Uit die graf uit
....
GE:
Ek bely die Christelike
Geloof soos bely deur die Algemene Kerk in die 'Apostoliese
Geloofsbelydenis' en 'Drie Formuliere' – laasgenoemde met enkele voorbehoude,
naamlik oor die Sabbatdag en water-doop. Ek is dus 'n heeltemal gewone
Gereformeerde, Protestantse gelowige Christen, sondaar-mens, in wie se hart
God dit gelê het om na die Hervormings-wekroep van: Tot eer van God
alleen; Christus Alleen; Genade alleen; Geloof alleen; SKRIF, ALLEEN, hierdie
'saak' van ‘Die Dag van die Here’, uit te dra.
Carel de
Goede:
My broer ek
Wie gee die mens die reg om God se dag
na 'n ander dag te verskuif?
Openbaring se laaste woorde." Niks mag by gevoeg word of wegneem word
nie")
GE:
Geagte Carel de Goede, Dankie,
dis goed om te hoor iemand noem my 'n broer in Christus Jesus; ek waardeer dit
innig. Ek hoor dit omtrent nooit meer nie --- vir baie lank nou al.
Maar mag ek jou vra, beste Carel de Goede, ek kan nie werklik aflei of
jy weet HOEKOM jy die Sabbat onderhou nie? Die Bybel omskrywe tog hoekom:
Omdat "Sabbat van die HERE God"—
dis al klaar ALLE REDE HOEKOM!
Maar hoekom is die HERE God, 'Here'? 'n 'Heer', WORD, 'n
'heer' deur VERDIENSTE. Lord Nelson, OMDAT hy Waterloo GEWEN het.
Christus, 'HERE' : OMDAT Hy die
dood OORWIN het. In Ex15, word die Magtige van Israel,
"KRYGSHEER" uitgeroep OMDAT Hy "triomfantlik GESEËVIER
het”. In die NT word die Sabbat, "Dag van die Here" genoem OMDAT, dit
die dag van OORWINNING oor "die laaste vyand, die dood", is.
By die skepping "seën" God die Sewende
Dag; "heilig" Hy dit, OMDAT, dag van God se RUS --- sy RUS
van, en in, VOLTOOIING --- dag van Goddelike TRIOMF in skepping!
Nie eers in die skeppingsverhaal is die Sewende Dag vanweë die vorige ses dae
se werk van skepping van God, "Sabbat van die HERE
God" nie, maar vanweë "DIE UITNEMENDHEID VAN DIE GROOTHEID VAN
DIE KRAG VAN SY STERKTE WAT GOD GEWERK HET TOE HY” .... "KLAARGEMAAK
HET" : toe God OORWIN het— wanneer?
: "Op die Sewende Dag".
Dis hoekom die gelowige mens, die "Sabbat gedenk dat (hy) dit heilig"
: dit gaan nie oor die MENS se werke nie; dit gaan oor die WERKE – die
RUS-werke – van GOD; SY, voltooi-daad; SY, "INGAAN
in SY, EIE RUS AS GOD".
Dit alles, doen God in Christus Jesus en deur Hom DEURDAT HY HOM OPWEK
UIT DIE DODE "OP DIE SABBAT". Dis hoekom ek die Sewende
Dag Sabbat van die HERE God, glo— NIE vanweë of omrede die Wet
nie.
21 Mei 2009
Carel de Goede:
Gerhard, Miskien hier
die verskil? Ek haal jou eie woorde aan: "
Dit alles, doen God in Christus Jesus en deur Hom DEURDAT
HY HOM OPWEK UIT DIE DODE "OP DIE SABBAT".
Dis hoekom ek die Sewende Dag Sabbat van die HERE God, glo— NIE vanweë of
omrede die Wet nie."
