wel, en deur geen menslike wil of goeddunke nie! – is Diensbaarheid aan God en medemens, veral aan medemens-gelowiges; om dan bo alles, die Kerk in Diensbaarheid aan God— eerstens en laastens, te wees.

 

Die Sabbat staan in Diens hiervan: van God, van God se aanbidding, en van God se Volk. Die Sabbatsgebod is praktiese uitdrukking-Gebod van die liefdesgebod van Christus. Die Sabbat is ‘Kerk-Dag’; die Sabbat is “Aanbiddingsdag”; die Sabbat is, “Die Dag van die Here” (‘kuriakee heemera’). Dis hoekom die Sabbat ook Gebód van God geword het;

hoekom dit Gebod van God onder Christus-Heerskappy, is.  Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie”, en, “Niemand kom na die Seun, as die Vader hom nie trek nie. Dit is ‘aanbidding’; dit is Kerk-hou en Kerk-wees; Dis Hoekom “onderhouding van die Sabbatdag vir die Volk van God geldig is / stééds geldig is”, en, “Jesus aan hulle rus verskaf het”. Sondag mag nie hiervoor ‘geïnoveer’ word nie— dit is oortreding van die Sabbatsgebod, en daarom, sonde. (‘Geïnoveer’— term by Karl Barth)

 

Wat sal ons dan sê? Is die Wet sonde? Nee, gladnie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie.” En hoe sou ek God anders kon gedien het?  Ek ken dus nie net die sonde deur die Wet nie, maar ook die Geregtigheid, naamlik, van God in Christus Jesus uit die genade alleen deur die geloof. Geen kennis ‘sonder die Wet’ omtrent die Geregtigheid van God sou moontlik gewees het nie, en vir bewys van hierdie stelling, lees maar die Romeinebrief. Dit is so ’n diepe geloofsaak dat geen menslike oordenking dit regtig kan toelig nie; daarvoor is God se genade die noodsaaklike vereiste. Nogtans moet geen mens my wil wysmaak dat dit God se genade en openbaring in die kennis van die Wet vereis om duidelik te maak dat die Sabbat en Sabbatsgebod mee weggedoen is nie. Dit kan

slegs duidelik maak watter gees besig is met sy werk van verduideliking en oortuiging: die gees van misleiding.

 

Hierdie gelóófs-redes, gronde, bestaansreg en motiewe Sabbatsviering onder die Christenvolk van God ter wille, put alle redes, gronde, bestaansreg of motiewe Sabbatsviering onder die Christenvolk van God ter wille uit; daar bly niks anders oor nie omdat dit alles, uit God en deur God in en deur Christus Jesus in en deur opstanding uit die dode, gefundeerd, staan! Omdat dit alles, “volgens die Skrifte”, gesê kán word, gesê mág word, en gesê móét word; omdat dit alles, Nuwe-Testamentiese Wet vir Sabbattefees vir die Liggaam van Christus se Eie, is.

 

Christelike geloof wat sigself verbeel hy kan sonder die Wette van God regkom, is lankal die pad byster; het lankal van die Skrif vergeet, omdat die Skrif onder Christus Jesus, vir die Kerk die Wet van God geword het en is en altyd sal wees.

 

 

 

Uiteindelike Vervulling

 

PdT, “Die uiteindelike vervulling van God se belofte van rus is die rus waarin mense gaan as hulle glo in Christus en daardeur in 'n verhouding met God tree (Heb 4:3).  

 

Juis, dit is die Evangelie! Nou vind ons op aarde en in tyd en omstandigheid, hierdiemense”, “die Volk van God” wat “glo in Christus en daardeur in 'n verhouding met God (ge)tree (het)”. Wat sê die Skrif? “Daarom bly daar hulle onderhouding van die Sabbatdag vir die Volk van God oor! 

 

Is hulle as ‘wese agtergelaat’ om maar na hulleself om te sien? Natuurlik nie!  Want nou het hulle, “Liggaam / Gemeente van Christus se Eie” (Kol2:17), geword, en as hierdie Nuutgeborene na die Gees van Christus, “hou” hierdie ‘mense’ “vas aan die Hoof uit Wie die hele liggaam ... ontvang en saamgebind word, en word (hulle) só, met Goddelike groei groot.  Nou het hierdie ‘mense’, Kerk van Christus, geword! Wat nou?  Laat julle julle deur niemand veroordeel nie! ... Julle wat dood was deur die misdade ... het (God) saam met Hom (Christus) lewend (lewende “Liggaam van Christus se Eie”) gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergewe het ... en deurdat Hy oor die owerhede en magte (van die wêreld en duisternis) getriomfeer het ...

daarin dat julle ook saam met Hom opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het. 

 

Omdat hierdie ‘menseop Christus Jesus voed met geestelike “spys en drank van Sabbattefees”, “groei die Liggaam / Gemeente van Christus se Eie, met Goddelike groei”. Dit is die Sitz im Leben, die ‘eksistensiële’ van Christenmense-wees – van ‘Kerk-wees’ –, soos ons dit in die Nuwe-Testament oral, en hier in Kolossensiërs 2 in die besonder, aantref— met “Sabbattefees” as onveroordeelbare, integrale en sentrale lewensuitdrukking.   Dis hoe Nuwe-Testament ‘Wet’, werk; dis hoe Ou-Testament ‘Wet’, in Genesis 2:2-3, gewerk het. 

 

Kolossensiërs 2:12-19 dien vermeld en aangewend te word ter verduideliking van die vroeë aanbevelenswaardige en onveroordeelbare Christelike Gemeentelewe. Kolossensiërs 2:16-17 durf nie misbruik word ter bevraagtekening van die Kolossensiërs as “Liggaam van Christus se Eie”, se aanbiddingslewe

nie! ‘Die Kolossensiër-Dwaling’ is ‘n ernstige aantasting van die integriteit van die ware en eenvoudig werklike, vroeë Christelike aanbidding – “praktiese onderhouding” – vis a vis die krom en vedraaide geslag te midde van wie hulle hulleself bevind het! Geen grein waarheid steek in die sogenaamde ‘Kolossensiër-Dwaling’ nie, en ek verwerp die valse aantyging sondermeer met die veragting wat dit verdien. Dit is nie een sin bespreking werd nie want dit berus op die hallusinasies van bevooroordeelde Sondagfanatiste. Ten spyte daarvan dat my debatte na aanleiding van Kolossensiërs 2:12-19 honderde blasye lank geword het, het my studies nogtans verrassend vertroostende, bemoedigende en opbouende resultate opgelewer. Sien Boek 4/2.

 

Ek het dus ‘(Heb 4:3)’ met Kol2:12-19 beantwoord terwyl ons besig was om Hb4:9 te bespreek! Hoekom? Omdat dit wat deur jou in Hb4:9 veronderstel word, nie ‘Heb 4:3kán toelig nie, en Kol2:12-19 toe ’n heel toepaslike verduideliking blyk te gewees het. Waarom dan sou Hb4:9 nie ook dieselfde kon gedoen het nie? Dit kan, deur maar net te lees wat daar geskrywe staan, naamlik ‘sabbatismos’, en nié, ‘katapausis’ nie.  Dit sou, mits mens die gewone en “praktiese onderhouding... waarneming / onderhouding / onthou / heilighou van die Sabbat-Dag”, daarin sou gelees het.

 

 

 

 

PdT

Paulus sê uitdruklik dat al die gebooie ("watter ander gebod ook al") saamgevat word in hierdie woord: jy moet jou naaste liefhê soos jouself (Rm 13:9).

 

Gladnie so maklik as wat u dit wil maak nie, geagte Philip du Toit, want dit “sê uitdruklik dat al die gebooie ("watter ander gebod ook al") ... in hierdie woord: jy moet jou naaste liefhê soos jouself (Rm 13:9)”, behoue bly!  Die hele wet word vervul deur die gebod van die liefde (Gl 5:14)” beteken niks anders en niks minder nie as dat ‘die hele wet ... deur die gebod van die liefde (Gl 5:14)’, bekragtig word!

Vergeet ook nie dat hierdie ‘liefdeswet’ wat jy so kwistig uit die Nuwe-Testament aanhaal, juis die Seël van Egtheid en Gesaghebbendheid op ‘al die gebooie ... "watter ander gebod ook al"’,  van Ou-Testamentiese ingewing was!  Met sy ‘Liefdeswet’ waarborg God ‘al die gebooie’.  "Watter ander

gebod ook al"’, God is Outeur en Ingewer daarvan ... én, Instandhouer! Vergeet dit nie!  Wat het Jesus anders gedoen toe Hy oor hierdie saak gespreek het?   Het Hy na die ‘Liefdeswet’

verwys om daarmee die wette tot niet te maak wat sê, “Jy mag nie doodslaan” nie, of "watter ander gebod ook al"? 

 

Geen Woord van God gaan tot niet nie, maar elke Woord van Hom word uitgevoer en waargemaak. En ek moes besef: God se Woord is God se Woord; daar is nie party Woorde van Hom wat verbygaan en ander wat vir ewig staan nie; party wat net tydelik geld, en ander wat langer bly geld nie. Soos God so is elke Woord van Hom: ewig!

 

God se Wet is een in God se Woord, Jesus Christus! Daar is geen ‘Ou-Testamentiese’ wet wat ooit nie sal geld nie of ooit sal ophou om waar te wees in Christus nie: Hulle almal het hulle waaragtigheid eers in Hom ontvang, en in Hom hulle geldigheid laat blyk en ten uitvoer laat bring!  En toe Jesus – om so gou as moontlik by die kern van die saak te kom want dit is die lewensbelangrike kern – en toe Jesus aan die kruis genael word, Kyk! En sien! Die Wet van God, en in Hom alle wette van God, met Hom en in Hom – ja, en deur Hom – “uit die weg geruim”! Want

Jesus sterwe, God se Woord, God se Wet, Gód, se Wil!  En Die Wet van God uit eie Krag, lê sy Goddelike Lewe neer, en “Geregtigheid en Wet”, omhels, en “kus mekaar”, in die Seun van God in sterwe van die ewige dood vir sondes: “Want die Krag van die sonde, is ... Die

Wet”!  Sodat Hy die Krag het – die Goddelike Krag – om sy Lewe te kán, neerlê, en waarsonder Hy nié die krag – die Goddelike Krag – sou gehad het waarmee en waarin Hy weer, sy Lewe sou kon opgeneem het nie! Dit, is wat Paulus genoem het, “Die Krag van God” wat die Krag van die “Evangelie van Jesus Christus” was en is en sal wees, die Krag van die Wet van God en van  al die gebooie ... "watter ander gebod ook al"’! Die Krag wat uit die dood kon opstaan was die Krag wat in die dood kon neerdaal; die Krag wat in die dood kon neerdaal, was die Krag wat uit die dood uit opgestaan het: Dit was die Wet, Jesus, “wat aan hulle rus” en lewe “verskaf het”.  “Verskaf het” – voldonge, volstrek, daar’s niks meer vir jou of vir my om te doen nie; Jesus het die rus verwerf en Hy het ons deur en met Homself, daarin ingebring. Dit is om van te jubel; dit is om oor te juig!  Daarom, Laat julle julle deur niemand (van of in die wêreld) oordeel of veroordeel insoverre dit julle ete en drinke of insoverre dit julle ete en drinke van fees of maandse feesviering van Sabbatte aangaan nie, want, dit is net maar ’n voorsmakie, net maar nog die spektrum, van toekomstige dinge, die Liggaam van Christus se Eie ... wat met Goddelike groei groot word!” Kol2:16-17, 19.  Sabbattefees is spektrum van Kerk van Christus-wees!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

‘Wet’, ‘verval’ / ‘Ontslae van die Wet’?

 

PdT: “In Christus het enige vorm van wet verval.

 

PdT:  Hoe kan ons "ontslae" wees van die wet en dit "afgesterf" het (Rm 7:6) en "nie meer onder die wet" wees nie (Rm 6:14,15), maar steeds verplig wees om die Sabbat te hou?

 

Van Watter ‘Wet’?

 

Van watter ‘wet’ moet  ons ‘ontslae’ wees deur dit ‘af te sterf’?

Volgens u, PdT, is dit “die ganse wet... insluitende die tien gebooie... die totale Ou Testament”.

 

Volgens u, PdT, is daar net een ‘wet’,  die ganse wet (alle geskrewe wette, insluitende die tien gebooie, asook die ganse pentateug) en profete: dit wil sê die totale Ou Testament in Christus vervul.  Niks is daarvan uitgesonder nie.  Ook nie die sabbat nie.  Die onderhouding van die sabbat is ‘n Ou-Testamentiese instelling, saam met al die ander wette.  Dit alles was slegs ‘n skaduwee, wat op Christus gedui het en in en deur Christus vervul is.”  (Beklemtoning CGE)

 

 

‘Vervul’

 

Nou bedoel u met “vervul”, dit: “... dat die wet nie meer van toepassing is... om te sê alle wette is opgehef... dit (is) Ou Testamenties... die oue is verby... Daar is geen Nuwe Testamentiese nie.  (Die Skrif)  vereis juis nie... (Die Skrif) praat nie van ... spesifieke nie... dus nie fisiese nie...”.    Is in Christus vervul... dui die aanbreek van totale geestelike wedergeboorte aan... (is) hoe mens deel raak van die Nuwe Verbond.  Daarmee het Christus weggedoen met alle vorme van fisiese wette.  Hy het weggedoen met vlees.” (Beklemtoning CGE)

 

Dit is wat “vervul”, vir u beteken; dit is die ‘afsterf’ van daardie “ander wet in my lededie wet van die sonde”. Wat sou dit baat om u te wil antwoord?

Wie moet sterf?

 

Wie moet sterf om hierdie ‘wet’ ‘af te sterf’? Die ‘wet’? Nee, hierdie ‘wet’ moet deur die méns, afgesterf, word! Die ‘wet’ – hierdie ‘wet’, moet sterf, ja, maar ‘óns’, moet dit “afsterf”. Dit vertel mos al klaar watse ‘wet’ hierdie is. Of rêrig?

 

Is dit “die ganse wet... insluitende die tien gebooie... die totale Ou Testament”?  As dit so was, waar gaan ons nou hierdie ‘wet’, “die ganse wet... insluitende die tien gebooie... die totale volle Ou Testament” in Paulus se woorde inskuif, want hierdie ‘wet’ is mos “die oue”, en is mos “verby”? 

 

So, wat is die ‘oue’, en wat is ‘verby’, in Paulus se uitspraak hier? Dit:Die vlees” waarin en die wet van “die vlees” waaronder ons voorheen “nog was”; “die sondige hartstogte” en die wet van “die sondige hartstogte”, wat nou, “aangesien ons dit afgesterf het”, ‘oud’ geword, en “verby” gegaan het.

 

Watter ‘wet’ is dit dan waarvan Paulus praat? Hy noem dit elders “die wet van die dood”. (8:2)  Lyk dit hier, na “die wet van die dood”?  Absoluut!  Is dit die ‘wet’ van “die vlees” en “die sondige hartstogte”, “die wet van die dood”? Hoe kan mens nog twyfel?!  Dit is ‘die wet’ wat “in ons lede gewerk het om vir die dood vrugte te dra”. Dit is “die wet waardeur ons gebonde was”.  Dis ‘wet’, waarvan Paulus hier, praat!

 

Is dit, “die ganse wet... insluitende die tien gebooie... die totale volle Ou Testament”? Om te sê is om teen wat vir God ‘heilig en goed’ is, te laster!

 

Is dit, die ‘wet’ wat  in ons lede werk om vir die dood vrugte te dra”, “die ganse wet... insluitende die tien gebooie... die totale volle Ou Testament”?

 

Is dit, “die wet waardeur ons gebonde was”, “die ganse wet... insluitende die tien gebooie... die totale volle Ou Testament”?  Was u al ooit deur die Ou-Testament “gebonde”,  gebonde om vir die dood vrugte te dra”?  gebonde om die vlees” en “die sondige hartstogte” te gehoorsaam? Ek was nooit nie! Ek was nog altyd juis deur “die sondige hartstogte” van myself en “innerlike mens” daartoe “gebonde” – daartoe “gebonde om vir die dood vrugte te dra”!   

 

Noem die Woord, nie die ‘Wet’, “die Wet van vryheid” nie? 

Maar daar is die ‘wet van die dood wat in ons lede werk, wat sê, “Die siel wat sondig, moet sekerlik sterf!Wie se Woord is dit? Is dit God se Woord? Is dit God se Wet? Gaan hierdie Wet onder die “wet van die verganklikheid”, die dood, gebuk? Word die woord, die gesag, en die krag van hierdie Woord, ooit oud? Gaan God se Woord ooit verby?  A! “Die dag as jy daarvan eet, van die boom van kennis van goed en kwaad, sal jy sekerlik sterwe ...sê Wie? 

 

Praat ons van dieselfde ‘wet’?

In”, of “deur die oudheid van die letter”, dit is, “in” (of) “deur”, of, “op sterkte van die oudheid van die letter” verklaar Paulus, “op sterkte van die Wet (wat) die Krag van die sonde” is:  A! hier kom dit uit: “deur” daardie ‘Wet’, “in die Krag” van daardie ‘Wet’, “op sterkte van” daardie ‘Wet’— “op sterkte van die oudheid van die letter”— gebeur dit:Dan sal vervul word die Woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die Oorwinning! … God sy dank wat ons die oorwinning gee, deur  (“in die Krag / op sterkte van”) onse Here Jesus Christus!  Die ‘Wet’ wat óns, dóód, is die Wet wat ons die oorwinning gee, is Hý, “Onse Here Jesus Christus”,  Wat die dood tot niet gemaak het en die lewe en onverderflikheid aan die lig gebring het”.  Want as ons met Hom, gesterf het, sal ons ook met Hom lewe.  Dit is ’n betroubare woord!

 

Deur die verskyning van ons Verlosser Jesus Christus wat die dood (in ons lede) tot niet gemaak het (word) die lewe en onverderflikheid  (“in ons” “innerlike mens”) aan die lig gebring! Dis hoe die saligheid werk. Trouens, “Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ’n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode.” 1Pt1:3.

 

Hoe deeglik het ons ons vergis, om te gereken het ‘die wet’ waarvan Paulus gepraat het, is “die ganse wet... insluitende die tien gebooie... die totale... volle Ou Testament”? 

 

Aangesien ons dit” – daardie “vlees” en “sondige hartstogte” –, “afgesterf het, dien ons (God nou) in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie”.  Hier, weereens, is Hý daar,

Lewendmakende Gees”! Christus Jesus, Wet van God.  En daarmee verklaar Paulus dat die ‘Wet’, “die ganse wet... insluitende die tien gebooie... die totale... volle Ou Testament”, nié oor die mag beskik om sonde met die dood te beloon nie óf Geregtigheid met die Lewe nie, maar

dat dit by Hom berus wat die sleutel van die doderyk hou. Dit is Hý wat die mag het (nie net ‘gehad het’ nie, maar hét) om sy Lewe neer te lê soos wat Hy die mag het om dit weer op te neem. Die krag van die sonde is die Wet; maar die Krag van die Wet is die Ingewer van die Wet. Die krag wat die Wet wil tot niet maak of van ontslae wil raak, sal eers die Gewer van die Wet tot niet moet maak alvorens hy van die Wet ontslae sal wees. Die keuse is joune om te besluit of jy dit gaan waag of nie.

 

Ek het ’n veel radikaler wegdoen-standpunt as jy ingeneem, PdT, en het moes eindig op ’n veel radikaler behoudende standpunt as jy, sodat die Wet na en deur en as gevolg van Jesus se ‘vervulling’ daarvan, éérs “geldig oorbly vir die Volk van God”, en trouens as “die ganse wet... insluitende die tien gebooie... die totale volle Ou Testament”, insluitend veral, “’n onderhouding van die Sabbatdag vir die Volk van God”. Wat die verskil maak, is dat ek die vervulling van die Wet nie in metafisiese fantasie verstaan nie, maar in, deur, en op krag van Christus se opstanding uit die dode.

 

 

Ontslaewees’ ‘n swaarder juk

 

Dit is PdT se “Skriftuurlike gronde”, sy “Skrif daarvoor”: “(2 Kor 5:17)”, “die oue is verby, kyk alles het nuut geword”, dat die Christen van die Wet ‘ontslae sal wees’, of te wel, “moet wees” = ‘Wet’!  Lees: ‘Die oue is verby, kyk alles het nuut geword, dus, van nou af is die Wet: Die Christen moet van die Wet ontslae wees --- óf hy is ’n oortreder van die Wet’.  G’n mens kan van die Wet ontslae wees nie!  Beste voorbeeld:  Eers was die Wet: “Onthou die Sabbatdag dat jy dit heilig hou.”  Nou is die Wet: ‘As jy die Sabbatdag onthou en heilig, is jy oortreder, want: Jy mag nie meer die Sabbatdag onderhou nie.’ Dis die regte ‘verstaan van hoe die Nuwe-Testament oor die wet praat’, hoor ek. Ek sê, hierdie ‘regte verstaan’ is bo my vuurmaakplek.  Om van die Wet of die Sabbat van die Wet ontslae te wees, vereis meer insig as waaroor ek kan beskik. Die wet van die logika van die veronderstelling die Christen moet van die Wet ontslae wees, is vir my, te swaar om te doen.  Bowendien is God nie eers die Regter by my oortreding van hierdie wet nie, want waar

geen ‘fisiese’ Wet is nie – so vertel hierdie selfde ‘nuwe wettesiste’ – net die ene waarvan ons ontslae moet wees, kan daar ook geen oortreding wees nie, en dus geen advokaat of regter met magte wat dit aanbetref nie. Ek meen, dit bestaan mos nie meer nie.  Soos ek sê, hierdie ‘nuwe wet’ is vir my een wet te swaar.

