Dae van Genesis Een

 

 

Skeiding: uit niks, die heelal! Worstelinge tussen God die Skepper en magte van niet-en-verganklikheid, onbegryplik skrikwekkend aangrypend:  In die begin het God die hemel en die aarde geskape; en die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het op die waters gesweef. 

 

Maar Gód, het Gespreek:

 

Dag 1 (v3) “Laat daar lig wees!” – skeiding! (v4b-5);

Worstelstryd tussen God van lig en magte van alomteenwoordige duisternis, onbegryplik skrikwekkend aangrypend!

 

Dag 2 (v6) – skeiding! (v6b-8);

Worstelstryd tussen God van openbaring en bowêreldse newelskimme, onbegryplik skrikwekkend aangrypend!

 

Dag 3 (v9) – skeiding! (v9b-10),

Worstelstryd tussen God van orde en woeste magte van kokende wêreldvloed, onbegryplik skrikwekkend aangrypend!

 

“Maar God” . . . vier maal seëvierend in stryd, “spreek … en daar was” ... vir die eerste keer, léwe léwe teen aanvegtinge van dóód, van niet, van duistenis, skimme en chaos!  Toe sien God, en dit was ... goed.” (v11-13) God deur te ‘spreek’ én, deur te ‘sien’, ‘skep’; en skep – Lewe!

 

Dag 4 (v14) – God óór lig én duisternis, óór ‘heersers van die lug’, in krag: God óór ruimte én tyd in mag: is God en Heerser, Enig-aanbiddingswaardige, Ewige Verbonds-God, God oor alles wat in sigself geen lewe bevat en oor geen lewe beskik nie! “Gód sien, wat vermag het, en dit was goed. (14b-19) “Jy mag geen ander gode voor my aangesig

hê nie; Jy mag geen gelykenis van wat in die hemele is, maak, of voor dit neerbuig nie!” Hoe gaan die mens nie nog hierdie Gebod van God oortree nie! Hoe gaan hy nie nog die skepping van God met sy aanbídding daarvan, onteer nie! En Sonaanbidding is van dag een af die gruwel der gruwels in die oë van God.

 

Maar lofwaardig is  Die Evangelie na die Krag, van God, wat ons gered het met ’n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie Voorneme en Genade wat aan ons van ewigheid af in Christus Jesus geskenk is, maar wat nou geopenbaar is deur die Verskyning, van ons Verlosser, Jesus Christus, wat die dood tot niet gemaak het, en die Lewe en Onverderflikheid aan die Lig gebring het . . . Enigste Heerser, Koning van konings en Here van here, wat alleen Onsterflikheid besit, en ontoeganklike Lig bewoon, wat geen méns gesien het of kán sien nie, aan Wie toekom, eer, en ewige krag!

 

Dag 5 (v20) – “God het gespreek …” Dit is sy Wet, Koningswet! Oorwinnaarswet! God vermag, met ’n Doel! Vandag vervul God die moontlikheid wat Hy klaar geskep gehad het, en vul Hy die ruimte wat Hy alreeds die Tweede Dag bewerkstellig het, met sin en inhoud, en “Spreek en sê, Laat die waters wemel …” (“Gee vir My iets om te eet?” vra die Koning!)

 

 

Ons het gou tot by die Vyfde Dag gekom. Nou weet ek dit is heeltemal teen die gewone verstaan van Genesis 1 maar moet ek nogtans ’n ander benadering tot die dae van Genesis aan u voorstel. Toemaar, dis nie ewolusie nie! En ek besef u sal dink ek verbeel my gans te veel om dit enigsins te noem. Maar my ander benadering kan geen skade aan u geloof doen nie; dit kan dit miskien net, versterk. En dit mag help vir ’n ewewigtiger begrip van God se skeppingswerk, en kom hierop neer:  In plaas daarvan om elke keer die ‘afgelope’ dag van skepping – soos in verse 5b, 8b, 13, 19, en 23, af te sluit met:

En dit was aand en môre die eerste dag …”, begin elke nuwe keppings-dag (‘en alles daarin’) presies deur “En dit was aand en môre die eerste dag …”, as inleiding tot elke dag, te lees! Want die dae in Genesis 1 begin met hierdie woorde; hierdie woorde sluit nie die gedeeltes oor elke dag af nie.