Jy sien my vriend dat Jesus is eers op die eerste dag van
die week uit die graf uit. (maw Sondag). Op die Sabbat ( Saterdag het hy gerus,
onthou dit was tog immers die Sabbat, die rus dag en toe eers die vlgende dag ,
die Sondag (eerste dag) het hulle ontdek dat die graf leeg was. Die
gedagte agter dat Sondag die rusdag is. is verkeerd en is afkomstig van 'n
kompromie wat bereik is met die wie die Son aanbid het.
Ek veroordeel nie, dis is God se werk ek wens maar net mense
wil die waarheid besef en wakker word. Nerens in die bybel kon ek dit raaklees
waar daar staan ons moet die opstanding gedenk as rusdag nie.
Daar staan wel vele male dat ons SY Sabbat moet heilig en
dit gedenk deur dit, 'n rusdag te maak.
Ek wens jou alle sukses toe en mag die Heilige gees jou ook
lei na die ontdekking van die waarheid.. Die bybel waarsku vele kere oor dwaal
leeringe wat deur sogenaamde uitverkoorenes verkondig sal word. Daar rus egter
'n grooter straf op sulke persone.. Mense wat Gods woord verkondig dra 'n onsetende
groot verantwoordelik heid om die waarheid soos wat dit in Sy woord aan ons
gegee word te verkondig
Ek wens jou sterkte toe, ek en jy kan maar net ons
afhanklikheid belei en aanhou bid om wel die waarheid raak te lees. God se
genade en liefde is wonderlik
Groete in Christus
GE:
Geagte Carel de Goede, Net oor
hierdie aspek: "What would Jesus
do? In John 15:10 Jesus said "I have kept my
father's commandments" and we can also find from scripture that Jesus
attended church on the Sabbath day. "And he came to Nazareth, where he had
been brought up: and, as his custom was, he went into the synagogue on the
sabbath day, and stood up for to read." Luke 4:16 "
Ek vra: Is dit waar Jesus se gehoorsaamheid aan sy Vader se Gebooie
opgehou het? Ek sê altyd, Dis maar waar Jesus se gehoorsaamheid
begin het! Waar eindig Jesus sy gehoorsaamheid aan die Wet van God?
Waar Hy die Wet van God VOLKOME VERVUL HET! En waar was dit? Waar
Hy die Kerk op die Sabbat bygewoon het? Waar hy groot wonderwerke op die Sabbat
gedoen het? Waar Hy aan die kruis gesterf het? NEE! HIER:
"Dat julle kan weet wat is die uitnemende grootheid (die ruspunt) van die
krag van sy sterkte vir ons wat (in Christus) glo, wat God gewerk het IN
CHRISTUS TOE HY HOM OPGEWEK HET UIT DIE DODE EN HOM LAAT SIT HET AAN SY
REGTERHAND IN HEMELSE HEERLIKHEID ...." Ef1:19-20. HIERDIE, is DIE
VERVULLING van God se Sabbatdagswoord: "En God het op die Sewende Dag al
sy werke VOLTOOI en op die Sewende Dag GERUS." "God het
gesweer: Hulle sal in My RUS NIE ingaan nie", nie ALVORENS DEUR EN IN
CHRISTUS JESUS NIE, en nie ALVORENS SY OPSTANDING UIT DIE DODE NIE.
In opstanding uit die dode op die Sabbatdag EERS, gehoorsaam Jesus die
Vader HEELTEMAL. "In U grote hoogheid werp U diegene neer
wat teen U opstaan .... Wie is soos U, HEERLIK IN HEILIGHEID, gedug in ROEMRYKE
DADE, Een wat WONDERS DOEN .... U het hulle deur U KRAG na u heilige
woning gevoer .... Die HERE is Krygsman : HERE, is sy NAAM! .... Ek wil
sing tot eer van die HERE, want HY IS HOOG VERHEWE ...."