 

Nou is mens op sulke ‘logika’ of simpelpraatjies aangewese om al die virs en teens van hierdie wet uit te maak omdat daaraangaande eenvoudig net nie “in die wet en die profete Geskrywe staan” nie. Baie boeke maak bring verdriet; daar kom geen einde aan nie.

 

Wat jy verstaan as “die volle vervulling”, is: “– die oue is verby, kyk alles het nuut geword” ... Op ’n ander plek verklaar jy by voorbeeld, “Omdat Jesus die Sabbat in Homself vervul het”. Dit sê, Jesus is die vurvulling van die Sabbat. Dit sê nie die Sabbat is “verby” nie. Dit sê die Sabbat, het nuut geword deur en in die Sabbat se vervulling deur en in Jesus Christus. Dit sê ek wel ook soos jy. Ek sê, anders as jy, Dit beteken nie die Sabbat is “verby” nie. Jy is inkonsekwent, ek is konsekwent.

 

Hoe ookal, 2Kor5:  1) As ons aardse woning afgebreek word … het ons ’n gebou van God … 2) Ons verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word … 4) Ons wat nog in die tent is, sug … omdat ons oorklee wil word, sodat die sterflike deur die lewe verslind kan word. Maar Hy wat ons hiervoor toeberei het, is God, wat ons ook die Gees as onderpand gegee het. … 5) as ons in die liggaam inwoon, woon ons van die Here uit. 6) want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie … 9) Daarom lê ons ons ywerig daarop toe – of ons inwoon of uitwoon – om Hom welbehaaglik te wees. … 13) Want as ons uitsinnig is, is dit tot eer van God; en as ons by ons verstand is, is dit om julle ontwil: 14) Want die liefde van Christus dring ons. … 15) Hy het vir almal gesterwe sodat die wat lewe nie vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is. 16) Ons ken dan van nou af niemand meer na die vlees nie, en al het ons ook Christus na die vlees geken, ken ons Hom tog nou nie meer so nie. 17) Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan; Kyk, dit het alles nuut geword en dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus ….

 

Asseblief!  Ons het hier te doen met die nuwe en ewige lewe deur Jesus Christus wat ons met Homself versoen het. Laat ons ons ywerig daarop toelê om Hom welbehaaglik te wees, nie asof ons van ons sinne beroof is en heeltemal wetteloos geraak het nie,

maar by ons verstand, tot eer van God, om Waarheids ontwil!  Hierdie was die mees onvanpaste Skriftuur wat u vir u argumente durf aanwend het om van Die Here se Sabbatdag “ontslae (te) wees”!

Van watter ‘wet’ ‘ontslae’ wees deur dit ‘af te sterf’?

 

PdT: “As mens verstaan hoe die Nuwe Testament oor die wet praat, spreek dit eintlik vanself of dit nodig is om die Sabbat te hou of nie. Hoe kan ons "ontslae" wees van die wet en dit "afgesterf" het (Rm 7:6) en "nie meer onder die wet" wees nie (Rm 6:14,15), maar steeds verplig wees om die Sabbat te hou? Paulus sê uitdruklik dat al die gebooie ("watter ander gebod ook al") saamgevat word in hierdie woord: jy moet jou naaste liefhê soos jouself (Rm 13:9). Die hele wet word vervul deur die gebod van die liefde (Gl 5:14).”

 

Hoe kan ons "ontslae" wees van die wet en dit "afgesterf" het (Rm 7:6) As mens van die Wet ontslae wil wees, dan moet jy hom gehoorsaam!

 

Terwyl ons nou hierdie verwysings byderhand het, laat ons (een vir een) na hulle gaan kyk, of hulle sê wat u sê hulle sê.

 

PdT: “(Rm 7:6)”: “Hoe kan ons "ontslae" wees van die wet en dit "afgesterf" het (Rm 7:6)”? 

 

Want toe ons nog in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra. Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was – aangesien ons dit, afgesterf het – sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die

oudheid van die letter nie.” Ro7:5-6.

 

Ek sien ‘n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede (na die innerlike mens) is. Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood? Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here!” Ro7:23-25.

 

Maak dood dan julle lede wat op die aarde is ... waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom, waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het. Maar nóú moet julle dit

ook alles, aflê,  … ómdat julle die oue mens, met sy werke afgelê hét en julle met die nuwe mens beklee hét wat vernuwe wórd tot kennis na die beeld van sy Skepper!” Halleluja, prys die Here, o my siel! 

As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het ... as julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus aan die regterhand van die God sit ... Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus in God verborge.” Kol3:5a, 2:20, 3:1, 3.

 

Ek wil hê PdT moet sien hoe hý – nie ekke of Paulus of wié ookal ánders nie, maar hoe hý, hierdie vraag honderd persent korrek en totaal duidelik, sélf, beantwoord!

 

PdT: “As mens verstaan hoe die Nuwe Testament oor die wet praat, spreek dit eintlik vanself of dit nodig is om die Sabbat te hou of nie. Hoe kan ons "ontslae" wees van die wet en dit "afgesterf" het

(Rm 7:6) en "nie meer onder die wet" wees nie (Rm 6:14,15), maar steeds verplig wees om die Sabbat te hou? Paulus sê uitdruklik dat al die gebooie ("watter ander gebod ook al") saamgevat word in hierdie woord: jy moet jou naaste liefhê soos jouself (Rm 13:9). Die hele wet word vervul deur die gebod van die liefde (Gl 5:14).” (Onderstreping CGE)

 

Daar het jy dit. Geen twyfel nie, As mens verstaan hoe die Nuwe Testament oor die wet praat, het jy geen probleem verder om die ‘kwessie’ omtrent die Wet te verstaan nie—  terloops ’n ‘kwessie’ wat gladnie soos wat die apologete (ek hou meer van ‘apologiste’ want hulle gis meer as iets anders) dit maak, in die ganse Skrif eers aan gedink word nie, én, wat die apologiste nooit ooit sélf aan sou gedink het nie, was dit nie dat hulle die Dag van die Here so vrees en haat nie. Mens sou kon sê, hoe kan iemand op PdT se verduideliking wil verbeter, mits hy bereidwillig sou wees om God op sy Woord te neem en sy Wet te gehoorsaam? Beswaarlik sou iemand kon!

 

 

Waarom, van die wet "ontslae wees”?

 

Tog, twee ongediertes skuil in presies hierdie mooi en ondubbelsinnige ‘verduideliking’ van PdT. Waarin bestaan hulle?  Soos altyd maar by enige en alle wanhopige pogings om God se Wet en die ewige geldigheid daarvan te negeer: by die Skrif! By die ‘Skrif’ wat so gladweg en onskuldig en gesaghebbend aangewend word— nee, wánaangewend word! 

 

PdT: “As mens verstaan hoe die Nuwe Testament oor die wet praat, spreek dit eintlik vanself of dit nodig is om die Sabbat te hou of nie. Hoe kan ons "ontslae" wees van die wet en dit "afgesterf" het (Rm 7:6) en "nie meer onder die wet" wees nie (Rm 6:14,15), maar steeds verplig wees om die Sabbat te hou? Paulus sê uitdruklik dat al die gebooie ("watter ander gebod ook al") saamgevat word in hierdie woord: jy moet jou naaste liefhê soos jouself (Rm 13:9). Die hele wet word vervul deur die gebod van die liefde (Gl 5:14).” (Onderstreping CGE)

 

(1)  die wet en dit "afgesterf" het (Rm 7:6)

(2)  word vervul deur die gebod van die liefde (Gl 5:14)

 

(1)  Antwoord / Weerlegging: ‘Skrif’, met Skrif!:  Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra; maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit, afgesterf het sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.” 

 

... aangesien ons dit, afgesterf het”—  Waarvoor staan “dit”?  For when we were dead, the motions of sins worked in our members ... but now we are delivered from the law, that being dead wherein we were held, that we should serve in newness of spirit.  Dit” staan vir “ons lede” waar-“in die sondige hartstogte gewerk het om vir die dood vrugte te dra”. Dus: Die “dit” wat “ons afgesterf het”, is nié,  die wet” nie.

Dit, waarin ons vasgevang was, ons lede (waar-)in die sondige hartstogte gewerk het om vir die dood vrugte te dra”—  that wherein we were held”— “die sondige hartstogte”, “dit, het ons afgesterf!  Soos wat ons “ons lede” en “die sondige hartstogte”, “afgesterf het”,  só, het “ons van die wet” wat sê: “Die siel wat sondig, dié moet sekerlik sterwe!”, “ontslae (ge)raak”.   O, die Wet “geld steeds”, maar net oor hom wat niédit, waarin ons vasgevang was – ons lede (waar-)in die sondige hartstogte gewerk het om vir die dood vrugte te dra – afgesterf het” nie. En wie is dit? Dit is hy oor wie die Here Hom ontferm het. Dit is nie die goddelose nie, maar die Kind van God!  Here, wees mý, sondaar voor en onder u Wet, genadig?!

 

En al hierdie aanvegtinge teen die Wet van die Here, net om van die

Dag van die Here, die Sabbatdag, ‘ontslae te wees’! “God se Wet verklaar: Nooit!” (mee ghênoito)   That being dead wherein we were held”, is nie die Wet van God nie, maar is ons ‘lede’: “Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik, hoerery, onreinheid, hartstog ....”. Kol3:5.  Deurdat julle die Woord (van die Wet) van die Lewe vashou.” Flp2:16.  Want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.” Ro8:13.   Die Woord (van die Wet) van die Lewe” is “die Gees” van God— is nie óns gees nie; óns gees moet juis doodgemaak word, want óns gees is ons “lede wat op die aarde is”, wat ons “moet doodmaak!”—Wet!  sodat “julle sal lewe” na “die Woord (van die Wet) van die Lewe”.  Mag God ons daartoe help!

 

(2)  Antwoord / Weerlegging: ‘Skrif’: “word vervul deur die gebod van die liefde (Gl 5:14)”, met Skrif:  Want die

hele Wet, word vervul, in, een Woord, naamlik: “Jy moet jou naaste soos jouself, liefhê.  Vervul deur die gebod” versus “Vervul, in, een Woord”. 

 

PdT: “(H)oe die Nuwe Testament oor die wet praat”, is, “vervul deur die gebod”. 

Paulus: “(H)oe die Nuwe Testament oor die wet praat”, is, “Vervul, in, een Woord”.

 

Vervul deur die gebod” is ‘die wet van die dood wat in my werk om vrugte vir die dood te dra’—  werkesaligheid, eiegeregtigheid. 

 

Vervul, in, een Woord” uit die Ou-Testament oorgebring: “Jy moet jou naaste soos jouself, liefhê!”— is die Wet van die Lewe en van die Gees wat in my werk om vrugte te dra.  Die vrug van die Gees is liefde”, Ef5:9; die “vrug tot heiligmaking”, Ro6:22; “vrug vir die ewige lewe”, Jh4:36.

 

Daarom: As mens verstaan hoe die Nuwe Testament oor die wet praat, spreek dit eintlik vanself hoekom dit nodig is om die Sabbat te hou. Want ons is ontslae van die wet van sonde omdat ons ons lede van sonde, afgesterf het (“Uit genade is julle gered”)— om so van die wet van die dood ontslae te wees en "nie meer onder die wet" te wees nie maar Sabbattefees vierend, ons verlossing deur en in Christus te geniet. Want Paulus sê uitdruklik dat al die gebooie, "watter ander gebod ook al", saamgevat word in

hierdie woord: jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Die hele wet word vervul deur die gebod van die liefde. As mens verstaan hoe die Nuwe Testament oor die wet praat, spreek dit vanself hoekom “onderhouding van die Sabbatdag nog vir die Volk van God standhou”.

 

 

 

Die wet van geloof is wet van werke

 

 

PdT: “Rm 8:1-4 "Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. (2) Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood. (3) Want God het wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees, (4) sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees."

 

Daarmee het Christus weggedoen met alle vorme van fisiese wette” --- Hiermee: “sodat die reg van die wet vervul kon word in ons”? Was dit nie u wat benadruk het nie?!  Behalwe vir die enkele leestekens wat – oënskynlik – in bogenoemde Skrifture skeel, wat sou dit vir u argument,

Daarmee het Christus weggedoen met alle vorme van fisiese wette – kon beteken? 

 

PdT:  Saam met die werking van die Gees in en deur ons lewens gaan geloof. Die wet van geloof kom in die plek van die wet van werke (Rm 3:27-28). Geloof berus in alle opsigte op die verdienste van Christus ... al God se wette en profesieë is vervul, nagekom, ingesluit en vervat in Jesus Christus self ... om Christus te ken oortref alles in waarde.

 

PdT: “As ons sê ons moet in Christus glo, maar ook die Sabbat onderhou, dan maak ons die Sabbat ‘n addisionele vereiste vir verlossing. 

‘Glo!’, is ‘Wet’!   As ons sê ons moet in Christus glo”, dan maak ons dit wat ons sê, soos, “Ons moet in Christus glo”,  wet’— vir die mens om na te kom en te ongehoorsaam!  Ons moet in Christus glo’, is gedwonge of kan gedwonge wees, en kan dan mensegebooie wees.  (Soos by voorbeeld hoeveel keer in die geskiedenis gebeur het dat hele volke voor die

swaard se punt ‘gedoop’ was.)  Enige ‘Moet!’, is ‘wet’; Moet is gedwonge; trane, kindergesang’.  Geen verskil met die Sabbatsgebod nie.

 

Niemand kan in Christus glo deur te ‘moet glo’ nie; maar “Niemand kan bely (of ‘glo’ of help bely of glo) dat Christus die Here is nie, behalwe, deur die Heilige Gees”. “Want die liefde van Christus dring ons.” 2Kor5:14. Die gawe van Homself in die hart van sy geroepene bring die glo-daad van die geloof in Christus, in hom voort, en is genadegawe van God Self, sonder eie-verdienste van die mens.  Geen verskil met Sabbats-geloof nie. 

 

Nie die mens se doen of late nie het tot die geloof in Christus aanleiding gegee of dit geskep nie, maar Christus het in ons harte, aanleiding tot die werke van die saligheid gegee en dit in ons lewens geskep – werke wat vrug is, vrug in onderskeiding van die lewenssap wat die vrug voortbring. Geen verskil met Sabbats-geloof nie.

 

 

PdT:  ... verstaan van die posisie wat die wet moet inneem in die lewe van die Nuwe Testamentiese Christen”.    Hier is jou eie bekentenis en erkenning, “die wet moet posisie inneem in die lewe van die Nuwe Testamentiese Christen”.  Want jy ‘verstaan’ dít, maar gló, maar verstaan nie, In Christus het enige vorm van wet verval.  Soos uself uit u eie skrywe uit kan sien, sal u hierdie ‘ding’, ‘verval’ of ‘weggedoen’, in geen Skrif vind of uit geen Skrif kan wring nie. Nie eers as u in plaas van ‘verval’, in die plek van’ gaan sê nie. Ook nie in die

plek van’, is, ‘verval’ nie.  

 

Christus in die vlees aan die kruis genael en daaraan ter helle neerdalende, en met en in en deur Homself en as Hyself, alle Wet en wette van God met en in en deur Homself en as Hyself!  Hierin het Christus getriomfeer, en in sy triomf het sy vlees geen verderwing gesien nie, “Want U sal My siel nie aan die doderyk oorlaat of U Heilige oorgee om verderwing te sien nie. U het My die weë van die

Lewe bekend gemaak, U sal My met vreugde by U Aangesig vervulin Opstanding uit die dode!   Word Hy verhef tot en verheerlik aan die regterhand van die Almagtige: “En kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van die Mens, en Hy het gekom tot by, die Oue van Dae, en hulle het Hom nadergebring, voor Hom, en aan Hom is gegee heerskappy en eer en Koningskap.” Medeverhef en medeverheerlik, met en in en deur Homself en as Hyself: Aanskou die Wet van God!   Alle wet en wette – God s’n – ‘verval’, mee ‘weggedoen’ soos die verderwende vlees van ’n sterfling?  Vergewe my my God, die gedagte!

 

Hier word die eintlike verskil tussen ons sieninge blootgelê— u siening is nie radikaal genoeg nie!  U maak tóg nog plek vir ’n in die plek van’-teologie!  U sê, “Die wet van geloof kom in die plek van die wet van werke.  Sodoende maak u van ‘die wet van geloof,  ’n ‘wet van werke’ : “As jy nie glo nie, is jy verlore! Jy móét glo!  Dis ’n ongenadiger en ongenaakbaarder ‘wet’ as enige ‘wet van werke’, want niemand kan glo tensy die geloof hom genadiglik mét Christus geskenk word nie. Nou wil elkeen sy vertoon van eie werke voorsit. 

 

In die plek van die Wet ... in die plek van die Goddelike en Geskrewe Wet, die ganse Woord van God in die Skrifte van die Ou- én Nuwe-Testament-Boek, in die ganse plek dáárvan, kom die

Ewige, Lewende, Wet-in-Persoon en Persoon-in-Wet, van Christus Jesus die In Opstanding uit die dode Vleesgeworde Verrese Woord-Wet van God.  Presies hieruit,  kom die onlosmakelikheid van die ‘Christus-Wet’ en die Skrifte. Daar kom nooit weer iets nuuts of anders in die plek van hierdie onverdeelbare en onvervreembare eenwording nie; dit sal tot in ewigheid bly geld: “Volgens die Skrifte”: Christus Jesus, Woord van God!— “Volgens die Skrifte”: ‘Volgens die Wet’, die Evangelie-Wet! Vir nie die kortste oomblik ontbreek en geld hierdie wedersydse bestaansverhouding tussen die Evangelie en die Wet nie. Dit is oor hierdie Skrif-Evangelie wat Paulus uitroep, “Want ek skaam my nie vir die Evangelie van Christus nie, want dit is ’n krag van God tot redding vir elkeen wat glo: ... Want

die Geregtigheid van God naamlik, word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof: soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe! 

 

Dit is hierdie vaste, geldende bestaansverhouding tussen die ‘ou’ Wet van God en die Wederopgestane Vlees-Wet van God, die Seun van God en Seun van die Mens Jesus Christus onse Here, wat alle en elke sogenaamde ‘argument’ teen God se Sabbatdag ontmasker en in die openbaar tentoonstel vir wat dit is: bespotlikheid. Want so waar as wat die mens leef, sal hy nie instaat kan wees om te gaan

sónder een of ander ‘in-die-plek-van-teologie’ nie. Dit is teen sy natuur en teen sy grein; die mens wíl ‘onder die wet’ lewe; wéíer om daarsónder klaar te kom = ‘Móét’, in die plek van een wét, ’n ander wét, inbring.

 

Tensy genade optree en intree en “alles nuut maak” in Christus Jesus. God het ‘alles nuut gemaak’ eens en vir altyd en alle lokaliteite as Christus Jesus uitgesluit. God het geen werk van Hom eenkant in die geheim gedoen nie. Jesus Christus is die Openbaring van die Godsaligheid, en al die werke van God voor Christus was maar net sy uitwerk in tyd (ons tyd wat Hy sy tyd gemaak het net soos ons vlees, wat Hy sy vlees gemaak het) van “die Uitnemende Grootheid van die Krag van sy Sterkte wat Hy gewerk het toe Hy Christus uit die dood uit opgewek het”— daarop, daarin, “in ’n oogwink”, “Op die Sewende Dag, het God van al sy werke gerus”. Laat my jou daaraan herinner, PdT, hierdie laaste is ’n ‘Nuwe-Testamentiese’ Skrifwoord: Hebreërs 4:4-5. 

 

God “voltooi”: Hy “maak klaar”, dít waarmee Hy werksaam is en was en sal wees; “dít, is alles nuut gemaak”.  ‘Nuutgemaak’ is nie iets anders gemaak nie. Want dit sou moes impliseer dat dít waarmee God besig wás en voltooi hét en tot dóél gebring het, was nié “goed”, nié “baie goed”, nié nóg beter “voltooi”, nié nóg beter “geseën”, nié nóg beter “geheilig”, nié nóg beter “vernuwe” nie ...

maar was ... ’n mislukking.  Dit is wat Sondag-heiliging nie kan help om te impliseer nie. Dít is wat Sondag-heiliging, a priori uitskakel as Christelike Dag van Aanbidding:  hierdie Skrifgebondenheid wat dit behoort te gehad het sou God dit vir Christelike Dag van Aanbidding gewil en bestem het— presies daardie Skrifgebondenheid wat Die Sewende Dag Sabbat:— “van die HERE jou God” — behoort te gehad het en inderdaad ontvang het, juis omdat God dit vir Christelike Dag van Aanbidding gewil en bestem hét. 