 

Genesis begin met gebeure wat volgens die Vierde Gebod binne die eerste dag veronderstel word. Genesis 1 self, voorveronderstel ook die skeppingswerk van God wat binne die bestek van verse 1 tot 5a en voor vers 5b vermeld staan, as synde behorende tot, aan, en van, die Eerste Dag van God se skeppingsprestasie. Wat juis die Eerste Dag aanbetref, is dit daarom so dat, terwýl “En dit was aand en môre die eerste dag” die betrokke dag se gebeure agterna saamvat, dit dit ook aan die begin inlei en inlui! Mens kan dus begin om Genesis – ‘Oorspronge’ – te lees: “Dit was aand en dit was môre die eerste dag in die begin: En God het die hemel en die aarde geskape; en die aarde was woes en leeg (op die Eerste Dag), en duisternis was op die wêreldvloed, en (op die Eerste Dag) het die Gees van God op die waters gesweef.  Want God het die hemel en die aarde en álles daarin, op die Eerste Dag, begin skep. Vergelyk 2:4b, “Die dag toe die Here God die aarde én die hemel gemaak het”! Vir my is dit onbetwisbaar in die lig van ook die Vierde Gebod wat ál die werke en die héle skepping van die heelal, binne die tydsbestek van die eerste ses dae plaas.  Ek probeer nie ‘wetenskaplik’ wees nie; ek praat as gelowige in God Almagtige Skepper, en probeer om die Skrif “volgens die Skrifte” uit te lê – die Skrifte is my enigste maatstaf en gesag.  Daarom dink ek dit staan ons vry (“Die waarheid sal julle vry maak.”) om Genesis 1 ook so te interpreteer dat “Dit was aand en môre die eerste dag in die begin …” heel vooraan verstáán, móét word, soos ’n opskrif vir ál daardie dag se gebeure – wat dié vóór vers 5b, insluit. (“Dit was aand en dit was môre die eerste dag in die begin” klop buitendien met die dagberekening, éérs aand, dán môre, van heel die Bybel! En “Dit was aand (of nag-donkerte) en dit was môre die eerste dag in die begin”, klop ook met die skeppings-gebeurtenis self, toe God ná, en úít, en náás duisternis, niet en chaos, lig gemaak het, en só, die Eerste Dag geskape het.

 

Dit gaan beteken dat die gebeurtenisse wat in verse 6 tot 8b ná vers 5b – “En dit was aand en dit was môre die Eerste Dag” – vermeld word, skeppingwerk van en op die Tweede Dag was, en nie, soos ons dit nog altyd verstaan het, skeppingwerk van die Eerste Dag nie!  Daarmee wil ek dan juis nié, dat dit wat vóór die woorde, “En dit was aand en môre, Die-Eerste-Dag: …” nie óók geskép was, nie óók deur Gód geskep was, en nie óók tot Eerste-Dag-skeppingswerk van God, behoort nie. Eerste-Dag-skeppingswerk sluit alles geskape vóór, “En dit was aand en môre, Die-Eerste-Dag”, ín! Onteenseglik is “En dit was aand en dit was môre, Die-Eerste-Dag”, ‘Die-Eerste-Dag-aanhef van en tot die hele Genesis Een verhaal van skepping! Hierdie ‘benadering’ sluit enige moontlikheid vir ‘spontane generasie’, ‘selfstandige bestaan’, of ewolusie of watter ongeloofsgoggas ookal, uit!

 

Ek wil ’n tweede voorstel waag, dat die numering van die dae méér as suiwere telling is, en dat dit elke skeppingsdag se naam, aangee: “En dit was aand en môre, Die-Eerste-Dag: En God het gesê, Laat daar ’n uitspansel wees”.  

