CDJIV wrote:

Ok, verduidelik hierdie vir my want ek dink ek verstaan dit verkeerd en ASSEBLIEF skryf in leesbare afrikaans want ek weet jy het dit al 110 keer genoem op hierdie draad maar dis in n tipe kriptiese taal wat nie lekker lees nie.

Mar 14:12 "..En op die eerste dag van die ongesuurde brode (Nisim 14), wanneer hulle gewoonlik die pasga geslag het (laat Nisim 14), sy dissipels vir Hom: Waar wil U moet ons gaan klaarmaak, dat U die pasga (Nisim 15 aand) kan eet?.."
(Pasga Nisim 15 aand; Kruisiging op Nisim 15 dag.)

Mat 26:17 "..En op die eerste dag van die ongesuurde brode (Nisim 14) kom die dissipels na Jesus en vir Hom: Waar wil U moet ons vir U klaarmaak om die pasga (Nisim 15 aand) te eet?.."
(Pasga Nisim 15 aand; Kruisiging op Nisim 15 dag.)

Luk 22:7 "..En die dag van die ongesuurde brode het gekom waarop die pasga geslag moes word (Nisim 14).."
(Pasga Nisim 15 aand; Kruisiging op Nisim 15 dag.)

Joh 13:1 "..En voor die fees van die pasga (Nisim 13) het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe.."
(Slegs n maaltyd op Nisim 14 aand; Kruisiging Nisim 14 dag.)

Kom ons stop eers hier.

 

Geagte CDJIV,

 

Jy sien, dis die duiwelse mag van die vertalers; hulle kan aan jou voordis NET WAT HULLE WIL, en hoe, sal die KIND VAN GOD dit weet? Hy MOET dit vir soetkoek opvreet soos soetkoekdeeg die martelaar die keel in afgeryg word soos ‘n --- wat sê die Franse vir die ding? ---- ‘n coup de gras / foi de gras ( wat nou weer?) EEND: ROU!   En SELF, “puil hun ogen uit van vet” (Dis daar in ‘n Ps.) van dieselfde brousel.

 

Die moeilikheid kom by die sinsnede(s): “die dag van die ongesuurde brode” / “die fees van die pasga”.

 

Kom ek sê eers: Daar bestaan GEEN teenstrydigheid / teenstrydighede nie.

 

Laat ons by Johannes begin.

Hy sê: “VOOR”, “die Fees”; en hy sê: “voor die”, “FEES”:

‘pro’-voor (Voorsetsel), ‘tees’-die (Lidwoord, Genitief) ‘hee-ortees’-Fees (S.nw., Gn). Dit was die dag DIREK, “voor die Fees”.

 

[_NIE, soos in Mk14:1: “twee dae (wat) die Pasga-die-on-gesuurdES(-brode-Feesdag) was” nie. (‘TA AdzumA meta duo heemeras (een)’) = 2 dae voor Nisan 15. 

Ook NIE, soos in Mt26:2: “Julle weet (dat) oor TWEE dae die Pasga gebeur en die Seun van die  Mens oorgelewer word om gekruisig te word”, nie. (‘meta duo heemeras to Pasga ghinetai’) = 2 dae voor Nisan 14_] 

 

Hierdie dag(siklus) “voor die Fees” (Abib 15):

Begin hier, en ons weet dit was “in die nag waarin Hy verraai was”, 1Kor11:23, Jh13:1-?. (Meer letterlik --- nee, beter idiomaties --- sê Paulus eintlik hier, “In DIESELFDE nag waarin Hy verraai was”: ‘en TEI nukti HEI par-edidoto’.) Ons wou eintlik ons klem op “NAG”-‘nukti’, sien.

Dit was die ‘nag-begin’ van die dag “VOOR die Feesdag”, ‘hee-ortees’, wat in die oggend van dieselfde dag oorgegaan het:- hier: Jh19:14. Met ander woorde: Dit was die dag “VOOR die dag waarop ongesuurde BROOD – gebakte ‘brood’ – die EERSTE KEER – “gefees = ge-EET”, was:- NOU, hierso, in 13:1, wat AANGEBREEK het.

