Sondagoggend Besoeke aan die Graf

 

Verskillende tye, mense en gebeurtenisse

 

Elke Skrif oortuig uit eie krag dieselfde saak, die een Evangelie van ons Here Jesus Christus.

 

Ek het met hierdie studie geplan om die vroue se besoeke aan die graf Sondagmôre, een vir een van nader te beskou om die tyd van elke besoek, van die vroegste tot die laatste, duideliker te kan sien.

 

Die gedagte van meer as een besoek is al klaar, tradisioneel heeltemal buite orde! Natuurlik dan ook meer as een tydstip – een vir elke besoek. Want die vroue het mos almal gelyktydig met, of net ná, die Opstanding by die graf aangekom! Dis mos pure wettesistiese dwaling dat daar meer as een besoek aan die graf was, of dat die vroue se besoek aan die graf nie met die Opstanding saamgeval het nie! Dis net om die Sabbat te ‘bewys’, want as daar meer as een besoek kon gewees het, moet daar meer as een tydstip van die dag daarvoor gewees het, en dan moontlik ook nog meer as een dag, en dan begin mens wonder wanneer Jesus dan sou opgestaan het? Maar Hy het op die Eerste dag opgestaan, kom die selfversekerde antwoord: “There is no way dat Jesus op die Sabbat sou opgestaan het nie”, soos AT Robertson dit gesê het, en wie sal nou beter weet as hy? En hoe kon die Kerk al die eeue so verkeerd gewees het, dat Jesus toe nooit op Sondag opgestaan het nie, maar op die Sabbatdag!?

 

Maar het die Evangelies net een verhaal? Was dit op die Sondagmôre en toe die vroue by die graf aangekom het dat Jesus opgestaan het? Wat, uiteindelik, het die Skrifte daaroor te vertelle?  En wat het die Skrifte al vooruit gespreek en belowe?  En wat het toe uiteindelik die Woord van Profesie, vervul?  En word alles in die Nuwe-Testament met een verhaal gegee; of gee die Skrifte ons die groot geheel in verskeie kleiner verhale? Ek glo laasgenoemde is die ware toedrag; en dat Lukas 24 van vers 13 af, dit bevestig. My bevinding kon ek immers met ook nog hierdie Skriftuur, onderskryf.

 

Ons wil nou nader gaan vra na die groter verband van al die opeenvolgende besoeke aan die graf en die tye van elkeen in besonder.  Die eerste Skriftuur wat ons in die besonder met hierdie doel voor oë, en as inleiding, interesseer, is Lk24:22-24.

 

22 Maar sommige vroue uit ons het ons ook ontstel nadat hulle vroeg by die graf was; 23 en toe hulle sy liggaam nie kry nie, het hulle gekom en gesê dat hulle ook ’n gesig gesien het van engele wat sê dat Hy lewe. 24 En sommige van dié wat saam met ons was, het na die graf gegaan en dit net so gevind soos die vroue ook gesê het; maar Hom het hulle nie gesien nie.” (’22 Alla kai gunaikes tines eks heemoon eksesteesan heemaas, ghenomenoi orthrinai epi to mneemeion, 23 kai mee heuroesai to sooma autoe eelthon leghoesai kai optasian angheloon heoorakenai, hoi leghoesin auton dzeen. 24 kai apeelthon tines toon sun heemien epi to mneemeion, kai heuron hoetoos kathoos kai hai ghunaikes eipon, auton de oek eidon.’)


Lees ek nou die Ou Afrikaanse Vertaling waarmee ek grootgeword het, verstaan ek hoekom ek hierdie Skriftuur nog altyd ‘tradisioneel’ verstaan het. Want die OAV stel dit asof die tweede ‘sommige’ –van vers 24– manne was. Die Nuwe Afrikaanse Bybel praat van ‘mense’, wat óf vroue óf / en manne kon gewees het, maar die bedoeling is sonder twyfel, manne. Dit was die mans wat nadat die vroue hulle vertel het die graf is oop en die liggaam weg, na die graf gaan kyk het en alles gevind het soos die vroue hulle vertel het. So het ek ook nog altyd gedink Kleopas verwys hier na Johannes 20:1-10, waar Petrus en Johannes na die graf gaan kyk het.