 

Die frases, “En dit was aand en môre, Die-Eerste-Dag:”, word retories, midde die konteks van uitsluitlik die skepping van die Eerste Dag geplaas, soos tipies in dialektiese, apologetiese beredenering. U wat vertroud is met debatvoering sal weet, voordat die orator sy ‘opskrif’ vir sy standpunt ‘stel’, val hy as’t ware met die deur in die huis met kernidee in hooftrekke saamgevat.  Digter, se manier is anders; hy, sal sê: “ ‘Op die Hoëveld’, deur Toon van den Heever ”; en dan eers sal hy aangaan met die gedig self, “Op die hoëveld waar dit oop is ...” (As ek my gediggies en digters reg onthou!) ’n Digter sal nie een versie voordra en dán eers die titel van die gedig gee nie. Maar nie die meer serebrale debatvoerder nie. Hy is orator, verteller; wil dadelik indruk maak, en onmiddellik standpunt duidelik stel. Dan nog al die ondergeskikte detail omtrent homself ens., vóórdat hy met sy eintlike ‘redenasie’ sal áángaan asof hy nét begin het. So, in Genesis Een. Verse 1 tot 5a staan metodies voor vers 5b, nie chronologies nie.

 

Aanvaar mens nou hierdie ‘indeling’ van die teks, dan skuif jy elke dag by wyse van spreke, een dag terug:

 

(1) Dit was die Eerste Dag waarop God hemel en aarde gemaak het; dit was die Éérste Dag steeds waarop God

gesê het: Laat daar lig wees; dit was die Eerste Dag stééds waarop God dag en nag vanmekaar geskei het; én, dit was die Eerste Dag steeds toe God gesê het: Laat daar ’n uitspansel wees! 

 

(2) Dan was dit die Twééde Dag maar, waarop God die see en aarde geskei het, en plantlewe geskep het;

 

(3) Dan was dit die Dérde Dag al, waarop God die ‘hemelligte’ aangestel het om te heers – anders as wat ons dit altyd verstaan het, op die vierde dag.

 

(4) En so moes dit die Vierde Dag gewees het waarop God die see met lewe gevul en sy doel met die skepping daarvan, vervul het.

 

(5) “Verder was dit aand en môre die Vyfde Dag toe God gesê het: Laat die aarde, lewende wesens voortbring”, en toe Hy sy doel met al die Tweede Dag se skepping van aardse lewensruimte, vervul het.

 

Skielik staar moeilikheid ons in die oog! Wat nou gemaak? Die mens op die Vyfde Dag geskape? En ’n leë, stil, dooie, Vrydag-Sesde Dag?  Is dit nou op die Vyfde Dag dat “God alles wat Hy gemaak het, sien, en verklaar, Dit was baie

goed”? Is dan ‘so’ “voltooi, die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag”? “So is voltooi …” Hoe, “So …”?! Op die Vyfde Dag voltooi? A nee a!  “Want in ses dae (nie net in vyf dae nie), het die HERE die hemel en die aarde gemaak, en die see, en alles wat in (aldrie) is – die mens inkluis!” (Ex20:11 en 31:17) Nadat God die mens geskape het, toe eers het Hy sy skeppingswerk voltooi “En was dit aand en môre die Sesde Dag”.

 

Daar is net een manier – so ver as ek kan sien – waarmee ons hierdie moeilikheid gaan oorkom – as mens nie op die aanvaarde siening dat “Dit was aand en dit was môre …” agterná, as afsluiting vir elke dag se skepping genoem word, wil terugval nie.  

 

Hier is dan die oplossing. Net soos ons aan die begin gesien het dat die inleiding van die Eerste Dag eers

ná sy werklike aanvang vermeld staan, word die inleiding van die Sesde Dag, óók, eers ná die gebeure daarvan, aangehef. Nogmaals, op beklemtonende, aan betekenis sware, retoriese wyse.  Al wat vir ons oorbly om te doen, is om te gaan kyk wáár die Sesde Dag se aanvang in die konteks, nou eintlik lê.  En dit is tog gladnie moeilik nie, want, Word die skeppingsdae nie keer op keer afgesluit met God se eie oorsig en bevinding – met Goddelike konklusie – nie?  Inderdaad!  