 

“HIERDIE SELFDE NAG” duur, tot: “En dit was omtrent die sesde uur”, Jh19:14b. (‘omtrent’-‘hoos’, kan net sowel vertaal word met ‘presies’, want dit beteken ‘soos’ / ‘=’ / ‘is gelyk aan’ . Maar daaroor op ‘n ander geleentheid.)  

 

MAAR ONTHOU: “Dit was NOU” (19:14) “VOOR die Fees” (13:1). Dus, hierdie “selfde” ‘dag’, was die dag, VOOR, ‘die dag (wat) die ongesuurde brode’ ge-EET, was! 

 

En dit is hoekom Johannes hierdie selfde dag, in 19:14a, “die Voorbereiding (of VoorberedingsDAG) van die PASGA”, noem. (Ek gebruik hoofletters want dis hierdie selfde dag, se naam. Nes ons die maand se naam, met ‘n hoofletter sal skrywe.)

 

TWEEMAAL dus, omskrywe en identifiseer Johannes, die dag waarop Jesus verraai sou word en gekruisig sou word, met die yslike grote woord “VOOR”, die “Fees”. 

 

En net na --- SONDER onderbreking NÁ --- hierdie selfde dag, gaan Johannes in 19:31 VOORT om die direk-daaropvolgende dag te omskrywe en te identifiseer: “OMDAT dit Voorbereiding geword het WANT groot was die dag van DAARDIE sabbat”: onontkombaar die “FEES”-sabbat van die pasga as sodanig, TEGELYKERTYD, “die Voorbereiding; sodat TWEE ‘Voorbereidings(dae)’ mekaar ‘rug aan rug’, OPVOLG.  

 

Johannes praat van TWEE, ‘Voorbereidings’; “die Voorbereidingsdag van die Pasga” (19:14a), in onderskeiding van die “Voorbereiding-van-daardie-groot-dag-sabbat” (19:31) — TWEE, ‘Voorbereidings’, wat GESKEI was met DIE AANBREEK van die “Voorbereiding-van-daardie-groot-dag-sabbat” as sodanig.

 

En wanneer was hierdie ‘aanbreek-onderskeiding’? Dit was aan / in / met die BEGIN van die dag se siklus,

1)  want anders sou dit geen sin gemaak het dat die Jode gevra het dat die liggame JUIS VIR HIERDIE ‘groot-dag-sabbat’ van hulle, van die kruise verwyder moes word, en die kruise natuurlik, uit die oog verwyder moes word nie; dit was dan hulle “groot-dag-sabbat” van die pasga!

2) want ons WEET dit was in die nag en na sononder want in 19:32 word dit geïmpliseer dat dit die nag was waarin Josef en Nikodemus onderneem het;

3) want ons WEET dit was in die nag en na sononder wanneer die Jode hulle pasga geëet het --- vgl 18:28 met 19:31 i.v.m. die Jode se puntenerigheid;

4) want ons WEET dit was in die nag en na sononder omdat Mk15:42 en Mt27:57 uitdruklik konstateer dat Josef met sy onderneming begin het “Toe dit AAND – ‘opsia’ – “GEWORD HET / WAS”, en, inderdaad, volgens Markus, “REEDS / KLAAR / LANKAL / DEEGLIK aand was” – ‘eedee opsias ghenomenees’.

 

(Die vertalings wat feitlik altyd op ander plekke hierdie woord, ‘reeds’ / ‘al’ – ‘eedee’, vertaal, VERSWYG dit HIER, MET BEDOELING.)

 

5) En ons WEET dit was in die nag en na sononder omdat daar net HIERDIE, “DAARDIE”, EEN, “NAG waarin Hy verraai was”, was.

 

Nou dan WAS dit mos “die Voorbereiding van daardie groot-dag-sabbat” wat NÁ “die Voorbereiding van die Pasga”, “aangebreek het” volgens 19:31, want dit WAS immers “die FEES” van die pasga: NOU --- EN, TER SELFDERTYD, volgens Mk15:42, “die Voorbereiding WAT – ‘heetis’ – “die VOORSABBAT” – ‘ho prosabbaton’ – “IS” – ‘estin’. 

 

Nou: “die Voorbereiding-van-die-pasga” – die dag waarop Jesus verraai, oorgelewer EN, gekruisig was: is, “VOLGENS die Skrifte” (1Kor15:4): “die VEERTIENDE van die Eerste Maand” --- volgens die HELE, Bybel – GEEN enkel, uitsondering.

