Nagmaal

 

Ek is jammer om met julle te verskil.

 

Maar daar staan nêrens geskrywe dat die Nagmaal "oop", is nie.

 

En Nagmaal sou sekerlik op “onbehoorlike wyse” geneem word, sou die Kerk sommer enigeen die tafel laat aansit, al kom hy met watter mooi ‘belydenis’. Die Nagmaal is vir die GEMEENTE - dit is - vir húlle alleen wat werklik aan mekaar behoort in Christus in daardie plek en geleentheid van deelname.

 

Ek kan my byvoorbeeld nooit met die gedagte versoen kinders kan aan die Nagmaal deelneem nie. Nie eers mens se doop is 'kwalifikasie' nie. Nagmaal is nou wat genoem behoort te word die 'sakrament vir gelowiges'. Nie dat 'n kind nie kan glo nie of nog nie die kind van God kan wees nie – immers, God se kinders is van ewigheid af reeds sy uitverkore kinders. Maar geen KIND KAN WEET wat dit is waar Jesus “die Koninkryk van My Vader” — die Koninkryk van Sy hellesmart en doods-neerdaling tot triomftog in opstanding uit die dood as die Christus van God, deurgegaan het nie. Ook geen volwassene kan dit ten volle ken nie. Maar die volwasse Christen-mens sal meer waarskynlik al self geworstel het met die geloof omtrent Jesus se Pasga of “Deurgang”. Die kind wat oud genoeg geword het om self iets van Christus se Smarte-Koninkryk aan te voel – wat dalk al begin dink het oor die volharding van die gelowiges –, begin moontlik ryp word om aan die tafel te mag aansit.

 

Aldus: hoe sal die Gemeente kan weet of die vreemdeling of buitestander iets van hierdie “Koninkryk van my Vader” af weet, dat hulle hom sondermeer sou uitnooi om die Here se Maaltyd te eet? Een van die Gemeente van Christus-wéés, is daarom allerbelangrik vir deelname aan die Nagmaal.

 

Want Christus by sy Ingang tot, in sy Deurgang van, en aan sy Uitgang uit smartervarende, doodservarende, sondeversoenende Stérwe— dáár waar Hy Die Pasga éét en Die Beker drínk deur Sélf die Brood van sy liggaam en die Wyn van sy bloed te wéés, is die essensie en inhoud en sin van die Christelike Nagmaal. Daaraan begeer my siel deelname.

 

Tweedens:

Die Roomse afgodsoffer, die ‘transubstansiële’ koekie en wyn, is Godslasterlik.  Waar kom hierdie skryende skande vandaan? Dit kom van onder andere die mistasting dat die Voornaamwoordelike sinsnede, “Dit is”, op die brood en wyn van die Nagmaal slaan. Waar Jesus dus verklaar, “Neem! Eet! Dit is My Liggaam”; “Drink almal daaruit! Dis is My Bloed”, sê die dier, éét jý, die vlees, en drínk jý, die bloed van Jesus, want die brood word die liggaam, en die wyn word die bloed van Jesus.  Maar hulle verag die Woord wat spreek: “Omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en Hom openlik tot skande maak.

 

Waarop wys die woorde “Dit is My Liggaam .... dit is My Bloed”, dan? My oortuiging is, “dit is” die Hoof, die lede én die handeling tesame en as Eenheid as die Kerk wat “dit is”.  Moet julle nie laat oordeel of veroordeel in spys of drank of (Christus-)Fees nie .... want die Liggaam is Christus se Eie .... terwyl julle aan die Hoof verbind en uit die Hoof – die hele Liggaam – gevoed word (“nourishment being ministered”) en deur gewrigte en verbindinge ondersteuning ontvang en saamgebind word, en so, met Goddelike groei, groei en groot word.  

 

Daarom verklaar Paulus, “Wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ‘n oordeel oor homself : omdat hy die Liggaam van die Here (“Die Liggaam van Christus se Eie”) nie onderskei nie. 

 

Waar Jesus sy dissipels beveel: “Neem eet! .... Drink almal daaruit! .... want dit is My Liggaam .... want dit is My Bloed”, veronderstel Hy die hele opset van die Hoof, Christus, die Liggaam van Feesvierendes, en die handeling van “Ete en Drinke”, “Die Maaltyd van die Here”, dit is, van Kerk-wéés!  Niemand anders as die Here se Liggaam durf aan die tafel van die Here aansit nie. “Of verag julle die Gemeente van God?

 

Want “die tafel” is die tafel en “Maaltyd van die Here” en van die Liggaam en die Bloed van Hóm wat “volgens wat bepaal” was, in sy “Heengaan”, “in die Koninkryk van My Vader”, Sý “Pasga” van hellevaart en Sterwe én van Deurgang in die Graf en Uit- en Ingang deur Opstanding uit die dode, Sý “Pasga”, wat Hy “vuriglik begeer het om saam met julle”, “die Liggaam van Christus se Eie”, “te eet”, geëet hét.  Op alverdienstelike ‘wáárdige wyse’, éét die Christus die Maaltyd van die Here, drínk Hy die Beker en ís Hy die Pasga van God en die Brood en die Bloed van die Nuwe Verbond en Maaltyd van die Here.  Gód-en-Hére-“in-sy-Rus-ingegaan” — “toe God Hom opgewek het uit die dode en aan die regterhand van God in hemelse heerlikheid geplaas het en as Hoof bo alle dinge gegee het aan die Gemeente wat Sy Liggaam is.   Die Brood en die Water wat die Volk van God uit Egipteland en deur die woestyn en deur die Dooie See en oor die Jordaan tot in die Land van die Belofte neem— “Neem eet! Drink! Want dit is die Lam van God se Pasga, en die Bloed van sy Lyding en Segetog in die Koninkryk van die Vader en van Sy Heerlikheid en Verheerliking: Onse Here Jesus Christus, “wat julle gekruisig het maar God, opgewek het”. Amen. 

 

God alleen ken die hart, terwyl niemand die ander mag wantrou nie, maar mekaar in geloof ook in mekaar, moet ondersteun en tot die eenheid van die Liggaam van Christus moet saambind.

 

En laat ons nooit vergeet nie, die Dag deur God Bepaal “as julle saamkom in die Gemeente .... sodat die beproefde openbaar kan word”, en daar nie onder julle skeuringe en partyskappe sal wees nie.

 

Neem dit op soos u wil, maar ek sien hierin alles wat in God se verlede en hede, ‘beproef’ en ‘waardig’ ‘bewys’ is: Die brood en die wyn van die liggaam en die bloed van ons Here Jesus Christus

1)  in sy Pasgasegetog deur die Koninkryk van sy Vader,

2)  wat die Liggaam van Sy Eie, die Gemeente,

3)  met ete en drinke van Christusfees en Maaltyd van die Here

4)  as julle bymekaarkom, op Sabbatttefees vier. 

.... net soos toe God “op die Sewende Dag” klaargemaak het en in die Seun van al sy werke gerus het; en toe Hy Hom “op die Sabbat” uit die dode opgewek het, en van al sy werke gerus het.

 

 

 

http://www.biblestudents.co.za