 

Ná die Eerste Dag: “God hét toe die uitspansel gemaak en die waters wat onder die uitspansel is geskei van die waters wat bo die uitspansel is … En dit wás so; en God het die uitspansel, ‘hemel’, genoem.” God gee naam aan die hele wydste hemele van sy grote skepping – alles, “die werke van sy hande”, wat Hy “nooit sal laat vaar nie”. Dit sluit alles voor vers 5b in!  God was van die begin af: God oweral Teenwoordig, God oweral Almagtig. Sonder Hom het niks onstaan wat ontstaan het nie; deur Hom en uit Hom en tot Hom, is alle dinge.

 

Aan die einde van die Tweede Dag: v10 en 12, Seewaters versamel en aarde en wolke word sigbaar ... en dit was so. Toe sien God dat dit goed was. Die aarde het

(plante) voortgebring. … Toe sien God dat dit goed was.” Alvorens God lewe geskep het, sal Hy nie verklaar “dat dit goed was” nie! God begin sy tuin vir die mens met goeie grond en lewe, Gn1:8b-12, 2:7 en 3:1c. Daarom lees ons tweemaal op die Tweede Dag, “Toe sien God dat dit goed was” – met die oog op wat Hy op die Sesde Dag, “baie goed”, sou gáán doen het.

 

Aan die einde van die Derde Dag: v17-18, “God het die ligte aan die uitspansel van die heelal gestel om op die aarde lig te gee en om oor dag en nag te heers en skeiding te maak. v18c, Toe sien God dat dit goed was.”

 

Aan die einde van die Vierde Dag: v21c, “Toe sien God dat dit goed was. En God het hulle (die visse en die voëls) geseën en gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die waters in die see, en laat die voëls (van die lug) op die aarde vermeerder.”

 

Let eers op hoedat “Toe sien God dat dit goed was” in verse 21-22 na aanleiding van die skepping van die betrokke dag, eerste staan, en nie agterna soos in al die ander gevalle nie. Dit bevestig ons stelling soos van toepassing op die dae se name, dat hulle eerste kan staan, en nie agterna moet staan nie.

 

Aan die einde van die Vyfde Dag: “En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee volgens hulle soorte, en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.”

 

Op hierdie Vyfde Dag verklaar God, Hy is Wetgewer oor lewendige én ‘dooie’ dinge, want Hy is dit wat na orde en skikking volgens sy wil, ‘dooie’, én lewendige dinge, na soort en aard voortgebring het, en daaroor blý beskik. (“Vir alles het Hy grense gestel.”) “En dit was so” . . . en so sal dit wees tot in ewigheid. Vrees nie oor ’n ‘skepping’ wat aan menslike vernietiging onderworpe sou kon wees nie. Net Een is Smelter van die elemente: Hy wat die

elemente gemaak het. Net een is Gieter: Hy wat die mens uit die stof van die aarde ‘gevorm’ het. God die Beskikker is God die Bewaker en Verlosser van gans en al die werke van sy hande. God heers! Vers 25c dan, “Toe sien God dat dit goed was.”  Dit was God se besluit van en op die Vyfde Dag.  Maar hierdie is nie God se finale besluit – sy finale konklusie of beaming of blyke van tevredenheid nie!   Daar wag ’n beter verklaring van die Skepper self – sy verklaring van die Sesde Dag naamlik.

 

Aan die einde van die Sesde Dag:

Toe sien God, álles, wat Hy gemaak het, en – dit was … báie, goed! 

 

