Christus-Fees

 

 

 

 

 

 

NM 1 A

2

3

4

5

6

7

8

9

10 PS

11

12

13

14 PtP

15 S-GD

16 EGBO

17

18

19

20

21

22

23

24

25

26

27

28

29

30

1 Zif

2

3

4

5

6

7

8

9

10

11

12

13

14

15

16

17

18

19

20

21

22

23

24

25

26

27

28

29

30

1 Sivan

2

3

4

5 Shav

6

7

8

9

10

11

12

13

14

15

16

17

18

19

20

21

22

23

24

25

26

27

28

29

30

1 Tamm

2

3

4

5

6

7

8

9

10

11

12

13

14

15

16

17

18

19

20

21

22

23

24

25

26

27

28

29

30

1 Ab

2

3

4

5

6

7

8

9

10

11

12

13

14

15

16

17

18

19

20

21

22

23

24

25

26

27

28

29

30

1 Elul

2

3

4

5

6

7

8

9

10

11

12

13

14

15

16

17

18

19

20

21

22

23

24

25

26

27

28

29

30

1 Tisri

2

3

4

5

6

7

8

9

10 Tisri

11

12

13

14

15 Tisri

16

17

18

19

20

21

22

Agt ‘sabbatte’!

25

 

 

Nou glo ek mos, soos ek van lankal af geglo het – gaan lees maar boek 3 / 1 – die Pisidia-krisis het hom op die Groot Versoendag afgespeel. Ek het wat die datums en dinge aangaan toentertyd nie die kloutjie mooi by die oor kon kry nie. Na al die jare loop kyk ek toe weer na hierdie aspekte, en watter interessante dinge kom my teë!  

 

Kyk maar na die kalender hierso. Ons weet mos nou klaar en onteenseglik die Eerste Gerf Beweegoffer was op die Sabbatdag voor die Aangesig van die Here beweeg deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, “Sabbatstyd”, Abib 16 “midde lig-dag-oor-neigend”, of te wel, “namiddag”. Neem nou aan die maande was elk dertig dae lank, dan val die Groot Versoendag – 9 en 10 Tisri of Sewende Maand –, op Donderdag en Vrydag.

 

Maar dis mos nie op die Sabbat – die weeklikse Sabbat – nie? Reg! Maar wat het die Ou-Testament die Groot Versoendag genoem? Nie ook ’n ‘sabbat’, nie? Natuurlik ja!  Nou hoekom kon dit nie op hierdie vlottende sabbatdag – vlottende deur die weeksdae – wees wat Paulus sy preek in die Kerk gegee het en die Jode te lig geoordeel was, en hulle die Goeie Weg vir laas byster geraak het nie?

 

Dis presies wat die teks sê! Vir ’n feit in elke opsig in besonderheid uitwys! U dink ek’s mal? Ook goed!

 

Omdat hierdie ‘oordeelsdag-sabbat’ nie ’n In-bring-Sabbat was nie, maar meer ’n sombere dag van die skeiding van weë en van afkering en wedersydse verlating tussen God en die volk Israel, het God dit juis so beskik dat dit nie die Sabbat van die rus van die HERE jou God moes gewees het nie. Want God reserveer sy Heilige Dag, Die Dag van die Here Jesus, vir die ontmoeting tussen die Nuwe Gelowiges van die ware Volk van God!

 

Paulus staan op die ‘sabbat’ (14c) van die laaste ‘amptelike’ prediking aan Israel van die Evangelie van die Messias, in die Kerk op en verklaar: “U, manne van Israel – én, julle wat God vrees, Luister!” (16b) Met die intrapslag donder die oordele van God. Nou, die verdere verloop van die dag se gebeure, ken u. Paulus se sweepslae eindig met hierdie woorde: “Nou, laat dit vir julle duidelik wees, julle veragters (van Christus en sy Groot Versoenwerk), staan verwonderd, en vergaan (in julle verbasing), want Ek (Ék, ‘eghóó’, ‘Jawe’ die HERE God) werk ’n werk in julle (rus en heilige sabbatte)-dae— ’n werk wat julle weier om te glo al verklaar en verduidelik wie ookal julle dit hoe goed!”

 

En toe?  Toe stap die hele lot Jode uit die Kerk uit! Want die God van hierdie mal mens Paulus breek die sabbatte van die Jode! (‘érghon erghádzomai eghóó en tais heemérais humóón— érghon ho ou mee pisteúseete eán tis ekdieeghéétai humíén.’ 41b. Dubbele Eerste Persoon; dubbele Ontkenning; dubbele ‘verduideliking’! ) Dit gaan vir die Jode nog steeds oor niks anders as hulle heilige dae nie. Vir hulle is die Vervulling daarvan met die Grootse Inhoud van die Werke van God deur die Beloofde Messias, die gans en by voorbaat onmoontlike! Sodra God in hierdie Jesus Christus juis op die Sabbat-dae al werkende rus en al rustende werk, dan is dit bokant hulle vuurmaakplek en dwars teen hulle piëteit; die toppunt van heiligskennis!  Met sulke Sabbatsontheiligers wil ons nie assosieer nie; ons gee eerder die Kerkgebou en die hele keboedel oor – gooi dit vir die heidene, die honde!