 

Een ding is ek steeds en dag vir dag sekerder van, Dit is onse Vader en Here Jesus wat deur die Gees van God ons by die Skrif hou en

terugbring na sy Heilige Wet.   Ware ‘Vrymaking’ beteken: Onder die Wet van die Woord van God gebring en deur dieselfde Wet gebonde.

 

 

 

 

 

 

’n Wet by die Evangelie

 

PdT, “As ons sê ons moet in Christus glo, maar ook die Sabbat onderhou, dan maak ons die Sabbat ‘n addisionele vereiste vir verlossing.  Dan voeg ons weer ‘n wet by, by die evangelie.   

 

En wat sou daarmee verkeerd wees behalwe dat dit “ons” sou wees wat “weer ‘n wet by(voeg), by die evangelie”, naamlik nogal, die Sondag in die plek van die Sabbatdag?   Of, dat ons pleks van met die Sabbatdag, nou met die Wet wat sê Óns móét  in Christus glo, geloofsverdienstelikheid ’n addisionele vereiste vir verlossing maak?  Dan voeg ons mos weer, ‘n wet by – bý die evangelie, naamlik ‘Óns móét  in Christus glo of ons word nie gered nie?  Mens kannie één Wet van God wegvat nie, of jy sal een van jou eie in die plek daarvan móét inbring, en só daarvan werkesaligheid móét maak.  Boonop, as ons sê ‘Óns móét  in Christus glo, maar sê ons moenie en magnie die Sabbat onderhou nie, dan voeg ons mos weer, ‘n wet by – bý die Evangelie, wat sê,  ‘Jy magnie die Sabbatdag onderhou of dit heilig nie!’  Dan verbeur ons mos die Sabbatdag wat deur die Hére “vir die mens” ’n eerste beginsel vir, en van, Gemeentelike en persoonlike aanbidding van Hóm, “gemaak is”. Dan wil ons beter weet as die Here van die Sabbat. Dan verag ons sy goeie gawes. Dan reken ons op eie geregtigheid, want, ‘Ek hou mos nié die Sabbatdag nie!  Dis dubbele huigelary.

 

 

 

Die Wet ‘Uitgedelg’ of “Grootgemaak”?  (2Kor5:17)

 

PdT: “die Nuwe Testament die volle vervulling van die Ou Testament – die oue is verby, kyk alles het nuut geword (2 Kor 5:17).  Daar is geen Nuwe Testamentiese gronde vir die onderhouding van die Sabbat nie.   ... alle wette opgehef in Christus behalwe die sabbat?

 

Alle wette, ja geen wette, is ‘opgehef in Christus nie’, ook nie die Sabbat as sodanig of as ‘wet’ nie. (Dis verskillende dinge!) Ja, die Sabbat is geen uitsondering, of maar een voël wat dink hy maak die somer nie.)  Waar kom die woord ‘opgehef’ vandaan, buitendien? Dis weereens een van u gemaakte woorde – tensy u dit sou bedoel het as ‘opgehef in Christus aan die kruis’, wat u duidelik en allermins sou wou bedoel het.  Want u vrees dat as die Wet van

God met Christus gekruisig moes geword het (wat dit waaragtiglik was, want hoe anders sou die Wet aan die kruis genael kon word as met en in en deur Christus?), dan kon dit ook nie met Christus, in Christus en deur Christus, ja, as Christus, weer uit die dode ópgestaan het om te lewe en te heers nie.  Want u vrees die Sabbat sou ook met, in, en deur Christus teruggebring word uit die dood om vir altyd, “geldend vir die Volk van God oor te bly” soos die Skrif immers onteenseglik verklaar, gebeur het!   Want alle wette word in Christus vervat, in Hom saamgevat, bevat, bevestig en

bewaar— Ja, in Christus se eie woorde: “Grootgemaak”!   Alle Goddelike Wet word in Jesus Christus se vervulling daarvan, geldig gemaak omdat ‘vasgemaak’, en vir altyd geldend vasgestel en verseël. Dit is wat ‘vervulling in Christus Jesus’ beteken; nie afskaffing of ‘opheffing’ of ‘verval’ nie.  Slegs dáárom kan 1Tm1:18 hierbo, waaragtig wees. Was dit nie vir Jesus Christus nie, “het enige vorm van wet verval” en sou die hele wêreld wetteloos gewees het en in stryd met sy Evangelie.  Maar “So waar as God getrou is, ons woord tot julle was nie ja én nee nie ... maar was ja in Hóm!” Flp1:18,19c.  Want in Hom hou alle dinge stand”— bo alles, die dinge van God, die ‘Wet van God’.  Nie, ‘wet’ per se nie. Die Skrif ken nie ‘wet’ per se nie. Die Skrif is God se Woord— Geskrewe Woord. Maar veel groter en meer, is Christus Jesus, Die Wet van God; God se Gesproke, Vleesgeworde Woord. ‘Vlees’-Woord van God, wat die Christene vanouds, nié geken of gehad het

nie, anders as deur die geloof nie. Hoeveel te meer “bly” die Wet van God dan nie “geldende oor vir die Volk van God” van vandag nie!   Hoe anders kan dit “vanself spreek dat die wet – waarvan die onderhouding van die Sabbatdag deel was – slegs ‘n tugmeester en ‘n skaduwee is van

die toekomstige weldade in die evangelie”?   Hoeveel swaarder straf sal hý verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die Testament waardeur hy geheilig is, onrein geag het en die Gees van Genade gesmaad het?” Hb10:29. 

 

Die Wet van God is nie vervang nie; die Wet word sedert Christus in Christus vervat; hoeveel gesaghebbender daarom is Die Wet van God nie juis sedertdien nie! Jy wat in Christus jou skuiling gemaak het, jy staan vandag onder Koningswet van God en jou lewe is saam met Christus in God verborge, lewende werklikheid, geskep tot sy eer – waarvoor die Sabbat se onderhouding vir sy Volk steeds geldende oorgelaat is.

 

Hoe het ek die tug gehaat!” maar “die Here tugtig hom wat Hy liefhet.  Kom na My toe”, “bring jou hart na die Tug!  As julle sonder tugtiging

is, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.”  Die ‘Bewaarder’ van Israel” is jou ‘Tug-’ en ‘Leermeester’.  Here, leer ons bid!” “Dan open Hy hulle oor vir die tugtiging.  Wie wil nié onder die Tugtiging en die Skaduwee van die Wet van God, Christus Jesus, lewe, en stáán nie?  ’n ‘Christen’?

 

In Christus is enige wet of vorm of soort van wet anders as Hyself, of wat “in stryd” met Hom is, vernietig, “uitgedelg” – kyk Kolossensiërs 2:12-15 by uitnemendheid!  Sodat Christus meer kan

word, en die mens of die wêreld met sy magte en outoriteite en heerskappye, ‘n bespotting en minder as niks. Selfs sou dit die Tien Gebooie wees wat  in stryd” met Christus kom, of wat ‘meer vereer’ word as die Een (wat die) Gewer van die Wet is”, dan bring óns groter verering aan die Wet as wat die Wet self “wettigliktoelaat, en bring ons onsself, onder “wetteloosheid” en onder dit wat met die gesonde leer in stryd is volgens die Evangelie”.

 

Die Evangelie is groter as die ‘Leer’, is groter as die ‘Wet’. Voor die Evangelie, staan die Wet as leerder, en is die Evangelie, die Meester. Vir geen oomblik hou hierdie verhouding op nie, verdwyn die Wetsleerling, en staan die Leermeester voor ’n leë klas nie.  Of het ons in hierdie opset te make met kindergartenklassies nie! (Of charismatic partying nie.)  Dis Meestersklas! Die Hoërmeester, Christus, onderrig die na-graadse Meester, die Wet, sodat hy weer

vir ons, voorgraadse leerlingetjies, betekenisvol en geslaagd, klas kan gee.   Christus verskaf aan die Wet ware vervulling, sin, betekenis, outoriteit, gesag. Die Wet kom staan voor ons, sy leerlinge, vol wysheid wat hy by en van sy Hoërmeester geleer en ontvang het.  Dit is die Evangeliese verhouding tussen Christus, Wet, en gelowige.   

 

Met alle wet weggedoen? A nee a! Waar het jy skoolgegaan?  In die Christelike Skool word geleer dat die Tugmeester, die Opvoeder of Bewaarder, Jesus Self, die Wetsmeester is.

Want ‘in Christus’ was enige wet of vorm of soort van Goddelike Wet met Homself in Homself en deur Homself “aan die kruis genael”. Aanskou die Lam van God en sien die Wet van God neerdalend ter helle uitgedelg word— en wat met Homself teenstrydig was, naamlik die wet van die sonde en die dood— uitgedelg word deur Homself én in Homself; ontslae van geraak, mee weggedoen en agtergelaat, in die verganklikheid van die dood en die graf gelaat. Met die dood en die sonde is dit verby, gans en al verval is dit! “Want julle is medegekruisig met Hom”, julle is uit die genade deur die geloof gedood om te kan lewe, om lewend gemaak, die self te kruisig en die ou mens af te sterwe.   Laat die dode hulle eie dode begrawe ... Volg julle My! Laat elkeen sy kruis opneem en My volg. Want wie sy lewe wil red, sal dit verloor; en wie sy lewe om My Ontwil verloor, sal dit vind ... het ons reeds gesê?

 

Christus was nooit, en Hy het nooit in Homself, enige wet teenstrydig met Homself (soos die wette van die wêreld) meegeneem, afgeneem, om dit weer op te neem nie. Die wet van die sonde en die dood het Christus in die graf agtergelaat en Hy is daarom weer “uit die dood uit teruggebring”: Goddelike Wet, “geldende” Wet-Woord van God. Eers dan en daardeur, “bly” welke ‘fisiese’ nakoming ter opbouing van die Gemeente daar ookal mag wees, “steeds geld”.  Mag die God van vrede wat die Groot Herder van die skape, onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die Ewige-Testament uit die dode teruggebring het, julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom.” Hb13:20-21. Dit is ‘Nuwe’-Testamentiese ‘Wet’.  Dit, het, “Sabbatsonderhouding” ingesluit, en volgens hierdie Nuwe-Testamentiese Wet, “geld Sabbatsonderhouding vir die Volk van God, steeds”.

 

Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus Jesus, en ons gesalf het, is God, wat ons ook verseël het en die Gees as onderpand in ons harte gegee het.”   Dieselfde gronde, bevestig elke vorm of soort van gelowige nakoming van die Wet van God wat “daar vir die Volk van God oorbly”— Volgens die Skrifte! ... is die enigste voorwaarde!

 

Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe.” “Wette”, Meervoud, dit is, “alle wette” wat u beweer, “is opgehef”.  Hoe sal God dit doen? Deur sy Een Wet in ons harte in te bring— deur wedergeboorte deur sy Heilige Gees, Christus, in ons harte in te bring en te verhef.  Met Christus, bring God sy hele Wet en al sy wette, in ons hart in, en word alle wette van God in

ons harte bekragtig in Christus Jesus, en so staan ons nie meer ‘onder die wet’ of “onder die vloek van die wet” nie, maar met die wette van God in die Een Wet-Woord van God in ons harte, Jesus Christus. 

 

Daarom, as ons sê ons moet in Christus glo en sál daarom ook die Sabbat onderhou, dan maak ons – of liewer - erken ons die Sabbat die ‘addisionele’ vereiste van verlossing, en nie meer vír verlossing

nie— wat die Sabbat immers nooit maar nooit, was nie. Ek glo nie eers die Jood roem daarop dat hy deur Sabbatsonderhouding die

guns van God kan of wil verwerf nie.  Ja, as ons sê ons moet in Christus glo, dan eis en maak Verlossing, die Sabbat ’n ‘addisionele vereiste’ – “’n onderhouding wat steeds geld”— feitlik woordeliks wat Hb4:9 letter vir letter konstateer. Die saligheid deur en in Jesus Christus, vra en eis van die Christenmens en Christenvolk Sabbatsonderhouding terúg— feitlik woordeliks wat Hb4:8 verklaar die rede en gronde is “Vir die Volk van God (se) onderhouding van die Sabbatdag”.   Christus Jesus is dit dan wat ons “dring” om saam met die “Here van die Sabbatdag”, ook “die Sabbat-Dag van die Here jou God”, te “onthou”, te “eer”, te “heilig”— in die hart te dra!  Dink aan die Sabbatdag dat jy dit heilig ... Onthou die Sabbatdag, want Ek het jou uit Egipteland uigelei ... As jy die Sabbat ’n verlustiging noem ... jou in die HERE verlustig, sal Ek jou laat ry oor die hoogtes!”— verklaar die Skrif van Christus, en van Hom in opstanding uit die dode, voordat dit ons in gedagte gehad het.  

 

En so word die Aanbidding van die Enige God, van en vir alle tye op dieselfde vlak geplaas: die vlak van deur die geloof uit die Genade alleen! Elke aksie het 'n reaksie, en elke aksie van God, meer as enige ander. God spreek, en dit is; Hy beveel, en dit staan; Hy

verlos, en ons word verlos— met alles wat dit behels: Konstant en konsekwent: Volgens die Woord en volgens die onveranderlikheid en ewigheid van die Almagtige! Waarin ons alle aanduiding rakende die Sabbatdag vind; en waarin ons hoegenaamd geen aanduiding rakende Sondag-aanbidding vind nie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

‘Fisies’, én, óf, ‘geestelik’?

 

PdT: “Dit is duidelik dat die Hebreërskrywer nie ‘n spesifieke dag in gedagte het met die gebruik van die term “vandag” (semeron) nie.  Hy bedoel daarmee: enige dag, nou, elke dag.  Die sabbatsrus waarvan Heb 4:9 praat is dus ‘n geestelike rus, nie ‘n fisiese rus nie.    Alle fisiese wette is in Christus vervul.  Die aanbreek van die Nuwe Testament dui die aanbreek van totale geestelike wedergeboorte aan.  Dit is die manier hoe mens deel raak van die Nuwe Verbond.  Daarmee het Christus weggedoen met alle vorme van fisiese wette.

 

PdT: “die term “vandag” (semeron) ... (die krywer) bedoel daarmee: enige dag, nou, elke dag.

 

Die skrywer praat juis nié van ‘enige’ dag nie; hy praat van die énige dag van “hierdie dinge”-‘tauta’ van die verlossing deur Jesus Christus: “Hy sou van géén ander dag na hierdie dinge spreek nie.

PdT: “Daarmee het Christus weggedoen met alle vorme van fisiese wette. 

 

Alle ‘wet’ of ‘wette’ van God is ‘geestelik’, en is presies daarom, sonder uitsondering, ‘prakties’, en boonop, ‘ewig’. Dit is die “praktiese uitdrukking” – van hetsy ‘fisiese (sigbare)’ óf ‘geestelike (onsigbare)’, ‘wet’ – wat by die mens eg, of vals mag wees, terwyl, dit mag ‘voorkom’ of ‘sigbaar-wees’, of nié mag voorkom nie en ‘in die geheim’ of ‘geestelik’ is.  Dit is die “praktiese uitdrukking” wat by die mens, eg of vals is terwyl, dit “fisiese wette” óf nie-fisiese wette, dus terwyl dit “‘n geestelike rus, nie ‘n fisiese rus nie”, is; óf, terwyl dit ‘’n fisiese rus, nie ’n geestelike rus nie’, is.   Dan bly maar alleen God die Regter, oor.   Maar op “Skriftuurlike gronde”, “in Christus opgehef”? géén wet van God nie!  Géén wet van God nie of u of ek nou daaronder staan of nie staan nie!   Net die gedagte van ‘nie (meer) onder die wet te wees nie’, bevestig die wet en beteken net die teenoorgestelde daarvan dat dit mee ‘weggedoen’ is of ‘verval’ het! U gebruik valse logika, wat, Skrif, vir alles wat u beweer, “die Hebreërskrywer ... duidelik in gedagte het”. Gee ons wat hy in gedagte het deur ons die Skrif daarvan te gee!

Ons kan nooit van die Wet van God óór ons ontslae, of ontslae wíl raak nie, want dan verbeur ons God se genade! Want God se Wet is God se Genade; en God se Genade, is God se Wet.  Ons as mens, onderskei die twee terwille van verstaan en lering; maar in God en van God komende, is hulle een.   Ons kan nooit van die Wet van God oor ons ontslae raak nie, of ons moet van sy genade oor ons, ontslae raak. Dat ons sou kan, is ‘n verbeeldingsvlug wat gou-gou ontnugter! A! die lewe en ons bose ou mens is die beste tweemanskap om jou dit te leer, vriend! 

 

Daarom kan ons nooit van ‘wet’ ontslae raak nie, in elk geval nie solank daar by ons “die oortreding” gevind sal word nie en dis tot die dag dat ons doodgaan. Solank daar by ons “die oortreding” aanwesig is, só lank sal God se genade oor ons heers, of ons gaan verlore.  Daarom “Heers die wet oor die mens vir solank as hy lewe.” Ro4:15.  Want “Waar geen wet is nie, daar is ook geen oortreding nie”. Ro7:1.  As ons sê dat ons nie sonde het nie ...as ons sê dat ons nie gesondig het nie ... mislei ons onsself en is die waarheid nie in ons nie ... dan maak ons Hóm ’n leuenaar en is sy Woord (Sy Wet) nie in ons nie.” 1Jh1:8,10. 

 

Met die wet oor die mens vir solank as hy lewe kan hy nooit voor God huigel nie. Jy sê: Jy maak op die genade aanspraak, jy ontken en weier die wet daarby, want jy is nie ’n oortreder nie?  Hoe gaan jy “tot geregtigheid gestel word”? Want: “Die wet het daarby gekom sodat die misdaad meer sou word”, sodatwaar die sonde meer geword het ... die genade nóg meer oorvloedig geword het”!  Ro5:20.  Wil jy die genade verbeur? Kom onder die Wet van God uit! Ontken die Wet van God oor jou, sodat jy in jou eie geregtigheid voor die regterstoel van God kan verskyn; en sien hoe jy “tot geregtigheid gestel (gaan) word! Vind uit hoe dit is om nié onder die Genade te wees nie!  Want onder watter ‘wet’ staan jy, o mens, voor die Regterstoel?   Staan jy, onder die doodmakende letter van ‘Wettereëls’— ‘mensegebooie’ (of dit nou uit die Skrif kom of nie)?  Of staan jy, onder die Lewendmakende Gees, Christus Jesus?  In wie sien jy jou jouself, huigelaar, in die spieël van eiegeregtigheid en wet op wet, reël op reël?  In wie sien jy jou jouself, sondaar, in die Son van Geregtigheid wat oor jou opgegaan het!? Sien die verloste sy sondes sien, en sien die kind van God onder die Genade ingebring. Sien die huigelaar sy sondes sien, en sien die kind van die verderf, se misrekening met homself.  

Selfs met ‘liefde’ kan gehuigel word omdat “Jy moet liefhê”, ook, ‘wet’ is; ja, “Wet” met ’n hoofletter omdat “Jy moet liefhê” ook ‘Wet van God’ is. Dit keer jou nie om huigelaar te wees, wat “Jy moet liefhê”, aanbetref nie.  Al gehoor van “eiesinnige nederigheid ... behae

in nederigheid en verering”? Kol2:23, 18. Dis nederigheid waarin mens loop roem, net soos met ‘liefde’: “Wat die geregtigheid in die wet betref, onberispelik”, nie net ‘seremoniële’ of ‘fisiese’ wette nie;

alle ‘Wet’! Met ‘geestelike Wet’ smous die skynheilige soveel lekkerder.   Daarom, verseker ja! die Sabbat kán wet, wettiesheid en mensegebooie wees. Maar nét die Sabbat— en nie Sondag óók nie— kan – of uit genade, mág – ‘Geloofswet’ in Christus Jesus (“tot goeie werke”) wees.  Want ons het die Sabbat in en by beide die Skrifte en Christus ontdek, terwyl ons van Sondag-aanbidding nóg in of by die Skrifte, nóg in of by Christus, iets kon ontdek het.

 

Dus, ‘Die wet, alle wette, verval’?  Waar is u Skrif hiervoor, vra ek maar weer.  Soos ons sal sien, gee u enkele ongespesifiseerde gladnie aangehaalde verwysings. Is dit hoe mens die Skrif moet gebruik?   U metode mag verstaanbaar en baie effektief werk vir meeste mense wat ’n liefde vir Sondag koester.  Ek vind dit egter onoortuigend, want nie eenmaal gee u die woorde van u ‘Skrifture’ in aanhalingstekens nie, maar neem maar net aan u leser gaan buitendien te lui of te self-ingenome wees om sy Bybel oop te slaan by die plekke wat u op die beste in hakies aangee.