DIS HOE EN WAAR EN WANNEER Jesus die Gebooie van sy Vader volkome
nagekom het; dis waar God in Christus, RUS; dis waar God die Sabbatdag seën en dit heilig; want dit is "die derde
(pasga)dag", wat Jesus sy Vader se werke --- se UITERSTE MAGSDADE,
"volgens die Skrifte", "KLAARMAAK"! "En God het
op die Sewende Dag gerus." Sela. Want DIT IS hoe God ons, deur
SY KRAG op die Sabbatdag in aanbidding voor sy aangesig na sy heilige woning
voer.
Vir watter rede hou hulle aan om U opstanding op U heilige dag van rus
te ontken en te versmaai, o my Here en my God?
23 Mei 2009
N.a.v. Carel
de Goede, “Jy sien my vriend dat Jesus is eers op die eerste dag van
die week uit die graf uit. (maw Sondag). Op die Sabbat ( Saterdag het hy gerus,
onthou dit was tog immers die Sabbat, die rus dag en toe eers die vlgende dag ,
die Sondag (eerste dag) het hulle ontdek dat die graf leeg was. Die
gedagte agter dat Sondag die rusdag is. is verkeerd en is afkomstig van 'n
kompromie wat bereik is met die wie die Son aanbid het.”
Laat my
asseblief toe om my siening van die saak, só, te stel:
(Dit is tog
aangenaam om beskaafd te gesels; meesal ontaard gesprekke oor hierdie saak al
te gou.)
“Jy sien
my vriend dat Jesus is eers op die eerste dag van die week uit die graf uit.
(maw Sondag).” Die GANSE Skrif is daarvan VOL dat die
Sabbatdag die Oorwinningsdag van die Here God is— m.a.w., God se Rusdag is. Die
Nuwe-Testament wyk geen oomblik van hierdie profetiese verwagting af nie, maar
vervul dit tot die letter, dag, datum en uur. DAAROM verklaar Mt28:1-4 – die
ENIGSTE Skriftuur wat die gebeure en TYD en DAG rondom Jesus se opstanding uit
die dode verskaf – dat Jesus opgestaan het: “OP / IN / Sabbatstyd VOOR die
Eerste Dag van die week”.
Nou mag jy
vir my vertaling op vertaling aanhaal wat presies die teenoorgestelde sê,
naamlik, dat Christus “NA die Sabbat, OP die Eerste Dag”, opgestaan het. Maar,
vriend, jy sal nie een Vertaling van voor die twintigste eeu aanhaal nie. Jy
sien, die skelm ‘vertalers’ het die implikasies van Mt28:1-4 begin raaksien, en
sumier “TYE EN WET” van God “VERANDER” om hulle afgodsdag Sondag, vir
aanbidding te bly handhaaf.
Jy is dus
reg: “Die
gedagte agter dat Sondag die rusdag is. is verkeerd en is afkomstig van 'n
kompromie wat bereik is met die wie die Son aanbid het.” Presies!
Die eerste mens wat hierdie ‘kompromie’ probeer bewerkstellig het, was
Justinus die Martelaar (soos jy weet, tweede helfte, eerste eeu), wat in sy skrywe aan die keiser van Rome die
letterlike Grieks van Matteus 28:1, net mooi omkeer van “IN / OP / Sabbatstyd
VOOR die Eerste Dag”, na “NA die Sabbat OP die Eerste Dag” --- letterlik, in
Griekse woorde, en NET ter wille van kompromis en oorlewing. Jy slaan die spyker op sy kop!
Maar die
gedagte agter, dat die Sabbatdag die rusdag is OMREDE Christus daarop opgestaan
het, is suiwere Bybelse waarheid, en reg en geldige argument volgens “die
Evangelie van Christus, want dit is ’n krag van God tot redding vir ELKEEN wat
glo, SOOS vir die Jood, SO OOK vir die Griek”. “Want God tref GEEN onderskeid
nie.” “O, dat ek Hom mag ken, en die
KRAG van sy OPSTANDING!” Dan sal ek jubelende tot SY eer, Sabbatefees vier.
Één woord
wat iemand in hierdie opsig en trant ten gunste van Sondag kan uit? Kyk hoe stom staan hulle daar! Maar luister!
