Professore Hennie Stander en Jan van der Watt uitgedaag vir die leuenaars wat hulle is! 

 

(Intussen is hierdie brief aan RSG gestuur maar deur hulle geïgnoreer. Intussen is hierdie brief op Kletskerk geplaas, maar dit het geheimsinnig, verdwyn. Tot die moderator van Kletskerk, Jean, sê hy weet niks daarvan af nie ....)

 

Op Sondagaand 24 Mei 2009, toe alle RSG-luisteraars nadat hulle die hele dag lank vir die Verkondiging vergaderd was en nog om die radio gesit en luister het, het Professore Hennie Stander en Jan van der Watt hulle so tussen 6.30 tot 7.30 nm. vertel hoe die vroegste Kerk, nié gelewe het nie.   

 

Nou stel jou die aantal luisteraars voor: dit was seker die getroustes – en die meeste van hulle.  Stel jou voor watse mense was dit wat so in afwagting gesit en luister het: die opregstes onder die opregstes van Christen-mense!  Mense wat seker hulle lewe lank nog na Afrikaanse, Sondag-radio luister: bejaardes by verre.  Daar was seker nie baie jongmense wat geluister het nie; ek meen, min, want die hele land se bevolking het televisie gehad om na te kyk, of Engelse radiostasies – dié paartjies wat nie met duisende moontlike ander dinge van die wêreld as radio en televisie, besig sou wees nie. Nogtans meen ek, só, óm hulle radiotjies, het die meeste opregte Israeliete in die land in wie daar geen bedrog is nie, gesit en wag om die Boodskap te hoor. Toe het die professore hulle toegespreek van half sewe af tot sewe uur – was dit?  Baie soos twee duisend jaar gelede, toe enkele dissipels nog op Saterdagaand bymekaar was, en Paulus tot middernag, en daarna tot dagbreek toe, nog met hulle gesels en verkeer het.

 

Daar is niks nuuts onder die son nie. Dinge het nie baie verander sedert twee duisend jaar gelede nie; behalwe vir Christelike sedes. Spesifiek die sedes en morele waardes van die Christelike leraars.

 

Ek meen, hier vertel die Professore ons hoe die Christene met hulle destydse wêreld verskil het; dat hier nou mense is wat in kuisheid in ‘n wêreld van onkuisheid lewe – onder andere; vertel hulle oor die radio.  Dit ly by my geen twyfel dat die here ook sou kon genoem het dat hier nou – in ‘n wêreld waar lieg, oorlewing beteken het –  mense is wat die waarheid liefhet en letterlik om die dood nie sou lieg nie. Want dit was hoe die Christene was, en hoe opvallend hulle teen die res van die mensdom in karakter uitgestaan het. ‘n Paartjies in ‘n bo-kamer bespreek die Here Jesus se werk op aarde, en om hulle gaan die hele mense-menigte aan in hulle gewone gang.  Soos die mense in die dae van die dorp se malle, Noag, op Saterdagaande getrou het, en gerumoer en gebras het tot watter ure van die nag.  Sit hier, agt eensame siele in die lig wat baie sulke flou ou olielampies vir hulle gooi, nog steeds om reisplanne bymekaar en bespreek hulle hulle planne in die werk van die Here.  Wat ‘n kontras met die plesier- en winsjagters van die ‘werklike’ lewe! 

Vir absoluut vanselfsprekende feit vertel Prof. Hennie Stander, gaan hy nie vanaand na die baie “preke gelewer op Opstanding-Sondag”, verwys nie. (Ek kan nie sy presiese woorde oor hóé algemeen hierdie “preke gelewer op Opstanding-Sondag” was, onthou nie, maar dit was volgens hom algemene en gereëlde Christelike praktyk.) Maar om te illustreer hoe belangrik die Opstanding vir die eerste Christen-gelowiges was en hoe sterk aanbidding op Sondag, op Jesus se opstanding op Sondag, gerus het, noem hy Justinus wat in die jaar 150 n.C. skrywe van hoe ons almal op Sondag bymekaar gekom het omdat Christus op Sondag opgestaan het. 

 

Hoe kan mens hom of hulle antwoord?  Skryf ek ’n brief aan RSG, weet ek uit ondervinding ek kan hom skryf en eerder opfrommel en in die vuile, stinkende Jukskeirivier hier onderkant my, loop gooi. 

 

Gaan jy self na die Universiteit toe om hom of hulle te gaan sien, is dit : Nie op kantoor nie.  Los jy vir hom stelle boeke, besluit sy bibliotekaresse, of vertel hy haar, dis snippermandjie toe.  Skryf jy vir Rapport, antwoord hulle jou hulle plaas nie briewe wat aan ‘n ander adres as Rapport gerig is nie.  Vat jy helaas vir hom jou antwoord na sy huis toe, het hy na Australië verhuis.

 

Die almag van die media!  

 

Hou julle bekke; die Here spreek!  Dis die Christelike geloof en godsdiens van vandag!  Dit is Protestantisme vandag!   Dis ‘Gereformeerde’, ‘Hervormde’, ‘Kerk’, vandag.  Die onaantasbares!

 

Maar uit die kerker soos in daardie aria van Verdi, sal ek my sê sê, en julle Professore sál hoor en luister!  Want ek vertel hier aan elke Christenmens wat Afrikaans praat:  Pasop vir die Fariseërs; en gaan lees maar self Matteus 23.  Want hulle is leuenaars. Want “preke gelewer op Opstanding-Sondag” is ‘n leuen; daar is nie een enkele preek gelewer op Sondag in die Nuwe-Testament nie.  En ‘Opstanding-Sondag’ is hulle aartslieg; want Christus het uit die dood opgestaan “In volle Sabbatsligdag mid-namiddag vóór die Eerste Dag van die week”.  Dít is wat in Matteus 28:1 gestaan het totdat die einste Justinus die Martelaar dit verander het in: “NA die dag wat Saterdag genoem word .... OP die Sondag”.  En dit, “In volle Sabbatsligdag mid-namiddag vóór die Eerste Dag van die week” is wat (met ander woorde dalk) in die Bybel gebly staan het totdat die geleerdes soos ons twee Professore dit begin agterkom het: dat dit toe al die tyd die Sabbatdag was waarop Jesus opgestaan het.  En gister, Sondag, moes ek van die oggend tot die nag “op daardie selfde dag”, na die duiwelse onwaarheid luister, van hoe dit Sondag sou gewees het waarop Jesus opgestaan het, sodat dit juis nié die Sabbat (Saterdag) waarop Jesus opgestaan hét, sal wees nie. 

 

Net soos Abimeleg vir Dawid oor seksuele sedes te preke gehad het terwyl hy die heiligdom en die Sabbat met sy groter sedelooshede ontheilig het, net so het die Predikante gisteraand baie vroomhede oor die gelowiges se gesins- en sekslewe te preke gehad terwyl hulle die kameel van hulle Sondag-hekseroerpot soos ‘n muggie in die brousel uitgeskep en afgesluk het.