 

Nee, ons het nie hier met maar net nog ’n Sabbatdag te doen nie: Hierdie is die Groot Versoendag wat die dag van groot onversoenbaarheid word! Heden vandag nog sal die Jode Christus verwerp eerder as om hulle sabbatte te staak. Want hulle leef nog onder die Wet en verag die Genade: die Genade juis as die Opstanding van Christus Jesus uit die dode. Eerder as om Christus die vervulling en rede vir die Sabbatdag te aanvaar, sal hulle saam met Hom, van die hele Godsdiens, afstand doen.

 

Sou die oordeels-karakter van hierdie sabbatdag nou al wees op grond waarvan ek wil beweer dit was nie die weeklikse Sabbatdag toe hierdie keerpunt in die geskiedenis bereik was nie? Sou die oordeels-karakter van hierdie dag nie genoeg wees om te bevestig wat ek beweer dit aandui nie? Ek glo dit vertel meer as genoeg om die gewillige gelowige te oortuig.

 

Maar ek het vir u nog ’n bonus-bewysstuk.

 

Vers 42 vervolg op die uitstap-aksie van die Jode: “En toe die Jode uit die Kerk uitgestap het, het die ‘Heidene’ (wat gebly het), gevra dat dieselfde woorde aan hulle gepreek mog word die volgende Sabbatdag.”  Nou het ons almal nog altyd verstaan die hele drama het afgespeel op ’n ‘weeklikse’ Sabbat, en dat die Heidene gevra het die preek moet weer gepreek word sewe dae later weer op die weeklikse Sabbatdag. Nouja, daarmee is natuurlik niks verkeerd solank ons net die gewone vertalings se verduideliking beskikbaar het nie. Dis in elk geval van geen reddingsbelang nie ... of is dit?  Dit kan lewensbelangrik word wanneer mens soos die Jode terwille van jou troetelsondes teen die waarheid daarvan wil stry.  Dat ’n beter begrip ’n beter aanvaarding en genieting van die krag van Gods Woord meebring, lei dan ook geen twyfel nie. Ek reken dus dit is nodig en die moeite dubbel werd om noukeuriger besonderhede in ag te neem juis omdat Paulus – in vers 41 én in die groter geheel – dit waarvan hy gepraat het, so stiptelik en nadruklik vir die Jode uitgespel het. 

 

Lukas maak dan ook nes Paulus: hy ‘spel uit’ presies watter ‘sabbatdag’ hy na verwys. Hy skrywe: “Hulle (die Heidene) het almal/eendragtig versoek, (dat) hierdie, selfde, woorde met die oog op en ter verduideliking van (hier)die-sabbat-midde-in tot hulle (spesifiek) gespreek word.” (‘parekáloen eis to metaksúú sábbaton laleethéénai autóís ta réémata táúta.’) Die Jode het hulle nie oor die Groot Versoendag en die betekenis daarvan, vertroud kón maak nie. Net die Christelike Geloof kan dit doen.

 

 

13) Paulus en sy metgeselle het by Perge in Pamfilië gekom

Johannes het hulle verlaat en na Jerusalem teruggekeer.

1 of 4 Tisri:

Lv23:23 ... Op die eerste dag van die Sewende Maand moet dit vir julle ’n sabbat wees, ’n gedenkdag deur basuingeklank, ’n heilige vierdag.

Hulle het in Antiogië in Pisidië aangekom en ...

... op die sabbatdag in die sinagoge gegaan en gaan sit.

En na die lesing van die Wet en die Profete het die hoofde van die Kerk na hulle gestuur en gesê: Broeders, as julle ’n woord van opwekking vir die volk het, spreek dan!

Paulus staan op en sê, Israeliete én julle wat God vrees!

Jerusalem het Hom nie geken nie, en deur Hom te veroordeel, het hulle die woorde van die Profete vervul wat elke Sabbat gelees word

42) Nadat die Jode uit die Kerk uitgegaan het, het die heidene versoek dat daardie woorde op die tussenin-sabbat tot hulle gespreek word.

 

 

 

 

10 Tisri ... op die tussenin-sabbat ...

... (was) daardie woorde tot hulle gespreek ...

En toe die Kerk uit was ...

... het baie van die Jode en die gelowige bekeerlinge na Paulus en Barnabas oorgeloop

Hulle het hulle toegespreek en bemoedig om in die genade van God te volhard

 

 

11 Tisri

Op die Sabbatdag (daarop)volgende ...

... het omtrent die hele dorp se mense saamgekom om die Woord van God te hoor.