 

Maar nou moet ek tweekeer dink, want ek het begin om in te sien dat Johannes en Petrus op getuienis van

 

(1) alleenlik Maria, en nie van verskeie vroue nie, gereageer het. (2) Maria het ook net gesien dat die deur weg van die graf gelê het – nie dat die liggaam regtig weg was nie. (3) Ook het Maria nie (soos die vroue van Lk24:22) vir seker getuig dat die liggaam weg was nie; sy het slegs vermoed, ‘hulle’ – sy het waarskynlik gemeen die wagte, wat toe ook al weg was – het die liggaam gesteel en weggeneem. (4) Sy het nie eers tot by of in die graf gegaan nie, maar toe sy die rots weg van die opening gewaar het, het sy teruggehardloop. Sy het nie ingegaan nie; hoe sou sy kon weet of die liggaam weg was? Sy het nie; sy het slegs maar vermoed. (5) Maria het toe ook nog gladnie met engele te doen gekry nie!  Daarom kan Lukas (by monde van Kleopas) nie van dieselfde persone, tyd van die nag, of gebeurtenis as Johannes 20:1-10, praat nie.  So, ek was nog altyd tradisioneel reg, maar Skriftuurlik, nog altyd verkeerd!

 

Volgens Lukas, het “vroue”, “vroeg na die graf gegaan”. Hy sê glad niks van ‘manne’ wat ná die vroue, na die graf toe gegaan het nie. Hy praat net van ‘sommiges’ – wat uit die verband af te lei ook vroue, bestaande uit die eerste groep en nog ander wat “saam met” die Kleopas-groep van dissipels was, en wat toe vir die tweede keer “na die graf gegaan het”, net om saam met nóg getuies te gaan seker maak dat hul eerste – en eie – waarnemings, reg was.

 

Ek sê hierdie tweede groep besoekers aan die graf, was ook vroue, nes die ‘vroeë vroue’. Op grond waarvan?

 

‘Sommiges’-‘tines’, verwys na nog vróúe: “Maar party  kai tines’** van hulle  (‘toon’: ‘van hulle’, naamlik van die ‘vroeë vroue’) saam met ons (‘toon suun heemien’, bedoelende, ‘hulle, saam met ander vroue by ons’), het na die graf gegaan …  (** ‘tinés’ is in 24 geslagtelik onbepaald, soos in 22.)

 

Vertaal Dr Alfred Marshall: “And went some of the ones with us to the tomb.”  ‘Sommige van’ watterones’? ‘Sommige van’ wie anders as ‘sommige van die vroue’ “saam met” die Kleopas-groep dissipels? ‘And went some of the women with us, to the tomb”! ‘Some-of-the-women-with-us’ is die onderwerp van die predikaat, “het gegaan”.

 

Die KJV: “22 Yes, and certain women also of our company made us astonished, which were early at the sepulchre: 23  And when they found not his body, they came, saying, that they had also seen a vision of angels, which said that He was alive. 24  And certain of them (which were) with us, went to the sepulchre, and found it even so as the women had said: but Him they saw not.

 

Which were”, in die sinsnede, “certain of them which were with us, went …”, is toegevoeg; dis nie oorspronklik nie. Die KJV sê dus: “certain of them”; en “themkan net na “certain women” verwys, want Kleopas vertel van die vroue; hy praat nie van homself of van hulle saam met wie hy was en aan wie die vroue die nuus kom vertel het nie. Kleopas vertel hoe sy groep dissipels van die vroue verneem het, en hoe hulle verder op die vroue moes wag vir bevestiging van “die vroue” se eerste bevindinge by die graf. “Certain of them which were with us” beteken daarom ’n gedeeltelik ánder groep van vroue wat na die graf gaan om weer te gaan kyk of wat hulle – “die vroue” – die eerste keer gesien het, waar was; ’n twééde groep vroue, wat alles toe gevind het net soos die eerste groep vroue in die eerste plek, aan almal in die Kleopas-groep – mans én vroue – kom vertel het.

