“In die hart van die aarde”
Wat
beteken dit dat Christus, “soos Jona drie dae en drie nagte in die hart van die
aarde was”?
Eerstens,
Beteken dit dat Jesus vir drie dae en drie nagte begráwe, was, en dan dat Hy
‘presies’ drie dae en drie nagte – “72
ure; nie ’n minuut minder of meer nie” – begrawe was? Dat Hy dus vir langer as die ‘drie dae en
drie nagte’ (van Jona), ‘dood’ moes gewees het?
Of beteken
dit dat Jesus drie dae en drie nagte ‘dood’ was, en dan dat Hy “in drie dae” – van
sáám ‘drie dae en drie nagte’ – ‘gesterwe’ het en die dood ‘gesmaak’, ‘ervaar’
en ‘belééf’ het, om ook binne die bestek van “drie dae” – van sáám ‘drie dae en
drie nagte’ – in die dood in óór te gegaan het en binne die bestek van “drie
dae” – van sáám ‘drie dae en drie nagte’ – ook uit die dood uit óp te gestaan
het?
Want
alleen as laasgenoemde die geval was, was dit moontlik dat Jesus “in drie dae”,
“die derde dag”, “na twee dae”, letterlik “met die derde dag” en idiomaties “na
die derde dag” per definisie “op die derde dag”, kon opgestaan het.
En dan
maak dit ’n onmoontlikheid van die leuen dat Christus nadat Hy maar eers op
Vrydag gekruisig sou gewees het al op Sondag sou opgestaan het. In kort kom dit
hierop aan: Aanvaar ons die Skrif vir wat geskrywe is, of verwerp ons die Skrif
soos dit geskrywe staan? En verder kom dit nader daarop neer “om te glo alles
wat die profete gespreek het … in al die Skrifte, dié dinge wat op Hom
betrekking het.” Lk24:25b en 27b.
Let op
wat Lukas daarso sê: “Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy
heerlikheid ingaan nie?” – waarin alreeds vir ons vertel word dat sy ingang in
sy lyding, en sy deurgang deur sy lyding en sy uitgang uit sy lyding in ingang
in sy heerlikheid in, “van die begin van Moses en al die profete af” al,
“gespreek” en “vooruitgespreek / ge-pro-feteer” is. Die profete is nie alleen
aankondigers van die Christus nie; hulle is ook segsmanne vir Hom en getuig van
Hom, dat alles omtrent Hom gebeur het soos dit moes gebeur het; Hy is die
waaragtige Woord van God.
Alreeds
dan, net deur na die tydsbepalinge van oudsher en van die onmiddelike by-syn
van Christus in sy sterwe en opstanding te kyk, moet ons kan sien dat “In die hart van die aarde” op Jesus
in sy sterwe, dood én opstanding, van toepassing móét wees, en op niks anders
van toepassing kán wees nie.
Omdat die
“drie dae en drie nagte” dan in Christus in sy versoenings en verlossingswerk
deur lyding, sterwe en opstanding ‘vervul’ word, is die betekenis van “In
die hart van die aarde”, presies dit – Christus die Skrifte en sy
versoenings en verlossingswerk deur lyding, sterwe en opstanding vervullende.
Dit beteken nie Jesus ‘in die graf’, vir drie dae en drie nagte of 72 ure nie, want
daarmee saam sou die hele punt van Jesus se betoog volgens die groter konteks
van Mt12:40 juis verlore gegaan het, dat al die Skrifte, Moses and die profete,
van Hom getuig, en dat sou iemand nie die Skrifte glo nie, selfs sy eie
opstanding uit die dode daardie mens nie sal help om te glo dat Hy die Seun van
die Mens en God is nie. Die probleem het
nog niks verander nie; jy het met die Skrifte ’n probleem ou maat; nie met die
Seun van die Mens nie. Want jou geloof maak Hom nie wat Hy is, die Enige Ek Is —die
Self-Synde Self-Wesende nie; maar sou jy die Skrifte geglo het, sou ook sy Godheid
vir jou geen probleem gewees het nie.
Vandag
nog is die Skrifte die doring in die vlees van elke
ongelowige, sonder uitsondering! As dit maar die Swaard van die Woord van God
was wat deurdring tot waar dit siel en gees van gewrigte en murg skei en die
oorlegginge en gedagtes van die hart beoordeel. Dit wil sê, Het die Woord tog tussen
dood en lewe die verskil gemaak; was dit maar oor hoogmoed en waan van die
verstand die regter, dan was daar hoop.
“In die
hart van die aarde” daarom, is die ingang in en deurgang deur en uitgang uit
die dood van Jesus die Christus van God—daarom geglo, is dit vryspraak,
bekering en ewige lewe! Matteus 12:40 verder!