Daar verklaar iemand luid: “Now Jesus rested from the work of redemption; and
though there was grief among those who loved Him upon earth, yet there was joy
in heaven. Glorious to the eyes of heavenly beings was the promise of the
future. A restored creation, a redeemed race that, having conquered sin could
never fail— this, the result to flow from Jesus’ completed work, God and angels
saw. With the scene the day upon which Jesus rested is forever linked. “For His
work is perfect;” and “whatsoever God doeth, it shall be forever.” Deut. 32:4;
Eccl. 3:14. When there shall be a “restitution of all things, which God hath
spoken by the mouth of all His holy prophets since the world began” (Acts
3:21), the creation Sabbath, the day on which Jesus lay at rest in Joseph’s
tomb, will still be a day of rest and rejoicing. Heaven and earth will unite in
praise, as “from one Sabbath to another” (Isa. 66:23) the nations of the saved
shall bow in joyful worship to God and the Lamb.”
In die GRAF
lê “the promise of
the future”; “a restored creation, a
redeemed race .... having conquered sin”, “rus”, in sy “loon, die DOOD”! Vir “Jesus’ completed work”, “heaven and earth will unite in praise, as “from one Sabbath
to another”, “the day on which Jesus lay at rest in Joseph’s tomb, will still be a
day of rest and rejoicing”. Wat ’n lakoniese kakafonie!
Jy sien my
vriend, Jesus is op die Sabbatdag uit die graf uit. Op die Sabbat (Saterdag)
het Hy gerus, want onthou, dit was tog immers die Sabbat, die Rusdag en
VOLTOOIINGSDAG van die HERE God dat Hy, die Christus van God en Heer van die
Dag van Oorwinning, “al die werke van God”, “die werke van my Vader”, “voltooi”
en “klaargemaak het”, daarin, dat Hy die DOOD en die GRAF OORWIN en daaroor
GETRIOMFEER en GESEËVIER het DEUR DAARUIT OP TE GESTAAN HET. “Omdat Hy ’n dag bepaal het waarop Hy die
wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ’n Man wat Hy aangestel het; en Hy het
hiervan aan almal SEKERHEID gegee deur Hom UIT die dode OP TE GEWEK HET.” Hier,
en ‘nou’, het Jesus, ‘van die werk van Verlossing, gerus’. In die graf ja, maar in en deur opstanding uit die dood en dode in die
graf. (Nie deur nog dood in die graf te bly lê het nie.)
23 Mei 2009
Daarom,
geagte vriend Carel de Goede, jy is weereens op die punt af, en reg! Duidelik is “.... hier die
verskil”! “Dit alles, doen God in Christus Jesus en deur
Hom DEURDAT HY HOM OPWEK UIT DIE DODE "OP
DIE SABBAT"”. Dus NIE: “op die eerste dag van die week ..... maw
Sondag” NIE. En “toe
eers die vlgende dag, die Sondag (eerste dag) het hulle ontdek dat die
graf leeg was”.
Ek het
lanklaas – nee, nog nie eenkeer tevore – oplettendheid soos joune, teengekom
nie. Want jy sê, “....het
hulle ontdek dat die graf leeg was”— “hulle”,
en nie ‘Maria Magdalena’ nie. Nou wat
praat ek dan nou alles? Ja, hierin is
meer ter sake as wat verreweg die meerderheid mense reken.
