Deur engele Aanskou”; deur die engel van Getuig

 

Mt28:1-7 is die retoriese en dramatiese, direkte vertelling, verduideliking en getuienis, van die ooggetuie van Jesus se opstanding— die “engel van die Here”.

A)

Matteus 28:5a, en 1-4 en 5b-7:-

5 Die engel verduidelik en vertel aan die vroue:- .... 1 Op die Sabbatdag laat, in die namiddag, vóór die Eerste Dag van die week, het Maria Magdalena en die ander Maria gegaan om na die graf te gaan kyk. 2 Maar skielik was daar ’n groot aardbewing, want ’n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die klip voor die deur weggerol en daarop gaan sit. 3 Sy voorkoms was soos weerlig, en sy gewaad wit soos sneeu. 4 Uit vrees vir hom was die wagte geskud en het soos dooies neergeslaan. .... 5b Moenie bang wees nie, want ek weet julle soek Jesus – die Een wat gekruisig was; 6 Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het:- Kom kyk na die plek waar He gelê het! 7 Gaan nou gou en vertel sy dissipels dat Hy uit die dode opgewek is! Onthou, Hy gaan voor julle uit na Galilea. Daar sal julle Hom sien— nes ek het julle vertel het!”

Of:-

B)

Matteus 28:5, en 1-4 en 6-7:-

5 Die engel verduidelik en vertel aan die vroue: Moenie bang wees nie, want ek weet julle soek Jesus – die Een wat gekruisig was:- .... 1 Op die Sabbatdag laat, in die namiddag, vóór die Eerste Dag van die week, het Maria Magdalena en die ander Maria gegaan om na die graf te gaan kyk. 2 Maar skielik was daar ’n groot aardbewing, want ’n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die klip voor die deur weggerol en daarop gaan sit. 3 Sy voorkoms was soos weerlig, en sy gewaad wit soos sneeu. 4 Uit vrees vir hom was die wagte geskud en het soos dooies neergeslaan. .... 6 Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het:- Kom kyk na die plek waar Hy gelê het! 7 Gaan nou gou en vertel sy dissipels dat Hy uit die dode opgewek is! Onthou, Hy gaan voor julle uit na Galilea. Daar sal julle Hom sien— nes ek het julle vertel het!”

Of:-

C)

Matteus 28:5-6a, en 1-4 en 6b-7:-

5 Die engel verduidelik en vertel aan die vroue: Moenie bang wees nie, want ek weet julle soek Jesus – die Een wat gekruisig was; Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het:- .... 1 Op die Sabbatdag laat, in die namiddag, vóór die Eerste Dag van die week, het Maria Magdalena en die ander Maria gegaan om na die graf te gaan kyk. 2 Maar skielik was daar ’n groot aardbewing, want ’n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die klip voor die deur weggerol en daarop gaan sit. 3 Sy voorkoms was soos weerlig, en sy gewaad wit soos sneeu. 4 Uit vrees vir hom was die wagte geskud en het soos dooies neergeslaan. .... 6b Kom kyk na die plek waar Hy gelê het!

7 Gaan nou gou en vertel sy dissipels dat Hy uit die dode opgewek is! Onthou, Hy gaan voor julle uit na Galilea. Daar sal julle Hom sien— nes ek het julle vertel het!”

Of:-

D)

Matteus 28:5-6, en 1-4 en 7:-

5 Die engel verduidelik en vertel aan die vroue: Moenie bang wees nie, want ek weet julle soek Jesus – die Een wat gekruisig was; 6 Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het; kom kyk na die plek waar Hy gelê het!:- .... 1 Op die Sabbatdag laat, in die namiddag, vóór die Eerste Dag van die week, het Maria Magdalena en die ander Maria gegaan om na die graf te gaan kyk. 2 Maar skielik was daar ’n groot aardbewing, want ’n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die klip voor die deur weggerol en daarop gaan sit. 3 Sy voorkoms was soos weerlig, en sy gewaad wit soos sneeu. 4 Uit vrees vir hom was die wagte geskud en het soos dooies neergeslaan. .... 7 Gaan nou gou en vertel sy dissipels dat Hy uit die dode opgewek is! Onthou, Hy gaan voor julle uit na Galilea. Daar sal julle Hom sien— nes ek het julle vertel het!”