 

 

 

Veranderlik of onveranderlik?

 

Nou vir die vasmakende of vernietigende voorveronderstelling van alles so ver onder oorweging gebring: Hoeveel veranderlikes word in al ons veronderstellinge gevind?  Is God veranderlik, spat alles in stukke en is elke ander ding ’n veranderlike, want ons het gevind die Sabbat is en word van God ontvang. “Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van die Vader van lig neer, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie. Volgens sy Wil het Hy ons voortgebring deur die Woord van die Waarheid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees.” Jk1:18. En deur die onveranderlikheid van God die Vader word die onveranderlikheid van elke goeie gawe van Hom verseker. Ons is hier aan die begin van die skepping van God gebonde— “Die Begin en Einde”— aan Christus, gebonde!  Ons is gebonde aan die Wet van alle skepping, wat Genadewet was.  Die eerste mens uit die hand van God was met die oog op hierdie Genadebetuiging van God in Christus Jesus, geskape. Die Sabbat des te meer: “Vir die mens!

 

Het ons dan nie bevind die Sabbat sou ‘n goeie, en geen slegte en nadelige gawe aan die mens gewees het nie?  As die Sabbat ’n slegte gawe sou gewees het, dan maak ons mos die Here van die

Sabbat die Maker en Gewer van slegte gawes, terwyl Jakobus sê, “elke goeie gawe”?  Of ons moet gaan verklaar dat alles wat God in die begin gemaak het, nié “goed” nie, maar sleg was, en dat die Sabbatdag – skepping van God se rus-werk op die Sewende Dag – nié deur die heerlikheid van God geheilig en nié uit die genade van God geseën was nie; trouens, dat God maar ’n halwe stuk werk half

laat los het en nie op die Sewende Dag “voltooi het alles wat Hy (“goed” en “baie goed”) gemaak het deur dit te vermag het” nie. Sodat God van die begin af veranderlik was, en swakheid gevolglik die ingeboude van die skepping was— swakheid die ingeboude, nie net van al die werke van God nie, maar van sy Eie Wese – wat ’n lasterlike en verwerplike gedagte is. Want dan sou swakheid die sonde verskoon het. Maar nou is sonde, sonde, sodat “die Wet die krag van die sonde” kon word, en waar “die sonde meer”, en die “krag van die sonde die wet” meer en kragtiger, dat dáár juis, “die genade nóg oorvloediger meer kon word”. Ro5:20.

 

Alles sover gesê, kom eenvoudig op een ding neer, dat ons die Skrif— soos Jk1:18, Gn1-3, Mk2:27, verwerp totdat dit die hele Skrifwoord van God insluit— óf dat ons die Skrif aanneem; dat ons Hb4:9 aanneem totdat dit die hele Skrifwoord van God insluit.  Sodat ons die konsekwentheid van die Almagtige verag, óf, eerbiedig. Maar die goedheid van God, dít is waar die Sabbatdag vandaan kom, en dit is die implikasies van aanvaarding van die Sabbatdag en van die “geldigheid van die onderhouding van die Sabbatdag stééds vir die Volk van God”— Hb4:9.  O, “die monsteragtige omvang van die Sabbatsgebod!” – Karl Barth.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

‘Die Nuwe Mistiek’

 

PdT: “Die aanbreek van die Nuwe Testament dui die aanbreek van totale geestelike wedergeboorte aan.  Dit is die manier hoe mens deel raak van die Nuwe Verbond.  Daarmee het Christus weggedoen met alle vorme van fisiese wette.

 

PdT, “Die manier hoe mens toetree tot hierdie rus is deur die geloof (4:3). 

 

Die aanbreek van totale geestelike wedergeboorte ... daarmee het Christus weggedoen met alle vorme van fisiese wette”.   Hierdie rus” is hierdie “totale geestelike wedergeboorte ... (w)aarmee Christus met alle vorme van fisiese wette weggedoen het”, hierso   na verwys met, “(4:3)”.   Sou “Die manier hoe mens toetree tot hierdie rus”, “...deur die geloof” kon wees, ’n ‘geloof’ wat moet glo dat “Christus daarmee (met “hierdie rus”) weggedoen het met alle vorme van fisiese wette”?  Dit gaan my verstand te bowe.  Dit gaan my verstand te bowe omdat  die geloof’ in die konkreetheid of ‘fisiesheid’ van ‘hierdie ‘katapausis’-rus’ en die gebasseerdheid daarvan op die Opstanding van Jesus, deur hierdie totale geestelike wedergeboorte” ontken en misken word!   Word dit nou ongeloof om die Woord, “Daarom, bly Sabbats-onderhoudingsgeloof behoue”, te glo?  Is dit nie ‘deur die geloof’ dat geglo word Sabbats-geloof is Opstandings-geloof en “bly daarom steeds geld” nie?  Is die ‘Evangelie’ dan nie sy eie Wet nie?  Leef ons ‘onder die Evangelie’ in ’n onwerklike religieuse wêreld van gewaande ‘Wet van wetteloosheid’ – ‘wette’ van totale geestelike wedergeboorte” wat enige “vorme van fisiese wette” uitsluit?  Die Nuwe Mistiek’ – is dit jou Christelike “in die wêreld maar nie van die wêreld nie”-realiteit, jou realiteit van Christelike Geloof?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hebreërs 4

 

Flater!: “Die konteks maak dit duidelik dat die term “sabbatismos” hier figuurlik gebruik word.  Dit word in verband gebring met die ewige rus (katapausis).  Dit word verder versterk deur vers 10.  Vers 10 is kardinaal: “want (gar)  wie in sy rus (katapausis = ewige rus) ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne (sabbatsrus).”  Vers 10 sê dus in soveel woorde, dat hulle wat in die katapausis ingegaan het, die ewige rus in Christus (waarvan die fisiese sabbatsgebod slegs ‘n skaduwee was), “rus ook self van sy werke soos God van syne.” 

 

Vers 10 is kardinaal: “want wie in sy rus (katapausis = ewige rus) ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne (sabbatsrus).”  .... “syne (sabbatsrus)”: ‘Sabbatismos’ sou dan “hier”— dit is, “Vers 10”— “Vers 10 is kardinaal”— “figuurlik gebruik word”.  Sabbatismos’ wórd nie vers 10 gebruik nie! Wys jou net die verwarring. Lees weer my opmerkings oor Hebreërs 4, bladsy 57:

Hebreërs:  (4:8)... die rus waarvan Josua praat... is nie ... die finale vervulling van die belofte van rus nie” – sê PdT. En wat is, “die rus waarvan Josua praat” in 4:8? :  Dit is die ‘katapausis’-rus!

 

(Heb 4:3). Hierdie rus noem die skrywer 'n sabbatsrus. Dit is dus die vervulling van dit waarvoor die sabbat staan”, of te wel, “die finale vervulling van die belofte van rus”. 

 

vers 9... Die werklike rus is slegs in Christus, juis omdat die fisiese sabbatdag daarvan ‘n skaduwee was, en daarheen gewys het, en daarin (in Christus) vervul is.   Kon PdT sy weerspreking opsigteliker gemaak het?

 

Want die 4:8 ‘rus’ – die ‘katapausis’-rus –, was dié rus wat God sê in gehoorsaamheid deur die geloof in ingegaan moet word, 3:11, 18, 4:1, 3.  Wat daarenteen, was die “rus (wat) die skrywer 'n sabbatsrus noem” in 4:9? :  Letterlik, idiomaties en etimologies: die ‘sabbatismos’-“’n onderhouding van die

Sabbatdag!  Wié het wié, in die 4:8 ‘rus’ – die ‘katapausis’-rus – in ingebring? Die skrywer sê, “Jesus het aan hulle die rus verskaf”.

Vír wiebly dit nog geld” om te ‘sabbatismos’ in 4:9? :  Die skrywer sê: “Daarom dan bly dit nog vir die Volk van God geld!” ’

 

Slotsom van agter af hiernatoe gebring – Dit blyk jou basiese dilemma te gewees het, PdT:

 

Daar bly dus geen manier oor, waarop die ‘rus’-‘katapausis,  en die ‘Sabbatsrus’-‘sabbatismos van die “onderhouding van die Sabbatdag (wat) vir die Volk oorbly”, met mekaar gelykgemaak, of met mekaar verwar, kan of mag word nie.   En daarom, bly daar ook geen manier oor hoe die ‘Vandag’-‘seemeron van die Evangelie-Wekroep van die dag van Goddelike Genadebetoning in en deur Jesus Christus, met die ‘Sabbatsrus’-‘sabbatismos van die “onderhouding van die Sabbatdag (wat) vir die Volk oorbly”, gelykgemaak, of daarmee verwar, kan of mag word nie.

 

Die ‘rus’-‘katapausis’ en die ‘Vandag’-‘seemeron’-Evangelie-Wekroep, is dieselfde; nié die ‘rus’-‘katapausis’ en die ‘Sabbatsrus’-‘sabbatismos’ nie.   Die ‘Sabbatsrus’-‘sabbatismos’ en “die Sewende Dag aangaande waarvan God aldus gespreek het”, is min of meer ekwivalente.

 

 

 

Die Rus’ én ‘die Sabbat’, vind in Christus vervulling

 

PdT: “Soos ek dit verstaan is die Nuwe Testament die volle vervulling van die Ou Testament – die oue is verby, kyk alles het nuut geword (2 Kor 5:17).

 

PdT, “Die Sabbat vind vervulling in Christus in die sin dat ons in Hom rus.  

 

Die vervulling in en deur Christus van alle Evangelie-beloftes waarin “God aldus aangaande die Sewende Dag Gespreek het”, vorm die “Daarom” daarvan en daarvoor dat “’n onderhouding van die Sabbatdag (d.i., die ‘sabbatismos’) vir die Volk van God (d.i., ‘ons’) bly geld (d.i., bly geld as ‘Sabbatswet’). Hb4:9.  Dit is a priori ontoelaatbaar dat ‘katapausis’ en ‘sabbatismos’ verwar of

geïdentifiseer word! Anders kon die skrywer maar net aangehou het om ‘katapausis’ te sê.

Daarom: Nee, dit is nié so dat “Die Sabbat in Christus in die sin dat ons in Hom rus, vervulling vind” nie! ‘Die Rus’ vind in die Sabbat ’n komplement en vrug, nie ‘n antagonis of wurm wat verderf nie; die Sabbat vind in ‘Die Rus’ (die Evangelie) sy oorspronge en dryfveer, sy wortels en lewenssap, nie dryfsand waarin dit wegsink en verdwyn nie. 

 

Die Sabbat vind nie vervulling “in ons in Hom” nie, maar in Hóm alleen, ten volle en alles-anders uitsluitend!   Dit is ook nié so dat ‘vervulling’ deur of in ‘die Sabbat’, ‘gevind’ word nie, selfs al sou met “die sabbat” bedoel word ‘die (geestelike) rus’. Want ‘die rus’ vind nie vervulling in ‘die rus’ nie, as Christus nie sélfDie Rus’ is nie. 

 

Die Rus’ vind in Christus vervulling, en is, Christus.  Hoeveel beloftes daar van God ookal mag wees” – almal vind in Christus vervulling ‘in die sin dat ons ín Hóm rus en vervulling vind’, “in Hóm is hulle Ja, en in Hóm, Amen!”, “hoeveel beloftes daar van God ookal mag wees”! 2Kor1:20.   Laat ons dan vrees dat terwyl die belofte om in sy rus in te gaan, nog standhou, dit miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het nie.” Hb4:1. 

 

Hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hóm” is hulle nié mee “weggedoen” nie – in watter “vorm” ookal, ‘fisies’ of ‘geestelik’ – ook nie in die vorm daarvan dat “daar vir die Volk van God hulle onderhouding van die sabbat oorbly nie.”  Want “Geen jota of tittel van die Woord van God sal ooit verbygaan gaan nie”.

 

Dit is dan weens en op grond van hierdie absolute sekerheiddat ons ín Hóm rus en vervulling vind”, dat die skrywer – ja, die Woord van God – in 4:9 verklaar: “Daarom dan bly daar vir die Volk van God hulle onderhouding van die Sabbatdag oor.

 

Die Rus’ vind in Christus vervulling, “in die sin”,

(1), “dat ons in Hom rus” en

(2), dat die ‘vervulling’ van die Rus van Gód, in Hóm ‘gevind’ word, en

(3), dat Hý, “aan die Volk van God .... die rus verskaf het”, 4:8, en Self, in Homself, die Volk in die magtige, verlossende, “Rus”-‘katapausis’, ingebring het, sodat,

(4) “dáárom, daar vir die Volk van God, hul onderhouding van die Sabbatdag, steeds oorbly”.  Dit is heeltemal iets anders, maar

alhoewel ‘fisies’, tog ‘geestelik’ en ‘goddellik’. Want hier is die fisiese ingaan in die onderhouding van die Sabbat as Dag van en deur God uitverkore, naamlik, “Die Sewende Dag aangaande waarvan God aldus gespreek het: En God het op die Sewende Dag van al sy werke gerus.” Dis “omrede” hierdie voltooide werke van rus van God in Christus, dat die ‘ingaan in die onderhouding van die Sabbat as Dag’, “geld / oorbly / standhou”.

 

Ek negeer van alle ‘vervulling’ in en deur Christus bewerk, niks nie, maar u, PdT, negeer die Sabbats-rus wat Christus ook ‘aan die Vólk verskaf het’, want vir u, is dit “Die Sabbat”, waarmee “weggedoen” was. Aan die ander kant maak u van die ‘Sabbatsrus’ self, die ‘vervullings’-‘rus’-‘katapausis’.  Vir u maak dit nie saak dat “hul (‘fisiese’) onderhouding van die Sabbatdag (wat daar) steeds vir die Volk van God oorbly”, ‘geestelike’, ‘rus’ beteken nie al is dit ‘fisies’. U negeer en werk dit teen as sou dit ‘n ‘vleeslike verordening’ wees.  Hoe het u dit (oënskynlik) reggkry? ...

 

 

Net Wettesiste Vra vir ‘Wet’

 

PdT: “Dit is duidelik dat die Hebreërskrywer nie ‘n spesifieke dag in gedagte het met die gebruik van die term “vandag” (semeron) nie.  Hy bedoel daarmee: enige dag, nou, elke dag.  Die sabbatsrus waarvan Heb 4:9 praat is dus ‘n geestelike rus, nie ‘n fisiese rus nie.    Alle fisiese wette is in Christus vervul.  Die aanbreek van die Nuwe Testament dui die aanbreek van totale geestelike wedergeboorte aan.  Dit is die manier hoe mens deel raak van die Nuwe Verbond.  Daarmee het Christus weggedoen met alle vorme van fisiese wette.

 

Volgens Hebreërs 4, letterlik en essensieel, na inhoud en na vorm, “Bly daar ’n onderhouding van die Sabbatdag, geld”, of “oor”. Wat wil die wettesiste nou meer?! Dis mos ‘gebod’ / ‘wet’ hier soos wat jy maar selde in die Ou-Testament sal kry— soos by voorbeeld in Genesis 2:2-3— sónder moets en moenies; slegs uit innerlike aard en krag geldend— óók vir die skepsel en nie net vir die Skepper nie.  Enigste verskil is, hier vind mens die Wet soos dit as gevolg van Christus se Verlossingswerk vir die Christen van krag geword het.   Soos wat vir die Volk Israel hulle verlossing uit Egipte vir hulle betekenis aan die Vierde- of Sabbatsgebod en die

onderhouding daarvan gegee het, net so ontvang Sabbats-onderhouding vir die Christenvolk van God betekenis in die Verlossingswerk van die Evangelie.

 

Dit is ‘n arrogante onwaarheid dat “Volgens Heb4 daar ‘n sabbatsrus oorbly” wat “onderhouding” van die Sabbat as “Die Sewende Dag”, uitsluit.  Al wat die ‘sabbatsrus’-‘argument’ reggekry het, was om die volstrekte betekenis van die woord ‘apoleipetai’-‘oorbly / geld steeds / maak nog saak’, te bevestig het. Nou kan Sondagargumente nie omdraai wanneer hulle in die hoek gedryf word as gevolg daarvan dat hulle  geestelike’ ‘sabbatsrus’ storie onbehoudbaar geword het nie, en wil beweer die woord ‘apoleipetai’ bevat nie hierdie ‘wetskonnotasie’ nie. Hulle het die ‘wet’ net so nodig vir hulle ‘geestelike wet’ of ‘praktiese onderhouding’-ideologie as wat Sabbatdagsonderhouding ‘wet’ benodig.

 

 

 

Nie ’n ‘fisiese wet’ nie, maar ’n ‘geestelike’

 

PdT: “Volgens Heb 4 bly daar ‘n sabbatsrus oor.  Die manier hoe mens toetree tot hierdie rus is deur die geloof (4:3). God het eens die sabbat bepaal as rusdag (4:10), en Hy bepaal nou weer 'n sekere dag in die plek van die Sabbatdag, naamlik vandag (4:7).

 

PdT: “Die sabbatsrus waarvan Heb 4:9 praat is dus ‘n geestelike rus, nie ‘n fisiese rus nie.    Alle fisiese wette is in Christus vervul.  Die aanbreek van die Nuwe Testament dui die aanbreek van totale geestelike wedergeboorte aan.  Dit is die manier hoe mens deel raak van die Nuwe Verbond.  Daarmee het Christus weggedoen met alle vorme van fisiese wette.

 

Die Sabbat en Sabbatsgebod vind vervulling in Christus, wat beteken dat Christus alle betekenis geword het wat die Sabbat aangaande Hom ingehou het, en dus steeds inhou.  Dit is wél so dat die Evangeliebeloftes, ook dié van die Sabbat, vervulling vind in Christus in die sin dat ons, in Hom, die rus, gevind het. D.w.s., die Sabbat vertel en ‘leer’ ons dat die mens verlossing in en deur Christus ontvang. “Want as Jesus aan hulle rus verskaf het”, is Hy die “Rus van God”, en het Hy ons in die Rus van God “ingebring”.  

Juis hieruit, dat Jesus aan hulle rus verskaf het” (8), volg, die skrywer se “Daarom” – ‘ara’ – vers 9:  Daarom – bly daar dan vir die Volk van God ’n onderhouding van die Sabbatdag oor”.   (“’n Onderhouding van die Sabbatdag” is die presiese en uitsluitlik toegepaste gebruik en betekenis van die woord ‘sabbatismos’ in enige Griekse literatuur waarin die woord voorkom.  Dit is ’n etimologiese onderwerp wat ter gelegener tyd aandag gegee kan word – of, lees waar dit reeds aandag gegee was.)   Ewentwel, ‘Sabbatismos’ is nooit die sinoniem of naastenby ekwivalent van, of, vir, ‘katapausis’ nie. ‘Sabbatismos’ impliseer “onderhouding” deur die “Volk”; ‘katapausis’ impliseer die poging en sukses (Eng., ‘feat’) van “Jesus (wat) aan hulle rus verskaf het”. In Kolossensiërs noem Paulus dit Jesus se “triomf”.

 

Om in 4:9 te praat van ‘net’ ’n ‘sabbatsrus’ as sou dit nié ’n “onderhouding van die Sabbatdag” gewees het nie,  dus ‘net’ ‘n geestelike rus, nie ‘n fisiese rus nie”, is ’n fout.  Of as dit nie ’n fout is nie, dan moet dit ’n Skrifverdraaiïng wees.  Dit sou tog onsinnig gewees het om te sê, ‘Omdat Hy aan hulle rus verskaf het bly dit nog oor dat aan hulle rus verskaf word.’ Want dit negeer die waarheid van die voldonge, vervulde, feit dat “Jesus aan hulle rus verskaf het” – tog deur sy Opstanding!

 

 

 

Die Sabbat die Rus van God in 4:10?

 

PdT, “God het eens die sabbat bepaal as rusdag (4:10), en Hy bepaal nou weer 'n sekere dag in die plek van die Sabbatdag, naamlik vandag (4:7)...  

 

Nee wag! dis nie wat daar in “4:10”, staan nie, maar ... PdT: “Volgens Heb 4 bly daar ‘n sabbatsrus oor...”— dit kan net “Heb 4”, vers 9, wees! 

 

PdT: ...hierdie rus... (4:3) ...die sabbat bepaal as rusdag (4:10) ...'n sekere dag in die plek van die Sabbatdag, naamlik vandag (4:7)”. (Onderstreping CGE.)    In aldrie verse, “(4:3)...(4:10)...(4:7)”, praat PdT van “hierdie rus... die sabbat...as rusdag...'n sekere dag...die Sabbatdag...vandag; hy vind geen onderskeid of verskil nie maar inteendeel volle eendersheid in elke

frasering.   Maar die werklikheid lyk anders.