Baie kort
verduidelik: Maria is die eerste mens wat allenig, die grafdeur van die graf af
weggegooi, gewaar en toe sy dit sien, omdraai en terug, weghardloop. Mense
verwar hierdie gebeurtenis, met daardie ander gebeurtenis toe “.... hulle ontdek (het) dat die graf leeg was”— “hulle”, meer vroue; nie net Maria
Magdalena nie. Verskeie vroue— Maria Magdalena en nog ander ook (Lukas gee die algemene opsomming van wie
hulle was, 24:10), kom na die graf MET hulle olies en speserye om die liggaam
te salf. Nou sou hierdie vroue hulle
speserye saamgebring het as hulle geweet het die liggaam was nie meer in die
graf nie? Dis tog onsinnig! Maria het die ander GAAN VERTEL, en vertel
wat sy GEDINK het nadat sy die oopgemaakte graf gesien het. Sy het hulle vertel
wat sy GEWEET het: dat die grafdeur van die graf af weg was; en sy het hulle
vertel wat sy VERMOED het maar nie gewéét het nie: dat “hulle die liggaam
weggevat het”. Die ander se
reaksie? Nou dan wag ons maar tot die
Romeinse wag weg is, dan gaan ons graf toe en gaan kýk of die liggaam weg is;
en dan salf ons Hom sommer want Hy sal tog sekerlik nog daar wees, Maria! Wie
sou Hom tog weggevat het? Jy is verniet bang.
Jy het dus
goed onderskei, vriend, deur op te gelet het dat “hulle”, “ontdek (het) dat die graf leeg was”.
Wanneer was
dit? Weereens het jy reg: dit was “toe
eers die volgende dag , die Sondag (eerste dag)”, dat “hulle ontdek (het) dat die graf leeg was”. Maar WANNEER op die Eerste Dag van
die week, Sondag? Dit is belangrik dat
ons sal seker maak, hoe laat, anders kan ons dalk die tyd van die dag toe Maria
op die Eerste Dag van die week die eerste een was om te gesien het dat die
sluitsteen van die opening van die graf weggerol was, verkeerd kry.
Nou dan: Hoe
laat het die verskeie vroue by die graf gekom om die liggaam te salf – volgens
Lukas? Lukas skrywe dit was “diepste
nag-oggend” (‘orthroe bathe-oos’) – wat net na middernag moes gewees het. Maria moes daarom VROEËR die klipdeur
weggerol gesien het, dus nog VOOR middernag!
Gaan ’n mens vir hierdie tyd VOOR middernag sê, “Vroeg, toe / terwyl dit
nog donker was” (partykeer met ‘na sonop / net na sonop’ en al) – soos die vertalings
dit het? Belaglik! Eerder sou mens moet kan dink, ‘Vroeë donker,
toe dit nog aand was’, ja! Maria het immers die graf die eerste keer oop
gesien, relatief lank vóór die vroue net na middernag “MET hulle speserye”
gegaan het om die liggaam te salf. Wat kan dan daarmee verkeerd wees om Jh20:1
te interpreteer as duiend op die vroeë of eerste ‘helfte’ van die VOORNAG,
‘skemer voor die donker’, “vroeg-donker” of “vroeg-nag”? NET TRADISIE. Nie die Skrif nie.
“Vroeg-donker”
of “vroeg-nag” is dan noukeurig juis wat Johannes in die Grieks geskrywe het:
“Terwyl dit nog vroeg-donker was, kom Maria Magdalena en sien die klip ....”
(‘proo-i skotia eti oesees’). Na sononder aand. Dit is die tyd van die nag wat
Johannes aangee wat Maria die graf die eerste keer, net van buite af, OOP sien.
Nou ons weet wel die graf was toe ook al LEEG. Ons weet egter ook Maria het
dít, nie geweet of regtig geglo nie, anders het sy nooit gegaan om die liggaam
te gaan salf, en boonop die ander vroue met daardie doel voor oë, saamgebring
nie.
Onbetwisbaar
dus: Maria sien die oop graf Saterdagaand.
Selfs die wagte is al weg – anders sou Johannes gesê het Maria het hulle
gesien. En Jesus het nie opgestane in
die graf bly sit nie; toe Hy opgestaan het, het Hy die dood en doderyk sowel as
die graf, UITGEGAAN. Die oomblik toe die engel die grafdeur weggeslinger het,
het die Vader Christus in sy heerlikheid opgewek, terselfdertyd, “in ’n
oogwink”. Onbetwisbaar dus: Jesus het
“VOOR die Eerste Dag van die week” (Mt28:1d) wat met sononder en die opvolgende
‘aand’ of “vroeg-donker” begin het, OPGESTAAN.