Of:-

E)

Matteus 28:1-7:-

“1 Toe op die Sabbatdag laat, in die namiddag, vóór die Eerste Dag van die week, het Maria Magdalena en die ander Maria gegaan om na die graf te gaan kyk. 2 Maar skielik was daar ’n groot aardbewing, want ’n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die klip voor die deur weggerol en daarop gaan sit. 3 Sy voorkoms was soos weerlig, en sy gewaad wit soos sneeu. 4 Uit vrees vir hom was die wagte geskud en het soos dooies neergeslaan, 5 het die engel aan die vroue verduidelik. Moenie bang wees nie, het hy gesê, Want ek weet julle soek Jesus – die Een wat gekruisig was; 6 Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het:- Kom kyk na die plek waar Hy gelê het! 7 Gaan nou gou en vertel sy dissipels dat Hy uit die dode opgewek is! Onthou, Hy gaan voor julle uit na Galilea. Daar sal julle Hom sien— nes ek het julle vertel het! 

Hierdie streng volgens die teks vertelling, is maar nog die beste, en maklikste om te verstaan. Mens sien voor jou geestesoog die vroue in die grafkamer, en die engel besig om aan hulle te verduidelik wat gebeur het die oomblik toe Jesus uit die dode opgewek was. Nou eers begryp hulle wat werklik plaasgevind het! Nou is dit skielik ’n ander storie, van vroue wat versekerd en haastig gáán om die Goeie Nuus van Jesus se opstanding aan sy dissipels te gaan vertel. Nou is dit nie meer vroue wat uit ongeloof van die graf af weghardloop en niemand iets vertel nie omdat hulle te bang was nie. (Markus) Die engel het hulle alles verduidelik wat mens moontlik sou kon wou weet!

Soos wat hulle dit kon vat, só het die Here die misterie van Jesus se opstanding aan die vroue opgeklaar; stap vir stap. Die Here het sy manier. ’n Grootser geheimenis kan daar nie gewees het om aan sterflinge te openbaar nie. Die vroue sou net verder verwar en dalk in ongeloof verhard geraak het, sou die Here sy wonderdaad eensklaps aan hulle verstand gebring het. Daarom neem die Here sy tyd.

Eerste, verhoed Hy hulle met ’n groot aardbewing en die aanstelling van die wag, om na die graf van die Here te gaan kyk. Hulle sou nie sy opstanding kon aanskou het en bly leef het nie! Genadig is die Here, juis daar waar dit lyk of Hy ons inperk en weerhou van ons eie voornemens en begeertes! 

 

Toe stuur God vir Maria om nogtans te gaan kyk. “Op die Eerste Dag van die week, synde nog vroeë donkerte, kom Maria by die graf aan en sien die klip van die graf af weggeneem. Sy hardloop daarom en kom by Simon Petrus en die ander dissipel vir wie Jesus lief was, aan, en vertel hulle:  Hulle het die Here uit die graf uit weggevat, en ons weet nie waar hulle Hom gaan sit het nie!”

Die dissipels het na alle waarskynlikheid nie eers geweet dat Jesus begrawe was nie – selfs nie eers dat Hy gesterwe het nie! Hier is die eerste aanduiding in the Evangelies van hoedat die dissiples daarvan te hore kon gekom het dat die Here – soos dit met gekruisigdes gegaan het – nie nog steeds aan die kruis gehang het nie, maar inderdaad gesterwe het en begrawe was. Maria wat by was toe Jesus gesterwe het en ook toe Josef sy liggaam in die graf neergelê het, moes hulle daarvan vertel het. “Daarom het Petrus en die ander dissipel dadelik uitgegaan en by die graf aangekom ....” natuurlik om vir hulleself te gaan kyk wat gebeur het.

  So, tweedens, deur ’n groot misverstand, vertraag God nogeens die duidelike voorstelling en verstaan van die opstanding van Jesus. Maria vergis haar; sy raai, “Hulle het die Here uit die graf uit weggevat”.

Maria het by die graf aangekom nadat Jesus opgestaan het, want die klip was uit sy plek uit. Ons weet Jesus het toe al opgestaan, maar Maria het dit nie geweet nie. Natuurlik kon sy nié geweet het nie. Sy dink nog steeds Jesus is dood, want sy liggaam – so het sy gedink – was gesteel en elders heen geneem. Altwee haar aannames was verkeerd; dis die beste wat Maria haar kon voorstel. Hoe sou sy kón weet, al het sy in die graf ingegaan, dat Jesus uit die dood uit opgestaan het? Nee! Net met die sien van die weggeneemde deurklip, besluit Maria, die liggaam is na ’n ander plek weggevat.