Eerstens, ‘hierdie rus’ .... voor enigiets moet ons na die Skrif gaan kyk!   Die Rus’ .... Merk hulle in rooi, want hulle is nie dieselfde nie.  As jy klaar is, gly jou oog oor hulle, en jy word die verskille en die ware betekenis, meteens, gewaar.

 

Hb3:11  Soos Ek in my toorn gesweer het, hulle sal in my rus, nié ingaan nie”. Rooi; want vers 10 vertel watter rus hierdie is: “My weë”: “Ek het vertoornd geword ... maar hulle het My Weë nie leer ken nie.  Dit is, hulle het in my rus, nié ingegaan nie.   Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe!  Want ons het deelgenote van Christus geword as ons net die Begin van ons Vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou.   Ons Vertroue” en “die Begin van ons Vertroue”, is “Christus”, vers 14.

 

Hb3:11  Aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie?  Rooi; want “Ons sien dat hulle deur ongeloof, nie kon ingaan nie”, 3:19.  Deur ongeloof het hulle Christus nie aangeneem nie. “Want aan ons is die Evangelie (van Christus – daar is net een Evangelie, Christus s’n –) ook verkondig net soos aan hulle.” 4:2.

 

Hb4:1  Ons behoort op ons hoede te wees dat, terwyl die belofte om sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien gaan blyk dat iemand van julle agtergebly het nie!  Rooi; want dieselfde ‘Evangelie-Belofte-Rus’ van 3:18-4:1 is nog ter sprake.

 

Hb4:3  Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het: Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal in my rus nié ingaan nie, alhoewel sy Werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is.  Rooi; “Want ons wat geglo het, gaan die rus in”, dié ‘rus’, wat “daardie geslag (wat) altyd met die hart dwaal”, 3:10, nié ingegaan het nie, 3:11. Want hierdie ‘rus’ stem met die volbragte werke van God ooreen, wat weer met die ‘Evangelie’ en met ‘Christus’, ooreenstem. “... ons gaan die rus in” wat “my rus” is, wat “hulle, deur ongeloof, nie kon ingaan nie”, 3:19.  Een en dieselfde ‘rus’; verskillende ontvangers.

 

Hb4:5  En nou weer hier / soos volgens hierdie Skrif in huidige omstandigheid toegepas: “Hulle sal in my rus nie ingaan nie!  Die skrywer skryf ter herbevestiging van dit wat hy reeds bevind het na aanleiding van wat die Skrifte verklaar het. Hy skrywe steeds, “My Rus”, na aanleiding van God wat by die “grondlegging van die wêreld”,

4:3, “op die Sewende Dag van al sy weke, gerus het”. Gód, het “gerus”; daarom praat die skrywer al die tyd nog van “sy rus”, “my rus” – dit is, God, se rus en rus-daad; nie van die mens s’n nie. Rooi.

 

Hb4:6  Van hierdie selfde ‘Rus van God’, verklaar die skrywer: “Aangesien dit dan so ís dat party mense daarin ingaan.  Daarin” Voornaamwoord vir “My Rus” van vers 5 net tevore. Rooi!

 

Hb4:8  Die skrywer praat van dieselfde Rus van Gód waar hy vermeld dat “Jesus hulle” – dit is, die “party mense (wat) wel in die rus ingaan”, “laat rus” het, of, dat “Jesus aan hulle rus gegee het”— waarmee hy deur middel van die Werkwoord, uitdruklik verduidelik watter ‘rus’ hy dan nou eintlik met sy Selfstandige- en Voornaamwoorde bedoel: Eenvoudig, dié ‘rus’, wat, “Jesus”, vir “sommige mense” beteken – wat, , vir daardie mense is — vir daardie mense wat wél in “Sy Rus”, “My Rus”, “Die Rus”, “ingaan”. Wat “Jesus” vir daardie mense wat “daarin ingaan” as voldonge Rus’ geword het, naamlik “die Evangelie” en “Krag van God tot redding”.  Rooi!

 

Hb4:11  Laat ons ons dan beywer om in te gaan in Dié Rus” wat “Jesus aan hulle gegee het”, Christus Jesus Self.  Kleur ‘Dié Rus’ in vers 11 rooi, want dit is dieselfde as die “laat rus” van vers 8!

 

Hb4:10  Want Hý-(Jésus)-in-Sy-Rus-inganende, het inderdaad van sy eie werke gerús— soos God van sy werke. Dit kan van geen mens ooit verklaar word nie, omdat verklaar van Jesus Synde Die Rus van God, Self.  Deur opstanding uit die dood het “Hý-(Jésus)-in-Sy-Rus-inganende” ‘Die Rus’ van “God van sý werkegeword— het die Seun “die werke van My Vader”, “klaargemaak”.  Rooi!

 

‘Die Rus’ wat die skrywer aan Hebreërs voorop stel as uitsluitlik God se rus in Christus,

(1)  dui hy telkens aan met die woord, ‘ Rus’, of ‘ Rus’, die Rus ‘van’ God, en ‘van’ Jesus.

(2)  En meer as eenkeer ‘bepaal’ die skrywer dat hierdie rus, as dit deur die ongehoorsames en ongelowiges met geweld ingeneem wil word, ‘nie ingegaan sal word nie’.

(3)  Of dat hierdie rus, as dit deur die geloof is, wel deur hulle wat glo, ingegaan word, maar, dat hulle ‘ingaan’, eintlik ’n ‘inbring’ is, want “Jesus het aan hulle rus verskaf”; hulle het dit nie self verwerf of in eie krag ingegaan nie.

 

(4)  En deurgans gebruik die skrywer die woord ‘katapausis’ vir hierdie ‘Rus’. Hierdie redes verseker dat dit onmoontlik is dat hierdie ‘Rus’ met enige ander ‘rus’, verwar of vereenselwig kan word, want:

(1)  dit is God se vermagting deur Christus;

(2)  Hy is die Inbringer in dié Rus;

(3)  Hy is die Inganer in dié Rus en

(4)  “dié wat daarin ingaan”, gaan

(5)  deur die geloof

(6)  in en deur Hóm,

(7)  daarin in,

(8)  of gladnie: by eed van God, nié!   

 

Na aanleiding van hierdie, enigsoortige ‘Rus van God’, staan daar geskrywe:

 

8, “Jeens die feit dat (n.a.v. die verse so pas na verwys), Jesus aan hulle rus verskaf het”,

 

9Daarom dan (n.a.v. vers 8 so pas), bly daar vir die Volk van God ’n (of ‘hulle’) onderhouding van die Sabbatdag geld

 

10 omdat Hy  (n.a.v. vers 9 én 8 so pas), synde ingegaan in sy eie rus, inderdaad self van sy eie werke soos God rus van syne.

 

Ons ontvang hier die dubbele rede en motief “(W)aarom daar dan vir die Volk van God ’n onderhouding van die Sabbatdag geldig bly”, naamlik: (1), vers 8: “Omdat Hy aan húlle rus verskaf het”; en, (2), vers 10:  omdat Hy, synde ingegaan in sy eie rus, inderdaad sélf van sy eie werke soos God, rus.” Die “rus”-‘katapausis’ is tweemaal die gronde, vóór (v8), én, agterná (v10).   Die ‘sabbatismos’ – vers 9 – is wat midde daarin, uitspruit.

 

Die “rus”-‘katapausis’ is tweemaal die gronde van en vir die ‘sabbatismos’-“Sabbatsonderhouding (wat) vir die Volk oorbly”:

Eerstens “Jesus”, wat “aan hulle (die Volk), rus verskaf het”, vers 8; en

Tweedens, “Jesus”, wat van Gód se werke van eie rus, vers 10, na die Innigeste Gemeenskaps-Syn van God Drie-Enig, sy eie rus, “ingegaan het”.

Hb4:8-10 is mees gepaste ‘kommentaar’ op Mk2:27-28, “Hy verklaar vir hulle: Die Sabbat is gemaak vir die mens; nie die mens vir die Sabbat nie. Daarom is die Seun van die Mens, Here inderdaad van die Sabbat”. Wat sê dit anders as Hb4:8-10? 

‘n Sekere Dag, Vandag!

 

PdT

Sê gerus of ek jou reg verstaan.  1. Soos ek jou  verstaan bou jy die argument vir die onderhouding van die sabbat hoofsaaklik op Genesis wat sê dat God gerus het van sy werk.

 

PdT, “... en Hy bepaal nou weer 'n sekere dag in die plek van die Sabbatdag, naamlik vandag (4:7)

 

Dit, staan nié daar geskrywe nie! Daar staan niks “van” of omtrent “die Sabbatdag” in “(4:7)” nie; nie in skrif nie en ook nie by implikasie nie.  Wat daar wel geskrywe staan en wat daar wel “Geskrywe Staan”, d.w.s., bedoel word, is dat God nádat Hy in Christus Jesus en deur Christus Jesus aan sy “Volk ... rus verskaf het”, “spreek van geen ander dag na hierdie dinge nie”.  Hierdie dinge” (‘meta tauta’) van “hierdie dag” (‘seemeron’) van Goddelike besoeking in Christus Jesus waarin God die mens in genade besoek of versoek om hom te bekeer, te glo, en die ‘rus’ in te gaan.   Christus was en is God se laaste Woord aan ’n verloregaande wêreld tot redding. Verbeur die mens die ‘kans’ van “Vandag” van Evangeliese Oproep en Opwekking, verbeur hy die saligheid, want hierdie ‘Vandag’ is Christus se “Vandag!   Vandag!” is dit, “Wanneer jy sy Stem hoor!

 

Verder behoort ’n mens uit vers 7-8 ontwyfelbaar te kan verstaan dat Jesus die rus (van Homself) aan sy Volk verskaf hét, eens vir altyd, onherhaalbaar en ten volle. Daar is geen ander Naam onder die hemele gegee waardeur die mens verlos kan of sal word nie. Hd4:12.  Dit is deur God se “Spreke”, 1:2b, (of “Woord van God”, vers 12a), “in hierdie laaste dae”, 1:2a, “in / deur die Seun”, 1:2c, of nooit! Dit is deur God se “Spreke” (of ‘Prediking’ van die “Evangelie”, 4:2a, et al) dat “Hy ’n sekere dag (van verlossing) vasstel ... naamlik: Vandag-wat-julle-Sy-Stem-hoor Hier is die onvergisbare definisie van “Vandag” in “4:7”.  Vandag-wat-julle-Sy-Stem-hoor, verhard nie julle harte nie! Want as Jesus aan hulle (sy Volk) (eers) rus verskaf het (Indikatief) dan sou Hy tog nie (veronderstellend, Subjunktief) hierna (“na hierdie dinge” van Jesus se rusverskaffing— nié “in die plek van die Sabbatdag” nie!) van (nog) ’n ander dag (van geleentheid) gespreek het nie.  Hy sal Hom (nie) weer oor ons ontferm, ons ongeregtighede (nie) weer vertree (nie); ja, U sal hulle

sondes (nie weer) in die dieptes van die see werp (nie).  (Maar) U sal (het) trou bewys aan Jakob, goedertierenheid aan Abraham wat U aan

ons Vaders beloof het sedert die dae van die voortyd.” Miga 7:19-20, soos vervuld in en deur Christus Jesus in en deur Opstanding uit die dode.

 

Daarna gevolgtrekking:Daarom dan bly daar vir die Volk van God onderhouding van die Sabbatdag geldig.” Dit is die boodskap van Hebreërs 4:9 tussen verse 7-10.   God vra dat ons nie ons harte verhard nie, maar dat ons in geloof ons harte oorgee aan Hom. Dit is die ware betekenis van die sabbat”— dit is die boodskap van Hebreërs 4 tussen verse 7-10. Amen, Ja kom, Here Jesus!

 

 

 

Josua of Jesus?

 

PdT, “Die skrywer van die Hebreërbrief wys daarop dat die rus waarvan Josua praat (4:8) nie die finale vervulling van die belofte van rus is nie (sien bv. Jos 1:15; 22:4; 23:1).  

 

Jammer, maar ek lees nie in Hebreërs 4 van “Josua” nie, en ook nie u nie. In Josua 1:15 lees u en ek van die Israeliete se ‘broers’ wat nog in die rus van die Beloofde Land, Kanaan, moes ingaan; In 22:4 lees u en ek van hoedat Josua wel die Israeliete in die rus van die Beloofde Land ingebring het; En in 23:1 lees u en ek van ’n geruime tyd nadat, die Here, en nie Josua nie, “aan Israel rus gegee het.”  Maar in Hebreërs 4, lees ons altwee, van hoedat

 

Jesus” – nie “Josua” nie –, aan “hulle”, dit is,

aan “ons”, “rus verskaf het”:— 

vers 1a, aan “ons”;   

vers 2a, “aan wie die Evangelie (van Jesus Christus) verkondig is net soos aan hulle (wat) in die verbittering (hulle) hart verhard het” (3:15b);  

aan “ons”, 4:3a, “wat geglo het (en) die rus ingaan”;  

vers 6a: “Terwyl dit dan so is dat sommige (vers 9, “die (Christen-)Volk van God”)  daar (d.i., die ‘rus’ van die Evangelie van Christus Jesus) ingaan”;  

vers 7, “terwyl dit dan so is dat ... Hy wéér, dit is, ’n sekere dag, naamlik vandag (in Christus Jesus) bepaal”;  

“Wéér bepaal / vasstel” (omdat ná “die verbittering” en ín, die ‘Vandag’ van die Evangelie van Christus);

“Wéér bepaal / vasstel”, omdat: (vers 8b), “na hierdie dinge” van die Vandag van die Evangelie van Christus,

“Hy nié van (nog, of van ’n tweede) dag (van geleentheid) daarná sou spreek nie”. (‘ei gar .. ouk an’)  

 

U het gelees van “Jesus, wat inderdaad aan hulle rus verskaf het”— oor en oor, sonder om te gesien het. Dit is baie jammer. Want daarmee het u gemis om te sien wat u moes gesien het, naamlik, dat “Daarom, vir die Volk van God hulle hou van die Sabbatdag geldende oorbly.” Dit is jammer, want u kon nie sien watter goeie gevolge die vermagtinge van Christus vir sy Volk beteken het nie, ook nie watter goeie gevolge die vermagtinge van Christus vir die Dag van die Here, sy Sabbatdag, ingehou het en “steeds geldende blý inhou” nie.

 

Waarom moet ons – asof in strenge nakoming van een of ander ongenaakbare ongeskrewe wet – waarom moet ons van die “Sabbat van die Here jou God”, ontslae raak?  Asof deur ‘n vuur verteer, dryf ons onsself daartoe. Wat regeer ons harte en ons begeertes? Is óns, by magte om “die Sabbat van die HERE jou Gód”, te nullifieer? Op gesag van die Wet van die Evangelie van Christus? Maar dit is dan tog een en dieselfde HERE van die Sabbat?

 

Waarvoor verwurg ons die Skrif so?  Ons moet tog die stoeiwedstryd met die Woord van God verloor? Ons sal nie ’n medalje kry omdat ons Hebreërs 4 ‘ondergesit’ het nie. Maar neem liewer teregwysing ter harte; hoe gouer, hoe gouer sal ons smaak wat vryheid en vreugde in die Here Jesus is. Of ons gehoorsaamheid goed genoeg gaan wees, kom nie daarop aan nie; wat daarop aankom is om vry te wees en voor die Aangesig van die Here te speel, want óns gehoorsaamheid, word voor God, nié in onssélf nie, maar in Christus Jesus, oorweeg, geweeg en getoets en geskat en uiteindelik, beloon! O verseker, Ons sal Hóm in beloning ontvang; ons sal Hóm ons toekenning, kleinood en sieraad as hooftooisel dra, en ons sal Hóm op ons voorkoppe en op ons hande as teken dat ons aan die Here behoort en Hy aan ons, ontvang, en ons sal Hóm op ons skouer ons rang laat ken, ons sal Hóm voor die bors ons roem laat bewonder.  

 

Een van daardie kentekens dat ons vir God en Christus afgesonder is, is – uit die mond van die Allerhoogste self – Sý, Sabbatdag. Of ons nou voor of na Christus gebore was, dis die Waarheid waarna die Sabbat heenwys.

 

 

 

Waarheid of verwarring?

 

PdT, “Hierdie rus (van “Heb 4:3” hierbo) noem die skrywer 'n sabbatsrus.  

 

PdT identifiseersabbatismos’ en ‘katapausis:  Die sabbatsrus waarvan Heb 4:9 praat is dus ‘n geestelike rus, nie ‘n fisiese rus nie. 

 

Let op die konteks van PdT se plasing van “Heb 4:3:   ... die rus waarin mense gaan as hulle glo in Christus en daardeur in 'n verhouding met God tree (Heb 4:3). Hierdie rus noem die skrywer 'n sabbatsrus. Dit is dus die vervulling van dit waarvoor die sabbat staan...   Weereens identifiseer PdT ‘sabbatismos’ en ‘katapausis’.

 

Nêrens anders as in vers 9, praat die skrywer van ‘sabbatismos’ nie. Hy gebruik ‘katapausis’ al die tyd voor en na vers 9. Hy gebruik ‘katapausis’ in “Heb 4:3”.   Duidelik sou “die skrywer katapausis’, in vers 9 geskrywe het as, let wel, ‘as’, hy in vers 9 die reddende, Sabbat-lose, geloofsrus in Christus, die ‘katapausissoos in “Heb 4:3”, in gedagte gehad het.   Die ‘sabbatismos’ is egter nié hierdie reddende, Sabbat-lose geloofsrus in Christus, nie; dit is net maar die Sabbatdag-bevattende maar nietemin gelóófs-onderhouding van die Chrísten-mens!  

 

Let op die konteks van PdT se plasing van “4:10”:  ... hoe mens toetree tot hierdie rus is deur die geloof (4:3). God het eens die sabbat bepaal as rusdag (4:10), en Hy bepaal nou weer 'n sekere dag in die plek van die Sabbatdag, naamlik vandag (4:7). PdT misgiskatapausis’ vir ‘sabbatismos’.

 

PdT lees “die sabbat” elke keer waar “die sabbat” nié is of veronderstel word nie:  ... hoe mens toetree tot hierdie rus is deur die geloof (4:3). God het eens die sabbat bepaal as rusdag (4:10), en Hy bepaal nou weer 'n sekere dag in die plek van die Sabbatdag, naamlik vandag (4:7). 

 

Want PdT verwar... die rus waarin mense gaan as hulle glo in Christus en daardeur in 'n verhouding met God tree (Heb 4:3)”, met “Hierdie

rus (wat) die skrywer 'n sabbatsrus noem”— in 4:9!   

 

Van identifisering tot misgissing tot verwarring tot wegdoening deur ‘vergeesteliking’:  Hierdie rus noem die skrywer 'n sabbatsrus.” ... “Hierdie rus” (bedoel PdT, is die rus) “in Christus”. ... Christus het weggedoen met alle vorme van fisiese wette ... In Christus het enige vorm van wet verval”, waarmee PdT eintlik bedoel, “praktiese onderhouding” van die Sabbatdag-‘sabbatismos’ verval, gestop, verdwyn het.  Op grond waarvan? ... enkel alleen PdT se eie ‘mentale projeksies’. (‘Mentale projeksies’ is ’n term uit die ‘Nuwe Hervorming’.)

 

Wel, só wil my ‘mentale projeksies’ na vele heroorweging, lyk:

In Hebreërs 4:9 en die res van die hoofstuk het ons duidelik met verskillende ‘rus’, en ‘dae’, te doen:

(1b)  “Daar bly dus oor (kataleipetai),

(2b)  “ ’n onderhouding van die Sabbatdag” (sabbatismos)

(3b)  vir die Volk van God”—

Bly oor’ om wat mee te doen? Om: nádat

(1a)  “ons” in die ‘geestelike’ “rus” van “die Evangelie” (4:2,6,10),

(2a)  ‘geestelik’, “deur die geloof” (4:3,11,16; 3:14, x3:19)

(3a)  “ingegaan hét” – soos in verse 3 en 6 gestel en in vers 11: “Laat ons (Nuwe-Testamentiese gelowiges), “ons dan beywer om in te gaan in dié rus”— vers 8:aangesien Jesus aan hulle rus verskaf het” —

om daarná,

(1c)  die “Sabbatdag” (sabbatismos)

(2c)  fisies’ en na ‘Wet’ “geldend-blywend” (apoleipetai)

(3c)  uit ‘geloof en ‘geestelik’ as “Volk van God”, “prakties” te “onderhou”.

 

Ja, die ‘rus’ – ‘katapausis’, is iets wat ‘geestelik’ ingegaan word, maar nóg die ‘rus’ nóg die ‘ingaan’, kan van die ‘fisiese’, in eenheidsfront van ‘Volk-van-God-deur-onderhouding-van-die-Sabbatdag-wees’ – ‘sabbatismos’, geskei word. Want dit is hier die Kerk, wat optree en “vir” wie die Gebod om “in te gaan”, “nog geld”— “prakties” sowel as “geestelik”.

