“Wás opgestaan”, óf, “Hét opgestaan”
Roy
Davison:
“Toen Hij des morgens vroeg op de eerste dag der week opgestaan
was ...” In alle vier Evangeliën, zonder uitzondering, wordt
er vermeld dat Jezus op de eerste dag van de week uit het graf is opgestaan!”
GE:
Wys dit! U
Die Ou Afrikaanse Vertaling het op die
Statevertaling se in hakies “(Na) Sabbats” staatgemaak vir sy eie “Lank
na die sabbat”. Hierdie verregaande flater sou eers ’n halwe eeu later met
’n nog uitdagender blaps ‘reggestel’ word, toe die NAB (Ek wil nie eers die
afkorting uitskryf nie; dit voel te lasterlik.) vorendag gekom het met: “Na
die Sabbat, toe dit die Sondagmôre begin lig word ...”.
Net
Matteus van “alle
vier Evangeliën”, vermeld (by implikasie) die opstanding van Jesus
– die ander vertel alleen van die vroue se besoeke
aan die graf, en Jesus se verskynings
bepaald op die dag NA die Sabbat— die Sabbat tevore naamlik waarop Jesus
alreeds opgestaan hét— die Sabbat waarná, vanselfsprekend op die Eerste Dag van
die week, daar eers verskeie besoeke aan die graf plaasgevind het, en uiteindelik
na die besoeke, die Verskynings, Sondagoggend ná sonop, “Vroeg, op die Eerste dag van die week, eerste, aan Maria Magdalena”, en
na haar, aan ander vroue tesame, volgens Mt28:5-10, terwyl hulle op pad was om
die dissipels te gaan vertel wat die engel aan hulle “verduidelik het” wat “Sabbatstyd” die dag tevore, gebeur het toe daar “Skielik ’n groot aardbewing was, net toe (die Maria’s) vertrek het om na
die graf te gaan kyk het”, maar hulle duidelik in hul voorneme gedwarsboom
was, en toe nooit by die graf kón uitgekom het nie. (Let op dat die engel nie
die Maria’s in die Tweede Persoon aanspreek nie, want Maria Magdalena was nie
hierdie keer by nie – Jesus het klaar aan haar verskyn, en sy is nou seker by
die dissipels, besig om hulle te vertel “dat sy die Here gesien het”,
Jh20:18.)
Sondag-heiligheid is afgodediens! Dit leer mens
lieg soos niks; jy kom nie eers agter jy lieg agter ander aan nie. Maar Calvyn
het die waarheid geleer: Dat Jesus op die Sabbatdag opgestaan het. Ek staan by
die Gereformeerde Leer! Ú, het die Gereformeerde Leer sowel as Gereformeerde
Vertaling, vaarwel toegeroep!
Roy
Davison:
1. “En
op de sabbat rustten zij naar het gebod” (Lucas 23:56). Dus gingen de vrouwen
pas NA de sabbat naar het graf.
2. “En op de eerste dag der week ging Maria van Magdala vroeg, terwijl het nog
donker was, naar het graf en zij zag de steen van het graf weg-genomen” (Johannes
20:8). “Toen het dan avond was op die eerste dag der week en ter plaatse, waar
de discipelen zich bevonden, de deuren gesloten waren uit vrees voor de Joden,
kwam Jezus en stond in hun mid-den en zeide tot hen: Vrede zij u!” (Johannes
20:19). De sabbat eindigde te 18 uur. Aangezien het 'nog donker was' moest het
op de eerste dag van de week zijn.
3. “Toen Hij des morgens vroeg op de eerste dag der week opgestaan was,
verscheen Hij eerst aan Maria van Magdala, van wie Hij zeven boze geesten
uitgedreven had” (Marcus 16:9).
Duidelijker
GE:
Duideliker
kan dit nie wees nie dat die opstandingsdag van Christus vóór die Eerste Dag
van die week was— wat die Sewende Dag Sabbat was.
U
bewering, “Duidelijker
Oor “1. “En op de sabbat rustten
zij naar het gebod” (Lucas 23:56). Dus gingen de vrouwen pas NA de sabbat naar
het graf.”
Lukas –
na wie u verwys – vertel hierso, niks omtrent die Opstanding nie. Hy vertel
niks, van vroue wat na die graf gaan nie, maar wat van die graf af weggaan. Hy
vertel niks, van “pas
NA de sabbat” nie,
maar van heelwat vóór die Sabbat, Vrydag na die middag, Engels, ‘after noon’.