 

TOE, DAARNA, WAS dit mos “die Voorbereiding—  die Voorbereiding wat die Voorsabbat is” en die dag waarop Josef en (later aan) Nikodemus, die liggaam sou begrawe het, sodat Lukas (23:54-56) “mid-namiddag” (=3nm.) die dag kon afsluit METDAT, “die vroue gesit en toekyk het hoedat die liggaam neergelê” was, en Josef die graf toegemaak het; VOORDAT hulle “die Sabbat van die (Vierde) Gebod”, met sononder, “begin rus het”— op “die VYFTIENDE dag van die Eerste Maand”, “volgens die Skrifte” --- volgens die HELE, Bybel – GEEN enkel uitsondering behalwe, Eksodus.

 

TWEE “Voorbereiding”s (A); TWEE “Sabbat”te (B):

TWEE “Voorbereiding”s:

A1) Jh:- “Voorbereiding van die PASGA” = Mk, Mt, Lk :-.......................

A2) Mk:- “Voorbereiding wat die VOORSABBAT is”  = Jh:- “Groot-dag-sabbat”-van die Pasga”;

TWEE “Sabbat”te:

B1) Jh:- “GROOT-dag-sabbat”-van die PASGA = Lv23:10-11

B2) Lk23:56b:- “Sabbat volgens die (Vierde) GEBOD” = Mk15:42:- die Sabbat waarvan “die VOORSABBAT” “die Voorbereiding is”.

 

Al vier Evangelies, volg dus die VERLOSSINGS-RAAMWERK VAN DAE soos in die hele Ou-Testament, Eksodus uitgesonder. Want in Eksodus gebeur die Verlossing nog – is die Deurgang en die Uitgang— ‘pasga’, nog aan die beweeg – anders, as in die daaropvolgende geskiedenis, toe alle waarneming van die Verlossingsgebeure van die aktiewe Uitgang en Deurgang van God en van die Volk, retrospektief passief – ‘rustende / in stil-wees’, “waargeneem” of “GEDENK” word: “GEDENK die Sabbat dat jy dit heilig = uitsonder en afsonder as HERINNERINGSDAG”, van die Groot Dade van God EN, van sy VOLK .  ---- Die juiste en ENIGSTE gronde wat “oorbly” (Hb4:9) van en “vir die mens gemaak” (Mk2:27-28) om “die Sabbat van die HERE— JOU— MAGTIGE GOD”, te “GEDENK”, en, te “HEILIG”. 

 

Wat die Protestante in ons dag eers begin sien het en begin het om te verstaan, het die afvallige Kerk al van Justinus die Martelaar af, LANKAL al gesien en verstaan, en TOE al, ONMIDDELLIK GESNAP en onmiddellik begin GEBRUIK, om die mense – die opregte, goedgelowige WARE Gelowiges – ‘n RAT VOOR DIE OË mee te draai, om hulle Sondagaanbidding te laat omhels en “die Dag van die Here”, “Sabbat van die HERE jou God”, mee te laat VERGEET, VERAG en ONTHEILIG!

 

Op dié manier lag die Rooms-Katolieke Kerk vir die Protestante nou al vir eeue, en het hy hulle so lekker gevang in sy bedrog, dat hulle nie meer anders KAN, as om die antichris in sy pogings en suksesse om die “TYE EN WET” van God te verander, dienstig te wees nie. Want hulle SIEN NIE KANS VIR DIE SKANDE EN SKAAMTE  wat hulle sal moet trotseer, sou hulle UITSTAAN vir die Waarheid “volgens die Skrifte” nie. “Die HELE wêreld sal hom verwonderd agternaloop” en, aanbid, ja!

 

Die hele wêreld doen dit nou al vir omtrent twee honderd jaar al, KLAAR! Waar dit saakmaak: Binne-in “die WET” van God self --- die “wet”, van sy Woord, die SKRIFTE. Vir wat wag die Adventiste op siviele wetgewing? Net soos hulle in hulle begindae op ‘n misgissingswederkoms gewag het, wag hulle vandag op Sondagwetgewing wat hulle vas aan die slaap, klaar oorval het!