 

Prakties” en “geestelik” is dan in die Christelike geloof, gladnie uitsluitlike begrippe nie; inteendeel!   Nou, dit sê ons terwyl ons ’n ‘geestelike’ wet, ‘geestelik’ én, ‘fisies’, gehoorsaam, naamlik, deur die “praktiese” dog ‘geestelike’ “onderhouding” van die ‘geestelike’ dog ‘fisiese’ en “praktiese”, “Sabbatdag”: Vandaar: “sabbatismos”!  

 

’n Groter en ’n mindere ‘rus’

 

Maar, veronderstel nou ‘sabbatismos=katapausis’— dan ... Wat maak van die groter ‘Rus’, die Katapausis, minder ‘Wet’ of minder ‘wettesisme’ maar die ménsmoet ywer om daarin in te gaan”?  Wat maak dit minder ‘Wet’ as die kleiner ‘rus’, wat tog maar net “vir en ter wille van die Volk, geldend nagelaat (is om te) onderhou”?   Dan maak die skrywer mos die rus of redding die mens se eie prestasie? Dan sou hy mos geskrywe het: “Want as die Volk hulle rus verwerf het”? Want nou is dit mos die Volk se werk en is dit uit die Volk se krag!? Terwyl God juis geswéér het, “Húlle (dit is die mens van verharde hart – alle mense; enige mens nié uit die ontferminge van God begenadig nie), sal in mý rus, nié ingaan nie!”?  Want was dit nie juis “Jesus, (wat) aan hulle (daardie ‘groter’ en ‘geestelike’) rus verskaf het” nie? 

 

Hoe kon die skrywer van die suiwer ‘geestelike gebod’ van die ‘geestelike ingaan’ in die ‘geestelike rus’ van God (wat die geloof in Christus Jesus is), in 4:9 gepraat het terwyl hy juis argumenteer dat die reddende geloofsrus in Christus, ín Christus, en déúr Christus alléén, gevind en vermag word?   As dit is omdat “Jésus, aan, hulle, rus verskaf het”, hoe kon die skrywer sê, dat dit “vir die Volk van God, oorbly of geld”? -- om deur húlle, gedoen te word? Hoe kon die skrywer sê dat die Volk, die doener moet wees, die vermagter van ‘die rus van God’, nié, ‘Jesus’, nie? Ten spyte daarvan dat God gesweer het, “Hulle, sal in My rus, nié ingaan nie”?  Sou dit verskil gemaak het of dit ’n ‘geestelike rus’ of ‘n ‘fisiese rus’ was behalwe dat die ‘geestelike rus’ soveel moeiliker is en soveel verder weg van die menslike vemoë af?   Maar die Skrif sê hierdie ‘rus’ “bly vir die Volk oor” -- om mee te slaag? Sou dít, genade wees, “Sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in My Rus, nié ingaan nie”?   Genade ja, as “die Rus (wat) Jesus, aan hulle verskaf het” en hulle in en deur Hóm daarin ingeneem is; Maar vergeefse moeite, as dit “vir die Volk (sou) oorbly” om te verkry!  Want wat die Volk self moet doen, dit is ‘wet’, en deur die Wet word niemand geregverdig nie! Deur die Wet, kan niemand – nie Ou- of Nuwe-Testament nie – in die rus ingaan nie. Wat nét Jesus kan doen, dít is die bron van alle rus.  Daarom moet dit die Sabbat wees waar die skrywer sê daar het “’n onderhouding van die Sabbatdag vir die Volk oorgebly”— dit is ‘wet’, en deur die Wet word niemand geregverdig nie!  

 

Daarom moet dit in 4:9 hulle onderhouding wees wat uit die genade-rus van verse 7 en 8 “vir die Volk oorgebly het”. Sélf ingaan, dít, is verdienste! Minder self-verdienstelik sou gewees het

as dit tog maar die Sabbatdag was wat “vir die Volk oorgebly het om te onderhou”, nié die rus wat die gronde van die saligheid, ja, wat die Saligheid Self is nie, wat net deur Jesus vermag, waarin net Hy mens kan inlei, en inbring; wat daardie ‘rus’ is wat Jesus aan die Volk verskaf het!  4:9 se ‘sabbatismos’ is volgens die eerste beginsels van die Evangelie van Christus onmoontlik daardie ‘katapausis’!

 

Want as Jesus aan hulle rus verskaf het, praat Hy ná hierdie dinge nie weer van ’n ander dag daarna nie; daarom bly daar ’n onderhouding van die Sabbatdag staande vir die Volk van God. Dit, is wat verse 7 en 8, presies en letterlik sê; hierdie verse bevat gladnie die gedagte of woorde van ’n “sabbats-rus” nie. Die sekondêre gedagte en beginsel van die Evangelie van “Sabbatsrus” in die letterlike, “fisiese”, dog volkome ‘geestelike’ en gelóófs-“onderhouding van die Sabbatdag”, word slegs in vers 9 gekry.

 

Die argument van die ‘sabbatismos’ as ‘dié’, en suiwer ‘geestelik rus’, is teen-produktief. Dat niks ‘fisies’ in die ‘sabbatismos’ gesien mag word nie, kan nie verduidelik wat dit beteken dat hier  iets ‘oorgebly’ het nie. Dan maak dit geen sin dat dit “vir die Volk oorbly” nie. Die idee is self-weersprekend. Hoeveel meer as dit ‘n ‘Sabbats’-rus is maar dit mag nie ‘fisies’ en “fisiese wet” wees nie! 

 

Nie dat die ‘kleiner’ ‘rus’ die ‘Sabbatsrus’ van “’n onderhouding van die Sabbatdag”, nie óók Genadewet en Genadegawe is nie! Nee, al wat “vir die Volk van God” – as die Volk van Gód, dit wil sê, as ‘mense’ aan wie “Jesusrééds, die ewige saligheids-“rus verskaf hét”.  Al wat “vir” hulle – sonder enige verdienstelikheidswaarde of selfs net verdienstelikheidsmotief –, “nog geldend oorbly”, en uit die Bron van alle goeie gawes “nog geldend oorbly”, is die “onderhouding van die (‘fisiese’) Sabbatdag”: As gééstelike en ‘Christelike nalatenskap’ uit die fontein van die rus wat Jesus aan hulle verskaf het, juis omdat dit as ‘Wet’ en verpligting ‘opgelê’ word en “geldig bly vir die Volk van God”. Moenie vergeet nie, dit is “die Volk van God”, en Hy is die Behoeder van Israel, en hulle is sy erfgename. “Erfgename van God”, is hulle ander naam. Dis waar hulle hulle Sabbatdag en hulle behouding en onderhouding van hulle Sabbatdag vandaan ontvang het. Uit die skatkamers van sy rykdomme en kleinnode van die Koninkryk van die hemele.  Juis daarom, is dit en kán dit en mág dit— hierdie “onderhouding van die

(‘fisiese’) Sabbatdag” wat “nog geldend oorbly vir die Volk van God”,

nié, verdienstelikheid wees of gemaak word nie, maar “bly (dit) oor” behoefte, nodigheid en noodsaaklikheid, vir die lewende en groeiende “Liggaam van Christus se Eie” ... om ...

Saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld af te sterf” en

deur “goddelike groei”, te óntgroei. Dis waarvoor

Sabbattefees’ aan die Volk van God “nagelaat is” of

vir die Volk van God oorgebly het”, naamlik:

Om op Christus te “fees

met “ete en drinke” van

die Brood en Water van die Lewe, en om

ondersteuning van die hele liggaam” te verkry

en deur “verbindinge” en “bande van die liefde”,

saamgebind” te word.

 

 

 

 

Katapausis’-‘rus’ en sabbatismos-‘Sabbatsrus’ dieselfde

 

PdT, “Volgens Heb 4 bly daar ‘n sabbatsrus oor...”— dit kan net “Heb 4”, vers 9, wees!  ...hierdie rus... (4:3) ...die sabbat bepaal as rusdag (4:10) ...'n sekere dag in die plek van die Sabbatdag, naamlik vandag (4:7)”. Onderstreping CGE.

 

Dit blyk jou basiese dilemma te gewees het, PdT:

 

Daar bly dus geen manier oor, waarop die ‘rus’-‘katapausis,  en die ‘Sabbatsrus’-‘sabbatismos van die “onderhouding van die Sabbatdag (wat) vir die Volk oorbly”, met mekaar gelykgemaak, of met mekaar verwar, kan of mag word nie.   En daarom, bly daar ook geen manier oor hoe die ‘Vandag’-‘seemeron van die Evangelie-Wekroep van die dag van Goddelike Genadebetoning in en deur Jesus Christus, met die ‘Sabbatsrus’-‘sabbatismos van die “onderhouding van die Sabbatdag (wat) vir die Volk oorbly”, gelykgemaak, of daarmee verwar, kan of mag word nie.

 

Die ‘rus’-‘katapausis’ en die ‘Vandag’-‘seemeron’-Evangelie-Wekroep, is dieselfde; nié die ‘rus’-‘katapausis’ en die ‘Sabbatsrus’-‘sabbatismos’ nie.   Die ‘Sabbatsrus’-‘sabbatismos’ en “die Sewende Dag aangaande waarvan God aldus gespreek het”, is min of meer ekwivalente.

Die Sabbatrus wat Oorgebly het

vir die Volk van God – ‘sabbatismós’

 

Hebreërs 4:9 bevat die ‘gebod’ vir ‘die heidene’, waarop die wettisiste onophoudelik aandring.

 

 

Hoof-tema

 

Die Rus’ in Hebreërs 3 en 4

 

(1:1) “(God het) … in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun (2) wat Hy as Erfgenaam van alles aangestel het, deur Wie Hy ook die wêreld gemaak het. (3) Hy – wat die afskynsel van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese is, wat alle dinge deur die Woord van sy Krag dra – het, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, gaan sit aan die Regterhand van die Majesteit in die hoogte, (4) terwyl Hy soveel uitnemender geword het as die engele namate Hy ’n voortrefliker Naam as hulle geërf het….

 

 

Die Opstanding van Jesus Christus

 

Die skrywer van die Brief noem Jesus se opstanding maar eenkeer, met dié woorde, “Die God van vrede wat die Groot Herder van die skape, onse Here Jesus Christus, uit die dode teruggebring het.” Vrede, kuddelewe – die Kerk, en rus, word onmiddellik met Jesus se opstanding vereenselwig.

 

Hierdie vers staan egter vér agter in die Brief, in 13:20! Tog wil ek dit stel dat Christus se opstanding van die begin van die brief af, elke gedagte van die skrywer regdeur, solied onderlê.

 

Reg van die begin af, hoofstuk 1, word Christus se opstanding reeds vir geen korte oomblik nié geïmpliseer en nié heel eerste, vóórveronderstel, en, vooropgestel, nie.

Want, in ag genome die eerste verse van hoofstuk een :

 

Is dit nie so dat “God in hierdie laaste dae”, deur sy ópstanding uit die dode, “tot ons deur die Seun gespreek het” nie?  (1b)

 

Is dit nie so dat God, deur die opwekking van die Seun uit die dood, Hom “as Erfgenaam van alles aangestel het” nie? (2a)

 

Is dit nie so dat Hy in en deur Christus se opstanding uit die dood, “ook die wêreld gemaak het” (2b) nie? Want God het trouens “die wêreld” “deur Hóm” –“die Seun” in opstanding uit die dode juis– núút, “gemaak”. “Die Seun” in opstanding uit die dode, Want: “Hierdie wet (entolee) het Ek van My Vader ontvang” – hierdie “mag (eksoesia) om my lewe weer op te neem”, Jh10:18. “Wek U Mag op, en kom ons te hulp … o Herder van Israel!” Ps80:2-3

 

Is dit nie so dat hierdie Erfgenaam nie ook nog “alle dinge deur die Woord van sy Krag (‘dunamies’) dra” nie? (3b) –deur “die Krag (‘dunamies’) van sy opstanding” naamlik! (Fil3:10)

 

Want, “Sondereiniging bewerkstelligende dra Hy alle dinge”-‘katharismon poi-eesamenos’, staan dit daar! Sonder Jesus se versoeningsbewerkstelliging deur opstanding uit die dode, gaan alles verlore en tot niet.

 

[Volgens die OAB: “Hy dra alle dinge nadat Hy die reiniging bewerk het”. Die Grieks: “Hy dra alle dinge déúrdat Hy, reiniging van sonde bewerk het”, Deelwoord: “bewerkstelligende”.] Christus het “alle dinge” “deur Homself”, sáám met Hom en ín Homself, weer ópgerig “úít die dood”, weer “teruggebring”, en vóórt, “gedra”, “sondereiniging bewerkende”!

 

Sodat Hy deur die dood (die dood tot ópstanding uit die dood – “the death of death in the death of Christ”, John Owen) hom wat mag oor die dood gehad het, die duiwel, tot niet kon maak, en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.” (Hb2:14c-15)

 

O, dat ek Hom mag ken en die krag van sy opstanding!” “Sy Seun Jesus Christus, na die Gees van Heiligheid met krag verklaar as die Seun van God deur die opstanding uit die dode!” (Ro1:4) “Aan My is gegee alle mag in hemel en op aarde … Kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld” : die Opgestane Heiland troos en gee krag!

 

Deur Homself”, “het Hy die wêreld gemaak”, en “dra Hy alle dinge”, dáárdeur, dat “die Seun”, “deur Homself, reiniging van sonde bewerk het”. (1:3c)

 

 

Ek maak julle die Evangelie bekend … dat Christus vir ons sondes gesterf het … dat Christus vir ons sondes begrawe is … en dat Christus vir ons sondes opgewek is. … En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof nutteloos; trouens, dan is julle nog in julle sondes. … Maar nou, Christus ís opgewek uit die dode.” (1Kor15:1-4,17,20)

 

 

Kolossense 1:

“16Want in Hom is alle dinge geskape … alle dinge is deur Hom, en tot Hom geskape. 17 Want Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand. … 18b Hy wat die Begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles eerste kan wees. 19 Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon. 2:9 Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik, en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag.

 

Hom opwekkende uit die dode het God Hom laat plaasneem aan sy regterhand in hemelse heerlikheid bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy.” Ef1:20-21

 

Daar is dan geen twyfel nie, dat wanneer die skrywer van Hebreërs skrywe dat, “die Seun”, “deur Homself, reiniging van sonde bewerk het”, hy allereers aanneem “dat Christus vir ons sondes opgewek is”, want “as Christus nie opgewek is nie … dan is julle nog in julle sondes” en ‘is julle nog’ nie “gereinig” nie.

 

Christus is die Eersgeborene uit die dode – “die dode”: ons! “Hy is die Hoof van die Liggaam die Gemeente”: ons! (Kol1:18a) Dit alles, gebeur en word waar, by en met, in en deur, en op grond van, die opstanding van Christus uit die dode! Soos die Hebreërbrief verklaar: “Wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring … want aan wie van sy engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, Vandag het Ek U gegenereer?” (1:6)

 

Dit is duidelik, géén gedagte sonder Christus se opstanding uit die dode is vir hierdie skrywer moontlik nie. En sou ons nie Christus se opstanding uit die dode neem as basis en gronde en voorveronderstelling van en vir álles wat hy sê nie, moet ons maar weet, ons het nog nie eers begin om hom te verstaan nie.

 

 

Vgl. Js53:4,11,12, Mt8:17. Ook Kol2:12-13, “… julle ook saam opgewek deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het -- die werking van God wat ook julle wat dood was deur die misdade saam met Hom lewend gemaak het deurdat Hy julle al die misdade vergewe het.

 

Sondevergifnis bewerkstelligende” is Christus “opstanende uit die dode”. Want, “Juis waar Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het Hy gaan sit aan die Regterhand van die Majesteit in die hoogte”, (3c) Let wel! (‘katharismon … poi-eesamenos … ekathisen’)

 

Ons sê wéér: Regdeur die Brief, word Christus se opstanding vir geen korte oomblik nié geïmpliseer en nié heel eerste, vóórveronderstel nie.

 

Want, wáár vind ons Hom, die Seun, by uitnemendheid, “die afskynsel van die heerlikheid en die afdruksel van die wese van God”, (3a) as juis in sy opstanding uit die dode?

 

Wáár, as juis “Terwyl Hy” … deur opstanding uit die dood … “soveel uitnemender geword het as die engele namate Hy ’n voortrefliker Naam as hulle … deur opstanding uit die dood … “geërf het”! (4)

 

Wáár was dit; en wanneer, dat die Seun “soveel uitnemender geword het as die engele namate Hy ’n voortrefliker Naam as hulle geërf het”?

 

Laat Paulus ons antwoord:

Toe Hy Hom uit die dode opgewek het / Hom uit die dode opwekkende … en Hom laat sit het / Hom setelende aan sy regterhand in hemelse heerlikheid – bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en naam.” Ef1:20-21 Nogmaals die Deelwoorde! Toe, en terwyl!

 

Laat Petrus ons verduidelik:

… op grond van Jesus Christus wat met die regterhand van God ten hemel deurgegaan-is se engele en magte en kragte aan Hom onderwerpende opstanding.” (Engels, “Who is gone”-‘estin poreutheis’)

 

Die skrywer gaan tog nie soos ek gemaak het, Jesus se opstanding elke keer noem nie – hy spel dit dan klaar uit deur een vir een die oneindige deugde daarvan aan te toon!

 

 

Die grootste deug van Christus se opstanding is, dat “Hy –Jesus– aan hulle –die Volk van God– Rus verskaf het”.

 

Hierom gaan dit in hierdie gesprek.

 

Hierdie “Rus” deur Jesus verwerf en deur Hom vir sy Volk “verskaf”, en aan sy Volk “gegee”, is “Sý Rus”, “die rus van God”, “die Rus van sy eie werke”, “sy Rus, soos Gód” – “soos God in sy eie heerlikheid van Goddelikheid”. Dit gaan hierom: Hierdie “Rus” is deur Jesus verwérf: “triomfántlik verwerf” (Kol2:15c), “triomfántlik verwerfdeur opstanding uit die dode, deurdat “Hy aan hulle rus verskaf het”; deur opstanding uit die dode, deurdat “Hy self in sy rus ingegaan het” … en dan wat daaruit voortvloei … “vir die Volk van God”.

 

Maar om vir uself te gaan seker maak ek praat nie my eie versinsels nie, gaan lees nou verder op enige plek in die Brief. U sal saamstem, die skrywer wil van niks anders iets weet en van niks anders iets getuig, as van Christus Jesus, en van Hom, as die Opgestane Een in opstanding uit die dode nie.

 

Hierdie skrywer veronderstel “volwasse” lesers (5:4); Verstaan hom soos volwassenes! Hy praat met mense wat “vanweë die tyd, leraars behoort te wees”. (5:12) Moenie dat u, hierdie klare feite, soos vir ’n kind, met ’n teelepeltjie gevoer word nie.

 

 

 

“Die Rus”, Metafoor vir die Opstanding van Christus

 

Nou is hierdie bevinding van ons uit gemeenskaplike vrae na die Skrif-Woord van God, bevestig, dat die Hebreërskrywer op elke manier waarvan hy gebruik mag maak, van die opstanding van Jesus Christus praat -- dat hy menige metafoor, daarvoor toepas.

 

Ons kon deur die hele Brief aangegaan het op die wyse waarop ons hierdie enkele verse betrag het, en ons afleiding sal dieselfde bly: Dit gaan in geheel en in besonderheid vir die skrywer van Hebreërs oor die opstanding van Jesus as alles-bepalend ván, en allesbepalend vír, die Christelike geloof.

 

 

 

 

 

Sou ‘Die Rus’ dan, waarvan Hebreërs in hoofstukke 3 en 4 praat, nog ’n metafoor vir die opstanding van Christus wees?

 

Hoe het God ‘gerus’, en waarin?

 

In Christus Jesus, en in Hom in opstanding uit die dode! Inderdaad nooit anders nie! Mens kan en moet dit aanvaar en vooropstel, op grond van die skrywer se gedurige en onbevraagtekende toespeling op Jesus se opstanding. Mens kan en moet dit sê op grond van sy voorveronderstelling van Jesus se opstanding as grondslag van en rede vir – as noodwendigheid van en vóórvereiste vir – álles wat die Christelike Geloof uitmaak!

 

So dan het ons hierdie vooropstelling – dat Jesus se opstanding die hoof-tema van die brief is – maklikste en duidelikste kon sien deur eenvoudig die Brief te gaan lees het, en blyk dit weereens die geval te wees waar die skrywer van ‘Die Rus’ van God, skrywe.

 

Te berde vir ons gesprek dus, is een van die skrywer se metafore vir die opstanding van Christus, ‘die Rus van God’ – teenoor, en relatief tot – “’n Sabbatsrus vir die Volk van God”.