 

Is dit dan ‘sommige wat saam met ons was’; of is dit “sommige van hulle saam met ons, het gegaan”?  Ons saam met sommiges van hulle’? of, ‘Sommiges van hulle saam met (sommiges) van ons”?  Laasgenoemde! Want net ‘sommiges’ het gegaan – “sommige vroue (wat) saam met ons (Kleopas-hulle) was”, soos die KJV sê.  Nie almal van Kleopas-hulle nie; opvallend, nie ’n enkele man onder hulle nie! Die handelende party is ‘hulle’, derde persoon meervoud, ‘apeelthen’-‘hulle het gegaan’; nie ‘ons’, eerste persoon meervoud, ‘apeelthomen’-‘ons het gegaan’, nie. Die Voornaamwoord is derde persoon meervoud, ‘van húlle’-‘toon’; nie eerste persoon meervoud, ‘van ons’-‘hehmoon’, nie.

 

Volgens alle aanduiding dus, duie beide die ‘sommige uit ons (geledere)’ van vers 22 (‘tines eks heemoon ... ghenomenoi’), en die ‘sommige van hulle, saam met ons’ ‘tines toon sun heemien ... apeelthon’, op ‘vroue’ - ‘gunaikes’. “Sommige van hulle (vroue uit ons geledere: die ‘vroeë vroue’) saam met sekere (vroue) saam met ons”, vertel Kleopas, “het (saam met) sekere van hulle (“die (vroeë) vroue”), na die graf gegaan.  “Hulle” en “ons”, staan teenoor mekaar: ‘Hulle’, vir die ‘vroeë vroue’, en “sommige van húlle, saam met ‘die vroue’ saam met ons het (nogmaals) na die graf gaan kyk.” Die eerste groep vroue was “uit ons” geledere van dissipels van waarookal: ‘eks heemoon’. Vroue uit of “van hulle”-‘tines toon’, plus die vroue “saam met ons”-‘suun heemien’ – saam by Kleopas wat vertel se groep – gaan die tweede maal na die graf.

 

Dat die ‘vroeë vroue’ “’n gesig van engele gesien het”— van meer as een engel dus, sê dat vers 22 ’n verwysing na die ‘Lukas-besoek’ bevat, die vroegste besoek naamlik, toe twee engele die ‘vroue’ –meer as een vrou en dus nie Maria alleen volgens Jh20:11 verder nie– voor die graf gekonfronteer het. Geen ander verhaal van ’n verskyning van Jesus of van ’n besoek van die vroue kan aan al of selfs net die alleenstaande besonderhede, beantwoord nie.

 

Verdere aanduiding dat Lukas twee groepe vroue (en geen manne nie) in gedagte het, word uit sy tydsaanduiding van die eerste besoekers se kom en gaan, uitgemaak. Hier is die twee dissipels van Jerusalem af op pad na Emmaus, en hulle vertel Jesus wat hulle te hore gekom het van die vroue wat “in die vroeg-oggend”, ‘orthrinai’, by die graf was.  Die vroue wat ‘vroegste diep-oggend’—‘orthrinai’ by die graf aangekom het, is niemand anders nie as Lukas se eie vroue van “vroegste diep-oggend”—‘orthroe batheoos’ -aankoms by die graf— 24:1!

 

Hulle – die eerste vroue-besoekers – gaan doen dadelik verslag aan die groep dissipels van manne én vroue by wie Kleopas en sy medereisiger hulle gedurende die vorige nag nog in Jerusalem bevind het. Lukas vertel in 24:9, “Hulle het van die graf af teruggekeer, en al hierdie dinge aan die elf – én aan al die ander(in Jerusalem) vertel.” Kleopas en medereisiger was seker onder ‘al die ander’; nou vertel hy aan Jesus wat die vroue aan húlle, toe hulle op pad na Emmaus was, vertel het.