U verwar Lk23:56 met Mk16:1, so lyk dit vir my. Wat u sê, is nogtans gans
verwarrende versinsel en van gener waarde.
Volgens
Lk24:1 eers, gaan die vroue –NA die Opstanding– na die graf, en vind dit: Léég,
EN, verlate! Duideliker
Oor u
opmerking: “2. “En
op de eerste dag der week ging Maria van Magdala vroeg, terwijl het nog donker
was, naar het graf en zij zag de steen van het graf weg-genomen” (Johannes
20:8). “Toen het dan avond was op die eerste dag der week en ter plaatse, waar
de discipelen zich bevonden, de deuren gesloten waren uit vrees voor de Joden,
kwam Jezus en stond in hun midden en zeide tot hen: Vrede zij u!” (Johannes
20:19). De sabbat eindigde te 18 uur. Aangezien het 'nog donker was' moest het
op de eerste dag van de week zijn.”
Hier gooi
u twee onverwante tekse saam, Lk24:1
en Jh20:1. U raak dan geheel en al verward en verwys sommer verkeerdelik na “(Johannes 20:8)”. Wat u daarmee sou bereik, sal
niemand weet nie (maar gehoop niemand sal nagaan nie?). Want nóg Lk24:1 nóg Jh20:1
vertel iets omtrent die tyd of dag waarop Jesus opgestaan het. Nie een selfs, vertel
van 'n verskyning van Jesus nie. Allengs, uit beide tekse is dit slegs moontlik
om af te lei dat Jesus al die vórige dag, op die Sabbatdag naamlik, opgestaan hét.
U
verklaring van die implikasies in Jh20:19a ten opsigte van die dagsbereking,
klink streng letterlik, reg; maar
omdat u geensins die idiomatiese of
dan alledaagse taalgebruik in ag neem nie, skep u net probleme waar daar
eintlik geen probleme hoef te gewees het nie. Want Sondag na sononder volgens Romeinse siening van tyd, is wel nog
Sondag. Streng volgens Joodse en Bybelse siening van tyd egter, is die aand
na sononder die Eerste Dag, reeds die Tweede Dag van die week. So is dit dan ook dwarsdeur die Evangelie van
Johannes duidelik dat Johannes, onder kulturele
invloed, tyd ‘Romeins’, ‘tel’, terwyl die ander en – vroeëre – Evangelies se
tydsberekening nog ‘Joods’ en ‘Bybels’ of te wel ‘Ou-Testamenties’, is. Maar
verstaan mens Johannes doodgewoon “volgens Joodse en Bybelse siening van
tyd, dat die aand na sononder die Eerste
Dag, reeds die Tweede Dag van die
week is”, is daar geen probleem om “Toen het dan avond was op die eerste dag der week en
ter plaatse, waar de discipelen zich bevonden” as synde reeds die Tweede Dag van die week op te
vat nie. Dis ’n tegniese, volksmondige, taalkundige puntjie sonder enige invloed hoegenaamd op die
feit van die “helder-oordag” opstanding van Jesus “op die Sabbatdag”— soos die Grieks (‘opse de
sabbat-oon epi-foos-k-oes-ei’) letterlik én idiomaties bevestigend verklaar.
Oor u
opmerking “3: Toen
Hij des morgens vroeg op de eerste dag der week opgestaan was, verscheen Hij
eerst aan Maria van Magdala, van wie Hij zeven boze geesten uitgedreven had”
(Marcus 16:9).”
Enigste Werkwoord van die sin, is “Hy het verskyn” (verscheen Hij) – NIE, “opgestaan was” nie, want “opgestaan was” is 'n Deelwoord. 'n Deelwoord
vertel HOEDAT Jesus “verskyn het” : “VERRESE, het Hy verskyn, vroeg, op die Eerste
Dag van die week”.
Dit was relatief 'lank' NADAT Hy “Laat Sabbatstyd synde voldag, VOOR die Eerste
Dag van die week”,
Mt.28:1, opgestaan het. Dat Jesus “op die Sabbat”, opgestaan het, is wat Mt.28:1 met
soveel woorde verklaar, al noem dit
nie die Opstanding as sodanig nie. So, bowendien, sou dit wees, en was dit
volgens die Profetiese AARD van die Sewende Dag Sabbat, dwarsdeur die Skrifte;
want dit was wat die Sewende Dag Sabbat “volgens die Skrifte” eskatologies ingehou het!