 

Terwyl die belofte om in sy rus in te gaan, nog standhou” … en “terwyl dit dan so ís, dat sommige daar íngaan” … “Laat óns, ons dan beywer om in te gaan, in dié rus.”(4:1,6,11) “Dié Rus”, waarin die Seun, “soos Gód van sy werke”, deur opstanding uit die dood, “ingegaan het”.(4:10) “Want ons wat geglo het, gáán die rus in.”(4:3) Sy opstanding, reinig ons van die sonde.

 

Baie meen ook die woord ‘sabbatismos’ in Hb4:9, dui die ‘Rus’ –daardie ‘geestelike Rus’ waarvan ons heeltyd nog gepraat het– aan. Is ‘sabbatismos’ derhalwe ekwivalent vir of selfs sinoniem van, ‘katapausis’? Duie ‘sabbatismos’ –net soos ‘katapausis’– die opstanding van Christus aan?

 

Die vraag word dus genoodsaak: Wat is God se ‘sabbatismos’ dan, in verhouding tot sy ‘Rus’-‘katapausis’?

 

 

 

 

 

 

 

‘Sabbatsrus’ en ‘Rus’ –

‘Sabbatismos’ en ‘Katapausis’

 

Die woord “katapausis”-‘rus’ kom nege keer in die NT voor, waarvan slegs een geval, nie uit Hebreërs is nie (Hd7:49). Hierdie Selfstandige Naamwoord kom van die Werkwoord, ‘katapau-oo’ wat ook drie uit vier keer, uit Hebreërs kom. Die vierdie geval is ook uit Handelinge (14:18).

 

Die woord “katapausis”-‘rus’ moes besondere betekenis vir die skrywer van hierdie Brief gehad het, soos duidelik is uit die plase van voorkoms daarvan: 3:11, 18; 4:1, 3, 3, 5, 10, 11; en ‘katapau-oo’, 4:4, 8, 10. Trouens, beide woorde blyk vir hierdie skrywer binne die verband van die Genadeverbond, diepe mening te gehad het OMDAT al sy toepassings daarvan tussen 3:11 en 4:11 voorkom -- waar die Genadeverbond herken word aan die volgende beskrywings van die skrywer daarvoor:

 

My Rus” (3:11); “Deelgenote van Christus”; “Sy Stem”; “Sy Rus” (3:18); “Die Belofte” (4:1a) Sy Rus” 4:1b); “Die Evangelie” (4:2a); “Die Prediking” (4:2b) “Die Geloof” (4:2c); “Die Rus” (4:3a); “My Rus” (4:3b); “Sy werke Volbring” (4:3c); “My Rus” (4:5); “Die Evangelie” (4:5b); “Sy Stem” (4:7); “Rus gegee” (4:8); “Rus ingegaan” (4:10a); “God rus van sy werke” (4:10b); “Dié Rus” (4:11).

Die ekwivalente betekenis, bedoeling, en gebruik, van die verskillende woorde en beskrywings vir dieselfde ding, is onmiskenbaar en duidelik, duidende op die Genadeverbonds-Rus van God; op die Rus van God van sy werke van voltooiïng, heiliging, seëning en opwekking in, deur, en van, Jesus Christus.

 

Al die skrywer se beskrywings vir die ‘Rus’, kan saamgevat en opgesom word in, God se Ewige Evangelie-Rus, ingegaan déúr (in die eerste plek), Christus Jesus self, en, ín (in die tweede plek), Christus Jesus, deur sy Volk!

 

Duidelik is God se ‘katapausis’-“Rus”, nié sy ‘Sabbatismos’-“Sabbatsrus”, “vir die Volk van God”, nie.

 

God se ‘Sabbatismos’-“Sabbatsrus” “vir die Volk van God” vólg op, en is die vrug ván, God se ‘katapausis’-“Rus”: “Want as Jesus aan hulle rus verskaf het en Hy daarna van geen ander dag (van verlossing) sou spreek nie, BLY DAAR DAAROM, onderhouding van die Sabbatdag vir die Volk van God oor; bly dit oor OMDAT HY WAT in sy rus ingegaan het Self ook van sy eie werke as God in sy eie, gerus het.” (4:8-10) 

 

‘Sabbatismos’-“Sabbatsrus”

 

“Daar bly dus ’n sabbatsrus oor vir die volk van God.”

 

As ‘sabbatismos’, ‘katapausis’ beteken het, waarom sou die skrywer nie ‘sabbatismos’ gesê, het nie? Of, eerder, waarom sou hy nie ook waar hy ‘sabbatismos’ gesê het, ‘katapausis’ gesê het nie? Want hy gebruik tog as die reël, ‘katapausis’ vir ‘rus’?  Hy weet mos waarvan hy praat; dis feitlik net hý, altans, wat hierdie woord en woorde in die Skrifte gebruik!

 

Maar nee! As daar ’n ‘gebod’ wat sabbatsonderhouding “vir die Volk van God” aanbetref, ‘oorgebly’ het, dan ‘vertaal’ ons dit net eenvoudig uit en weg, want daar kannie, “’n Sabbatsrus vir die Volk van God oorbly”, waarmee Sondagsheiliging moet saamleef nie. Want daar is nie vir altwee – “onderhouding van die Sabbat”, én, “Sondagwaarneming” – ruimte in die lewe van die Kerk nie.

 

Nóg die ‘Goddelike vryheid’*, nóg die ‘menslike vryheid’*, laat dit toe. (* Karl Barth se frases.)

 

Maar ons moet tog eers wéét waaroor dit nou eintlik gaan? Wat is dit wat uiteindelik, ‘geldend’, sou ‘oorbly’, of sou ‘wag’? Is dit iets van belang vir die geloof en vir die geloofslewe van Christene? Of is ons moeite verniet – soek ons vir iets wat nie saak maak nie? Of soek ons nou vir iets wat vér voor ons lê en nie tans vir die Kerk of op die individuele gelowige, betrekking het nie?

 

Daarom eerstens, moet ons weet waarvan die ware Woord in die oorspronklike taal praat as dit van die ‘sabbatismos’ praat wat (altoos) “vir die Volk van God oorbly”.

 

Uit die staanspoor kry ons te make met korrupsie van God se Woord, reg in hierdie teks, waar kwasie-vertalings praat van ’n ‘rus’, en nie van ’n ‘Sabbats-rus’, nie.

 

Ek weet van geen Vertaling wat die Griekse teks, se woord, ‘sabbatismos’, letterlik – en daarom heeltemal reg – vertaal nie. Selfs die AV het net ‘rest’. (Die AV gee wel die kantlesing, “a keeping of a Sabbath”.)

 

Nou as dit maar net ’n ‘rus’ sou gewees het wat vir die Volk ‘oorgebly het’ (of wat vir die Volk ‘voorlê’), kan mens mos nie wil voorgee dat “’n onderhouding van die Sabbat-dág, (nog) vir die Volk van God, geld” nie? Dit sou tog leuenagtig gewees het, en veroordelend oor hulle wat opreg glo dat hier van ’n geestelike ‘rus’ (wat Jesus Christus is), gepraat word.

Ons moet daarom seker maak wat die woord ‘sabbatismos’, presies, beteken, sodat ons kan weet waaroor dit essensieel, in hierdie Skrif gaan.

 

‘Sabbatismos’ kom net eenkeer, in Hb4:9, in die Nuwe Testament voor. Dit is afgelei van die soortgelyke, ‘kognetiewe’, werkwoordsvorm, ‘sabbatidzoo’ – “om Sabbatdag te hou”. Vgl. die Septuaginta, Ex16:30, Lv23:32, 26:34-35, 2Kron36:21. Al hierdie teksplase verwys na onderhouding of waarneming van een of ander spesifieke ‘dag’, as ‘Sábbat-dag’. 

 

‘Sabbatismos’ word saamgestel uit die wortel of stam, ‘sabbatidz--’ (van die Werkwoordsvorm, ‘sabbatidz-oo’), en die Selfstandige Naamwoord-vormende uitgang of agtervoegsel, ‘–mos’. In die samesmelting van die twee woord-dele, verander die ‘-dz-’ in ‘-s-’ om ‘Sabbatismos’ te vorm. ‘Sabbatismos’ word heeltemal reg deur geleerdes as ’n ‘tegniese benaming’ vir onderhouding van die Sabbatdag, beskrywe.

 

Voorbeelde van ander sulke saamgestelde Selfstandige Naamwoorde as ‘tegniese benaming’ vir iets, is die ‘Piëtisme’ (die beoefening van piëteit); ‘Gnostisisme’ (die kultuur van kennis), e.d.m.

 

Skryf Samuele Bacchiocchi, ‘The Sabbath in the New Testament’, bls. 82/83, ‘Literal Sabbathkeeping’. “Verdere steun vir letterlike Sabbathouding word gehaal vanuit die historiese gebruik van die term ‘Sabbatismos’ soos in Hb4:9 aangetref. Hierdie term word … meermalig in na-kanoniese literatuur as ’n tegniese term vir Sabbatsonderhouding aangetref in Plutarg (De Superstitione 3, Moralia 1660), Justinus (Dialoog met Trifoo 23, 3), Epifanius (Adversus Haereses 30, 2, 2), Die Apostoliese Konstitusies (2, 36) en die Martelaarskap van Petrus en Paulus.

A.T. Lincoln (‘Sabbath, Rest, and Eschatology in the New Testament’, in ‘From Sabbath to Lord’s Day’, ed. Donald A Carson, Grand Rapids, 1982 --n. 61, p. 213) erken dat in elk van bogenoemde gevalle die term die onderhouding of viering van die Sabbat(dag) aandui. Hierdie gebruik kom ooreen met die Septuaginta se gebruik van die kognetiewe Werkwoord ‘sabbatidzoo’ …”.

 

Walter Bauer: “‘Sabbatismos’, vertaal Hb4:9, die Sabbatruhe, die Sabbatfeier – Sabbat zu katapausis.

Die Authorised Version (KJV, kantlesing) gee “a keeping of a Sabbath” aan.

A keeping of the Sabbath” – Liddell en Scott, ‘Leksikon’

Schrevelius, ‘Leksikon’, “Onderhouding van die Sabbat(dag)

Karl Barth, “Vanuit die skepping heen – enige menslike beslissing as gehoorsaamheid of ongehoorsaamheid voorafgaande sowel as oorheengaande – bly daar (‘apoleipetai’) vir die Volk van God die Sabbatsrus (‘sabbatismos’), bly daar die deur God gewilde en beveelde Gemeenskap, Verhouding, en Ooreenstemming tussen sy eie en die menslike vryheid as Doel en Bestemming van die Weg, waarna hierdie Volk immer weer terug te roep is, waarna God nie moeg word om hulle terug te roep nie, en waarna Hy dit eindelik en op die hoogtepunt van hierdie Omgang in sy Seun, beslissend en finaal, teruggeroep hét. (Hb4:9).

 

‘Sabbatismos’ : ‘Die deur God gewilde en beveelde Gemeenskap, Verhouding, en Ooreenstemming tussen sy eie en die menslike vryheid’… nié sonder die deur God gewilde en beveelde dág van Gemeenskap, dág van Verhouding, en dág van Ooreenstemming tussen God se “eie en menslike vryheid” nie!

 

Nié sonder die dág van ‘sabbatismos’ “vír die Volk van God” nie! Nié sonder die dág van ‘sabbatismos’ “deur God gewil en beveel” nie; nié sonder die dág van ‘sabbatismos’ “vir Gemeenskap, vir Verhouding, en vir Ooreenstemming” nie --  nié sonder die dág van ‘sabbatismos’ wat “op die hoogtepunt van hierdie Omgang in sy Seun, beslissend en finaal, teruggeroep” word, en in sy opstanding uit die dode, teruggeroep wás, nie!

 

“Sabbatismos”, is “onderhouding van die Sabbat”, “Sewendedag(-Sabbat) aangaande waarvan God aldus, gespreek het, en God het op die Sewendedag(-Sabbat)  van al sy werke gerus.” Hb4:4. (Let op die NAB se korrupsie wat die waarheid probeer omseil dat die Derde Persoon as Gód, “Hy”, die Een is wat hier “gespreek het” – Aktief – nie maar net dat “Daar êrens in die Skrif gesê word” nie!)

 

Ons weet dus nou waarvan ons praat as ons van die “Sabbatsrus” in Hb4:9 praat. En ons weet nou waarvan die skrywer praat, as hy ‘sabbatismos’, skrywe.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

‘Apoleipoo’ – “Blý geld”

 

Die skrywer plaas die woord “oorbly”-‘apoleipoo’, vóór in die sin, “daarom dan nou BLÝ, vir die Volk van God, onderhouding van die Sabbatdag oor”, en hy gebruik die woord in sy Teenwoordige Tyds-vorm (‘apoleipetai’), om met hierdie twee sintaktiese vaardighede, nóg sterker klem te plaas op die voldonge waaragtigheid daarvan dat onderhouding van die Sabbatdag vir die Volk van God, “blý geld”. Hierdie ‘Sabbatsrus’-‘sabbatismos’, dan, “sál geld”, vir solank as wat “daar die deur God gewilde en beveelde Gemeenskap, Verhouding, en Ooreenstemming tussen sy eie en menslike vryheid as Doel en Bestemming van die Weg waarna hierdie Volk immer weer terug te roep is”*, “blý geld”! (* Karl Barth)

 

 

Let op ‘Die Nuwe Afrikaanse Bybel’ se korrupsie van die Woord van God: “Daar wag dus nog steeds ’n sabbatsrus vir die volk van God.” Dit bly nie geldig nie; dit moet nog kom.

“Wag”, sê die ‘Nuwe Bybel’; “bly oor”, sê die ‘Oue’. Watter een moet ons glo?

Hoekom maak dit saak dat die woord ‘wag’ verkeerd is, maar die woord ‘oorbly’, reg? Omdat die woord ‘oorbly’, die konnotasie inhou van ‘oorbly as geldende ingewing van God’, terwyl ‘wag’, hierdie betekenis uitkanseleer en daarvan ’n antroposentriese toekoms-skim maak. Dit maak die wêreld se verskil vir die lewe van die Kerk en aan sy gehoorsaamheid. Ons wil mos weet of daar regtig, “’n sabbatsrus vir die volk van God oorbly”, en of dit waar is dat hierdie vers maar net vertel van ’n toekomstige, ‘hemelse’ staat van ‘rus’, waarin die gelowige hoop om eendag in te gaan, of waarin hy hom mag waan, hy reeds ingegaan het.

 

Die ‘Classic Dictionary’ van die Grieks (Universiteit van Chicago) gee tien basiese moontlikhede met kombinasies en variante, vir die Engelse woord, ‘wait’ (Afr. ‘wag’). ‘Apoleipoo’ is nêrens te siene vir ‘wag’ in hierdie woordeboek nie. Dit kan nie uit dogmatiese bevooroordeeldheid wees nie, want hierdie is ’n ‘sekulêre’ woordeboek.

 

Die AV vertaal geen vorm van die woord ‘wait’ / ‘wag’, uit ‘apoleipoo’ nie, maar wel uit vyf heeltemal ander, basiese samestellings. Daarteenoor vertaal die AV ‘apoleipoo’ ses keer met “remain” of “left” – ‘oorbly’. Al drie kere wat met “remain” vertaal word, kom uit Hebreërs, en aldrie kere is die betekenis ondubbelsinnig ‘geldend oorbly’.

 

Word Hb4:9 se woord, ‘apoleipoo’, tog elders in die Skrif verskuild, met die betekenis van ‘wag’, gebruik? Nee; nêrens en duidelik, nêrens. Hier volg die gevalle – almal van hulle – van die voorkoms van ‘apoleipoo’ in Hebreërs:

 

4:6 “Omdat dit daarom ’n vereiste bly dat sommige nog in die rus (van God) móét, ingaan …” (‘epei oun apoleipetai tinas eiselthein eis autehn tehn katapausin mou’)

 

Niemand bevraagteken dit ooit, dat die woord ‘apoleipoo’-“oorbly”, hierso, waar dit van die Gelowiges die eerste en mees logiese veronderstelling is dat hulle die GEBOD om die ‘katapausis’-“Rus” van God in te gaan, móét, en sál “ingaan”, nie! Hierso is ‘apoleipoo’-“oorbly”, Gebod; Geloofsgebod; Christelike a priori.

 

Ewe skielik egter, wanneer dit op die ‘sabbatismos’-“Sábbatsrus” aankom … wel, dan … dan ‘wág’ ons eerder – tot in die ewigheid – eerder as om in gehoorsaamheid te wíl glo, hier bevéél God sy Volk, “om Sabbat te hou”.

 

Laat ons 4:9, (‘ara apoleipetai sabbatismos tooi laooi tou theou ho gar eiselthoon’) vir eers dan nou maar daarlaat, sodat ons eers nog verder kan gaan seker maak of hier regtig van Goddelike Gebod vir die Gemeente van Christus, gepraat word al dan nie.

Hb10:26, “Geen offer bly meer oor vir sonde nie!” (‘peri hamartioon ouketi apoleipetai peri hamartioon thusia’)

 

Niemand – geen Christen in elk geval – gaan beswaar maak dat slagoffers nog gemaak moet word nie. Almal stem saam, dit mág nie meer gedoen word nie, of ons is aan die Evangelie van Christus, ongehoorsaam!

 

Hier, in Hb10:26, sien ons dus die duidelike en onvergisbare GEBOD, TEEN, slagoffers. Die begrip, ‘téén’ kry ons van die woorde, “nie meer nie”-‘ouketi’; en die begrip ‘Gebod’, kom van die woord ‘apoleipetai’ – van niks anders nie!

 

Nou as 4:9 sou beteken het – soos baie aanvoer – dat “onderhouding van die Sabbat” (sabbatismos) nié meer geldig is nie – dat daarvan niks meer ‘oorgebly het’ vir die Volk van God nie – dan sou hierdie skrywer (moet mens uit bogenoemde aflei), dít, gesê het: “Ouketi (‘nie meer nie’) apoleipetai (‘bly oor’) sabbatismos” – ‘Onderhouding van die Sabbatdag geld nie meer nie’! En daarmee sou al die Sabbat-haters van harte saamgestem het. So is dit dan ook, dat hulle almal van harte daarteen saamgesweer het, ongelukkig nieteenstaande die feit – dwars teen die naakte waaragtigheid daarvan in – dat daar geen so ’n woord in 4:9 as ‘nie meer nie’, te vinde is nie!

 

Die teendeel is egter in 4:9 waar – “Onderhouding van die Sabbat, blý oor”; en dit “bly óór, vir die Volk van God”, vir die Nuwe Testamentiese Gemeente van Christus – “apoleipetai Sabbatismos tooi Laooi toe Theoe” as suiwere en sekere geloofsverpligting! Want die woord ‘staan daar geskrywe’: “Apoleipetai sabbatismos tohi Laooi Theou”  = “bly geld as plig en gebod onderhouding van die Sabbatdag vir die Volk van God”.

 

“Maar (3:8-9) hulle het die hart verhard net soos in die verbittering, in die dag van versoeking, waar hulle My versoek het, My beproef het, terwyl hulle my Werke gesien het …”, drie en dertig jaar lank, Sabbat na Sabbat, tot “op dié Sabbatdag”, “toe Hy Hom, na die uiterste van die grootheid van die krag van sy sterkte wat Hy gewerk het in Christus, uit die dood opgewek het”. (Ef1:19 en Mt28:1)

In 10:26 sê die skrywer, “ouketi” – ‘nie meer nie’. In vers 9 sê hy dit nié. Net die Bevelswoord, “bly oor / bly geldig” word in 4:9 deur hom toegepas. Hy praat dus positief bevestigend van beide die Sabbatdag en die onderhouding van die Sabbatdag in 4:9. Hy ontken geen aspek van enigiets nie – nie van “Sabbats”-geldigheid nie; ook nie van “onderhouding” (van die Sabbatdag) nie. En hy ontken niks daarvan dat “Sabbatonderhouding”, “vir die Volk van God” is nie; en ook nie dat Sabbatsonderhouding “nog”, vir die Volk van God, “geldig is” nie. Inteendeel, die skrywer bevestig dit alles sowel as alle geldigheid daarvan.

 

“Daarom, soos die Heilige Gees spreek” (3:7), gebruik die skrywer van Hebreërs hierdie woord “apoleipetai”-‘blý’ / ‘bly óór’ / ‘geld’, juis vir die noue verband wat daar heers tussen die “katapausis”-‘Rus’ van God se Verbonds-Rus, of “die Evangelie”, en “die Volk van God”, die Nuwe-Testamentiese Gemeente van Christus, se plig en verpligting van “Sabbatsonderhouding”-‘sabbatismos’. Hierdie woord “apoleipetai”-‘blý’ / ‘bly óór’ / ‘geld’, is Gebods-Woord van God vir die Christen-Volk van die Ewige Onveranderlike God en Vader van onse Here Jesus Christus.

Wie nog vra na die ‘Gebod’ in die Nuwe-Testament vir ‘die heidene’, ‘om die Sabbat te hou’, vra dit uit pure, wel ingeligte, ongehoorsaamheid en onwilligheid.

 

Kom ons ontleed ons terme verder.