 

( Dit is eienaardig dat Kleopas nie aan Jesus van sy verskyning aan ene Simon waarvan hy te hore moes gekom het, vertel nie, want hy vertel dit immers aan “die elf en ander” toe hulle die aand by hulle aangekom het. (33-34) Simon Petrus het hom onder ‘die elf’ bevind en kon daarom nie hierdie ‘Simon’ gewees het nie. Die ‘Simon’ kon moontlik die ‘Sefas’ na wie Paulus in 1Korintiërs 15 verwys, gewees het, want Jesus het aan hom verskyn nog vóórdat Hy “aan die twaalf” –op Sondagaand– verskyn het, vers 5. Die enigste manspersone van wie ons lees aan wie Jesus verskyn het vóórdat Hy die aand aan “die elf en ander saam met hulle” verskyn het, was aan hierdie twee dissipels op pad na hulle tuisdorp Emmaus die Sondagnamiddag. ... Was die Simon / Sefas, Kleopas se metgesel? )

 

Waarom, ‘eerste vroue-besoekers’? Want hulle het hulle speserye en olies bý hulle, en gaan doelgerig, om Jesus se liggaam te salf – om hulle voorneme van alreeds Vrydag namiddag uiteindelik te kan uitvoer! Die ander vermeldings van besoeke aan die graf deur vroue, noem nie een dat hulle speserye en olies saamgevat het nie. Hoekom sou hulle, as hulle reeds die eerste keer uitgevind het dat die liggaam nie meer daar was nie?

 

En waarom sou hulle weer ’n keer na die graf gegaan het, anders as vir juis die rede wat Kleopas genoem het: Om te bevind dat alles was nes die vroue na die eerste besoek te vertel had, dat die graf oop was, “maar Hom het hulle nie gesien nie”, “die liggaam het hulle nie gevind nie”. Dit verduidelik baie omtrent die Markus-verhaal in 16:2-8! Kyk mens van naderby, sien jy verskeie toespelings op hierdie her-besoek – die besoek van her-versekering, die vroue se tweede besoek op Sondagmôre aan Jesus se graf.

 

Van die gesamentlike groep vroue gaan maak nou vir hulleself seker, en vind “als net soos” die eerste groep vroue dinge vermeld het. Let wel, dit is wat die Emmausgangers vertel; nie die vroue nie. Wat die bevindinge van Kleopas se tweede groep vroue was, het enigiemand anders as die vroue self, eers ná die tweede Verskyning moes uitvind, want Markus verklaar duidelik dat die vroue wat na die graf gegaan het net om seker te maak, “niemand iets vertel het nie”. Lukas of dan Kleopas sê niks daarvan dat die vroue na hierdie tweede besoek aan die graf, teruggekom het om verslag te doen nie. Hy vermeld slegs wat hy –agterna– moes uitgevind het.

 

 

Dit is dan ook net logies en wel onontduikbaar logies dat dit dieselfde groep vroue van die Markus-besoek sou gewees het –sónder Maria Magdalena– aan wie Jesus ’n rukkie later sou verskyn het, duidelik nádat Hy “eerste aan Maria Magdalena verskyn het”, Mk16:9 – vgl. ook Jh20:1. Want “Maria het by die graf bly staan”, terwyl die ander vroue van die Markus-besoek, “vreesbevange van die graf af weggevlug het”. Net nadat hulle weggevlug het, het Jesus aan Maria verskyn. Dit was toe die ‘tuinier’ sou begin werk het, sonop, 6 vm., volgens Johannes 20 van vers 11 af. En nog ’n rukkie later, toe die vroue – hulle vrese ten spyte – nogmaals na die graf moes teruggekeer het, en die engel –volgens Mt28:5– aan hulle “verduidelik het” wat werklik gebeur het toe Jesus uit die dood opgestaan het en “hulle met groot blydskap, gegaan het, om die dissipels te gaan vertel”. Want dis toe dat Jesus aan hulle verskyn het – sy tweede verskyning die Sondagmôre.