 

Niemand wat sy Bybel oopmaak en lees nie, verkeer nie onder die dwinglandy van hierdie ‘wetgewing’ onder die heerskappy van anti-chris nie.  Die ‘Sondag-wetgewing’ waarmee die SDAs hulle baie valse leerstellings so loop en smous, hét, húlle, by uitstek, lankal al met die merk van die dier, gemerk, sodat hulle van die begin van hulle gekiedenis in die negentiende eeu af al, met hierdie harde feite GEKONFRONTEER WAS, maar daarvoor in die aangesig van die woedende draak, in vrees en aanbidding, teruggedeins het en vandag die braafste Tempeliers-ordes van die pous uitmaak. [Hoeveel Adventiste weet DIT? NUL!]

 

Maar nou het ek so lekker uitgevaar, ek het vergeet om eers klaar te gemaak het.

 

Al wat nou oorbly, is om te gaan kyk wat hier: Mk, Mt, Lk ......................., ingevul moet word.

 

Goed dan:

 

[_“Hulle moet die vleis eet: in daardie nag, gebraai op oop vuur, net so, en, met ongesuurde brood daarmee saam.” Eks12:8._]

 

Mar 14:12 "..En op die eerste dag van die ongesuurde brode ..........”
Mat 26:17 "..En op die eerste dag van die ongesuurde brode ............”
Luk 22:7 "..En die dag van die ongesuurde brode het gekom ............”

Joh 13:1 "..En voor die fees van die pasga .............”

 

Of kom ons eers:

 

1)  Mar 14:12 "..En op die eerste dag ............ wanneer hulle gewoonlik die pasga geslag het ............”

2)  Mat 26:17 "..En op die eerste dag van die ............”  Pasga ........... 

3)  Luk 22:7 "..En die dag ..................... waarop die pasga geslag moes word” .


.......................
 

soos reeds aangetoon, IS GELYK AAN:—

Joh 13:1 "..En VOOR die fees van die pasga /  VOOR die pasga-Feesdag(groot-dag-sabbat) .............” = “die Voorbereiding van die Pasga”, Jh19:14 . . . . .

 

Dan MOET (en dis jou dilemma) mos:—

 

a)  Mar 14:12 "..En op die eerste dag ............ wanneer hulle gewoonlik die pasga geslag het ............”

b)  Mat 26:17 "..En op die eerste dag van die ............”  Pasga ........... 

c)  Luk 22:7 "..En die dag ..................... waarop die pasga geslag moes word” .

d)  Joh 13:1 EN 19 EN 29-30  "..En voor die fees van die pasga .............”

GELYK WEES AAN:—

e) Mar 14:12 "..En op die eerste dag van die ongesuurde brode ..........”
e) Mat 26:17 "..En op die eerste dag van die ongesuurde brode ............”
e) Luk 22:7 "..En die dag van die ongesuurde brode het gekom ............”

e) . . . . . (Joh 13:1 EN 19:31) ‘die FEES(-groot-dag-sabbat) van die pasga’ . . . . . .

MAAR DIT IS NIE!

 

Dis soos in ‘n algebraïese vergelyking, waarvoor die leerling 0 uit 10 gaan kry: want waar Y=Z en a=Y en b=Y en c=Y en d=Y en e=Y, dan moet a=b=c=d=e=Z wees; maar die leerling wil dat dit iets anders sal wees, nóg a, nóg b, nóg c, nóg d, nóg e nóg Z, maar ‘X’. Gaan die Evangelie-skrywers hierdie maklikste van algebraïese vergelykings dop soos die leerling dit regverdiglik, gedop het? Nee, die vertalers gaan hulle vertalingstoets, hopeloos dop. Want hulle het die waarde ‘X’ waar die ENIGSTE waarde, ‘Z’ is.

 

Die vertalers se ‘X’-waarde, is:

X in Mar 14:12 = "..En op die eerste dag van die ongesuurde brode ..........”
X in Mat 26:17 = "..En op die eerste dag van die ongesuurde brode ............”
X in Luk 22:7 = "..En die dag van die ongesuurde brode het gekom ............”