Hy het dus “OP / IN VOLLE Sabbats-tyd mid-namiddag” (Mt28:1a,b,c)
opgestaan — NIE, op Sondag nie.
Hier val nou
nog iets op waaroor ek baie jare lank al wonder. Verwys Maria moontlik na die wagte waarvan
Matteus melding maak, waar sy volgens Johannes aan Petrus en Johannes vertel:
“HULLE het die Here uit die graf weggeneem, en ons weet nie waar HULLE Hom
neergelê het nie”, 20 vers 2b. Net hierna,
gaan Petrus en Johannes na die graf toe om te gaan kyk wat Maria hulle
meegedeel het (– dinge waarvan hulle voordat Maria hulle vertel het, niks
geweet het nie).
Ek NEEM AAN
– dit is nie geskrywe nie – dat terwyl Johannes en Petrus na die graf gaan kyk
het, Maria ook die ander vroue gaan meedeel het oor wat sy ervaar het. Om die verskillende Evangelieverhale met
mekaar versoenbaar te laat wees, is dit dan nou noodsaaklik om tussen verse 1
tot 10 van Johannes, en verse 11 verder oor Maria se “het-gebly-staan”-aanwesigheid
“voor die graf”, ‘n sekere tydsverloop te veronderstel – ‘n gaping tussen die
twee ‘Maria-episodes’ – wat nie volledig deur Johannes ingevul word nie, maar
deur Markus in 16:2-8. Al wat Johannes
tussen Maria se sien van die weggeneemde grafdeur en haar ‘voor-die-graf-gebly-staan-het”
vermeld, is Petrus en Johannes se ondersoek-besoek aan die graf. Maar intussen moes Maria nogeens saam met
ander vroue na die die graf toe teruggekeer het, en toe dié in groot vrees van
die graf af weggehardloop het (Mk16:8), het sý, “voor die graf
agter-gebly-staan”. Jh20:11. Dis net
hierna, waar Maria nogmaals – aan die engele hierdie keer – sê: “Hulle, het my
Here weggevat, en ek weet nie waar HULLE Hom weer gaan neerlê het nie”.
Ek het maar
altyd nog aanvaar Maria (of dan Johannes) veronderstel (deur die gebruik van
die Meervoudswerkwoorde) met “hulle”, dalk Josef en Nikodémus wat Jesus in die
eerste plek begrawe het. Veral omdat sy gedink het “hulle”, het die liggaam
weer êrens anders gaan “neerlê”. Sy het
goeie vertroue gehad, en daarom dalk aan die ‘goeie’ karakters van die storie
gedink.
Maar ek moes
myself nog altyd afvra: Vir hoe lank het die wagte “soos dooies” daar by die
graf gebly lê? Honderd van hulle!
Wanneer het hulle bygekom, hulle omgewing bestudeer, en wanneer het hulle
koers gevat elders heen, nugter weet wie van hulle waarheen? Hulle het elkeen blykbaar sy eie rigting
ingeslaan; “sommige”, volgens Matteus, het stad toe gegaan, reguit om die
hoofpriesters te gaan bykom! Was hulle,
nadat Jesus opgestaan het, nog tot die tyd van die nag wat Maria na die graf
toe aangekom het en gesien het wat sy gesien het, daar? Dis nie onmoontlik nie; ons het geen
informasie wat verhinder om so ’n afleiding te maak nie.