Roy
Davison:
Deze
(“Toen
Hij des morgens vroeg op de eerste dag der week opgestaan was, verscheen Hij
eerst aan Maria van Magdala, van wie Hij zeven boze geesten uitgedreven had”
(Marcus 16:9)) is een juiste vertaling van de grondtekst en in deze tekst
verklaart de H.G. duidelijk dat Jezus op de eerste dag van de week opstond.”
GE:
Hierdie, (“Toen Hij des morgens vroeg
op de eerste dag der week opgestaan was, verscheen Hij eerst aan Maria van
Magdala, van wie Hij zeven boze geesten uitgedreven had” (Marcus 16:9)) is
inderdaad “een
juiste vertaling van de grondtekst”, maar u vergis u deeglik dat “in deze tekst de H.G. duidelijk
verklaart dat Jezus op de eerste dag van de week opstond”! U verstaan eenvoudig gladnie ‘deze juiste vertaling van de
grondtekst’ nie.
Die enigste
Werkwoord van die sin is “Hy het verskyn” (verscheen
Hij) – NIE, “opgestaan was” nie, want “opgestaan was” is 'n Deelwoord. 'n Deelwoord
vertel HOEDAT Jesus ‘verskyn het’ : “VERRESE, het Hy verskyn, vroeg, op die Eerste
Dag van die week”.
U plaas
die Bywoord van Tyd by die Deelwoord, en verwyder dit so van die Werkwoord
waarop dit van betrekking behoort te wees. “Nadat HY opgestaan was, het Hij, des morgens
vroeg op de eerste dag der week, eerst aan Maria van Magdala verscheen”, is wat die Woord van God, ‘duidelik
verklaar’. Wat u doen, is téén wat “de H.G. duidelijk verklaart”. U besef duidelik nie die erns
van wat u doen nie. Jesus het nié, “Toen des morgens vroeg op de eerste dag der week”, opgestaan nie, maar Jesus “was”, “toen
opgestaan”. U, om u
eie agenda ontwil, wurg uit die Vertaling nog meer as wat dit so gebrekkig as
wat dit is, aan die afperser sou kon afgestaan het.
“Opgestaan was”, is nie ’n Indikatiewe Werkwoord nie, maar ’n Deelwoord
–‘Partisium’– die ekwivalent van die Grieks, ‘anastas’. Die Bywoord van
Tyd het dus nie in die eerste plek op “opgestaan was” toepassing nie, maar op “verscheen Hij”. In Afrikaans moet mens sê, “Verrese, het Hy vroeg
op die Eerste Dag verskyn”.
Natuurlik ‘was’ Jesus “morgens vroeg op de eerste
dag der week”, ‘opgestaan’, want só, ‘opgestaan (was)’ –in hoedanigheid van ‘verrese’
te gewees het– het Jesus “morgens vroeg op de eerste dag der week eerst aan Maria van
Magdala verscheen”. Dit sê nie dat Jesus “des morgens vroeg op de
eerste dag der week opgestaan” ‘het’ nie, maar impliseer dat Hy reeds van die vorige dag af al, “opgestaan was”.
Roy
Davison:
Een
letterlijke vertaling is: “En verrijzende vroeg op de eerste dag van de week
verscheen hij aan...” Zowel de verijzennis als de verschijning waren op de
eerste dag van de week.
GE:
“Verrijzende ... verscheen
hij” is GEEN
vertaling van die Grieks nie, wat nog “een letterlijke vertaling”!
Die teenswoordig-durende “verrijzende”, sou uit ’n Presens of moontlik nog uit ’n Imperfektum
vertaal kon word. Maar die Aoristos gee géén DURENDE aspek
van ’n Werkwoord aan nie. Die Voltooide
Verlede Tyd vertaal die Aoristos heel beste. Die Aoristos bevestig die
PUNKTUELE ‘Aspek’ van VOLDONGE OORGANG in toestand, dus altyd Voltooide Verlede
Tyd vir die Aoristos!
Die Aoristos Partisium ageer
eweveel Adjektief as Adverbiaal. Adjektief – dit beskrywe die Onderwerp,
Jesus – hoe “Hý, verskyn het”, nl., “As die Opgestane Een
het Hy verskyn”. Adverbiaal – dit beskrywe die Werkwoord, “het verskyn” – hoe Jesus verskýn het: “Verrese het Hy verskyn”.