[_In Joh 13:1 EN 19:31, ook, ‘ongesuurde brode’. Hulle kyk die woord “voor”, ‘die FEES(-groot-dag-sabbat) van die pasga’ mis of hulle kyk hom nie mis nie. Hulle verskil onder mekaar._]

. . . . .

terwyl ALMAL, die ‘Z’-waarde behoort te hê van:

Joh 13:1 "..En VOOR die fees van die pasga /  VOOR die pasga-Feesdag(groot-dag-sabbat)” = “die Voorbereiding van die Pasga”, Jh19:14.

 

Waar lê die FOUT? Hier:—

 

Z≠In Mar 14:12 "..En op die eerste dag van die ongesuurde brode..........”
Z≠In Mat 26:17 "..En op die eerste dag van die ongesuurde brode............”
Z≠In Luk 22:7 "..En die dag van die ongesuurde brode het gekom ............”

 

WANT:—

 

Z=in a) Mar 14:12 "..En op die eerste dag van die ont-suurdeeg-ing..........”
Z=in b) Mat 26:17 "..En op die eerste dag van die ont-suurdeeg-ing............”
Z=in c) Luk 22:7 "..En die dag van die ont-suurdeeg-ing het gekom ............”

WANT:

Z=in e) Jh13:1 EN 19 EN 29-30, is:   "..En VOOR die fees van die pasga /  VOOR die pasga-Feesdag(groot-dag-sabbat)” = “die Voorbereiding van die Pasga”, Jh19:14 = “op die eerste dag van die ont-suurdeeg-ing”.

WANT: die waarde ‘Z’, word onder ‘Antwoorde’, aangetref: hier:-  

Eks12:

“15  Op die heel eerste dag (die veertiende dag van die Eerste Maand (6)), moet julle suurdeeg uit julle huise uit verwyder; hy wat gewone brood gaan eet op hierdie dag tot die sewende dag toe, moet sekerlik, doodgemaak word.”

 

Sodat:—

 

Z=In d) Joh 13:1 EN 19 EN 29-30  "..En voor die fees van die pasga .............”

 

Is gelyk aan:—

 

Mar 14:12 "..En op die eerste dag van die ontsuurdeeg-ing (Nisim 14, met die AAND-BEGIN van die dag (17)), WAT hulle gewoonlik die pasga geslag het (die volgende ligdag laat, Nisim 14), sy dissipels vir Hom: Waar wil U moet ons gaan klaarmaak, dat _Ú_, die pasga (Nisim 14 nag EN dag) KAN / MAG / SAL eet?.." DEUR DIE DOOD, TE ‘PASGA’= TE DEURGAAN - TE, ‘STERWE’! (Pasga Nisim 14 NAG-begin; Kruisiging op Nisim 14, die volgende ligdag 9vm. tot 3nm.)

Mat 26:17 "..En op die eerste dag van die onsuurdeeg-ing (Nisim 14, met die AAND-BEGIN van die dag (20)) kom die dissipels na Jesus en vir Hom: Waar wil U moet ons vir U klaarmaak om die pasga (Nisim 14 nag EN dag) te KAN / MAG / SAL / MOET eet?.." DEUR DIE DOOD, TE ‘PASGA’= TE DEURGAAN - TE, ‘STERWE’!
(Pasga Nisim 14 NAG-begin; Kruisiging op Nisim 14, die volgende ligdag 9vm. tot 3nm.)


Luk 22:7 "..En die dag van die ontsuurdeeg-ing het gekom (Nisim 14, met die AAND-BEGIN van die dag (14)) waarop die pasga (EN Lam van God, Nisim 14 die volgende ligdag) geslag moes word.." DEUR DIE DOOD, TE ‘PASGA’= TE DEURGAAN - TE, ‘STERWE’!  
(Pasga Nisim 14 NAG-begin; Kruisiging op Nisim 14, die volgende ligdag 9vm. tot 3nm.)

 

Is gelyk aan:—

 

Joh 13:1 "..En voor die fees van die pasga (Nisim 13) het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy (die pasga Nisim 14 nag EN dag KAN / MAG / SAL / MOET eet en) uit hierdie wêreld sou OORGAAN – ‘PASGA na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe.." DEUR DIE DOOD, TE ‘PASGA’= TE DEURGAAN - TE, ‘STERWE’! (Slegs n maaltyd op Nisim 14 NAG-begin; Kruisiging op Nisim 14, die volgende ligdag 9vm. tot 3 nm.)