 

 

Nege en tien Tisri / Sewende Maand was Groot Versoendag! Hierdie twee feesdae lê volgens ons kalender vóór die ‘weeklikse’ Sabbat, op die Donderdag en Vrydag— die Vyfde en Sesde Fees-Sabbat-Dag “-midde-in”! Die eerste ‘sabbatdag’ toe Paulus die eerste keer gepreek het, was ’n ‘sabbatdag’ wat ‘in-die-week’ geval het: “metaksúú-sábbaton”! 

 

Verse 43 én 44 klaar verloop van gebeure verder op: “Toe die (Groot Versoendag-sabbat) Vergadering (waartydens Paulus-hulle met die Heidene alleen gepraat het), opgebreek het, toe het (ook weer) baie van die Jode saam met hierdie aanbiddende proseliete, Paulus en Barnabas (verder) gevolg.”  Dit was, let wel, “Toe (hierdie) Vergadering verby was”, dat “bykans die hele stad se mense op die gewoon-volgende / komende (weeklikse) Sabbatdag, vergader het om die Woord van God te verneem”— net soos in die geval van die Laaste Pasga toe daar twee opeenvolgende ‘sabbatte’ was, op Vrydag die Pasga-sabbat en die “Sabbat volgens die (Vierdie) Gebod” – sien Jh19:31 en Lk23:54, 56, so was daar by hierdie geleentheid, twee opeenvolgende ‘sabbatte’, op Vrydag die “mid-week”-Groot-Versoendag-sabbat van Tisri 10, en op die ‘gewone’ aanbiddingsdag-Sabbatdag, die Dag vir die Verkondiging van die Evangelie van Christus Jesus.  Tweekeer dus, presies volgens die Daniël-profesie van die sewentig weke, word – volgens die dispensasies van God – die ‘Groot’ maar verbygegane ‘tussenin-sabbatte’ deur die Nuwe-Testamentiese Gemeentes met vieringe van Christus-fees opgevolg, en word Nuwe Begin met Christus-Sabbattefees gemaak!  

 

Lukas benoem hierdie Nuwe Christelike Sabbatdag op opvallende en betekenisvolle manier: “op die-om-die-Woord-van-God-te-Hoor-Saamgekom-Sabbat”: ‘Infinitief met Selfstandigenaamwoord-krag’ – ‘Infinitive of Noun-Force’: ‘Sabbátooi suunéégthee akóésai ton Lógon tou Theóé’— ‘n absolute Griekse eienaardigheid met onvergisbare trefkrag aangewend. (Vergelyk Hd20:7 waar die dissipels – by implikasie op die Sabbat – “vir Nagmaal bymekaar gekom het (suuneegménoon heemóón klásai árton) (en) op die aand van die Eerste Dag steeds bymekaar was en Paulus (sake) met hulle bespreek het”.)   Laat niemand ooit weer sy mond wil oopmaak dat die Eerste Christelike Kerk nie die Sabbat geonderhou het of aan sy Christelike naam geken het nie. So een weet nie waarvan hy praat nie. Loof God deur Sabbatte-feesvieringe! Stel jouself die hoera’s voor as wat hier in Hd13:43 van die Sabbat gesê word, in 20:7 van die Eerste Dag gesê sou gewees het! Maar nou swyg die ganse Kerk soos die dood oor die bestaan van hierdie feite in 13:43, terwyl hulle sonder enige vrese vir God self, die Skrif vermink om dieselfde uit 20:7 te probeer haal.

 

U sal merk dat dit sonder uitsondering ’n valse gees is wat in die Naam van die Heilige gees van God ewig teen die Sabbatdag van die HERE jou God die Dag van die Here Jesus Christus deur Opstanding uit die dode, agiteer. Dit is die gees van die duiwel wat homself verraai aan drie ‘toetse’ soos die Skrif sê die geeste getoets móét word: dit is u Christelike plig om hierdie geeste uit te ken aan: 1. Of hulle van hulself getuig, want ’n gees wat van homself getuig is nie die Gees van Christus Jesus nie, maar van hoogmoed, eiewaan en die eie-ek; 2. Of hulle teen die Wet van God getuig, want ’n gees wat nie van sonde en oordeel oortuig nie, is nie die Gees van God nie, maar die gees van eiegeregtigheid, skynheiligheid en van die duiwel self; 3. Of hulle geeste van wonder- en welvaart-leuens is, want die gees wat nie die gelowige aan die lyding van Christus Jesus mededeelagtig maak nie, is nie die Gees van die wedergeboorte en doding van die ou mens en sondige natuur nie, maar van selfgenoegsaamheid, begeerte en die dood.

 

Daarom, omdat God ten laaste deur die Pisidia Oordeelsdag vir ons die oorgang na die Christelike aanbiddingsdag opgeklaar het, sal ons met gejuig Sabbatte-fees vier, etende en drinkende van die Water en Brood van die Lewe, ons Here Jesus Christus.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Gerhard Ebersöhn

Suite 324

Privaatsak 43  

Sunninghill 2157

biblestudents@imaginet.co.za

http://www.biblestudents.co.za