 

Wat beteken dit alles? Dit beteken die tradisie van slegs een besoek, maak onsin van die hele Evangelieverhaal! 

 

Wat beteken dit alles, positief? Dit beteken:

(1) meer as een besoek deur verskillende groepe vroue!

(2) verskillende tye van die oggend wat

(3) die verskillende groepe vroue die graf besoek het!

(4) Samevattend beteken dit: Vier groepe vroue – waaronder nie een ’n man was nie –, het vier keer, op vier verskillende tydstipte, na die graf gegaan, en word in die Evangelies presies daarom en daarvoor, juis só, vermeld,

(1) Lukas 24:1-10,

(2) Markus 16:2-8,

(3) Johannes 20:11-18, en,

(4) Matteus 28:5-10.

 

Hiermee het ons vasgestel wáár in die Evangelies die ‘tweede besoek’ van Lukas 24:24 direk vermeld staan (Kleopas verwys maar net indirek daarna), en ons het gesien dat dit in Markus 26:2-8 was, en nêrens anders kon gewees het nie.

 

Wanneer presies sou hierdie tweede groep vroue na die graf gegaan het? Onthou die eerste gesamentlike besoek deur vroue aan die graf Sondagmôre was diep nag-oggend: Lk24:1— “Baie vroeg in die môre”— ‘orthroe batheoos’— pas na middernag!

 

Tweede Besoek:

Net vóór sonop: Mk16:2— “Die môre baie vroeg, net toe die son opkom”— ‘lian prooï anateilantos toe heelioe’. Die OAV, “net ná sonop”, is foutief! Lk24:24:Trouens, (Besoek een:) sommige vroue uit ons geledere het ons verbaas nadat hulle vroeg by die graf was, en toe hulle nie sy liggaam daar vind nie, het hulle kom vertel dat hulle engele gesien het, wat gesê het dat Hy lewe. (Besoek twee:) Toe het sekere (ander) vroue wat by ons was (saam met die eerste vroue wat die eerste maal gegaan het), na die graf gegaan en dit gevind net soos die (eerste) vroue vertel het: maar Hóm het hulle nie gesien nie.

 

Derde Besoek:

Mét sonop / Vroeg-môre:

“Het ’n dag nie twaalf ure nie?” Jh11:9.  “Die nag wanneer niemand kan werk nie.” Jh9:4.  ’n Werksdag was twaalf ure tussen sonop en sononder: sien Mt20:6-12. Die werksdag het sonop begin: Jh20:15b: “Sy (Maria) het gedink dat dit die tuinier was”.  Daarom: Mk16:9

“Vroeg op die Eerste Dag / Vroeg die Sondagmôre”— ‘prooï” = sonop!   Jesus verskyn ‘sonop’, “vroeg-dag, eerste van almal aan Maria Magdalena.” Dit was pas ná die ‘Markus-besoek’ van 16:2-8, toe (volgens Johannes), “Maria by die graf bly staan het” en Jesus (volgens Markus), dáár, “eerste aan (haar) verskyn het”. (Jh20:11 en Mk16:9)

 

Vierde Besoek en Tweede Verskyning:

Daarom: Ná sonop, vroeg ligdag, Mt28:9-10:  

Tweede Verskyning: Aan ander vroue: “Terwyl hulle (die vroue) op weg was om dit (wat die engel hulle vertel het, dat Jesus opgestaan het, en wannéér, en dat Hy lewe) aan sy dissipels te gaan vertel, kom Jesus hulle meteens teë.

 

Later “op dieselfde dag” - ‘en autei tei heemerai’, Lk24:13, vervolg Lukas dan met die verhaal van die twee dissipels op pad na Emmaus wat aan Jesus die eerste twee besoeke van die vroue probeer verduidelik het.