Waar die
Jode in Mt27:64 vra dat die graf “vir die derde dag” (‘he-oos tees tritees
hemêras’) verseker moet word, gee Pilatus hulle ‘n wag – ’n Romeinse wag –
daarvoor. Dit beteken die wag van die dag sou om middernag verstryk het, omdat
die Romeine se dag van middernag tot middernag geduur het. Dan lees ons van die twee Maria’s wat “na die
graf (wou) gaan kyk het, maar daar toe skielik ’n groot aardbewing was”, wat
hulle natuurlik in hulle voorneme frustreer het. Die Jode sou ook die wêreld deeglik laat
verstaan het dat geen dissipels van Jesus, spesifiek, naby die graf toegelaat
sou word nie.
Is dit die
rede hoekom die vroue volgens Lk24:1, EERS
NA MIDDERNAG “met hulle speserye na die graf gaan / by die graf aankom” om die
liggaam te salf? Waarom nie? Vir GEEN rede hoekom nie! Volgens Mk16:1 het die twee Maria’s saam met
Salome “toe die Sabbat verby was”, eers nog speserye gaan koop. Die Maria’s het
reeds hulle s’n van Vrydag mid-namiddag voorbereid gehad; hulle gaan koop nog
ter wille van Salome wat nie “Vrydag mid-namiddag voor die Sabbat” by was toe
Josef en Nikodemus die liggaam in die graf neergelê het nie. Maar: volgens vers 2 van Mk16, kom die vroue
SONDER speserye na die graf toe; terwyl dit LUKAS is wat vertel van die
speserye wat saamgebring was. Lukas se verhaalde besoek, moes dus plaasgevind
het vóórdat Markus se verhaalde besoek kon plaasgevind het! Dit verklaar die tyd wat Markus aangee wat
die vroue by die graf gekom het; Markus s’n is heelwat later as Lukas s’n.
Markus vertel dit was “baie vroeg met sonop” (‘lian proo-i anateilantos toe heelioe’);
Lukas se tyd aangegee, is, “dikste / diepste nag / donker”.
As al
hierdie dinge die logiese ENIGSTE manier is hoe die Evangelieverhale met mekaar
versoen kan word en inderdaad heeltemal versoenbaar is, dan kan niks daarteen
gesê word dat Maria, toe sy vertel het van “HULLE” wat die liggaam weggevat
het, die WAGTE bedoel het omdat sy baie moontlik die wagte wat nog by die graf
kon gewees het, GESIEN het nie. Hulle sou hulle pos nie voor middernag verlaat
het nie? Dis tog te verwag van Romeinse
wagte! En dit sal natuurlik ook
VERDUIDELIK hoekom Maria nie tot by die graf gegaan het, of daarin, ingegaan
het nie, maar dit net op ‘n afstand kon bekyk, en toe opgelet het : Maar die
grafdeur is dan weg van die graf af!! Wat het HULLE, met my Here se liggaam
gedoen!? “Dit was nog vroeg-donker”.
Maria hardloop
terug en gaan vertel Petrus en Johannes. (20:2)
Terwyl hulle
twee na die graf gaan kyk, gaan vertel Maria ook die ander vroue. Petrus en
Johannes “keer terug huistoe”. (20:10)
“Met hulle
speserye” (Lk24:1) – gaan al die vroue nou saam na die graf, en ontdek, verniet
het ons ons salf voorberei en verniet het ons gekom om Hom te salf: die graf is
LEEG! Hy IS weggevat! “Loop dink julle weer ‘n slag oor wat Jesus julle
vooruit vertel het”, beveel die engele hulle aan. (6) “En hulle het sy woorde onthou!” (8) Stad toe! en hulle vertel die elf en die
ander, nou almal op een plek saam. (9b)
Die vroue vertel van die twee engele en dié se gesprek met hulle. “Maar niemand het hulle geglo nie.”
Maar kom ons
gaan kyk wéér; kom ons gaan maak seker!? Terug graf toe! Dan die verhaal uit Markus. Geen twyfel bly oor nie— dis verskriklik! “Hulle
vlug verwilderd van die graf af weg en vertel niemand iets nie .....”
“..... maar
Maria het agter gebly staan .....” (Pluskwamperfektum). Johannes 20:11
verder.
24 Mei 2009