Dit wil nie sê dat Maria in die graf ingegaan het nie. Johannes skrywe niks daarvan dat Maria in die graf in ingegaan het nie; hy skrywe net wat sy wél gedoen het. Ons mag ons nie dinge aanmatig wat Johannes nie geskrywe het nie. Maria het nie in die graf ingegaan nie omdat Johannes nie skrywe dat sy ingegaan het nie. Maria het nie in die graf ingegaan nie, ook omrede al die onmoontlike aannames wat ’n mens saam met haar sou moes maak, soos dat “hulle” (Meer as een mens; het Maria die wag verdink? Hulle was ook nie meer by die graf nie, anders sou sy hulle gesien het.) .... dat “hulle” die liggaam sou weggevat het; dat ‘hulle’ die liggaam elders gaan “neersit” het? Hoe sou Maria dit kon geweet het? Ensovoorts; alles bespiegeling, en ongegronde en onjuiste, bespiegelinge. So, ons moet ons hou by wat geskrywe is, dat Maria die klip – nie die graf nie – gesien het; dat sy die klip wég van die graf af gesien het; en dat sy daar en toe, volgens wat Johannes geskrywe het omgedraai het en teruggehardloop het – nie eers in die graf ingegaan het nie.

Dit was die beste wat Maria na aanleiding van wat sy werklik deurgegaan het of te wete kón gekom het nadat sy die klip eenkant toe weggegooi, gesien het, haar kon voorstel. 

 

Derdens vertraag die Here presiese kennis omtrent die opstanding van Jesus die Sabbatdag al, deurdat Hy dit voorbeskik het dat Salome nie met Jesus se begrafnis by sou wees nie, en ook dat die vroue nie op die dag van die teraardebestelling, hulle bydrae kon maak om die liggaam te salf nie. Net die twee Maria’s is teenwoordig waar Josef die graf na alles sluit en vertrek. Net hulle twee gaan daarna en nog die Vrydagnamiddag, speserye berei met die oog op die salwing van die liggaam binne in die graf, met die eerste geleentheid wat hom sou voordoen, ná die Sabbatdag. Die vroue het nie kon glo dat Jesus weer sou opstaan of dat Hy na die derde dag nie meer in die graf sou wees nie. Daarom wou hulle Hom later, ná die Sabbat om sou wees, gaan salf het. Maar Salome wat nie by die begrafnis by was nie, het nie speserye of salf nie! “Daarom, nadat die Sabbatdag verby was” – dit was direk na sononder – “het Maria Magdalena en Maria die moeder van Jakobus, én Salome, speserye gekoop, sodat, wanneer hulle sou gaan, hulle Hom kon salf.” Mk16:1.

Ons moet nog iets tussen die lyne gaan lees, tussen Mk16:1 en Mk16:2 verderaan in, van hoedat God die ontdekking van Jesus se opstanding aan die vroue terúggehou het, omdat alles volgens sy wil moes gebeur het, en sodat wat die vroue “wedervaar het, tot bevordering van die Evangelie uitgeloop het.” (Fil1:12)

Daardie ‘iets’, was dat die vroue, terwyl hulle hulle speserye bekom het en gereed gehad het, weens die wag nie dadelik na die graf toe sou kon gaan nie. Want vir die Romeine het die wagbeurt tot die einde van die dag, middernag, geduur. Solank die wag hulle sou keer, sou die vroue nie eers náby die graf gegaan het nie.

 

Uiteindelik onderneem die vroue wat hulle hulleself al van Vrydagmiddag af voorgeneem het om te doen:

“Baie vroeg / na-middernag-donker op die Eerste Dag van die week, het hulle (die ‘twee vroue’) en (die) ander saam met hulle, by die graf aangekom en die speserye saamgebring wat hulle berei het.” Lk24:1. (Almal vermoed steeds – Maria se vrese ten spyte – die liggaam is nog daar.)

“2 En hulle het gevind / bevind: Die steen van die graf afgerol.”

Dis immers wat Maria hulle vroegnag van vertel het.

Sou die liggaam regtig na iewers anders weggevat wees soos sy gedog het?

“2 En toe hulle ingaan, het hulle die liggaam van die Here Jesus nié gekry nie.”

Nouja, dan’s dit seker so.

“4 En terwyl hulle” – soos wat hulle die graf uitgaan – “hieroor in verleentheid was, staan daar twee manne in blink klere feitlik oor hulle. 5 En toe hulle vooroorgeboë en met oë neergeslaan aarde toe, baie bang word, sê die manne vir hulle: Waarom soek julle die Lewende by die dooies? 6 Hy is nie hier nie.”