 

 

Maar ons lees van nog twee ander ondernemings van vroue, om die graf te gaan besoek. Wanneer gebeur dit?

 

Ons lees in Jh20:1-10 van Maria wat –allenig– na die graf toe gaan, die klip weggerol opmerk, daarvoor skrik, en daarom terughardloop om die dissipels onder wie Johannes en Petrus was, haar slegste vermoedens te gaan meedeel! Tyd van die dag? “Nog vroeg-donker synde”. Dit was die aand na sononder en nog voor donker-nag. Sien die studie, ‘Maria Magdalena – Wanneer sien sy die graf die eerste keer?’ Net sy; geen engele; geen verskyning; geen binne-aansig van die graf; geen te wete kom omtrent die liggaam. Dit was die eerste sien van die graf ná die Opstanding. So ver vir die eerste van die orige twee ondernemings van vroue om die graf te gaan besoek— Maria s’n.

 

Wanneer was die Opstanding dan? Dit moes vóór sononder gewees het, en nog óp, die vorige dag, ‘Saterdag’, die Sabbat al, sodat Maria die graf net ná die Sabbat, “op die Eerste Dag”, oopgemaak, sou sien en selfs die wagte, al weg was!  

 

Ons lees origens nog in Mt28:5-10 van die ander vroue wat –tesame– na die graf toe gaan, en “aan (wie) die engel verduidelik …

(1) Dat, Jesus opgestaan het, en dat, Hy lewe, en dat, Hy voor die dissipels sal uitgaan, en dat, hulle sy dissipels moet gaan vertel— verse 5-10. Maar dan óók,

(2) Wanneer Hy opgestaan het, naamlik die dag tevore al, “Op die Sabbatdag, in volle dag, synde ligdag-wending na die Eerste Dag toe”— om so letterlik as moontlik, te vertaal— verse 1-4!

 

Maar dít— die Opstanding, wás, wanneer die engel presies, sê: “Toe skielik, net toe Maria Magdalena en die ander Maria vertrek het om na die graf te gaan kyk, (net toe daar skielik) ’n goot aardbewing was, want die engel van die Here het van die hemel neergedaal en gekom en die klip van die deur af weggeslinger, en daarop gaan sit.” ... Dit was toe, soos hy presies sê, wanneer, Jesus uit die dood uit opgestaan het!  Dit was, presies “Sabbats-tyd” – “toe skielik”!

 

Die twee Maria’s wóú nog gegaan het “om na die graf te gaan kyk”, maar die aardbewing het hulle verhoed, sodat hulle hul voorneme nié uitgevoer het nie. Hulle sou ook wel gou moes gehoor het van die wag wat by die graf aangestel was juis om Jesus se dissipels weg te hou. Hulle het gewik; maar God het beskik; hulle sou nié na die graf gaan nie!

 

Want wat daar by die graf en in die graf gebeur het kon geen sterfling deel of selfs net aanskou nie, want dit was die wérk van Vader, Seun en Heilige Gees in verborgenheid van volkome selfgenoeglike Eie-Gemenesyn, tot ’n einde en volkomenheid gebring in die opwekking van die Seun uit die dode: die Voltooiing van "al die werke van God", Hb4:4-5..

 

Altesaam was daar dus net vyf werklike besoeke van vroue aan die graf. Die sesde en Sabbats-besoek – eerste in terme van tyd – was die vroue nie beskore nie, want God was daar “besig (‘energising’), om “(na) die uitnemendheid van die grootheid van die krag van sy sterkte wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dood opgewek het”, en verhef het, en laat sit het aan die regterhand van sy heerlikheid en mag; “besig”, om ‘van al sy werke, te rus’! Ef1:19v en Hb4:4. “Want aldus het God aangaande die Sewende Dag gespreek.  God gaan sy rus in, deur die Seun: deur die Seun in Opstanding uit die dode!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Gerhard Ebersöhn

Suite 324

Privaatsak 43

Sunninghill 2157

biblestudents@imaginet.co.za

http:///www.biblestudents.co.za