Dit is as
sodanig in die Werkwoord van hierdie sin agerende dat “Hy (Jesus) verskyn het”
– nie dat Hy (‘toen’) opgestaan het nie. Jesus was nie besig om op te staan toe Hy verskyn
het nie. Alle feite en faktore in die vier Evangelies vermeld, getuig daartéén.
Jesus het nié soos wat Hy opgestaan
het, ook verskyn nie; dit is onwaar. Lees maar net Jh20 van vers 11 af. Daar is
nog baie ander onderskrywende faktore en feite vir my ontkenning.
Vir die
DURENDE, Teenswoordige, Tydsaspek, “verijzende verscheen hij”, sou die Teenswoordige Tyd van
'n Indikatiewe Werkwoord vereis gewees het, of dalk ’n Imperfektum— wat nóg
sintakties, nóg feitelik, die geval is.
“Verrijzende ...
verscheen hij”,
sê baie meer as “Zowel de verijzennis als de verschijning waren op de
eerste dag van de week”! Dit sê sowel de verrysenis as die verskyning was op dieselfde oomblik – iets wat geheel en al
onmoontlik is in die lig daarvan dat niemand geweet het dat Jesus opgestaan het
nie. Niemand het Hom gesien opstaan nie. Verrysenis en veskyning was heeltemal
afsonderlike gebeurtenisse, van en op afsonderlike dae! Die Evangelies gee nie
om dowe neute veskillende tye vir elk, Opstanding, en, Verskyning, aan nie.
Verskillende persone; verskillende terminologie; verskillende besonderhede soos
met betrekking tot engele, die graf, natuurlike omstandighede – en dan logies,
kronologies én, ‘teologies’, verskillende
gebeurtenisse en verskillende dae.
Vir die
Teenswoordige, DURENDE Tydsaspek van die oomblik,
“verijzende”, sou die Teenswoordige Tyd van
'n Indikatiewe Werkwoord (of die Teenswoordige Tyd van ’n Deelwoord), vereiste
wees! Die Indikatiewe Werkwoord van die
sin as sodanig, is egter agerende in, “Hy het verskyn”. Die Verrysenis van Jesus daarenteen, word gladnie eers na verwys nie;
dit is slegs geïmpliseer in die ‘hóé’,
van Jesus se verskyning, naamlik “as die Verresene”.
“In Sabbatstyd” egter – Genetief van Soort en
Behorenheid na tyd, vertel Matteus
ons (nie Markus nie) – “was
daar ’n groot aardbewing”;
nie tegelykertyd met Jesus se Verskyning
wat eers die volgende oggend – Sondagoggend (volgens Markus) – plaasgevind het nie.
Maar “Laat Sabbatstyd synde
ligdag in volheid, VOOR die Eerste Dag van die week” (Mt.28:1) het Jesus opgestaan.
Dit is die tyd én dag wat die teks met soveel woorde verklaar; en dit is wat die Profetiese AARD van die Sewende Dag
Sabbat dwarsdeur die Skrifte eskatologies
ingehou het!
Roy
Davison:
De vrouwen
rustten volgens het gebod op de sabbat. Dus kon het alleen NA de sabbat zijn
dat zij naar het graf gingen. EPIFOOSKOUSEE betekent “bij het krieken” van de
eerste dag van de week of “toen het licht aan het worden was”. Dit was bijna 12
uur na de sabbat!!!
GE:
Dit was byna drie ure méér as 12 ure ná die Sabbat en die Opstanding! “Dus kon het alleen NA de
sabbat zijn dat zij naar het graf gingen” ... is dit nie eienaardig nie!?
“EPIFOOSKOUSEE betekent”, daarom ‘NIET’, “bij het krieken” van de eerste dag van de
week of “toen het licht aan het worden was”, maar net wat dit in konteks en volledig, sê, naamlik: “In volheid ligdag synde
van-die-Sabbat”.
Dieselfde
woord “EPIFOOSKOUSEE” vind u aangewend waar Josef die
graf toemaak en die vroue toe vertrek het om Sabbatsvoorbereidings te gaan doen
15 ure vóór die volgende môre sonop en “in-vol-dag-lig-synde”: letterlik ‘epi-foos-k-ous-ei’.