Nou wat het hierdie beter gevolgtrekking by God self teweeggebring? Wat het aanleiding gegee vir God se groter genoegdoening? Niks anders nie as God se skepping van die mens nie! Niks anders nie as God se voltooiing van sy skepping met sy skepping van die méns nie! Niks anders nie as God se voltooiing van sy skepping met sy skepping op die Sesde Dag nie! Dáárom is die aanvang van die Sesde Dag sonder enige huiwering in die teks aantoonbaar dáár, waar “God gespreek het: Laat ons mense maak! Die Sesde Dag, begin, met vers 26! Die Sesde Dag begin nie met vers 24 nie; en die Vyfde Dag eindig nie met vers 23 nie, maar begin, met vers 23!   En so terugwerkend tot die Eerste Dag. Die naam van die dag, ‘Eerste Dag’, ‘Tweede Dag’, en so aan, lei die dag in, en sluit dit nie af nie . . . behalwe, in die geval van die Sesde Dag, juis omdat God sy eie, laaste, afsluitende voltooiingswerk – God se skepping van die mens op die Sesde Dag – self soveel wonderliker as sy skepping van al die vorige dae tesame, geag het. Want die Sesde Dag is enig daarin dat dit skeppingsdag van die mens en net van die mens was; enig, omdat God méér as sy gewone ‘goeie’ werk daarop gedoen het; omdat God op die Sesde Dag die mens, ‘baie goed’, gemaak het – inderdaad “na die beeld van God gemaak het”. Geen ander skepping van God pas, by God se werk van die Sesde Dag nie omdat, geen van God se vorige werke daarteen kan opweeg na

waardigheid en heerlikheid nie – omrede die mens!

 

Kan u nou sien hoedat hierdie afsluiting van die Sesde Dag van die skeppingswerk van God, terugreik, tot aan sy begin, tot aan sy fondamente – tot aan, “En God het gespreek: Laat ons mense maak!”?  Want hier begin God se ‘baie’, goeie werk!  Kan u sien waarom die ses dae skeppingsverhaal se eindiging in vers 26, vanuit  vers 31 summa cum lauda aangekondig word? Die twee dae wat sover die belangrikste dae van God se skepping was, se ‘aanhef by name’ staan soos dik, beklemtónende, ónder-streping uit.

 

En nog is hierdie slot op die Sesde Dag, “Toe sien God, álles, wat Hy gemaak het, en – dit was … báie, goed!”, nie waar die teks met die skeppingsverhaal van die eerste ses dae ophou nie.

 

Die chiastiese struktuur waaruit Genesis een opgebou is, word hier baie duidelik. Net soos die teks begin het met die groter geheel van die begin van God se skepping vóór, die eintlike aanhef by wyse van “En dit was aand en dit was môre die Eerste Dag”, eindig dit die groter geheel van die begin van God se skepping , die eintlike slot by wyse van “Toe sien God, álles, wat Hy gemaak het, en – dit was … báie, goed!” Want opvolgend staan weereens verder vermeld, “En dit was aand en dit was môre die Sesde Dag, So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag.” Eers hier, eindig Genesis 1 werklik. (Ongelukkig, soos u weet, sny die teksindeling die laaste sin van die Eerste Dag af.) 

 

 

 

 

 

 

 

 

Dae van Genesis 1, 2 en 3

 

 

Genesis 1, Dae:-
|.………1…|2……….…|3……………|4……………|5…………|…….…6…|
1…….8a…|8b……12|13…..…18|19…….22|23…..25|26……2:1

en teksplase “Dit was aand en dit was môre die ...”
Sewende Dag: 2:2-3 / 4a

 

 


Genesis 2, Teks en Dae:-
|4b………6|………………………………………………………..|7……….7|
|…………….|8………14|………………………………………..|15……18|
|.……………………………….…………|19b………|19a
……|19c….25|
|…….1……|…….2…….|……3……|…….4……|……5…..|……6
…….|

Genesis 3:- Sesde Dag: ………………………………….|….1-7….|

                  Sewende Dag.……………………………|..8-24..|

 

Genesis 2, 3 – Piramiede:-

………………………….Sewende Dag………………………….|3: 8-24|

………………….…………………………………………………………| 3: 1-7  |

.……………………………………………....|19b………..|19a…...…|19c….25|

……………..|8………14|……………………………………........……|15……18|

|4b………6|…………………………………………………….......……..|7……….7|

|…….1……|…….2…….|………3..…..|……..4…….|…….5…….|……6……|

 

 

 

 

                Genesis 3

 

 

7

 

 

 

2

Genesis 2

6

 

1

 

2

 

3

 

4

 

5

 

 

6

 

                 Genesis 1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Gerhard Ebersöhn

Suite 324

Privaatsak 43

Sunninghill 2157

biblestudents@imaginet.co.za

http://www.biblestudents.co.za

 

 

8 Februarie 2008