 

‘apoleipetai’, uit ‘apo’ – “weg van”, en, ‘leipoo’ – ‘geld / bly / nodig wees’.

 

“Abraham het ’n tiende van (apo), alles, gegee.” (7:13)

“Onbevlek, afgesonder van (apo), sondaars.” (7:26)

“Reinig julle gewete van (apo), dooie werke.” (9:14)

Dit mag mens verbaas, maar hierdie voorsetsel, “apo” – ‘weg van’, kom maar selde só selfstandig aangewend, voor. En geen twyfel nie, dit is die geskikste term om die gedagte van ‘om te heilig’, mee te help uitdruk.

 

Nou die tweede helfte van ‘apo-leipetai’, komende van ‘leipoo’.

 

“Daar is ’n oorblyfsel ooreenkomstig die uitverkiesing van die genade.” (Ro11:5) (‘leimma’ – uit ‘leipoo’) Daar “is”, of “bly”, ’n heilige Volk, ’n ‘oorblyfsel’, “oor”.

 

“Jy kom een ding kort (leipoo).” (Lk18:22)

Jy moet nog een ding doen voordat jy rêrig heilig sal wees. (Titus 1:5, 3:13)

“Sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom (leipoo) nie.” (Jk1:4)

“As enigeen van julle wysheid kortkom.” (Jk1:5)

“As ’n broeder aan daaglikse voedsel gebrek het (leipoo) … net so ook die geloof …” (Jk2:15v)

 

Die ‘heiligheid’ en ‘volkomenheid’, waarop hierdie woord ‘leipoo’ toespeel, kom duidelik uit die enkele toepassings daarvan in die Nuwe Testament – in Hebreërs spesifiek –, na vore.

 

Voeg hierdie twee in die NT uitsonderlike woorde en begrippe, ‘apo’ en ‘leipoo’, saam, om ‘apoleipoo’ te kry, en die gevolglike betekenis is een van ‘heilige afsondering en toewyding’, ja, eintlik van ‘heilige plig en verpligting’. “En daarom dan bly (die wet van) die onderhouding van die Sabbatdag, vir die Volk van God, geldig.”

 

Hierdie wet (entolee) het Ek van My Vader ontvang” – hierdie “mag (eksoesia) om my lewe weer op te neem”, Jh10:18.

 

Só, lyk die Nuwe Testamentiese en Evangeliese, Wet, of Woord, van God. Vergelyk hoe Jesus sy ‘Wet’-‘entoleen’ van sy Vader ontvang het, Jh10:18 hierbo na verwys! Dis hoe ook Christene van hulle Meester, hulle ‘Gebod’, ontvang! (Vers 19 vertel onmiddellik dat daar verdeeldheid as gevolg hiervan ontstaan het. Dis vandag niks anders nie.)

 

So spreek die Here. Wie ookal kom beweer die Here God het ons as sy eie uitverkore Geliefde – die Gemeente van Christus – ten opsigte van sý Sabbatdag en óns beskikte aanbiddings-vergunning, aanbiddings-geleentheid, en aanbiddings-VRYHEID, soos wese agtergelaat, misken die Here God se Vaderlike sorgsaamheid in hierdie opsig, juis in en deur Christus Jesus onse Here.

 

Waarvandaan, bly die ‘Gebod’ – die ‘Heilige Plig’ – van “onderhouding van die Sabbatdag vir die Volk van God”, dan “óór”? ‘Bly’, dit ‘oor’, vanuit die Ou-Testamentiese Wet van Tien Gebooie?

 

Nee; én, Ja!

 

Want as die Sabbat geldig was vir en tydens die vorige bedeling, en “nog steeds geldig bly” –soos die woord ‘apoleipetai’ trouens aandui– dan het dit mos vanselfsprekend, ín, tót in, en “vír”, die nuwe bedeling-Volk van God, “géldend, oorgebly”!

 

Maar ook as die Sabbat vir en tydens die Ou bedeling van die Nuwe getuig, en daarop gedui het, sal die verwesenliking en vervulling van hierdie vooruitduidende, profetiese en eskatologiese eienskaplikheid van die Sabbatdag, vir en tydens die Nuwe Verbond, van krag geword hét – as God sy Woord waar sou gemaak het; wat Hy sekerlik en ontwyfelbaar ook waargemaak hét.

 

Nogtans is nie een van hierdie twee verduidelikings of redes, die ware en direk-toepaslike rede vir die geldigheid wat volgens hierdie teks en woord, “oorgebly het”, nie.

 

Want daar is híérdie gronde en híérdie rede vir en van die Nuwe-Testamentiese geldigheid van die Sabbatdag se onderhouding deur die Nuwe-Testamentiese Volk van God, naamlik,

 

“DAAROM DAN NOU (ARA) bly daar vir die Volk hulle onderhouding van die Sabbatdag geld ….”

 

Waarna word hier met die Redegewende  Verwysings- en Aanduidingswoord, ‘ara’, “daarom dan verseker”, verwys?

 

Na nóg die Ou-Testamentiese waaragtigheid van God se Sabbatdag; na nóg die ewigdurende Goddelike gegewenheid van die Vierde Gebod; na nóg die vooruitwysende en vooruitgetuigende essensie van die Sabbatdag.

 

Maar, na die oorspronklike, waaragtige en ewige fundering van die Sabbatdag, word verwys; na Jesus Christus, na sy Volk “ín Hóm”, en daarna, dat Hy inderdáád, “aan hulle (sy Volk) rus verskaf hét” –vers 8– welke rede en gronde, die skrywer bevestigend en versterkend herháál in die tiende vers: “Omdat Hy (Jesus) dan in sy eie rus as God in sy ware Self ingegaan het --- DAAROM DAN NOU (ARA) bly hulle onderhouding van die Sabbatdag vir die Volk van God geldend staande!”

 

 

Presies dieselfde funksie en betekenis wat deur die woord ‘ara’-“daarom dan nou”, verrig en vervul word, word deur die woord, ‘eiselthoon’-“omdat Hy ingegaan het”, verrig en vervul. Want hierdie woord, ‘eiselthoon’, is ’n Deelwoord, wat net soos ‘ara’ (Rede-Aanwysende woord) daarvóór (in vers 9), en, ‘ghar’-‘want’, daarná (in vers 10), redegewende en aantonende betekenis het: “Daar bly DUS DAAROM (‘ara’), ’n onderhouding (‘apoleipetai’) van die Sabbatdag (‘sabbatismos’) geldig vir die Volk van God, WANT (ghar) INGANENDE (eiselthoon) in sy rus het Hy (Jesus) inderdaad van sy eie werke as God self, gerus.”

 

 

“Die Rus Ingegaan”

 

Mens kannie Hb4:9 goed verstaan, sonder om dit met die tweede Tien Gebooie te vergelyk nie.

 

In die Vierde Gebod van die tweede ingewing van die Tien Gebooie, gee God hierdie rede aan die Israeliete, WAAROM, húlle, die Sabbat moet eerbiedig soos God dit gewil het. Dáár, ‘staan dit geskrywe’:

“Onderhou die Sabbatdag dat jy dit heilig soos die Here jou God jou beveel het: Ses dae moet jy werk en al jóú, werk doen – WANT, die Séwendedag, is die HERE jou Gód, se Rusdag (vir Sý, Werk – sy Werk van Rus-skep)! Jy mag dán (terwyl God die Rus, Sý Rus, werk), géén werk doen nie …. MAAR, jy moet dááraan dink: dat jy in Egipteland ’n slááf was, maar die HERE jou God het jou daarvandaan UITGELEI, deur sy Sterke Hand en Uitgestrekte Arm (Jesus Christus); DAAROM, het die Here jou God jou beveel om die Sabbatdag te hou.”

 

Merk u die groot verskil op tussen die verlossing wat God vir eers, bewerk het, en die Verlossing wat Hy uiteindelik, volbring het? Sien u dat dit eers ’n “UIT-lei” as rede vir Sabbatsonderhouding was (Eksodus); maar in Christus Jesus, het dit ’n “IN-bring as rede vir Sabbatsonderhouding” (Hebreërs), geword – inderwaarheid, ’n “ingebring, hét”, ’n “rus verskaf, hét” (vers 8)?

 

Die Subjunktief van vers 8 is retoriese manier vir sterkste moontlike feite-stelling: “Sóú Jesus, aan hulle rus verskaf het, sóú Hy daarna (na volbragte verlossing), van geen ander dag daarna gespreek het nie, GELD onderhouding van die Sabbatdag, dáárom, stééds, vir die Volk van God!”

 

Kyk net hoe meesterlik gebruik hierdie skrywer die veronderstellende ‘Subjunktief’, om die ‘Imperatief’ of Bevelsvorm mee te konstateer – beklemtonend mee aan te dui! Hierdie man het geweet hoe!

Moet u nie laat omtik deur slim manne se imponerende streke nie, want Jesus hét die rus verskaf, en God spréék eenvoudig nie weer van nog ’n dag van verlossing nie! Ek vertaal die Subjunktief daarom altyd en sonder skroom met ’n duidelike Indikatief, want ek argumenteer tog nie oor die volstrektheid van God se Wil en Voorneme nie. Die Jode mag dit in die skrywer se tyd gedoen het, want om Jesus as die Messias te aanvaar het, was ’n groot ding vir hulle. Maar nou het hierdie skrywer, hulle deeglik die mond gestop. Vir hom (en so vir my) is Christus die Ja en Amen van die beloftes van God, en daarom glo ek is Hy die grondslag van ook die Sabbatdág, en is dit Hóm waardig dat met die Indikatief, op die ware manier gesê word net wat die Grieks se Subjunktief indikatief konstateer.

 

Merk dan nou op die fyne nuanse, die spitse toespeling in hierdie herhaalde Vierde Gebod, op hoe God “SY EIE RUS” ‘waargeneem’ het.

 

In die eerste ingewing van die Sabbatsgebod van Eksodus 16, is daar ’n duidelike ‘stop’ tussen die skeppingsaktiwiteite van God en sy rusdaad van die daaropvolgende Sewendedag-Sabbat. Maar in die tweede Vierde Gebod (as ons nou die Eksodus 31:13-18 instellings-Woord van God vir nou vir later mag hou), word sy verlossingsdáád, met God se Rús, as sodanig, feitlik vereenselwig, verenig en geïdentifiseer.

 

God se ‘Uitlei’-verlossingsdaad of wérk; God se ‘energie-aanwending’, (Engels, ‘energising’ – van die Grieks, energhê-oo) van op die Sewendedag-Sabbat die Israeliete uit te gelei het, word as’t ware God se Rus-dáád én Rus. Hierdie twéé aspekte –God se Rus, én, Sabbats-Wérk– verskaf dan as één, aan die Sewendedag-Sabbat, sy aard of ‘karaktereienskap’ van “Uitlei-Dág”, én, “Rus-Dág”, van Gód, te wees.

 

In Christus Jésus en deur Hóm, het hierdie ‘Uitlei-en-Rus-Dag-van-God’, sy ‘INBRING-en-INGAAN-Rus-Dag’, geword.

In eenvoudige taal is die implikasie van hierdie ingewikkeldheid van die Sabbat, dat God juis óp die Sewendedag-Sabbat, Ewige Verlossing gewerk en afgehandel en volmaak het. Júís, op die Sabbatdag, en op geen ander dag van God se wil en skepping nie as “Die-Sewendedag-Sabbat-van-die-HERE-jou-God”. WANT juis, “ÓP die Sewendedag-Sabbat, HET GOD …”, sodat die Dág en juis híérdie Dag, “dáárom dan” (ondermeer, ‘ara’), enigsins, betekenis ontvang en verkry hét, en stééds, ontvang en verkry.

 

 

 

“Die Sabbatdag geld daarom”, omdat “God op die Sewendag gerus het”. Soos Karl Barth dit gestel het: “Wat van hierdie dag hierdie besondere Dag maak, is dít, wát, daaróp, en daarméé, gebéúr, het.” God se dáád, sy Verlossingswérk, sy Rús –tesame, ineen en as een–, is wat aan die Sewendedag-Sabbat betekenis en geldigheid, géé. Nié die mens of sy werke of sy rus of sy plig nie!

 

Daarin dat God die Verlossing gewerk en volmaak het in en deur Jesus Christus, word sy Verlossings-wérk God se Verlossings-rús. God se ‘Uitlei-Werk’ en in Christus Jesus alleenlik nog ‘Ingebring-hét-Werk’, is God se ‘katapausis’-Rus – sy Verlossingsrus in Jesus Christus. Daarin dan, dat God hierdie Verlossingsrus “ÓP, die Sewendag-Sabbat van die Here jou God”, gedoen en volmaak het, word die Sewendedag die ‘sabbatismos’-Sabbatsrus van God, én, van die Volk van God.

 

Die Sewendedag Sabbat is begenadigde- en begenadigings-Dag – Rúsdag; en daarom, is dit heilige en bepaalde Dag-van-God-se-Rus-Daad “vir die mens”-‘dia anthroopoon’. Meer korrek gestel: Die Sewendedag Sabbat is heilige en bepaalde Dag-van-en-vir-die-Rus-Daad-van-God; en dáárom, is dit Rúsdag -- Rusdag ván Gód, “vír, die Vólk van God”. Dit was altyd so en waar; maar altyd nog was dit so en waar op grond en op sterkte van die waar-wórd en die waar-wéés daarvan in Jesus Christus, en déúr Hom, eens vir altyd in die opstanding van Hom uit die dood.

 

Nadat God Israel “uitgelei het”, mag slegs nog tentatief –voorwaardelik, gesê word dat God Israel in die Beloofde Land ‘ingebring het’. Want nadat God Israel “op (sy) hande gedra het” oor die Rooi See, het Hy hulle nog nie oor die Jordaanrivier gelei nie, en was hulle ‘Uitlei’, maar nog net die agterdeur van die vervulde belofte. Nogtans omrede hierdie ‘uitlei’ van God, beveel Hy sy Volk om die Sabbatdag te heilig, en om daarop, en só, in die Rus van Gód – die wáre, “Geloofs-Rus”, Jesus Christus, die ‘Ingegaan-hét-Rus-van-God’ – in te gaan.

 

Hulle s’n was ’n geloofsdaad nes ons s’n – wat nie baie van ons almal, werklik deelagtig geword het nie. Nee; eintlik was hulle geloofsdaad, groter as ons s’n – ons wat aanskou het, nie net die werke van sy hande in skepping en uittog nie, maar die Werker van “Die Evangelie” Self. Hulle moes vooruit glo aan wat nog sou kom (die skrywer se veronderstellende Subjunktief in vers 8); maar ons, staan voor die geloof in wat in Christus Jesus deur God waargemaak wás. Ons geniet dus groter bewys en bevestiging, sodat ons nog groter getuienis het vir onderhouding van die Sabbatdag as wat hulle gehad het.

 

Hoe kan mense dan sê dat die Israeliete nie deur die geloof geregverdig was nie, maar uit die werke van die wet? Hulle weet duidelik nie wat hulle praat nie, en moet in onkunde verkeer oor wat regverdiging deur die geloof regtig beteken.

 

“Maar nou dat Jesus aan hulle rus verskaf hét,” “en sommige daar wél ingegaan hét”, verklaar die Nuwe-Testamentiese Woord in Hb4:8-10, “nou dat Hy self van sy eie werke gerus het en in sy eie rus as God in sy ware Self ingegaan hét … DAAROM DAN NOU, BLY onderhouding van die Sabbat-Dág, vir die (hele) Volk van God (van alle tye), geld!” “Want aan ons was die Evangelie verkondig net soos aan hulle” – dan nie?

 

En hierin merk u die verskil én ooreenkoms, tussen God se “Rus”-‘katapausis’, en die Volk se “Sabbatdag-onderhou”-‘sabbatismos’: Dit is nie net die Volk s’n nie, maar in die eerste plek, Gód, se ‘Sabbatismos’-“Rus”; Dit is nie net Gód se ‘katapausis’-“Rus” nie, maar óók, die Volk, se ‘katapausis’-“Rus”, waarin nie net God in die eerste plek in Jesus Christus ingegaan het nie, maar ook die Volk uitgenooi word: “Vandag, as julle Sy Stem hoor, moenie julle hart verhard nie.” “Gaan die Rus in!” “Ek is die Deur”, “en Ek sal aan julle Rus géé”. “Verniet het julle ontvang.” “Julle is dúúr, gekoop.”

 

Nóg die ‘katapausis’-“Rus”, nóg die ‘sabbatismos’-“Sabbatsrus”, kan sonder die geloof gaan. Hy wat die ‘katapausis-Rus’ van God deur en in Jesus Christus ingegaan het, dit sal vir hom ook “daarom bly geld”, om die ‘Sabbatismos-Sabbatsrus’ van Gód, deur die gelóóf, “in te gaan”.

 

Die oomblik wat oneerbiedige hande hulle vergryp aan enige van God se ‘katapausis-Rus’ en ‘sabbatismos-Rusdag’, om wat God saamgevoeg het van mekaar te skei, matig hulle hulself teen God die Almagtige aan.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Gevolgtrekking

 

Nou wat beteken dit, dat “Jesus aan hulle rus verskaf het”; en, dat “soos wat Hy ingegaan het in sy rus Hy Self van sy eie werke as God gerus het”?

 

Dit beteken, deur sy opstanding uit die dood, “het Jesus aan hulle (Volk van God) rus verskaf”!

 

Want Jesus het nog geen “rus verskaf” alvorens “Hyself, in sy eie rus ingegaan het” nie, en Hyself, het nog geensins “in sy eie rus ingegaan”, alvorens Hy uit die dode uit, opgestaan het nie!

Die skrywer van Hebreërs pas hierdie uitdrukkings – “Hy het rus verskaf”, “Hy het sy rus ingegaan”, toe, met net één betekenis, dat Jesus die graf, die sonde en die mag van die duisternis -- die dood, oorkom, oorwin, daaroor getriomfeer, en dit vernietig het!

 

Niks anders en niks minder as dit, beantwoord aan die verwagtinge geskep deur die skrywer se gebruik van juis hierdie woorde as die voorskrif, die mandaat en rigtingaanwyser vir die Volk van God in sy Sabbatsonderhouding nie.

 

Hierin en hierdeur alleenlik en uitsluitlik -- hierin en hierdeur, eerstens, dat “Jesus aan hulle rus verskaf het (en Hy van geen ander dag van verlossing hierna sou spreek nie)”, en tweedens, “omdat Hy ingegaan het in sy eie rus en soos God, van sy eie werke gerus het” – hierin en hierdeur alleenlik, eerstens en uitsluitlik, ontvang, en hét, die Nuwe-Testamentiese Volk van God, hulle Imperatief, hulle Gebod, hulle Woord as Daad van Gód Almagtige Verlosser-Skepper, vir die waarneming, onderhouding en heiliging van die Sewende Dag Sabbat. Niks kán meer gevra of verwag word nie; niks dúrf bygevoeg word nie; niks mág weggeneem word nie. “Want aldus het God van die Sewende Dag gespreek …”, van die skepping af heen en deur die ganse geskiedenis van hemel en aarde, “van die Seun, in Wie Hy groot welbehae het”.

 

Ons het ontvang as rede en gronde, as belofte en vervulling, as rykwydte en vooruitsig, as hoop en vertroue, vir “die onderhouding van die Sabbatdag”, deur, en ás, “die Volk van God”, “Jesus”, wat aan óns, “Volk van God”, “die rus verkaf hét”, én, “sélf, as God in sy wesenlike eie, in sy eie rus ingegaan het”. “Daarom bly onderhouding van die Sabbatdag geld vir die Volk van God.”

 

 

 

 

Die Volk van God het vir Jésus as rede vir hulle onderhouding en heilighouding van God se Sabbatdag, en as motief, “die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus”. Hierdie in Jesus tweevoudige rede en gronde (die ‘Inbring van die Volk’, en die ‘Ingaan van Hom’), is “in Hom en deur Hom en tot Hom”, tot ’n eenheid saamgebring, en onskeibaar verening, in en deur en tydens, Jesus se opstanding uit die graf, uit die dood, en onder die dode uit, “Sabbats”! (Mt28:1)

 

Die Volk van God – die Nuwe Testamentiese Gemeente van en in Christus – het daarom en uiteindelik, grondig en oorspronklik, die Opstanding van Jesus Christus, vir en tot rede, gronde, motief en aansporing – ja, as Belofte én Opdrag, van en vir en tot hulle heiliging van die Sabbatdag – van en vir en tot hulle “féésviering van Sabbattefees” volgens Kolossensiërs 2:12-19!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Vir verduideliking van enige Skrifture in hierdie stuk na verwys, sien ‘The Lord’s Day in the Covenant of Grace’ – u moet maar self kyk in watter boek of boeke, asseblief. Laai af van my webtuiste hieronder aangegee.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Gerhard Ebersöhn

Suite 324

Privaatsak 43

Sunninghill

2157

biblestudents@imaginet.co.za

http://www.biblestudents.co.za