Ja, Hy is nie hier nie – julle het reg vermoed. Maar Hy is nie na ’n ander plek weggevat soos julle dink nie! “Want Hy het opgestaan!  Gaan onthou hoe Hy vir julle gesê het toe Hy nog in Galiléa was, 7 hoe die Seun van die Mens oorgelewer moet word in die hande van sondige mense, en gekruisig moet word en op die derde dag moet opstaan.

8 En hulle het oor sy woorde (Jesus s’n en / of die engel s’n) gaan nadink; 9 met hulle terugkeer van die graf af het hulle al hierdie dinge aan die elf en ook aan al die ander, vertel.

10 So was dit dan Maria Magdalena en Johanna en Maria van Jakobus en die ander saam met hulle wat hierdie dinge aan die apostels vertel het; 11 maar in hulle (almal se) oë was dit dwaasheid, en hulle het die vroue nie geglo nie.” 

Ook nie die vroue het geglo wat die engel hulle vertel het nie. Hulle moes lank onder mekaar geredeneer het, en God se taktiek het gewerk. Wag maar, julle sal nog tot beter insigte oor al hierdie dinge kom.

 

Nog, blyk dit, het die Here nie gedink dis al tyd dat die vroue alles moet weet of sal glo nie; nogeens weerhou Hy inligting en vertraag Hy verligting van hulle verstand. Gladnie snaaks nie dan, as die vroue ’n tweede keer na die graf toe gaan. “Want baie vroeg, kom hulle (weereens) na die graf toe aan met dat die son begin opgaan het. En hulle vra mekaar, Wie wil (kan / sou) vir mens (ons) die klip uit die deur van die graf uit wegrol? Want toe hulle nogmaals (mooi) kyk, merk hulle op dat die klip opdraend teruggerol was; trouens, dit was geweldig groot!

Soos wat hulle die graf ingegaan het, het hulle ’n jonkman op die regterkant sien sit, gekleed in wit klere. En hulle was verstom! Dié sê toe vir hulle: Moenie so uitermate verbaas lyk nie! (Dis hoogtyd dat julle begin verstaan!) Weer sê hy vir hulle, Kom nou, hou op om verbysterd te wees! Julle soek tog Jesus van Nasaret wat gekruisig was; wel, Hy hét opgestaan (soos rééds vir julle verduidelik is)! Hy is nié hier nie! (Hoeveel maal moet julle dit nog vertel word?) Kyk, die plek waar hulle hom neergelê het! Maar gaan julle en vertel vir sy dissipels – én, vir Petrus – dat hy voor julle uit na Galilea op pad is; dáár sal julle Hom kry soos Hy vir julle gesê het.”

Dit was te veel vir die vroue se geloof --- of ongeloof?

“Hulle het uit die graf uit weggevlug bewend en verwilderd! En hulle het niemand, niks vertel nie, want hulle was bang.”

Het dit hulle gehelp om nog ’n maal na die graf toe terug te gekom het? Mens sou nie sê dit het veel gehelp nie. Maar God het sy plan daarmee gehad. Want God gee aan wie Hy wil, en weerhou aan ander, soos Hy wil.

“Hulle het uit die graf uit weggevlug bewend en verwilderd! En hulle het niemand, niks vertel nie, want hulle was bang ....  “Maar”, gaan Johannes aan met die verhaal van die Sondagoggendgebeure; “Maar, Maria het buitekant by die graf gebly staan.” “Maria het buitekant by die graf gebly staan en ween. So, terwyl sy dan huil, het sy oorgebuk en in die graf ingekyk, en twee engele in wit gesien sit, die een aan die hoof-ent, en die ander aan die voetenent van waar die liggaam van Jesus gelê het. Daar sê daardie engele vir haar, Vrou, hoekom huil jy? Antwoord Maria hulle: Want hulle het my Meester gevat! En ek weet nie wáár hulle Hom gesit het nie!

Terwyl sy dit sê, het Maria regop gekom en na agter omgedraai (na Jesus toe): Daar sien sy Jesus staan, maar sonder dat sy geweet het dit is Hy.

Jesus sê vir haar, Vrou, hoekom huil jy? Vir wie soek jy?

Maria wat gedink het hy is die tuinier, antwoord hom, Meneer, as u hom weggevat het, vertel my waar u hom neergesit het, sodat ek hom kan gaan haal? 

Jesus sê vir haar: Maria! Terwyl Maria (van Jesus weg)draai, roep sy Hom in Hebreeus aan: Rabbi! (dit is, ‘Meester’).