“Dit was” toe, nie naastenby ‘bijna 12 uur na’ die Vrydag nie, maar eenvoudig “namiddag”
OP Vrydag, “vóór die Sabbat / die-Sabbat-aan-skynend” – “sabbaton”
Akkusatief. Dit is dan ook maar niks
anders as wat 'epifooskoesei' LETTERLIK én idiomaties in Mt28:1 beteken nie: “epi”=“in/na/neigend”-“foos”=“lig/dag”-“oes”=“synde/wees”-“ei”=“in/met”—
dit is, gewoon, “namiddag”; of dan, “opse”=“laat, middag / vol / ryp / lig / dag / namiddag / met-lig-synde-na”
of “op die
Eerste Dag toe / aan”,
Akkusatief, “eis mian (hehmeran) toon Sabbatoon”: NIE, “OP die Eerste
Dag” nie; nooit nie! Dit sou in elke moontlike en onmoontlike opsig, verkeerd, onwaar, en onmoontlik, gewees
het. En byna elke nuwe ‘Vertaling’ en ‘Edisie’ (‘Version’) van die Nuwe
Testament gaan uit sy pad uit om hierdie leuen gediend en gedwee te wees!
Selfs die
Engels, “dawn”, van die KJV, het die betekenis van ‘vooraand’ – soos in
u eie taal, asook in myne – eenvoudig die VOORAF-TYDVAK “tot” (‘eis’) enige nog
toekomstige tydperk – in die geval van Mt.28:1, die toekomstige tydperk van die
Eerste Dag van die week, KJV: “… dawn towards the First Day”.
“Het woord 'voor'”, STAAN, wel “in
het Grieks”:
(1) “EIS
mian sabbaton”.
Die gedagte van “vóór die Eerste Dag”,
STAAN boonop, in die Grieks, bevat in
(2) die
Akkusatief; STAAN boonop, bevat in
(3) die
Voorsetsel ‘epi’ – ‘na ... toe / op ... aan’. Drie maal.
Net so
STAAN die woord “OP die Sabbat” dáár in die Grieks in Mt.28:1
deur middel van die gebruik van
(1) die
Genetief, ‘sabbatoon’: “Op die Sabbat / Sabbats”;
Net so
STAAN die gedagte van “OP die Sabbat”
dáár, d.m.v.
(2) die
Bywoord ‘opse’, “laat” – “Laat (op) die Sabbat”, STAAN dit daar, deur
(3) die Voorsetsel
‘epi-’, ‘op / in / met / na ... toe / op ... aan’; STAAN dit daar,
deur
(4) die
Datief ‘-ei’, ‘epifooskoesei’. Vier
maal.
Niemand
in die wêreld staan ’n
In u
artikel “Aanbidt
God” haal u Kolossensiërs
3:16 aan as sou dit aandui dat die Gemeente “op de eerste dag van de week” ‘saamgekom’ het. Die gedeelte
dui egter niks van die aard aan nie! Net
so, Hd. 2:42 en 1Kor.14:15! Nie een dui naastenby op Christelike aanbidding op
die Eerste Dag nie.
Terwyl
daar nie ’n enkele is nie, skep u eenvoudig VALSLIK die indruk van VELE
Skrifture vir Sondag-heiliging— Sondaghouers se oudste truuk! Hulle tweede
oudste truuk: Ignoreer die VELE Skrifture wat aanbidding op die Sabbat direk en indirek maar altyd
onteenseglik, aandui, dood.
Calvyn verklaar dat Hd.20:7 asook
1Kor.16:1,2 van dinge wat op die Sabbat
plaasgevind het, praat. Ek stem nie met hom saam nie; nogtans beteken nie een
van hierdie TWEE Skrifture iets vir die Eerste Dag as Christelike aanbiddingsdag
nie. Inteendeel, in werklikheid impliseer ook hierdie TWEE Skrifture Christelike
Gemeentelike aanbidding op die dag vóór die Eerste Dag van die week, naamlik,
op die Sabbatdag (Sewende Dag van die week).
Met
hoogagting, ‘Duidelijker kan het niet zijn’, Jesus Christus hét: “Op die
Sabbat” uit die dood uit opgestaan en triomfantlik op die Sabbat die Rus van
God ingegaan, en deur sy opstanding uit die dode, aan die Volk van God, “rus verskaf: Juis daarom bly onderhouding van
die Sabbatdag vir die Volk van God geld.”
Gerhard Ebersöhn
Privaatsak 43
Sunninghill 2157