Spreek Jesus haar aan: Moenie vasgenael by My bly nie, want Ek het nóg nie na my Váder opgevaar nie; maar gaan jy reguit vorentoe na my bróérs, en vertel hulle: Ek vaar op na die Vader— (nou) Mý Vader, én, júlle Vader; en Mý God én, júlle God.

Maria Magdalena het reguit vorentoe gegaan en die dissipels vertel dat sy die Here gesien het en dat Hy hierdie dinge vir haar gesê het.”

“Verrese, het Hy (Jesus die Christus) vroeg op die Eerste Dag van die week, eerste (van almal) aan Maria Magdalena verskyn.”

 

Wat van die ander vroue? Wanneer en hoe, verskyn Jesus aan húlle?

Terwyl Maria “gegaan en die dissipels vertel het dat sy die Here gesien het en dat Hy hierdie dinge vir haar gesê het” – dit was vir Maria terug stad toe om die dissipels op te soek om hulle te vertel – neem ek aan, kom die ander vroue nog so angstig van onsekerheid soos toe hulle vroeër vreesbevange weggehardloop het, asof deur die Here self nadergetrek, vir die derde en laaste keer terug na die graf toe. Want die Here se plan gaan verder oor húlle. Maar eers moet hulle georiënteer word; stadig, geleidelik, dat hulle nie weer kop verloor nie, maar mooi sal verstaan en sal glo!

So dan .... verduidelik die engel aan die vroue, en sê: Laat Sabbat’s in die middel van die namiddag voor die Eerste Dag van die week het Maria Magdalena en die ander Maria vertrek het om na die graf te gaan kyk. Skielik was daar ’n groot aardbewing ....” 

 

 

Nou wat leer ons aangaande Jesus se opstanding en sy verskyning uit die geheel van al hierdie verhale in die Evangelies van die vroue se besoeke aan die graf?

Dít naamlik, dat geen mens of mense-oog of menslike begrip, Christus uit die dood of graf gesien verrys het of in sy verrysenes kón aanskou het (en bly lewe het) nie. Dat die mens by die Goddelike Teenwoordigheid van Christus se opstanding uit die dode, aanwesig was, nie in eie hoedanigheid nie, maar verteenwoordig deur, en teenwoordig in, die verteenwoordiging en teenwoordigheid van die Gekruisigde en Gestorwe Verresene— deur, in, met, en by, Sy Opstanding: uit die dode, deur die graf, terug van die dood. 

Dít leer ons, dat enige interpretasie van die opstandings— en verskyningsgebeure wat van die méns – óf as die vroue, óf as die apostels, óf as die wagte, óf as wie ookal – wat van die méns waarnemer of eerste of oog-getuie maak, op leuens en leuenagtigheid berus. Want die geloof is nie deur aanskouing nie, maar “die geloof is deur die gehoor, en die gehoor is deur die prediking”: in die geval van die Opstanding, die gehoor deur die verkondiging van die engel aan die vroue.

Dít leer ons, dat aangesien enige Sondagsopstandings-vertolking van die Evangelieverhale noodwendig op aanname van die teenwoordigheid, gewaarwording en getuienis van die mens berus, enige Sondagsopstandingsvertolking van die Evangelieverhale by voorbaat onbetroubaar en inderdaad van alle waarheid ontbloot is.

Dít weet ons verder, dat die Sewendedag-Adventiste wat hierdie dwaling aanbetref, in geen opsig vir die Sondagaanbidders terugstaan nie. Hulle glo presies dieselfde, en dwaal presies dieselfde.

Nogtans oorskry die dwaling van die Adventiste die dwaling van die Sondagaanbidders, daarin dat die Sondagaanbidders aanvaar dat Christus in die heerlikheid van die Vader, deur die Vader en die Heilige Gees, in die volle Gemeenskap van God Drie-Enig uit die dode, uit die dood, en uit die graf, in die vlees van sy verheerlikte liggaam, opgewek, én, tot aan die regterhand van God in hemelse heerlikheid verhóóg was, terwyl die Sewendedag-Advantiste dit ontken, dit verloën, en vir hulle eie leuen volgens hulle ‘gees van profesie’, verruil het – die gees van antichris weens die ontkenning dat Gód in die vlees, die Mens Christus Jesus, sy Lewe afgelê, en sy Lewe ter sondevergifnis en regverdiging van sondaars, wéér opgeneem het.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Gerhard Ebersöhn

Suite 324

Private Bag X43

Sunninghill 2157

Johannesburg

biblestudents@imaginet.co.za

http://www.biblestudents.co.za

 

 

18 November 2008